Author Archive

Stroop

Laat ek vir een keer in my lewe ‘n resep met julle deel.  Neem ‘n brood (verkieslik bruin) en sny ‘n dik sny af.  Dit moet ten minste 2 – 3 cm dik wees.  ‘n Regter skaapwagter sny.  Smeer dit dik met botter of margarien soos jy verkies.  Smeer nou grondboontjiebotter op en rond die af met ‘n laag stroop.  As jou tone nie nou omkrul van lekkerte nie, is daar beslis iets fout met jou.

Stroop het ‘n beslisde plek in die kombuis.  Dit maak nie net lekker broodjies nie, maar dit is ‘n kern bestandeel van fudge en verskeie koekies.  Smeer egter daardie selfde stroop aan iemand?  Of eet selfs net jou broodjie klaar en voel hoe taai is jy dan.  Daardie taaiheid klou lank nadat jy jou hande gewas het.

Soos sekere mense.  Julle weet noual dat ek ‘n hekel aan oorvriendelike mense het.  Stroop mense vat dit ‘n stappie verder.  Dit is skat voor, liefie in die middel, vlooi in die middel, engel in die middel, sweetie in die middel, baby in die middel, sussie in die middel en (as iemand jou genadig is) pop aan die einde.  Die heuningkwas kry bloot net nie einde nie.  Al bid jy hoe hard. 

Dit is nie net die woorde wat hulle gebruik nie.  Die oomblik wat hulle tande wys (en dink hulle glimlag) spoel die stroop bo-oor jou.  Dit is seker hulle metode om jou vas te vang, sodat hulle al jou energie kan steel.  Jy moet gewoonlik hoor watter wonderlike mens jy is.  Valslik word jy opgehemel.  Die plan is dat jy moet dink hulle is wonderlik, want die stroperigheid het ‘n prys.  Gewoonlik soek hulle iets.

Die een ding wat soos ‘n paal bo water uitstaan met die mens is dat jy moet gaan bad wanneer jy jouself kan bevry. Jy gaan sukkel om van die taaiheid ontslae te raak en gaan vir lank daarna steeds naar wees.

Nie almal wat liefdeswoorde gebruik is stroperig nie.  Vir party mense is dit bloot ‘n manier van praat.  Die groot onderskeid is dat jy nie taai voel daarna nie.

Hoe voel julle?  Ken julle sulke mense?

Blogvraag:  Wie het goue stroop uitgevind?

Blogantwoord:  Christ’s Hospitaal (en ja, dit is die naam van ‘n skool).

September 24, 2009 at 5 : 49 28 Kommentaar

Kopers spyt

Internet inkopies is ‘n euwel.  So verstaan ek maar, ek het geen persoonlike ondervinding daarmee nie.  Dit is laat aand en jy mors tyd om op die internet rond te krap.  Daar is dit:  Middernag afslag.  ‘n Kopie wat net onweerstaanbaar is.  Die krediet kaart is naby en niks keer jou nie. So word jy die trotse eienaar, trots genoeg dat klaasvakie sy werk kan doen.

6 weke later land dit op jou drempel.  Skielik besef jy dat jy sopas ‘n wit olifant ryker geword het.  Iets wat jy eintlik nie wil hê nie en glad nie kan gebruik nie.  Dit is nie eers besonders mooi nie.  Verf dit swart klink na ‘n blink plan, maar dan het nog steeds nie plek nie.  Ongelukkig is daar in Suid-Afrika ‘n krakerwa nie.  Jy moet die olifant in ‘n stal druk en voer tot ‘n tambola in die toekoms.

Blogvraag:  Identifiseer die liedjies.

Blogantwoord:  Dit verwys na al die “cons” wat Danny Ocean se span moes doen om die Casino te roof. 

P1000924

September 19, 2009 at 6 : 00 51 Kommentaar

Patrick Swayze

Wat kan ‘n mens sê as ‘n akteur soos Patrick Swayze sterf?  Hy het nooit ‘n Oscar gewen nie en sy Emmy benoemings het net benoemings gebly.  Is die kuns van toneelspeel regtig vasgevang in toekennings?  Of is ‘n geliefde akteur vasgevang in die harte van mense?

Gaan vra enige vrou wat is haar top 10 flieks van alle tye.  Ek gee jou ‘n brief dat Dirty Dancing en / of Ghost in daardie lys gaan wees.  Altwee die flieks sou nêrens gewees het sonder Patrick Swayze nie.

Ek lees Dirty Dancing word as ‘n Cult Classic gesien.  Patrick Swayze sal dus verewig lewe.

September 15, 2009 at 8 : 57 8 Kommentaar

Straatpissers

Gister moet ek ‘n paar uur lank wag vir ‘n afspraak en besluit dat dit tyd is.  Ek bly al amper ‘n dekade in Petoorsdorp en ek het nie juis foto’s van die stad nie.  Verskeie redes, in die week het ek nie tyd nie en ek wil dit nie graag alleen gaan doen nie.  A-sus was beskikbaar en daar gaan ons, dapper en stapper met niks meer as ‘n kamera by ons nie. 

Eers het dit my nie regtig opgeval nie.  Tot ‘n polisieman my kom vertel het as ek ‘n foto van die polisiestasie durf neem gaan hy my kamera konfiskeer.  Dit is blykbaar teen die wet en blykbaar is hy reg.  Dit beteken egter nie dat ek opgegee het op my onwettige foto nie.  Dit moes noodgedwonge uitgestel word.  Soos ons verder gestap het, slaan die klankie ons tussen die oë.  Die urine reuk van iemand wie se niere jare terug opgepak het.

Ek is beslis nie die ordentlikste mens onder die son nie.  Ek is ook nie juis geskok as ek iemand sien wat langs die pad water afslaan nie.  My neus is nie baie sensitief nie en my maag draai nie sommer nie.  Daar was egter die een blog waar ek my uiterste bes moes doen om nie ‘n kat of 12 te skiet nie.  ‘n Stryd wat ek net-net gewen het.

Ek twyfel sterk of een mens vir al daardie stank verantwoordelik kan wees.  Wat gaan aan?  Terug na hulle dierdae waar hulle gebied moes merk het?  Hoekom anders sal dit elke paar treë jou kom pootjie?  Is daar regtig geen ander plek waar die mense kan pie nie?  Die ironie is dat dit ‘n blok van die polisiestasie is.  Die polisie wat meer gepla is dat hulle lamp nie afgeneem word nie as om die straatpissers vas te vat.

Die deel waarin ons was word die Kruger roete genoem, dus is dit ‘n toeriste gebied.  Watter indruk moet hulle van die land kry as die straat die ene ureum ruik?  Wat gaan hulle die langste by bly?  Die geboue, waarvan baie regtig pragtig is?  Die geskiedenis van die stad?  Die vuil strate?  Of die urinereuk?  Die laasgenoemde word nie op ‘n kamera vasgevang nie, maar dit neem veel langer om te vergeet.

Wat is volgende?  Gaan die malls ook gemerk word in die toekoms? 

Hoe voel julle oor die mans wat in die middel van die beskawing nie ‘n toilet kan gaan soek nie.

Blogvraag:  Waar word die wêreld se eerste toilet gevind wat gebruikers betaal om dit te gebruik?  (En kan ons daarvan in die stad kry?)

Blogantwoord:  All the small things – Blink 182 (Kaneels) {ek het ‘n fout met die titel gemaak, jammer}; Hungry Eyes – Eric Carmen (Wipneus); Joy to the world – Three Dog Night (Vreugde aarde toe).

Bonuspunte:  Wipneus:  Cannibal – Mark Knopfler; Innocent – Mike Oldfield; The Fear – Lilly Allen; Ugly – Sugerbabes; Human flesh – black sabbath; boys – brittany spears.  Maxie:  Victims – culture club;  Damage – Chris brown;  Joy – Whitney Houston;  Fear – Sade;    Insect – Six feet under; Locked up – Akon;  Amazing – Westlife;  Age – Jim croce;  Amazing – Westlife;  Who’s to blame – Blessed union of souls;  Age – Jim croce; locusts – frames; Willes: The room – the living end;  i wonder – kanye west;  bite back – all american rejects;  shoot – sonic youth; innocent – our lady peace;  responsible – sara bareilles;  fresh human meat – mortem;  no other reason – 4 him;  unexplained – gravediggaz;  in a tin flask – the black heart procession;  difficult – burn season;  A.I.D.S – M.O.D;  AIDS – Ani difranco; Hungry eyes – merle haggard; annual – katy eggleton

Foto:  Maxie:  The trees – Rush;  Wandelpad – Tradisioneel*;  The pathway – Screaming trees.  Willes:  Ek loop die pad – amanda strydom;  op pad na nooitgedacht – koos du plessis; Vis innie bos van Anton Goosen;  A forest – The cure;  Forest – System of a down;  In the forest – Van Morrison;  The witches pathway – Pagan Altar;  The astral pathway – Adagio;  The 6th pathway – Crypsis;  Path – apocalyptica;  the path – h.i.m;  the path – down;  The path – the human abstract;  Shrub – diafanes;  on the road to shrub – michael hedges;  A forest – The cure;  Forest – System of a down;  In the forest – Van Morrison;  The witches pathway – Pagan Altar;  The astral pathway – Adagio;  The 6th pathway – Crypsis;  Path – apocalyptica;  the path – h.i.m;  the path – down;  The path – the human abstract;  Shrub – diafanes;  on the road to shrub – michael hedges

September 13, 2009 at 5 : 23 54 Kommentaar

Insek Mania

Dit bly verstommend hoe klein dinge mense lam van vrees kan maak.  Ek praat nog spesifiek van goggas.  Vir geen ander rede as dat hulle lelik is nie.  Daar is mense wat eerder alleen in ‘n kamer vol kannibale met honger oë toegesluit sal word as met ‘n insek.  Dit laat my nou wonder, sal die honger kannibale in die kamer bly as ‘n insek tussen hulle ingegooi word?  Ek meen, doppe en skubbe kan mos nou nie dieselfde wees as ‘n lekker stuk mensvleis nie.

Toegegee, insekte is nie so onskuldig as wat hulle lelik is nie.  Malaria eis jaarliks meer slagoffers as vigs en wie is daarvoor verantwoordelik?  Muskiete wat boonop baie lelik is.  Van die wetters kan ook seer byt / steek en gaan vra maar ‘n boer watter skade kan hulle aanrig?  Dit is baie moeilik om ‘n swerm sprinkane voor die voet dood te skiet.

Insekte is darem nie op almal se uitroeilys nie.  Hulle bring vir sommige loutere vreugde aarde toe.  Kyk maar hoeveel seuntjies hou op een of ander stadium ‘n gogga in ‘n fles aan.  Moet dit ook nie verby ‘n dogtertjie sit nie.  Dit blyk dat die onverklaarbare vrees met die ouderdom kom.

Blogvraag:  Identifiseer die liedjies.

Blogantwoord:  Willes was reg met Herr Wolff.

P1020842

September 12, 2009 at 6 : 05 98 Kommentaar

Antwoorde – Deel 2

Maxie:

1. wat is jou definisie van ‘n dame?  Ek het jou mos vertel dat dit ‘n lank antwoord is.  👿  Geduld, dame, geduld.  Ek sal dit nog doen.  Dit is meer in gedrag as in voorkoms.

2. bad of stort?  Beide

3. vir watter kos kan jy nooit nee se nie – bv. pizza, steak ens?  Dit is makliker om te sê waarvoor ek wel nee sê.  Brood, pizza, koeksisters, koekies, vetkoek, koolbredie, sampioene, kaaskoek ens is altyd welkom.

4. hou jy van naellak?  Nee

5. dra jy juwele?  Ja.  Ek lyk soms na Kersfeesboom.  Ek is veral mal oor ‘n enkelband, maar verloor myne altyd.  Ek dra nie graag kostuumjuwele nie.

6. wat was jou 1ste troeteldier as kind en wat was die naam?  ‘n Budgie en kokketiel.  Jackie en Toetie.  Maar Nils Horgenson het hulle kom haal – ek was 3. 

7. as jy net 1 boek moet uitsonder: wat is jou gunstelingboek van alle tye?  Unfair vraag.  Dalene Matthee se Kringe in ‘n Bos.  Ek identifiseer met Saul.

8. wat is die een talent wat jy wens jy’t gehad?  Ek wens ek kon sing.

9. verlang jy ooit terug na jou kinderdae?  Nee, wel na my studente dae.

10. dra jy grimering?  Ja, as ek formeel of professioneel moet wees.  Of as ek iewers heen gaan waar ek weet ek gesoengroet word. 

Nell:

1. Hoe dink jy gaan jy jou virginity verloor?  *Adrie stik aan haar koffie.  WAAAAAAAT?  😯  Waar kom jy daaraan?  Seker maar op dieselfde manier as ander mense.  ‘n Man het ‘n ding wat tussen sy bene hang wat ‘n penis genoem word.  ‘n Vrou het ‘n gleufie wat tussen haar bene is wat ‘n vagina genoem word.  Wanneer daar vir die eerste keer ‘n penis in ‘n vrou se vagina gedruk word, verloor sy haar virginity.  Ek sal seker maar dieselfde doen.

2. Wanneer beplan jy om jou virginity te verloor? 

Two nuns went out of the convent to sell cookies. One of them is known as Sister Mathematical (SM) and the other one is known as Sister Logical (SL). It is getting dark and they are still far away from the convent.
SL: Have you noticed that a man has been following us for the past half-hour?

SM: Yes, I wonder what he wants.

SL: It’s logical. He wants to have his way with us.

SM: Oh, no! At this rate he will reach us in 15 minutes at the most. What can we do?

SL: The only logical thing to do of course is that we have to start walking faster.

SM: It is not working.

SL: Of course it is not working. The man did the only obvious thing to do. He started to walk faster too.

SM: So, what shall we do? At this rate he will reach us in one minute.

SL: The only logical thing we can do is split. You go that way and I’ll go this way. He cannot follow both of us.

So the man decided to go after Sister Logical.

Sister Mathematical arrives at the convent and is worried because Sister Logical has not yet arrived. Finally, Sister Logical arrives.

SM: Sister Logical! Thank God you are here! Tell us what happened!

SL: The only logical thing happened. The man could not follow both of us, so he followed me.

SM: So, what happened? Please tell us.

SL: The only logical thing to happen. I started to run as fast as I could.

SM: So what happened?

SL: The only logical thing to happen. The man also started to run as fast as he could.

SM: And what else?

SL: The only logical thing to happen. He reached me.

SM: Oh, no! What did you do then?

SL: The only logical thing to do. I lifted my dress up.

SM: Oh, Sister. What did the man do?

SL: The only logical thing to do. He pulled down his pants.

SM: Oh, no! What happened then?

SL: Isn’t it logical, Sister? A nun with her dress up can run faster than a man with his pants down!

(Wanneer ek getroud is).

3. Verf jy jou toon naels? Indien nie….hoekom nie?  Nee, ek hou nie van naellak nie.  Dit tjip en irriteer my dan grensloos.

4. As jy nou ‘n love affair met ‘n vroulike ikoon sou he…wie sal dit wees?  Dit is ‘n maklike vraag.  Niemand anders as Felicia Jollygoodfellow

5. Op watter manlike ikoon het jy ‘n secret crush?  Dit is geen geheim nie, Ryk Neetlingh.

6. Watse slegte gewoonte(s) sal jy verander aan Vlam, Girl, Sonkind en Wip?  Wat?????  Wil jy my op die treinspoor vasbind?  Honestly is not the pest policy nie.  I love everyone just the way they are.  Wag, netnou sê iemand ek is bang.

  • Vlam:  Sy steur haar te veel aan wat ander mense kan dink of voel.  En pas dan haarself daarby aan.
  • Girl:  Jy lees te veel dinge as ‘n klap in jou gesig, wat dikwels ‘n baie logiese verklaring het.
  • Sonkind:  Baie moeilik – Perfeksioniste is ‘n pyn in almal se gatte, insluitende hulle eie.
  • Wip:  Stilstuipe staan my glad nie aan nie.

7.Hou jy van jou spieelbeeld?  Nee, glad nie.

8.Wat is volgens jou, jou beste karakter eienskap?  Lojaliteit

9. Wat is volgens jou, jou slegste karakter eienskap?  Slordig, soos in baie slordig.

10. Wat is volgens jou ma jou beste karakter eienskap?  Ek het geen idee nie. 

11. Wat is volgens jou ma jou slegste karakter eienskap?  Ek is blykbaar ongelooflik selfsugtig en leef net vir myself en de hel met die res.

12. Jy het 24uur oor om te leef….met watter blogger sal jy jou laaste ure wil spandeer en hoekom?  Sonder om iemand aanstoot te gee, maar ek gaan nie my laaste 24 h saam met enige blogger deel nie.  Ek mag dalk ‘n uur afstaan om ‘n post te skryf om ‘n paar mense te vertel wat ek van hulle dink.  Ek kan self nog ‘n uur spandeer om ‘n paar skrywes te gee wat niemand wil hoor nie. 

13. Wat is jou hidden talent?  Ek is blykbaar ‘n conspiracy theory kenner.

14. As jy ‘n man kon wees vir ‘n dag…wat sal doen wat ons nie kan doen nie?  Ek sal my naam in die sneeu (sal sand werk?) piepie.

15. kan jy sandkastele bou?  Natuurlik.  Lugkastele ook.

September 12, 2009 at 5 : 55 24 Kommentaar

Uiters gewilde onmoontlike onderhoude

Ek het vanoggend vir Nell so ‘n half sarkastiese opmerking gegee en toe begin daar ‘n gedagtetjie in my kop draai.   Die pers vertrap gewoonlik mekaar om onderhoude te kry.  Hoe grusamer of wreder die daad wat hulle in die tronk gekry het, hoe meer sensasie.  En sensasie verkoop koerante en tydskrifte.

Gestel nou dit is moontlik om ‘n uur van Adolf Hitler se tyd in beslag te neem.  Hy is in ‘n gemaklike bui en antwoord alles eerlik.  Jy is die enigste joernalis by hom.  Onthou ook, die koerante gaan mekaar vertrap om die storie by jou te koop.  Moet net nie jou kamera vergeet nie.  Wat gaan jy hom vra?

Ek sal begin met die snor.  Hoekom het hy juis besluit op daardie stukkie snor?  Het hy dit nog steeds?  Hoekom het hy nie van die jode gehou nie?  Het hy vandag berou daaroor?  Wat sou hy anders gaan doen het as hy in tyd kon teruggaan?  Wanneer het hy besef dat hy beheer oor die oorlog verloor het? Wat het hy gehoop om met die oorlog te bereik?  Wie het sy respek met die oorlog gewen?  Watter land se leier kon hy nie voor sy oë verdra nie?  Het hy homself teen die einde as boos gesien?

Dalk kan ‘n mens ‘n paar meer persoonlike vrae ook in werk.  Soos oor sy verhouding met Eva Braun.  Waar sy gunsteling vakansie plek is en wat sy gunsteling boek is?  Waarheen sal hy graag nog heen wil reis?  Wat dink hy van die hedendaagse Duitsers en van wêreld politiek vandag?  Wat dink hy van Mugabe?

Veral sal ek wil weet hoe hy die Duitsers so kon opsweep om alle redelike denke te laat vaar.

Wat sal jy van Hitler wou weet?  Wie sal jy graag ‘n onderhoud wil voer en wat sal jy hom/haar vra?

Blogvraag:  Watter skuilnaam het Hitler gebruik toe hy Eva Braun Oktober 1933 in Munich ontmoet het? 

Blogantwoord:  Willes was reg met If I ran the Zoo van Dr Seuss.

September 11, 2009 at 6 : 07 6 Kommentaar

Die beswaarde onreine waarheid

Nell, regtig, ek het gedink ons is maatjies en nou doen jy DIT aan my.  👿  😡  

Enige iets wat jy nog ooit van Adrie  wou weet, maar te ordentlik of onordentlik was om te vra, doen dit nou. Speak! Or forever hold your peace. Jy moet jou vraag / vrae in die kommentaar boksie los en ek moet antwoord – daar of in ‘n inskrywing as daar baie vra is. As ek vir een of ander rede nie wil antwoord nie moet ek ‘n snaakse storie opmaak om te vergoed. 

Dan het die koei ook soveel mense getag dat ek net vir Adolf Hitler, Dalene Matthee en Elvis Presley oor het om te tag. 

Gelukkig kan ek buite die boks dink.  Daarmee tag ek dus vir Dellie, Jo-Ann en Nelba.

September 11, 2009 at 9 : 00 31 Kommentaar

Pap wiele

Daar is altyd ‘n manier om van iemand se irriterende gewoontes ontslae te raak.  Jy kan van jou lewensmaat skei as hulle gewoontes jou nie aanstaan nie.  Jy kan mense vermy, hulle vermoor of sommer net siende blind raak.  Daar is hoop.  Maar wat te duiwel maak jy as jou eie gewoontes jou irriteer?

Iets wat my teen die mure kan uitdryf is my verstrooidheid.  As my kop nie aan my lyf vas was nie, het ek dit seker altyd vergeet.  Erger, ek sou dit al verloor het.  Ek is die mens wat na ‘n vergadering sal gaan, maar die belangrike dokument vir die vergadering by die huis sal los.  Ek is al malle sonder tal sonder my selfoon, werk toe.  Sonder ‘n selfoon huistoe.  My sleutels al in die kerk vergeet.  Huis toe sonder my huissleutels. 

Dit maak my wiele pap.  Daar skort niks met my geheue nie, tog vergeet ek soms om suiker in my koffie te gooi.  Dit is ‘n ontnugtering met die eerste sluk, maar dit kan nog gaan.  Ek weet egter ek het twee voete.  Hoekom sal ek dan net een skoen inpak?  Dit maak mos geen sin nie.  Dit sal ek gewoonlik ook eers besef wanneer dit te laat is.

Dit is dikwels goed wat net logies is.  Ek wag nog eintlik vir daardie dag wat ek met my pantoffels uit sal gaan.  Of wag.  Ek het een aan in Kies en betaal afgekyk en gesien ek is daar met my PJ broek.  Regtig.  En toe kom ek agter hoe vreemd die mense my uitkyk.  Dit herinner my, ek is al uit ‘n winkel nadat ek betaal het, sonder om my inkopies te vat.

Weet julle hoeveel tyd, energie, chaos, petrol en geld sou ek gespaar het as my varkies mooi in hulle kampie gebly het?

Daar is altyd ‘n possitiewe kant aan enige iets.  Weet julle hoe lekker is dit om geld te kry waarvan jy al vergeet het?  Veral as dit op ‘n weird plek is?  Dit is so goed om ‘n seerowerskat op te spoor, sonder moeite. 

Daar het julle dit nou.  Waarmee blaas jy jou eie wiele af?

Blogvraag:  Waarin is die woord Nerd vir die eerste keer gedokumenteer?

Blogantwoord:  Willes was reg met Armani.

September 10, 2009 at 5 : 56 21 Kommentaar

Wie dra die broek?

In die jaar 2009, kan ‘n vrou nog tronk toe gestuur word om rede sy ‘n langbroek in die openbaar gedra het.   Die meerderheid westerse vroue dra daagliks ‘n broek van een of ander aard.  In Soedan is dit onwettig. 

Loebna Ahmed al-Hoesein het ‘n moontlike vonnis van 40 sweephoue in die gesig gestaar.  Sy kon vir 10 houe skik, maar het besluit om eerder hof toe te gaan.  Daar is sy ‘n boete van $200 of ‘n maand tronkstraf opgelê, maar sy het tronkstraf verkies.  Volgens Loebna Ahmed al-Hoesein sou sy deur die boete te betaal, waarde aan die klag teen haar geheg het.  Intussen het haar baas wel haar boete betaal en is sy op vryevoet. 

Die kersie op die koek is dat Loebna Ahmed al-Hoesein die hofverrigtinge in dieselfde langbroek bygewoon het as wat haar oorspronklik in die bollie gekry het.  Ek kan nie help om haar moed te bewonder nie.  Sy het selfs van haar VN diplomatieke immuniteit afstand gedoen om wel vervolg te kan word.  Alles met die hoop om die wetgewing te verander.

Vroue het al meer as ‘n eeu terug begin om langbroeke in uitsonderlike gevalle te dra.  Die Wigan Pit Brow meisies het in die 18de eeu ‘n skandaal veroorsaak toe hulle langbroeke werk toe gedra het.  Langbroeke was net meer geskik gewees om die fisiese werk in ‘n steenkool myn te doen.  ‘n Paar dekades later het meer dames dit op plase, veral om perd mee te ry, gedra.  In die dertige jare het was van die groot aktrise dikwels in langbroeke afgeneem, wat die idee van ‘n langbroek meer aanvaarbaar gemaak het.

Tydens die tweede wêreld oorlog het Britanje beperkinge op klere geplaas.  Vrouens het toe hulle mans se klere begin dra om hulle klere randsoen vir ander noodsaaklikhede te gebruik.  Soos die broeke opgedra is, is hulle met vroulike broeke vervang.  Dit is eers in 1960 dat langbroeke werklik ‘n mode item geraak het danksy André Courrèges. 

Dit is hier waar dinge nogal in interessant word.  In die 60’s het die unisex beweging begin, met die hoop om die klere verskille tussen mans en vrouens uit te wis.  Hulle het dus ook probeer om mans so ver te kry om rompe te dra.  Dit het klaaglik in die 60’s misluk, al het vrouens die idee van broekdra met altwee hande aangegryp.  In die 80’s het verskeie ontwerpers weer probeer en ‘n paar sterre het wel in die openbaar ‘n romp gedra.  Weereens wou die mans glad nie aan die idee hap nie.

😉 Dalk het mans nou al meer avontuurlustig geword en is dit nou weer tyd om te probeer.

Ter afsluiting, wil ek graag die stuk uit ‘n brief Pous Nicholas I aan Koning Boris I van Bulgarye in 866 met julle deel. 

‘Whether you or your women wear or do not wear trousers neither impedes your salvation nor leads to any increase of your virtue’

Hoe voel julle oor rokke, broeke, rompe en geskikte klere in die algemeen?

Blogvraag:  Wie was die eerste ontwerper wat geweier het om modelle met ‘n gewig massa inhoud (body mass index) van laer as 18 te gebruik?

Blogantwoord:  Olga was reg met Merino.

September 9, 2009 at 6 : 02 64 Kommentaar

Older Posts


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za