Bly te Kenne

Die lewe is ongelukkig nie net maanskyn en rose nie.  Van daar Dorings en Soms Rose.  ‘n Blog wat skerp uitsprake teen dinge kan lewer, maar tog soms met iets opbouend vorendag kan kom.  Die onderwerpe wat bespreek word is meestal menings of filosofies van aard.  Dit is soms ontstellend, soms onnutsig en soms ‘n ietsie interessant.  Daar is ‘n paar sake wat ons almal na aan die hart lê wat van tyd tot tyd bespreek sal word.

Wie is die mense wat die blog bestuur?

Samantha Q is die bloggees.  Haar sprank gee altyd die toon aan ‘n prettige blog.  Die Q staan vir Queen, soos in die Queen van blogging.  Sy beskryf haar self as:  Klein botteltjie, groot GIF.  Sy is die beskermbitch van oumense. 

Nats verantwoordelik vir die grafiese deel van die blog.  Sy is gek oor scrapbooking en kan derhalwe haar kreatiewe sy op die blog uitleef.  Sy is die beskermbitch van diere.

*Mathilda* is verantwoordelik vir die comments.  Sy is word nie maklik ‘n rat voor die oë gedraai nie.  Dus kan sy die koring van die kaf geskei word.  Sy is die beskermbitch van gestremdes.

Adrie is meestal verantwoordelik vir die posts en die algemene administrasie van die blog.  Sy het ‘n fietspomp vir ‘n hart.  Sy is die beskermbitch van kinders.

Stella is die new kid on the blog.  Iemand wat sterk voel oor almal se reg tot veiligheid en dus die beskermbitch van veiligheid is.  Haar rol is om die res van ons semi ordentlik te hou.  Harde werk, gelukkig is ons skrikkerig vir haar lebanese cousin. 

As julle enige voorstelle of gedagtes omtrent die blog het, epos ons gerus by amaal3@gmail.com

Wie is jy?  Voltooi gerus die aansoekvorm waarmee ander jou beter kan leer ken.

1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he?
2. Sit of staan jy as jy pieps
3. Hoeveel mini jys is daar?
4. Wat drink jy?
5. Hoeveel bang hare het jy?
6. Wat stoot jou moermeter in die rooi?
7. Wat moet met siek idiote gebeur?
8. Beskryf jou lepel.
9. Vir wie skree jy?
10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak?

73 Kommentaar Add your own

  • 1. Liewe Heksie  |  Maart 18, 2008 om 11 : 26

    1. Heksies vervel nie, maar ek verjaar 42 April.
    2. Sit op die gatjiesitplek met my kniee teen mekaar soos my ouma Levinia my geleer het.
    3. Daar is baie Heksie prentjies, maar hulle is nie regtig ek nie.
    4. Rooi koeldrank, water, koftee en melk. B3 se dit is koeikoeldrank.
    5. My hare bewe almal as ek skrik.
    6. Ek soek al 2 dae lank na my mooimeter, maar ek kan dit nie kry nie.
    7. Ek is ‘n goeie verploeter, ek sal hulle gesond maak.
    8. Ek het baie skepdingetjies. Tannie Ousie het vir my ‘n mooi suikermessie in die Kaapplek gekoop.
    9. Ek skree hallo vir almal as ek verby hulle vlieg.
    10. Tot daar waar my besem my kry.

  • 2. Pikkelik  |  Maart 26, 2008 om 8 : 32

    Hi Adri, magtig dat die wêreld nou so klein kan wees. Maar glo my as ek hoor jy kom dalk weer hierie kant toe en ek sien jou nie, sal die hel los wees. Jis mens word eensaam in hierie plek jong. Hou my maar op hoogte!!! O ja, ek vat baie min mense kop toe, so moenie stres oor bollie!!!!!!

  • 3. *lilly*  |  April 4, 2008 om 8 : 05

    1. elke jaar die 21ste dag van die 2 de maand vanaf die jaar 1986
    2. ek dink as ek sou moes staan sou ek dalk net mis.
    3. nog geen waarvan ek bewis is nie
    4. solank hy biekie skop in hom het sal ek hom drink.
    5. ag daar is seke so een of twee, het nog nie regtig gaan sit en tel nie
    6. mense wat nie die waarheid kan praat nie en die werklikheid kan besef nie.
    7. ongesond siek=versorg en help waar ek kan siel en kop siek=’n massive doef teen die kop en weg met jou
    8. klein maar sterk en stewig
    9. die wenners
    10. party maal te ver as ek nie wil verstaan wanneer dit nie uitwerk nie

  • 4. bloubloed  |  April 4, 2008 om 3 : 21

    Adrie, net vir jou:
    1) ‘n Week voor krisMis, van die middel van die 20ste eeu af.
    2) I sprinkle when I tinkle, nou laat Pienkbloed my sit.
    3) Twee keteltjies: SS (Slim Seun) en Doktertjie, maar hulle is lankal nie meer minis nie.
    4) Water, vrugtesap, koffie, tee. Alkohol gee my hoofpyn, bier gee my ‘n MOERSE migraine.
    5) Lankal uitgeval.
    6) Swak maniere en oneerlikheid.
    7) Bejammer hulle, hulle weet nie wat hulle (aan hulleself) doen nie.
    8) Sag en lieflik, baie aanvatlik, een van die min mense wat ek ken wat inherent goed is.
    9) Huh?
    10) Daardie reis het gewoonlik nie ‘n einde nie.

  • 5. altandrea  |  April 8, 2008 om 12 : 27

    Hallo Doringrosie,
    Antie Koekie het net gou ingeloer, het ge-copy en ge-paste om later rustig te herkou.
    Sal jou vraelys invul; ons almal hou mos om bietjie van ons self te vertel. of hoe?
    Dankie vir jou inloer. As mens nog so groen is soos ek, is elke nuwe besoek, ‘n persoonlike triomf!
    Mooi aand vir jou.

  • 6. altandrea  |  April 8, 2008 om 1 : 28

    1.in die middel van die winter, ‘n week voor Madiba, al amper 55 keer.
    2.o, vrek, as ek sou staan, is daar ‘n helse gemors!
    3.5, maar 2 wag al vir my by Jesus.
    4.Amarulla koffie!! gaan kyk bietjie wat het ek daarvan geskryf…
    5.hulle krul te veel! as daar is, weet ek nie daarvan.
    6.idiote wat voor my kruip in die pad / pretensie/ mense in boksies
    7.vind uit wat hul grootste vrees is en ………….!
    8. het nie, eet maar so bakhand.
    9. WP, wat anders!
    10.tot die einde toe1 ek’s ‘n kreef en ons het “tenacious” uitgevind

    nou toe, is dit wat jy wil weet?

  • 7. Roer  |  April 14, 2008 om 10 : 57

    1. Ek vervel nie en as gevolg daarvan is my vel baie dik.
    2. By die huis, sit. Publieke toilette, staan.
    3. Geen waarvan ek weet nie.
    4. Water en BAIE koffie.
    5. ‘n Hele klomp (maar dit stop my gewoonlik nie).
    6. Onregverdigheid, dislojaliteit, rassisme, wreedaards.
    7. Die oordeel kom die Here toe.
    8. Klein.
    9. Blou Bulle (en soms slegte bestuurders).
    10. Te ver.

  • 8. Bos  |  Mei 5, 2008 om 4 : 41

    1. 13 Maart 27 kringe (nou)
    2. sit of hang ….
    3. 0, ma as my hond tel, 1
    4. omtrent als.
    5. ag, ek het maar so paar
    6. Daar is so baie en julle het meeste al genoem.
    7. Hoe wreed wil julle he moet ek raak op die blog ….
    8. n lekker hout lepel
    9. Stormers, cheethas en die bokke.
    10. so lank as ek asem haal.

  • 9. Zoekoe  |  Mei 9, 2008 om 9 : 43

    Hey ek het die al gedoen, maar vir die nuwe mense se onthalwe doen ek hom weer .

    1. 4 Jan dan sal ek 34 kringe hê (shit moer oud)
    2. Staan natuurlik !
    3. Geen, at least wat ek van weet nie.
    4. Alkohol !!! en baie daarvan !
    5. Net gryses, geen banges !
    6. Mans wat aan vroumense slaan, en persoonlik raak !
    7. Stuur hulle na my parkie toe !!!
    8. Nee, net ‘n vurk !
    9. Taxis, en Blou Bulle !
    10. Ek is baie lui, solank ek soontoe kan ry gaan ek ver !

  • 10. Salomè  |  Mei 9, 2008 om 10 : 36

    Ag okay, sal ek julle nou maar my ID nommer gee

    1. Ek wag die hele jaar voor ek vervel en dan sal ek dit al 43 keer gedoen het.
    2. Maar dis mos obvious
    3. Drie
    4. Wat die leeus drink – water
    5. Undercover gryses en so paar banges
    6. Onregverdigheid en lieg
    7. Moet ek rêrig sê? Julle sal nagmerries kry
    8. Nee, ek is al groot genoeg om met ‘n mes en vurk te eet.
    9. Die keffertjie langsaan wat so aanhoudend blaf
    10. So vêr as moontlik

  • 11. Annie  |  Mei 9, 2008 om 10 : 55

    1. 23 Oktober, 23 kringe
    2. Sit
    3. Geen
    4. Gunsteling: Dubbel Potency en Play
    5. Geen
    6. Mense wat dink hulle is beter as ek
    7. My antwoord daarop is te vieslik, sal eerder nie se nie
    8. korterig van platinum en vat nie kak nie
    9. BLOU BULLE
    10. Nie baie ver nie, niks in die lewe pla my nie

  • 12. Verons  |  Mei 9, 2008 om 2 : 37

    1.8 November…………… genoeg!!
    2.Hang af waar ek is maar oor die algemeen sit ek
    3.Ek en ek alleen
    4.Enigeiets van Gin tot parrafin! 😉
    5.Daar is nie plek vir bang hare op my kop nie!
    6.Onregverdigheid en ongeskiktheid!
    7.Gee hulle vir my ek sal weet wat om daai goed te doen wat pla!!
    8.Groot houtlepel wat hard kan moer ook… vra maar die kjinners
    9.Ek skree nie WP nie Ek bly ‘n BUL!
    Ek skree nie OP nie ek bly ‘n BUL!
    Ek skree nie Vrystaat nie ek bly ‘n BUL!
    Laat staan die Sharks en die Leeus en die hele flippen spul!
    BLOU BUL!!!
    10 Ek het al vrek ver op highpolfaais geloop en dit lyk ek gaat dit alweer moet doen die keer soek ek net genoeg drank voor die tyd!

  • 13. Nico  |  Mei 9, 2008 om 11 : 38

    Hiers my weergawe:
    1. Twee dae voor republiekdag. En ek is soos die tamaties in die
    tamatiesous bottel.
    2. Staan meeste van die tyd. Op my eie toilet sit ek altyd, al is dit
    no. 1. Dit gee my meer geleenthede om my Soduku boek in te vul.
    3. Die twee mooiste terroriste in die wereld.
    4. Water, cappucino en soms heuningtee.
    5. Baie bang hare. Ek’s ‘n regte moderne, stads man.
    6. As dit voel of iemand my breins onderskat en Casper de Vries
    7. Stem saam met Roer se antwoord
    8. Mooi, fyn sagte houtlepel.
    9. CHEEEEEEETAAAAAAHHHSSSSS!!!!!
    10. sO VER AS WAT EK DINK NODIG IS.

  • 14. Tinkerbell  |  Mei 21, 2008 om 2 : 51

    1. 25 April dan word ek 26
    2. Sit
    3. Geen
    4. Tiquila en wyn vir die pyn
    5. Net een wat nooit sal uitval nie.. vir God
    6. Mishandeling van ou mensies en onskuldige kindertjies
    7. Stuur hulle Robin Eiland toe.. al die idiote sommer bymekaar
    8. Silwer teelepel..
    9. BULLE BULLE BULLE
    10. So ver dat ek somtyds self in die k@k beland

  • 15. Dellie  |  Mei 23, 2008 om 11 : 11

    1. American Independence day – dan is ek oud genoeg om ‘n bier in ‘n pub te gaan drink.
    2. Sit, maar net op my eie troon. Wens iemand wil iets uitvind waarmee ek kan staan by openbare trone.
    3. Net 1, 3 het nooit heeltemal mens geword nie.
    4. Kofiie, bier en takiela! 😆
    5. ‘n Paar, veral as dit by hoogtes kom. Maar ek gaan hulle uittrek.
    6. Mans wat vrouens fisiek en emosioneel mishandel.
    7. Hulle moet toegesluit word in ‘n ou mynskag wat nie meer gebruik word nie, en die res van hulle dae in stikdonker sluit.
    8. Kristal helder
    9. Blou Bulle natuurlik, is daar ander spanne ook?
    10. Ja, soms heeltemal te ver.

  • 16. Jaco  |  Mei 23, 2008 om 3 : 56

    1. 23 Oktober van elke jaar. 35 met die volgende vervelling
    2. Staan meestal
    3. Genadiglik vir my vrou geen. Maar die worshond begin al hoe meer my persoonlikheid naboots
    4. Koffie. Baie daarvan. Wyn as die kos lekker is.
    5. I could tell you, but I would have to kill you
    6. Ek rev reeds rooi as ek opstaan in die oggend. Verkeer en onosel mense veroorsaak reactor meltdown.
    7. Ek wil graag die mooi Christelike ding doen soos Roer en Nico , but a want them to disappear capiche?
    8. Stewige vlekvrye staal. Net groot genoeg vir my mond.
    9. Vir die ref (en somtyds vir die hond)
    10. Is daar nog sulke goed?

  • 17. Mary-Nash  |  Junie 6, 2008 om 4 : 49

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he? 34
    2. Sit of staan jy as jy pieps? net sit
    3. Hoeveel mini jys is daar? 2
    4. Wat drink jy? wyn
    5. Hoeveel bang hare het jy? nie baie nie
    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi? petrolprys, kindermishandeling, leunaars, ja broer vriende
    7. Wat moet met siek idiote gebeur? van petrol gemaak word
    8. Beskryf jou lepel. lekker groot
    9. Vir wie skree jy?stormers of enige span wat teen bulle speel
    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak? se ver ek kan

  • 18. Pikkelik  |  Junie 12, 2008 om 3 : 37

    1. Ek vervel nie meer nie maar ek herdenk my geboortedag op 11 Mei.
    2. Ek sit as ek pieps behalwe in publieke plekke dan hurk ek.
    3. Daar is twee mini ekke- een met ‘n tuitjie en een daarsonder
    4. Ek drink koffie en milo en ek haat tee
    5. Ek het min bang hare… Stres net as ek sien iets gaan met die mini’s gebeur.
    6. Enigiets wat enigsins met mishandeling te doen het, katterigheid, onverdraagsaamheid, ongeskikgeit en mense wat dink hulle is beter as ander agv. status, geld ens… O ja en mense wat met oop monde eet!!!!!
    7. Siek idiote moet na ‘n siekeboeg toe gaan – verkieslik Robineiland
    8. Sy naam is ore – is daar vir kindertjies wat nie wil luister nie. (hout)
    9. Net vir die kinders – ‘klim van daai leer af jy gaan seerkry!’
    10. So ver as moontlik en dan nog so tien tree verder.
    😆 Uiteindelik!!!!

  • 19. Lettie  |  Junie 13, 2008 om 11 : 49

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he?
    Vandag, 35
    2. Sit of staan jy as jy pieps
    Sit
    3. Hoeveel mini jys is daar?
    1
    4. Wat drink jy?
    Rikkie Louw
    5. Hoeveel bang hare het jy?
    NIKS
    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi?
    Mishandeling
    7. Wat moet met siek idiote gebeur?
    Druk ‘n geroeste breinaald in hul piepie gaaitjies in, gooi stroop oor hul uit en maak vas aan ‘n miershoop
    8. Beskryf jou lepel.
    Dis eers ‘n vurk, hou daarvan om dinge deurmekaar te maak
    9. Vir wie skree jy?
    Blou bulle
    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak?
    Sal met stilletos probeer loop

  • 20. Olga  |  Junie 21, 2008 om 9 : 16

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he? o8 Jan. Net mooi 108.
    2. Sit of staan jy as jy pieps? Nes ek wil. Maar sit ori algemeen.
    3. Hoeveel mini jys is daar? 4 Winter, somer. herfs en lente.
    4. Wat drink jy? Vloeistof. Onder andere h2O, tee en rose.
    5. Hoeveel bang hare het jy? Waar groei hulle? Nie op my kop nie.
    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi? Fok, alles.
    7. Wat moet met siek idiote gebeur? Hulle moet aan my uitgelewer word.
    8. Beskryf jou lepel. Sit effens vas, maar werk nog fokken goed.
    9. Vir wie skree jy? Op my ding wat staan en pis.
    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak? Tot op my naakte vel.

  • 21. Carina  |  Julie 5, 2008 om 4 : 28

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he? 29 Oktober – 30
    2. Sit of staan jy as jy pieps? Het eenkeer gestaan, toe moes ek my tekkies weggooi, sit maar van daar af.
    3. Hoeveel mini jys is daar? 2 – van die’s wat staan as hulle piepie
    4. Wat drink jy? Koffie, water – ‘n getrekte ma met ‘n gestremde kind vra vir moeilikheid!
    5. Hoeveel bang hare het jy? Deesdae is my hele kop vol
    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi? Onregverdigheid, apatie
    7. Wat moet met siek idiote gebeur? Asemnood.
    8. Beskryf jou lepel. – Geroes en plek plek al deur geroes
    9. Vir wie skree jy? Sport – nee;
    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak? Heeltemal te ver…

  • 22. jaans  |  Julie 10, 2008 om 12 : 15

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he? 11 Desember. Agttien.
    2. Sit of staan jy as jy pieps? Staan
    3. Hoeveel mini jys is daar? Geen!
    4. Wat drink jy? Water, rooibostee, kitskoffie, tuisgemaakte lemoensap (aldus my puisies…)
    5. Hoeveel bang hare het jy? So paar. Maar hulle word ook grys en val soms uit.
    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi? Die gemiddelde IK van die gemiddelde skoolgaande kind in vandag se tye (ja, ek skop myself baie).
    7. Wat moet met siek idiote gebeur? Van kant gemaak word? Seker maar.
    8. Beskryf jou lepel. Maer-maer maar stewig en gesond – stainless steel, of watookal, ek ken nie eintlik my eetgerei nie.
    9. Vir wie skree jy? Duitsland vir 2010!
    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak? Blykbaar nie ver genoeg nie.

  • 23. electronguilt  |  Julie 10, 2008 om 3 : 27

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he?
    11 Maart – 18

    2. Sit of staan jy as jy pieps?
    Hang af van my bui?

    3. Hoeveel mini jys is daar?
    0

    4. Wat drink jy?
    Water, koffie, coke, water, oros, sap.

    5. Hoeveel bang hare het jy?
    ???

    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi?
    Intellektuele luiheid.

    7. Wat moet met siek idiote gebeur?
    Hulle moet elkeen ingedeel word met ‘n ander siek idioot en met daai persoon toegesluit word. Een sal selfmoord pleeg en die ander sal nie meer ‘n siek idioot wees nie.

    8. Beskryf jou lepel.
    Lepelagtig. Kan gebruik word om goed te skep.

    9. Vir wie skree jy?
    Nie regtig enigiemand nie.

    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak?
    Hang af hoe opgesweep ek is.

  • 24. Multi  |  Julie 24, 2008 om 11 : 02

    hallo hallo almal, ek is ek…….

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he?
    Augustus – weet nie – kan nie meer so ver tel nie….lol
    2. Sit of staan jy as jy pieps
    sit – staan soms……
    3. Hoeveel mini jys is daar?
    een – tel my gesplete persoonlikheid ook, dan is daar meer as 5
    4. Wat drink jy?
    rum
    5. Hoeveel bang hare het jy?
    net 2, hoogtes en slange
    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi?
    siek moerre in ons samelewing
    7. Wat moet met siek idiote gebeur?
    gee hulle vir my…….. 😈
    8. Beskryf jou lepel.
    is maar klein, maar ek ruil hom graag soms vir ‘n graaf in…….lol
    9. Vir wie skree jy?
    Vrystaat
    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak?
    amper 4 of 5 km’s in polfye

  • 25. Erns  |  Julie 24, 2008 om 3 : 31

    . Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he?
    Junie , 30
    2. Sit of staan jy as jy pieps
    sit by die huis staan by public places
    3. Hoeveel mini jys is daar?
    2
    4. Wat drink jy?
    Cappies en cola of enige iets wat alkehol in het
    5. Hoeveel bang hare het jy?
    1 slange
    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi?
    slapgate en sien moere
    7. Wat moet met siek idiote gebeur?
    wat hulle aan ander gedoen het
    8. Beskryf jou lepel.
    baie klein
    9. Vir wie skree jy?
    BLOU BULLE
    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak?
    so ver ek kan verkies om te ry

  • 26. Grys Chris  |  Augustus 6, 2008 om 7 : 42

    Oeps, nou het ek mooi aan gejaag! Sorry!

    Okay A3, aan gesien net ek en jy op die ander blog iets te sê het sal ek maar so van tyd tot tyd ‘n draai maak…..!

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he?
    Saam alle skerpioene in November xix en waneer bosbou by my kom draai in Desember sal ek ‘n ou boom wees, te oud om af te kap (37 eina!)
    2. Sit of staan jy as jy pieps
    Nog nie so oud dat ek hoef te sit nie, so enige bos/boom/ oop stuk veld werk nog vir my
    3. Hoeveel mini jys is daar?
    Myne – 2, Hare – 2, 2 van elk soos orel pyppies!, twee tieners en twee in die laer skool, sjoe!
    4. Wat drink jy?
    So veel en so gou as moontlik, verkieslik Rooi wyn die tyd van die jaar, wit wyn die ander helfte, bier saam my sport en whiskey as ons jol.
    5. Hoeveel bang hare het jy?
    Bang hare min, grys hare baie
    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi?
    Leuns, dus die regering en die regering en o ja die regering en al hulle snert. Mense wat nie kinders en vrouens kan uit los nie en of my stuff nie, ek het hard genoeg gewer!
    7. Wat moet met siek idiote gebeur?
    Gee hulle vir my ek sal hulle op ‘n mooi manier van kant maak
    8. Beskryf jou lepel.
    Gebore met ‘n brons een wat later “gold platted” geraak het, maar ek het hom ook verloor met die tyd saam, nou sit ons met ‘n nuwe plastiese medesyne lepel wat die apteek geskenk het na die klientjie se laaste verkoue
    9. Vir wie skree jy?
    Bulle, Bokke, Proteas, Ferraries, Some thing Els, en die Goose
    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak?
    As dit net nie Zuma se saak is nie is ek daar, bells and whistles!

  • 27. King  |  Augustus 10, 2008 om 12 : 18

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he? 12 September, en ek het al amper 34 kringe
    2. Sit of staan jy as jy pieps. Sjoe. Staan. Hoe donker is dit?
    3. Hoeveel mini jys is daar? Ongelukkig nie een nie.
    4. Wat drink jy? Water. Koffie. Whiskey. Rose wyn. En Fanta Grape.
    5. Hoeveel bang hare het jy? Nie een nie. Behalwe in die middel van die nag, soms ‘n kop vol.
    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi? Oneerlikheid, buierigheid.
    7. Wat moet met siek idiote gebeur? As jy iemand ken wat kinders en diere mishandel. Stuur hulle die kant toe, sal graag wil afreken. Wie kom my help?
    8. Beskryf jou lepel. Ek het so klein plastiek enetjie.
    9. Vir wie skree jy? God.
    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak? Tot die einde toe. Ek het eenkeer vir iemand te ver baklei. Hy was toe skuldig. So ek het dan seker teen die goeie saak baklei. Ouch.

  • 28. aventer  |  Augustus 11, 2008 om 10 : 39

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he? 2 Maart; ek soek nog my kringe
    2. Sit of staan jy as jy pieps? Gewoonlik sit ek maar sal staan indien dit RERIG nie anders kan nie
    3. Hoeveel mini jys is daar? Oor 5 jaar behoort daar hordes te wees *mwahahahaha
    4. Wat drink jy? Vloeistog
    5. Hoeveel bang hare het jy? Kan mens dit eet?
    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi? Gr8’s wat nie vir ‘n stoot hul ore kan spits en LUISTER nie 👿
    7. Wat moet met siek idiote gebeur? In die idiote hospitaal ingeboek word?
    8. Beskryf jou lepel. Sexy verby…oe la la
    9. Vir wie skree jy? Vir my Budji as hy vrolik begin raak
    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak? Tot die toppunt van my vermoens…dan kry ek professionele hulp 😆

  • 29. Kokkewiet  |  Augustus 14, 2008 om 1 : 35

    1. 15 Feb en dan het ek 34 kringe
    2. Sit
    3. 1, hoop daar sal eendag nog wees.
    4. BAIE koffie, water, vrugte sap, takiela, wyn, shooters ens ens.
    5. ‘n paar
    6. Te veel om op te noem
    7. Dis nie vir ons om te besluit nie, net die Here kan.
    8. Klein
    9. Sharks en Cheetahs
    10. So ver as wat dit vir my moontlik is.

  • 30. rosalindfranklin  |  Augustus 15, 2008 om 1 : 42

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he? Nooit, maar ek het baie kringe.
    2. Sit of staan jy as jy pieps —- sit, want ek is baie lui
    3. Hoeveel mini jys is daar? — geen
    4. Wat drink jy? — koffie
    5. Hoeveel bang hare het jy? — een
    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi? — mense wat diere mishandel, misdadigers, onverantwoordelikes, dom-onnoseles
    7. Wat moet met siek idiote gebeur? — opgeblaas word
    8. Beskryf jou lepel. — hy skep diep
    9. Vir wie skree jy? — niemand
    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak? -ver

  • 31. *Mathilda*  |  Augustus 15, 2008 om 1 : 44

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he?
    November 12½ – klein biki ouer as my kloon
    2. Sit of staan jy as jy pieps
    Sit meeste van die tyd
    3. Hoeveel mini jys is daar?
    drietjies
    4. Wat drink jy?
    Wat ek aangebied word, koffie is eerste op die lys en dan drank, net nie OBS nie, dit gee my sooibrand !
    5. Hoeveel bang hare het jy?
    Wat is bang ? Sit jy dit op toebroodjies ?
    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi?
    Onregverdigheid en as jy my kinders te na kom – ek raak bombefok !
    7. Wat moet met siek idiote gebeur?
    Gee hulle vir mense wat omgee op ‘n verlate plek – die bliksems sal bid om liewer te vrek !
    8. Beskryf jou lepel.
    So groot soos my kloon sn – hy is net nie platinum nie !
    9. Vir wie skree jy?
    My kinders, my mede werkers en enige iemand wat my kwaad maak – O ja, die BULLE en die BOKKE !
    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak?
    Vra my kloon – hoogswanger op hoëhakskoene en dié jaar met Tillie-Lief en haar pram !

  • 32. Adrie  |  Augustus 15, 2008 om 2 : 21

    1. 29 Feb en ek het altyd 12 kringe.
    2. Sit gewoonlik, behalwe by doubtful trone
    3. Tot die heelal se verligting, 0.
    4. Water, koffie, vrugte sap, dry lemon, melk, spiced gold, obs, southern comfort, tequila, cocktails, shooters ens.
    5. My bleskolle getuig wat het van my bang hare geword.
    6. Mishandeling, onregverdigheid, rassisme, bbbee en pms (my eie).
    7. Ek dink ‘n miershoop, ek dink stoop. Of ‘n septiese tenk. Of hulle persoonlike planeet waar hulle mekaar kan walg.
    8. ‘n Baie groot platinum graaf.
    9. WP, Stormers en Bokke
    10. My brieke is saam met my bang hare vort.

  • 33. bruinogies  |  Augustus 18, 2008 om 3 : 30

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he?
    11 april dan sal ek 20 kringe hê
    2. Sit of staan jy as jy pieps
    verkieslik sit, ma by publieke toilette staan.
    ….lo….
    3. Hoeveel mini jys is daar?
    nix, kani kry ni.
    4. Wat drink jy?
    water en savanna dis al wat ek mag drink, vir die volgende 3 maande!
    5. Hoeveel bang hare het jy?
    ek wax dit gewoontlik so da is geen!
    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi?
    fucked up mense wat klone is, mishandeling, oneerlikheid ag pok dis te veel om op te noem!
    7. Wat moet met siek idiote gebeur?
    vi die haaie gegooi word.
    8. Beskryf jou lepel.
    mag ek een hê? as ek 1 mag hê is hy shockling pienk met shocking groen dots op!
    9. Vir wie skree jy?
    my ousie as sy my klere verkeerd pak ini kas!
    blou bulle
    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak?
    baie ver, verder as die verste punt!

  • 34. poplap  |  Augustus 18, 2008 om 3 : 36

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he? September, 31
    2. Sit of staan jy as jy pieps SIT
    3. Hoeveel mini jys is daar? 2
    4. Wat drink jy? HUNTERS DRY
    5. Hoeveel bang hare het jy? BOGGEROL
    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi? KINDER EN DIERE MISHANDELING
    7. Wat moet met siek idiote gebeur? KAN ONS DAAROOR DEBATE?
    8. Beskryf jou lepel. JY KEN N SOP LEPEL
    9. Vir wie skree jy? BULLE
    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak? MYYYYYYYYLE

  • 35. WILLE KJIND Q  |  Augustus 29, 2008 om 11 : 35

    Ek moet seke ok ma (WEE) antwoord….

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he? Saam my 3ling, nogsteeds 12
    2. Sit of staan jy as jy pieps Ek sit net by my huis
    3. Hoeveel mini jys is daar? 2 skattebolle
    4. Wat drink jy? Op die oomblik Savanna light
    5. Hoeveel bang hare het jy? Wats dit?
    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi? Mense wat bejaardes (en kjinders natuurlik) mishandel. Ek sal ‘n bloed rooi warm yster op in iemand se hol druk as ek hulle ooit vang dit doen.
    7. Wat moet met siek idiote gebeur? In die geval van ‘n man…. Sit sy tottie in ‘n vice en laat hy naak op kerkplein staan. Elke persoon wat verby loop kan die handvatsel 1 cm draai. In die geval van ‘n vrou……. Ek kannie sukke taal op ‘n openbare blog gebruik nie. Use your imagination
    8. Beskryf jou lepel. Groot en goud
    9. Vir wie skree jy? Almal weet ek skree oppi kjinners
    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak? Partykeer TE ver….

  • 36. Neil Kroese  |  September 1, 2008 om 11 : 26

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he? – Aries 44
    2. Sit of staan jy as jy pieps – hang af
    3. Hoeveel mini jys is daar? – geen
    4. Wat drink jy? – Jamesons en Stella Artois
    5. Hoeveel bang hare het jy? – Geen meer nie
    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi? – Dooslike mense…
    7. Wat moet met siek idiote gebeur?- Toegesluit word saam met dooslike mense..
    8. Beskryf jou lepel. – Silwer
    9. Vir wie skree jy? – Laerskool Stellenbosch, Paul Roos Gimnasium, Maties, WP en Bokke..
    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak? So ver soos dit nodig is….

  • 37. Nats  |  September 2, 2008 om 4 : 16

    Bleikbaar moet ek weer antwoord… eish!

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he?
    – Inni blomme tyd Saam my Tweeling en my Tweeling se
    Drieling: 12 kringe
    2. Sit of staan jy as jy pieps
    – Sit
    3. Hoeveel mini jys is daar?
    – Drietjies (my honne)
    4. Wat drink jy?
    – Coca-Cola!! Mmmm of Pina Colades!!
    5. Hoeveel bang hare het jy?
    – Genoeg om my uit die kwaad te hou 😉
    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi?
    – Dieremishandeling; eintlike enige tipe mishandeling!
    7. Wat moet met siek idiote gebeur?
    – Hulle moet Zimbabwe toe en da hulle eie medisyne kry.
    8. Beskryf jou lepel.
    – Nie te groot, platinum met diamantjies om die steel
    9. Vir wie skree jy?
    – LEEUS!!
    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak?
    – Vêr genoeg! Soms gaan ek so paar kilometer in hakskoene en het die blase
    gehad om dit te bewys!! 🙂

  • 38. Ciska-Rene  |  Oktober 21, 2008 om 11 : 52

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he? Heelwat, maar met water en sonlig nog baie..
    2. Sit of staan jy as jy pieps Sit
    3. Hoeveel mini jys is daar? twee
    4. Wat drink jy? Coke met eish..
    5. Hoeveel bang hare het jy? min
    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi? As jy my Bitch noem!
    7. Wat moet met siek idiote gebeur? Justice..
    8. Beskryf jou lepel. Gladnie plastiek nie..
    9. Vir wie skree jy? Haaie
    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak? Ek kan “Walk the mile”

  • 39. Nataschia  |  Oktober 28, 2008 om 3 : 26

    1. vervel 12 Feb ’82 so dit sê ek het 26 kringe
    2 verkieslik sit (groot gemors om te staan )
    3. net een regtig !!!!
    4. vodka baie baie vodka
    5. GEEN
    6. as jy ‘n brein poep het oor iets wat jou nie traak nie
    7. DOODSTRAF
    8. HOUT baie sterk HOUT
    9. Blue Bulls (Sorry is baie lojaal)
    10. Tot die uiterste toe !!!

  • 40. Adrie  |  Oktober 28, 2008 om 3 : 29

    Welkom Tasha

    Moenie skaam wees nie. Kom kuier gerus saam met ons by die onderwerp.

  • 41. Xanika  |  November 13, 2008 om 10 : 22

    1. Ek vervel op 19 Januarie en het op die oomblik 32 ringe
    2. Sit
    3. 1
    4. Water
    5. net een – spinnekoppe!
    6. My eks
    7. hulle moet gevoelens ontwikkel wat hulle nie geweet het bestaan nie – soos pyn
    8. Ek dink dis ‘n cherry opal
    9. Baie oor my eks maar nie regtig vir iets of iemand nie
    10. Nog lank nie ver genoeg nie

  • 42. andre  |  Desember 19, 2008 om 7 : 09

    1. 12 september – iewers in die 80’s
    2. staan
    3. geen
    4. water
    5. diep donker water soos die see mens weet nooit wat daar binne is
    6. ongepoetste mense op die pad
    7. bêre
    8. stainless steel met n blou plastiek handle
    9. het baie lanklaas geskreeu en het nie regtig belangstelling in rugby
    10. . Nie te ver nie

  • 43. bujanglahat  |  Desember 27, 2008 om 5 : 09

    hi.. I am From Indonesia beautiful country..how are you??….. introduction from my blog…..can we exchange link……add me here…thank very much ok……success always 🙂

  • 44. Minke  |  Januarie 19, 2009 om 10 : 46

    1. 4Mei 47
    2. Sit en pie
    3. Ek rooflees graag
    4. Koffie
    5. Banghare niks
    6. Enige vorm van Abuse
    7. Die blinde sambok het wel ‘n manier om jou intehaal
    8. tuingrafie
    9. Bulle
    10. Tot die bitter einde

  • 45. Sebastiaan  |  Januarie 28, 2009 om 12 : 24

    1AUG 50
    2. Staan
    3. 2
    4.klipdrift premium
    5. Bles met herr braun
    6. Onnoselheid en kakpraat
    7. Stuur hulle skool toe. Dom mense jaag aan.
    8. Kenwood klitser
    9. Province
    10. Solank dom bliksems kak praat.

  • 46. Bianca  |  Februarie 3, 2009 om 4 : 30

    1. 4 van die 4 1974
    2. Sit en pieps
    3. Twee tel 6voet wat ookal seun mense ook
    4. Nie Brannas nie
    5. Baie
    6. Dom geite
    7. Skiet die goet
    8. Lamg eenis met diamante op die steel.
    9. Hallo vir almal wat wil hoor
    10. Ver ver ver weg

  • 47. AMELIA KEYSER  |  Februarie 18, 2009 om 3 : 27

    1. 5 SEPTEMBER…38 KRINGE
    2. SIT SIT SO
    3. DAAR IS 3
    4. MY SUSSIE SALOME SE KOFFIE
    5. HOEVEEL ? NIKS OP DIE STADIUM OF TOT EK DROOG MAAK IEWERS
    6. HARE OP DIE SEEP IN DIE STORT, EK HAAT IT OM DIE SEEP TE STOEI OM DIT AF TE KRY
    7. HULLE KAN BY MY KOM KUIER DAN KAN EK HULLE GOU REG OF WEG HELP
    8. HOUTLEPEL
    9. SKREE NOG NIE
    10. TOT DIE SAAK GEWEN IS

  • 48. Sharona  |  Februarie 23, 2009 om 6 : 57

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he?

    Ekke vervel in dieselfe maand as JRR Tolkien, Joan of
    Arc, Elvis Presley, Mel Gibson, Michael Schumager, Al
    en op presies dieselfde dag as Kevin Costner – Hy het net 2 kringe minder as ek. J
    2. Sit of staan jy as jy pieps
    Ek sit of staan boude in die lig en mik maar mooi as as die higiëne nie na wense is nie.
    3. Hoeveel mini jys is daar?
    2 – met tottertjies
    4. Wat drink jy?
    Min (bietjie) water, 1 koppie koffie per dag, tee, Hunters Dry met Baie Ys, Wipsky Sodawater met Baie Ys
    5. Hoeveel bang hare het jy?
    Net een – die ander is in grys areas.
    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi?
    Passiewiteit, onbevoegdheid, skinnerbekke, rugstekers, kindermolesteerders, verkragters, oumensies wat verwaarloos word en motorbestuurders wat op my motor se gat ry.
    7. Wat moet met siek idiote gebeur?
    Ek weet dat die oordeel nie my toekom nie – marteling en die galg op Kerkplein flits deur ny gedagtes.
    8. Beskryf jou lepel.
    Silwer Blink en vol karakter, met die mooiste tradisionele edelgesteentes

    9. Vir wie skree jy?
    Skree nie in die algemeen nie maar as dit by my rugbyspan kom – BLOU BULLE
    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak?
    Flippen ver – tot en met die einde toe en dan klou ek nog steeds– moet my maar morfien gee of oor die kop slaan sodat ek kan los.

  • 49. fokker  |  Maart 7, 2009 om 1 : 20

    1) so paar keer n jaar en tel die ringe op my stert
    2) ek staan wane ek pis
    3) fokoli
    4) swart sterk kofi
    5) fokoli
    6)#*+@ wat ni kan bestuur
    7)bobbit dit en hang dit an sy oor
    8)konkrytmenger
    9)blaffende honde
    10) van kairo tot in kualalampur en trug

  • 50. Mavis  |  Maart 20, 2009 om 7 : 02

    Die miesie met die kip harde gat het gesê ek moet hier kom skrywe

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he? my vel hy es vol gliserien gasmeer ek ek verloor nie die vel nie waar moet ek die kringe soek mies hau Mavis hy dra nie die kringe nie maar da by ndebele hulle dra nog die kringe van die krale by die been

    2. Sit of staan jy as jy pieps miesie ek ek staan yo yo ek bang hom die goggas maar eintelik ek moet sit

    3. Hoeveel mini jys is daar? Mavis hy het 2 kenners

    4. Wat drink jy? Zebra bier of magog

    5. Hoeveel bang hare het jy? Mavis hy skrik niks behalwe die groot baas daarbo

    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi? Hau miesie jy praat lelik Mavis hy laaik nie fight dan ek charge tot by die rooi

    7. Wat moet met siek idiote gebeur? Mavis verstaan nie mies seker hulle moet by die dokter gaan

    8. Beskryf jou lepel. Miesie my lepel is blink hy is lank met die bucket waarop jy die kos laai

    9. Vir wie skree jy? Ek skreeu vir die tjotsies wat so raas by die pad

    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak? Miesie Mavis ek loop ver vir die ding ek wil eendag daar by die Groot baas gaan die Maruti sê as Mavis goed is gaan Mavis baie ryk word hy sê altyd gjee en almal gaan vir jou gjee seker hoekom die merrem altyd extra gee

  • 51. Blom  |  Maart 23, 2009 om 11 : 39

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he?
    4 Mei – 40something

    2. Sit of staan jy as jy pieps;
    Sit
    3. Hoeveel mini jys is daar?
    3
    4. Wat drink jy?
    Koffie tee koeldrank
    5. Hoeveel bang hare het jy?
    ‘n hele kop vol
    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi?
    Mans wat onderhoud ontduik…dit is ook mishandeling
    7. Wat moet met siek idiote gebeur?
    Ongelukkig is dit nie iets wat ons kan oplos nie maar ek glo in die blinde sambok
    8. Beskryf jou lepel.
    Vlekkerig maar betroubaar
    9. Vir wie skree jy?
    Bulls
    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak?
    Tot die oplossing gevind word

  • 52. Klip  |  Maart 26, 2009 om 11 : 20

    . Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he?
    11 April 48 kringe

    2. Sit of staan jy as jy pieps;
    Staan
    3. Hoeveel mini jys is daar?
    2
    4. Wat drink jy?
    Enige iets solank dit nie snaaks ruik nie
    5. Hoeveel bang hare het jy?
    Daar is so n paar
    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi?
    Sipho’s en Thembi’s wat nie hulle werk kan doen nie
    7. Wat moet met siek idiote gebeur?
    Hulle moet vermis raak ( vir altyd)
    8. Beskryf jou lepel.
    Hy kan darem nog roer
    9. Vir wie skree jy?
    Vir n goeie span wat volgens die reels speel
    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak?
    Kan so n entjie saam loop

  • 53. Uniqa  |  April 16, 2009 om 2 : 06

    1. 18 Januarie – Sowaar al amper 30 keer!
    2. In ‘n bekende hok sit ek gewoonlik
    3. Drie
    4. BAIE koffie, af en toe ‘n glasie Grunberger Rosenlese
    5. Onder andere is hulle name: Hoogte, Hysbakke en Eie humeur
    6. Mense wat mini ekke aanvat
    7. Stuur hulle vir my
    8. Buite is hy groot en sterk en binne is hy ‘n marshmallow
    9. Roekelose, swak bestuurders en bure wie se honde kinders byt
    10. Partykeer verder as wat goed is vir my!!!

  • 54. Idna  |  April 17, 2009 om 10 : 27

    1. In die herfs … nou al 30.
    2. Sit natuurlik.
    3. Ene … maar sy’s ‘n mix tussen my en my beter helfte.
    4. JD
    5. Miskien 1 – maar baie gryses.
    6. Ongeskikte, oneerlike, onredelike mense – in enige volgorede,
    en nie noodwendig al 3 saam nie!
    7. Poef! Disapear – ek kan hulle nie handle nie.
    8. Silver … ??
    9. Hang af … rugby of in die huis?
    10. Ek sou wou dink all the way…but mine and yours might differ!

  • 55. girlvandiesuburbs  |  April 25, 2009 om 10 : 14

    1. Payday in Julie, dieselfde jaar as wat Garfield sy debut gemaak het
    2. Sit meeste van die tyd
    3. Geen mini ekke nie. Nog nie …..
    4. Alles wat ‘n kick gee, van alkohol tot kafeien
    5. Verbasend min tot my eie spyt
    6. Ongeskikte mense van all walks of life. Taxi bestuurders het hulle eie barometer…..
    7. Skiet die bliksems en as hulle vra om genade, hang hulle
    8. Al deur geroer
    9. Ek gil OP die manne by die werk en skreeu VIR die Bulle
    10. Oi, ek het al my vingers lekker gebrand. Ek is ‘n regte ou kannie-dood 🙂

  • 56. ekkedink  |  Mei 15, 2009 om 7 : 30

    Hallo

    Wil jy nie vir my ‘n comment gaan los op hierdie inskrywing nie asb. Ek is besig met “wel effense navorsing”.

    Dankie

    Bloggerol! Of nie? Moet werkgewer blogs stop?

  • 57. Tweelingkind  |  Mei 28, 2009 om 9 : 58

    1. Vervel? Ekke? Nooit nie…ek doen nie meer daai ding nie, tien jaar terug sommer netso opgehou…magic!!!!
    2. Sit, ek dink as ek moet staan sal ek bietjie mors
    3. Twee mini ekkes…of hulle nou wil of nie! Hahaha
    4. Rooiwyn, vrugtesappe, water en koffie (nie een n favourite nie, hang af hoe ek voel wat ek drink)
    5. Al my hare is bang, ek’s maar n lekker banggat, dan weer, dit hang af….
    6. Dieremishandeling/Snobisme/Arrogansie
    7. Moet gemerk word om almal te waarsku soos n tattoe of iets
    8. Goud met pienk rosie
    9. My evil twin! Die bleddie ding hoor net nie vir my nie!!!
    Oooo, rugby? Mmmmm, Lions en Sharks
    10. Sal ver gaan as ek moet dink ek, maar was nog nooit in n situasie om myself te ‘toets’ nie.

  • 58. Adrie  |  Mei 28, 2009 om 10 : 01

    Was dit nou nie vir jou smaak in Rugby *spoeg sywaards nie* het ek sommer baie van jou gehou.

    Welkom

  • 59. Tweelingkind  |  Mei 28, 2009 om 10 : 08

    😆
    Iemand moet hulle support! Shame! Altyd maar vir die underdog!

  • 60. Baby Jane  |  Junie 7, 2009 om 8 : 46

    1. Umh ek vervel baie want ek het ‘n sensitiewe vel maar op die oomblik het ek al net 6 keer vervel.
    2. Ek sit . . .dink ek ;P
    3. Ek en die meisie wat vir my loer as ek in die spieël kyk maar ek weet ek is tog langer wepepepepe!!!!
    4. Chocolate melkies en vloeibare sweeties!!!
    5. Meer as genoeg hoekom wil jy enetjie by my kom leen? Jy kan kom maar ek dink die tankie wat se dat sy my ma is sal nie dit toelaat nie…
    6. SIES!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Tannie het die M woord gese… Maar ek hou nie van verkragters in enige vorms nie ok nie van dom mense, diere-mishandelaars, lang rye wwarin ek moet staan en swak diens nie!
    7. M@&r hulle, Bl!ks&M hulle en veil jy daai ding wat hulle pla stadig af en lat hul dit eet en dan laastens…Ruk hul arms af en slaan hul met die nat kant oor die kop!
    8. Uhm…
    9. Vir daai verskoning van ‘n broer van my. . .sy naam is PROVINCE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
    10. Rond the world an back again!

  • 61. boervrou  |  Julie 8, 2009 om 11 : 05

    1. Julle ‘n goeie vrou vertel nooit haar geheime nie, maar moenie iemand sê nie hoor: 24 November word die boervrou 31!
    2. Gewoonlik sit ek, maar as die kinders aan die deur hammer dan…sit ek ook.
    3. Nog gehieme…3girls en nou ‘n boetie
    4. Vrydae Hanepoort, om van die week se stres ontslae te raak en die goeie dinge te vier. Die res van die tyd Baie Jacobs KOFFIE.
    5. Almal is bang, ek’s parenoid, rerig!
    6. Die meeste? My skoonsuster
    7.Bring hulle plaas toe….hier baie bere plek…
    8. Suikerlepel? Carol boyes, geskenk gewees!
    9. DIe kinders
    10. As dit vir eerlike opregte mense is wat dit waardeer redelik

  • 62. Jaco  |  Julie 8, 2009 om 1 : 06

    Hello julle maaitjies

    1. OK Ek vervel 26 Oktober en dan sal ek 36 kringetjies he.

    2. Ek kan of sit of ek kan staan as ek gaan pieps ,ek het n verleng koort

    3. Geen kiddies waarvan ek weet nie

    4. Ek hou van van brandewyn ,water en vrugte sap natuurlik afsonderlik van mekaar.

    5. Bang is nie in my dictionary nie ,ek hou van uitdagings. maar geweld nee.

    6. Daars nie regtig iets wat my kwaad maak nie ,dit vat baie.

    7. As julle bedoel by siek idiote ,siek in die kop met siek aanmerkings, ek kan aan n hele paar dinge dink wat nie lekker is nie, maar ek moet se tot versagtende omstandighede ek maak self party keer n paar opmerkings wat party mense as siek sal beskou. maar ek sien die humor in alles raak,sal oor enigiets joke.

    8. Wat bedoel julle met beskryf jou lepel ,onthou ek is nie so slim soos julle nie,ek dink julle bedoel jou medgesel, wel ek was getroud tot sy beter geselskap gaan soek het ,verbeel jou die vermeetelheid ,waar gaan jy nou beter kry as ek.
    Ja sy hoef nou nie n besonderse beute te wees nie solank sy hou van humor en mooi van binne is.

    9. Ek skree natuurlik vir die Taxis en hulle metgeselle ,die bulle en die bokke.

    10. Bestaan daar so its soos n goeie saak ek weet net van n goeie grap.

    Net iets persoonlik;

    Ek was so 5 jaar gelede in n masiewe motor ongeluk, net my kop en een hand het heel uitgekom ,so hulle sit my sommer op die tafel dan tik ek op die key board,ha ha ha gese ek hou van jokes.

    Nee ek so n ligte beroerte gehad in die hospitaal en asgevolg daarvan loop ek so klein bietjie munk as jy mooi kyk en sukkel so bietjie om te praat behalwe as iemand voor my inry, maar dan se ek weer ek like van joking arround.

    Bay

  • 63. konyntjie  |  Julie 25, 2009 om 10 : 17

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he?
    Ekke tel nie meer die kringe op my voorkop nie, die jare stap aan, al 36 v hulle.

    2. Sit of staan jy as jy pieps
    Verkieslik sit ek

    3. Hoeveel mini jys is daar?
    oefen hard aan mini nommer 2

    4. Wat drink jy?
    nie veel nie en meng dit gewoonlik met wyn

    5. Hoeveel bang hare het jy?
    ‘n hele paar, gryses ook!

    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi?
    Fuckedup stupid idiote en vals plastic ppl

    7. Wat moet met siek idiote gebeur?
    hulle moet eerder net wegfok

    8. Beskryf jou lepel.
    Siepsopenbraaiboud

    9. Vir wie skree jy?
    Enige een wat my moer koer

    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak?
    donners ver

  • 64. Adrie  |  Julie 25, 2009 om 10 : 22

    Baie welkom, Konyntjie. Ek hoop dat jy baie lekker sal kuier hier.

  • 65. Coyote  |  Augustus 18, 2009 om 1 : 48

    Ek gaan maar weer invul

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he?
    Junie die kringe word nie meer getel nie
    2. Sit of staan jy as jy pieps
    Sit net op my eie troon
    3. Hoeveel mini jys is daar?
    2
    4. Wat drink jy?
    enige vloeistof met alkohol net nie wiskey nie
    5. Hoeveel bang hare het jy?
    niks net gryses
    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi?
    slapgate, siek moere en mense wat my kjenners te na kom
    7. Wat moet met siek idiote gebeur?
    Ek ken ‘n paar mense wat hulle kan uit sort
    8. Beskryf jou lepel.
    Hy’s hout en stir goed genoeg
    9. Vir wie skree jy?
    Die kinders, BULLE EN SPRINGBOKKE
    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak?
    Sover ek moontlik kan dalk soms te ver

  • 66. kaneelsuiker  |  September 8, 2009 om 9 : 41

    1. 30 Augustus, 22 kringe om die son
    2. Is daar mans wat sit? Blykbaar moet mens deesdae in die stort pieps om water te bespaar
    3. Nog geen
    4. Tequila met lime, melkskommels
    5. 2, een vir ‘n haai en een vir ‘n slang
    6. Onverantwoordelikheid, vandalisme, minagting
    7. Hulle moet iets kry wat kosbaar is in hul lewens en as dit nie werk nie, sal die vinnigste pynlose dood
    8. Tans is dit my kussing, my eetlepel het ‘n rooi plastiek handvatsel en sny my mondhoeke as ek te vinnig eet
    9. Ek hou nie van die eier-bal nie, so ek skree maar Bafana!
    10. Totdat dit saak maak

  • 67. maxie  |  September 8, 2009 om 9 : 42

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he?
    23 Augustus, het net 6 van my 9 lewens oor.
    2. Sit of staan jy as jy pieps
    Sit, mits die sandbak skoon is.
    3. Hoeveel mini jys is daar?
    1 tienerkat en 1 ramkat (laasgenoemde nie biologies myne nie)
    4. Wat drink jy?
    Pierinkie melk asseblief…
    5. Hoeveel bang hare het jy?
    Groot honde (veral die bloghonde) en hoogtes 😳
    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi?
    Kindermishandeling, dieremishandeling, diegene wat nie kan bestuur nie en mense wat nie leef wat hulle verkondig nie. En moenie eens dink daaraan om te vat aan my kind, man of enige ander geliefdes nie.
    7. Wat moet met siek idiote gebeur?
    Dink aan Prison Break 3 – Sona, Panama…
    8. Beskryf jou lepel.
    ‘n Carrol Boyes suikerlepel in die vorm van ‘n akkedis.
    9. Vir wie skree jy?
    Verwys na #6.
    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak?
    Al die pad… and then some…

  • 68. Adrie  |  September 8, 2009 om 9 : 48

    Dankie julle

    Kaneel, ten minste is jou hande gewas as jy klaar gepieps het.

    Max, 😆

    Ek reel sommer ‘n partytjie om jou vorm wat uiteindelik hier is te vier.

  • 69. Wipneus  |  September 9, 2009 om 9 : 23

    😥 Niemand sal my mos smeek om dit te doen nie.

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he?
    12 Januarie en dan het ek ‘n tagentag kringe
    2. Sit of staan jy as jy pieps – Sit, met die rumatiek en al.
    3. Hoeveel mini jys is daar? – 2 en derduisende kleinkinders
    4. Wat drink jy? – Ag my kind, wat ookal in die omo boks is. Die seep sal ek sommer snuif.
    5. Hoeveel bang hare het jy? Baie, veral waar die kleinkinders is.
    6. Wat stoot jou moermeter in die rooi? Wat? Eerder wie. Die merrie perd.
    7. Wat moet met siek idiote gebeur? Snip snip, uit
    8. Beskryf jou lepel. – So ‘n silwer ene wat altyd by my teekoppie moet wees.
    9. Vir wie skree jy? Op die merrieperd
    10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak? Tot in die skeihof.

  • 70. kotie fouche  |  Mei 20, 2010 om 10 : 58

    oulike web tuiste ek dink ek gaan hom nog baie gebruik

  • 71. Xena Phoenix  |  Mei 24, 2010 om 11 : 40

    Dankie Kotie

    Loer ook gerus by die nuwe tuiste herriemerrie.wordpress.com in.

  • 72. Dwi Attorneys  |  Julie 7, 2010 om 5 : 07

    1. Wanneer vervel jy en hoeveel kringe sal jy dan he?Saam alle skerpioene in November xix en waneer bosbou by my kom draai in Desember sal ek ‘n ou boom wees, te oud om af te kap (37 eina!)2. Sit of staan jy as jy piepsNog nie so oud dat ek hoef te sit nie, so enige bos/boom/ oop stuk veld werk nog vir my3. Hoeveel mini jys is daar?Myne – 2, Hare – 2, 2 van elk soos orel pyppies!, twee tieners en twee in die laer skool, sjoe!4. Wat drink jy?So veel en so gou as moontlik, verkieslik Rooi wyn die tyd van die jaar, wit wyn die ander helfte, bier saam my sport en whiskey as ons jol.5. Hoeveel bang hare het jy?Bang hare min, grys hare baie6. Wat stoot jou moermeter in die rooi?Leuns, dus die regering en die regering en o ja die regering en al hulle snert. Mense wat nie kinders en vrouens kan uit los nie en of my stuff nie, ek het hard genoeg gewer!7. Wat moet met siek idiote gebeur?Gee hulle vir my ek sal hulle op ‘n mooi manier van kant maak8. Beskryf jou lepel.Gebore met ‘n brons een wat later “gold platted” geraak het, maar ek het hom ook verloor met die tyd saam, nou sit ons met ‘n nuwe plastiese medesyne lepel wat die apteek geskenk het na die klientjie se laaste verkoue9. Vir wie skree jy?Bulle, Bokke, Proteas, Ferraries, Some thing Els, en die Goose10. Hoe ver gaan jy vir ‘n goeie saak?As dit net nie Zuma se saak is nie is ek daar, bells and whistles!
    +1

  • 73. amelia gusson  |  Junie 12, 2011 om 7 : 55

    hello daar mense, eks eintlik opsoek na familie . Dis 2 van my nefies en ek soek hul dringend dit gaan oor hul moeder. David eduard Botha van durban, hul noem hom Kiewiet. Hys in 1964 gebore so is 47 jaar oud. Dan ook Jan Adriaan Maritz van pretoria sy vrou Marietjie het in hf verwoerd hospitaal gewerk . hul of enige iemand met besonderhede van hulle kan my kontak by ameliagusson@ymail.com of 0792657076

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed