Wie dra die broek?

September 9, 2009 at 6 : 02 64 Kommentaar

In die jaar 2009, kan ‘n vrou nog tronk toe gestuur word om rede sy ‘n langbroek in die openbaar gedra het.   Die meerderheid westerse vroue dra daagliks ‘n broek van een of ander aard.  In Soedan is dit onwettig. 

Loebna Ahmed al-Hoesein het ‘n moontlike vonnis van 40 sweephoue in die gesig gestaar.  Sy kon vir 10 houe skik, maar het besluit om eerder hof toe te gaan.  Daar is sy ‘n boete van $200 of ‘n maand tronkstraf opgelê, maar sy het tronkstraf verkies.  Volgens Loebna Ahmed al-Hoesein sou sy deur die boete te betaal, waarde aan die klag teen haar geheg het.  Intussen het haar baas wel haar boete betaal en is sy op vryevoet. 

Die kersie op die koek is dat Loebna Ahmed al-Hoesein die hofverrigtinge in dieselfde langbroek bygewoon het as wat haar oorspronklik in die bollie gekry het.  Ek kan nie help om haar moed te bewonder nie.  Sy het selfs van haar VN diplomatieke immuniteit afstand gedoen om wel vervolg te kan word.  Alles met die hoop om die wetgewing te verander.

Vroue het al meer as ‘n eeu terug begin om langbroeke in uitsonderlike gevalle te dra.  Die Wigan Pit Brow meisies het in die 18de eeu ‘n skandaal veroorsaak toe hulle langbroeke werk toe gedra het.  Langbroeke was net meer geskik gewees om die fisiese werk in ‘n steenkool myn te doen.  ‘n Paar dekades later het meer dames dit op plase, veral om perd mee te ry, gedra.  In die dertige jare het was van die groot aktrise dikwels in langbroeke afgeneem, wat die idee van ‘n langbroek meer aanvaarbaar gemaak het.

Tydens die tweede wêreld oorlog het Britanje beperkinge op klere geplaas.  Vrouens het toe hulle mans se klere begin dra om hulle klere randsoen vir ander noodsaaklikhede te gebruik.  Soos die broeke opgedra is, is hulle met vroulike broeke vervang.  Dit is eers in 1960 dat langbroeke werklik ‘n mode item geraak het danksy André Courrèges. 

Dit is hier waar dinge nogal in interessant word.  In die 60’s het die unisex beweging begin, met die hoop om die klere verskille tussen mans en vrouens uit te wis.  Hulle het dus ook probeer om mans so ver te kry om rompe te dra.  Dit het klaaglik in die 60’s misluk, al het vrouens die idee van broekdra met altwee hande aangegryp.  In die 80’s het verskeie ontwerpers weer probeer en ‘n paar sterre het wel in die openbaar ‘n romp gedra.  Weereens wou die mans glad nie aan die idee hap nie.

😉 Dalk het mans nou al meer avontuurlustig geword en is dit nou weer tyd om te probeer.

Ter afsluiting, wil ek graag die stuk uit ‘n brief Pous Nicholas I aan Koning Boris I van Bulgarye in 866 met julle deel. 

‘Whether you or your women wear or do not wear trousers neither impedes your salvation nor leads to any increase of your virtue’

Hoe voel julle oor rokke, broeke, rompe en geskikte klere in die algemeen?

Blogvraag:  Wie was die eerste ontwerper wat geweier het om modelle met ‘n gewig massa inhoud (body mass index) van laer as 18 te gebruik?

Blogantwoord:  Olga was reg met Merino.

Entry filed under: Waardelose Inligting. Tags: .

Skaap in wolfklere Pap wiele

64 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  September 9, 2009 om 6 : 11

    Eerste!!!!

  • 2. Wille Kjind Q  |  September 9, 2009 om 6 : 12

    Armani?

  • 3. Wille Kjind Q  |  September 9, 2009 om 6 : 13

    Kanni nou dink of google nie. Gat nou ry. Check julle later

  • 4. kaneelsuiker  |  September 9, 2009 om 6 : 46

    Is rokke ooit gemaklik? Miskien moet ek daai stunt gooi vir so bietjie publieke reaksie.
    Ek twyfel of dit sal werk, want mense sal waarskynlik net vir mekaar sê: “o, ok, so hy is nou ‘n gay cross-dresser. Ja, daar is niks fout met hulle nie” en dan sal hulle een-een vir my kom sê: “Geluk dat jy uiteindelik uit die kassie geklim het. Good for you!”:/

  • 5. Olga  |  September 9, 2009 om 6 : 49

    Ruth tarvydas

  • 6. Adrie  |  September 9, 2009 om 7 : 37

    Kaneel,

    Persoonlik het ek nog nooit van n rok gehou nie. n Mens kry wel baie mooi rokke wat n mens dit amper kan vergeet. Rompe is veel beter.

  • 7. Wille Kjind Q  |  September 9, 2009 om 8 : 07

    Testing

  • 8. Wille Kjind Q  |  September 9, 2009 om 8 : 08

    Tsk!

  • 9. Wille Kjind Q  |  September 9, 2009 om 8 : 09

    Terwyl ek nog op my seep kassie staan…….

    Kaneel

    Ek double dare jou om ‘n rok aan te trek en my te kry ommi kiekie te neem:mrgreen:

  • 10. Wille Kjind Q  |  September 9, 2009 om 8 : 11

    Ek weet dammi of ek die geaardheid het om die ooste te bly nie. Niemand skryf my voor nie…….. Veral nie ‘n blêrrie man nie!

  • 11. Adrie  |  September 9, 2009 om 8 : 15

    Ek het gedink Soedan is in Afrika.😳

  • 12. Adrie  |  September 9, 2009 om 8 : 18

    Die verre ooste is nog okay. Mits jy dwelms uitlos. Dit is die Islamitiese lande wat n mens moet vermy.

  • 13. Adrie  |  September 9, 2009 om 8 : 19

    O ja, jy weet Kaneel is n matie?

  • 14. Wille Kjind Q  |  September 9, 2009 om 8 : 24

    Trug

    Net gou die niks gat lees wat ek gemis het

  • 15. Wille Kjind Q  |  September 9, 2009 om 8 : 25

    Ooste…… Midde ooste…. Islam

    Same shit

  • 16. Wille Kjind Q  |  September 9, 2009 om 8 : 26

    Ek is deesdae so besig byri werk dat ek skaars kan gat piepie

  • 17. Wille Kjind Q  |  September 9, 2009 om 8 : 27

    Wat het van Klip geword😕

  • 18. Adrie  |  September 9, 2009 om 8 : 27

    Se dit vir n oosterling en hulle bevuil hulleself dat hulle nooit weer sal kan skoon kom nie.

  • 19. Adrie  |  September 9, 2009 om 8 : 29

    Hy en Basjan het n meningsverskil gehad.

  • 20. Girl van die Suburbs  |  September 9, 2009 om 8 : 42

    Ek moet net leer om mooier te loop as ek ‘n rokkie aan het!

  • 21. Adrie  |  September 9, 2009 om 8 : 47

    He he he

    Of die wind moet net minder waai.

  • 22. Girl van die Suburbs  |  September 9, 2009 om 8 : 52

    Ag ek jaag ook orals aan… Ek moet dit maar net beter manage!

  • 23. Wille Kjind Q  |  September 9, 2009 om 8 : 54

    Oom Se Baas Jan se gat. Hy pop net elke dan en wan in om goeie mense se vrienskappe op te fok. Drol!!!!!

    hallo Nell

  • 24. Adrie  |  September 9, 2009 om 8 : 56

    Aanjaag is my middelnaam

  • 25. Adrie  |  September 9, 2009 om 8 : 58

    Ek weet nie hoekom trek mense ander se menings so sterk aan nie. Stopstraat iemand wat jou nie aanstaan nie.

  • 26. Girl van die Suburbs  |  September 9, 2009 om 8 : 59

    Hey Willes

    Oeg… ek word gereeld gestop straat en gaan seker nou meer gereeld gebeur na vandag se opmerkings. Bwhahahah… funny stuff!

  • 27. Wille Kjind Q  |  September 9, 2009 om 9 : 04

    Ek dare julle om more ROKKE aan te trek

  • 28. Adrie  |  September 9, 2009 om 9 : 06

    Nell

    Dit kon erger gewees het. Ek word altyd getoilet papier. Ten minste is dit nog nie kondoom nie.

  • 29. Adrie  |  September 9, 2009 om 9 : 08

    Willes

    Dink jy nou wragtig ek het n rok? Stuur vir ons n foto van jou in n rok.

  • 30. Wille Kjind Q  |  September 9, 2009 om 9 : 17

    Gmpf! Die dare is vi julle nie vi my nie

  • 31. Girl van die Suburbs  |  September 9, 2009 om 9 : 19

    whahahahahahaha

    Ja nee!

  • 32. Adrie  |  September 9, 2009 om 9 : 22

    Dra jy n rok Willes, en ek gaan koop vir my oor n dekade n rok en dra dit miskien.

  • 33. Adrie  |  September 9, 2009 om 9 : 24

    In belang van solidariteit met ons susters onder verdrukking, dink ek almal moet more n langbroek drap

  • 34. Girl van die Suburbs  |  September 9, 2009 om 9 : 28

    Maxie se ek i s ‘n berkleurmannetjie en ek verstaan nie hoekom nie!

  • 35. Girl van die Suburbs  |  September 9, 2009 om 9 : 30

    Ag tog VERkleurmannetjie

  • 36. Adrie  |  September 9, 2009 om 9 : 43

    Gaan kyk op die een woord post hier, sy het dit daar verduidelik.

  • 37. Girl van die Suburbs  |  September 9, 2009 om 9 : 45

    Faaarrrrkkk… Ek is blind! Ek sien dit nie

  • 38. Adrie  |  September 9, 2009 om 9 : 48

    Iets van verskillende kleure hare.

    Dit is op Dorings, nie suburbs nie.

  • 39. Girl van die Suburbs  |  September 9, 2009 om 9 : 51

    Ek het op Dorings gekyk! Dis die ergste!

  • 40. Adrie  |  September 9, 2009 om 9 : 54

    Nr 22

    Die laaste reel. In hakies.

    Dat ek nou so moet sukkel.

  • 41. Girl van die Suburbs  |  September 9, 2009 om 9 : 59

    Ek sien not a fok 22 nie?

  • 42. Adrie  |  September 9, 2009 om 10 : 04

    Waar kyk jy mens?

  • 43. Adrie  |  September 9, 2009 om 10 : 05

    Dit is by die Een Woord post. As dit vashak, grrr (of iets) en lees dan.

  • 44. Adrie  |  September 9, 2009 om 10 : 08

    Nell

    Max het n prentjie op blog gaan teken.

  • 45. Girl van die Suburbs  |  September 9, 2009 om 10 : 09

    toemaar, ou Max het klasvaakie kom uithelp…Ek sweer ek kan net tot 18 lees…

    Maar nou ja…

    Ek gaan inkruip… lekker aand vir almal!

  • 46. Wille Kjind Q  |  September 10, 2009 om 5 : 07

    GGGRRR!!!!!!!

  • 47. Nelba  |  September 10, 2009 om 7 : 26

    Ek hou van rokke in die somer. Hulle is koeler as broeke. Maar vir my lewenstyl is broeke gemakliker. En niemand skryf vir my voor hoe om aan te trek nie! Ek het hoeka geen geduld met iets soos uniforms nie. Dit verander die mense wat hulle aanhet in skape.

  • 48. *Mathilda*  |  September 10, 2009 om 8 : 04

    More

  • 49. Adrie  |  September 10, 2009 om 8 : 07

    More almal

    Nelba

    Ek stem. Ek het mos al jare terug matriek geskryf.

  • 50. Beeld  |  September 10, 2009 om 8 : 12

    Wilhelm de Swardt

    Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) wil dringend praat met Caster Semenya, Suid-Afrika se wêreldkampioen in die 800 m vir vroue, maar word skynbaar deur Atletiek Suid-Afrika (ASA) verhinder.

    Die IAAF het gister bevestig hy het die uitslae van die geslagstoetse op Semenya ontvang.

    Dit sal eers openbaar gemaak word nadat ander deskundiges dit ook bestudeer het en Semenya daaroor ingelig is.

    Mnr. Nick Davies, woordvoerder van die IAAF, het gisteraand uit Lausanne, Switserland, gesê omdat dit so ’n sensitiewe aangeleentheid is, moet die toetse weer deur deskundiges nagegaan word.

    Die toetse is by verlede maand se Wêreld-atletiekbyeenkoms in Duitsland gedoen.

    “Ons kan nie bekostig om enige foute te maak nie, veral omdat ons reeds met die internasionale menseregtehof gedreig word en omdat dit nou in Suid-Afrika ’n politieke aangeleentheid geword het.”

    Volgens Davies val versoeke van die IAAF aan ASA om met haar in verbinding te tree tot dusver op dowe ore.

    “ASA se optrede kan ernstige gevolge vir Semenya inhou as ons nie binnekort met haar self kan praat nie. In kort kom dit daarop neer dat sy nie wil saamwerk nie.

    “As dit ’n dwelmverwante probleem was, sou sy al lankal geskors gewees het, maar hierdie is ’n unieke probleem waarvoor die IAAF se reëls nie voorsiening maak nie. Dit is vir ons belangrik om met haar oor die uitslae van die toetse te gesels,” het Davies gesê.

    Hy het gesê daar is geen mediese toetse in Suid-Afrika op Semenya gedoen nie, ten spyte daarvan dat die IAAF dr. Harold Adams, die SA spandokter wat op die mediese paneel van die IAAF en ASA dien, opdrag gegee het om toe te sien dat dit gedoen word.

    Beeld het verneem Semenya is wel in Pretoria voor die SA span se vertrek na die Wêreldbyeenkoms getoets, maar die uitslae is moontlik nie aan die IAAF deurgegee nie.

    Davies het gesê Adams het “spoorloos” verdwyn.

    Davies het ook gesê die manier waarop ASA Semenya se saak hanteer, kan in die volgende paar weke ’n yslike verleentheid word.

    Volgens Davies het mnr. Leonard Chuene, president van ASA, die laaste paar weke soveel onwaarhede rondom die IAAF se hantering van Semenya se saak verkondig dat dit beslis vir hom ’n verleentheid gaan word wanneer die feite bekend gemaak word.

    Chuene gaan dalk geen keuse hê as om te bedank as president van ASA nie, het hy gesê. Davies het gesê dit is jammer dat ASA toegelaat het dat politici by die saak betrokke raak sonder dat hulle al die feite tot hul beskikking het.

    Ongeag die uitslae sal Semenya die goue medalje behou wat sy in Berlyn gewen het, asook die $60?000 (sowat R450?000) vir haar eerste plek.

    – Beeld

  • 51. Beeld  |  September 10, 2009 om 8 : 14

    Liezl Steenkamp

    Om pres. Robert Mugabe vas te vat is ’n mors van tyd, want hy is reeds stokoud.

    Met dié uitlating het adj.pres. Kgalema Motlanthe dit gister in die nasionale vergadering onomwonde gestel dat die Suid-Afrikaanse regering nie ’n vinger gaan verroer om teen dié Zimbabwiese leier op te tree nie.

    “Mugabe is reeds op ’n gevorderde ouderdom. Dit sal nie help om al ons energie daarop toe te spits om met hom as ’n individu te handel nie.”

    Voorts glo die regering onwrikbaar in sy beleid dat daar met Mugabe en die ander drie partye in die Zimbabwiese eenheidsregering gepraat moet word, eerder as om “oorlog te maak”. En, nes die Afrika-Unie en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), wil die regering hê dat sanksies opgehef moet word.

    Motlanthe was in die Huis om mondelings vrae te beantwoord.

    Volgens hom het die Britse regering reeds $100 miljoen vir onderwys, gesondheid, watervoorsiening en sanitasie bewillig. Die Internasionale Monetêre Fonds het ’n lening van $510 miljoen aan Zimbabwe beskikbaar gestel.

    Eerw. Kenneth Meshoe, ACDP-leier, het emosioneel gevra hoe die regering met ’n skoon gewete kan instem tot die opheffing van sanksies terwyl Mugabe aanhou om menseregtevergrype te pleeg.

    Hierop het Motlanthe geantwoord dat kragdadige optrede niks bereik nie.

    “Probleme word nooit opgelos deur oorlog te maak nie. Die SAOG se standpunt bly dat dialoog die enigste uitweg is.”

    – Beeld

  • 52. Beeld  |  September 10, 2009 om 8 : 15

    Herman Scholtz

    ’n Vrou van Centurion wat ontvoer en in haar motor se kattebak aangehou is voordat sy verkrag is, het ná haar verkragting die boewe gesmeek om haar eerder dood te maak.

    Hulle het vir haar gelag en sy het toe maar self weer in haar motor se kattebak gaan klim.

    Dit is deel van die getuienis wat gister in die Pretoriase streekhof opgesom is.

    Die vrou het later probeer selfmoord pleeg, het die hof gehoor.

    Mnre. James Slinger (18), David Edward Sekole (21) en Luvuyo Ntsaba (20) staan tereg op vier aanklagte van verkragting, drie van roof met verswarende omstandighede en vier van menseroof.

    Streeklanddros Solomon Mkhabela het die drie klaagsters se trauma in oënskou geneem.

    Al drie het aan die hof gesê hulle het hul rowers gesmeek om al hul besittings te vat, maar om hulle nie te verkrag nie.

    “Ek het jou verkrag. Jammer,” het die een skurk volgens ’n klaagster net ná die verkragting aan haar gesê.

    Nóg een van die beskuldigdes het glo aan ’n klaagster, wat hy later beweer het sy intieme vriendin “Annemarie” is, gesê hy moes haar verkrag, want hy het ’n ma en suster om te onderhou. Een van die vroue het getuig hoe sy aanhoudend gebid het–ook vir die boef wat haar aangehou het– voor en tydens haar verkragting.

    Die booswig het eers met haar hare en naels gespeel en dit bewonder. Daarna het hy haar oorbelle uitgehaal en vir homself ingesit. Toe sy vir hom sê: “Dit is nog nie te laat nie,” het hy kwaad geword en haar verkrag.

    Die mans het met hulle rondgery, ander mense opgelaai, gekuier, ’n paar biere gedrink en die vroue se bankkaarte gebruik om geld te trek. Dan sou hulle nog ’n bietjie rondry tot ná middernag sodat die daaglikse onttrekkingslimiete van die vroue se bankrekeninge herstel is.

    Twee van die vroue is ná hul wedervaringe afgelaai en die derde is in haar motor gevind toe die polisie in ’n jaagtog met die beskuldigdes betrokke geraak het.

    Mkhabela het verder besin oor die forensiese getuienis wat die staat aangebied het, wat vingerafdrukke en DNS van sommige van die beskuldigdes insluit.

    Die vroue het die mans voor die hof uitgeken en die een klaagster kon uitwys dat Ntsaba ’n tatoeëermerk het.

    Mkhabela sal vandag die verdediging se saak opsom en sy bevinding maak.

    – Beeld

  • 53. Beeld  |  September 10, 2009 om 8 : 19

    Charles Smith

    Bloemfontein. – Sê hallo aan Patat van die Kalahari. Hy is ’n witdorperram met “?’n mooi gat”. En ’n ietsie meer.

    Patat is pas vir R800 000 verkoop – die duurste enkele stuk kleinvee en op twee na die duurste plaasdier wat ooit in Suid-Afrika verkoop is. Dit is ’n wêreldrekordprys vir hierdie ras.

    Mnr. Peet Cilliers van die Vergesig-witdorperstoetery by Upington het Patat op sy produksieveiling aan mnr. Johan Oosthuizen, ’n sakeman en stoetteler van Hekpoort, verkoop.

    Mnr. Deon Klopper, afslaer van CMW Elite, het gesê: “Om so ’n prys te behaal, is ’n gevoel wat jy nie sommer weer in jou lewe sal kry nie.”

    Cilliers het gesê nee, hy gaan nie nou aftree nie.

    “Die vorige rekord was R500 000. Dit was ook myne.

    “Patat is gehard en mooi. Hy’s ’n unieke ram. Hy’t ’n lang lyf, mooi kop en ’n mooi gat.”

    Volgens hom is daar ’n groot mark vir dorperembrio’s na lande soos Australië en die VSA.

    Oosthuizen het gesê: “Dis ’n klomp geld, ja, maar dit is vir die regte teelmateriaal. Dan is die prys irrelevant.”

    Hy het gesê hy koop al lank ramme by Cilliers. “Ek het
    R800 000 betaal omdat ander ­bieërs my gejaag het. Twee ander ouens het aangehou bie. Een het tot by R600 000 volgehou en nog een tot oor die R600 000.”

    Klopper het gesê daar is ’n groot potensiaal vir dorper-embrio’s na veral China.

    Embrio’s behaal al soveel as $1 500 (R11?310) elk.

    “Dit klink onmoontlik om soveel vir ’n ram te betaal. Ons besef nie wat lê in die dorperras nie. Daar steek baie in hom.”

  • 54. Beeld  |  September 10, 2009 om 8 : 20

    Hilda Fourie

    ’nBlonde vrou en haar vriend is op kringtelevisie betrap waar hulle lugtyd steel by drie vulstasiewinkels in die ooste van Pretoria.

    In vier voorvalle – waarvan Beeld bewus is – sedert 24 Augustus tot eergister het hulle al R1 640 se Vodacom- en MTN-lugtyd by die Caltex-vulstasies in Wapadrand en Constantiapark, en by die BP-vulstasie by Atterbury Value Mart gesteel.

    Dir. André Wiese, bevelvoerder van die Brooklyn-polisiekantoor, het die publiek se hulp gevra om die man en vrou vas te trek.

    Die kringtelevisiemateriaal wys hoe ’n man en vrou by die toonbank gaan staan. Die vrou het lang, blonde hare en die man se hare is kort en rooi-blond. Hulle is in hul laat 20’s.

    Hulle vra die kassier R275 se Vodacom- en R180 se MTN-lugtyd. Die kassier druk die strokies uit en plaas dit op die toonbank.

    Terwyl die man die kassier besig hou deur te vra vir sigarette, neem die vrou die strokies en stoor die kode vinnig op haar foon.

    Wanneer sy klaar is, sal hulle óf ’n bankkaart aan die kassier gee wat die masjien afwys óf sê hulle het hul bankkaart en kontant by die huis vergeet. Met leë beloftes dat hulle sal terugkom, verdwyn hulle.

    Mnr. Ronnie Brouwer, senior bestuurder van die Caltex-vulstasie in Wapadrand, het gesê sy kassier het die vrou daarop gewys dat sy al die lugtyd se kodes ingetik het. Sy het die kassier gewys haar selfoon se balans is nul.

    Hulle is in ’n wit VW Golf (registrasienommer BTH 931 GP) daar weg.

    Me. Helen van Wateren, bestuurder van die BP-vulstasie by Atterbury Value Mart, het gesê hulle het ’n groen Mazda 626 (registrasienommer RFF 017 GP) gery toe hulle eergisteroggend die lugtyd by hulle gesteel het.

    Mnr. Gerhard Erasmus, eienaar van die Caltex in Constantiapark, het al twee keer deurgeloop.

    By die eerste voorval het hulle met ’n silwer Opel Astra (registrasienommer RFF 425 GP) gery en by die tweede voorval ’n wit Isuzu-dubbelkajuitbakkie.

    Geen van die registrasienommers is volgens Wiese dié van ’n gesteelde voertuig nie.

    – Beeld

  • 55. Nats  |  September 10, 2009 om 8 : 45

    Goeie more julle!!!

    Ek hou van rompe… nie groot op rokke nie! Maar moenie vir my sê ek mag nie ‘n rok dra nie, dan sal ek een loop soek om aan te trek!

    Daar is vrouens mos niks nie… dankie tog ek was nie daar gebore nie! Sou dit nie kon hanteer nie… maar ek glo nou nie ek sou soveel guts gehad het om hulle wette te oortree nie, daarvoor is ek te bang!

  • 56. Adrie  |  September 10, 2009 om 9 : 16

    Tweeling

    Dit is een versekerde manier om my te kry om iets te doen. Se ek moet dit nie doen nie.

  • 57. *Mathilda*  |  September 10, 2009 om 9 : 42

    He he … reverse psycology !

  • 58. Pienk Zuit  |  September 10, 2009 om 2 : 33

    Jammer vir die spam, maar as ek moeite gaan doen soek ek lesers. Lees meer oor Suid-Afrika se tweede satelliet, SumbandilaSat, se lansering op die 15 September op my blog. Elke dag tot die lansering sal daar ‘n satelliet-verwante inskrywing wees.

  • 59. *Mathilda*  |  September 10, 2009 om 2 : 46

    Hallo Pienk Zuit

  • 60. *Mathilda*  |  September 10, 2009 om 2 : 47

    Die wind verbeel hom dis Augustus !

  • 61. Nats  |  September 10, 2009 om 3 : 08

    Goeie middag!
    *GAAP*

    Is dit al huis toe gaan tyd??

  • 62. *Mathilda*  |  September 10, 2009 om 3 : 34

    Nats – met daai gaap klink dit of jy nou eers opgestaan het !

  • 63. SeeKat  |  September 10, 2009 om 4 : 01

    Wat die F die skotte drae rokke en nog sonder onderbroeke solank as wat daar nie n koning is nie. So dit doen hulle al baie jare hulle hou van lug verkoelde tools. My vraag is wat dink vroue as hulle n man in n kort mienie sien en hy buk onbeskof om iets op te tel of die wind waai die rok op?

  • 64. ADRIANA  |  September 10, 2009 om 4 : 40

    Niks nie

    Mits hy ‘n onderbroek aanhet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: