Straatpissers

September 13, 2009 at 5 : 23 54 Kommentaar

Gister moet ek ‘n paar uur lank wag vir ‘n afspraak en besluit dat dit tyd is.  Ek bly al amper ‘n dekade in Petoorsdorp en ek het nie juis foto’s van die stad nie.  Verskeie redes, in die week het ek nie tyd nie en ek wil dit nie graag alleen gaan doen nie.  A-sus was beskikbaar en daar gaan ons, dapper en stapper met niks meer as ‘n kamera by ons nie. 

Eers het dit my nie regtig opgeval nie.  Tot ‘n polisieman my kom vertel het as ek ‘n foto van die polisiestasie durf neem gaan hy my kamera konfiskeer.  Dit is blykbaar teen die wet en blykbaar is hy reg.  Dit beteken egter nie dat ek opgegee het op my onwettige foto nie.  Dit moes noodgedwonge uitgestel word.  Soos ons verder gestap het, slaan die klankie ons tussen die oë.  Die urine reuk van iemand wie se niere jare terug opgepak het.

Ek is beslis nie die ordentlikste mens onder die son nie.  Ek is ook nie juis geskok as ek iemand sien wat langs die pad water afslaan nie.  My neus is nie baie sensitief nie en my maag draai nie sommer nie.  Daar was egter die een blog waar ek my uiterste bes moes doen om nie ‘n kat of 12 te skiet nie.  ‘n Stryd wat ek net-net gewen het.

Ek twyfel sterk of een mens vir al daardie stank verantwoordelik kan wees.  Wat gaan aan?  Terug na hulle dierdae waar hulle gebied moes merk het?  Hoekom anders sal dit elke paar treë jou kom pootjie?  Is daar regtig geen ander plek waar die mense kan pie nie?  Die ironie is dat dit ‘n blok van die polisiestasie is.  Die polisie wat meer gepla is dat hulle lamp nie afgeneem word nie as om die straatpissers vas te vat.

Die deel waarin ons was word die Kruger roete genoem, dus is dit ‘n toeriste gebied.  Watter indruk moet hulle van die land kry as die straat die ene ureum ruik?  Wat gaan hulle die langste by bly?  Die geboue, waarvan baie regtig pragtig is?  Die geskiedenis van die stad?  Die vuil strate?  Of die urinereuk?  Die laasgenoemde word nie op ‘n kamera vasgevang nie, maar dit neem veel langer om te vergeet.

Wat is volgende?  Gaan die malls ook gemerk word in die toekoms? 

Hoe voel julle oor die mans wat in die middel van die beskawing nie ‘n toilet kan gaan soek nie.

Blogvraag:  Waar word die wêreld se eerste toilet gevind wat gebruikers betaal om dit te gebruik?  (En kan ons daarvan in die stad kry?)

Blogantwoord:  All the small things – Blink 182 (Kaneels) {ek het ‘n fout met die titel gemaak, jammer}; Hungry Eyes – Eric Carmen (Wipneus); Joy to the world – Three Dog Night (Vreugde aarde toe).

Bonuspunte:  Wipneus:  Cannibal – Mark Knopfler; Innocent – Mike Oldfield; The Fear – Lilly Allen; Ugly – Sugerbabes; Human flesh – black sabbath; boys – brittany spears.  Maxie:  Victims – culture club;  Damage – Chris brown;  Joy – Whitney Houston;  Fear – Sade;    Insect – Six feet under; Locked up – Akon;  Amazing – Westlife;  Age – Jim croce;  Amazing – Westlife;  Who’s to blame – Blessed union of souls;  Age – Jim croce; locusts – frames; Willes: The room – the living end;  i wonder – kanye west;  bite back – all american rejects;  shoot – sonic youth; innocent – our lady peace;  responsible – sara bareilles;  fresh human meat – mortem;  no other reason – 4 him;  unexplained – gravediggaz;  in a tin flask – the black heart procession;  difficult – burn season;  A.I.D.S – M.O.D;  AIDS – Ani difranco; Hungry eyes – merle haggard; annual – katy eggleton

Foto:  Maxie:  The trees – Rush;  Wandelpad – Tradisioneel*;  The pathway – Screaming trees.  Willes:  Ek loop die pad – amanda strydom;  op pad na nooitgedacht – koos du plessis; Vis innie bos van Anton Goosen;  A forest – The cure;  Forest – System of a down;  In the forest – Van Morrison;  The witches pathway – Pagan Altar;  The astral pathway – Adagio;  The 6th pathway – Crypsis;  Path – apocalyptica;  the path – h.i.m;  the path – down;  The path – the human abstract;  Shrub – diafanes;  on the road to shrub – michael hedges;  A forest – The cure;  Forest – System of a down;  In the forest – Van Morrison;  The witches pathway – Pagan Altar;  The astral pathway – Adagio;  The 6th pathway – Crypsis;  Path – apocalyptica;  the path – h.i.m;  the path – down;  The path – the human abstract;  Shrub – diafanes;  on the road to shrub – michael hedges

Entry filed under: Uncategorized.

Insek Mania Berg van ‘n molshoop

54 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  September 13, 2009 om 5 : 46

    Eerste!!!

  • 2. Wille Kjind Q  |  September 13, 2009 om 5 : 47

    Ek weet nie en my google is inni hospitaal besig om te recover :mrgreen:

  • 3. Adrie  |  September 13, 2009 om 7 : 17

    Hallo

  • 4. Wille Kjind Q  |  September 13, 2009 om 8 : 31

    Hallo

  • 5. maxie  |  September 13, 2009 om 8 : 47

    Antieke Rome, 74 A.D.

  • 6. Adrie  |  September 13, 2009 om 9 : 02

    😯

    Nie heeltemaal wat ek gevra het nie. Ek wil weet waar word jy betaal om te gaan bollie.

  • 7. maxie  |  September 13, 2009 om 9 : 06

    Hi Adrie
    Skies, soos my dinges gelees…

  • 8. Adrie  |  September 13, 2009 om 9 : 12

    No problem!

    Ek wonder of die mense tou gaan staan om te gaan poef? Verkies hulle dan nog steeds die troon by die huis?

  • 9. maxie  |  September 13, 2009 om 9 : 12

    Indie

  • 10. Adrie  |  September 13, 2009 om 9 : 19

    Is hier iemand wat die guts het om my getaway kar te bestuur?

  • 11. maxie  |  September 13, 2009 om 9 : 33

    Was gou besig.
    Watse getaway kar?

  • 12. Adrie  |  September 13, 2009 om 9 : 38

    Het die Engelsman lekker verjaar vandag?

    Ek wil ‘n polisie stasie gaan afneem, sonder dat my kamera afgevat word.

  • 13. Girl van die Suburbs  |  September 13, 2009 om 9 : 39

    Ek trust nie die getawy kar idee nie… what you up to!

  • 14. Adrie  |  September 13, 2009 om 9 : 41

    Sissies

    Nee, ek trek dit terug. PISSIES!!!

    Ek gaan nie saam met julle oorlog toe nie.

  • 15. maxie  |  September 13, 2009 om 9 : 41

    Ja, hy se hy het, dankie.
    Ek sal!!
    Dis so simpel – vir wat mag mens nie die stasies gaan afneem nie??

  • 16. Girl van die Suburbs  |  September 13, 2009 om 9 : 42

    Watse stasie wil jy afneem?

  • 17. Adrie  |  September 13, 2009 om 9 : 42

    Hie Hie Hie

    Cool, Max – ek gaan jou aan jou woord hou. Hoe goed ken jy Pretoria of moet ek vir ‘n navigator ook reel. (Ek raak deurmekaar tussen links en regs.)

  • 18. maxie  |  September 13, 2009 om 9 : 43

    Hi Nell!

  • 19. Adrie  |  September 13, 2009 om 9 : 43

    Pretoria Sentraal.

  • 20. Adrie  |  September 13, 2009 om 9 : 44

    😉 Ek is wel goed met die kant toe en daai kant toe.

  • 21. Girl van die Suburbs  |  September 13, 2009 om 9 : 46

    Allo Max!

    Lekker koek geeet?

    Ek sal kom jou kant eb my kant!

  • 22. maxie  |  September 13, 2009 om 9 : 47

    Adrie
    Ek ken Pta glad nie, reel maar ‘n navigator, hierdie katjie is ernstig rigtingbebl******, kan darem kaart lees, tot op ‘n punt, lol.

  • 23. Adrie  |  September 13, 2009 om 9 : 51

    Ek het darem nog nooit verdwaal nie. In Jhb ja, maar Pta is peanuts

  • 24. maxie  |  September 13, 2009 om 9 : 53

    Nell
    Ek eet nie suiker nie, yuck, soetgoed laat my gril…. 😉
    Maar die 2 manne se die koek was lekker.

  • 25. Adrie  |  September 13, 2009 om 9 : 55

    Max

    Eet jy muffins?

  • 26. Adrie  |  September 13, 2009 om 9 : 59

    Ek kyk nou na my fotos wat ek in kerkplein geneem het. Die polisie het daar rede gehad om te kla

  • 27. Girl van die Suburbs  |  September 13, 2009 om 9 : 59

    Ongelukkig kan ek nie dieselfde se nie

  • 28. maxie  |  September 13, 2009 om 10 : 01

    Adrie

    Muffins – slegs lemon and poppy seed en net ‘n halwe muffin op ‘n slag – is agter die suurlemoensmaak aan, hoekom?

  • 29. maxie  |  September 13, 2009 om 10 : 04

    Adrie
    Wat was fout met die foto’s van kerkplein?

  • 30. Adrie  |  September 13, 2009 om 10 : 05

    Max

    Ek wil net weet hoe jammer ek jou moet kry. Baie jammer sien ek

  • 31. Adrie  |  September 13, 2009 om 10 : 07

    Daar is nie veel fout met die foto’s nie. Die son het nie orals lekker saamgespeel nie. :mrgreen:

  • 32. Adrie  |  September 13, 2009 om 10 : 09

    😆

    Ek sal jou van die fotos epos, dan sal jy verstaan.

  • 33. maxie  |  September 13, 2009 om 10 : 16

    😆 oor muffins en jou simpatie… Jy seker lief daarvoor.
    Ek sal seker nooit mense se liefde vir soetgoed verstaan nie 😆

    Lekker slaap Adrie en Nell…..

  • 34. Adrie  |  September 13, 2009 om 10 : 20

    Soete drome

  • 35. Wille Kjind Q  |  September 14, 2009 om 12 : 13

    Kan ek nie net een blêrrie dag soos ‘n normale mens slaap wanne dit vampier uur is nie 😕

  • 36. Wille Kjind Q  |  September 14, 2009 om 12 : 16

    Adriana

    Vi wat wil jy ‘n getaway kar hê!? As jy nie pissie wassi dan het jy self die foto gat neem EN bestuur

  • 37. Wille Kjind Q  |  September 14, 2009 om 5 : 00

    Gaaaaaaaaaaap

    more almal

  • 38. Adrie  |  September 14, 2009 om 6 : 32

    Hmmm – kyk net wie praat

  • 39. Beeld  |  September 14, 2009 om 8 : 14

    Virginia Keppler
    Die Paralimpiese held Oscar Pistorius is ’n nag lank in die selle van die Boschkop-polisiekantoor aangehou nadat hy glo ’n 19-jarige vrou op ’n partytjie by sy huis aangerand het.

    Pistorius is eergister omstreeks 22:00 voor vriende en familie by sy huis in die Silver Lakes-landgoed, in die ooste van Pretoria, gearresteer op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

    Volgens ’n betroubare bron het die alkohol lank vrylik gevloei voordat die partytjie handuit geruk het.

    Die klag is gisteroggend deur die polisie na “aanranding gewoon” verander.

    Die klaer in die saak is me. Casseby Taylor Memory (19) van Silver Lakes.

    Pistorius se vriende en familie het gister by die Boschkop-polisiekantoor saamgedrom en gewag dat hy vrygelaat word.
    ’n Vriend van Pistorius wat ook daar was om hom te steun, het gesê dit is twee onbevoegde polisiemanne wat Pistorius gearresteer het.

    Dié beenlose naelloper is gister net ná 12:00 op waarskuwing vrygelaat en het Beeld se verslaggewer ontduik toe hy aan die polisiekantoor se agterkant uitgesmokkel is.

    Sers. Marinda Stoltz, polisiewoordvoerder, het gesê die beweerde voorval het eergister omstreeks 19:00 plaasgevind kort nadat die klaer en haar vriend stry gekry het.

    “Hy (Pistorius) het glo die meisie en haar vriend gevra om buite sy huis te gaan baklei. Hulle het die huis verlaat, maar kort daarna het die meisie se vriend weer terug in die huis gegaan,” het Stoltz gesê.

    Volgens haar was die vrou nog buite en het glo aan die deur geslaan en skop. Stoltz het gesê Pistorius het die deur oopgemaak en die vrou het binne die huis met Pistorius se vriendin begin baklei. “Hy (Pistorius) het vir die meisie gesê: ‘Dit is my huis en my vriende en jy moet loop.’ Hy het die deur begin toemaak. ’n Houtbalk van sowat 1,5?kg het op haar been geval en haar beseer.

    “Die meisie het klein skaafplekke aan haar been opgedoen,” het Stoltz bygevoeg.

    Volgens haar het die vrou drie uur later die voorval by die polisie gaan aanmeld. “Die meisie het erken dat sy alkohol gedrink het,” het Stoltz gesê.

    In April het Pistorius Beeld probeer keer om foto’s van hom op ’n toneel op die N4-hoofweg in Pretoria te neem waar ’n vriendin in ’n ongeluk betrokke was.

    ’n Vrou is op slag dood toe sy voor me. Anneke Kruger se aankomende motor ingeloop het. Kruger werk vir In/sight, die maatskappy wat Pistorius se sakebelange behartig.

    In Februarie het die polisie ’n saak van roekelose of nalatige bestuur van ’n vaartuig teen Pistorius ondersoek nadat hy met sy boot in ’n ongeluk betrokke was.

    Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het ’n maand later gesê Pis­torius word nie vervolg nie.

  • 40. Beeld  |  September 14, 2009 om 8 : 16

    Retha Grobbelaar
    Mnr. Leonard Chuene, Atletiek Suid-Afrika (ASA) se president, het die omstredenheid om Caster Semenya “uitsonderlik goed” hanteer en hy moet aanhou om die land se atlete te verdedig.

    Dít was een van die resolusies wat ASA se algemene raad die naweek op ’n vergadering in Pretoria aanvaar het.
    Mnr. Molatelo Malehopo, ASA se hoofbestuurder, het gister gesê daar was geen versoek van die algemene raad dat enigiemand, insluitend Chuene, moet bedank nie.

    “Die raad was eenparig in sy ondersteuning,” het hy gesê.

    Dit kom nadat mnr. Makhenkesi Stofile, minister van sport en ontspanning, Vrydag gesê het ASA moet sy rol in die Semenya-saga aan hom verduidelik.

    Die DA het ook gister gesê ASA moet aan die portefeuljekomitee vir sport en ontspanning sy “mislukking om die regte van ’n Suid-Afrikaanse atleet te beskerm”, verduidelik.

    ASA se raad eis dat die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) verskoning vra aan Semenya, haar familie en die res van Suid-Afrika.

    “Die IAAF het versuim om die vertroulikheid wat ’n saak van sulke sensitiwiteit benodig, in ag te neem,” lui ’n resolusie wat die raad aanvaar het.

    ’n Wetenskaplike en regspan is aangewys om die Semenya-geval verder met IAAF op te neem.

    Chuene moet sy bedanking van die IAAF-raad terugtrek, het die raad gesê.

  • 41. Beeld  |  September 14, 2009 om 8 : 17

    Retha Grobbelaar
    Caster Semenya kry traumaberading ná berigte verlede week dat sy inwendige testikels het maar geen baarmoeder of eierstokke nie.

    Me. Phiwe Mlangeni-Tsholetsane, die Suid-Afrikaanse atletiekspan se bestuurder tydens die wêreldbyeenkoms in Berlyn, het luidens die webwerf guardian.co.uk gesê Semenya kry berading, maar bygevoeg sy is ’n “ongelooflike sterk en vasberade jong vrou”.

    “Sy het nie selfmoord genoem nie, maar die laaste paar dae was ongelooflik moeilik. Sy sien elke dag sielkundiges wat probeer help.

    “Ons is besorg oor haar welstand.

    “Al wat ons kan doen, is om Caster te help,” het sy bygevoeg.

    Mlangeni-Tsholetsane het gister aan Beeld gesê Semenya kry ondersteuning van verskeie “professionele” mense.

    “Sy is baie gefokus. Sy probeer opvang (met haar studies). Sy sien uit na die toekoms en berei voor vir kompetisies,” het Mlangeni-Tshole- tsane gesê.

    Sy het gister ook nuwe lig gewerp op die “verdwyning” van Semenya se paspoort by haar terugkeer van Berlyn.

    “Sy het dit (by haar aankoms in Suid-Afrika) op die vliegtuig in die sakkie voor die sitplek vergeet, moontlik uit angstigheid,” het Mlangeni-Tsholetsane gesê.

    Volgens haar het doeanebeamptes Semenya sonder haar paspoort in die land toegelaat “want mense het op haar gewag”. Sy het gesê Semen- ya het ’n week gelede reeds ’n nuwe paspoort gekry.

    Mnr. Leonard Chuene, Atletiek Suid-Afrika se president, het gistermiddag gesê Semenya “lyk oukei”.

    “Haar familie, insluitend haar pa, was hier (in Pretoria) en dis tog die beste steun.”

    Mnr. Molatelo Malehopo, ASA se hoofbestuurder, het gesê ASA gee aan Semenya die steun wat sy nodig het.

    “Ek gaan nie sê berading nie, maar ons steun haar holisties. Ons laat niks aan die geluk oor nie,” het hy gesê.

    Die Paralimpiese kampioen ­Oscar Pistorius het eergister gesê dit is baie ongelukkig dat Semenya in dié herrie vasgevang is, berig Herman Scholtz.

    “Haar vertoning was uitsonderlik.

    “Sy behoort fees te vier. Dit moet baie moeilik vir haar wees.”

    Hy het gesê die herrie wat losgebars het toe sommige beweer het hy het ’n onbillike voordeel met sy prostese kan nie met die Semenya-sage vergelyk word nie.

    Die IAAF het Pistorius verlede jaar verbied om aan internasionale byeenkomste vir nie-gestremde atlete deel te neem, maar dié besluit is later deur die arbitrasiehof vir sport in Switserland omgekeer.

    “Ons benadering was om die situasie trompop te benader deur die toetse te laat doen om die feite reg te stel.

    “Daar was omtrent net 5% mense wat gemeen het ek het ’n onregverdige voordeel,” het hy gesê.

    Die DA het gister gesê hy het aan die voorsitter van die portefeuljekomitee vir sport en ontspanning geskryf en gevra ASA moet voor die komitee verskyn om sy rol in die sage te verduidelik.

    “Daar kan geen twyfel wees dat Caster Semenya se reg tot waardigheid?–?tussen ASA en die IAAF?–?geskend is nie,” het die verklaring gelui van mnr. Donald Lee, DA-LP en skaduminister van sport en ontspanning. “Dit is op ’n manier gedoen wat koud en gevoelloos is.

    “Semenya het niks om oor verleë te wees nie. Sy moet regop staan as ’n trotse ambassadeur van ons land.”

  • 42. Beeld  |  September 14, 2009 om 8 : 21

    Virginia Keppler
    ’n Bejaarde man van Bronkhorstbaai, oos van Pretoria, is die naweek in sy bed langs sy byna blinde vrou in die maag geskiet toe drie gewapende rowers hulle in hul slaapkamer oorval het.

    Mnr. Ben Laing (74) het gister in die waakeenheid van die Pretoria-Oos-hospitaal vertel hoe drie rowers hom en sy vrou, Rebecca (75), eergister om 02:20 in hul slaap oorval het.

    Hulle was nie eens behoorlik wakker toe die rowers hom geskiet het nie.

    “Ek het ’n lawaai in die slaapkamer gehoor en toe ek weer sien, staan daar drie mans in die slaapkamer. Daar was ’n langerige man wat ’n pistool rondgeswaai en geskreeu het ‘ Where is the money ’,” het Laing gesê.

    Die volgende oomblik het ’n skoot geklap en toe voel hy iets skerp in sy maag. “Die skoot is by die een kant van my maag in en by my linkersy uit en die koeël het in die matras vasgesteek. My vrou, wat net genoeg kan sien om nie in goed vas te loop nie, het nie geweet wat aangaan nie. Nog ’n skoot het afgegaan.

    “Ek het eers gedink hulle het my vrou ook geskiet, maar later besef hulle het teen die dak geskiet. Dit het gevoel of ek in die middel van ’n bleddie ­horror movie was.

    “Ek het hom gevra hoekom skiet hy my, maar hy het nie geantwoord nie. Dit was regtig nie nodig dat hy my skiet nie, want ek sou nooit argumenteer met ’n ou wat ’n vuurwapen in die hand hou nie.”

    Een van die rowers het daarna vir me. Laing gesê: “Ouvrou, gee jou geld en juwele.”

    Me. Amanda Els, Laing se skoondogter, het gesê haar skoonma het haar trouringe van haar vingers afgehaal en dit aan die rowers gegee.

    Volgens Els het die rowers by drie vensters probeer inbreek, maar hulle kon nie die diefwering breek nie. Hulle het daarna die voordeur met ’n skroewedraaier oopgedwing.

    “Hulle het eers ’n televisie en skootrekenaar uitgedra voordat hulle terug in die huis is om my skoonpa te skiet.

    “Ons is nie rassiste nie. My skoonma kan nege swart tale praat en my skoonpa het sy hele lewe met die opvoeding van kinders in die townships in Venda gehelp.

    “Hulle is goeie mense,” het ’n hartseer Els gesê.

    Laing het gesê hy en sy vrou woon die afgelope twee weke in ’n woonstel op hul seun se erf.

    “Baie van ons goed is nog nie uitgepak nie en die televisie was ook nog in sy kartonhouer.

    “My pistool was gelukkig goed weggebêre.”

    Sers. Marinda Stoltz, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê die polisie ondersoek dit.

  • 43. Beeld  |  September 14, 2009 om 8 : 23

    ‘Ek verlang na die kinders!”

    So het mnr. Wim Koning (52) verlede week aan sy vervreemde vrou, Rendi (43), oor die telefoon gesê.

    Dit het haar glo laat instem om die gesin op ’n uitstappie te laat gaan sodat hy sy kinders weer kon sien.

    Dit was ’n dodelike fout.

    Sy en die egpaar se kinders, Ivan (9) en Melissa (6), het die afgelope drie maande by haar moeder, mev. Miemie Prinsloo, in Potchefstroom gebly.

    Die gevolglike kuiertjie eergister in die Laeveld saam met mnr. Koning het in ’n tragedie ontaard toe Koning eers sy gesin en daarna homself doodgeskiet het.

    Mev. Koning, haar ma en die kinders het Vrydagnag in Witbank by vriende oorgeslaap voordat hulle eergisteroggend Nelspruit toe gekom het.

    Die Koning-gesin is die oggend saam na die Krugerwildtuin waar hulle op Skukuza gekuier het.

    By hul terugkeer is hulle na mnr. Koning se huis op die hoek van Piet Retief- en De Villierstraat om ’n speelding van Ivan daar op te laai.

    Koning het egter kort voor 14:00, enkele minute voordat sy gesin terug Potchefstroom toe sou ry, met ’n 9?mm-pistool op hulle losgebrand.

    Mev. Koning en Ivan is op die erf langs mev. Prinsloo se Volkswagen Polo doodgeskiet.

    Melissa is ernstig gewond en na Nelspruit Medi-Clinic gejaag, maar sy is kort ná haar aankoms dood.

    Mnr. Koning het daarna op ’n trapfiets geklim en sowat 2?km na die nabygeleë Nelspruit-
    natuurreservaat gery.

    Hier het hy die fiets in ’n parkie naby die Nelspark-woonstelle gelaat, die bosse ingeloop en selfmoord gepleeg.

    “Meneer, dit is nie ’n mooi gesig nie,” het ’n steeds geskokte mev. Magriet Blom eergistermiddag op die moordtoneel aan Beeld gesê. Sy was een van die eerste mense op die toneel.

    “Al wat ek vir haar (mev. Koning) kon doen, was om vir haar te gaan bid. Hulle is nou in die Here se hande.”

    Die egpaar het tot verlede jaar in Witbank gebly. Koning was ’n lektor in meganika by ’n plaaslike tegniese kollege en het verlede jaar afgetree.

    Hy was sedertdien besig om sy huis in Nelspruit in ’n gastehuis te omskep.

    Twee lyke, verskeie leë 9?mm-koeëldoppies en glimmende polisiekegels was eergistermiddag die stille getuienis van die tragedie. Hordes nuuskieriges het op ’n parkeerterrein van die Sonpark-winkelsentrum oorkant die moordhuis gestaan en staar.

    Toe die skietery uitgebreek het, het mev. Prinsloo na dié winkelsentrum oorkant die moordhuis gehardloop om hulp te ontbied.

    Insp. Dawie Pretorius, polisiewoordvoerder, sê dis nie bekend wat Koning genoop het om sy gesin uit te wis nie.

    Die egpaar het al ’n geruime tyd huweliksprobleme gehad en daarom het mev. Koning en die kinders in Potchefstroom gebly.

    Mnr. Johan Lues, ’n familielid van mev. Koning, was ook kort ná die skietery op die moordtoneel.

    Hy sê mev. Koning was ’n introvert en baie stil mens.

    “Sy het die afgelope maande maar los werkies in Potchefstroom gedoen om haarself en die kinders aan die gang te hou.

    “Wim het ook maar met tye sy ups and downs gehad.”

    Mev. Koning het onlangs ’n beskermingsbevel teen haar man verkry.

    Ten spyte hiervan, was daar die laaste tyd glo nie baie spanning tussen die twee nie.

    “Hulle was nie eens in ’n ba­kleiery betrokke voor die moord nie.”

  • 44. *Mathilda*  |  September 14, 2009 om 8 : 46

    More

  • 45. Nats  |  September 14, 2009 om 1 : 51

    Goeie middag julle!!!!!!

  • 46. *Mathilda*  |  September 14, 2009 om 2 : 07

    Nats !!!

  • 47. Nats  |  September 14, 2009 om 2 : 50

    😯

    Jy mag my nie so bekruip nie *M*!! My allie weg geskrik!
    Ek dog hier is niemand nie! En dan kom jy so van agter af!

    As ek nie van beter geweet het nie, het ek gedink Eskom is weer “up to no good” Hiers niemand, die kombuis is leeg – geen koffie… tv is af… net die Beeld lê da oppi koffie tafel!

  • 48. *Mathilda*  |  September 14, 2009 om 2 : 53

    Stille waters !

  • 49. Nats  |  September 14, 2009 om 2 : 53

    Ek moet gou ry… sien net nou weer!

  • 50. pop  |  September 14, 2009 om 3 : 44

    hello almal

    hoe gaan dit nog hierso?

  • 51. pop  |  September 14, 2009 om 3 : 46

    tipies! sodra ek hier in loer gaan hier niks aan nie..

  • 52. *Mathilda*  |  September 14, 2009 om 3 : 50

    pop – liewe aarde mens – leef jy nog ?

  • 53. Wipneus!  |  September 14, 2009 om 4 : 10

    Hello julle,

    Dis nou heel toevallig dat jy oor hierdie onderwerp praat Adrie.

    Gister het ek 2 persone gesien wat voor Albert Lutuli ??? (voorheen Pta Akademiese hospitaal) die broeke losmaak – langs die besige straat en ” In my face” 😯

    Ag nee regtig dis sommer morsige maniere. Mens moet ander mense ook in ag neem. Deesdae bespoeg, belek en bewater hulle sommer enige plek waar ek ook moet loop. Dis grillerig. En wat nog meer grillerig is, is as ek dalk iets sien wat ek nie wil sien nie. 😆 whahahahahaha

    Mens doen dit nie, en daar is nie verskoning nie. Daar is wel ‘n motorhawe met openbare toilette daar naby, ek het gekyk.

  • 54. Wille Kjind Q  |  September 14, 2009 om 4 : 36

    Kug

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za