Little Angels

Knus onder God se vlerk, lê Little Angels.  ‘n Huis vir veertien kinders.  En vyf ma’s.  ‘n Paar van die kindertjies wat daar bly, gaan sommige naweke en vakansie terug na hulle eie families.  Die res van die tyd, is dit Thea en haar span wat na hulle omsien.  Vir vier van die kinders is Thea pleegma, sodat sy ten minste ‘n paar rand kan kry om na hulle om te sien.    Partykeer kom daar so min geld in vir van die kinders, dat dit net ‘n genade is dat sy vir hulle kan sorg.  Hoe sy dit regkry is ‘n ope vraag.  Hulle ouderdomme wissel tussen 22 (oudste) en ‘n jaar.  Hulle kry almal die liefde en aandag wat hulle nodig het om te floreer. 

Die kinders gaan nie skool toe nie en meeste van hulle is volgens die onderwysdepartement onopleibaar.  Dit het nie vir Thea gekeer om die potensiaal in elkeen raak te sien en hulle met liefde en stimulasie groot te maak nie.  Sien, die kinders van Little Angels, is almal in wisselende grade Serebraal Gestrem.   Maak jou oë toe en verbeel jou hoe moeilik dit moet wees om na veertien gesonde kinders om te sien.  Probeer jouself indink hoe moeilik dit moet wees as dit veertien kindertjies is wat bitter min vir hulle self kan doen.

Thea kla nie.  Die kinders ook nie.  Hulle is geliefd en gelukkig.  Dis ‘n groot gesin in ‘n doodgewone huis. 

Ons het van haar te hore gekom nie omdat sy gevra het vir hulp nie.  Ons wou self haar hulp hê om ‘n huis te bied vir een van die kindertjies wie ons help.  ‘n Toer het bevestig wat ek toe reeds geweet het.  Geen mens kan dit alleen doen nie.  Die kinders kry terapie en het alles wat hulle nodig het, maar die normale werk wat aan ‘n huis gedoen moet word om seker te maak dit bly instand, het agterwee gebly.  Daar is net nie genoeg ure in ‘n dag nie.

Dit is toe ons besluit het dat sy ‘n ma is vier veertien kinders, en ook hulp nodig het.  Daar het heelwat donasies ingekom in die vorm van kinder beddegoed en elementere speelgoed en ons het genoeg dekor om dit in ‘n meer kleurvolle huis te omskep.  Ons het ook materiaal gekoop en sal hulle verslete Shonabuggy’s gaan herstel.  Ons het selfs ‘n paar rand gekry om te help koop aan skroewe en deurknoppe en sulke hardeware dinge.   Ons het egter omtrent nog R 1500 nodig om al die herstelwerk wat nodig is te kan doen. 

Ons beplan om dit ‘n maandelikse uitstappie te maak en hulle te help om kop bo water te hou.  Ons beplan selfs om op een of ander stadium die huis vir hulle uit te verf. 

Maar ons het hulp nodig.  Jou hulp.

(A.R.K help ouers en gesinne met Serebraal gestremde kinders om finansieel en emosioneel te oorleef.  Besoek ons webwerf vir verder inligting www.arandomactofkindness.co.za) .

Groete, Carina.

Mense wat graag wil; kontantskenkings kan in die onderstaande rekening gemaak word.  Gebruik asseblief jou naam en Little Angels as verwysing.

The ARK
Standard bank Hermanus
ReK no:  085133698
Takkode:  050312

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Elize  |  November 26, 2009 om 2 : 48

    Ek stuur hierdie mail en vra dalk kan iemand my help. Ek het 3 kinders van my vorige man en hul ook nou al groot en uit die huis. Ek is intussen getrout met n baie jonger man as ek hy 27 en 38 amper 39. Ek moes my baarmoeder laat verwyder weens kanker voor ek my nuwe man ontmoet het. wel hy wil vreeslik graag sy eie baba he en ons weet nie hoe om dit te doen nie. Wou graag n surogaat ma gehad het maar glo n groot gesukkel om iemant te kry nou vra ek dalk sal iemand my raad kan gee ons het besluit ons wil nou n baba aanneem. Ek en hy werk altwee in Mozambique nou al vir 12 jaar en verdien genoeg geld as ons moet betaal. Ons is raad op want almal se nee jul moet in sa woon. Ek dink ons kan aan enige baba n wonderlike huis gee en baie baie liefde. My man gaan mal oor sy sussie se kids wil net koop en hul kom gereeld kuier maar dis nie dieselfde nie. Mens bou n band met hul en dan moet hul weer na hul mamma toe gaan. Ons het op n vorige insedent ook amper n ou dogtertjie amper aangeneem. Die ma en pa het hier in Moz gebly en het baie gedrink toe kom bly die kind by my en my man want hul het nooit tyd gehad vir haar nie. Sy was by ons n maand en toe word dit 2 maande toe 6maande toe kom die pa en ma een oggend en kom haal ha ons was gebreek. Het besluit ons los als maar ek voel dis so onregverdig dat ek my man nie n kans kan gee op n baba nie. Ek vra u dalk weet u wie ons kan bel of dalk sal kan help. Dankie vir jul wonderlike nuus brief die brief van my was dalk nie van pas nie maar ek het hulp nodig..
    Dankie
    Elize
    00258828895980

  • 2. Wille Kjind Q  |  November 26, 2009 om 8 : 35

    @ Elize

    Jong….. Dis ‘n moeilike situasie waarin jy jouself bevind. As jy dual citizenship het, is daar niks wat jou keer om ‘n baba in SA aan te neem nie. Betaal vir ‘n baba werk nie altyd nie. Daar is teveel drama rondom so ‘n storie. My raad aan jou is om op jou kniee te gaan en die Liewe Vader te vra om vir jou die weg te wys. Sulke dinge is nooit lekker nie, maar as dit aan julle beskore is sal niks en niemand jul van daai wens kan weerhou nie. Soos my ma se vriendin altyd geseg het…… only God knows

  • 3. athily  |  September 27, 2010 om 5 : 09

    x dan `n little angel

  • 4. athily  |  September 27, 2010 om 5 : 11

    jy sal altyd `n little angel wees

  • 5. athily  |  September 27, 2010 om 5 : 32

    x `n engel onder JESUS se oe

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed