Stroop

September 24, 2009 at 5 : 49 28 Kommentaar

Laat ek vir een keer in my lewe ‘n resep met julle deel.  Neem ‘n brood (verkieslik bruin) en sny ‘n dik sny af.  Dit moet ten minste 2 – 3 cm dik wees.  ‘n Regter skaapwagter sny.  Smeer dit dik met botter of margarien soos jy verkies.  Smeer nou grondboontjiebotter op en rond die af met ‘n laag stroop.  As jou tone nie nou omkrul van lekkerte nie, is daar beslis iets fout met jou.

Stroop het ‘n beslisde plek in die kombuis.  Dit maak nie net lekker broodjies nie, maar dit is ‘n kern bestandeel van fudge en verskeie koekies.  Smeer egter daardie selfde stroop aan iemand?  Of eet selfs net jou broodjie klaar en voel hoe taai is jy dan.  Daardie taaiheid klou lank nadat jy jou hande gewas het.

Soos sekere mense.  Julle weet noual dat ek ‘n hekel aan oorvriendelike mense het.  Stroop mense vat dit ‘n stappie verder.  Dit is skat voor, liefie in die middel, vlooi in die middel, engel in die middel, sweetie in die middel, baby in die middel, sussie in die middel en (as iemand jou genadig is) pop aan die einde.  Die heuningkwas kry bloot net nie einde nie.  Al bid jy hoe hard. 

Dit is nie net die woorde wat hulle gebruik nie.  Die oomblik wat hulle tande wys (en dink hulle glimlag) spoel die stroop bo-oor jou.  Dit is seker hulle metode om jou vas te vang, sodat hulle al jou energie kan steel.  Jy moet gewoonlik hoor watter wonderlike mens jy is.  Valslik word jy opgehemel.  Die plan is dat jy moet dink hulle is wonderlik, want die stroperigheid het ‘n prys.  Gewoonlik soek hulle iets.

Die een ding wat soos ‘n paal bo water uitstaan met die mens is dat jy moet gaan bad wanneer jy jouself kan bevry. Jy gaan sukkel om van die taaiheid ontslae te raak en gaan vir lank daarna steeds naar wees.

Nie almal wat liefdeswoorde gebruik is stroperig nie.  Vir party mense is dit bloot ‘n manier van praat.  Die groot onderskeid is dat jy nie taai voel daarna nie.

Hoe voel julle?  Ken julle sulke mense?

Blogvraag:  Wie het goue stroop uitgevind?

Blogantwoord:  Christ’s Hospitaal (en ja, dit is die naam van ‘n skool).

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Sokkie Tan Grootskerm vonk

28 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  September 24, 2009 om 6 : 00

    Eerste!!!

  • 2. Wille Kjind Q  |  September 24, 2009 om 6 : 01

    Abram Lyley

  • 3. Wille Kjind Q  |  September 24, 2009 om 6 : 06

    Eeeuuuwww!!!!!!!!

  • 4. Adrie  |  September 24, 2009 om 6 : 15

    Hallo!

  • 5. Beeld  |  September 24, 2009 om 6 : 37

    Arisja Jacobs

    ‘n Vragmotor het ’n ­14-jarige skoolseun van Bethal, Mpumalanga, gister feitlik reg voor die polisiekantoor op die sypaadjie doodgery sonder dat die bestuurder dit eens besef het.

    Duhan Kruger (14) het omstreeks 10:10 onder die agterste wiele van die vragmotor se sleepwa beland, net enkele oomblikke nadat sy beste maat, Rhandom Kruger (geen verwantskap nie), aan hom geskreeu het om pad te gee.

    “Ons het teruggespring, maar Duhan het op die grond gegly.

    “Die wiele het net oor hom gery,” het Rhandom vertel.

    Die ongeluk het langs Moses Kotanestraat, sowat 13m van die polisiekantoor, gebeur.

    Die seuns het ’n paar minute voor die ongeluk nog oor hul beplande Badplaas-langnaweek en die skoolvakansie, wat pas begin het, gesels.

    “Ons het oor Moses Kotanestraat gestap om aan die anderkant van die pad te loop,” het Rhandom gesê.

    Hulle was sowat twee blokke van die skool, tussen Simon- en Tsibitso Sibanyonistraat (voorheen Vermootenstraat), toe die vragmotor vanuit Ermelo se rigting op hulle afgepyl het.

    “Dit het gelyk of polisiemotors die vragmotor gejaag het.

    “Die vragmotor het ’n stopteken verontagsaam. Toe ’n aankomende voertuig vir hom toeter geblaas het, het die vragmotor terug in die linkerkantste baan geswaai, die sleepwa se wiel het bo-oor die sypaadjie gegaan en Duhan raak gery,” het Rhandom gesê.

    Duhan se broer, Gert Kühn (17), het dieselfde pad huis toe gestap. ’n Geskokte Rhandom het uit die polisiekantoor waar hy hulp gaan soek het, gehardloop en Gert voorgekeer.

    “Ek het na my boetie gehardloop waar hy in die grond gelê het. Ek wou hoor of hy nog asem haal, maar hy het net ’n paar kug-geluide gemaak.

    “Toe was alles stil,” het Gert gesê.

    Hy het opgespring en die vragmotor gaan soek, maar nie gekry nie. “Ek het na Duhan teruggegaan totdat die polisie sy lyk kom wegvat het. Ek het by die polisiekantoor op my ma gewag.”

    Hul ma, mev. Liesl Kühn, was in Secunda toe sy die tyding gekry het.

    Volgens insp. Riaan Smit van die polisie het die grootskaalse padwerk wat tans in Moses Kotanestraat aan die gang is, vermoedelik ’n rol in die ongeluk gespeel. Die helfte van die dubbelpad is hier gesluit.

    “Die pad is ook baie afgeloop aan die kant.”

    Hy het dit as ’n fratsongeluk beskryf.

    “Luidens die botsingverslag het die vragmotorbestuurder nie eens geweet die kind is raak gery nie. Die voertuig is eers ’n hele ent verder tot stilstand gedwing,” het Smit gesê.

    Niemand is in hegtenis geneem nie.

    ’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

    Duhan was ’n gr.8-leerling aan die Hoërskool Hoogenhout.

    Volgens mnr. Gert Kühn sr., Duhan se “tweede pa”, was hy ’n avontuurlustige seun.

    “Ek is sy ander pa, nie sy stiefpa nie, want daar was niks stief aan ons verhouding nie,” het hy gesê. Mnr. Albert Kruger, Duhan se pa en ’n oudpolisieman, was gister nog te geskok om met die media te praat.

    Duhan is die tweede kind wat vanjaar in dieselfde straat in Bethal doodgery is.

    – Beeld

  • 6. *Mathilda*  |  September 24, 2009 om 7 : 01

    Baie dankie Adrie

  • 7. Wille Kjind Q  |  September 24, 2009 om 7 : 02

    Ai toggie! Arme kjind se ouers en boetie. Dis erger as erg

  • 8. *Mathilda*  |  September 24, 2009 om 7 : 06

    Gert is actually sy stief boetie, hy het ‘n eie boetie ook, Dian

  • 9. Wille Kjind Q  |  September 24, 2009 om 7 : 10

    Lo Tilla

  • 10. *Mathilda*  |  September 24, 2009 om 7 : 12

    Hey willes

  • 11. Wille Kjind Q  |  September 24, 2009 om 7 : 15

    Huganit?

  • 12. Wille Kjind Q  |  September 24, 2009 om 7 : 18

    My hele gesin wou nou eers die berig lees

  • 13. *Mathilda*  |  September 24, 2009 om 7 : 18

    Ok en jy ?

  • 14. *Mathilda*  |  September 24, 2009 om 7 : 27

    Sien biki later – eers selfoon charge

  • 15. Adrie  |  September 24, 2009 om 7 : 32

    Plesier, Dier(e)

  • 16. Wille Kjind Q  |  September 24, 2009 om 8 : 17

    Testing

  • 17. Wille Kjind Q  |  September 24, 2009 om 8 : 19

    Wil my foun my wragtag nie toelaat om met my maaikies te praat nie

  • 18. Wille Kjind Q  |  September 24, 2009 om 8 : 20

    *GROOT SKIMP* MMMMMMMMMM

    Ek sal my 2 voortanne gee vi piesangbrood😉

  • 19. Adrie  |  September 24, 2009 om 8 : 25

    Is dit nie vals tande nie, Willes?

  • 20. Wille Kjind Q  |  September 24, 2009 om 9 : 33

    Ssjjtt!!!! Ek willi hê almal moet weet ek het meer as 1 stel voortanne nie

  • 21. Wille Kjind Q  |  September 24, 2009 om 9 : 35

    Ek kanni glo dat my oge so vroeg al brand nie. Ek het skaars 2 hoofstukke van my boek gelees😯😡

  • 22. Adrie  |  September 24, 2009 om 9 : 48

    Ouderdom! Suiwer net ouderdom

  • 23. Wille Kjind Q  |  September 25, 2009 om 5 : 09

    More more!!

  • 24. *Mathilda*  |  September 25, 2009 om 7 : 44

    more

  • 25. Roer  |  September 25, 2009 om 9 : 15

    Ek’s skuldig. Ek hou daarvan om mense te ‘dingetjie’ en ‘sweetie’ en wat nog… Self het ek nie ‘n probleem daarmee as mense dit met my doen nie. Net een sit my af en dis as iemand my ‘dame’ noem. Moet my nie vra hoekom nie, maar dit irriteer my. Stroop? Ek like dit kwaai.

  • 26. boervrou  |  September 25, 2009 om 10 : 22

    Dit irriteer ook alle soorte poe uit my uit as mense my skat en liefie! Ek het nie ‘n konsentrasie probleem nie, jy hoef nie met my te praat asof ek ‘n patat is nie!

  • 27. Olga  |  September 25, 2009 om 11 : 20

    roof en moord brei uit na die diereryk. as j kan herrie merrie lees berig in laevelder op bly 3. LEOPARD KILLS CHEETAH THAT KILLED IMPALA. Sterkte aan die gesin van bethal.

  • 28. Adrie  |  September 25, 2009 om 5 : 53

    Hi Almal

    Roer, jy is die uitsondering op die reel.😆 Jy is VER van stoperig af.

    BV, wanneer ek verveeld is, dan konsentreer ek glad nie.

    Olga, ek sal eerder niks se van n sekere aap se wat sy neus vir oranje melkbottels op trek nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: