Aanneem kinders

September 7, 2009 at 5 : 59 74 Kommentaar

Hierdie is eintlik weer ‘n klassieke geval van hoe klein ‘n mens se wêreld kan wees.  Die prentjie wat ek in my kop het van aanneming lyk basies so.  ‘n Jong meisie (dus iemand wat nog skool gaan of swot) raak per ongeluk swanger.  Sy sien nie kans vir ‘n baba nie en besluit dan om die baba weg te gee.  ‘n Maatskaplike werker gaan ‘n elle lange waglys na en besluit op geskikte ouers (wat baie streng gekeur word).  Nadat die meisie die baba gehad het, word die kind gebad en aan die geskikte ouers oorhandig.  Die meisie en die ouers ontmoet mekaar nooit nie.  Sy sien eers weer die baba as hy/sy haar graag eendag wil opsoek.

Dalk ‘n oorvereenvoudiging, ek het darem geweet ‘n mens kry privaat aannemings.  Die meisie ken toevallig die ouerpaar wat smag na ‘n kindjie.  Een hand was die ander.  Haar probleem raak hulle vreugde.  Ek het net nooit besef dat ‘n meisie kan help om die geskikte ouers te kies nie. 

Die naamloosheid van my prentjie beskerm altwee partye.  ‘n Skoon breuk is op die ou einde makliker vir die biologiese ma om te verwerk.  Tog, as jy jou voortplantingselle gee (dus 50% van ‘n baba) kan jy sekere voorwaardes stel oor die mense wat daarmee gehelp gaan word.  Het jy dus nie ‘n sê verdien as jy die baba vir 9 maande dra nie?  Maatskaplike werkers het al in die verlede droog gemaak met keuring.  Die meeste mense het in elk geval meer vertroue in hulle oordeel as in ‘n vreemdeling s’n.  Dit maak dus sin dat ‘n voornemende skenker kan help om die regte ouers te kies. 

Ek het die idee in Juno gesien en het gewonder of dit in Suid-Afrika ook moontlik is.  Ek het nou nie baie diep gekrap nie, maar dit lyk na ‘n moontlikheid by party agentskappe.  Dit word ‘n oop aanneming genoem, die biologiese ma kan self verkies om kontak met die kind te behou na die aanneming. 

Aannemings word in die Kinder Versorgings Wet van 1983 omskryf.  Maatskaplike werkers moet ‘n kind se taal, kultuur en geloof in agneem voordat daar op ‘n plasing besluit word.  Die vraag is nou of ‘n pap baba ‘n taal, kultuur of geloof het?  Persone wat getroud is en mense wat saamwoon (insluitende homoseksuele mense) mag gesamenlik ‘n kind aanneem.  ‘n Persoon wat met die kind se wettige ouer getroud is, mag ook die kind aanneem.  ‘n Mens kan ook as ‘n individue ‘n kind aanneem, mits die minister toestemming gee.

Jy mag nie vir ‘n kind betaal nie, alhoewel daar sekere kostes is wat wel gedek moet word.  Slegs kinders wie se ouers (altwee) dood is of wie se ouers (altwee) toestemming gee, mag aangeneem word.  Almal weet teen die tyd dat die biologiese pa ook regte het.  Hy kan net die regte opeis as hy skriftelik vaderskap erken het.  As net een van die ouers toestemming gee, moet die ander een daarvan in kennis gestel word.  Hy/sy kan dan toestemming vir die aanneming gee of weerhou.

‘n Pa kan nie op vaderskapregte aanspraak maak as hy die kind verlaat (desert) het en nie opgespoor kan word nie.  Hy het ook nie regte as hy nie die kind erken het of sy vaderlike pligte nagekom het nie.  Hy het ook nie regte as die kind in bloedskande verwek is of as hy die ma verkrag het nie.  As die kinderhof beslis dat dit moontlik is dat hy die ma verkrag het (en hy dus nie vervolg is nie), het hy ook nie regte nie. 

Nog ‘n interessante blokkie is dat die biologiese pa sy kind by die ongehude kan aanneem.  As ek dit dus reg verstaan (en my inligting is nie verouderd nie), kan hy nie sy regte as vader opeis as hy nie die kind aangeneem het nie.  Kan hy dan verantwoordelik gehou word vir sy pligte teenoor die kind?  Sou hy wel later met die ma trou, is aanneming nie nodig nie, want met sy huwelik sal wel regte oor die kind kry. 

Laastens – die wet vereis nie dat ‘n kind se HIV status aan voornemende ouers bekend gemaak word nie.  Baie agentskappe sal dit wel doen.  Baie agentskappe sal nie dat HIV positiewe ouers kinders aanneem nie.  Dit is egter onwettig om ‘n HIV toets te vereis.

Blogvraag:  Boeke:  Wie is Edward Leeford (Monks) se halfbroer? 

Blogantwoord:  Domkrag was reg met John Dunlop. 

Vrywaring:  Die inligting in die skrywe is nie nagegaan of deur ‘n persoon met regskennis geskryf nie.  Dit kan dus nie as ‘n bron aangewend word nie. 

Entry filed under: Waardelose Inligting.

Veiligheid op note Een woord

74 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  September 7, 2009 om 6 : 28

    Eerste!!!

  • 2. Wille Kjind Q  |  September 7, 2009 om 6 : 28

    Weeti. Bestuur nog

  • 3. Girl van die Suburbs  |  September 7, 2009 om 6 : 43

    Oliver Twist
    x x x

  • 4. Wille Kjind Q  |  September 7, 2009 om 6 : 46

    DÊMMIT!!!!!

  • 5. Wille Kjind Q  |  September 7, 2009 om 6 : 47

    A well………. U snooze u loose :mrgreen:

  • 6. Adrie  |  September 7, 2009 om 7 : 13

    Hallo hallo!

  • 7. Wille Kjind Q  |  September 7, 2009 om 8 : 08

    My lyf is nou vol pille gepomp…… My tanne lê inne glas oppi kassi langs my se oge so ek gat nou groet. Nag julle. Ouma ous gat nou inne katel spring en ‘ n versie snork 😉

  • 8. Adrie  |  September 7, 2009 om 8 : 12

    Ai tog! Sommige mense se ouderdom het haar ingeval. Selfs haar tande het uitgeval!

  • 9. Wille Kjind Q  |  September 7, 2009 om 9 : 05

    Watchit! Ek slaap met my hout oog oop………….. ZZZZzzzzzz

  • 10. Adrie  |  September 7, 2009 om 9 : 23

    Jy gaan so nie slaap nie

  • 11. Girl van die Suburbs  |  September 7, 2009 om 10 : 03

    Allo Allo

  • 12. maxie  |  September 7, 2009 om 10 : 09

    Miaau
    Hi Nell

  • 13. Adrie  |  September 7, 2009 om 10 : 10

    Welkom, dames

  • 14. maxie  |  September 7, 2009 om 10 : 11

    Naand Adrie
    Gaan dit goed met julle?

  • 15. Adrie  |  September 7, 2009 om 10 : 12

    Ook goed dankie. 😛

  • 16. Adrie  |  September 7, 2009 om 10 : 15

    Ek het n aankondiging: My dae van 7de laan is getel. Ek gaan in elk geval vir die volgende 7 jaar (of is dit dekades) niks mis nie.

  • 17. maxie  |  September 7, 2009 om 10 : 17

    7de is pateties. Dis asof ‘n laerskoolkind die draaiboek skryf. Mens kan amper voorspel wat elkeen gaan se. Gaap.

  • 18. maxie  |  September 7, 2009 om 10 : 18

    Adrie
    Wat het jou so laat besluit?

  • 19. Girl van die Suburbs  |  September 7, 2009 om 10 : 19

    Naand ou Maxie!!!

    A3… Wat is dit nou van sewende laan?

  • 20. Adrie  |  September 7, 2009 om 10 : 20

    Gee die laerskoolkinders n bietjie krediet. Selfs hulle kan beter. Pateetlaan is die hoof oorsaak van bulimie.

  • 21. Girl van die Suburbs  |  September 7, 2009 om 10 : 21

    Wel…laat ek dan nou ook maar my 10c ingooi hier… Die karakters sal baie goed doen op Springbok radio se middag stories. Vreeslike dramatiese stemme wat die klomp opsit!

  • 22. maxie  |  September 7, 2009 om 10 : 23

    Adrie
    😆

    Ek kyk ook maar net in die hoop dat daar dalk eendag iets onvoorspelbaar gaan gebeur..

  • 23. Adrie  |  September 7, 2009 om 10 : 24

    Kom ons se net my prioriteite het verander.

    Is dit net ek, of het Pasella ook net n spul swak aanbieders?

  • 24. maxie  |  September 7, 2009 om 10 : 25

    Dit grief my vreeslik as hulle altyd hul frustrasies op die persoon aan die ander kant van die telefoon uithaal.
    Dis ‘n geskreeu en neergooi van foon.
    Ordentlike mense doen dit nie.

  • 25. Girl van die Suburbs  |  September 7, 2009 om 10 : 25

    Afrikaanse tv is ietwat ‘n probleem in die algemeen dink ek.

  • 26. Adrie  |  September 7, 2009 om 10 : 28

    Vet weet hoekom ek dit kyk. Laat ek rephrase. Vet weet hoekom ek die tv aansit. Dit is mos die ideale tyd om te lees. Slegte gewoonte, dit is al.

  • 27. maxie  |  September 7, 2009 om 10 : 28

    Kyk nie Pasella nie.

  • 28. Adrie  |  September 7, 2009 om 10 : 30

    Die akteurs is onoortuigend. Nie almal nie, gee ek toe. Dit pis my af as iemand kwaad word, en dit lyk aangeplak.

  • 29. maxie  |  September 7, 2009 om 10 : 31

    Ons het oueraand gehad vanaand. Gedog dit begin 19h00 soos gewoonlik. Was 18h50 nog besig om te eet toe ek op kennisgewing op yskas sien dit begin 18h30.
    Het darem helfte daarvan gemis 👿
    Wat ‘n bargain, was 20h00 al terug by die huis.

  • 30. maxie  |  September 7, 2009 om 10 : 32

    En die gelag vir niks aan die einde van amper elke toneel is so irriterend…

  • 31. Adrie  |  September 7, 2009 om 10 : 33

    Maxie

    Glo my, jy is beter af. Ek wil eintlik my tv een oggend op die sypadjie plak. Die herhallings maak my siek.

  • 32. maxie  |  September 7, 2009 om 10 : 34

    Nou waar’s Nell nou?

  • 33. Adrie  |  September 7, 2009 om 10 : 35

    Max,

    Is jy seker jy het nie aspris die tyd verkeerd gehad nie? Oueraande, skolesport en veral prysuitdelings is vervelig.

  • 34. maxie  |  September 7, 2009 om 10 : 36

    Watse herhalings?
    Pasella of sabc oor die algemeen?
    Ek sien hulle wys wraggies weer strictly come dancing op ‘n Saterdagaand, nogal. 20H00 van alle tye!! 😯

  • 35. Adrie  |  September 7, 2009 om 10 : 38

    Maar sein awol dalk n bietjie. n Mens sal sweer ons bly in die boendoes.

  • 36. maxie  |  September 7, 2009 om 10 : 39

    😆
    Nee dit begin regtig gewoonlik 19h00.
    Saterdag is die ANNUAL FUN DAY.
    Ek voel ‘n migraine naderkruip, behoort my Saterdagoggend te tref…

  • 37. Adrie  |  September 7, 2009 om 10 : 40

    SABC. Mark my words, een van die dae herhaal hulle die lotto uitsendings.

  • 38. maxie  |  September 7, 2009 om 10 : 42

    😆 😆
    Ag nee man, my katte haat jou al. Het nou so hard gelag een het eerder ander leplek loop soek!!

  • 39. Adrie  |  September 7, 2009 om 10 : 45

    Max 😛

    Ek ken hierdie goeie pille, as jy more aand daarmee begin, behoort die migraine soos mis voor die son verdwyn. Dan kan jy in gerief maak of jy die Fun Day geniet.

  • 40. Adrie  |  September 7, 2009 om 10 : 48

    Ag nee man, slaat die mute knoppie. Dan sal die katte nie kla nie.

  • 41. Freek  |  September 7, 2009 om 10 : 48

    Laat kinders eerder aanneem as om vir ouma en oupa te gee om vir die bederf groot0te0maak. Ouma kry n speelding, sy bly uit oupa se hare of eerder sy foon dn mamma of pappa gaan maak nog n telg.

  • 42. maxie  |  September 7, 2009 om 10 : 48

    Jy weet mos ek hou nie van pille nie.
    Dankie dus, maar ek sal maar moet suffer op Saterdag, alleen by die huis, in ‘n donker vertrek…..

  • 43. Adrie  |  September 7, 2009 om 10 : 54

    Freek, ek het nie iets teen aanneming nie. Ek sien die agentskapskappe se vat n swart kind of bly daarsonder. Daar is net nie babas van ander rasse beskikbaar nie.

    Hoe voel julle oor aannemings oor die kleurgrens?

  • 44. Adrie  |  September 7, 2009 om 10 : 58

    Max

    Daar is ander metodes ook. Ek dink aan argipunktuur (spelling?), toordokters, meditasie . . . Wat van n head massage? Probleem is dat jy net op Saterdagoggend n afspraak sal kan kry.

  • 45. Adrie  |  September 7, 2009 om 11 : 03

    Nell het n foto van haarself op haar blog geplak. Dit is waar sy is.

  • 46. maxie  |  September 7, 2009 om 11 : 12

    43:
    Kleur maak nie vir my saak nie. ‘n Kind is ‘n kind.
    Dis my eenvoudige antwoord.
    Lekker slaap, gaan gou loer by Nell.

  • 47. Wille Kjind Q  |  September 8, 2009 om 4 : 58

    More moer!!!!!!

  • 48. Wille Kjind Q  |  September 8, 2009 om 5 : 01

    Aag dêmmit!!! Draai ek alweer die e ennie r om.

    Vorige comment moet wees :

    More more!!!!! 😈

  • 49. *Mathilda*  |  September 8, 2009 om 6 : 59

    More more

  • 50. *Mathilda*  |  September 8, 2009 om 7 : 51

    Willes – ek het amper gedink jy het iemand uitgesonder om te groet !

  • 51. Adrie  |  September 8, 2009 om 7 : 58

    More almal

  • 52. Beeld  |  September 8, 2009 om 8 : 00

    Korrespondent

    Londen. – Caster Semenya se nuwe glansvoorkoms in ’n Suid-Afrikaanse tydskrif het selfs die Britse media gister laat swymel.

    Die Guardian het gister berig oor Semenya se gedaanteverwisseling ná die herrie oor haar geslag.

    In die jongste You/Huisgenoot pryk Semenya in ontwerpte rokke, baadjies, ’n romp en selfs ’n stywe leerbroek en hoëhakskoene. Die tydskrif het vier bladsye aan haar afgestaan onder die onderskrif: “Wow, look at Caster now!”

    In die meegaande onderhoud kla die 18-jarige dat sy graag meer mooi klere sou wou dra, veral rokke, maar dat sy nooit die geleentheid kry nie. “Ek sou ook wou leer om my eie grimering te doen.”

    Universiteitsmaats word aangehaal wat onthul dat sy spykerhakke wil koop en selfs ’n mani- en ’n pedikuur wou beproef. Semenya het gesê: “Ek het nog nooit my eie klere gekoop nie – my ma koop dit vir my. Noudat ek weet hoe ek kan lyk, sou ek meer só wou aantrek.”

    Sy het oor die storm oor haar geslag gesê: “Ek sien dit as ’n grap; dit ontstel my geensins. God het my geskape soos ek is en ek aanvaar myself. Ek is wie ek is en is trots op myself.”

    – Beeld

  • 53. Beeld  |  September 8, 2009 om 8 : 04

    Sapa-AP

    Khartoem. – Sy sal eerder tronk toe gaan as om ’n sent te betaal.

    En dis presies wat gebeur het.

    Loebna Ahmed al-Hoesein, ’n Soedanse joernalis, is gister tronkstraf van ’n maand opgelê nadat sy geweier het om $200 (sowat R1 500) te betaal nadat sy daaraan skuldig bevind is dat sy wetgewing oor onsedelikheid oortree het deur ’n langbroek in die openbaar te dra.

    Sy kon ’n vonnis van 40 houe in die openbaar gekry het.

    Al-Hoesein en 12 ander vroue is op 3 Julie in hegtenis geneem toe hulle langbroeke in ’n Khartoemse restaurant gedra het.

    Twee dae later het tien van die vroue ’n straf van tien houe aanvaar, maar Al-Hoesein was onversetlik om die wetgewing te ver­ander.

    Al-Hoesein en die ander twee het besluit dat hulle ’n verhoor wil hê.

    “Ek sal nie ’n sent betaal nie,” het Al-Hoesein aan Associa­ted Press gesê terwyl sy nog in hof-aanhouding was – geklee in dieselfde langbroek wat tot die bohaai gelei het.

    Al-Hoesein het Vrydag gesê sy sal eerder tronk toe gaan uit protes teen die land se streng wette oor vroue se kleredrag.

    Sy werk vir die media-afdeling van die Verenigde Nasies (VN) in Soedan. Sy het afstand gedoen van haar VN-immuniteit teen vervolging.

    Sy is vervolg kragtens art.?152 van die Soedanse wetgewing wat 40 houe as straf oplê vir enigiemand “wat ’n onwelvoeg-like daad pleeg wat openbare moraal oortree of onwelvoeglike klere dra”.

    “Ek sal ’n maand in die tronk deurbring. Dis ’n manier om die toestande in die tronk te ondersoek,” het sy gesê.

    Mnr. Galal al-Saied, Al-Hoesein se regsverteenwoordiger, het gesê hy het haar aangeraai om die boete te betaal. Sy het geweier.

    Volgens hom het die regter ’n versoek geweier om ’n getuie vir die ver­dediging te roep.

    “Die uitspraak is verkeerd,” het hy gesê en bygevoeg die aanklaer se getuies het mekaar weerspreek.

    Al-Saied het gesê die regter kon besluit het op die openbare houe, maar het besluit op ’n boete om te koes vir internasionale kritiek.

    “Daar is ’n algemene gevoel dat dit vernederend is,” het Al-Saied gesê.

    – Beeld

  • 54. Beeld  |  September 8, 2009 om 8 : 05

    Retha Grobelaar

    Dis naïef om te dink daar is nie ’n mate van vergelding betrokke in die gewelddadige misdaad wat Suid-Afrikaanse swart mense teenoor wit mense pleeg nie.

    So het mnr. Russell Kaplan, regsverteenwoordiger van mnr. Brandon Huntley (31), gister in ’n verklaring gereageer op die storm wat om Huntley se kop losgebars het. Hy het vlugteling­status in Kanada gekry omdat hy glo hy sal in Suid-Afrika weens sy velkleur verdruk word.

    Kaplan het ’n boodskap vir “sogenaamde kenners” wat sê misdaad is nie rasgedrewe nie: “Om te dink in ’n land wat dekades lank deur apartheid besoedel is dat daar nie eens by sommige ’n bietjie vergelding of payback betrokke is in die geweld op wit Suid-Afrikaners nie, is naïwiteit in die hoogste graad,” sê Kaplan.

    “Daar is Brandon Huntley-stories van oor die wêreld heen.

    “Mnr. Huntley se storie is werklik. Persoonlike stories van vrees deur wit Suid-Afrikaners en van wreedhede waaronder hulle ly omdat hulle wit is, stroom in.”

    Volgens hom is Huntley se saak nie net op misdaad gegrond nie, maar ook op die “diskriminerende” beleid van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging.

    Oor die besluit van die Kanadese regering om toestemming te wil kry om die besluit in die federale hof te betwis, het Kaplan gesê hy glo die “feite en reg” is aan Huntley se kant. Dit kan tussen vier en ses maande neem vir die federale hof om te besluit of hulle die saak gaan aanhoor.

    – Beeld

  • 55. Beeld  |  September 8, 2009 om 8 : 08

    Hilda Fourie

    ‘n Brand het vanoggend in die vroeë oggendure by ‘n ortodontis se spreekkamer by die Little Company of Mary-hospitaal in Pretoria uitgebreek.

    Brandweermanne van die Tshwane-nooddienste was binne minute op die toneel nadat die brand omstreeks 00:25 uitgebreek het. Hulle het sowat ‘n halfuur gespook om die brand onder beheer te bring.

    Pasiënte in die hoofgebou van die hospitaal moes weens die rook na ander sale geskuif word, het mnr. Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, gesê.

    Die oorsaak van die brand is nog onbekend.

  • 56. Beeld  |  September 8, 2009 om 8 : 10

    Dries Liebenberg

    Durban. – ’n Opmerking gebore uit frustrasie gaan nou amptelik op die proef gestel word: Sal ’n renduif ’n groot datapakket vinniger by ’n bestemming kan besorg as ADSL?

    The Unlimited Group–’n finan- siëlediensteverskaffer met 11 inbelsentrums in KwaZulu-Natal – is maar alte vertroud met die onbetroubaarheid van hul lynverbindings wanneer hulle dikwels datapakkette van 4 GB van die takke na die hoofkantoor in Hillcrest, Durban, moet stuur.

    Maar môresal Winston, ’n 11 maande oue duif wat hom al in wedvlugte bewys het, ’n geheuekaartjie met 4 GB se data van Howick na Hillcrest neem.

    Die geheuekaartjie van die grootte wat in digitale kameras en selfone gebruik word, gaan met isoleerband aan die duif se poot vasgebind word.

    As alles goed gaan, sal dit Winston na verwagting sowat ’n uur neem om die data oor ’n afstand van sowat 70?km af te lewer, het mnr. Mark Smith van The Unlimited Group gesê.

    “Hy’s ’n renduif – hy’s soos ’n Ferrari,” het Smith gister gesê.

    Volgens Smith moet hulle gereeld groot datapakkette, wat stemopnames van gesprekke met kliënte bevat, van inbelsentrums na ’n sentrale punt stuur. Die maatskappy gebruik ’n ADSL-lyn en dit het een keer ses uur geneem om 3,5 MB na Howick te stuur.

    Uit frustrasie het een van die personeellede opgemerk dit sal waarskynlik vinniger wees om die data per posduif te stuur.

    “Omdat ons onsself daarop roem dat ons ’n innoverende maatskappy is, het ons toe besluit om dit op die proef te stel,” het Smith gesê.

    En wie weet, dalk kan iets wat ietwat tong in die kies bedoel is ’n werklikheid word.

    In afgeleë gebiede gebruik avontuurmaatskappye se fotograwe posduiwe om geheueskywe met foto’s van kliënte se riviervaarte te stuur sodat dit uitgedruk kan word. Só word meer as 10 GB in ’n uur oor sowat 48 km gestuur.

    “Ons sal eintlik heel tevrede wees as ons proefneming iemand kan aanpor om meer stabiele verbindings te verseker,” het Smith gesê.

    – Beeld

  • 57. Olga  |  September 8, 2009 om 8 : 29

    hoe naìf kan ons in suid afrika wees? swart wit geweld was in die britse setlaars se tyd al legio. wit mense het van voor daardie tyd af vergeldingstogte teen die swartes onder neem. dis scary mense. verdomp scary. go huntley. mag meer mense maak soos jy.

    hoeveel brande en+terugslae kan little company of mary nog weerstaan?

  • 58. Olga  |  September 8, 2009 om 8 : 37

    re die post. . . . sommige oumas is defnitief n gevaar vir hulle kleinkinders. aanneming oor die kleurgrens is n euwel wat hand en tand beveg moet word. daar is genoeg swart mense om swart kinders, wit mense om wit kinders, indièrs om indièrkinders, kleurlinge om kleurling kinders groot te maak. hoekom interblixem waar dit nie nodig is nie? ek dink dis net om n statement te maak dat wit mense met swart kind en swart mense met wit kind aan die hand wil loop. hulle voel in albei gevalle n veer vir die kind self.

  • 59. *Mathilda*  |  September 8, 2009 om 8 : 53

    Olga, ek stem 100% – aannemery oor die kleurgrens werk nie, die wat dit wel doen doen dit om die verkeerde redes, nie oor hulle ‘n kind ‘n heenkome wil gee nie maar as statussimbool !

    My vriendin smag na ‘n ou babatjie en sy het ook die antwoord gekry van swart of niks en sy sê dan hou sy maar by niks !

  • 60. Nats  |  September 8, 2009 om 9 : 13

    Goeie more julle!!

    Was bietjie weg vir die naweek!

    Topic
    Ek sal more ‘n kind aanneem… pla my glad nie. My pa het altyd gesê sodra ons ouer is sal hy graag ‘n kind of twee aanneem. En ek glo hy sou by sy woord gehou het.

    Ek hou nie van wit mense wat swart kinders aanneem nie (en visa versa met enige ras) Vir my is dit nie reg nie, ons kulture verskil en daai kind voel seker maar tot ‘n mate uit. Ja hulle kry dalk ‘n beter lewe, en soos in Angelina se geval roem en baie geld ens ens… maar dit voel vir my verkeerd. Maar dis net ek – daai kinders het darem ‘n kans om te lewe.

  • 61. *Mathilda*  |  September 8, 2009 om 9 : 40

    Nats ! Hoe gaan dit ?

  • 62. Adrie  |  September 8, 2009 om 9 : 52

    Ek is teen die aannemings waar n swart kind so n Louis Vuitton handsak aangeskaf word.

  • 63. *Mathilda*  |  September 8, 2009 om 10 : 04

    Adrie, dis presies wat ek bedoel met vir die verkeerde redes

  • 64. Nats  |  September 8, 2009 om 10 : 14

    Hello *M*
    Hoe gaan dit met jou Kloon se kjind?

    Tweeling
    Ek voel ook so! Dis hoe ek gevoel het met die hele Madonna storie – David is daar om haar beter te laat lyk!

  • 65. *Mathilda*  |  September 8, 2009 om 10 : 34

    Baie goed ! Sy kom vandag huistoe EN vlieg vir die eerste keer in haar lewe !

  • 66. Nats  |  September 8, 2009 om 10 : 37

    *M*
    Vlieg! Waarheen?

  • 67. *Mathilda*  |  September 8, 2009 om 10 : 44

    Terug huistoe van die Kaap af !

  • 68. Adrie  |  September 8, 2009 om 10 : 47

    Ek is skoon jaloers. Wat op aarde het sy in die Kaap gaan doen?

  • 69. *Mathilda*  |  September 8, 2009 om 11 : 01

    Haar sussies is net so jaloers want hulle het nog nooit gevlieg nie en nog nooit die Kaap gesien nie ! Sy en ouma het saam oupa af gery wat daar werk sodat hy darem ‘n kar daar het en nou kom sy en ouma terug !

  • 70. Nats  |  September 8, 2009 om 11 : 04

    *M*
    Ag lekker!! Ek is net so lus om weer bietjie te vlieg – veral af Kaap toe!! Sal seker na ek UK toe gevlieg het en terug so gatvol wees vir vlieg! Maar Kaap toe is lekker!!

  • 71. *Mathilda*  |  September 8, 2009 om 12 : 04

    UK toe en Kaap toe is 2 verskillende dinge – ek dink ook nie mens kan soos ons vlieg regtig gatvol raak daarvoor nie

  • 72. Wilhelmina  |  November 15, 2016 om 8 : 06

    Soek raad aab,ek moes my kinders laat aanneem dit was n oop aanneming ek het al 4 my kinders elke maand besoek want dis waarop ons besluit het na n jaar hou twee gesinne my twee seuns van my af weg ek mag hulle nooit weer sien nie word daar vir my gese,hulle het agter my rug n kontrak opgestel ek het na 2 jaar nogsteeds ni een gekry nie maar ek het gehoor daar staan iets van 1 uur p.m wat ek my kinders mag sien,wat kan ek doen om my ander twee kinders weer te kan sien

  • 73. Johann  |  Februarie 3, 2017 om 11 : 58

    Wilhelmina, jy sal ‘n prokureur moet gan spreek.

  • 74. liezep  |  Julie 1, 2018 om 8 : 54

    hi ek wil weet kan n mens n privaate aaneming doen sonder dat n maatskaplike werker teenwoordig is en daar net n ooreenkoms gestel word tussen 2 vriendinvriendinne

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za