Onse dokter wat op die aarde woon

September 16, 2008 at 5 : 20 314 Kommentaar

Dokters is baie goed, maar hulle is nie goedkoop nie.  Hulle kos gemiddeld R800 ‘n uur vir ‘n algemene praktisyn.  Dit is ongeveer R200 vir ‘n 15 minute konsultasie. 

Vir R200 verwag ‘n mens waarde vir jou geld.  Veral as jy dit met betaal om ‘n paar woorde met iemand te wissel.  Hoekom kom daar nog steeds mense uit ‘n spreekkamer wat nie weet wat die dokter vir hulle gesê het nie?  Vir hulle R200 het hulle seker die reg om te weet wat met hulle eie liggame aan die gang is.

Ek sal julle vertel hoekom.  Mense is bang dat hulle dom klink as hulle die dokter ‘n vraag vra.  Se voet!!!  Jy betaal hom / haar baie geld, hulle kan net sowel ‘n bietjie werk om dit te verdien.  Jy is immers die klient wat hulle betaal.  Na regte moet hy/sy verduidelik totdat die prentjie mooi ingekleur is.  Dit is wat jy gaan verwag as jy iemand anders daardie geld gaan betaal.

Natuurlik pas dit die medici as jy nie vrae vra nie.  Eerstens maak dit die besoek korter.  Hoekom jou ‘n volle 15 minute gee as hulle jou dieselfde vir 5 minute kan vra.  Daar is net 4 15-minutes in ‘n uur en 12 5-minutes.  Dit is die verskil tussen R800/h en R2400/h.  Tweedens is diagnosering ‘n opgeleide raaispelletjie.  Hulle skat wat die oorsaak van die simptome is en behandel jou met ‘n breë spektrum iets.  Hopenlik werk dit.  As jy vrae vra, gaan jy dit dalk ook besef.  Dan tuimel die dokter van sy/haar troontjie af.

Ek dink ‘n mens is dit aan jouself verskuldig om te weet wat met jou aangaan.  Kry ten minste genoeg inligting van die dokter dat jy kan gaan google.  Die spelling van ‘n toestand is nogal belangrik. 

Dit is nogal my stokperdjie om ‘n dokter bietjie op sy tone te hou.  Hulle pasiente dink hulle weet alles, maar ek (en hulle weet) dit is nie so nie.  Ek zoom in op die areas waar ek weet hulle gorrel.  Dit kan egter ‘n gevaarlike speletjie raak.  Ene wat ek hopenlik altyd sal kan bekostig om te speel, maar wat nie vir almal beskore is nie.

Ek kan ‘n dokter die harnas injaag, omdat ek gesond is en nie behandeling krities benodig nie.  As een my belet is daar nog ‘n 1000 ander waar hy vandaan kom.  Medici is egter ‘n mafia, hulle beskerm mekaar sover as moontlik.  As jy een van die mafia laat sink, sal die res die gevalle lid wreek.  Op jou!!!  En hulle maak seker dat die weerlose mense dit weet.  As jy of ‘n geliefde weerloos is, is jy desperaat vir behandeling.  Hulle kan baie redes gee van hoekom hulle jou nie kan (WIL) behandel nie.  Jy dra dan die merk van Kain op jou.

Dalk het dit tyd geword dat dokters deur die publiek as mense gesien word.  Dalk is dit tyd dat die wat kan verantwoording eis vir die wat magteloos is.  Dalk moet dokters begin presteer vir hulle fooie en nie mekaar se foute toesmeer nie.

Blogvraag:  Waar was Dr Micheala Quin opgelei volgens die TV reeks, Dr Quinn, Medicine Woman?

Blogantwoord:  Willekjind was reg met Swede.

Entry filed under: Uncategorized.

Geld vs Kaarte Sterf fliek uit?

314 Kommentaar Add your own

  • 1. aventer  |  September 17, 2008 om 4 : 22

    Ek kry tog ‘n bronponie…whoohoo… 🙄

  • 2. Adrie  |  September 17, 2008 om 4 : 30

    Wat wil jy met ‘n bromponie maak?

  • 3. aventer  |  September 17, 2008 om 4 : 36

    Ek gaan dit volgende jaar gebruik om by die kampus te kom.

    Ek soek al van gr10 af al ene en nou dat ek NIE een wil he NIE, kry ek hom…

  • 4. Adrie  |  September 17, 2008 om 4 : 37

    Het jy al akkomodasie vir volgende jaar?

  • 5. aventer  |  September 17, 2008 om 4 : 45

    😦 nee…

  • 6. WILLE KJIND Q  |  September 17, 2008 om 4 : 47

    GMPF!!!!!!!!!!!!!!

  • 7. aventer  |  September 17, 2008 om 4 : 48

    en nou willes

  • 8. WILLE KJIND Q  |  September 17, 2008 om 4 : 56

    Ek soek ‘n blêrrie kamera! VANDAG NOG!!!

    @ My 3ling

    Check die een
    http://www.wholesaledigital.co.za/kodakz712is.htm

  • 9. Carina  |  September 17, 2008 om 4 : 56

    Skerp. En waar. Dit is die enigste professie waar jy min indien ooit jou foute hoef te erken, daarvoor gestraf kan word en waar jy mag weier om jou werk te doen.

  • 10. WILLE KJIND Q  |  September 17, 2008 om 4 : 57

    Wa my comment? 😯

  • 11. WILLE KJIND Q  |  September 17, 2008 om 5 : 07

    3ling

    Wat van die een?

    http://www.wholesaledigital.co.za/sonydsch10.htm

  • 12. WILLE KJIND Q  |  September 17, 2008 om 5 : 09

    AAG MY FOK!!!!!!!!!!!!!

  • 13. WILLE KJIND Q  |  September 17, 2008 om 5 : 12

    Scheisse herauf Stück Trödel! Dummer Sohn eines Weibchens!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 14. Transport Collections from salvage auctions Thornbury  |  Januarie 12, 2019 om 8 : 28

    WOW just what I was searching for. Came here by searching for
    online

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za