Gevang met die oudste truuk in die boek

April 1, 2009 at 6 : 13 301 Kommentaar

Rapport het so 2 naweke gelede die bom laat val.  Theuns is die pa van ‘n KKNK baba.  Hy en die meisie het meer as net ‘n drankie saam gedrink by die KKNK verlede jaar.  Haar ou, wat kort daarna met haar uitgemaak, opgemaak en weer uitgemaak het, het eers gedink dit is sy kind.  Die vaderskaptoetse het dit weerspreek.  Dit is toe wat die 21 jarige met gr 8 agter haar naam van Theuns onthou.

Ek hou so te sê niks van Theuns Jordaan nie, maar ek moet hom krediet gee.  Sonder om tweekeer te dink het hy verantwoordelikheid vir die baba aanvaar.  Sonder om vir vaderskaptoetse te gaan.  Eers nadat nog name aan die meisie gekoppel is het hy vir vaderskaptoetse gegaan.  Dit was negatief en hy is van sy morele verpligting vrygestel.

Goed, ons weet Theuns kom van die plaas en dit is seker sy verskoning.  Hy is egter ook al amper 10 jaar in die bedryf en behoort darem van beter te weet.  Dit is algemene kennis dat sekere dames daar buite celebs in hulle beddens versamel soos ander mense seëls versamel.  As hy nie van selfbeheersing weet nie, weet hy seker van kondome?  Verder besef hy seker al lankal dat daar baie fortuinsoekers daar buite is en dat hy homself teen hulle moet beskerm.

Dit gaan nie regtig daaroor dat hy verantwoordelikheid aanvaar het voordat hy die vaderskaptoets gedoen het nie.  Dit was nogal ordentlik van hom al was dit naief.  Dit gaan eerder daaroor dat hy gevang is met die truuk. 

Ironies genoeg is daar vandag nog steeds meisies wat dink hulle kan ‘n man vang of behou met ‘n baba.  Daar is nog steeds mans wat glo dat ‘n meisie wat swanger raak self die verantwoordelikheid moet dra.  Dat ‘n vrou in geheel verantwoordelik vir voorbehoeding.  Daar is nog steeds mense wat glo dat ‘n man wat oor die lyn getrap het ‘n haan is en die meisie ‘n slet.  Sekere dinge gaan seker nooit verander nie.

Wat dink julle omtrent die saak?  Is one-nightstands vir bekendes ‘n moet?  Wie is skuldiger:  hy wat gryp wat voor sy voete gegooi word of sy wat daarop uitgaan om hom te vang?  Almal weet dat ‘n mens nie noodwendig op 16 volwasse is nie, al is jy nie meer staatskos nie.  Moet die veel ouer bekendes nie die meisie se ouderdom en volwassenheid in ag neem voordat hy op haar hitlys kom nie?

Blogvraag:  In watter land was die PIL vir die eerste keer in September 1999 goedgekeur?

Blogantwoord:  Maxie was eerste reg met 3.

Entry filed under: Uncategorized.

Dralende uitstel Oor jou dooie liggaam

301 Kommentaar Add your own

  • 1. Charmaine  |  November 27, 2021 om 6 : 05

    Hy was di beter men’s. En by hey nie klie getrap oor wat Hy gedoen het nie hy sou ALS IN SY VERMOE DOEN OM SY VERANTWOORDELIKJEID NA TE KOM
    SO AS JY Nou wil Kak praat doen dot op n Ander plek Theuns Jordaan was ñ man in BAIE OPSIGTE. Dit wat jy sê gee JOU net n slegte reputasie

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za