Noemwoorde

Mei 5, 2008 at 5 : 21 144 Kommentaar

Ek is vandag baie onseker wat die titel van die post moet wees.  Dalk moet ek begin verduidelik.  Baie mense hou daarvan om mense allerhande naampies te noem.  Naampies soos Skat, Dolla en Ounooi.

Ek is self skuldig daaraan.  My twee gunstelinge is Nar en Eier.  Vir groot volwasse mense.  Verder gee ek eerder iemand ‘n bynaam as wat ek hulle so aanspreek.  Kinders is heeltemaal ‘n ander saak.  Ek noem ‘n dogtertjie gewoonlik Poplap en ‘n seun Seun.  Baie oorspronklik, ek weet.  Ek sal hulle ook heel geredelik Skat.  ‘n Ander gunsteling van my is Meisiemens. 

Self het ek al heelwat noemwoorde aangehoor.  Dit wissel van die gewone Skat, Engel, Liefie tot Sussie, Sussa, Nonna en Pop.  Een van die mans in my lewe noem my dikwels Honey, ek hou nogal snaaks genoeg daarvan.  Ek haat dit om as Babe of Baby aangespreek te word.  Heelwat van die noemwoorde amuseer my nogal, vir al as iemand wat my nog nooit gesien het my pop noem.  Ek dink ek is heelwat groter as ‘n pop.

Op die blog is daar ‘n heel ander neiging van troetelname.  Ek dink veral op die manier wat iemand van hulle man (Liefie, Hoof van die Huis, Teddibeer), hulle vrou (Lyfie, Wederhelf, Lewensmaat) of kinders praat.  Een van my vriendinne noem haar man Miaau.

Watter noemwoorde hou jy van?  Watter haat jy?  Van watter unieke name weet jy?  Wat is jou gunsteling om te gebruik.

Blogvraag:  Wat was Baby in Dirty Dancing se naam regtig?  Ek praat van die karakter, nie die aktrise nie.

Blogantwoord:  Wipneus was reg met Sproetjies.

Entry filed under: Uncategorized.

Lied as verteenwoordiging Van tehuise aan die UP . . .

144 Kommentaar Add your own

  • 1. Roer  |  Mei 5, 2008 om 6 : 04

    EERSTE!

    Antwoord: Frances

  • 2. Roer  |  Mei 5, 2008 om 6 : 07

    Hoezit Bokkie! Ek bly in ‘n Engelse gemeenskap en meeste van my vriende is Engels. Met die gevolg is almal se kinders is ‘darling’ of ‘my darling’. Ek het nie ‘n pyn met troetelnaampies nie. Hou net nie van ‘juffrou’ of ‘madam’ nie. Daai neerhalende (is dit die woord? condescending) tipe naampies.

  • 3. ADRIANA  |  Mei 5, 2008 om 6 : 11

    Roer, jy ken van. Hoeveel keer het jy Dirty Dancing gekyk.

    Ek pes dit as mense -tjies byvoeg.

  • 4. Roer  |  Mei 5, 2008 om 6 : 20

    Sherbet. Moet maklik oor die 30 keer gewees het…

  • 5. ADRIANA  |  Mei 5, 2008 om 6 : 30

    Roer, so min? 😉 Ek trek seker so by 3000 keer.

  • 6. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 6 : 31

    Roer ek was mal oor jou bosparra stuk vandag

  • 7. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 6 : 57

    Derde?

  • 8. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 7 : 09

    Daar is net 1 ding wat ek haat…. As ‘n boy of meid my ‘susta’ of ‘ma’ noem. Ek wil omtrent die horrie 4kin piep kry as hulle dit doen. Ek stopstraat enige imbisiel wat dit ooit waag om my so te noem!

  • 9. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 7 : 12

    Sam 😆 wat gaan aan met die goed, jy moet hulle sommer klap!

  • 10. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 7 : 16

    Ek is nog oppad met my ossewa hoor miskien sal ek net môre-oggend in tyd wees voor Adriana Swanepoel wakker is.
    Sy is ‘n paar tjokolits voor en ‘n paar wikse agter!

    Ek jaag die beeste aan!!!

  • 11. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 7 : 23

    Ouma Wip!

  • 12. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 7 : 30

    Ouma moet toggi vigeet om ouma se bloemer om… Of liewer AAN te trek nie!

  • 13. Nico  |  Mei 5, 2008 om 7 : 30

    Ek is half verplig om my vroutjie ‘n noemnaam te noem want die dag as ek haar op haar regte naam aanspreek is daar groot moeilikheid. Ek het iemand geken wie se man weier dat sy hom enigiets anders as sy regte naam noem. As sy sou waag om iets anders te doen, het hy haar geslaan dat sy op die grond val. As sy hom gebel het, sels na sy selfoon toe, moes sy hom eers op sy naam groet en daarna haar naam sê. Ek dink dit is siek!!

  • 14. Nico  |  Mei 5, 2008 om 7 : 32

    Sam
    As iemand so met jou praat, probeer hulle ignoreer. Of sê hulle wat jy voel.

  • 15. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 7 : 33

    Doom!

  • 16. ADRIANA  |  Mei 5, 2008 om 7 : 33

    Sam

    Onthou jy wat ek noudie dag vir jou gese het oor rooflesers?

    Wip

    Iets vertel my jy rook weer jou hubly met iets onwettigs.

  • 17. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 7 : 34

    Wat het jy die hele dag gedoen?

  • 18. Nico  |  Mei 5, 2008 om 7 : 35

    In Robin Hood, Prince of thieves noem Fanny haar man “My lover”. Ek het dit ook met my vrou gedoen. Aangename reaksie gekry.

  • 19. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 7 : 35

    Jong… Doom, dit werki mee so lekka om iets te sê nie. Ek stopstraat hulle eerder.

  • 20. Nico  |  Mei 5, 2008 om 7 : 36

    Hi Sam
    Lyk my jys nog so skerp soos altyd.

  • 21. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 7 : 37

    Ouma Wip… Ek het geslaap!

  • 22. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 7 : 38

    Nico wat praat jy nou, ek slaan daai man met ‘n eierpan!

    Natuurlik rook ek op my ossewa Adrie, dis koud en ek moet warm word

  • 23. Nico  |  Mei 5, 2008 om 7 : 39

    Ongelukkig kan ek nie mense stopstraat nie. Dan het ek groot probleme. Maar jy kan maak asof jy nie besef hulle praat met jou nie.

    Haat julle ander dit ook as mense vir julle oom of tannie sê?

  • 24. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 7 : 40

    Voel jy beter Sam

  • 25. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 7 : 40

    He he! Ek het inni messe laai geslaap! Die dat ek so skerp is. Hoe ganit met ons gunsteling doom?

  • 26. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 7 : 40

    Niemand mag vir my tannie sê nie, niemand…. ek word vulkaan warm

  • 27. ADRIANA  |  Mei 5, 2008 om 7 : 41

    Nico ontmoet Wipneus wat ons almal se ouma is. Wip, Nico is ons doom wat ons monde met seep uitwas.

    Nico, jy beter nie weer n vreemdeling raak nie.

  • 28. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 7 : 41

    Nou watse ge-doom spuit is dit nou?

  • 29. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 7 : 42

    Ouma kyk nou belangstellend vir Nico….iemand gaan my help om hierdie plek se monde skoon te hou…

  • 30. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 7 : 43

    Ek voel soos ‘n nief mens ouma Wip. Doom… Ek haat dit as mense my tannie noem!

  • 31. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 7 : 44

    Ek is bly Sam, dan kan ons môre vir Adrie lekker gas gee! 👿

  • 32. ADRIANA  |  Mei 5, 2008 om 7 : 45

    Wip het al vir my n epos gestuur waarin sy daarop aandring dat ek vir haar tannie se.

    Ek is NIEMAND se tannie nie.

  • 33. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 7 : 46

    Ouma!

  • 34. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 7 : 49

    My e pos was op die koffie, nadat ek dit uitvind en regstel toe vlieg daar 108 e posse in my duiwehok in, die blou maandag wou net kom wys, hy bestaan nog wel… nou scan ek die belangrikes deur! Die mense dink seker ek is maan toe verplaas ! 😆 min weet hulle ek is op die pad met my ossewa…

  • 35. Nico  |  Mei 5, 2008 om 7 : 50

    Wipneus
    ek het saam Sam en ander baie oulike mense geblog op Jacaranda se blog maar toe ander vieslike mense daar opkom, het ek opgehou. Maar ek kan nie wegbly van oulike mense soos Sam en Adrie en ander nie

  • 36. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 7 : 50

    Ja Sam? spring Adrie op jou maag ek hoor jou roep

  • 37. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 7 : 50

    Ek hoop ouma het genoeg obs virri koue!

  • 38. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 7 : 51

    Nou maar ek is bly jy het weer vir Adrie en Sam kom soek Nico, ek kan sien hulle is baie bly!

  • 39. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 7 : 53

    Ek bring die OBS en ‘n warmwater sakkie en ‘n gehekelde kombersie, Sam… en bietjie balsam kopiva vir die blaas…:lol:

  • 40. Nico  |  Mei 5, 2008 om 7 : 54

    Ek was een keer by mense waar hulle laerskool kind my op my naam genoem het. Dit terwyl die ouers daar gesit het. Dit het vir my gevoel ek kan die outjie se nekkie omdraai want hy het dit op ‘n uittartende manier gedoen.

  • 41. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 7 : 55

    Hai doom! Laat jy my nou skoon 😳

  • 42. Nico  |  Mei 5, 2008 om 7 : 57

    Tata almal. Moet ongelukkig ander werk gaan doen. Sal weer gesels.

  • 43. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 7 : 58

    My foon vat alweer ‘n jaar om te refresh! Ouma beter gou maak met daai mirisyne virri blaas.

  • 44. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 8 : 00

    Baai doom

  • 45. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 8 : 01

    Party ouers steur hulle nie meer daaraan om hulle kinders goeie maniere te leer nie. Ek is nog van die ou skool. My kinders spot my gedurig en sê ek loop met tannie Emsie se boek onder my arm. Maar goeie maniere is vir my baie belangrik. Ryk – arm, wit -swart, dom – slim tel niks maar gemanierd en ongemanierd sê baie van ‘n mens!! Ongemanierde mense en kinders moet maar so meter van my af bly!

  • 46. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 8 : 02

    Ouma… Ek sal ok moet groet. My bad wag vi my.

  • 47. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 8 : 02

    Ek sal gou maak Sam, lekker aand vir jou! Hoop jy voel môre stukke beter, Ouma moet nou die bloedjies gaan kos gee!

  • 48. ADRIANA  |  Mei 5, 2008 om 8 : 07

    Wip

    Ek sal maar trek. Ander dorp te naby? My ma se ek het geen maniere hoegenaamd nie.

    Lekker slaap!

  • 49. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 8 : 07

    Koenaait rooflesers. Praat later

  • 50. Roer  |  Mei 5, 2008 om 8 : 10

    Dankie Ouma Wip.

    Slaap julle nooit?! Ek’s nou op vir huiswerk. En dis net Graad 1!!! Die arme bloedjie. Anyway, lekker slaap almal.

    Sam, hoop dokter het die regter goed aan die regte goed vas gewerk. Moenie verdrink in die bad nie.

    A3tjietjie, 3000 keer Dirty Dancing gekyk. Watter deel gepause en weer gekyk? Oor en oor en oor en oor…

  • 51. ADRIANA  |  Mei 5, 2008 om 8 : 17

    Roer

    Moet ek die hele fliek woord vir woord blog?

  • 52. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 9 : 09

    Trug! Roer… Ek hoop vi sy part ok so! Ek draai sy aainus om duskant sy dinges, deur sy …..uhm… Anne Dinges. Sonder ‘n knipmes natuurlik! TSK!

  • 53. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 9 : 14

    Ek hoop ek ga vandag kan slaap. Deesdae is my nag en dag omgeruil. Eish!

  • 54. Rolling Stone  |  Mei 5, 2008 om 10 : 00

    Food for Thought
    Every morning in Africa, a gazelle awakens.
    He has only one thought on his mind:
    To be able to run faster than the fastest lion.
    If he cannot, then he will be eaten.

    Every morning in Africa, a lion awakens.
    He has only one thought on his mind:
    To be able to run faster than the slowest gazelle.
    If he cannot, he will die of hunger.

    Whether you are a gazelle or a lion is of no consequence.
    It is enough to know that with the rising of the sun, you must run.
    And you must run faster than you did yesterday, or you will die.
    This is the race of life.

  • 55. Rolling Stone  |  Mei 5, 2008 om 10 : 01

    Hallo Sam

    Jy is gelukkig as jy nog wakker is ….ek moet wakker wees ….tot more oggend toe

  • 56. Rolling Stone  |  Mei 5, 2008 om 10 : 17

    Na aanleiding van die onderwerp.

    Snaaks hoe n mens groot word, ek kon nog altyd net my ma en pa as “ma” en “pa” aanspreek. Toe kom my skoonsuster en so soetsappig word hulle toe mammie en pappie genoem , en elke keer as ek haar dit hoor se !@^%& ek in my broek. My kinders sal dit nooit waag om my so te noem nie …..

    Ja kyk as die mense alewig so in verkleinde weergawe praat ………….laat ek liewer niks se nie

  • 57. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 11 : 33

    Klip…. Ek kanni slaapi jong. Ek het al alles probeer om te slaap ma niks werki. Nie eens ‘n ou knertsie nie. Ergste is dat ek 6:30 wee op is. Ek het 80% van Mr Video Silverton se movies al gesien. Die res is horrors en goeters met Xse op 😉 . Ek sal seke nog meeste vanni horrors kyk ma ek kan nie daai X goeters kyk nie…. My kjinders! 😯

  • 58. Samantha q  |  Mei 6, 2008 om 12 : 43

    En hies ek nogsteeds! Eish!

  • 59. Rolling Stone  |  Mei 6, 2008 om 1 : 26

    Kyk waar is die tyd nou …ek is seker jy is nou in droom land

  • 60. Rolling Stone  |  Mei 6, 2008 om 1 : 28

    Ek kyk nie baie movies nie , maar ek verkies humorous chick flicks.
    Die X goeters eeeee my vrou …..

  • 61. Rolling Stone  |  Mei 6, 2008 om 1 : 29

    Toe ek die TV aansit , is daai mooi biologie onderwyseres besig om iets oor oe te verduidelik, maar ek het nie veel geluister nie , net gesit en drool

  • 62. Rolling Stone  |  Mei 6, 2008 om 1 : 32

    Sam , jy moet maar by n dolos gooier uitkom , dalk is daar een of ander muti …..

    Of dalk moet jy maar vir jou so n bietjie “muti” agter in jou erf plant vir nood gevalle .

  • 63. Rolling Stone  |  Mei 6, 2008 om 1 : 33

    My toordokter se muti werk nie te sleg nie…..drink dit al vir meer as 20 jaar , so nou kan ek ook se ek is verslaaf ……

  • 64. Samantha q  |  Mei 6, 2008 om 3 : 43

    Nee…. Eks nogsteeds wawyd wakker. Ek glo nie da is ‘n muti v my nie. Ek hou nie daarvan om snaaks te voel nie so pille is uit. Dit het alles begin met die moerse sterk pille wat die dok my gegee het. Die pil kan jy nie oori counter koop nie omdat dit morfien, onder andere, in het. Ek het op ‘n heavy trip gegaan en die tweede aand het ek sulke lelike nagmerries gekry dat ek geniune gedink het ek maller as ‘n haas. Na toetse het hulle uitgevind dat my adrinalien vlakke te hoog is, die dat die pille my mal maak. So ja…. Ek lê nog hier EN KANNI SLAAP NIE! 😥

  • 65. Rolling Stone  |  Mei 6, 2008 om 4 : 21

    Hi Sam
    Wel jy hoef nie te veel te worry nie , want vandag as almal op kantoor sit dan kan jy lekker le en slaap.
    Ek hoop net jy voel al beter , en dat die nagmerries nie te bad is nie .

  • 66. Rolling Stone  |  Mei 6, 2008 om 4 : 25

    Sam , miskien moet jy nou begin scheme wat om vir ontbyt te maak.
    As ek nie kan slaap nie dan dink ek net aan iets wat ek moet doen wat sal verg dat ek moet opstaan , as ek my kom kry is ek aan die slaap . Ek is lui tot even in my slaap …

  • 67. Rolling Stone  |  Mei 6, 2008 om 6 : 39

    Rise and shine……..more almal

  • 68. Roer  |  Mei 6, 2008 om 7 : 15

    Bwahaha! Sam dink sy’s maller as ‘n haas!!! Wonder wat gaan A3 daaroor sê. Ughum… julle wakker?

  • 69. Samantha q  |  Mei 6, 2008 om 7 : 20

    En eks wakker. Ek het iewers tussen 5 en 6 geslaap. Of altans…. Ek dink so! Mirrag almal

  • 70. Samantha q  |  Mei 6, 2008 om 7 : 23

    Roer! Gedra vi jou! A3 het my deur daai aaklige aand gehelp. Tsk!

  • 71. Samantha q  |  Mei 6, 2008 om 7 : 25

    Sy weet toevallig dat ek wel die malste is hie rond…..

  • 72. Zoekoe  |  Mei 6, 2008 om 7 : 38

    Goeie genade, maar slaap julle twee dan nooit? eish !!

    oja EERSTE en Goeie More amal !!!

  • 73. Roer  |  Mei 6, 2008 om 7 : 46

    Môre Zoekoe, Sam. A3 slaap lyk my nog. Shame, dis maar erg om Sam te babysit. 😉 Lekker dag julle. Ek’s weg werk toe.

  • 74. Zoekoe  |  Mei 6, 2008 om 7 : 49

    Hi Roer, Baai Roer !! 😀

  • 75. Wipneus!  |  Mei 6, 2008 om 7 : 54

    Hi almal,

    was hier nie geslaap in die nag nie? Ek staar verstom na die tye!
    Whaaahaahaa om 3.43 in die nag…begin jy gesigte sien en morfien praatjies maak met hase………..:lol:

  • 76. Wipneus!  |  Mei 6, 2008 om 7 : 57

    Zoekoe skuif jou blog, na wordpress toe, 🙂 ek sien jy sukkel nogsteeds met die foto’s. Ons is nuuskierig.

  • 77. Adrie  |  Mei 6, 2008 om 8 : 02

    More Almal

    Roer, iemand moet normale ure handaf. Ek het 3:00 gerooflees en het toe weer gaan slaap. Was piepiekoud.

    Sam is beslis die malste en as sy nog hoog ook is, dan is dit ‘n belewenis.

  • 78. Zoekoe  |  Mei 6, 2008 om 8 : 05

    Die plek is, soos ek nog altyd sê, ‘n malhuis !!

  • 79. Wipneus!  |  Mei 6, 2008 om 8 : 08

    Hi Adrie
    wat gaan hier aan 😆

    Ek skuif gou langs Zoekoe in, en ek kyk julle nuuskierig aan…… malhuis, malmense (iets was nie lekker nie, net nie geweet wat nie) 😯

  • 80. Adrie  |  Mei 6, 2008 om 8 : 08

    Zoeks

    Van watter plek praat jy nou weer?

  • 81. Adrie  |  Mei 6, 2008 om 8 : 10

    Wip

    Zoeks (en JY) hou julle verniet onskuldig. It takes one to know one.

  • 82. Zoekoe  |  Mei 6, 2008 om 8 : 14

    hierie plek…. ai nou moet ek nog prentjies ook teken Adrie……… ! 🙄

  • 83. Samantha q  |  Mei 6, 2008 om 8 : 15

    Eish! Ek het net gou blog-hopping gedoen. Ouma Wip… Ek kom nogsteeds nie by jou blog in ni.

  • 84. Wipneus!  |  Mei 6, 2008 om 8 : 17

    Ek en Zoeks is heeltemal reg… niks fout met ons nie!

    Kom Zoeks, gee ek vir jou ‘n lekker sweetie, hulle baklei alweer met ons. Kom ek en jy gaan kyk vakansie foto’s 👿

    Die MERRIE (KYK DIS ‘N NOEMWOORD) staan op met buie, sy is nooit reg nie, baklei, byt, hap….

    Salami, Bos, enige iemand plak Adrie se mond vandag toe asb, ek kan dit nie meer hou nie

  • 85. Samantha q  |  Mei 6, 2008 om 8 : 17

    Wa my se maniere…. Mirrag almal

  • 86. Zoekoe  |  Mei 6, 2008 om 8 : 17

    Wipneus, ja jong Iblog neuk my rond, stuur maar my jou mail addy, deur Adrie, dan salek jou vanmiddag vannie pictures mail, dis nou as ek my pc weer aan die gang kan kry, want ek het hom gister middag gestrip, en sien die power supply unit het gepop, alles te danke aand fokken eskom se load shitting, ek wil hulle nog dagvaar vir die nuwe powersuply se koste…. !! 😡

  • 87. Salome  |  Mei 6, 2008 om 8 : 18

    More Almal

    Ek VERPES dit as iemand vir my se ANTIE. Dis so platvloers as wat kan kom. En dan hou ek glad nie daarvan as ‘n vreemdeling my “Lovie” nie. Ek is g’n niemand se lovie behalwe my Liefie s’n nie.

    En eindlik roep ek Liefie ok nie op hierdie naam nie, Hy is eindlik Lammie. Toe my oudste baba was en hy huil het hy vir my nes ‘n lammetjie geklink wat blêr. Van daar noem ek hom Lammie. Nou is al die manne in die huis maar Lammie’s.

  • 88. Salome  |  Mei 6, 2008 om 8 : 18

    Adrie
    Jy sien, nou het ek alweer soveel kwyt geraak dat ek alweer moet gaan vir ‘n naamsverandering.

  • 89. Wipneus!  |  Mei 6, 2008 om 8 : 18

    Sam hoe kan jy nie by my blog inkom nie? Is dit dalkies van te min slaap? Slaap jy nie vrou…my ossewa se wiel het gebreek ek wag vir hulp..

  • 90. Salomè  |  Mei 6, 2008 om 8 : 19

    en ek het wragtag die strepie op my e vergeet. mph.

  • 91. Wipneus!  |  Mei 6, 2008 om 8 : 20

    Salome jy hou ‘n hele skaap trop by jou huis aan. As jy Lammie skreeu, spring almal op aandag 😆

  • 92. Samantha q  |  Mei 6, 2008 om 8 : 20

    Ouma Wip…. Vir iemand wat ‘n ossewa ry sonder ‘n bloemer, is jy die normalste hier rond 😉

  • 93. Adrie  |  Mei 6, 2008 om 8 : 22

    Fine

    Gegroet!!!!

  • 94. Wipneus!  |  Mei 6, 2008 om 8 : 23

    Ouma’s loop regtig sonder bloomers rond en ry ossewaens, ek dra van vandag af my voortrekker kappie en ‘n tjalie, my ore en lyf kry koud. brrrr

  • 95. Wipneus!  |  Mei 6, 2008 om 8 : 24

    Salome kyk mooi as jy nie ‘n strepie insit nie word ek ook lui en los die strepie op die ……e ……

    Kommentaar gaan nou na 100 toe????

  • 96. Salomè  |  Mei 6, 2008 om 8 : 24

    Wip
    As dit maar so maklik was. G’n niemand reageer as ek sê Lammie nie. Ek moet net die regte naam roep dan spring hulle op aandag. My oudste sê ok altyd vir my “Nou wat het ek nou weer gedoen” as ek hom op sy regte naam roep.

  • 97. Salomè  |  Mei 6, 2008 om 8 : 26

    Ouma het beslis die regte idee met die bloomers. Dit kan beslis help met die koue. Agge nee man julle, wil iemand nie asseblief daai vrieskas se deur toe maak nie. Adrie, was dit alweer jy?

  • 98. Adrie  |  Mei 6, 2008 om 8 : 27

    As ek mag, wil ek graag vir Nico ‘n boodskap los.

    Nico

    Ek glo respek le nie in ‘n aanspreekvorm nie. Tog vind ek dit ontstellend dat ‘n snuiter jou uitdagend op jou naam genoem het. Hoekom het sy ouers hom nie aangespreek nie? Ek sou dit dalk kon oorsien as dit met respek gepaard gegaan het. Ek sou ook die vieste in gewees het.

  • 99. Samantha q  |  Mei 6, 2008 om 8 : 27

    Genade maar dis koud. Ek moes opstaan om te ga pieps. Gelukkig is ek wee trug in my se lekka warm kooi! :mrgreen:

  • 100. Bos  |  Mei 6, 2008 om 8 : 30

    More almal!!

    Ek het my man altyd babe’s of my bok genoem. Ek was (soms) sy tamatie plantjie en ander kere ook sommer maar net babe’s. My tannie en my oom noem mekaar aapstert. My pa noem my ma meisiekind en my ma hom mansmens, oorspronklik ne?? My nefie en sy vrou noem mekaar poepers …. ja, moet eerder nie vra nie!!

    Ek noem my ma bittermin Ma, ek noem haar Rafels, want die ou lady kan nogal lekker uitrafel (humeurgewys) as sy die dag lus het. Ek noem my pa paps en my suster noem hom Dad.

    Ek haat dit ook as iemand my baby of lovie of antie. Ek is lief daarvoor om vir my vriendinne sus te se en ek verkort ook baie hul name, soos Sam is Sammy en Adrie, wel sy is sommer net malles …… 😉

  • 101. Samantha q  |  Mei 6, 2008 om 8 : 30

    Wat het ek gemis?

  • 102. Wipneus!  |  Mei 6, 2008 om 8 : 31

    Adrie speel mooi op my blog 👿
    Sy vertel my nou daar as ek my soos ‘n kind gedra, gaan sy my vermy,,,,,tsk

    Merrie…

    Saloom ek hou ook glad nie van hierdie naampies, Antie, Sussie, Lovie, Poppie…. ek hou dadelik op om vriendelik te wees.

  • 103. Zoekoe  |  Mei 6, 2008 om 8 : 32

    Salomè ek dog jou naam is dan nou Salami

  • 104. Salomè  |  Mei 6, 2008 om 8 : 36

    Zoekoe
    Wat jy waar kry? Ek het noooooit so gesê nie. Waaaar kom jy dan nou daar aan? Niemand ken daai enetjie nie.

  • 105. Salomè  |  Mei 6, 2008 om 8 : 39

    Zoekoe
    Hiri klomp moet my maar vat soos hulle my kry. Ek is wie ek is en as julle dan nou maar te veel van my weet is dit nou maar sorry. My deur staan oop vir almal en as iemand my oor die internet wil karring omdat hy te veel van my weet sal ek hom uitsort.

    Adriana
    Wanneer is die volgende blogjol. Liefie sê ons maak dit sommer ‘n “sop en sjerrie” by ons huis. {*fluister* ek sal nie dat julle buite sit nie.}

  • 106. Wipneus!  |  Mei 6, 2008 om 8 : 39

    Hi Bos… Tamatie plantjie, aapstert 😆

    My man noem my Dierasie, ek laat hom maar begaan…..maar probeer na al die jare nog uitvind wat dit is?

    My man is ‘n gogga of teddie, my seuns is poeksies of poeks, my hond is “ma se babahondjie” (hy ken sy naam)
    Selina is Selintjies of Mannie, haar naam is Manana.
    Maria is net Maria sy werk nog nie te lank nie, haar beurt kom
    My broer is Vince (Diesel?) sy naam is eindelik Vincent.
    Ek gee gewoonlik vir almal ‘n nuwe naam….
    My vriendinne noem my “M” omdat ek te lui was om my naam uit te tik op sms’e en e-pos……net altyd afgesluit met groete M….
    Nou moet ek stop, my id nommer en al my geskiedenis is nou die wêreld ingestuur…

  • 107. Bos  |  Mei 6, 2008 om 8 : 40

    Zoeks

    Nee wat, dinge verander mos maar hierrond soos die weer!!

  • 108. Samantha q  |  Mei 6, 2008 om 8 : 40

    Chat later. Die blog is nou te vol en ek ga nou iets soek om te chow.

  • 109. Bos  |  Mei 6, 2008 om 8 : 43

    Wip

    My pelle noem my ook net M of Ems of Emma ….. Ek wonder of die helfte van hulle ooit weet wat my regte naam is ….. hhmmmm?!!

  • 110. Bos  |  Mei 6, 2008 om 8 : 44

    Adrie!!!!

    Waar loop jy rond??

  • 111. Zoekoe  |  Mei 6, 2008 om 8 : 47

    Ek doen nie die troetelname ding nie….. ek haat ook alles wat verklein word met ‘n tjie of ‘n pie !!1

  • 112. Adrie  |  Mei 6, 2008 om 8 : 53

    Zoekie

    Bos (amper bebruik ek jou regte naam) ek sjarrap maar en rooflees.

  • 113. Bos  |  Mei 6, 2008 om 8 : 59

    Adrie

    Nou vir wat rooflees jy eerder? Kom gesels saam!!

  • 114. Wipneus!  |  Mei 6, 2008 om 8 : 59

    Zoekie….Ouma roep jou my hartjie…

    Bos, maar jou naam is dan Bos….of hoe het ek dit nou…
    Adrie…..wat is Bos se naam. Sê vir Ouma..
    Bos laat my altyd wonder….

  • 115. Adrie  |  Mei 6, 2008 om 9 : 00

    Bos

    Mag ek maar?

    Ouma

    Kan ek Zoekoe jou epos gee?

  • 116. Wipneus!  |  Mei 6, 2008 om 9 : 05

    Maar natuurlik kan jy Adrie….Ouma se hart is soos ‘n taxi, hoeveel keer moet ek nog sê, gaan was jou ore my kind….

  • 117. Zoekoe  |  Mei 6, 2008 om 9 : 05

    Adrietje !! ! . . . .

  • 118. Adrie  |  Mei 6, 2008 om 9 : 07

    Zoekietjies

  • 119. Zoekoe  |  Mei 6, 2008 om 9 : 08

    hiers ekke ouma !!

  • 120. boendoe  |  Mei 6, 2008 om 9 : 09

    Adrie, verskoon as ek by gister se inskrywing blog, ek het nie eens geweet Die Fant bestaan nie!!
    Maar van troetelnaampies…daai ken ek! My man noem my NOOIT op my naam nie. Dis altyd ‘Meisie’, en as hy besonder liefderyk voel, dan is dit ‘Meis’, wat vir my nou weer baie na ‘Muis’ klink. Kan nie se ek hou baie daarvan nie, maar hy bedoel dit goed!

  • 121. Adrie  |  Mei 6, 2008 om 9 : 13

    Boendoe

    Jy is op die regte inskrywing. Die inskrywing is ook vandag se inskrywing. Die Ousie kerm as daar meer as ‘n 100 inskrywings ‘n dag is, daarom skryf ek deesdae 2 / 3 posts ‘n dag. Nog net vir 4 weke en 6 dae.

  • 122. Wipneus!  |  Mei 6, 2008 om 9 : 13

    Zoekoe

    Kom sit langs Ouma, laat Ouma jou vertel van vrouens! Pasop vir hulle! Evil my kind, jy weet nooit waar jy met hulle staan nie.
    Hulle Zoekietjies jou nou, maar net-nou…. skop daar hormone in wat hulle laat lyk soos die duiwel in die kinderbybel.

    Pasop vir die plek, fluister ek in jou ore…

  • 123. Wipneus!  |  Mei 6, 2008 om 9 : 14

    Boendoe

    jy weet ons het na jou verlang nê, besef jy dat jy ons gestraf het met jou weglopery? Weet jy waardeur is ons?
    Die straf en leiding………..

  • 124. Zoekoe  |  Mei 6, 2008 om 9 : 19

    Dankie virrie raad Ouma !!!! ek sal met my oë wawyd oop hier loer !! 😛

  • 125. Adrie  |  Mei 6, 2008 om 9 : 20

    Zoetseltjies weet waar hy staan by my. Buite in die koue.

  • 126. Wipneus!  |  Mei 6, 2008 om 9 : 24

    Zoekoe vat jou tassie en kom daar is ‘n nuwe inskrywing hier bo

  • 127. Salomè  |  Mei 6, 2008 om 9 : 26

    klink Zoekels nie bietjie beter as die ge-tjie nie? Ek haaaaat enigiets met ‘n -tjie aan. en dis nog erger op die oor as hul ‘n woord wat alreeds verklein is nog verder verklein. Ek kan dit nie eens herhaal nie so absurd is dit.

  • 128. Zoekoe  |  Mei 6, 2008 om 9 : 26

    Adrie, die nie buite wat so koud is nie, dis jou geaardheid wat so koud is. . . .

  • 129. Zoekoe  |  Mei 6, 2008 om 9 : 34

    Ek moet na ‘n meeting toe gaan check later !

  • 130. Nico  |  Mei 6, 2008 om 9 : 38

    Hi Adrie
    Het nou net jou comment gelees. Ek is nie iemand vir wie my titel belangrik is nie. Baie mense weet nie eers dat ek dit het nie en ek verkies dit so. Maar daar is ook iets soos respek. My kinders het al erge slae gekry omdat ek gemeen het hulle het ‘n volwasse persoon nie met die nodige respek behandel nie en ek verwag van ander ouers dat hulle dieselfde met hulle kinders sal doen. Nie oor ‘n titel nie maar doodgewone respek vir volwassenes.

  • 131. Nico  |  Mei 6, 2008 om 9 : 39

    Hi Wipneus
    Ek is nie so op datum nie. Noem die ander jou ouma oor jou ouderdom of oor jou wysheid?

  • 132. Wipneus!  |  Mei 6, 2008 om 9 : 45

    Nico
    Oor my ouderdom, geen wysheid die kant nie, ek speel maar saam die jong kinders 🙂 Kyk dat hulle, hulle gedra en so.

  • 133. Adrie  |  Mei 6, 2008 om 9 : 45

    Nico

    Dit gaan vir my oor respek vir mense. Ek is seker jy het nie die kind uitdagend aangespreek nie. My kinders sal respek he vir ander kinders en grootmense. Respek kom nie net vir ouderdom nie.

    Wipneus het self besluit sy is ouma. Hoekom, weet ek nie.

  • 134. Wipneus!  |  Mei 6, 2008 om 9 : 47

    Adrie waar praat ons nou?

  • 135. Adrie  |  Mei 6, 2008 om 9 : 51

    Wip

    Net waar jy lus het.

  • 136. boendoe  |  Mei 6, 2008 om 9 : 55

    Jinne, Adrie, WAAR kry jy inspirasie vir soveel inskrywings ‘n dag?? Hats off to you, vroutjie! 😉

  • 137. Adrie  |  Mei 6, 2008 om 10 : 02

    Boendoe

    Ek het die oulikste, maar ook die giftigste kuiergaste. As ek nie perform nie, gaan hulle my teer-en-veer.

  • 138. Wipneus!  |  Mei 6, 2008 om 10 : 06

    Ek praat nou op 3 plekker, my hart sal dit nie hou nie, pluk ek my bolla reg, en my bloomer op…

  • 139. Adrie  |  Mei 6, 2008 om 10 : 11

    Wip

    Ek se jou mos, dit is kophou soos ‘n weeluis.

  • 140. Nico  |  Mei 6, 2008 om 10 : 11

    Adrie
    Ek kry koue rillings van jou wysheid vandag. Ek glo ook dat mense respek moet verdien, selfs al het ek respek vir ouderdom. Ek probeer ook mense hanteer soos die respek wat hulle vir hulleself verdien.

  • 141. neykie  |  Mei 6, 2008 om 10 : 40

    Ek noem my vriendinne sommer Dolla

    Gaan dit vanmore met julle almal

  • 142. Wipneus!  |  Mei 6, 2008 om 10 : 42

    Neykie ons is nou weer by ‘n ander plek…ek hou ook nie by nie

  • 143. Adrie  |  Mei 6, 2008 om 11 : 02

    Neykie!!!!!

    Bly jy kon dit maak.

    Nico

    Ek hoop die koue rillings is ‘n goeie ding.

  • 144. Nickel Alloy Fastener  |  Mei 17, 2018 om 8 : 04

    Great beat ! I would like to apprentice whilst you amend your website, how can i subscribe for a weblog website? The account aided me a acceptable deal. I were a little bit acquainted of this your broadcast provided vivid clear concept

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za