Heal the world

April 29, 2008 at 5 : 40 131 Kommentaar

Almal het seker gehoor van die nuutste Oostenrykse skandaal.  ‘n Pa van 73 het sy dogter van 1984 in ‘n kelder gevange gehou.  Hy het haar ma laat glo dat sy weggehardloop het – kastig.  In die tyd het hy 7 kinders van haar verwerk.  Een is kort na geboorte dood, 3 het by haar in die kelder groot geword en 3 het met ‘n briefie van haar voor die deur geëindig en deur haar ouers groot gemaak.  24 jaar het die siek moer daarmee weggekom, tot die oudste kind (19) siek geword het en hospitaal toe geneem is.  Dokters het haar mediese geskiedenis gesoek, wat nie beskikbaar was omdat sy in die kelder groot gemaak is.  Hy moes toe sy dogter en die ander kinders toe laat uitkom.

24 jaar.  Ons eie vermiste meisies is al omtrent 20 jaar weg.  Vermoedelik dood.  Gert van Rooyen en Joey Haarhof het tussen 1988 en 1989 6 meisies ontvoer wat nooit weer gevind is nie.  Die selfmoord van die 2 op 16 Januarie 1990 het ook niks gedoen om die tergende geheim op te los nie.  Die volgende ontvoerings is vandag nog onopgelos:  Tracy-Lee  Scott-Crossley van Randburg (1 Aug 1988), Fiona Harvey van Pietmaritzburg (22 Desember 1988), Joan Horn van Pretoria (7 June 1989), Odette Boucher Anne-Mari Wapenaar van Kempton Park (22 September 1989), Yolanda Wessels (3 November 1989)  is die 6 waarop die media altyd fokus.  Volgens Wikipedia was daar ‘n Janet Delport wat later gekry is en ‘n Rosa Piel ook deur Gert van Rooyen ontvoer.  Op 11 Januarie 1990 het van Rooyen die verkeerde meisie ontvoer.  Hy het haar bedwelm, geboei en onsedelik aangerand is.  Van Rooyen het haar in ‘n kas toegesluit waaruit sy ontsnap het en die polisie in kennis gestel het. 

Wat het van die kinders (9 – 16, almal ouer as ek) geword?  As daar genade vir hulle was, is hulle seker dood.  Maar hoe?  Was hulle dalk ook in ‘n kelder gehou waar hulle later van die honger omgekom het?  Was hulle vermoor?  Was hulle dood gemartel? 

Persoonlik dink ek hulle lewe nog.  Ek weet nie of hulle nog in Suid Afrika is of iewers in harem nie, maar Carte Blanche het nie hulle bene opgespoor nie.  Ek sal dit bly glo, tot dit oneenseglik bewys word dat hulle dood is.  En ek aanvaar nie ‘n siener se woord nie.  Vergesog?  Ek glo nie, kyk na Oostenryk.  Was daar ooit in Oostenryk na hulle gesoek?  Dalk is dit die rede hoekom hulle nooit gekry is nie. 

Veronderstel die meisies word more ontdek word.  Die jongste een is 29 (Rosa Piel) of 31 (as ‘n mens op die 6 fokus wat die media altyd wys).  Die afgelope 20 jaar, het die wêreld baie verander.  Hulle het nooit skool klaar gemaak nie, hulle het geen werksondervinding nie.  Hulle kan nie bestuur nie en weet nie van selfone, internet of van ‘n Nuwe Suid-Afrika nie.  Dit moet ‘n baie traumatiese ervaring vir hulle wees om met hulle gesin herenig te word.  Jou ma en pa is geskei, jy het dalk ‘n boetie of sussie waarvan jy nie geweet het nie of jou broer het iemand vir die leeus gevoer.  Sal hulle ooit weer in ‘n normale lewe kan inpas.  Sal hulle ‘n toekoms hê?

Wat dink julle het van die meisies geword?  Hoe sien julle hulle toekoms?

Blogvraag:  Wie was die meisie wat van Van Rooyen ontsnap het en die polisie op sy spoor gesit het?

Blogantwoord:  Sam se ma was reg met Naledi Pandor.

Entry filed under: Uncategorized.

Voorheen bekend as latswaaiers Vloek

131 Kommentaar Add your own

  • 1. Wipneus!  |  April 29, 2008 om 6 : 38

    Ai tog Sam skreeu eerste op die verkeerde post!! Sy drink te veel pille

    Moet ek die vrou alweer bystaan in haar uur van nood

    SAM IS EERSTE

  • 2. Samantha q  |  April 29, 2008 om 6 : 44

    Fok!

  • 3. Wipneus!  |  April 29, 2008 om 6 : 46

    Jaaaa jy wil mos op die verkeerde plek rondhang? Wees bly ek het jou weer kom red Sam moenie so vloek nie hartjie

  • 4. Wipneus!  |  April 29, 2008 om 6 : 47

    😆

  • 5. Adrie  |  April 29, 2008 om 6 : 50

    Ouma

    Was haar mond met seep uit

    Ek voel net soos jy oor Kersfees.

  • 6. Samantha q  |  April 29, 2008 om 6 : 50

    Rosa wie? :mrgreen:

  • 7. Adrie  |  April 29, 2008 om 6 : 53

    Sam

    Jip. Dit is ‘n geval van ‘n man wat my van sal aanneem.

  • 8. Samantha q  |  April 29, 2008 om 6 : 56

    He he!

  • 9. Samantha q  |  April 29, 2008 om 6 : 59

    Ouma Wip…. Jy worry oor my wat ‘n klein vloek woord gebruik ma wat van A3 wat daai lelike P woord gebruik?

  • 10. Wipneus!  |  April 29, 2008 om 7 : 01

    Die onderwerp oor Heal the world is ‘n teer sakie vir my, ek wonder gereeld daaroor. Dit is die ergste ding wat met enige ouer kan gebeur, as jou kind dood is, weet jy hy is dood jy gaan jou lewe lank oor hom treur, maar sal weet dat hy op die regte plek is.
    Ek sê nie dis minder hartseer, dit sal vir my erg traumaties wees, en ek glo nie dat ek ooit weer sal kan lag nie.

    Maar as jou kind verdwyn, hoe weet jy waar is hy/sy…is hy dalk dood…word sy dalk aangehou as seksslaaf…..word sy verniel….verlang sy huis toe…jy gaan altyd bly wonder, met ‘n diepe hartseer en verlange. So sal dit aanhou vir die res van jou lewe en dit sal ook in jou gedagtes wees as jy vir die laaste keer aan die slaap raak,,,,,

    Ek glo nog steeds iemand weet waar hierdie meisies is! Dood of lewendig. Moontlik is hierdie mense bang vir ‘n groter sindikaat, moontlik is hulle deel van hierdie storie. Hoe sal ons ooit weet.

    Soos Adrie ook wonder sal hierdie kinders maklik kan aanpas, nee, dit gaan jare se werk en terapie afgee.

    Ek bly maar altyd hoop dat hulle die kinders lewend gaan opspoor…

    Wat in Oostenryk gebeur het, daardie Pa is siek, dis ongelooflik!! So man verdien nie om te lewe nie…..

  • 11. Adrie  |  April 29, 2008 om 7 : 02

    Sam

    Ek kon haar nou nie Rosa Penis noem nie, kon ek? Volgens Wikipedia is dit haar van.

  • 12. Wipneus!  |  April 29, 2008 om 7 : 04

    Sam ons gaan môre toi toi Adrie diskrimineer teen die vroulike geslag, geslagdiskriminasie. Gaan jy saam stap? All for one and one for all. Dit kan nie langer so aangaan nie Sam. Sy weier om verskoning te vra, pers my af met missies ens….het nou al gaan commit en al’s maar geen dooie woord van jammer kom oor haar mond. Sy vloek ook nog lelik!!

    Sam, Ouma kan dit nie langer uithou nie, dit maak my klaar kindjie

  • 13. Adrie  |  April 29, 2008 om 7 : 05

    Wip

    Epos my gou asb jou gunsteling pizza plek se nommer? Dankie

  • 14. Wipneus!  |  April 29, 2008 om 7 : 05

    Wat praat julle nou van Rosa en manlike geslagsgoedjies oe nee ouma bloos sommer

  • 15. Adrie  |  April 29, 2008 om 7 : 06

    Sam

    Wip kak en kerm omdat ek van die blog as dorings pla.

    En sy weet nie eers wie is Oom Vlokkie nie

  • 16. Adrie  |  April 29, 2008 om 7 : 07

    Wip

    Let op na die arme kind se van, ek sou ook weggeloop het as ek sy was.

  • 17. Wipneus!  |  April 29, 2008 om 7 : 09

    Nommer gepos…

    Sam Sam luister vir my moenie vir Adrie luister nie!

  • 18. Wipneus!  |  April 29, 2008 om 7 : 11

    O toemaar Ouma weet ook nou van die mannetjie dingetjie

  • 19. Samantha q  |  April 29, 2008 om 7 : 15

    Trug. Net gou die kjind se ga loop soej. Ek het net die van onthou en almal weet dat A3 in ha beste broek kak as ek nie die VOLEDIGE antwoord gee nie. Die kjind se naam was Joan Booysens

  • 20. Wipneus!  |  April 29, 2008 om 7 : 16

    Ja ek onthou ook nou Joan Booysens…. mooi Sam!

  • 21. Adrie  |  April 29, 2008 om 7 : 17

    Sam

    Waar in jou lewe het jy gesien dat ek jou spesiale behandeling kan gee.

  • 22. Wipneus!  |  April 29, 2008 om 7 : 18

    Sam Adrie koop al die pizzas op, arme kind het seker weke laas ordentlik geëet…

  • 23. Adrie  |  April 29, 2008 om 7 : 18

    Onthou, my groottoon in ‘n mandjie.

  • 24. Samantha q  |  April 29, 2008 om 7 : 18

    Yipppeee!

  • 25. Wipneus!  |  April 29, 2008 om 7 : 19

    Adrie ek gaan vir jou wiks

  • 26. Wipneus!  |  April 29, 2008 om 7 : 20

    Ok dan Joan Booysen ‘n s maak mos nou nie saak nie

  • 27. Samantha q  |  April 29, 2008 om 7 : 22

    Ek wag nou nog vir my pizza…

  • 28. Wipneus!  |  April 29, 2008 om 7 : 23

    Sy gaan alles alleen op gobble, jy gaan niks kry nie, jy weet mos al

  • 29. Adrie  |  April 29, 2008 om 7 : 24

    Sam

    Nou te laat, klaar bestel. Sal op mxit uitdeel.

    Wip

    Jy en watter kontinent se army.

    Ek gaan nou lekker huis toe. Ek gaan nou lekker huis toe. Ek gaan nou lekker huis toe. Ek gaan nou lekker huis toe. Ek gaan nou lekker huis toe. Ek gaan nou lekker huis toe. Ek gaan nou lekker huis toe. Ek gaan nou lekker huis toe. Ek gaan nou lekker huis toe. Ek gaan nou lekker huis toe. Ek gaan nou lekker huis toe.

  • 30. Samantha q  |  April 29, 2008 om 7 : 26

    Dis hoekom ek deur my eie poephol val! Gmpf!

  • 31. Wipneus!  |  April 29, 2008 om 7 : 26

    Ek moet ook nou my mense gaan kos gee, Julle moet soet wees!
    Lekker pizza eet Sam! en jy ook Adriana!

    Cheerio lekker aand

  • 32. Samantha q  |  April 29, 2008 om 7 : 28

    Ek is lekker KLAAR by die huis!

  • 33. Wipneus!  |  April 30, 2008 om 7 : 30

    Klip kip is jy al hier??? Ek wag vir jou met die rok en die hoëhakskoene…

  • 34. Wipneus!  |  April 30, 2008 om 7 : 35

    Nog so geval:
    Mense wat gaan in die mense se koppe aan?

    “Me. Lydia Gouardo (45), ’n Franse vrou, het gister gesê dieselfde lot het haar vroeër getref en die wêreld het die rug daarop gekeer. Gouardo is vandat sy agt was oor 28 jaar deur haar pa aangerand, verkrag, gebrand en het ses kinders by hom gehad, sonder dat Crecy-la-Chapelle se gemeenskap glo ’n ooglid geknip het.” Beeld

  • 35. Roer  |  April 30, 2008 om 7 : 50

    Jy moet een siek wetter wees om so iets te doen. Wat wou nog aan jou eie kinders (en kleinkinders). Sjoe, sal daar ooit ‘n gepaste straf vir so iemand kan wees? Heng, ek is nie ‘n voorstaander van die doodstraf nie, maar somehow klink lewenslank net nie erg genoeg nie. Dis evil. Ek is altyd groot bek en sê MENSE (enige iemand, maak nie saak wie) KAN VERANDER, maar weet darem nie van so iemand nie. As sy gewete hom nie in al daardie tyd gepla het nie, selfs nie toe hy sy baba kleinkindertjies vas gehou het nie, hoekom sal dit hom nou pla? Ek’s bly ek’s nie die Regter in daai saak nie. Ek sal hopeloos te emosioneel raak. Dalk oor die regsbank spring en hom ‘n snot klap gee.

    Môre girls…voor ek vergeet.

  • 36. Adrie  |  April 30, 2008 om 7 : 54

    More Almal

    Roer 😆 vir jou snotklap.

    Wip daar was jare terug die euwel van om mense se familiesake uit te los. In Frankryk is bloedskande nie onwettig nie.

  • 37. Bos  |  April 30, 2008 om 8 : 08

    More maters!!

    Adrie

    Nou gaan jy my vloek, let op dat dit nie kelner is nie, maar wel kelder ….. 😉

    Dit is so sad dat ons wereld so siek is …. hoe maak jy n kind seer en dan nog erger, jou eie bloed?? Daai mense gaan eendag moet verantwoording doen en ek is bly ek hoef nie in hul skoene te staan nie!! Ek weet regtig nie of daardie kinders nog leef nie. Ek is bly as hul ouers sterk genoeg is om deur al die jare te glo hul lewe nog, maar ek weet darem nie. Is net regtig baie sad ….

  • 38. Spietkop  |  April 30, 2008 om 8 : 15

    MORE…….wys my jou lisensie!!!!!!!

  • 39. Spietkop  |  April 30, 2008 om 8 : 17

    Of jou muis

  • 40. Spietkop  |  April 30, 2008 om 8 : 20

    EK SE!!!!!!!! …..jou lisensie of jou muis

  • 41. Bos  |  April 30, 2008 om 8 : 21

    spietkop

    pok jou. ek wys jou okkol!!

  • 42. Spietkop  |  April 30, 2008 om 8 : 24

    Bos ……jou lisensie het verval…..

  • 43. Bos  |  April 30, 2008 om 8 : 26

    Spietkop

    jy kort brille ……. my lisensie is splinternuut!!! Het hom dan net gister by jou gekoop!!

  • 44. Spietkop  |  April 30, 2008 om 8 : 28

    Ek verkoop so baie …..ja nou onthou ek , jy was die een wat so suinig was , en my arm probeer draai het om hom goedkoper te kry…..Ek like a TOUGH girl

  • 45. Katvis  |  April 30, 2008 om 8 : 30

    Dit is jammer dat die ou is al 73 want die kaans dat hy lank genoeg gaan leef in die tronk is maar skraal. Wat se n mens vir iemand wat tot in sy veertigs die son nooit sien skyn het. Dit is verlore jare wat sy nooit weer sal opvang nie. Hoe tragies en sy is seker ook nie die eerste of laaste wat so n straf deur gemaak het. Ek dink die beste straf vir so n ou is om hom toe tesluit in die openbaar sodat almal na hom kan gaan kyk en kan sien hoe so n siek perverse ou lyk. Almal moet hom kan sien en daar moet geen wegkruip plek vir hom in die sel wees nie.

  • 46. Bos  |  April 30, 2008 om 8 : 34

    Spietkop

    Wel, ek weet wat ek wil he, en ek was nie suinig nie, ek wou net n lisensie he, nie vir jou n nuwe huis koop nie!!!

  • 47. Spietkop  |  April 30, 2008 om 8 : 38

    Ek is nog n nuwe spietkop , ek het nog nie n huis nie , net n klein boompie sonder koelte , maar ek sal seker een van die dae bevordering kry , ek was mos voorheen benadeel , jy sien, en ons kry alles reg.

    Ek kan ook nie heeldag op my laptop hier onder die boom sit nie , so julle moet veilig bestuur met daardoe gekoopte lisensies

  • 48. Verons  |  April 30, 2008 om 8 : 39

    More, more die meisie wat ontsnap het se van was Booysen, nie seker van haar naam nie!
    Daai tyd toe die kinder so verdwyn het was dit nogal traumaties gewees, my oorlede boetie was daai tyd in std 5 en sy meisie was Joan Horn wat saam met hom in die klas was! Die dag waarop sy verdwyn het was sy en hy saam by die winkelsentrum gewees en hy het saam met haar gewag vir haar ma toe ek daar verby kom, ek het gestop en hom opgelaai want hy was eintlik gehok gewees en hy het uit geglip om vir Joan te gaan kuier by die OK, ons was seker nie 2min weg nie toe sy opgelaai is!
    My boetie het tot met sy dood geglo dat sy lewe, hy is in 2000 doodgeskiet.

  • 49. Bos  |  April 30, 2008 om 8 : 45

    Ma!!

    JO!!! Dit moes erg gewees het!!! My ma het ons soos goud opgepas, wou nie gehad het ons moes erens heen gaan nie. as ons uitgenooi was om erens oor te slaap wou my ma eers als weet van daai mense, plus sy werk vir die sapd, so sy het ALS geweet van almal!! En dit oor daar sulke siek moere in die wereld is!!

  • 50. Adrie  |  April 30, 2008 om 8 : 45

    Katvis

    Jip, die siek moer sal seker nie tot die einde van die verhoor oorleef nie. Ek weet regtig nie wat ‘n gepaste straf vir hom is nie. Sluit hom in die kelDer toe sonder kos en water. En noem dit kuns.

    Bosmuis

    Ek weet nie waarvan jy praat nie.

    Spietkop

    Ek sien jy is regtig bang. 😉 Ai tog! Ek ry jou vrek as ek jou die naweek sien.

    Verons

    Troes? Die hele storie fasineer my al die jare.

  • 51. Bos  |  April 30, 2008 om 8 : 46

    Spietkop

    Dankie, ek gaan lekker ry en jy moet nou maar lekker onder jou boom sit en niks doen nie, hoor!!

  • 52. Adrie  |  April 30, 2008 om 8 : 48

    Bos

    Praat jy nou. My ma het ook maar lekker skrik gevang met die storie. Ek is seker Verons self ook, sy was in die drol se omgewing.

    My ma is die duiwel in vir my suster. Sy het die naweek vir ‘n vriendin gaan kuier sonder my ma se toestemming. Ek het net my ma gese sy is belaglik, Asus is amper 19. A-ma se toe net: sy ken nie die mense nie.

  • 53. Bos  |  April 30, 2008 om 8 : 48

    Adrie

    Whhaaaa hhaaaa!! (Help as jy die blogbaas is ne? 😉 )

  • 54. Adrie  |  April 30, 2008 om 8 : 50

    Bos

    Dit help B-A-I-E. Het almal darem reg uitgedraai?

  • 55. Bos  |  April 30, 2008 om 8 : 53

    Adrie

    Nee, smak my jy het almal!! Goeie werk!!

  • 56. Bos  |  April 30, 2008 om 8 : 54

    My blessitse keybord haak vas!! S-M-A-A-K!!!!! Sollie almal!!

  • 57. Adrie  |  April 30, 2008 om 9 : 02

    Bos

    Mens skip soms per ongeluk enetjie.

  • 58. Rolling Stone  |  April 30, 2008 om 9 : 05

    Goeie more almal. Hoop julle het n goeie nagrus geniet.

    Dit voel seker soos n Vrydag vandag.

    Daai moer van Oostenryk……hy moet aan die brand gesteek word , net nadat hulle sy tools in die openbaar afgesny het

  • 59. Adrie  |  April 30, 2008 om 9 : 07

    Klip

    Sodat almal hom moet inasem?

  • 60. Bos  |  April 30, 2008 om 9 : 07

    Klip

    Haai!!Hoe gaan dit vanmore?Lekker gewerk?? As jy is wie ek dink jy is, was jy al op M se nuwe site??

  • 61. Rolling Stone  |  April 30, 2008 om 9 : 08

    maar ag —shame , al die slim mense sal seker nou se hy het ook mense regte , en hy moet nou lekker in die tronk sit en vet word. Ek hoop as hy tronk toe gaan is daar , n groot “boudkapper” wat hom gaan laat buk

  • 62. Rolling Stone  |  April 30, 2008 om 9 : 10

    Hallo Bos …jou sesde sintuig het my uitgesnuif, ek was al daar , maar M sal bietjie moet werk aan daai kleure.

    Adrie , hy moet dan sommer deur die gat in die osoon laag ingesuig word….

  • 63. Bos  |  April 30, 2008 om 9 : 10

    Klip

    Nee, dood brand is nie die antwoord nie, en hy gaan tien teen eendag vir n ewigheid lank brand, so ek se: dip sy hand in suur dat sy vingers afgevreet word en dan sny ons sy tools af met n stomp broodmes, en dan gaan gooi ons hom in n tenk met net twee pirhanas, sodat hulle lank aan hom kan kou ….

  • 64. Bos  |  April 30, 2008 om 9 : 13

    Klip

    Ja, maar dit wil vir my voorkom of dit nie net haar blog is nie, lyk of sy hom deel met iemand, en ja, is bietjie heavy op die ogies!!

    Hoe lyk dit, gaan jy nou Sabie toe vir die naweek of ry jy ook Jan tuisbly se skedonk?

  • 65. Rolling Stone  |  April 30, 2008 om 9 : 15

    Ek gesels nou die dag met iemand , daar is mense daar buite wat die voorbeeldigste lewe lei , maar as hulle hulle huis se deur toemaak het die vrouens en kinders hel……amper dieselfde as daardie kinders wat opgesluit was.

    Waar is hierdie wetter se vriende , sy bure ….hoe stupid moet die mense nie wees nie ??

    Maar meeste mense sien die verkeerd vandag , en draai maar net n blind eye……want ons wil mos nie betrokke raak nie

  • 66. Rolling Stone  |  April 30, 2008 om 9 : 18

    My begeerte , is om in Sabie te wees Vrydag ……ek het nog nie verblyf gereel nie , maar as ek dink aan laas jaar dan gaan ek sommer in my bakkie slaap .

    Sover het my kollegas nog nie laat weet dat ek in een se plek moet werk nie

    Ek moet net daar uitkom ….

  • 67. Rolling Stone  |  April 30, 2008 om 9 : 20

    Het iemand al die seer van gevangenisskap in iemand se oe gesien , terwyl hulle met n glimlag rondloop en vir die wereld daar buite wys alles is ok….???

  • 68. Rolling Stone  |  April 30, 2008 om 9 : 21

    Ek gaan sommer op n eet staking ……..

  • 69. Rolling Stone  |  April 30, 2008 om 9 : 23

    @}`~~~~
    Vir al die dames …..

  • 70. Rolling Stone  |  April 30, 2008 om 9 : 28

    http://www.news24.com/News24/World/News/0,,2-10-1462_2314356,00.html

    Dis die link na vanoggend se berig in News 24

  • 71. Adrie  |  April 30, 2008 om 9 : 29

    Stone

    Hoekom wil jy honger ly?

  • 72. Rolling Stone  |  April 30, 2008 om 9 : 35

    In solidariteit met almal wat in gevangenisskap vasgevang is , waaroor hulle nie beheer het nie

    Ok Ok , dan wil ek sommer maerder word ook

  • 73. Adrie  |  April 30, 2008 om 9 : 38

    Daar kom die waarheid nou.

  • 74. Rolling Stone  |  April 30, 2008 om 9 : 41

    Ek kry mos elke jaar net n X by nm staan al op XXXL

  • 75. Adrie  |  April 30, 2008 om 9 : 51

    Klip

    Ek moet dalk saam met jou staak.

  • 76. Bos  |  April 30, 2008 om 9 : 54

    Klip

    Dit raak net elke jaar moeiliker om die damn goed af te kry. Ek was al op elke dieet denkbaar, van flippen Bio slim tot n kool sop wat jy heldag moet drink ….. Nou is ek by n vrou wat my weeg, ek eet wat ek wil, maar ek eet volgens punte. Geen inspuitings en sulke stront nie, en weet jy? Dit werk soos n bom!! Ek kan nog steeds eet wat al die ander mense eet, ek moet net oplet hoeveel ens. Ma, ja , ek weet hoe jy voel ….

  • 77. Tinkerbell  |  April 30, 2008 om 9 : 54

    Hallo!!

  • 78. Wipneus!  |  April 30, 2008 om 9 : 55

    Hello Almal,

    Bos daardie dieët laat my oge rek…. ek wil ook iets hê wat werk soos ‘n bom???

  • 79. Rolling Stone  |  April 30, 2008 om 10 : 00

    Hallo Tinkerbell….welkom.

    Adrie , kom ons almal staak ….dit kan net lekker wees , want dan het ek n rede om niks te doen nie.

    Hierts …daai koolsop ….ek weet van , en almal om jou weet ook van….

    Ek weeg ook my bier voor dat ek dit drink ….dit werk …..

  • 80. Rolling Stone  |  April 30, 2008 om 10 : 02

    Wipneus……hoe gaan dit???

    In Irak werk daai bom idee baie mooi …as daai cherrie ontplof is daar nou maar net mooi fkol oor

  • 81. Bos  |  April 30, 2008 om 10 : 03

    Tinks

    LO daar!!!!!!!!

    Wip

    Ja, in n maand se tyd het ek agt kg verloor!!! Ek het nog nooit so baie ge eet soos nou nie. Ek begin my oggend of met n bakkie meusli of tiger oats of n snytjie toast met bovril met n koppie koffie, tienuur moet jy n vrug eet en afhangende van die punte wat dit tel kan jy dalk twee vrugte eet met of n klein sapie of weereens koffie of tee.
    Middagete eet ek twee snytjies brood met tamatie en blaarslaai op en dan drie uur kan jy n beskuitjie saam met jou koffie eet en vanaand maak jy kos vir die gesin soos altyd maar jy weeg jou kos, bv as 10g spaghetti 5 punte tel dan werk jy nou net uit hoeveel punte jy oor het en jy eet lekker!!

  • 82. Rolling Stone  |  April 30, 2008 om 10 : 04

    Van daai koolsop het ek op my lazyboy ontplof , en sukkel nou nog om die merke af te kry ….

  • 83. Bos  |  April 30, 2008 om 10 : 06

    Klip

    Whhhaaaa hhaaa!! Almal weet …. Nee hel, ek het net twee weke uitgehou met daai goed toe gee ek op en ek het gewig opgetel, nevermind verloor en dan natuurlik soos jy se die ‘klankies’!!

  • 84. Rolling Stone  |  April 30, 2008 om 10 : 06

    Bos , jy moet nou wraggies net nie alles gaan staan en verloor nie ….

  • 85. Bos  |  April 30, 2008 om 10 : 08

    Klip

    NEEEEE!!!! Ag sies man, dit was nou regtig a need to know basis & I did not need to know!!!! 😆

  • 86. Verons  |  April 30, 2008 om 10 : 10

    Ja A3 dit was nogals scary gewees daai tyd want my dogter was net 3 jaar jonger as my boetie en sy was omtrent die kinders wat verdwyn het se ouderdom, ek was darem gelukkig om in daardie tyd halfdag te kon werk so ek on my kinders self by die skool op en af gelaai het, die dag waarvan ek praat moes ek my boetie gaan help het met ‘n taak en die klein wettertjie het toe mos die kans gewaag om uit te glip om vir sy meisie te gaan kuier! Ons was almal bietjie skepties oor die kind want haar ouers het toegelaat dat sy na skool in die winkelsentrum kon gaan rondhang tot wie weet watter tyd en sy het nie ‘n baie goeie invloed op my boetie gehad nie, dit was juis oordat hy so rongeloop het agter haar aan dat hy gehok was!!

  • 87. Bos  |  April 30, 2008 om 10 : 10

    Klip

    Nee, die kanse daarvoor is maar skraal. In ons familie is die vrouens maar gestraf met bates …. so al is ek hoe maer Dolly gaan sukkel om by te bly ….. o.k, nou nie heeltemal so erg nie, maar ons was onder die wat eerste in tou gestaan het vir dit!!

  • 88. Rolling Stone  |  April 30, 2008 om 10 : 11

    Dieete maak net dat my kop raas…

    Bietjie oorgewig en gelukkig is beter as maar en ongelukkig…..

    Hoe kan n mens gewig verloor , as jy na food channel kyk?. Het al wragtig n paar resepte probeer as ek daai mense so dophou ..

  • 89. Rolling Stone  |  April 30, 2008 om 10 : 15

    Verons…..deesdae is daar so baie winkel sentrums , en dis scary om te sien hoe die jong kinders daar rondhang…….ouers gaan laai die kinders af by n winkel sentrum en dink hulle gaan veilig wees , want dan kan die ouers bietjie uitkom sonder hulle kinders

  • 90. Wipneus!  |  April 30, 2008 om 10 : 18

    Sorry julle ek spring rond soos ‘n mak haas hier tussen die werk…

    Bos werk die punte amper soos die weight watchers storie?

    Hello Klip dankie vir my poison woorde!

  • 91. Adrie  |  April 30, 2008 om 10 : 19

    Julle moet Menlyn na 10 in die aande sien. Mens kan sien dat mense lanklaas skrik gemaak is.

  • 92. Bos  |  April 30, 2008 om 10 : 21

    Klip en Ma

    Nee dit is eintlik net k@k om te weet dat kinders nie meer mag kind wees nie. Ek meen, ons kon kwalik toe ons klein was tok tokkie speel, vandag weet kinders nie eens meer wat dit is nie, nog minder blikaspaai ens.

    Klip

    Is hoekom ek van die dieet hou, want ek hou van kos!!

  • 93. Rolling Stone  |  April 30, 2008 om 10 : 22

    ‘n Oom stop langs ‘n dogtertjie wat terugstap huistoe na skool. “As jy inklim sal ek jou ‘n suigstokkie gee.” Die dogtertjie hou net aan loop.
    Die ry stadig agter haar aan. Weer sê die oom “As jy inklim dan gee ek jou hierdie hele sak suigstokkies!” Die dogtertjie draai om en sê: “Pa, ek het al hoeveel keer vir jou gesê, ek ry nie in die fokken Ford nie!!”

  • 94. Wipneus!  |  April 30, 2008 om 10 : 22

    Sentrums is sleg!! Ek het nou die dag vir Centurion se bestuurder ‘n e mail gestuur….. hy sal nou na die saak kyk blah blah ‘n kind (waiter) was gesteek met ‘n mes!! Ons het kliënte uitgeneem vir ete, dit was net bloed! En ek en bloed is nie groot maats nie

  • 95. Bos  |  April 30, 2008 om 10 : 23

    Wip

    Amper, maar dit is n kombinasie van weighless en weight watchers, ens. Die vrou was ook amper op als en toe wip sy net eendag haar gat en begin self olees oor olies en koolhidrate en dinge. Sy is vandag n gekwalifiseerde dieetkundige. Sy hou haar gewig konstant al vir die afgelope agt jaar en sy lyk regtig dem goed!!

  • 96. Wipneus!  |  April 30, 2008 om 10 : 26

    Bos

    Nou wil jy nie asb vir Adrie die besonderhede gee dat sy dit asb vir my laat kry nie?

    😆 ek was so dogterjie klip, ek het geweier om in ‘n bakkie te ry??? Hoe weird is dit?

  • 97. Rolling Stone  |  April 30, 2008 om 10 : 27

    Wipneus …dis n groot plesier

    Bos dit klink of n mens al daai kos lekker in n piekniek mandjie kan pak en die hele dag rally kyk

  • 98. Adrie  |  April 30, 2008 om 10 : 29

    Stone

    WHAAAAHAAAAAHAAAHA

    Bos

    Ek is so oud soos jy en ek het geen idee wat blikaspaai is nie.

  • 99. Bos  |  April 30, 2008 om 10 : 29

    Klip

    WHHHAAA HAAA

    As Zoekoe jou nou hoor gaan jy dit kry …..!!! 😆

  • 100. Bos  |  April 30, 2008 om 10 : 30

    Adrie

    Nee!!!! ook bekend as bekruip die lantern. Jy moes dit al op veldskool gedoen het??

  • 101. Rolling Stone  |  April 30, 2008 om 10 : 30

    Ek het arm groot geword , daai tyd het die ooms nog met baaisiekels gery , en ons kinners weet van toonklap

  • 102. Bos  |  April 30, 2008 om 10 : 31

    Klip

    Yip, ma ek is eintlik die laaste ruk stout, en ons vat gewoonlik n coolbox nie n mandjie nie …..

  • 103. Adrie  |  April 30, 2008 om 10 : 31

    Veldskool?

    Wat is dit?

  • 104. Rolling Stone  |  April 30, 2008 om 10 : 32

    Ek het ook die bekruip ding gedoen , maar daar was nie lanterns nie ….net moeilikheid, was ook nog nooit op veldskool nie , net verbetering skool

  • 105. Bos  |  April 30, 2008 om 10 : 33

    Adrie

    Is jy seker jy is so oud soos ek???

  • 106. Wipneus!  |  April 30, 2008 om 10 : 33

    😆 julle is vanoggend weer op julle stukke

  • 107. Rolling Stone  |  April 30, 2008 om 10 : 34

    BOS ….ek se ook mos….coolbox dieet werk , oom Jack Daniels is my persoonlike raadgewer , en Jameson my prokureur. Dis waar ek geleer het om alles te weeg…..twee vingers whiskey en 4 vingers water

  • 108. Adrie  |  April 30, 2008 om 10 : 35

    Grappie

    Ons is geskip met veldskool. Daar was besluit dat net elke 2de jaar ‘n groep op veldskool gestuur gaan word. Dus was ek in st 5 geskip omdat ek dit dan in st 8 sal doen. In st 8 weier die skoolhoofdrol dat ons mag gaan. Die onderwysers het ‘n groot bohaai op geskop dat hy later toegegee het dat die volgende jaar se st 8s mag gaan. En almal na hulle, maar nie ons nie.

  • 109. Adrie  |  April 30, 2008 om 10 : 35

    Bos

    Plattelandse skool, jy weet mos.

  • 110. Bos  |  April 30, 2008 om 10 : 38

    Klip

    Ja, goeie ‘mense’ om te ken. Southern comfort is nou weer die naam van my sielkundige en ek kuier gereeld by Hunters extreme!!

  • 111. Bos  |  April 30, 2008 om 10 : 39

    Adrie

    Was nou weer in std 3 en 5 op veldskool, maar std 8 was ons ook geskip omdat die vorige jaar se ouens so stout was …

  • 112. Bos  |  April 30, 2008 om 10 : 44

    Hei julle

    Ek moet ook amper groet, moet eintlik maand einde doen, so julle moet gesels!! KOM, KOM!!

  • 113. Adrie  |  April 30, 2008 om 10 : 45

    Die Kaptein wat in goue speserye handel dryf is my vertroueling. Ek hou ook van Suidelike Vertroosting.

    He He – My dop budget vir die jaar. 1 bottel suidelike vertroosting en 2 L OBS.

  • 114. Rolling Stone  |  April 30, 2008 om 10 : 46

    Twee jaar agtermekaar op veldskool , altwee keer toe ek in std 5 was , na die laaste een toe se die onnie vir my ek kan maar gaan werk want ek het nou std 10

  • 115. Adrie  |  April 30, 2008 om 10 : 49

    Bos

    Ek praat mos, my dammit.

  • 116. Adrie  |  April 30, 2008 om 10 : 49

    Ek praat dan alleen.

    Ek dink aan planne om vroeg weg te loop vandag.

  • 117. Adrie  |  April 30, 2008 om 10 : 50

    Help my dink aan ‘n verskoning.

  • 118. Adrie  |  April 30, 2008 om 10 : 51

    Dalk moet ek awol.

  • 119. Rolling Stone  |  April 30, 2008 om 10 : 51

    Bos …..jou werk raak agter 🙄

  • 120. Bos  |  April 30, 2008 om 10 : 51

    Adrie

    Dit is maar min …. daai budget van jou sal in my hande in die naweek beslis sy gat sien ….!!!

    Klip

    Whhhaaa hhaaaa!!

    Jy laat my nou dink aan ou Van.

    Wat het Van gemaak to hy hoor hy het std. 3 geslaag?
    >
    >
    >
    >
    Hy het sy baard geskeer …… Flou ja ek weet!!!

  • 121. Adrie  |  April 30, 2008 om 10 : 53

    Ek praat dan tog met myself.

  • 122. Bos  |  April 30, 2008 om 10 : 53

    Klip

    Wil jy nou nie meer saam my kuier nie??? So, ek moet maar vir jou uitkyk in Witrivier???

    Adrie

    Se daar is n fam. krisis in G/k en jy moet dadelik ry …..

  • 123. Adrie  |  April 30, 2008 om 10 : 54

    Bos

    Grap is, dit hou my die hele jaar. Ek koop in Desember SoCo en in die winter OBS.

  • 124. Rolling Stone  |  April 30, 2008 om 10 : 54

    Adrie , se vir hulle jy moet jou ginekeloog gaan sien…….niemand sal vrae vra nie

  • 125. Adrie  |  April 30, 2008 om 10 : 55

    Bos

    Het jy nog nie gehoor van ek, Sam, ons drieling en Karma nie?

  • 126. Adrie  |  April 30, 2008 om 10 : 55

    Stone

    Het jy nog nie gehoor van ek, Sam, ons drieling en Karma nie?

  • 127. Verons  |  April 30, 2008 om 10 : 56

    Stone mens kan seker baie debateer oor winkelsentrums, maar toe ek jonk was het ons baie by Sterland uitgehang as ons nie gaan ysskaats het nie, het ons gaan fliek en toe my kinders bietjie ouer was, was daar ‘n games arcade en go-carts! Ek kon my kinders met ‘n geruste hart so 6urr daar afgelaai het en weer so 10 opgelaai het! Alhoewel ek maar net oorkant die pad by Oscars gekuier het! 😉
    Nou vra ek die vraag wat is die verskil tussen Sterland (destyds) en die Kolonade? Die ysskaats baan, flieks en die game arkade is als daar! Maar glo my…….. as my kinders nog op skool was sou ek not de donner hulle net daar gaan aflaai het nie!
    Inteendeel toe hulle op hoërskool was, was die kolonade al daar met al die geriewe, my dogter het daar by die Spur gewerk en ek het haar afgelaai vir werk en sy moes my bel sodra hulle klaar gewerk het dan het ek haar weer opgelaai, maar as hulle wou gaan skaats het, het ek sommer in die Spur of in een van die eetplekkies reg oor die skaatsbaan gesit en wag vir hulle om klaar te maak, my seun hou nie van skaats nie en hy wou net die hele tyd games speel en ons het ‘n reëling gehad elke 20min moet hy by my kom draai dat ek kan sie hy is okay, as hy nie na 20min by my is nie het ek hom gaan soek en as die mannetjie “vergeet” het van die tyd kan hy ook vergeet om verder te speel maar as hy in die middel van ‘n game was dan gee ek so bietjie skiet! 😉

  • 128. Rolling Stone  |  April 30, 2008 om 10 : 56

    Bos

    Ek moet gou n turbine gaan opstart….ek het nog 5 min.

    Maar ek loer later as ek klaar is weer in …..

    YES YES Witrivier hier kom ek

  • 129. Wipneus!  |  April 30, 2008 om 11 : 03

    Verons ek is presies dieselfde, hulle noem ons oorbeskermde ouers 😆

  • 130. Adrie  |  April 30, 2008 om 11 : 14

    Nuwe blog

  • 131. Lavonne Botha Murray  |  Desember 5, 2017 om 1 : 31

    Goeie dag Verons……. kan jy my dalk kontak asb

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za