Pap wiele

September 10, 2009 at 5 : 56 21 Kommentaar

Daar is altyd ‘n manier om van iemand se irriterende gewoontes ontslae te raak.  Jy kan van jou lewensmaat skei as hulle gewoontes jou nie aanstaan nie.  Jy kan mense vermy, hulle vermoor of sommer net siende blind raak.  Daar is hoop.  Maar wat te duiwel maak jy as jou eie gewoontes jou irriteer?

Iets wat my teen die mure kan uitdryf is my verstrooidheid.  As my kop nie aan my lyf vas was nie, het ek dit seker altyd vergeet.  Erger, ek sou dit al verloor het.  Ek is die mens wat na ‘n vergadering sal gaan, maar die belangrike dokument vir die vergadering by die huis sal los.  Ek is al malle sonder tal sonder my selfoon, werk toe.  Sonder ‘n selfoon huistoe.  My sleutels al in die kerk vergeet.  Huis toe sonder my huissleutels. 

Dit maak my wiele pap.  Daar skort niks met my geheue nie, tog vergeet ek soms om suiker in my koffie te gooi.  Dit is ‘n ontnugtering met die eerste sluk, maar dit kan nog gaan.  Ek weet egter ek het twee voete.  Hoekom sal ek dan net een skoen inpak?  Dit maak mos geen sin nie.  Dit sal ek gewoonlik ook eers besef wanneer dit te laat is.

Dit is dikwels goed wat net logies is.  Ek wag nog eintlik vir daardie dag wat ek met my pantoffels uit sal gaan.  Of wag.  Ek het een aan in Kies en betaal afgekyk en gesien ek is daar met my PJ broek.  Regtig.  En toe kom ek agter hoe vreemd die mense my uitkyk.  Dit herinner my, ek is al uit ‘n winkel nadat ek betaal het, sonder om my inkopies te vat.

Weet julle hoeveel tyd, energie, chaos, petrol en geld sou ek gespaar het as my varkies mooi in hulle kampie gebly het?

Daar is altyd ‘n possitiewe kant aan enige iets.  Weet julle hoe lekker is dit om geld te kry waarvan jy al vergeet het?  Veral as dit op ‘n weird plek is?  Dit is so goed om ‘n seerowerskat op te spoor, sonder moeite. 

Daar het julle dit nou.  Waarmee blaas jy jou eie wiele af?

Blogvraag:  Waarin is die woord Nerd vir die eerste keer gedokumenteer?

Blogantwoord:  Willes was reg met Armani.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Wie dra die broek? Die beswaarde onreine waarheid

21 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  September 10, 2009 om 6 : 23

    Eerste!!!!!

  • 2. Wille Kjind Q  |  September 10, 2009 om 6 : 24

    Ek weet! Ek weet!

    Dr Seuss. Titel was iets van ‘n zoo. Nwt
    ……… Gat gou google

  • 3. Wille Kjind Q  |  September 10, 2009 om 6 : 26

    If I ran the zoo – Dr Seuss

    Phew!! Vir ‘n oomblik het ek gedink eks gesjuip

  • 4. Wille Kjind Q  |  September 10, 2009 om 6 : 28

    Ek het so 6 jaar trug dit iewers raak gelees. Ek onthou dit wassi tyd toe ek M verwag het. Ek moes doodstil lê en niks doen. My enigste entertainment was lees en movies kyk

  • 5. Wille Kjind Q  |  September 10, 2009 om 6 : 33

    Joh! Pateetlaan het ‘n age restriction van 13. Sjoe! Dis nou vi jou ‘n ding

  • 6. Wille Kjind Q  |  September 10, 2009 om 7 : 48

    He! He! Nou eers die post gelees😯

    Ek dink ek het julle al vertel van die tyd toe ek willtuin toe gery het met my se slippertjies aan.

    Da aan gekom toe besef ek dat ek vigeet het om skoene in te pak!

    Whuhahahahahahhaha!!!!!

    Ek het daai eerste dag spandeer met slippertjies aan en eers die volgende dag plakkies gat koop. Gelukkig weet ek daas mense wat al maller dinge aangevang het:mrgreen:

  • 7. Adrie  |  September 10, 2009 om 8 : 14

    Hie Hie Hie

    As ek net 5c kan kry van alles wat ek al vergeet het.

  • 8. Adrie  |  September 10, 2009 om 9 : 06

    Ek is lus om tennis te gaan speel.

    Ek sal maar moet gaan tjoklit eet tot die feeling verby waai

  • 9. Girl van die Suburbs  |  September 11, 2009 om 2 : 56

    Lekker-Lekker… Jy het huiswerk!:mrgreen:

  • 10. Wille Kjind Q  |  September 11, 2009 om 5 : 19

    More! More! *GAAAAAAP*

    Ek het my boek tot inni klein ure vanni nag gelees EN met ouboet Mario gechat. Ek is op soos ou brood. Wonner hoe ek deur hierie dag gat kom. Is da Salusa 12 al oppi mark😕

  • 11. Wille Kjind Q  |  September 11, 2009 om 6 : 12

    Miskien moet nou ma ry……… Anners gat ek in my moer laat wees

  • 12. *Mathilda*  |  September 11, 2009 om 7 : 21

    More

  • 13. Beeld  |  September 11, 2009 om 8 : 14

    Die geslagstoetse wat op die Suid-Afrikaanse atleet Caster Semenya gedoen is, het aangetoon sy het nie ’n baarmoeder of eierstokke nie.

    So berig die Australiese koerant The Daily Telegraph op sy webwerf.

    Semenya gaan glo aangeraai word om so spoedig moontlik ’n operasie te ondergaan omdat haar toestand baie ernstige gesondheidsgevare inhou.

    Luidens die berig het die toetse aan ook die lig gebring Semenya het inwendige testikels wat testosteroon vervaardig. Semenya het glo drie keer meer testosteroon as ander vroue-atlete.

    Die toetse op die 18-jarige Semenya is met verlede maand se Wêreldbyeenkoms in Berlyn, Duitsland, gedoen waar sy die goue medalje in die 800 m vir vroue gewen het.

    Die Telegraph sê ’n goed ingeligte bron na aan die Internasionale Vereniging van Atletiek-federasies (IAAF) se ondersoek sê daar is bewyse dat Semenya hermafrodities (tweeslagtig) is.

    “Die probleem wat die IAAF het is dat die hele ANC en die hele Suid-Afrika op sy rug is.

    “Alles wat gedoen word, moet presies volgens die boek gedoen word en dit moet bo verdenking wees,” het die bron gesê.

    Vroeër gister het mnr. Pierre Weiss, sekrataris-generaal van die IAAF, aan die nuusagentskap AFP gesê dit is duidelik dat sy (Semenya) ’n vrou is, maar sy is dalk nie 100% vrou nie. Dalk word sy bevoordeel dat sy so half tussen geslagte is.

    Weiss het gesê Semenya se geval sal op ’n uitvoerende raadsvergadering van 20-21 November bespreek word en dat die IAAF tot dan nie bereid is om enige inligting daaroor bekend te maak nie.

    Semenya sal dan ook weet of daar nog vir haar ’n toekoms as internasionale atleet is.

    “Ons het steeds nie al die uitslae nie,” het Weiss gesê.

    “Die uitslae wat reeds tot ons beskikking is, moet aan deskundiges vir evaluering voorgelê word. Ons dilemma is of ons deskundiges van buite die IAAF moet gebruik, of ons moet toelaat dat ons mediese komitee die evaluering doen en of dit deur albei gedoen moet word.”

    Volgens Weiss kan die IAAF deur die regulasies van mediese geheimhouding verhinder word om al die uitslae van die toetse wat op Semenya gedoen is, bekend te maak. Semenya gaan die media môre op ’n mediakonferensie van Atletiek Suid-Afrika (ASA) by die Universiteit van Pretoria se High Performance Centre toespreek.

    Weiss het gesê dit is agtste geval oor ’n atleet se geslag wat die IAAF sedert 2005 ondersoek.

    Vier van die atlete is gevra om nie verder aan atletiek deel te neem nie.

    – Beeld

  • 14. Beeld  |  September 11, 2009 om 8 : 22

    Hilda Fourie

    ’n Pretorianer se enigste kind het op sy lyk afgekom nadat hy vermoedelik met ’n graaf oor die kop geslaan en met ’n mes gesteek is.

    “Hulle het hom regtig verniel,” het mev. Anya Swart gister oor haar pa, mnr. Sarel Koekemoer (69), gesê nadat sy hom Dinsdagaand in die badkamer van sy huis in Bultfontein, noord van Pretoria, gekry het.

    Drie mans, waarvan een af en toe vir Koekemoer gewerk het, is binne 24 uur ná die moord vasgetrek. Koekemoer se selfoon, vuurwapen en kontant is in hul besit gevind.

    Swart (43) het Dinsdagaand begin bekommerd raak toe haar pa nie oudergewoonte by hulle in Onderstepoort kom eet het nie.

    Hy het ook nie sy telefoon geantwoord nie.

    Sy het na sy kleinhoewe gery. By die kleinhoewe moes sy deur die draad klim omdat die hek gesluit en alles donker was.

    Die huis se kombuisdeur en veiligheidshek was toe, maar nie gesluit nie. Swart het haar pa in die badkamer gesien lê.

    “Ek het aan hom gevat en gevoel hy is klaar yskoud,” het sy vertel. “Ek het uitgegaan en my man (mnr. Jan Swart), wat by ’n gemeenskapspolisiëringsforum (GPF)-vergadering was, gebel.

    “Toe ek teruggaan (in die huis), het ek die lig aangesit. Hy het in ’n verskriklike plas bloed gelê.”

    Mnr. Swart het polisielede, wat by die vergadering was, gevra om die Hammanskraal-polisiekantoor te kontak. Die polisie was binne minute op die toneel.

    Volgens Swart word vermoed Koekemoer is in die tuin oorval en met ’n graaf geslaan. Die aanvallers het hom toe in die huis geneem waarna hy minstens twee keer met ’n mes gesteek is.

    “Die wreedaardigheid van mense is ongelooflik. Dis hartelose mense dié,” het Swart gesê.

    “Ek dink heeltyd aan wat hy (Koekemoer) moes deurmaak tot waar hy in ’n plas bloed geëindig het.”

    Me. Tarien Cooks van die Hammanskraal-GPF het gesê die brandweer en lede van die gemeenskap het Dinsdagmiddag male sonder tal verby Koekemoer se huis gery omdat hulle besig was om ’n brand daar naby te blus.

    “Ondanks soveel beweging het die misdadigers hom steeds vermoor,” het Cooks gesê.

    Mnr. Swart het gesê die polisie se vinnige optrede om die verdagtes vas te trek, “gee ’n mens ’n bietjie gemoedsrus”.

    Die polisie kon nie vir kommentaar bereik word nie.

    Koekemoer laat ook twee kleinkinders, Cornélle (13) en Esmiralda (18), agter.

    – Beeld

  • 15. Beeld  |  September 11, 2009 om 8 : 30

    Cobus Coetzee

    Jongmense sal binnekort weer diensplig moet doen – maar dié keer as barmhartigheidsdiens.

    Mnr. Andile Lungisa, voorsitter van die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NJOA), het gister gesê hulle kyk daarna om wetgewing te wysig wat jongmense wat pas skool verlaat het, te verplig om ’n soort diensplig te doen.

    Hy het nie gesê wanneer die wysiging sal kom nie.

    “Dit sal meestal barmhartigheidsdiens wees. Ons wil ’n sosiale bewussyn onder jongmense kweek,” het hy gesê.

    Die NJOA beoog om 500?000 jongmense op te kommandeer en wil uiteindelik meer as 1?miljoen jongmense by die NJOA se projekte betrokke kry.

    “Daar moet in elkeen van die 183 munisipaliteite ’n kantoor vir die agentskap geskep word. Jongmense moet daar aanmeld en by projekte aansluit,” het Lungisa gesê.

    Volgens hom behoort studente, wat op universiteit is en lenings ontvang, verplig te word om gemeenskapsdiens van tussen drie tot ses maande te doen.

    “Hulle moet hul nuwe vaardighede terugploeg in die gemeenskap,” het Lungisa gesê.

    Hy glo Suid-Afrika behoort na Kuba te kyk en hoe hulle ’n bewussyn van verantwoordelikheid en nie-rassigheid onder die jeug kweek.

    “Die Kubane het geen misdaad nie, want daar staan op elke hoek ’n jongmens wat gemeenskapsdiens doen,” het hy gesê.

    Lungisa ontken sy planne sal ’n netwerk van jong spioene skep.

    “Ons wil ’n basis van jongmense hê wat as daar nood in die land of elders in Afrika is, hulp kan verleen.

    “En dié wat werkloos is, kan nuwe vaardighede kry.”

    Lungisa meen almal sal ’n toelae ontvang.

    – Beeld

  • 16. Beeld  |  September 11, 2009 om 8 : 35

    Sonja van Buul
    Vanderbijlpark – “Ek het elke oggend so gesukkel om Brian wakker te maak en nou kan ek dit nie eens meer doen nie.”
    So sê mnr. Vic Gertzen van Vanderbijlpark nadat sy jongste seun, Brian (22), Saterdag kort ná 21:00 in ’n motorongeluk in dié dorp dood is.

    Brian en drie vriende het ’n vriendin in nood te hulp gesnel toe hy op ’n draai in Rossini-boulevard beheer oor hul voertuig verloor en teen ’n boom gebots het.

    Brian, mnr. Gerhard Botes (20), me. Angie Ballantyne (21) en Saskia Sayers (15) was op pad na ’n partytjie van ’n vriend wat 21 geword het.

    “Brian-hulle het vleis en ys vir ’n braaivleis gaan koop, toe die vriendin vir hulp bel,” het sy ma, Meisie, hartseer gesê.

    Volgens mnr. Gertzen het sy seun altyd uit sy pad gegaan om ander te help.

    “Dit het nou waarskynlik sy dood veroorsaak.”

    Vriende en omstanders het geskok op die grusame ongelukstoneel rondgestaan terwyl ER24-paramedici vergeefs om Brian se lewe geveg het.

    Die ouerige model Toyota Conquest waarmee die vriende gery het, behoort aan een van Brian se vriende.

    Balantyne en Saskia is na die Vereeniging Medi-Clinic geneem waar hulle vir geringe beserings behandel is.

    Botes is by die Sasolburg-hospitaal behandel en is ook nie ernstig beseer nie.

    Volgens sy ouers was Brian lief vir rekenaars, skaak en motorfietse.

    Mnr. Brian Douglas, Brian se oom, het gesê hy was die enigste familielid wat saam met hom visgevang het.

    “Hy was ’n hengelaar van formaat en ek het my hengelmaatjie verloor,” het hy gesê.

    “Hy het altyd sy eie kop gevolg, maar hy was ’n getroue, behulpsame vriend in sy groot vriendekring,” het sy pa gesê.

    Die ouers sal onthou hoe
    Brian, sonder hul toestemming, sy hoëtroustel verkoop het om mense te help wat nie hul munisipale rekening kon betaal nie.

    “Dit is hoe Brian was.”

    Benewens sy ouers word hy oorleef deur ’n broer, Shaun (26).

    Hy word môre om 14:00 vanuit die Maranatha-aanbiddingsentrum op die hoek van Bernini- en Bramatestraat in Vanderbijlpark begrawe.

    Sy motorfietsvriende beplan om Brian met motorfietse na sy laaste rusplek te begelei.

  • 17. Nelba  |  September 11, 2009 om 9 : 09

    Ja, ek is ook vergeetagtig. Al bg voorbeelde wat jy genoem het, het my ook al oorgekom.Die enigste iets wat ek nog nie erens vergeet het nie, is ‘n kind en dit ook net omdat hulle neig om ‘n vreeslike keel op te sit as mens dit doen.

  • 18. *Mathilda*  |  September 11, 2009 om 9 : 42

    6 rooflesers – hmmmmm

  • 19. *Mathilda*  |  September 11, 2009 om 9 : 43

    Die rooflesers is ook vergeetagtig – hulle vergeet om te praat !

  • 20. *Mathilda*  |  September 11, 2009 om 9 : 46

    As ek moet pak om iewers heen te gaan doen ek dit niks meer as 30 minute voor die tyd nie, as ek lank voor die tyd pak vergeet ek die helfte van die goed maar met die 30 minute het ek nog nooit iets vergeet nie.

  • 21. Coyote  |  September 11, 2009 om 10 : 12

    Loda

    Ek doen dit ook so op die nipertjie as ek lank voor die tyd pak het my kjenners dit al lank al weer uit gepak en dan is jy verseker dat jy iets gat vergeet.

    so gepraat van pak dis my voorland vir die volgende paar naweke sien nie juis daarna uit nie maar heng iemand moet dit doen ek sal maar net seker maak dat S slaap as ek pak anders is dit a waste van tyd🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: