Kattegoeters

Oktober 21, 2008 at 6 : 12 316 Kommentaar

Ek is nie n kattemens nie. Glad nie. Moet my egter nie se om van katterjansie ontslae te raak nie. Daar sal bloed vloei. Dit sal nie my of kattiegoed se bloed wees nie.

Ek het geweet wat n kat is. O, ja! My ouma het n kat gehad. So swart en wit verhewe skepsel. Hy het altyd op die vensterbank gesit, met sy rug op ons gekeer. Hy moes elke dag van sy lewe ‘n skon kry. Met soet koffie om dit af te was. Anders as om hom te sien sy skon en koffie so fyntjies verorber, het ons die kat net op die vensterbank gesien.

Ek was 16 jaar oud toe ek die eerste keer ‘n kat aangeraak het. My pa het n kat gesoek om werk toe te neem. Ek het vir hom 1 gekry. My sussie, toe 8, het so verknog aan hom geraak, Dad kon hom nie werk toe neem nie. Sy het hom Kietie genoem. Hy was die grootste kat wat ek al ooit gesien het. Foxterrier se moses. Hy was groter. Dan praat ek nie van die kamma kortbeen foxie nie. Aikona, foxterrier in al sy glorie. As sus skool toe gegaan het, het Kietie saam gestap tot onder op die hoek. Daar sou hy bly sit Maanday tot Vrydag tot die trein waarin sy skool toe gegaan het vertrek het. Hoe hy geweet het die trein het vertrek, is bokant my. As hy weer straat afstap, hetsy 10 vm of 4nm kon jy maar weet sy is op die trein. Gewone tyd van aankoms was sowat 15.15. Daar vandaan sou hy saam met haar huis toe stap. Sy het hom enige naam genoem en hy sou kom as sy geroep het. Bedtyd het sy hom beetgekry, sy kop onder haar arm en sy pote feitlik op die grond. Gedwee het hy gelê. Kop langs hare op die kussing, lyf in die bed. Wanneer hy daar opgestaan het, het ons geweet sy slaap nou vas.

Toe kry ons Matroos. Matroos het gou genoeg gewys hy is eintlik n sy. Sy het kietie nooit op sy skooltogte hoek toe vergesel nie. Sy was n baie liefdevolle kat, maar teen Kietie se sterk persoonlikheid was sy vaal.

My eerste eie kat was Columbus. Ek het hom gekry toe sy ogies nog toe was. Sy ma het dood huis toe gekom. Dis mos maar die lot van meeste katte. Ek het hom met n poptietie grootgemaak. Hy het soos n hondjie agter my aangeloop. Sy agter pote wydoopgesprei soos hy gehardloop het om by te bly. Hy was dol oor karry. Veral as hy op die kar se dak kon sit. by die hoek sou hy afspring en huis toe gaan. Hy was ook n groot kat. Hy was omtrent 1 jaar oud toe ons telefoon laat insit het. Ons het die vorige dag n oulike baster pughondjie gekry. Nadat die telefoon geinstalleer was, het die tegnikuste maar vir brakwan ook in hulle gereedskapsak gepak. Hulle sit toe vinnig af deur toe. Voordat ek iets kon doen, het Columbus hulle aangeval. In hulle haas om weg te kom, het hulle die sak laat val en brakwan het ontsnap. Columbus het hom aan sy nekvel opgetel en voor my voete kom neersit. Hy het die hond, wat nie heeltemal gespeen was nie, leer eet. Hy het die prooi geword van stout seuns wie hom amper dood geslaan het. Hy het herstel en met staalpen in sy heup aangegaan. Gangereen het egter binne bestek van n jaar gevolg en sy lewe geeis. 

Toe kry ek vir Lulu. Swart en wit met n stompstert. Sy was n legende. Kwaaier as enige hond. Niemand wat Lulu ooit ontmoet het sal haar ligtelik vergeet het nie. Meeste van ons dra nog haar erfenis iewers op ons bene. Sy het nie gekrap of gekap nie, sy het jou eenvoudig vasgevat en gebyt. Daar het mense met ‘n spanjoel oorkant ons gewoon. Soos spanjoele maar is, het die dierasie tot vir sy skaduwee geblaf. As sy genoeg van sy geblawwery gehad het, het sy oor die pad genael en hom goed opgeneuk. Dan sou sy gerus op boomtak bokant hom gaan sit en haarself bad. Terwyl die histeriese hond se baas hom in die huis in neem. Sy was n kaktus. Vrek was nie n opsie nie. Ons moes haar laat uitsit toe sy n volle 18 jaar oud was. Sy kon haarself toe nie meer versorg nie. Sy kon nie meer na buite stap om ablusies te doen nie. Ek moes haar in en uit dra.

My seuns en Homer het Jam in die boiler gevind. Een dag voordat die boiler gestart sou word. Sy ogies was ook nog toe. Ons moes hom met streling stimuleer om te ontlas. Hy ook is met n popbottel groot gemaak. Gemmerkat en die liefde self. Hy het hoogtevrees gehad. As ons nie tuis was en dit het begin reen, sou ons tuis gekom het en hom omder die oorhang van die dak, op die grond waar dit droog was gevind het. Hoender, hoender, makou, hoender, kat, makou ens. Dit terwyl die venster skamele sentimeters bokant sy koop oop was. Hy sou beslis tussen die sparre van die diefwering kon deurgaan. Dikwels het hy hom in n nes, langs n broeishen gaan tuis maak. Gereeld ook nes met pas uitgebroeide kuikens wat hy met die hen deel. Dan sit hy en sy henne vriendin rustig en sluimer met ouer en dapperder kuikens wat oor hulle skarrel. Jam het 1 vice gehad. Hy was dol oor marie biscuits. Maak nie saak waar die kinders it sou wegsteek nie, hy sou dit uitsnuffel en verorber. Hulle kon vlug, hy sou agterna. Marie biscuits het elke keer n krimineel van hom gemaak. Tog het die bure hom vergiftig omdat hy kwansuis hulle kuikens gevang het. Nare bliksems!

Dit bring my by die huisbaas. Rusty. Hy was n maer vlooigevrete affêretjie toe ons hom in 2003 aangeneem het. Hy het binne n week vasgesit in die rotgom. Ek moes sy pels wat vasgesit het teen die vel afsny om hom los te kry. Hy weet presies wie nie van katte hou nie. Op daardie mens se skoot sal hy hom dan gaan tuismaak. As hy dors is, vra hy vir water. Dit word in straaltjie in sy bak gedrup. Hy drink dan van die straaltjie. As hy kos wil he, kies hy sy kelner. Dan word die uitverkorene kas toe geneem. Daar sal hy teen die kas wag tot sy skeppie kos uitgehaal is dan loop hy na sy bak toe. Dikwels maak ek of ek dit in bessie se bak gaan gooi. Dan druk hy my hand met sy kop na sy eie bak toe. As my noolste nolie met sy nr 14 pienk voetjies kaalpoot loop dan val rusty sy voeie aan. Hy het geen genade met daardie pienk pote nie. Hy was geleer om niks uit mens se hand of van die grond af te eet nie. Nolie smyt 1dag stuk biltong op die grond en Rusty trek sy neus daarvoor op. Bessie het dit gegryp n opgevreet. Nool sny nog n stuk af en smyt dit voor Rusty neer. Weer trek hy sy neus op. Begin sy gesig was. Toe Bessie egter beweeg, toe gryp hy die biltong, sit dit self in sy bak en vreet dit op. Een aand het hy ingekom, moerawies groot rot in sy bek. Tumi het op hom geskree. Hy het die rot laat val. Die ding het nog dronk sy pote gesoek toe rusty hom weer beet gekry het. Kombuis toe gesteier met die spartelende rodent in sy kake. Ek was in die kombuis besig toe hy daar ingestrompel gekom het. Die rot in sy bak neergesmyt en terug geskree het voordat hy weer die rot mening beetgekry het en ek daar uit gestorm het.

Wie se nog n kat het nie karakter nie? Wat doen die katte in julle lewe wat hulle uniek, geliefd of gehaat maak? (Dis meer n vollengte boek as n post. Dis jou eie skuld juf annie. Jy het gevra vir al die katte in my lewe.)

Olga.

Blogvraag:  Wie het die gedig, Cat (Mr Cat, on the mat), geskryf?

Blogantwoord:  Olga was reg.  Sara se lyk was agter ‘n perd aangesleep dat die inwoners kon sien wat gebeur met iemand wat sy eie lewe neem.

Entry filed under: Uncategorized.

Moeg vir die lewe Woorde die moeite werd om te leen

316 Kommentaar Add your own

  • 1. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 4 : 26

    Grrrr…

  • 2. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 4 : 29

    NJRRRRR

  • 3. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 4 : 32

    SSSSSSSSS

  • 4. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 4 : 38

    AAAAAAAA

  • 5. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 4 : 40

    *Wys net tande*

  • 6. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 4 : 50

    THE WINNER TAKES IT ALL!!!!!

    ABBA!!!!

    Mooi man Jac dis mos ABBA!!

  • 7. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 4 : 53

    Dit is ‘n blerrie wonderwerk.

    Aplous.

  • 8. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 4 : 56

    *Klap hande*

  • 9. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 4 : 59

    Koebaai julle!!!

    Lekker middag verder en mooi ry!!!!!

  • 10. WILLE KJIND Q  |  Oktober 22, 2008 om 5 : 30

    Testing

  • 11. WILLE KJIND Q  |  Oktober 22, 2008 om 5 : 31

    GGGRRR!!!!!!!!!!

  • 12. WILLE KJIND Q  |  Oktober 22, 2008 om 5 : 32

    Nous ek seke wee all by myself

  • 13. WILLE KJIND Q  |  Oktober 22, 2008 om 5 : 32

    Iemand?

  • 14. WILLE KJIND Q  |  Oktober 22, 2008 om 5 : 33

    Enige Iemand?

  • 15. WILLE KJIND Q  |  Oktober 22, 2008 om 5 : 36

    ( ( ( ( ( ( ( ( ( ( H A L L O ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! ) ) ) ) ) ) ) ) ) )

  • 16. WILLE KJIND Q  |  Oktober 22, 2008 om 5 : 39

    👿

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za