Kattegoeters

Oktober 21, 2008 at 6 : 12 316 Kommentaar

Ek is nie n kattemens nie. Glad nie. Moet my egter nie se om van katterjansie ontslae te raak nie. Daar sal bloed vloei. Dit sal nie my of kattiegoed se bloed wees nie.

Ek het geweet wat n kat is. O, ja! My ouma het n kat gehad. So swart en wit verhewe skepsel. Hy het altyd op die vensterbank gesit, met sy rug op ons gekeer. Hy moes elke dag van sy lewe ‘n skon kry. Met soet koffie om dit af te was. Anders as om hom te sien sy skon en koffie so fyntjies verorber, het ons die kat net op die vensterbank gesien.

Ek was 16 jaar oud toe ek die eerste keer ‘n kat aangeraak het. My pa het n kat gesoek om werk toe te neem. Ek het vir hom 1 gekry. My sussie, toe 8, het so verknog aan hom geraak, Dad kon hom nie werk toe neem nie. Sy het hom Kietie genoem. Hy was die grootste kat wat ek al ooit gesien het. Foxterrier se moses. Hy was groter. Dan praat ek nie van die kamma kortbeen foxie nie. Aikona, foxterrier in al sy glorie. As sus skool toe gegaan het, het Kietie saam gestap tot onder op die hoek. Daar sou hy bly sit Maanday tot Vrydag tot die trein waarin sy skool toe gegaan het vertrek het. Hoe hy geweet het die trein het vertrek, is bokant my. As hy weer straat afstap, hetsy 10 vm of 4nm kon jy maar weet sy is op die trein. Gewone tyd van aankoms was sowat 15.15. Daar vandaan sou hy saam met haar huis toe stap. Sy het hom enige naam genoem en hy sou kom as sy geroep het. Bedtyd het sy hom beetgekry, sy kop onder haar arm en sy pote feitlik op die grond. Gedwee het hy gelê. Kop langs hare op die kussing, lyf in die bed. Wanneer hy daar opgestaan het, het ons geweet sy slaap nou vas.

Toe kry ons Matroos. Matroos het gou genoeg gewys hy is eintlik n sy. Sy het kietie nooit op sy skooltogte hoek toe vergesel nie. Sy was n baie liefdevolle kat, maar teen Kietie se sterk persoonlikheid was sy vaal.

My eerste eie kat was Columbus. Ek het hom gekry toe sy ogies nog toe was. Sy ma het dood huis toe gekom. Dis mos maar die lot van meeste katte. Ek het hom met n poptietie grootgemaak. Hy het soos n hondjie agter my aangeloop. Sy agter pote wydoopgesprei soos hy gehardloop het om by te bly. Hy was dol oor karry. Veral as hy op die kar se dak kon sit. by die hoek sou hy afspring en huis toe gaan. Hy was ook n groot kat. Hy was omtrent 1 jaar oud toe ons telefoon laat insit het. Ons het die vorige dag n oulike baster pughondjie gekry. Nadat die telefoon geinstalleer was, het die tegnikuste maar vir brakwan ook in hulle gereedskapsak gepak. Hulle sit toe vinnig af deur toe. Voordat ek iets kon doen, het Columbus hulle aangeval. In hulle haas om weg te kom, het hulle die sak laat val en brakwan het ontsnap. Columbus het hom aan sy nekvel opgetel en voor my voete kom neersit. Hy het die hond, wat nie heeltemal gespeen was nie, leer eet. Hy het die prooi geword van stout seuns wie hom amper dood geslaan het. Hy het herstel en met staalpen in sy heup aangegaan. Gangereen het egter binne bestek van n jaar gevolg en sy lewe geeis. 

Toe kry ek vir Lulu. Swart en wit met n stompstert. Sy was n legende. Kwaaier as enige hond. Niemand wat Lulu ooit ontmoet het sal haar ligtelik vergeet het nie. Meeste van ons dra nog haar erfenis iewers op ons bene. Sy het nie gekrap of gekap nie, sy het jou eenvoudig vasgevat en gebyt. Daar het mense met ‘n spanjoel oorkant ons gewoon. Soos spanjoele maar is, het die dierasie tot vir sy skaduwee geblaf. As sy genoeg van sy geblawwery gehad het, het sy oor die pad genael en hom goed opgeneuk. Dan sou sy gerus op boomtak bokant hom gaan sit en haarself bad. Terwyl die histeriese hond se baas hom in die huis in neem. Sy was n kaktus. Vrek was nie n opsie nie. Ons moes haar laat uitsit toe sy n volle 18 jaar oud was. Sy kon haarself toe nie meer versorg nie. Sy kon nie meer na buite stap om ablusies te doen nie. Ek moes haar in en uit dra.

My seuns en Homer het Jam in die boiler gevind. Een dag voordat die boiler gestart sou word. Sy ogies was ook nog toe. Ons moes hom met streling stimuleer om te ontlas. Hy ook is met n popbottel groot gemaak. Gemmerkat en die liefde self. Hy het hoogtevrees gehad. As ons nie tuis was en dit het begin reen, sou ons tuis gekom het en hom omder die oorhang van die dak, op die grond waar dit droog was gevind het. Hoender, hoender, makou, hoender, kat, makou ens. Dit terwyl die venster skamele sentimeters bokant sy koop oop was. Hy sou beslis tussen die sparre van die diefwering kon deurgaan. Dikwels het hy hom in n nes, langs n broeishen gaan tuis maak. Gereeld ook nes met pas uitgebroeide kuikens wat hy met die hen deel. Dan sit hy en sy henne vriendin rustig en sluimer met ouer en dapperder kuikens wat oor hulle skarrel. Jam het 1 vice gehad. Hy was dol oor marie biscuits. Maak nie saak waar die kinders it sou wegsteek nie, hy sou dit uitsnuffel en verorber. Hulle kon vlug, hy sou agterna. Marie biscuits het elke keer n krimineel van hom gemaak. Tog het die bure hom vergiftig omdat hy kwansuis hulle kuikens gevang het. Nare bliksems!

Dit bring my by die huisbaas. Rusty. Hy was n maer vlooigevrete affêretjie toe ons hom in 2003 aangeneem het. Hy het binne n week vasgesit in die rotgom. Ek moes sy pels wat vasgesit het teen die vel afsny om hom los te kry. Hy weet presies wie nie van katte hou nie. Op daardie mens se skoot sal hy hom dan gaan tuismaak. As hy dors is, vra hy vir water. Dit word in straaltjie in sy bak gedrup. Hy drink dan van die straaltjie. As hy kos wil he, kies hy sy kelner. Dan word die uitverkorene kas toe geneem. Daar sal hy teen die kas wag tot sy skeppie kos uitgehaal is dan loop hy na sy bak toe. Dikwels maak ek of ek dit in bessie se bak gaan gooi. Dan druk hy my hand met sy kop na sy eie bak toe. As my noolste nolie met sy nr 14 pienk voetjies kaalpoot loop dan val rusty sy voeie aan. Hy het geen genade met daardie pienk pote nie. Hy was geleer om niks uit mens se hand of van die grond af te eet nie. Nolie smyt 1dag stuk biltong op die grond en Rusty trek sy neus daarvoor op. Bessie het dit gegryp n opgevreet. Nool sny nog n stuk af en smyt dit voor Rusty neer. Weer trek hy sy neus op. Begin sy gesig was. Toe Bessie egter beweeg, toe gryp hy die biltong, sit dit self in sy bak en vreet dit op. Een aand het hy ingekom, moerawies groot rot in sy bek. Tumi het op hom geskree. Hy het die rot laat val. Die ding het nog dronk sy pote gesoek toe rusty hom weer beet gekry het. Kombuis toe gesteier met die spartelende rodent in sy kake. Ek was in die kombuis besig toe hy daar ingestrompel gekom het. Die rot in sy bak neergesmyt en terug geskree het voordat hy weer die rot mening beetgekry het en ek daar uit gestorm het.

Wie se nog n kat het nie karakter nie? Wat doen die katte in julle lewe wat hulle uniek, geliefd of gehaat maak? (Dis meer n vollengte boek as n post. Dis jou eie skuld juf annie. Jy het gevra vir al die katte in my lewe.)

Olga.

Blogvraag:  Wie het die gedig, Cat (Mr Cat, on the mat), geskryf?

Blogantwoord:  Olga was reg.  Sara se lyk was agter ‘n perd aangesleep dat die inwoners kon sien wat gebeur met iemand wat sy eie lewe neem.

Entry filed under: Uncategorized.

Moeg vir die lewe Woorde die moeite werd om te leen

316 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 12 : 29

    Nats

    Jy gebruik NATS op my PC. GRRRRRR!!!!!!! Ek gaan jou hare trek. Hoekom moet jy 2 PC’s gebruik. Een is meer as genoeg.

  • 2. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 12 : 32

    OUMA HET ONS SO WRAGIES VERGEET!!!!

    Sali weer vir haar blomme vat nie… 😥

  • 3. Olga  |  Oktober 22, 2008 om 12 : 33

    die goed vriet alweer. ek beter gaan loer waar bessie en rusty is.

  • 4. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 12 : 34

    Dan vreet sy boonop al my sweets op. Laat ek haar net in die hande kry.

    *Adrie byt Nats se arm*

  • 5. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 12 : 35

    Tweeling

    Weer vergeet??

    Dit beteken dat sy actually van ons moes onthou het op ‘n stadium.

  • 6. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 12 : 39

    Afgeskryf is die beter woord.

    Verlaat.

  • 7. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 12 : 43

    EINA!!!!!!

    *Nats klap Adrie dat sy voeltjies sien*

    Ouma eet net duur tjoklits en gee nooit vir ons nie maar ons moet ALTYD ons sweets met haar deel!!!

  • 8. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 12 : 46

    Iemand moet nog antwoord

    Aangesien ek vandag in ‘n goeie bui is, sal ek ‘n leidraad gee.

    Een van die grootste skrywers van ons tyd.

  • 9. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 12 : 49

    Outj!!!!

    *Adrie skop Nats hard op die maermerrie en trek haar hare*

    Selfs ons goedkoop tjoklits

  • 10. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 12 : 56

    Nou gaan ek blou wees!!!!! Ghmf…

    VAT SO
    *Nats skop terug en karate tjop Adrie op haar rug*

  • 11. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 12 : 59

    NJRRRRRR

    Jy kon my rug gebreek het.

    Ek gaan vir ma se!!!!! 😥

    *Adrie slaan Nats gesig in die muur vas dat die bloedspat.*

  • 12. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 00

    Adrie en Nats – speel mooi

  • 13. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 01

    Tilla

    Maar Nats het begin. Sy het my PC gesteel. Lekker, kyk hoe bloei haar neus.

  • 14. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 06

    Ek praat nie weer nie ! Wil julle in die hoek gaan sit ?

  • 15. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 08

    Nee Tilla

    Maar – – – EINA!!!!

    Die klein Rot. Ek gaan haar wurg. Sy het my met ‘n boek oor die kop geslaan.

  • 16. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 10

    Sorry moes gou die HELE POKKEN toilet rol gaan haal het!!!

    Ek gaan dak toe… sien nou nou weer! En as ‘n kat my opvreet is dit op jou gewete Tweeling!!!!!

  • 17. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 14

    Ek hoop jy val van die dak af, Tweeling.

  • 18. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 16

    Adrie – hoek toe !

  • 19. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 20

    Ek?

    Wat het ek nou weer gedoen?

    HUH?

    Ek kan jou hare ook nog trek.

  • 20. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 21

    Ek is ook altyd in die bollie hier.

  • 21. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 38

    HALLO!!!!!

  • 22. Olga  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 39

    omdat jy net loop en bollie aanjaag. ai, ek wonder wie is die baddies. die doktors of die mediese fondse. vir 3 maande moes ek elke maand dr toe gaan, om n voorskrif vir my tiroid meds te kry. en vandag moes ek, wat my pille by clicks se apteek kry r339 betaal. glo kortvalle wat die med nie betaal het nie. wat is gp se tarief?

  • 23. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 40

    Iemand Tuis????

  • 24. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 41

    😥
    😥
    😥
    😥

    Ouma het ons regtig egtig afgeskryf!!!!!!

  • 25. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 41

    Olga

    Jy verwar my met iemand anders.

    GPs vra tot R220 per besoek.

  • 26. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 41

    Ek moet gou ry… sien net nou weer!

  • 27. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 42

    Hallo Adrie

  • 28. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 44

    Tweeling

    Dit is waar. Ons moet vir ons seker maar ‘n ander ouma soek.

    Dit is nie waar die verraad eindig nie.

    My EIE kloon het teen my gedraai.

  • 29. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 45

    Help nie jy Hallo my nie.

    Ek sukkel nog om die mes wat JY in my rug gesteek het uit te trek.

  • 30. Olga  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 47

    nou, ja, dan vra die wonderwerk r20 meer. want kan jy glo? pasiente moet r20 kontant betaal. dis sy proffesionele fooi. sy naam verskyn nerens op die prof fooi kwitansies ni. kwitansies daarvoor en vir die kortval kom uit verskillende kwit boeke. een met sy naam, adres, praktyk nr ander 1 uit cna kwitboek.

  • 31. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 49

    Olga

    Ek is nie seker wat die Med Fondse dek nie.

  • 32. Zoekoe  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 51

    toets toets !!! werk hy? hallo ! kan iemand my hoor ?

  • 33. Olga  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 51

    hopelik net mense juf annie.

  • 34. Olga  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 52

    ja, ons sien jou zoekoe.

  • 35. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 53

    ZOEKOE!!!!!!!

    My aarde, bestaan jy nog?

    Ek kan jou met die hand groet.

  • 36. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 54

    Nee kloon – moet my nie blame oor jou swak gedrag nie !

  • 37. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 54

    Net mense wat nie ‘n sent van hulle nodig het nie, maar ter duisende rande betaal om gedek te word.

  • 38. Zoekoe  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 55

    Hi amal !!! ek kan darm weer hier inkom !!! die werk het mos so hele ruk terug besluit om nuwe software op die server te laai wat feitlik alle websites wat nei “work related” is nie te blok !!! 😡

  • 39. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 55

    Zoekoe – is dit regtig jy ?

  • 40. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 55

    Swak gedrag my groot toon.

  • 41. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 57

    Om alles te kroon dink my tweeling sy is Megan

    Karring by Woolies rond.

  • 42. WILLE KJIND Q  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 57

    ZOEKOE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 43. Zoekoe  |  Oktober 22, 2008 om 1 : 59

    Ook maar net net !!! Hi Mathilda !!! gaanit?

  • 44. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 00

    Dis wat gebeur as mens nie luister as daar met jou gepraat word nie

  • 45. Zoekoe  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 01

    HI WILLE KJIND Q !!!!!! 😀 😀 😀

  • 46. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 01

    Dit is reg. Ek weet aan watter kant jou brood gebotter is.

  • 47. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 02

    Goed dankie Zoeks – geen splinternuwe klagtes nie

  • 48. Zoekoe  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 04

    Oor die onderwerp – my hondjie is baie lief vir katte ! sy los net die stert oor… 😆

  • 49. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 06

    Zoeks

    Dan braai jy seker die stert.

  • 50. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 07

    200

  • 51. WILLE KJIND Q  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 07

    @ Zoeks

    Ek dink jou piesie hyt my piesie aanGESTEEK!!!!!

  • 52. Zoekoe  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 07

    nee wat, ek is nie Chinese nie !!! ek eet nie kat nie 😉

  • 53. WILLE KJIND Q  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 08

    EEEUUUWWWWW!!!!!!! Wie wil nou kat eet!!! 😯

  • 54. Zoekoe  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 08

    he he… ja en ek was baie uitstedig vir die werk die laaste maand of so…. hulle werk my lam !!! ek het ‘n fokken laaaaaang vakansie nodig !!! they dont pay me enough !!!

  • 55. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 09

    Dit help nie jy sê my sleg nie – as jy in die eerste plek jou oortjies oopgemaak het sou ek nie nodig gehad het om met jou te raas nie

  • 56. WILLE KJIND Q  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 10

    @ Zoeks

    Dan moet ons jou leer van opera wat ‘n mini dra!

  • 57. WILLE KJIND Q  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 11

    Nous ek skielik lus vi braai vleis…………….. Ek wonner hoekom!

  • 58. Zoekoe  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 12

    @ Willekind? HUH ? ❓

  • 59. Olga  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 12

    Zoekoe

    Dis so jammerte jou hondjie kan nie vir lulu teegekom het nie. Dan sou jy kon hondjie braai

  • 60. Zoekoe  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 13

    @ Olga…. wel my hondjie weeg 88 kilogram, so bring daai kietsie ! 😀

  • 61. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 13

    Tilla

    Jy raas net altyd met my. Jy trek my Tweeling voor en dit is bitter onregverdig.

  • 62. WILLE KJIND Q  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 14

    En dop natuurlik!!

  • 63. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 15

    Genade Zoekou

    Watter leeu noem jy ‘n hondjie?

    Daardie kat van Olga was vicious. Gelukkig vir jou hondjie is sy nie meer nie.

  • 64. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 19

    Adrie – jou tweeling het nie teëgepraat nie !

  • 65. Zoekoe  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 20

    😆 eish !!!

  • 66. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 21

    My tweeling het net haar gat gewip en geloop.

  • 67. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 25

    Sy het nogsteeds nie teëgepraat nie !

  • 68. Zoekoe  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 25

    ek sien darm niks het verander nie Adrie, jy piss nog steeds die mense af !!!

  • 69. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 29

    Soos ‘n grammafoonplaat wat vasgehak het.

    Sy het nie teegepraat nie.

    Zoekoe

    Ek is seker jy het na my verlang omdat ek die mense afpis.

  • 70. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 31

    Ha ha Zoeks – jy ken mos nou al vir Adrie – haar oortjies willie hoor nie !

  • 71. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 32

    GRRRRR

  • 72. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 32

    Ek is nou oppad huistoe!

  • 73. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 35

    So vroeg al? 😯

    Ja, loop. Ek is nog lank nie klaar met Nats nie.

  • 74. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 35

    Zoeks – opera en haar mini was my redding !

  • 75. WILLE KJIND Q  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 36

    @ Tilla

    Tata

    @ Zoeks

    Kom fix my piesie! Niemand kan die ding regkry nie 👿

  • 76. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 37

    Ja – jy jaloers ? Ek watch jou al gaan ek huistoe !

  • 77. Zoekoe  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 40

    Ja ek het so amper verlang Adrie…

    Uhm ek was te lank weg…. ek verstaan nie die opera en die mini ding lekke nie? ? ? ?

  • 78. WILLE KJIND Q  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 40

    @ My 3ling

    Wanne gat jy my fotos stuur wat ek per posduif gevra het?

  • 79. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 42

    WK

    Wanneer ek tyd het om deur die CD’s te werk en dit vir jou oor te copy. Ek het al die ou kamera se goed van die rekenaar afgehaal.

  • 80. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 44

    Ek wag ook nog vir fotos van die willetuin naweek

  • 81. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 48

    Tilla

    Jy gaan nog ‘n rukkie wag daarvoor. Ek moet die koring nog van die kaf skei daar.

  • 82. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 51

    Ja en dood het ook n oorsaak – al is dit gebrek aan asemhaling !

  • 83. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 54

    Tilla

    Jy is welkom om die 300 foto’s deur te werk en te correct.

  • 84. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 54

    ZOEKOE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    Ek het terug gejaag van Woolies af spesiaal vir jou!!!!

    JY NOG HIER?????

  • 85. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 2 : 56

    NATS

    Vergeet van Zoekoe.

    Het jy my kos gebring?

    Sien 191.

  • 86. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 00

    He he he… Megan wie? 😉

    Natuurlik… help jouself! Da is iets van alles, broodtjies to by poeding!

    Ek moes gaan kos koop het vir “skoonouers” hulle kom vannaand by ons eet… en ek vertrou Woolies om nie vir hulle voedselvergiftiging te gee nie – dan hoor ek nooit die einde daarvan nie! Veral nie as ek moet vis maak nie!!!

  • 87. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 02

    Sien julle nou nou – huiswerk roep

  • 88. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 02

    Tweeling

    Het jy nog nie vir jou skoonma uit die hondebak gevoer nie?

  • 89. Zoekoe  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 03

    Hallo Nats !!!! ek leef nog, soortvan !! 😀

  • 90. Wipneus!  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 04

    Ek jaag van die winkels af soos ‘n besetene!!!!!!!!!!

    Zoekoe!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 91. Wipneus!  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 04

    Jy kan bly wees ek het nie my paplepel nie! Waar was jy!

  • 92. Wipneus!  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 05

    Hello Almal 😆

  • 93. Zoekoe  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 08

    Hallo Ouma !!! ek was amper orals… ek is moeg vir werk… ek wil nou op vroë pensioen gaat !!!

  • 94. Zoekoe  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 10

    die werk het amper alle websites wat nie werk verband is nie geblok, want een of anner briljante moer het nuwe software op die server gelaai, gelukkig het die goete die server uiteindelik laat crash… so ek hoop dit gaan nie gou weer gelaai word nie… dan kan ek chat !

  • 95. Wipneus!  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 10

    Kom Sit hier by Ouma, Zoeksie vertel vir my waar was jy orals en waar het die paaie van die lewe jou geneem?

    Het jy al ‘n nooientjie gekry, Ouma skuif haar brille mooi op die oge om te kyk of Zoekoe darem kos gekry het!!!

    Het jy nie gesien hoe Ouma na jou gesoek het nie! Jy mag dit nooit weer aan Ouma doen nie! Ouma kyk nou beswaard en met tranerige ogies vir Zoekoe

  • 96. Wipneus!  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 11

    Het jou fordjie nuwe paaie ontdek? Vra Ouma nuuskierig

  • 97. Wipneus!  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 12

    Waar is daai klein merrie wat Nats so seermaak!!!

  • 98. Wipneus!  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 12

    Adriana kom dadelik hier hou jou hand en Ouma gryp die paplepel sommer uit die pap pot dat jy net pap sien trek!!

  • 99. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 13

    Whaahahahahaha

    Kyk hoe word Zoeks se kop gewas!! Kyk hoe word Zoeks se kop gewas!! Kyk hoe word Zoeks se kop gewas!! Kyk hoe word Zoeks se kop gewas!! Kyk hoe word Zoeks se kop gewas!! Kyk hoe word Zoeks se kop gewas!! Kyk hoe word Zoeks se kop gewas!! Kyk hoe word Zoeks se kop gewas!!

  • 100. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 15

    Ouma

    Dit was Nats wat my seer gemaak het.

    *Adrie spring vinnig op die dak vir die wis en die onwis.*

  • 101. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 15

    Sjoe

    Dit was net-net betyds. Gelukkig kan Ouma nie op die dak klim nie.

  • 102. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 16

    Ouma beter hier onder skoonmaak of daar is pere. 👿

  • 103. Wipneus!  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 17

    Adrie Ouma is fiks, sy pluk haar bloomer op en spring self op die dak en gooi Adrie van die dak af! :mrgreen:

    Ouma spring gou weer af en hou haar soos ‘n ou dame dat die kinder welsyn nie onraad vermoed nie!

  • 104. Wipneus!  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 18

    Nats is nie ‘n afknouerige kind nie! Ouma ken jou soos ‘n boek!

    Ek hoef jou nie eers te blaai, om te weet waar jy moeilikheid aanvang nie!

  • 105. Zoekoe  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 18

    Ouma ek was in Kaapstad, Oos London, Bloemfontein, Kimberley die lys gaat aan o ja en in Polokwa….Pietersburg !!! werk werk werk !!! dis al wat ek deesdae doen !! ek is moeg ek het vakansie nodig ! maar daarvoor moet ek eers die lotto wen, want ek wil nie sommer warmbad toe gaan nie… ek wil iewers op ‘n eiland gaan sit en rustig verkeer !

  • 106. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 18

    Adrie is al lankal op die bure se dak.

    Ouma het Nats van die dak af gegooi.

  • 107. Wipneus!  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 18

    Zoekoe vertel nou wat het interessant in jou lewe gebeur?

  • 108. Wipneus!  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 19

    Sjoe maar jy is besig Zoekoe, jy het seker mooi foto’s geneem van al die plekke waar jy was! Tyd om weer jou blog op datum te bring!!! :mrgreen:

  • 109. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 20

    Nats is mos altyd die engeltjie! Nats kan mos niks verkeerd doen nie. Alles is mos altyd Adrie se skuld.

  • 110. Wipneus!  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 20

    Adrie hoek toe, en ek wil nie ‘n woord hoor nie!

  • 111. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 20

    Daar is so ‘n dik laag stof op daardie blog, Zoekoe sal nie eers weet hoe om in te log nie.

  • 112. Wipneus!  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 21

    Waar is Olga en Tillie, ek het hande nodig om die dissipline op hierdie blog reg te pluk! My alle mapstieks maar julle het wild geword!!!

    Ons sal nou weer Hitler parade moet toepas!!!

  • 113. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 21

    Ek sal nie hoek toe gaan nie. Ek sit te lekker op die bure se dak.

  • 114. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 22

    Maar my aarde!!!!! 👿

    Ons word vir die wolwe gegooi en dan kom kerm iemand net as daar ‘n klein bietjie bloed op die blog le.

  • 115. Wipneus!  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 22

    Ouma gaan stof gou Zoekoe se blog af! Adrie gryp ‘n emmer water en gaan was Zoekoe se blog uit. Vat sommer van hierdie knoffel en varkspek en hang dit orals op! Net vir die wis en die onwis…. hier hang nou snaakse karakters op wordpress rond!
    Ouma sal self die gifitige water kom sprinkel! Ek kan nie die goed mors nie!

  • 116. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 23

    Dit is nou kanse vat.

    Hy kan sy eie blog gaan skoonmaak. Daar is niks met sy handjies fout nie.

  • 117. Wipneus!  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 24

    Niemand het jou vir die wolwe gegooi nie. Jy ken nie jou plek nie. Ouma het jou gestraf! Jy kan maar vir die ander vertel wat jy gedoen het. Ouma skinder nie :mrgreen:

    Is jy mans genoeg om dit te doen??????????????????

  • 118. Wipneus!  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 25

    Waar is al die mense???? Olga, Verons, Nats kom sit hier dat ons bietjie groen koeldrank drink om Zoekoe se terug koms te vier. Ag Adriana slaan gou die lyn na Saloom toe dat sy asb vir ons ‘n tertjie aan die brand slaan!

  • 119. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 25

    Hoe moet ek onthou wat ek al 3 maande terug NA BEWERING gedoen het?

  • 120. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 26

    SALOME

    ONS IS HONGER.

  • 121. Wipneus!  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 27

    Ouma grou in haar rok se sak en haal sulke ou pepperment sweeties uit, en gee vir elkeen enetjie, terwyl sy vir die tjoklits en koek wag!!!

    Adrie vryf bietjie Ouma se nek, ek het daardie osse nou so aangejaag, ons het net hier en daar grond gevat om by die huis te kom. Alles aan my ou lyf is uitmekaar geskud!

  • 122. Wipneus!  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 28

    Ek sê bel!!!

  • 123. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 28

    Laat Zoekoe en Nats Ouma se nek vryf.

    Hulle is die witbroodjies.

  • 124. Wipneus!  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 28

    Soos jy my gekontak het :mrgreen: Wat gaan nou weer vandag tussen jou ore aan????

  • 125. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 29

    Bel?

    Waarheen????

  • 126. Wipneus!  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 29

    Kom vryf dadelik my nek, of jy gaan slaap vanaand honger!!! en buite op die stoep!

  • 127. Wipneus!  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 31

    O help my die kind is regtig nie goed bedeeld tussen die ore nie! Ek sukkel al met haar vir jaaaaaare! Sy is al een in die familie wat nie baie van die pitte gekry het nie!!! Ouma skud haar kop en kyk jammerhartig vir haar stoutste kleinkind! Ouma pik ‘n traantjie weg! My kind bel vir Antie Salome asseblief, bring maar die telefoon boekie daar op die wa-kis dat Ouma jou wys waar is die nommer!

  • 128. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 32

    Ek het kos, hier op die dak.

    Ek het nie van die Paplepel vergeet nie.

  • 129. Wipneus!  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 33

    Ouma gee alweer moed op, geen ordentlike Ouma kan dit met hierdie wille kind uithou nie. Sy is goed grootgemaak, maar ai! ek weet nie wat het nou gebeur nie!

    Ouma draai om en gaan trek haar kis klere aan om Dominee se hulp in te roep!

  • 130. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 35

    Sorry julle moes gou ry… sien ‘n ou tannie wat koerante in die kompleks rond dra en kan sien sy sukkel… so toe ry ek gou om haar te gaan help!

    En toe sommer PnP toe om toilet papier te kook… amper was da oorlog as hier geen toilet papier is nie!

    OUMA!!!!

  • 131. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 36

    Amper val ek van die dak af.

    Die dominee? Hy is klaar in my sak.

  • 132. Wipneus!  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 36

    Hello Natsie my pragtige meisiekind! Maar jy het jou haartjies vandag mooi gekam!!!

    Dis vir Ouma so mooi dat jy die ou tannies so help. Ouma grou nuuskierig in die Pick&Pay sakke om te kyk of Nats vir Ouma tjoklits gebring het!

  • 133. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 36

    Ah!!!

    Hier is die witbroodjie nou.

  • 134. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 40

    Tweeling
    Skuif op… hierso voor ouma ons tjoklits eet!

  • 135. Verons  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 41

    Hallo Hallo!!
    Jis my ore is seer soos daar op my geskrou word om te kom kyk wie het die katte ingedra!!!
    ZOEKS!!!!! hoe ganit skarrebol het jou erg gemis my kjind!!!
    WIP??? Van wa gehasie??? is bly om te sien jy verwerdig jou nog om met ons hier innie hoekie te kom gesels! 😉

    Bly om julle twee hier te sien! 😆

  • 136. Verons  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 43

    Nats!!!! jy kan gin daai toiletpapier KOOK nie, waarmee gaat ons, ons dinges afvee!! 😆

  • 137. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 43

    Nats

    Gee die tjoklits aan, netnou laat val jy dit.

  • 138. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 45

    MA!!!
    Kyk net hoe het daai Tweeling van my amper my neus mors af gebreuk!

  • 139. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 47

    Verons
    😳

  • 140. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 47

    Ma

    Dit is niks. Ek het twee koppe, so hard het Nats my met die tafel geslaan.

  • 141. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 51

    Adrie
    Dis omdat jou kop so GROOT is dat jy dink jy het twee!!!

    Kyk net hoe rooi is my neus… ek word gespot dat ek Rudolf is en dis nog nie eens Kersfees nie!!!!!

    *Nats klap Adrie dat sy aan haar tjoklit vestuk*

  • 142. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 53

    Hoes Hoes Hoes

    Rotsekind.

    Adrie skop Nats dat sy teen die skoorsteen land.

  • 143. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 55

    Eina!!!

    Adrie
    Onthou net jy is daai rotsekind se ander kind!

  • 144. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 57

    Nats

    Ouma se as sy weer internet het, gaan sy jou velle aftrek.

  • 145. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 58

    Dit is nie nou te sprake nie. ROT!!!

  • 146. Verons  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 58

    Hey julle twee sie julle nou ophou!!!! Kan julle sien ons het kuier gaste nie maar my!!!!

  • 147. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 58

    Adrie
    In daai geval hoop ek nie ouma kry gou weer internet nie!!!

    Gaan ons dan al haar shopping moet doen wat sy gewoontlik aan lyn doen??

    Kan ook nie wen nie!

  • 148. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 3 : 59

    Sorry Ma… salli wee nie 😦

  • 149. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 4 : 00

    Salome stuur groete. Net groete, nie Cremora tert ook nie.

  • 150. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 4 : 03

    Gaste sit en suip te lekker.

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za