Woorde die moeite werd om te leen

Oktober 22, 2008 at 5 : 54 318 Kommentaar

Daar is mense wat reken dat as jy Shakespeare se werk baie goed ken, jy vir elke situasie iets toepaslik kan aanhaal.  Daar word altyd die indruk geskep dat jy ‘n welopgevoede, belese en intelligente mens is as jy Shakespeare kan aanhaal soos ander mense asemhaal.  As dit die kriteria is, druip ek met lof.  Sonder om skaam te kry daaroor.

Ek ken ‘n paar Shakespeare aanhalings.  Net omdat ek Macbeth op skool MOES doen en hier en daar iets uit ‘n boek opgetel het.  Shakespeare is moeite om te lees, nie ‘n plesier nie.  In my lewe sal ek bitter verveeld moet wees voordat ek Shakespeare lees.  Ek ken ‘n paar woorde Engels, maar Shakespeare het in ‘n vreemde taal geskryf.  Een wat ek nie lus is om te ontsyfer nie.

Wie het in elk geval besluit dat Shakespeare al die wysheid en pag het.  Ek word eerder ‘n aanhaler van Winston Churchill, Oscar Wilde en natuurlik Magaret Thatcher.  Hulle goed is na my mening soveel skerper as Shakespeare se lang stories.  Dit is daardie dodelike skoot sarkasme, wat min ander hulle kan nadoen.

Almal is tog verskillende mense, hoekom moet almal uit een bek praat?  Verskillende mense voel tog verskillend oor verskeie onderwerpe.  Een stem dalk volmondig met Shakespeare se samevatting saam en ‘n ander sleep dalk vir Eleanor Roosevelt nader om dieselfde ding te verduidelik.  Is die mense wat ons kies om aantehaal nie ‘n verlenging van ons eie persoonlikhede nie?  Ons helde op wie ons graag wil verbeter nie?

Ander mense verkies weer om altyd uit die Bybel uit aan te haal.  Dit het seker ‘n tyd en ‘n plek, maar dit kan nie vir alles gebruik word nie.  En daar is baie keer iemand wat dit beter stel as in die Bybel.  Sonder dat dit nie 100% reg vertaal moet word nie.

Wat my grief is dat daar so min aanhalings beskikbaar is van Afrikaanssprekendes.  As jy lank en diep genoeg gaan krap, kry jy wel ‘n paar van Langenhoven.  Was Langenhoven die enigste vlymskerp brein wat ‘n paar gevleuelde woorde kon spreek?  Hoekom word daar nie erkenning gegee aan mense soos Dalene Matthee nie, wat ook ‘n spyker sekuur op sy kop kon kap?  Daar is verseker nog vele ander, of word ons deur Shakespear verblind?

Is aanhalings enigsins nodig?  Dit is seker ‘n maklike uitweg om te volg as jy nie self met woorde kan toor nie.  Maar die wat werklik wys is, dans op hul eie wysies (Karen Zoid).

Wat is jou gunsteling aanhaling?  Hoe voel jy oor aanhalings?  Wie se woorde is te goed om te vergeet?

Blogvraag:  ‘n Maklike een.  Wat was Shakespeare se hometown?

Blogantwoord:  Cat was deur JRR Tolkien geskryf.

Entry filed under: Uncategorized.

Kattegoeters My gunsteling Koolstof

318 Kommentaar Add your own

  • 1. skroplap  |  Oktober 23, 2008 om 4 : 54

    want o f!@!#$#% jy like van vrae vra

  • 2. Adrie  |  Oktober 23, 2008 om 4 : 56

    Sielkundiges is veronderstel om te luister.

  • 3. skroplap  |  Oktober 23, 2008 om 4 : 58

    myne vra baie vrae….

  • 4. Adrie  |  Oktober 23, 2008 om 5 : 00

    Hy is die kwak wat nooit klaar geswot het nie.

  • 5. skroplap  |  Oktober 23, 2008 om 5 : 00

    sy…

  • 6. skroplap  |  Oktober 23, 2008 om 5 : 01

    wel dis fine…klaar screwed up

  • 7. Adrie  |  Oktober 23, 2008 om 5 : 03

    Geen salf te smeer nie.

  • 8. skroplap  |  Oktober 23, 2008 om 5 : 06

    toodles praat weer

  • 9. aventer  |  Oktober 23, 2008 om 5 : 07

    hiers ‘n paar woorde om te leen…

    EK IS KLAAR MET SKOOL!!!!!!!!! :mrgreen:

  • 10. Adrie  |  Oktober 23, 2008 om 5 : 11

    Aventer

    Haai, ek ook.

    En ek hoef nie eers eksamen te skryf nie.

    (Ek het juis gewonder wat van jou geword het.)

  • 11. Adrie  |  Oktober 23, 2008 om 5 : 13

    Cheers skroppie.

  • 12. aventer  |  Oktober 23, 2008 om 5 : 15

    Ag maar besig jong. Het maar ordentlik probeer hersiening doen anders moan julle dat ek nie leer nie 😉

    daar is ‘n paar kiekies van die dag op my blog as jy wil gaan kyk

  • 13. Adrie  |  Oktober 23, 2008 om 5 : 18

    Ek gaan loer gou.

    Wanneer begin die eksamen?

  • 14. aventer  |  Oktober 23, 2008 om 5 : 20

    ek skryf die 31ste my eerste vak

  • 15. Adrie  |  Oktober 23, 2008 om 5 : 20

    Ek is bly julle dra nog matriek hempies.

    Nou nie so mooi soos ons s’n was nie.

  • 16. Adrie  |  Oktober 23, 2008 om 5 : 20

    Volgende week?

    Wat is eerste?

  • 17. aventer  |  Oktober 23, 2008 om 5 : 23

    man ons het ‘n awesome tweety okay…hehe

    ek skryf IT prakties eerste. Sal my rooster vir jou per posduif stuur, maar vir nou moet ek my innerchef gaan soek en kosmaak.

    Tata sussa

  • 18. Adrie  |  Oktober 23, 2008 om 5 : 25

    Tarra

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za