Moeg vir die lewe

Oktober 20, 2008 at 6 : 13 303 Kommentaar

Dit is amper ‘n weeklikse gebeurtenis om van ‘n tiener selfmoord te verneem in die koerante.  Die selfmoorde raak so algemeen dat dit dikwels nie verder as die gemeenskapskoerant strek nie.  Ek het nie statistieke gesien nie, maar ek dink dit word jaarliks meer.  Dit kom ook in vlae.  Wanneer een poppie besluit dit is ‘n goeie idee om van die dak af te spring, is daar gou genoeg ander wat dink dat dit nogal ‘n slim plan is.

Hoekom?  Ek wonder dikwels of dit nie die toppunt van manipulasie is nie.  Die laaste straf wat jy oor jou geliefdes kan bring om jou sin te kry.  Stres, en veral eksamenstres, word dikwels as verskoning gebruik.  Eksamens wat jaar na jaar makliker word en die slaagpunt wat laer word.  Ander mense glo weer dat tieners nie wil lewe nie, omdat daar niks in die toekoms vir hulle wag nie.  Daar is ook natuurlik die wat selfmoord pleeg nadat hulle dalk onregverdig gestraf was of goed ervaar wat hulle as sonde sien.

Dit is ‘n welbekende feit dat depressie meer en meer voorkom.  Depressie wat dikwels nie by ‘n jongeling gesoek word nie.  Die uitroepe van hulp word of baie goed weggesteek of geignoreer.  Ek is nie ‘n kenner van depressie nie, vat dus die volgende paragraaf met ‘n knippie sout.

Die gemiddelde kind vandag, het heelwat minder probleme as die kind van 25+ jaar terug.  Onderwysers kan nie meer boelie soos hulle lekkerkry nie.  Dit lyk dalk vir ‘n blanke kind onmoontlik om ‘n werk te kry, maar vergelyk dit met die moontlikheid om grens toe te gaan en op geskiet te word?  Tieners het toegang tot goed wat die ryk mense 20 jaar terug nie geken het nie.  Ek dink aan selfone, rekenaars en tutors.  Daar is nie rede om te sukkel nie, tensy jy natuurlik dom is.

Is dit nie waar die probleem lê nie?  Is mense net nie meer gewoond aan sukkel nie?  Die oomblik wanneer hulle met iets sukkel twyfel alles in mekaar.  Daar is geen beter medisyne vir selfvertroue nie as om iets te bemeester waarmee jy gesukkel het nie.  As jy nie sukkel nie, is daar geen oorwinning nie.  Geen mylpaal om te bereik nie, geen rede om te lewe nie.

Dit is natuurlik my mening en moet dit nie as die reine waarheid aanhaal nie.  Wat dink julle oor tiener selfmoorde?

Blogvraag:  In Pieternella van die Kaap (Dalene Matthee), wat het met Sara gebeur nadat sy selfmoord gepleeg het?

Blogantwoord:  Olga was reg met Cornelius Coetzee.

Entry filed under: Uncategorized.

Net ‘n klein bietjie moeite Kattegoeters

303 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Oktober 21, 2008 om 3 : 10

    Sal seker die eerste en laaste keer wees.

  • 2. Nats  |  Oktober 21, 2008 om 4 : 16

    Lo da!!

  • 3. skroplap  |  Oktober 21, 2008 om 5 : 10

    mirrag al die maaikies

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za