Kattegoeters

Oktober 21, 2008 at 6 : 12 316 Kommentaar

Ek is nie n kattemens nie. Glad nie. Moet my egter nie se om van katterjansie ontslae te raak nie. Daar sal bloed vloei. Dit sal nie my of kattiegoed se bloed wees nie.

Ek het geweet wat n kat is. O, ja! My ouma het n kat gehad. So swart en wit verhewe skepsel. Hy het altyd op die vensterbank gesit, met sy rug op ons gekeer. Hy moes elke dag van sy lewe ‘n skon kry. Met soet koffie om dit af te was. Anders as om hom te sien sy skon en koffie so fyntjies verorber, het ons die kat net op die vensterbank gesien.

Ek was 16 jaar oud toe ek die eerste keer ‘n kat aangeraak het. My pa het n kat gesoek om werk toe te neem. Ek het vir hom 1 gekry. My sussie, toe 8, het so verknog aan hom geraak, Dad kon hom nie werk toe neem nie. Sy het hom Kietie genoem. Hy was die grootste kat wat ek al ooit gesien het. Foxterrier se moses. Hy was groter. Dan praat ek nie van die kamma kortbeen foxie nie. Aikona, foxterrier in al sy glorie. As sus skool toe gegaan het, het Kietie saam gestap tot onder op die hoek. Daar sou hy bly sit Maanday tot Vrydag tot die trein waarin sy skool toe gegaan het vertrek het. Hoe hy geweet het die trein het vertrek, is bokant my. As hy weer straat afstap, hetsy 10 vm of 4nm kon jy maar weet sy is op die trein. Gewone tyd van aankoms was sowat 15.15. Daar vandaan sou hy saam met haar huis toe stap. Sy het hom enige naam genoem en hy sou kom as sy geroep het. Bedtyd het sy hom beetgekry, sy kop onder haar arm en sy pote feitlik op die grond. Gedwee het hy gelê. Kop langs hare op die kussing, lyf in die bed. Wanneer hy daar opgestaan het, het ons geweet sy slaap nou vas.

Toe kry ons Matroos. Matroos het gou genoeg gewys hy is eintlik n sy. Sy het kietie nooit op sy skooltogte hoek toe vergesel nie. Sy was n baie liefdevolle kat, maar teen Kietie se sterk persoonlikheid was sy vaal.

My eerste eie kat was Columbus. Ek het hom gekry toe sy ogies nog toe was. Sy ma het dood huis toe gekom. Dis mos maar die lot van meeste katte. Ek het hom met n poptietie grootgemaak. Hy het soos n hondjie agter my aangeloop. Sy agter pote wydoopgesprei soos hy gehardloop het om by te bly. Hy was dol oor karry. Veral as hy op die kar se dak kon sit. by die hoek sou hy afspring en huis toe gaan. Hy was ook n groot kat. Hy was omtrent 1 jaar oud toe ons telefoon laat insit het. Ons het die vorige dag n oulike baster pughondjie gekry. Nadat die telefoon geinstalleer was, het die tegnikuste maar vir brakwan ook in hulle gereedskapsak gepak. Hulle sit toe vinnig af deur toe. Voordat ek iets kon doen, het Columbus hulle aangeval. In hulle haas om weg te kom, het hulle die sak laat val en brakwan het ontsnap. Columbus het hom aan sy nekvel opgetel en voor my voete kom neersit. Hy het die hond, wat nie heeltemal gespeen was nie, leer eet. Hy het die prooi geword van stout seuns wie hom amper dood geslaan het. Hy het herstel en met staalpen in sy heup aangegaan. Gangereen het egter binne bestek van n jaar gevolg en sy lewe geeis. 

Toe kry ek vir Lulu. Swart en wit met n stompstert. Sy was n legende. Kwaaier as enige hond. Niemand wat Lulu ooit ontmoet het sal haar ligtelik vergeet het nie. Meeste van ons dra nog haar erfenis iewers op ons bene. Sy het nie gekrap of gekap nie, sy het jou eenvoudig vasgevat en gebyt. Daar het mense met ‘n spanjoel oorkant ons gewoon. Soos spanjoele maar is, het die dierasie tot vir sy skaduwee geblaf. As sy genoeg van sy geblawwery gehad het, het sy oor die pad genael en hom goed opgeneuk. Dan sou sy gerus op boomtak bokant hom gaan sit en haarself bad. Terwyl die histeriese hond se baas hom in die huis in neem. Sy was n kaktus. Vrek was nie n opsie nie. Ons moes haar laat uitsit toe sy n volle 18 jaar oud was. Sy kon haarself toe nie meer versorg nie. Sy kon nie meer na buite stap om ablusies te doen nie. Ek moes haar in en uit dra.

My seuns en Homer het Jam in die boiler gevind. Een dag voordat die boiler gestart sou word. Sy ogies was ook nog toe. Ons moes hom met streling stimuleer om te ontlas. Hy ook is met n popbottel groot gemaak. Gemmerkat en die liefde self. Hy het hoogtevrees gehad. As ons nie tuis was en dit het begin reen, sou ons tuis gekom het en hom omder die oorhang van die dak, op die grond waar dit droog was gevind het. Hoender, hoender, makou, hoender, kat, makou ens. Dit terwyl die venster skamele sentimeters bokant sy koop oop was. Hy sou beslis tussen die sparre van die diefwering kon deurgaan. Dikwels het hy hom in n nes, langs n broeishen gaan tuis maak. Gereeld ook nes met pas uitgebroeide kuikens wat hy met die hen deel. Dan sit hy en sy henne vriendin rustig en sluimer met ouer en dapperder kuikens wat oor hulle skarrel. Jam het 1 vice gehad. Hy was dol oor marie biscuits. Maak nie saak waar die kinders it sou wegsteek nie, hy sou dit uitsnuffel en verorber. Hulle kon vlug, hy sou agterna. Marie biscuits het elke keer n krimineel van hom gemaak. Tog het die bure hom vergiftig omdat hy kwansuis hulle kuikens gevang het. Nare bliksems!

Dit bring my by die huisbaas. Rusty. Hy was n maer vlooigevrete affêretjie toe ons hom in 2003 aangeneem het. Hy het binne n week vasgesit in die rotgom. Ek moes sy pels wat vasgesit het teen die vel afsny om hom los te kry. Hy weet presies wie nie van katte hou nie. Op daardie mens se skoot sal hy hom dan gaan tuismaak. As hy dors is, vra hy vir water. Dit word in straaltjie in sy bak gedrup. Hy drink dan van die straaltjie. As hy kos wil he, kies hy sy kelner. Dan word die uitverkorene kas toe geneem. Daar sal hy teen die kas wag tot sy skeppie kos uitgehaal is dan loop hy na sy bak toe. Dikwels maak ek of ek dit in bessie se bak gaan gooi. Dan druk hy my hand met sy kop na sy eie bak toe. As my noolste nolie met sy nr 14 pienk voetjies kaalpoot loop dan val rusty sy voeie aan. Hy het geen genade met daardie pienk pote nie. Hy was geleer om niks uit mens se hand of van die grond af te eet nie. Nolie smyt 1dag stuk biltong op die grond en Rusty trek sy neus daarvoor op. Bessie het dit gegryp n opgevreet. Nool sny nog n stuk af en smyt dit voor Rusty neer. Weer trek hy sy neus op. Begin sy gesig was. Toe Bessie egter beweeg, toe gryp hy die biltong, sit dit self in sy bak en vreet dit op. Een aand het hy ingekom, moerawies groot rot in sy bek. Tumi het op hom geskree. Hy het die rot laat val. Die ding het nog dronk sy pote gesoek toe rusty hom weer beet gekry het. Kombuis toe gesteier met die spartelende rodent in sy kake. Ek was in die kombuis besig toe hy daar ingestrompel gekom het. Die rot in sy bak neergesmyt en terug geskree het voordat hy weer die rot mening beetgekry het en ek daar uit gestorm het.

Wie se nog n kat het nie karakter nie? Wat doen die katte in julle lewe wat hulle uniek, geliefd of gehaat maak? (Dis meer n vollengte boek as n post. Dis jou eie skuld juf annie. Jy het gevra vir al die katte in my lewe.)

Olga.

Blogvraag:  Wie het die gedig, Cat (Mr Cat, on the mat), geskryf?

Blogantwoord:  Olga was reg.  Sara se lyk was agter ‘n perd aangesleep dat die inwoners kon sien wat gebeur met iemand wat sy eie lewe neem.

Entry filed under: Uncategorized.

Moeg vir die lewe Woorde die moeite werd om te leen

316 Kommentaar Add your own

  • 1. *mathilda*  |  Oktober 21, 2008 om 6 : 14

    EERSTE ! ! !

  • 2. *mathilda*  |  Oktober 21, 2008 om 6 : 17

    Oh yeah – oh yeah !

  • 3. olga  |  Oktober 21, 2008 om 6 : 23

    show off!

  • 4. olga  |  Oktober 21, 2008 om 6 : 23

    tweeste!!

  • 5. Adrie  |  Oktober 21, 2008 om 6 : 32

    Olga,

    Was Lulu nie die mal kat wat mense gebyt het wat gemaaiu het nie.

  • 6. *mathilda*  |  Oktober 21, 2008 om 6 : 32

    Ha ha olga !

  • 7. olga  |  Oktober 21, 2008 om 6 : 35

    Jam was die kat wat die grootste gedeelte van my hard gebuit het.

  • 8. olga  |  Oktober 21, 2008 om 6 : 36

    Jam was die kat wat die grootste gedeelte van my harT gebuit het. ek hoop nie opera gaan dit weer dubbel door maak nie.

  • 9. Wille kjind Q  |  Oktober 21, 2008 om 6 : 39

    3ste!

  • 10. Wille kjind Q  |  Oktober 21, 2008 om 6 : 40

    Brian Wildsmith?

  • 11. Adrie  |  Oktober 21, 2008 om 6 : 41

    Ek soek n blou persiese kat.

  • 12. olga  |  Oktober 21, 2008 om 6 : 42

    einste sy, juf annie. my dagter ws 5 toe sy wou he ek moet praat soos n kat. ek miaaw toe, en sy sd -weer, mammie, weer!- ek miaaw ook weer. toe vlieg lulu die kombuis in. tussen nolie in sy loopring se vet be entjies deur. het my aan die been en by die rook uit my. 1 hap, net 1, deur my jeans hoor, en die litteken sit tot vandag op my regter been. 23 jaar later.

  • 13. Adrie  |  Oktober 21, 2008 om 6 : 42

    Willes, nog nooit van daardie piet gehoor nie.

  • 14. *mathilda*  |  Oktober 21, 2008 om 6 : 43

    Ek hou van katte maar was nooit regtig toegelaat om een aan te hou nie – my ma verdra nie n kat nie – ek het 2 katte in my hele lewe gehad. Sputnik, n swart en wit kat wat jonk siek geword het en toe dood is, ek het nagte om by hom gesit. En dan Sparky – ook swart en wit – die het altyd in my pa se bakkie ingeklim en die spesifieke oggend nie vroeg genoeg opgestaan nie en dus gehike saam werk toe, daar het pa die venster groot genoeg oopgelos dat kiets kan uitklim en nou ja – hy het sy taxi terug verpas en ek het nooit weer vir Sparky gesien nie ! Nou hou my man en my hond nie van katte nie so ek het maar berus daarby dat ek nooit weer n kietiekat eienares sal wees nie !

  • 15. Adrie  |  Oktober 21, 2008 om 6 : 47

    Ander mense se katte is mal oor my. Weet nie hoekom nie. Ek is nie n diereliefhebber nie. Dit is Nats se werk.

  • 16. olga  |  Oktober 21, 2008 om 6 : 49

    homer verpes katte. dit maak dit so nie my saak nie. doen dit?

  • 17. Wipneus!  |  Oktober 21, 2008 om 7 : 43

    Yes almal!!! Hoe hou julle dit uit met die klein merrie????

    Mense Olga maar jy het baie kietsies gehad!

    Ek is nie ‘n kat mens nie, maar het wel ‘n kat gehad toe ek klein was!

    My Shane verduur geen ander ding met asem naby my nie
    :mrgreen:

  • 18. Wipneus!  |  Oktober 21, 2008 om 7 : 44

    Hellooooooooooo

  • 19. Olga  |  Oktober 21, 2008 om 8 : 02

    elo wipneus. ons lewe swaar met die herriemerrie.

  • 20. Olga  |  Oktober 21, 2008 om 8 : 03

    Wat is jou shane wipneus?

  • 21. Mattewis  |  Oktober 21, 2008 om 8 : 07

    ‘n Man vertel dat almal in die woonstel kompleks, waar hy bly, geweet het wie “Ugly” was. “Ugly” was die kompleks se mannetjieskat. “Ugly” was gaande oor drie dinge in die lewe: Om te baklei, om kos in vuilgoedblikke te soek en oor liefde. ‘n Kombinasie van dit en ‘nlewe buite in wind en weer het van “Ugly” ‘n regte straatkat gemaak.

    Hy het net een oog gehad en waar die ander oog moes wees, was net ‘n gat. Sy een oor het hy verloor en sy linker poot was blykbaar lank gelede sleg gebreek en dit het onnatuurlik skeef aangegroei. Hy was ‘n grou gestreepte kat met wonde aan sy kop, nek en skouers. Telkens as iemand hom gewaar het, het hulle gesê; “Wat ‘n lelike kat!!!” Die kinders is gewaarsku om nie aan hom te vat nie en die grootmense het hom onder die klippe gesteek.

    Selfs as jy hom met die tuinslang natspuit het “Ugly” sopnat bly staan en as jy opgee het hy met sy slanke lyf vol vergewensgesindheid teen jou voete kom krul. Sodra hy kinders gewaar het, het “Ugly” nader gehardloop en sy kop, soebatende vir liefde, teen hulle hande gestamp. Sou jy hom optel het hy dadelik aan jou hemp se kraag of selfs aan jou ore begin suig. Eendag het “Ugly” sy liefde met die buurman se honde gaan deel. Hulle reaksie was nie goedgesind nie en “Ugly” is erg toegetakel.

    Ek het my gehaas om vir “Ugly” te help maar teen die tyd wat ek daar aangekom het, het hy doodstil gelê en dit was duidelik dat “Ugly” se droewige lewe op ‘n einde gekom het. Toe ek hom optel om hom huis toe te dra, het hy gehyg en gesnak en ek het besef dat hy geweldig pyn het. Toe voel ek hoe “Ugly”, tenspyte van soveel pyn en lyding, duidelik sterwende, aan my oor suig. Ek het hom stywer teen my vasgedruk en toe stamp hy die palm van my hand met sy kop, kyk na my met die een oog en vêrweg hoor ek hom spin. Selfs in soveel pyn het die lelike kat vol littekens gevra vir ‘n bietjie liefde . . . selfs vir ‘n klein bietjie medelye.

    Op daardie oomblik was hy die mooiste en dierbaarste kat wat ek al ooit gesien het. Nooit, ooit het hy my bevlieg, of gebyt, of gekrap, of van my af probeer wegkom nie. In totale vertroue in my, het hy met die een oog na my gekyk vir bevryding van sy lyding. “Ugly” het in myarms gesterf voor ek binne was.

    Ek het gaan sit en “Ugly” nog lank in my arms vasgehou en gedink dat ‘n verwaarloosde kat, so misvorm deur littekens, so volkome en opreg kan liefhê. “Ugly” was wel van BUITE vol littekens, maar van binne was EK vol littekens. Baie mense jaag na geld, sukses, skoonheid,aansien en.. maar ek . . . ek sal altyd daarna streef om soos “Ugly” te wees.

    HERE LEER VIR ONS DAT U NIE LET OP DIE AANSIEN VAN MENSE NIE, MAAR DAT U HULLE BEMIN WAT OPREG VAN HART IS. (Matt.22:16 & Ps.125:4)

  • 22. Adrie  |  Oktober 21, 2008 om 8 : 12

    Skinner van my op my eie blog.

    Dit is laag, selfs vir Wipneus.

    Baie welkom Mattewis. Dankie vir die staaltjie.

  • 23. Adrie  |  Oktober 21, 2008 om 8 : 20

    Dit laat my nou dink aan Oom Frik se mannetjies kat.

    Oom Frik was ons buurman wat bitter graag een van ons kat se kleintjies wou he. Hy sou sy kar afteken daarvoor, mits dit ‘n mannetjieskat is.

    Oom Frik weet ook beter as my ma wat ‘n mannetjieskat is. Hy wou nie die kat vat wat my ma seker was ‘n mannetjie is nie. So is hy weg met sy mannetjieskat.

    Natuurlik het die mannetjieskat kleintjies gekry na ‘n ruk. Maar die kat het altyd Oom Frik se mannetjieskat gebly.

  • 24. Rolling Stone  |  Oktober 21, 2008 om 8 : 33

    Goeie naand aan almal

  • 25. Rolling Stone  |  Oktober 21, 2008 om 8 : 35

    In order to keep a true perspective of one’s importance, everyone should have a dog that will worship him and a cat that will ignore him.

  • 26. Rolling Stone  |  Oktober 21, 2008 om 8 : 36

    Women and cats will do as they please… men and dogs should relax and get used to the idea.

  • 27. Rolling Stone  |  Oktober 21, 2008 om 8 : 37

    Dog’s have owners. Cat’s have staff.

  • 28. Rolling Stone  |  Oktober 21, 2008 om 8 : 38

    Dogs and cats instinctively know the exact moment their owners will wake up. Then they wake them 10 minutes sooner.

  • 29. Rolling Stone  |  Oktober 21, 2008 om 8 : 38

    Buy a dog a toy and it will play with it forever. Buy a cat a present and it will play with the wrapper for 10 minutes.

  • 30. Adrie  |  Oktober 21, 2008 om 8 : 52

    Cats have staff, vra maar vir Rusty.

  • 31. Olga  |  Oktober 21, 2008 om 9 : 42

    skinne jy my kat juf annie- ek stem in elk geval 100% daarmee saam. vra maar vi rusty

  • 32. Ciska-Rene  |  Oktober 21, 2008 om 11 : 34

    Dan sal jy hou van Hoe om ‘n” klein katjie ‘n pilletjie te gee” op my blog Alhoewel ek ‘n groot Kat-liefhebber is.

  • 33. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 4 : 43

    More more – lekker daggie

  • 34. olga  |  Oktober 22, 2008 om 4 : 54

    More, more. geniet die dag. leke werk.

  • 35. Wille kjind Q  |  Oktober 22, 2008 om 5 : 16

    More more! Ek het koffie en dis moer sterk.

  • 36. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 6 : 32

    Grrrr!!!

  • 37. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 6 : 38

    Vir wat die vreeslike gekners van tande ?

  • 38. Wille kjind Q  |  Oktober 22, 2008 om 6 : 46

    Wil ek ok mos weet

  • 39. Wille kjind Q  |  Oktober 22, 2008 om 6 : 50

    Ek moet gat werk. Praat later

  • 40. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 7 : 17

    Ok, my opera se mini is aangetrek, nou wag ek net vir geselskap

  • 41. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 8 : 00

    Praat ek nou al weer met myself

  • 42. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 8 : 05

    👿 More 👿

  • 43. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 8 : 05

    Kloon

    Dalk is jou mini te kort. Of nie kort genoeg nie.

  • 44. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 8 : 13

    Kloon, hoekom so kwaad so vroeg ?

  • 45. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 8 : 17

    Njrrrrrr

    Lyk ek na ‘n oggend mens?

  • 46. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 8 : 29

    Jy is ni ander oggende so erg ni

  • 47. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 8 : 33

    Woensdag is seker dan maar my katdag.

  • 48. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 8 : 34

    Waar is almal ?

  • 49. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 8 : 36

    Kat of teef ?

  • 50. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 8 : 38

    ‘n Tewerige kat?

  • 51. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 8 : 39

    😆 Ek het iemand gister gevra of sy ‘n fighter of ‘n lover is. Die antwoord? ‘n Loving Fighter.

  • 52. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 8 : 40

    Ok, dis compromise

  • 53. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 8 : 41

    Ha ha – dit was ni ek ni

  • 54. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 8 : 42

    Kloon

    Watter groot woorde gebruik jy vandag? 😯 Wat beteken compromise?

  • 55. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 8 : 43

    Nee, dit was nie. Maar dit is nogal skerp.

  • 56. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 8 : 45

    Ha ha – dit was ni ek ni !

  • 57. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 8 : 50

    Kloon

    Probeer jy jouself oortuig?

  • 58. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 9 : 01

    Nee, dis wordpress wat my hond vat !

  • 59. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 9 : 03

    Vat wordpress vas en byt dit soos Lulu. Hy sal dan wel sy les leer.

  • 60. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 9 : 09

    Weier die maaikies al weer volstrek om met ons te praat ?

  • 61. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 9 : 17

    Tilla

    Lyk my ek sal moet begin om jou te bad. Jy doen ‘n halwe job.

  • 62. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 9 : 19

    Gooooood morning Vietnam!!!!!!!

    🙂

    Ek is ‘n hond mens, maar gee regtig nie om oor katte nie… ek weet elke dag waar my hondtjies is maar ‘n kat doen sy eie ding, en dis seker hoekom ek nie ‘n kat het nie want ek sal heeltyd worry waar hy/sy is!

    Ek het ook glad nie met katte groot geword nie, ons honde het al wat leef en beef in ons tuin opgevtreet. Bure het katte gehad en so nou en dan kom jy op een se kop af… of die lyf – hang af waarvoor die hond lus was die dag!

  • 63. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 9 : 20

    Ek het nie tyd gehad om agter my ore te was nie – sorry !

  • 64. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 9 : 21

    My nuwe prentjie wys nog steeds nie!!!!

    😦

  • 65. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 9 : 24

    MAAK tyd daarvoor. GRRRRR

    More Tweeling

    Weet jy, Olga het self ‘n paar monsters gehad, maar haar katte was altyd veilig.

  • 66. Olga  |  Oktober 22, 2008 om 9 : 25

    juf annie jy vra wat aeteken compromise? dit wil my lyk jy moet KOM en dan PROMISE jy om heeldag te gesels.

  • 67. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 9 : 25

    Nats

    Dit doen. Pinky op ‘n swart agtergrond. Byt gou vas.

  • 68. Olga  |  Oktober 22, 2008 om 9 : 28

    ek kan dit nie glo nie. op n aweregse manier praat die herriemerrie goed van iets van my.

  • 69. ADRIANA  |  Oktober 22, 2008 om 9 : 29

    Olga

    Geen mens sal jou ooit kan plesier nie.

    Nats

    Sien jy noual jou prentjie?

  • 70. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 9 : 33

    Adrie
    Ons honde het die eendag ons tuin hek self oopgemaak om ‘n langsaan ‘n kat te gaan haal en opvreet!! Shame dit was nie baie nice nie, maar ons bure het regtig baie katte gehad en was gelukkig vriende met my ouers so hulle het nie daaroor baklei nie!

    Ons honde het net van mekaar gehou, Hitler (ons gewese mannetjie staffie) het my ouma se mini worsie amper in die halfte gebyt… het my pa baie geld gekos om hom gesond te maak en weer heel!

  • 71. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 9 : 34

    Tweeling
    Nope terug na Droopy toe!

  • 72. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 9 : 35

    Tweeling

    Julle het ook nie honde gehad nie, maar monsters.

  • 73. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 9 : 35

    You gotta be kidding me.

    Hang aan ‘n tak.

  • 74. Olga  |  Oktober 22, 2008 om 9 : 36

    hond wat jy nie kan leer of met jou stem kan beheer nie is nie die he werd nie. (praat ek wat vir jamey gehad het)

  • 75. ADRIANA  |  Oktober 22, 2008 om 9 : 40

    Olga

    Ek dink nie enigeiemand gaan jou ooit vra om ‘n blog oor al jou honde te skryf nie. Jy sal seker ‘n paar jaar lank daaraan skryf.

    Ek dink dit is baie gevaarlik om ‘n hond aan te hou wat jy nie kan beheer nie.

  • 76. ADRIANA  |  Oktober 22, 2008 om 9 : 40

    Nats

    En nou?

  • 77. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 9 : 41

    Adrie
    Snaaks genoeg kon ons Hitler sonder ‘n band laat loop het,(het nooit nie natuurlik) hy het nooit vir ander honde geblaf of gekyk as ons met hom gaan stap het nie, die rustigheid van self.

    Eva die wyfie was net mal, wou met alles en almal speel!

    Maar as my pa gepraat het, het hulle geluister. My pa het Hitler met die vuis geslaan om te kyk of hy agresief raak… niks nie nie eens geknor nie. Toe weet hy die hond kan saam ons speel sonder dat hy hoef te worry… En het daai hond saam ons gespeel!!! 🙂

    Dieremishandeling miskien, maar darem nie die hond dood geslaan nie.

  • 78. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 9 : 43

    Adrie
    Terug na Pinky met blou agtergrond!

  • 79. ADRIANA  |  Oktober 22, 2008 om 9 : 44

    En nou?

  • 80. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 9 : 46

    YIPPPEEEEEE Dankie Tweeling!!!!!!

  • 81. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 9 : 48

    Dit het my nou omtrent die hele oggend gevat.

  • 82. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 9 : 50

    Ek is skoon uitgeput. Ek gaan kiep sommer soos ‘n lui kat.

  • 83. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 9 : 51

    Tweeling

    Ek en jy moet seker baie ongemaklik voel op die oomblik. Die blog gaan oor katte en ons is die rotte hierrond.

  • 84. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 9 : 58

    Gaan nou koffie drink – enigeiemand vir n koppie ?

  • 85. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 10 : 02

    *M*
    Dankie dit sal lekker wees!

    Tweeling
    Hoekom dink jy sit ek inni toilet met die deur en venster toe… die dak is nie vandag ‘n opsie nie!!!

  • 86. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 10 : 05

    Ok nou nie letterlik IN die toilet nie… in die badkamer!

  • 87. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 10 : 09

    Rotte hoort in die toilet.

    Tilla

    Is dit kaal koffie?

  • 88. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 10 : 10

    Hoekom is jy bang vir die dak vandag ?

  • 89. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 10 : 11

    Since when is koffie kaal ?

  • 90. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 10 : 12

    Tweeling
    DRUK JOU ORE TOE – Moenie Jac luister nie!!!!

  • 91. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 10 : 16

    Sien nou nou weer – gan nou eers gou die pop soen !

  • 92. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 10 : 16

    *M*
    Want katte kan maklik op ‘n dak klim… en dan is ons ontbyt! 🙂

  • 93. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 10 : 20

    Brunch in die geval.

    Tweeling

    Gelukkig het ek nie ‘n radio hier nie. Anders het ek dalk op my rekenaar gekots.

  • 94. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 10 : 22

    Terloops

    Die Sing-A-Long Mamma Mia is uit. Dit is die een waar jy saamsing in die fliek. Ek gaan dit vanaand beproef.

    Mits daar geen cover artists daar is nie.

  • 95. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 10 : 24

    Kaal koffie is koffie sonder koekies.

  • 96. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 10 : 26

    Ek is seker jy sal vir ons vertel wat die verdict is vanaand of more !

  • 97. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 10 : 28

    Tilla

    Nee, ek sal jou sommer die hele tyd sms sodat jy lekker jaloers kan raak.

  • 98. Olga  |  Oktober 22, 2008 om 10 : 31

    ek hoop abba kry darem so katspoegie wat die wins wat almal nou uit mamma mia maak.

  • 99. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 10 : 34

    Dalk nie die hele ABBA nie, maar Benny en Bjorn kry beslis ‘n groot cut. Dit is die vervaardigers wat die wins/verlies pocket. Tom Hanks en Rita Wilson glimlag ook al die pad bank toe saam met die BB.

  • 100. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 10 : 35

    Dit gaan nie werk nie – het klaar my overdose van jaloesie gehad oor die movie !

  • 101. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 10 : 38

    Tilla

    Jaaaaaaaaa, ek is seker jy het.

    Tweeling

    Ek luister nou na Mamma Mia – as sung by ABBA

  • 102. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 10 : 45

    Adrie
    Sjoe wee darem het jy dit gemis! Klink darem maar tragies!

    Ek was gou op Kaalvoet se blog… en nou is ek sommer naar!!!!! Daai mense eet darem maar alles Korreanse mense (spelling) en meer!! Hulle sou seker mense ook geeet het as dit legal was!!

  • 103. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 10 : 46

    Nats

    Dalk is dit legal daar.

  • 104. WILLE KJIND Q  |  Oktober 22, 2008 om 10 : 48

    The golden opportunity you are seeking is in yourself. It is not in your environment; it is not in luck or chance, or the help of others; it is in yourself alone.

  • 105. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 10 : 49

    Eeeeuw !

  • 106. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 10 : 52

    Willes – en as jy so ‘diep’ is vandag ?

  • 107. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 10 : 55

    Sy probeer die gesprek verander.

  • 108. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 10 : 58

    Wille Q
    Maak daai narre jou kinderlik ongelukkig en nou raak jy sommer diep?

    *M*
    Jy moet daai fotos sien!!!!! gross!!!!!

    Tweeling
    Hulle doen seker… maar eerder dit as katte en honde 😉

  • 109. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 00

    Nats

    Of dalk rotte. En hulle eet dit ook.

  • 110. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 02

    Wie hierso eet nog samoesas?

  • 111. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 09

    Ekke

  • 112. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 10

    Tilla

    Bevat joune kat en hondvleis? Of hoop jy maar net daar is nie kool en al sy families in nie.

  • 113. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 14

    Wat die oog nie sien nie maak die hart nie seer nie – maar die kool sal ek ruik !

  • 114. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 16

    Wat die oog nie sien nie, maak die maag dalk seer.

  • 115. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 17

    Daar is medisyne vir maagpyn ! En gietergat !

  • 116. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 20

    En die arme honde en katte?

  • 117. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 22

    Wat van hulle ? Hulle kan nie meer voel nie !

  • 118. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 26

    Dink ook net aan jou maag.

  • 119. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 28

    In daai geval is ek nes jy – het n fietspomp

  • 120. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 34

    Eerder ‘n klip maag.

  • 121. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 37

    Of wat word daardie goed genoem waarin sement gemeng word?

  • 122. WILLE KJIND Q  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 38

    Ai tog! Ek is nou wee hier om te gesels. Weet nie vi hoe lank nie…. maar nou ja

  • 123. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 38

    Ek dink Tilla se maag sal ‘n volstruis se maag laat skaam kry.

  • 124. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 38

    Ek het nogal n klipmaag – veral met 3 mense in die huis wat gastro gehad het en ek net mooi niks

  • 125. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 38

    Bly jy kon dit maak, Willes.

  • 126. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 39

    Ek wonder wie het vir wie die gastro gegee.

  • 127. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 40

    Daar is bittermin dinge in die lewe wat my maag omkrap

  • 128. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 41

    Weti – da wassi kat of hond op die menu nie

  • 129. WILLE KJIND Q  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 41

    Dankie, dankie, dankie *kniebuiging*

  • 130. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 42

    Helo willes

  • 131. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 43

    Nie waarvan jy weet nie.

  • 132. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 44

    Alles krap deesdae my maag om… en kyk dan moet ek hol!!!

    En ek is soooo lief vir kos!!

  • 133. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 45

    Nie as ma kos maak nie – by my is dit n ander saak !

  • 134. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 48

    My man se maag is so sensitief – shame, ek dink as hy gehoor het van die kat en hond samoosas het hy gehardloop !

  • 135. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 48

    Tilla

    Dankie vir die waarskuwing. Ek hoop nie jy het dit te laat gegee nie.

  • 136. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 49

    Weg van die samoesas af of reguit toilet toe.

  • 137. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 52

    Het julle al siek geword ? Onthou ma het kos gemaak ! Reguit toilet toe !

  • 138. WILLE KJIND Q  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 52

    As my se piesie net vinniger wil werk dan kan ek lekka chat!

  • 139. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 56

    Ek het nie siek geword nie. Dit was darem nie KFC se hot wings nie.

  • 140. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 11 : 56

    Ek sukkel met spicy kosse! Een aand lekker nachos en sulke goed geeet… en ja wel ons los dit da! 😉

  • 141. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 12 : 03

    Ek love spicy kos !

  • 142. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 12 : 04

    Ek vermy sterk spicy kosse.

  • 143. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 12 : 09

    Ek haal aan.

    Adriana Ouma vergeet nie sommer haar kleinkinders nie

  • 144. *mathilda*  |  Oktober 22, 2008 om 12 : 11

    Ek hou van dit – hoe meer dit brand hoe beter

  • 145. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 12 : 13

    As ek myself wil straf, is dit straf genoeg om honger te bly.

  • 146. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 12 : 23

    Adrie
    Stem saam, ek wil my kos proe! As dit brand nee dankie!!

  • 147. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 12 : 24

    Ek is nie Nats nie.

    Tweeling, jy beter ophou om jou naam op my PC te sit. Jy het jou eie, maar nee. Jy moet altyd met myne karring.

    Wanneer gaan jy leer om jou kloue vir jouself te hou???? 👿

  • 148. Adrie  |  Oktober 22, 2008 om 12 : 26

    Aardetjie Mense

    Zoekoe het ons geposduif.

  • 149. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 12 : 27

    Huh????

    Adrie ek gebruik dan Nats!!!!
    Wag praat jy van ouma se blog… laat ek gaan kyk…

    NWT

  • 150. Nats  |  Oktober 22, 2008 om 12 : 28

    Oooooo skies nou eers weer jou comment gelees 😳 jou verkeerd verstaan…

    Adrie
    Ek het gesien hy het gestuur… dis hoekom ek nou skoon van my stoel af geval het!!!!

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za