Gister en Vandag

Julie 4, 2008 at 9 : 41 11 Kommentaar

Allan Heyl, die enigste oorlewende lid van die Stander bende, was met sy vrylating geskok gewees oor die taal wat mense vandag gebruik.  Geskok, ‘n krimineel wat meer as een keer in die tronk was.  Hoe het die mense dan gepraat voordat hy in 1985 uit die samelewing verwyder is?

Allan Heyl was vir 20 jaar in die tronk.  Behalwe van die taal wat die mense vandag gebruik, het Suid-Afrika ‘n hele paar veranderinge ondergaan.  Die belangrikste is seker die oorgang in die nuwe Suid-Afrika.  Die samelewing het meer toegewend geraak vir baie euwels, onder andere pornografie en geweld.  Hy het amper in ‘n nuwe wêreld sy intrek geneem.

Wat sal iemand, kom ons sê ‘n Suid-Afrikaner, van 1908 in 2008 wakker word.  Of as een van ons in 1908 wakker word.  Ek is seker ek is voor die einde van die dag op die brandstapel.  Die wêreld het die afgelope 100 jaar meer verander as die 2000 jaar voor dit.  Net om ‘n paar voorbeelde te noem.  Daar is televisie en ons sien hoe geskiedenis voor ons oë gebeur.  Almal loop met ‘n selfoon in die sak rond en gebruik dit vir elke bakatel.  Daardie tyd het mense nog briewe geskryf en ek dink telegramme gestuur.  Ons het vandag nie net rekenaars nie, maar skootrekenaars waarmee ons enige tyd met die wêreld kan ontdek. 

Ford Model T het in 1908 die lug gesien, almal van ons wat hier lees het toegang tot ‘n motor wat ons self kan bestuur.  Daar was ‘n stadium waar Sammy Marks huis 2 dae per ossewa van Pretoria was.  Vandag kan ons vir ‘n heen en weertjie Kaap toe gaan vir ‘n dag.  As ons regtig wil, kan ons in London toe gaan vir ‘n konsert en terug binne 48 uur.  Vroue werk – dikwels presies dieselfde werk as ‘n man.  Ons dink glad nie ‘n vroue dokter or prokureur is vreemd nie.  Van vroue gepraat, ons is vandag die kaalste wat ons nog steeds was.  In 1908 sou jy gestenig gewees het as jy ‘n kort broek en spagetti top gedra het.  Vroue se kapsels is vandag van kaal geskeer tot heuplengte hare.  Style was baie meer beperk ‘n eeu terug.  Ons eet vandag heelwat minder, maar verrig soveel meer.  Al is dit nie met fisieke arbeid nie. 

In 1908 was Afrikaans nog in sy babaskoene.  Die eerste Afrikaanse Bybel het eers in 1933 die lug gesien.  Sal ons vandag 1908 Afrikaans verstaan?  Moontlik, maar hulle sal sukkel met 2008 Afrikaans.  Ons weet dat as iets gekalf het, dit oppiekoffie is.  Sal ‘n 1908ter nie dink ‘n koei het op ‘n sak koffie gekraam nie?  In 1908 was dit vulgêr om te verneem of iemand verwagtend is.  Vandag is dit goeie nuus en dit word onder alle geslagte en ouderdomme bespreek.  Die gebruik van woorde soos seks, geslagsdele of self seker dele van die anatomie soos bene byvoorbeeld was taboe.  Vandag frons niemand daaroor nie.

Ek kan seker die hele naweek skryf oor die verskille, maar ek sal graag wou sien wat sou Susarra van 1908 van 2008 dink.  Dalk kan julle die verbeelding sappe laat vloei en my vertel?  Ek is net dankiebly ek lewe in 2008.

Blogvraag:  Wie was Elizabeth Garrett Anderson?

Blogantwoord:  Sam was reg met 31 Mei 1890.

Entry filed under: Uncategorized.

Rugby, braaivleis, sonskyn en Chevrolet Happy of scary endings?

11 Kommentaar Add your own

  • 1. Pikkelik  |  Julie 5, 2008 om 9 : 00

    EEEERste!

  • 2. Pikkelik  |  Julie 5, 2008 om 9 : 05

    Daar is so baie, elektrisiteit om een te noem. Kan jy jou voorstel wat ‘n 1908 omie sal maak as hy by ‘n donker vertrek inkom en iemand druk ‘n knoppie… Tarararara… daglig! Hy sal eenvoudig dink die eindtyd het aangebreek! Of kom ons dink aan iets soos ‘n winkelsentrum…. Stel jou voor tannie Albertina loop in Westgate in…. en sien dan sommer so in die verbygaan vir mev Wit en mnr Swart hande vashou. Oom Gideon SIEN die parlementsopening op televisie of Tannie Anna kook kos in haar AMC-classic potte op die nuwe swart Devy stoof terwyl die malvapoeding in die thermofan oond aan die bak is???? 😆 😆

  • 3. Adrie  |  Julie 5, 2008 om 9 : 12

    Pik

    Ek dink nou net aan ‘n mikrogolfoond. Tannie Johanna sal mos nie haar oe kan glo met die wonder masjien nie.

  • 4. Pikkelik  |  Julie 5, 2008 om 9 : 28

    Solank sy net nie haar kinders in die tumbledrier gooi nie!!! 😆 😆 Kan jy jou voorstel hoe gaan sy soek vir die opening om die warm kole in die elektriese strykyster te gooi!!!! 😆 😆

  • 5. Adrie  |  Julie 5, 2008 om 9 : 33

    Pik

    Sy sou ‘n hartaanval oor my gekry het. Ek is nou nog in die bed. Doodsonde in daardie tyd.

  • 6. Adrie  |  Julie 5, 2008 om 9 : 35

    Nog iets simpel. Ons het krediet kaarte en tot ‘n mate het almal geld. Die tannie sal verstom staan oor hoe maklik gee ons geld op enigeiets uit.

  • 7. Carina  |  Julie 5, 2008 om 4 : 20

    Wonder wat my oumagrootjie van TV games sou gesê het??

  • 8. Adrie  |  Julie 5, 2008 om 9 : 22

    Hallo Carina

    Baie welkom hier. Die velwelkomings komittee is ongelukkig net in die week aktief. Ek hoop dat jy hier baie aangename ure gaan verwyl.

  • 9. Wipneus!  |  Julie 6, 2008 om 6 : 53

    Baie lekker inskrywing!!

    Ja, nee dit sal vir ‘n 1908ter moeilike tye wees om aan te pas.
    Die vulgêre viesike vloekwoorde sou hulle laat flou word het! Hulle sou hulle vrek geskrik het vir die kaal mini rokke en meisies op die strand 😆 Maar ek dink hulle sou fluks geleer het hoe om die wasmasjien se knoppies te werk! Geen beskuit knie, jy koop dit sommer by die tuisnywerheid.

    Maar hulle sou verstom gestaan het as hulle sien hoe mal word vandag se mense oor die petrol prys! ha ha 😆

    Welkom Carina!!! 😛

  • 10. Verons  |  Julie 7, 2008 om 8 : 35

    More! More!!
    Die antie sou sowaar terug geklim het in haar kis, want sy sou dink sy is op ‘n ander planeet!!!!

  • 11. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 9 : 32

    Verons

    Dink net as sy uitvind dat baie van ons nie naaldwerk kan doen nie! Of kan kook of stryk nie.

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za