Happy of scary endings?

Julie 5, 2008 at 10 : 39 61 Kommentaar

Dit is nogal ‘n gewilde vraag op die useless-info epos wat gereeld in omloop is.  Ek is nie presies seker wat dit van ‘n mens sê nie.  Dit is dan die rede vir vanaand se skrywe.  Wat beteken ‘n mens se antwoord?

Ek hou van gelukkige eindes.  Dit klink soetsappig en idioties, maar ek gaan nie lieg nie.  Ek is kinderlik ongelukkig as ek R40 vir ‘n fliek betaal en dit het nie ‘n gelukkige einde nie.  Ek gaan ook nie 300 + bladsye lees aan ‘n boek as ek weet die einde bring nie ten minste hoop nie.  Ek soek nie noodwendig ‘n happily ever after nie, maar die persoon / dier / instansie moet darem beter af wees aan die einde.  As die storie oor moeilike tye gegaan het, moet die karakters dit oorwin het en as beter mense uittree. 

Hoekom?  Ek weet eerlik nie.  Vir my is ‘n storie sonder ‘n gelukkige einde nie ‘n storie wat die moeite werd is om te vertel nie.  Ek is onbeskaamd ‘n optimis, ek glo dat alles goed sal gaan.  Ja, dit werk nie met almal nie, maar dit werk vir my.  Every dark cloud has a silver lining.  As daar iets in my lewe gebeur en ek hou nie van die einde nie, dan is dit nog nie die einde nie.  Ek gaan aan tot daar ‘n einde is waarmee ek kan saam lewe.

In Mr & Mrs Smith sê Jane Smith (Angelina Jolie se karakter):  “Happy endings are only for stories that haven’t ended yet.”  Ek verskil van haar.

Wat verkies julle en hoekom?

Blogvraag:  Wat is Mika se doopnaam?

Blogantwoord:  Sy was die eerste vroulike burgermeester in Engeland in 1908.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Gister en Vandag Almal se Baba

61 Kommentaar Add your own

  • 1. Wipneus!  |  Julie 6, 2008 om 7 : 02

    Ek hou baie van gelukkige eindes!!! Wat ek nie van hou nie, is as ek bv ‘n fliek kyk en die die einde was stomp en so half “hang in die lug” , gebruik jou verbeelding en dink jou eie einde uit. Ek wonder altyd of hulle nou moeg geraak het vir die storie en die fliek half gelos het 😆

    Every dark cloud has a silver lining. Ek is ook so positief oor die lewe Adrie! Dit help nie om in sak en as te gaan sit nie. Maak die einde lekker. Dit werk nie altyd so nie, maar mens moet ten minste probeer!

    Geniet die stukkie van die naweek wat oor is 😉

  • 2. Salomè  |  Julie 6, 2008 om 7 : 48

    More Wip – ek sien jy is ook vroeg uit die vere. Ek is so geinspirer met die kongres dat my koppie net nie wil rus nie. En na al wat ek die afgelope 3 dae gehoor het is daar oneindig baie mooontlikhede vir gelukige eindes as iemand net bereid is om bietjie effort in te sit.

    Ek glo ook aan gelukkige eindes. Dit het als dalk te doen met ‘n positiewe gesindheid. Ek dink die “useless info” vraag beoog om aan jou antwoord te wys of jou iemand met deursettingsvermoë is of een wat sommer tou opgooi.

  • 3. Salomè  |  Julie 6, 2008 om 7 : 48

    Baie spyt ek het gister gemis, maar my Liefie voel nie baie brite nie. Hierdie keer se behandeling het hom sleg gevang.

  • 4. Sam q  |  Julie 6, 2008 om 10 : 04

    Naand! Ek sukkel my gat af om hie in te kom. Ek het gou ga loer op die vorige blog en my antwoord sou gewees het dat sy die 1ste vrou was wat as mediese dok gekwalifaai het. En vandag se antwoord is Michael Holbrook… Of so iets

  • 5. Sam q  |  Julie 6, 2008 om 10 : 09

    Saloom…. Ons het julle baja gemis. Michael het 2 keer ‘n olifant gesien en ok ‘n leeu!:mrgreen:

  • 6. Salomè  |  Julie 6, 2008 om 10 : 47

    Hallo Sam
    My kinners is baie bo-bek oor die uit-missery gister, maar darem behoort julle al te weet dat ons nie sommer ‘n kuier sal mis sonder goeie rede nie.

  • 7. Sam q  |  Julie 6, 2008 om 12 : 13

    My comments verloor langs die pad! Ek het gesê dat ek gou ga google het. Elizabeth was die 1ste vrou in rooinek land ma die 2de inni wêreld. Ek het okki lank genoeg gelees om die storie van burgermeester te sien nie.

  • 8. Zoekoe  |  Julie 6, 2008 om 12 : 35

    Ek laaik dit as die bad guys wen aan die einde van ‘n fliek… dit IS afterall die realiteit !!!! life is never fair !!! en The good die young !

  • 9. Zoekoe  |  Julie 6, 2008 om 12 : 36

    O ja waar was al die mense gister? uit gechicken !!!! dammit !!!

  • 10. Wipneus!  |  Julie 6, 2008 om 1 : 32

    Ek hoop julle blogjol was lekker Zoekoe.

    Saloom jy is besig op die blogs vandag!! Ek sien jy het orals jou voetspoortjies gelos 😉

    Toe-del-doe geniet julle Sondag middag, oe! Sondae is so “boring” ek sal maar in Exclusive books gaan rondhang!!

  • 11. Salomè  |  Julie 6, 2008 om 2 : 55

    Ouma Wip
    Ek is so geinspireer dat ek net wil doen, maar nou ja hier in die ruimte kan mens nie rêrig iets doen nie. Ek is eindlik opsoek na goeters oor Goeie Maniere en Etiket, maar behalwe vir die Ingilse se “Royal Etiquette” en die Amerikaanse “Table Manners” lyk dit my staan boer se kind maar vêr agter as dit by sulke geskrifte kom. Ek weet van Emsie Schoeman se boek oor “Goeie Maniere en Etiket” maar hulle se ok minder as niks oor die opgevoede tante.

    Zoekoe
    Ek is g’n chicken nie!!! Net spyt Liefie voel nie goed nie, want nou lê ons almal maar hinderlaag sodat hy net weer bietjie kan recover.

  • 12. Adrie  |  Julie 6, 2008 om 3 : 14

    Hallo Almal

    Vir die van julle wat nie weet nie, ons het gister vir Nico met die hand gegroet. En baie lekker gekuier.

    Salome

    Ek het jou Cremora tert baie gemis. Ek hoop Ferrari voel gou beter.

    Wip

    As jy op ‘n Sondag rondswerf?

  • 13. Salomè  |  Julie 6, 2008 om 3 : 17

    Adrie
    As jy hier naby verby ry, kan jy maar kom tertjies eet want anders gaan ek definitef ‘n paar ekstra hobbels om my heupe hê as hulle baie langer in die yskas bly.

  • 14. Adrie  |  Julie 6, 2008 om 3 : 24

    Salamie

    Ek gaan nie gou weer in daardie rigting nie. Jy sal dit maar moet vries.

  • 15. Sam q  |  Julie 6, 2008 om 4 : 24

    Chicken! Chicken! Chicken! *fluister* Saloom… Net julle is verskoon. Hinderlaag se moer! Ga boek hom by die naaste wildsplaas in solat hy bq vars lug ka kry

  • 16. Salomè  |  Julie 6, 2008 om 4 : 35

    Sam
    Hahaha. Weet nie of ‘n wildsplaas se vars lug gaan werk nie, want hy is moeg om net van die kombuis na die sitkamer te loop. Maar hy begin darem nou al beter lyk dankie.

    Adrie
    Mens kan nie dit vries nie (wat ‘n vermorsing) die seuns sal maar net vir die volgende paar dae aan soet-oordosis lei. Sal jou dan maar iewers in jou omgewing moet kry sodat ek vir jou kan tert gee.

  • 17. Zoekoe  |  Julie 6, 2008 om 5 : 11

    Hi Salomè, nee ek bedoek nie julle nie, ek verstaan manlief voel nie lekker nie, maar die ander wat kamstig sou kom !!! 🙄

  • 18. Pikkelik  |  Julie 6, 2008 om 6 : 15

    Naand almal, NATUURLIK hou ek van happy endings… Heng die lewe is bitter genoeg sonder om dan nog ‘n fliek te kyk of ‘n boek te lees met ‘n sad of onvoltooide einde… Nee aarde, mens het darem sy perke!!! 🙄 😆

  • 19. Olga  |  Julie 6, 2008 om 6 : 29

    Hey!!!My sellulere divisie het terminale wapsitis en des se upgrade nog ligjare weg. Mens kyk fliek of lees boek vir ontspanning. Wie wil nou ontspan met nat nek en wammekies? Wie van julle het dalene mathee se uitgespoeldes gelees?kyk vir my is dit n onvoltooide boek.

  • 20. Olga  |  Julie 6, 2008 om 6 : 41

    Ek was vmore na afwesigheid van 10 jr kerk toe in my hometown. Ai, die trotse ou denne reuse is afgesaag. Kleintjies in hulle plek. Die gesigte het dieselfde gebly afgesien van di feit dat sommipe volwassenheid bereik het, ander het oud geword. En paar baie spesiale plekke is leeg.

  • 21. Sam q  |  Julie 6, 2008 om 7 : 06

    Olga… Ek het daai boek so 2 maande trug gelees en was nogal verbaas oori einde. Ek sou gelaaik het as Moses Swart vi lady, na lord se dood, in ha malle moer in gestuur het. Fok! Ek sou daai ketting permanent om my nek gedra het. En soos Katoeka sou sê….. Hulle almal sou geskyt het

  • 22. Adrie  |  Julie 6, 2008 om 7 : 51

    Olga en Sam

    Ek het Die Uitgespoeldes so lank laas gelees, ek kan skaars onthou wie was die karakters.

  • 23. Olga  |  Julie 6, 2008 om 10 : 54

    Die uitgespoeldes se titel moes gewees ‘onvoltooide laaste werk.’ di keuse moes aan ons haar bewonderaars oorgelaat gewees het of ons die onvoltooide werk wou lees.

  • 24. Zee  |  Julie 6, 2008 om 11 : 12

    Ek hou net van gelukkige eindes in flieks en boeke!!!!!! Ek peek altyd na die laaste paragraaf in ‘n boek voor ekke hom koop.😛

    Salome, sterkte vir manlief!

  • 25. Sam q  |  Julie 7, 2008 om 5 : 18

    Zee… My magtag! Ek dog eks die enigste mens wat dit doen. Ek lees altyd die laaste paar sinne voor ek die boek koop en of lees. Ek het baie moeilik aan my laaste boek gelees en dit was omtrent net die laaste paragraaf wat nice was. Ek het The Tommyknockers van S King gelees. Ek hou baja meer van Dean R Koonz se skryfstyl.

  • 26. Salomè  |  Julie 7, 2008 om 7 : 10

    Sam
    Mens loop nie in die koue so vroeg al rond nie. Maar as jy hier draai maak ek warm koffie.

    More Almal!!
    Vars koffie en muffins!!
    Man maar hiri nuwe koffie van Liefie laat die hele huis soos ‘n koffie shop ruik.
    So terloops – hy lyk sommer tonne beter vanmore – dankie almal.

  • 27. Zoekoe  |  Julie 7, 2008 om 7 : 57

    More more mense !!!! lekker naweek gehou????

  • 28. Katvis  |  Julie 7, 2008 om 8 : 45

    Ek stem saam as n storie nie n einde het wat tenminste hoop gee vir die karakters wat daar in uit gebeeld word nie dan voel dit of die storie nie die moeitewêrd was om oor te vertel nie daar is genoeg sulke stories in die koerant so vir ontspanning moet daar darem n goeie einde wees anders was dit nie ontspanning nie.

  • 29. Nats  |  Julie 7, 2008 om 9 : 13

    Goeie more julle!!

    Ek hou ook van gelukkige eindes!! Soms kan ‘n mens die fliek vooruit speel met seker RomComs, maar ek verkies dit nog steeds!

    Ek hou nie van flieks met twee eindes nie, ook nie flieks met ‘n opsie vir die extended version nie. En glad nie een waar jy moet raai wat verder gebeur nie… as ek dit wou hê sal ek die fliek net half pad kyk en verder self op maak!!!

  • 30. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 9 : 14

    More Almal

    Hoop almal het ‘n lekker nagrus agter die rug.

  • 31. neykie  |  Julie 7, 2008 om 9 : 16

    A3 more,

    wie hoop nie op ‘n gelukkige einde nie? elkeen van ons het tog die hoop dat alles op die ou end oky sal wees.

    Lekker dag verder vir jou

  • 32. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 9 : 16

    Hallo Tweeling en hallo Neykie

  • 33. Nats  |  Julie 7, 2008 om 9 : 20

    Hello 2Ling!

    Ek het ‘n semi kuif gesny… nou pla dit my iets vreesliks want dit hang in my oe!!!!

  • 34. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 9 : 21

    Nats

    Dit is jou straf . . . .

  • 35. Verons  |  Julie 7, 2008 om 9 : 31

    More! More!!
    Ek verkies ook gelukkige eindes al is dit net in stories want in die werklike lewe is daar maar min gelukkige eindes!

    Salomie ek dink Sam se idee vannie wildsplaas sal werk! Hy hoef nie eers baie rond te beweeg nie net die skoon lug sal al genoeg wees! Ek was weer die naweek op ‘n wildsplaas en Saterdag aand toe ons terug plaas toe ry van die Bosveldfees af het ons sommer so in die veld gestop en almal het agterop die bakkie geklim en ons het onsself aan die sterre verwonder!
    Ons wat so in die stede en besoedelde gebiede bly mis darem baie!!

  • 36. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 9 : 33

    Verons

    Het jy toe in my kloon vasgeloop?

  • 37. Tinkerbell  |  Julie 7, 2008 om 9 : 37

    Ahoy min maties!! He he.. Ganit julle? Ja nee Happy Endings verseker.. my hart is net so seer as ek ‘n fliek kyk wat nie happy eindig nie.. ek lees nie regtig nie maar sal goed bef@# wees as ek 300+ bladsye moes lees vir ‘n simpel einde..

  • 38. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 9 : 38

    Hey Tinks

    Hoe was jou naweek?

  • 39. Tinkerbell  |  Julie 7, 2008 om 9 : 47

    Dankie vir my mooi sms!!! Jy’s oulik…

  • 40. Tinkerbell  |  Julie 7, 2008 om 9 : 48

    Great naweek gehad.. jy?

  • 41. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 9 : 49

    Vind jy vandag eers uit dat ek oulik is?

  • 42. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 9 : 50

    Tienks, ons het met ‘n nuwe blog maatjie gekuier. Dit was lekker gewees.

  • 43. Tinkerbell  |  Julie 7, 2008 om 9 : 53

    Wie?

  • 44. ADRIANA  |  Julie 7, 2008 om 9 : 54

    Nico, die onnie.

  • 45. Tinkerbell  |  Julie 7, 2008 om 9 : 55

    OIC.. nice ou?

  • 46. ADRIANA  |  Julie 7, 2008 om 9 : 57

    Jip

  • 47. Tinkerbell  |  Julie 7, 2008 om 9 : 57

    Ek mis ok altyd alles…

  • 48. ADRIANA  |  Julie 7, 2008 om 10 : 01

    Jy was mos ook genooi.

  • 49. Verons  |  Julie 7, 2008 om 10 : 02

    A3 nee ek het nie, maar daar was so baie mense gewees dat dit nie onmoontlik was om iemand mis te kyk nie!

  • 50. Tinkerbell  |  Julie 7, 2008 om 10 : 03

    Ja ja.. jy weet hoekom ek dit gemis het..! Ma ek is solly..

  • 51. Tinkerbell  |  Julie 7, 2008 om 10 : 04

    Hallo Veronsie.. Ganit?

  • 52. ADRIANA  |  Julie 7, 2008 om 10 : 13

    Tienks

    En jy weet waar dit blog parties aangaan is dood die enigste verskoning.

  • 53. Tinkerbell  |  Julie 7, 2008 om 10 : 19

    Ag sies.. ek voel kla so kak!

  • 54. Adrie  |  Julie 7, 2008 om 10 : 22

    Tienks

    Haal dan jou vinger uit jou hol uit.

  • 55. Tinkerbell  |  Julie 7, 2008 om 10 : 32

    He he..

  • 56. ADRIANA  |  Julie 7, 2008 om 10 : 35

    Tienks

    Jy moet bad as jy wil kom blog. Sien, nou is al die ander maatjies weg.

  • 57. Tinkerbell  |  Julie 7, 2008 om 10 : 47

    Issie ek nie!!

  • 58. Carina  |  Julie 7, 2008 om 10 : 51

    Happy MAAR realistic endings! – Moet ook nie voorspelbare happy endings wees nie. Maar eintlik is daar altyd ‘n slegte ending vir iemand, so happy ending vir wie?

  • 59. Tinkerbell  |  Julie 7, 2008 om 10 : 54

    Ek is later weet terug..

  • 60. ADRIANA  |  Julie 7, 2008 om 10 : 54

    Carina

    Solank dit nie vir die drol in die verhaal is nie, gee ek nie werklik om nie.

  • 61. Salomè  |  Julie 7, 2008 om 1 : 06

    Nou het almal nou skierlik ‘n lunchdate met die nuwe blogmaatjie?
    Ek dag ek bring koffie, maar as julle dan nou so “vreet”saam wil wees, sal ek maar waai.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: