Oor jou dooie liggaam

April 2, 2009 at 5 : 56 256 Kommentaar

bad-fashion

Elke mens het sy standaarde en daar is net sekere goed waarmee jy nie dood betrap sal wil word nie.  Veral wat kleredrag betref.  Klere is nie net daar om jou naaktheid te bedek nie.  In ‘n mate is dit ook ‘n uitvloeisel van jou persoonlikheid.  Sekere goed verwag jy by sekere mense en ander goed weer nie.

So gaan drink ek en Wipneus een dag verlede jaar koffie.  Ek daag op met ‘n pienk hemp (okay, Olga – BLOES) en ‘n khaki Capri.  En Wip slaan amper agter oor neer.  Sy het nooit verwag dat ek my lewe in pienk sal waag nie.  Dit is nou al etlike maande later en steeds is sy in verstomming.  Wat die arme ding nie besef het nie, is dat ek ten minste 4 pienk bloese het.  Ek hou eintlik van pienk.  As ek ‘n sê in die saak gehad het, was al my klere groen, wit, pienk en khaki.  Daar is ‘n rede hoekom ek nie alleen mag klere koop nie.

Voordat julle te vinnig van die skok herstel, ek besit heelwat rompe ook.  In verskillende kleure en style.  En ja, ek dra hulle heel dikwels.  Ek dra nie juis op die oomblik rokke nie, maar ek het in beginsel niks teen hulle nie.  Daar was wel ‘n tyd in my lewe wat ek eerder sou sterf as wat ek ‘n rok sou dra.  Om eerlik te wees, ek sou ook nie  maklik ‘n romp of ‘n langbroek gedra het nie.  Daar was vir my in die lewe niks verkeerd met ‘n kortbroek en ‘n themp gewees nie.  Ek het dit darem ontgroei.

Ek het ook op ‘n stadium volstrek geweier om enige iets swart te dra.  Nog iets wat ek met die verloop van tyd oorgroei het.  Ek sal nie sommer van kop tot tone in swart geklee wees nie, maar ek sal af en toe met die idee speel. 

Ek is egter nog lank nie oor my griewe met sekere klere nie.  Daar is steeds goed wat ek net vir ‘n paar miljoen sal oorweeg om te dra.  Een daarvan is ‘n bikini.  Ek dra ook nie enige iets wat kunsinnig of boheems is nie.  Ek is nie ‘n kunsinnige of boheemse mens nie.  Valletjies en strikkies is ook so uit soos koekies in die weeshuis.  Ek sal Crocs nog dra waar niemand dit sal sien nie, maar ek dra nie visplakkies nie.  Ek dra onderklere vir gemak en nie vir versiering nie.  Ek sal ook nie sommer presies dieselfde kleur van kop tot tone dra nie, met die uitsondering van swart een keer in twee jaar.

Waarin word jy nie dood gesien nie? 

Blogvraag:  Wie was die ontwerper van SAL se lug- en grondwaardinne se uniforms?

Blogantwoord:  Maxie was reg met Japan.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Gevang met die oudste truuk in die boek Wenners en Verloordes

256 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  April 3, 2009 om 10 : 48

    Daar ontneem ek vir z van sy eetlus met stontpraat.

  • 2. Adrie  |  April 3, 2009 om 10 : 49

    Daar was ‘n tyd wat fishnets baie gewild was.

  • 3. Zoekoe  |  April 3, 2009 om 10 : 49

    Nats, ek dink die klomp moet nou asb oor iets anners praat, want ek word ook naar as ek al die beelde in my kop sien !!!

  • 4. Wille Kjind Q  |  April 3, 2009 om 10 : 50

    @ Olga
    :mrgreen:

  • 5. Adrie  |  April 3, 2009 om 10 : 55

    Zoekoe

    Gaan kyk op Wip se blog en jy sal nooit weer lus vir eet voel nie.
    💡 💡 💡

    Sy se daar gaan elke 3.5 sekondes iemand van honger dood.

  • 6. Olga  |  April 3, 2009 om 10 : 55

    sjym, dan waai ek maar. net nie kots nie z en nats. dit sal soos pizza topping lyk, van pizza gepraat ……

  • 7. Adrie  |  April 3, 2009 om 10 : 57

    OLGA

    GRRRR, ek gaan kots en dit vir jou vir sop opdien.

  • 8. Olga  |  April 3, 2009 om 10 : 59

    Njam njam.

  • 9. Zoekoe  |  April 3, 2009 om 11 : 01

    Adrie, ek het gesien op Wip se plek…. nee dankie – ek haat daai tipe prentjies…. phok !!!

  • 10. Nats  |  April 3, 2009 om 11 : 03

    GROSS!!

    Ek het juis gister aand lekker pizza geeet!!!

  • 11. Adrie  |  April 3, 2009 om 11 : 03

    Kyk vir Wip

    net ek mag sê merrie my stert is lelik gewip vanoggend
    [10:46:05 AM] : )*(&#$&$#8
    [10:46:24 AM] : ek is die ouma in die wereld ek gee die dorings en rose name
    [10:46:27 AM] *)(#*$)(*$#$_#@
    [10:46:39 AM] wag dat ek suiker water gaan drink

  • 12. Adrie  |  April 3, 2009 om 11 : 04

    Olga

    Dit is hopeloos te vroeg vir rooi koeldrank

  • 13. *Mathilda*  |  April 3, 2009 om 11 : 06

    Olga

    Jy gaan nêrens heen nie

  • 14. Nats  |  April 3, 2009 om 11 : 07

    Ag nee! Ek sal eerder nie gaan kyk nie… hou nie van sulke goed nie!

  • 15. Adrie  |  April 3, 2009 om 11 : 08

    Nats

    Dit is skokkend verby.

  • 16. Adrie  |  April 3, 2009 om 11 : 08

    Vel en been is nie ‘n oordrywing nie.

  • 17. *Mathilda*  |  April 3, 2009 om 11 : 09

    ‘n Vrou loop rond in ‘n duur matwinkel. Net toe sy buk om aan ‘n mooi mat te voel poep sy kliphard. Volgende oomblik staan die assistant langs haar.

    Ongemaklik vra sy: “Hoeveel kos die mat?”

    Die assistent antwoord: “Mevrou, as jy gepoep het toe jy aan die mat gevat het, gaan jy definitief in jou broek kak as jy sy prys hoor.

  • 18. Nats  |  April 3, 2009 om 11 : 10

    Adrie
    Sulke goed maak my hartseer… veral as ek nog soms kos weg gooi soos aartappels en piesangs ens wat ons net nie by uit kom om te eet nie!

  • 19. Zoekoe  |  April 3, 2009 om 11 : 10

    😆 whaahahhahahahaha 😆

  • 20. Nats  |  April 3, 2009 om 11 : 12

    *M*
    Wha ha ha ha!!!!!!!😆
    Dis vrek snaaks!

  • 21. *Mathilda*  |  April 3, 2009 om 11 : 15

    Ek het gedink ‘n ou grappie so hier tussen al die swaarkry sal goed afgaan

  • 22. Adrie  |  April 3, 2009 om 11 : 17

    Dit was snaaks. Ek hou ook nie van 10 000 losmatte in ‘n huis nie.

  • 23. Nats  |  April 3, 2009 om 11 : 19

    Met ons honde in die huis kan ek nie 10 000 matte in die huis bekostig nie!! Die twee wat ons het is klaar te veel om te stofsuig!🙂

  • 24. Adrie  |  April 3, 2009 om 11 : 22

    Madonna skei seker hare af soos min.

  • 25. Ogies  |  April 3, 2009 om 11 : 27

    Whahahahaha! Ek het al baie so gevoel as ek na goed se pryse kyk!!!!!! Whahahaha!!

  • 26. Adrie  |  April 3, 2009 om 11 : 28

    Ek koop niks meer nie. Dit is belaglik en ek hou nie van wasgoed was nie.

  • 27. *Mathilda*  |  April 3, 2009 om 11 : 35

    Klere wat nie kreukel nie is nogal nice

  • 28. Nats  |  April 3, 2009 om 11 : 35

    Adrie
    Sy is die ergste… dan gooi sy daai lyf so skuur skuur teen die swart banke!! Maar shame voel so sleg om met haar te raas, want dit lyk of sy so lekker kry!

  • 29. Nats  |  April 3, 2009 om 11 : 40

    Waspoeier is ook al vrek duur!!!

  • 30. Adrie  |  April 3, 2009 om 11 : 42

    “n Brood!!! Wie de hel kan R10 per brood bekostig?

  • 31. *Mathilda*  |  April 3, 2009 om 11 : 42

    Nats

    Veral as mens net een brand koop

  • 32. Nats  |  April 3, 2009 om 11 : 49

    *M*
    My sus hulle was met daai Surf liquid… R95 vir ‘n litre wat hulle nie eens twee weke hou nie!

  • 33. Adrie  |  April 3, 2009 om 11 : 50

    Dan raak dit amper goedkoper om net altyd nuwe klere te koop.

  • 34. *Mathilda*  |  April 3, 2009 om 11 : 53

    Ek koop ‘n 2kg Omo Multi Active en ‘n 2kg Superblue Surf en dan meng ek die twee en daarmee kom ek so 2 tot amper 3 maande uit – gewoonlik wag ek dan tot dit iewers op special is dan koop ek maar en hou dit daar, dit kan mos niks oorkom nie

  • 35. Klip  |  April 3, 2009 om 11 : 53

    Fishnet stockings…………….vis ……………… nogal vanpas

  • 36. Klip  |  April 3, 2009 om 11 : 54

    Kameel kniee
    Kameel tone

    Ek leer elke dag iets😆

  • 37. Nats  |  April 3, 2009 om 11 : 55

    Of is dit 1.5L kan nie nou onthou nie.

    *M*
    Ek was ook met Omo, toe koop ek sommer ‘n 9kg by Trade Centre vir net so oor die R200 wat ek nie dink sleg is nie! Sal my lank hou!

  • 38. *Mathilda*  |  April 3, 2009 om 11 : 57

    Klip

    Mens is mos nooit te oud om te leer nie

  • 39. Adrie  |  April 3, 2009 om 11 : 58

    Ek koop nie waspoeier nie, ek steel dit.

  • 40. Klip  |  April 3, 2009 om 11 : 58

    Ons kry elke maand n kilo omo of surf hier by die werk

  • 41. Nats  |  April 3, 2009 om 11 : 58

    Klip
    Kameel tone is die ergste!!!!! Shame ek kry daai girls altyd jammer, veral die wat gimnastiek doen en nog boonop afgeneem word!!

  • 42. Klip  |  April 3, 2009 om 11 : 59

    Se ek ook mos Mathilda

  • 43. Klip  |  April 3, 2009 om 12 : 01

    Nats , het al n paar dames gesien , met n kameel toon , en ek het benoud geword

    Dis amper soos om haelskade van agter af te sien

  • 44. Wille Kjind Q  |  April 3, 2009 om 12 : 04

    Ek kry koud

  • 45. Adrie  |  April 3, 2009 om 12 : 04

    Julle is vandag sulke opbeurende geselsskap.

  • 46. *Mathilda*  |  April 3, 2009 om 12 : 06

    Kloon

    Vir wie wil jy hê moet ons opbeur ?

  • 47. Wille Kjind Q  |  April 3, 2009 om 12 : 15

    Yippee!!!!! Uit freakin eindelik! Ek het my nief kar gekry. Net jammer dis ‘n automêtiek

  • 48. Adrie  |  April 3, 2009 om 12 : 16

    Watter kleur Willes?

  • 49. Wille Kjind Q  |  April 3, 2009 om 12 : 16

    En eks nogsteeds hommer. Ek ga gou oori pad hol om vi my ietsie te kry om aan te knaag

  • 50. Wille Kjind Q  |  April 3, 2009 om 12 : 17

    Silwer

  • 51. Nats  |  April 3, 2009 om 12 : 21

    Wille Q
    Watse kar?
    Automaties is luvly solank die kar krag het!

  • 52. Zoekoe  |  April 3, 2009 om 12 : 24

    Ich bin, also gebohrt kann ich gerade schlafen.

  • 53. Adrie  |  April 3, 2009 om 12 : 25

    Ek verkies ‘n stick.

  • 54. Emil  |  April 3, 2009 om 12 : 26

    Ich kann auch sehr gerne schlafen, weiss du. Schade mann kann nicht die ganze tag, order?

    Ek dra nie rompe of Crocs nie!

  • 55. Zoekoe  |  April 3, 2009 om 12 : 26

    Vroumense verkies altyd ‘n “stick” 😉 😉

  • 56. Adrie  |  April 3, 2009 om 12 : 28

    Emil

    Ek neem aan jy dra dus rokke? 😆

    Zoekoe

    In jou baan!!!

  • 57. Zoekoe  |  April 3, 2009 om 12 : 29

    Emil, was genau versuchen Sie, zu erklären mir?

  • 58. Emil  |  April 3, 2009 om 12 : 30

    Ek het eenkeer al ‘n rok gedra.

    In Europa is outomaties lekker om te ry, want dis moeilik om ratte te wissel as jy aan die verkeerde kant sit. Ek wil heeltyd die bleddie venster handvatsel gebruik as rathefboom.

    Hier weer verkies ek ‘n handrat.

    Ek het eenkeer al ‘n rok gedra.

  • 59. Zoekoe  |  April 3, 2009 om 12 : 30

    aag Adrie 🙄

  • 60. Emil  |  April 3, 2009 om 12 : 36

    Ich suche mein bed, zoekoe! Ich habe viel zu spät schlaffen gegang!! Jezt bin ich dolle müde und Ich kann nicht konzentrieren.

  • 61. Adrie  |  April 3, 2009 om 12 : 40

    Emil

    Wanneer het jy die rok gedra? En hoekom?

  • 62. Zoekoe  |  April 3, 2009 om 12 : 40

    Ich verstehe jetzt Emil, Sie partied zu vieler dieser Woche.

  • 63. Nats  |  April 3, 2009 om 12 : 41

    Eins, zwei drei blog myself!

    Emil
    Vertel?? Maar in afrikaans asb!

  • 64. Zoekoe  |  April 3, 2009 om 12 : 41

    Ek het ook al ‘n rokkie gedra, lank lank gelede.. maar dis iets waaroor ek nie praat nie. . .😉

  • 65. Zoekoe  |  April 3, 2009 om 12 : 46

    Nee o genade die dag is te bleddie Laaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaank !

  • 66. Emil  |  April 3, 2009 om 12 : 53

    Ek is skaam om te erken dat ek op laerskool rooikappie was.

    Es war ein hardes Woche! Ein hardes Krieg! Aber haute abend machen wir weiter.

  • 67. Adrie  |  April 3, 2009 om 12 : 55

    Was dit ‘n all boys skool?

  • 68. Zoekoe  |  April 3, 2009 om 12 : 57

    Nou van watse oorlog praat jy Emil?

  • 69. Verons  |  April 3, 2009 om 12 : 59

    O ja nog ‘n ding wat ek glad nie dra nie is ‘n sweetpak! Ek het al so 1 of 2 sweetpakke gekoop om te dra maar ek voel doodeenvoudig net nie gemaklik daarin nie nou gebruik ek dit maar vir winter pajamas want ek is so onfiks dat ek nie eers tot by die gym deur sal kom nie!😉

  • 70. Zoekoe  |  April 3, 2009 om 1 : 03

    Hallo Verons 😀

  • 71. Emil  |  April 3, 2009 om 1 : 11

    Die week was ‘n oorlog!!!!!!!!!

    Nee, A3, ek het seker soos ‘n meisie gelyk!

  • 72. Adrie  |  April 3, 2009 om 1 : 13

    Emil

    Nou soek ons ‘n foto.

    Verons

    Ek slaap ook in sweetpakke, dit is lekker warm in die winter.

  • 73. Zoekoe  |  April 3, 2009 om 1 : 15

    O ek sien, my duits is effe geroes….

  • 74. Adrie  |  April 3, 2009 om 1 : 18

    My duits is so min, dit kan nie eers roes nie.

  • 75. Zoekoe  |  April 3, 2009 om 1 : 22

    Maar mijn Nederlands is beter een beetje

  • 76. Zoekoe  |  April 3, 2009 om 1 : 22

    😆 Adrie, jy is weer baie skerp vandag ek sien…😆

  • 77. Adrie  |  April 3, 2009 om 1 : 24

    Ek is elke dag skerp.

  • 78. Zoekoe  |  April 3, 2009 om 1 : 30

    Dis oou weer waar Adrie….. 😉

  • 79. Adrie  |  April 3, 2009 om 1 : 34

    Zoekoe

    Hoe laat gaan jy ‘n maagpyn veins om huis toe te gaan?

  • 80. Zoekoe  |  April 3, 2009 om 1 : 47

    Ek weetie….. ek doen nie sulke dinge nie….

  • 81. Adrie  |  April 3, 2009 om 1 : 55

    Ek is lus en begin vandag met sulke dinge

  • 82. Zoekoe  |  April 3, 2009 om 2 : 07

    Dit sal te obvious wees op ‘n vrydag middag .!

  • 83. Adrie  |  April 3, 2009 om 2 : 09

    As nommer 2 roep, roep dit. Al is dit op Vrydagmiddag.

  • 84. Zoekoe  |  April 3, 2009 om 2 : 24

    🙂

  • 85. Zoekoe  |  April 3, 2009 om 2 : 24

    ……. so gepraat van ‘n nommer 2. . . 😳

  • 86. Adrie  |  April 3, 2009 om 2 : 26

    Wag, ek moet my baas oortuig nr 2 is eintlik spuitpoep. Hy moet my smeek om huis toe te gaan.

  • 87. carina  |  April 3, 2009 om 2 : 28

    Maak nie saak hoe gemaklik, aanbevole ensovoorts dit is nie…ek sal NOOIT Crocs dra nie. Dis liederlik afskuwelik…

  • 88. Adrie  |  April 3, 2009 om 2 : 29

    Carina

    Hoe laat jy my nou skrik!!! Flip, ek het nou net ‘n posduif na jou rigting gestuur.

  • 89. Zoekoe  |  April 3, 2009 om 2 : 41

    Ich muß eine Scheiße jetzt nehmen 😯

  • 90. pop  |  April 3, 2009 om 2 : 58

    phewww!! spitstyd op die blog!

  • 91. pop  |  April 3, 2009 om 3 : 00

    en daar waai almal weer

  • 92. Zoekoe  |  April 3, 2009 om 3 : 11

    dis so besig, mens moet amper ‘n nommer vat om te kan chat…

  • 93. pop  |  April 3, 2009 om 3 : 37

    zoeks

    daar wen jy sopas NR1!!!

  • 94. Zoekoe  |  April 3, 2009 om 3 : 55

    YIPPEEE !!! eks nommer 1 Numero Uno NAMBA WHAN !!!

  • 95. Adrie  |  April 3, 2009 om 3 : 57

    Ek is nommer laaste

  • 96. Adrie  |  April 3, 2009 om 3 : 58

    Pop

    Het jy toe met Mnr Pop gepraat?

  • 97. Nats  |  April 3, 2009 om 4 : 16

    Hello me is back from the future!

  • 98. Adrie  |  April 3, 2009 om 4 : 18

    Nats

    Ek is bly jy kon dit maak.

  • 99. Nats  |  April 3, 2009 om 4 : 21

    Ek ry vandag met Mnr se kar want hy moes myne invat omdat Toyota mos dink ‘n vrou is stupid!

    Hy bel my so ewe om te sê hy het my bumper beongeluk gekrap!!!

    So ja…

  • 100. Adrie  |  April 3, 2009 om 4 : 26

    Nats

    Krap sy bumber en kyk wat doen hy dan.

  • 101. Nats  |  April 3, 2009 om 4 : 43

    Adrie
    Hy het die bumper onderskat… ek dink ek moet vanmiddag sommer bo-oor alles ry wanneer ek by die huis kom en bo-op die grasperk gaan stop… dis mos nie verniet ‘n suv nie? Of hoe!😆

  • 102. Adrie  |  April 3, 2009 om 4 : 50

    Nats

    Dink gou, as jy bo-oor alles by julle huis ry, gaan jy moet skoonmaak.

    Ek het nou die dag gehoor van ‘n Duitser wat bo-op ‘n kerk se dak parkeer het. Probeer dit.

  • 103. Adrie  |  April 3, 2009 om 4 : 50

    Tip

    Jy moet baie windgat ry om dit reg te kry.

  • 104. Nats  |  April 3, 2009 om 4 : 56

    Adrie😆
    Ek moet bietjie vir daai Duitser gaan kuier!

    Lekker aand, en geniet die naweek!! Ek moet ry!!

    Cheerio!

  • 105. pop  |  April 3, 2009 om 4 : 59

    a3

    ek sal vanaand met mnr pop praat..

  • 106. Adrie  |  April 3, 2009 om 5 : 05

    Dankie. Sal jy vir my ‘n postor (sms) stuur?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: