Dralende uitstel

Maart 31, 2009 at 8 : 00 246 Kommentaar

Ek weet nie wat die Afrikaanse woord vir procrastination is nie.  Daar is wel heelwat idiome wat dit aanspreek.  Die oggendstond het goud in die mond.  Wat klaar is, is klaar.  En natuurlik – van uitstel, kom afstel.

My nommer een sonde is seker die feit dat ek alles altyd op die laaste nippertjie doen.  Afstel is nie altyd ‘n oorweging nie, dus moet die metode dikwels na gelang van die tyd aangepas word.  Dit beteken nie dat dit dan afskeepwerk is nie.   Wel, in elk geval nie altyd nie.  Soms kan min tyd jou brein vleuels gee en tot oorspronklike denke lei.  Min tyd was al dikwels die oorsaak van my mees briljantste stukkies werk. 

Dit is verbasend hoe onbelangrik goed word hoe meer tyd verloop.  Soms is dit onbelangrik genoeg om dit glad nie eers te doen nie.  ‘n Regstelling wat met geen moeite gedoen kan word.  As jy egter klaar reeds die werk gedoen het, kan jy nie jou tyd en moeite ongedaan maak nie. 

Aan die anderkant wil ‘n klomp van die goed wat ‘n mens uitstel gewoonlik op dieselfde tyd klaar gemaak word.  Om op die laaste sekonde iets te doen laat ook nie juis ruimte vir foute nie.  Jy moet dit dan die eerste slag reg doen of jy het probleme.  Jou moontlikhede is dan ook dikwels baie beperk.  Jy is heeltemaal geskroef as jy te laat ontdek dat jy inligting moet gaan soek.

As ek eerlik is, procrastination het nog altyd goed vir my gewerk.  Ek floreer op chaos en daardie klein bietjie stress doen wonders vir my.  Dit raak egter ‘n luukse wat nie meer vir my beskore is nie.  Dinge gebeur deesdae op die mees onmoontlike tye wat dringende aandag verg.  Dit meng vreeslik met my uitstellery uit.

More is nog ‘n dag, maar wat as more klaar beset is met iets meer belangrik?

Is jy ‘n uitsteller?  Handel jy goed af so gou as wat jy dit ontvang?  Hoe voel jy oor uitstellers?  Wat is jou grootste sonde?

Dit maak natuurlik ook ‘n baie lekker tagspelletjie.  Ek tag hiermee vir Sonkind, Wipneus, Ridder en Pikkelik om ons te vertel wat hulle grootste sonde is.  Hopenlik tag hulle verder dat ons kan sien wat almal se sondes is.  :evil:  En die tag is NIE ‘n April Geksgrap NIE.

Blogvraag:  In April 1988, wat het Alabama legislature die waarde van pi verander.  As wat sou pi se waarde volgens die April Geksgrap wees?

Blogantwoord:  Nats wat reg met haar hele voledige antwoord.  Sarel was Lochner de Kock en Karel Francios Stemmet.

Wipneus se arm.

wip-se-arm-in-gips

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Op jou boekrak Gevang met die oudste truuk in die boek

246 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  April 1, 2009 om 3 : 48

    Klip

    Sy gaan seker weer vir teddie aan die werk steek.

  • 2. Adrie  |  April 1, 2009 om 3 : 49

    Iemand weet duidelik nie hou gips jeuk nie

  • 3. Wipneus!  |  April 1, 2009 om 3 : 50

    Klip geen sterrekyk nou nie,!!!

  • 4. *Mathilda*  |  April 1, 2009 om 3 : 50

    Ek gaan nou eventually biki huistoe

    Adrie

    Daai is BESLIS ‘n joke !

  • 5. *Mathilda*  |  April 1, 2009 om 3 : 51

    Zoekoe

    Wat het jy daaroor te sê – gaan jy nou ‘n erf aan die oorkant van die pad koop sodat jy gelyke en ongelyke nommer braaityd het ?

  • 6. Klip  |  April 1, 2009 om 3 : 52

    Teddie moet maar sy kant bring , dis darem nou ook n lekker geleentheid om lekker terug te sit en te rus.

    Ons mans kry mos net verkoue , dan is ons doodelik siek

  • 7. Wipneus!  |  April 1, 2009 om 3 : 52

    Byeeeee Tilla lekker aand!!

  • 8. Adrie  |  April 1, 2009 om 3 : 55

    Tilla

    Duidelik is jy nie blond nie. Dan sal Zoekoe darem twee aande ‘n week braai.

  • 9. Klip  |  April 1, 2009 om 3 : 55

    Mathilda, geniet jou middag , en steek sommer n groot braaivleis vuur aan

  • 10. Wipneus!  |  April 1, 2009 om 3 : 56

    Klip hy gaan my nadese meer waardeer! :mrgreen:

  • 11. Wipneus!  |  April 1, 2009 om 3 : 56

    Klip ek jok vreeslik hier

  • 12. Wipneus!  |  April 1, 2009 om 3 : 57

    Dis net ‘n april grap 😳

  • 13. Adrie  |  April 1, 2009 om 3 : 57

    Verskriklik

    En dit is die reine waarheid daardie

  • 14. Klip  |  April 1, 2009 om 3 : 59

    Almal sit ligte af , en steek n braaivleis vuur aan , ek sien rerig nie dat dit enigsins n verskil gaan maak aan die earth hour inisiatief nie

  • 15. Adrie  |  April 1, 2009 om 4 : 01

    Sonder om jou arm teen die eetkamer tafel se poot te breek.

    Kan ek net noem dat ek gesmeek was om die foto te plaas.

  • 16. Zoekoe  |  April 1, 2009 om 4 : 02

    hoenou ?

  • 17. Wipneus!  |  April 1, 2009 om 4 : 03

    Ag toe nou Adrie, moet nou nie weer begin nie! :mrgreen: Ek kan nie help as jy my glo nie

  • 18. Zoekoe  |  April 1, 2009 om 4 : 03

    wat skinner julle van braai en van my ?

  • 19. Adrie  |  April 1, 2009 om 4 : 03

    Ouma se gebreekte arm het nogal baie met die datum vandag te doen.

  • 20. Wipneus!  |  April 1, 2009 om 4 : 04

    Whahahaha

  • 21. Wipneus!  |  April 1, 2009 om 4 : 04

    hoekom????

  • 22. Adrie  |  April 1, 2009 om 4 : 05

    Het ek enigsins rede gehad om Ouma te glo. Nogal binne ‘n uur by die dokter gewees en gegips. Sonder xtrale.

  • 23. Klip  |  April 1, 2009 om 4 : 05

    Wel daai grap kan maklik vir so n week volgehou word.

    Wipneus , ek was “ge-fool”😮

  • 24. Zoekoe  |  April 1, 2009 om 4 : 05

    brom brom….lyk my ek praat met die furniture alweer 🙄

  • 25. Adrie  |  April 1, 2009 om 4 : 07

    Zoekoe

    Volgens die Beeld mag jy as jou huis ‘n ewe nommer het net Sondae braai. As jy ‘n ongelyke nommer het mag jy nie Saterdae braai.

  • 26. Zoekoe  |  April 1, 2009 om 4 : 09

    volgens die beeld? en wat gaan hulle doen as ek amper elke dag braai ? ?

  • 27. Klip  |  April 1, 2009 om 4 : 10

    Zoekoe , ek dink ons moet maar die vuur aansteek en n paar koues geniet , en dis nie n grap nie

  • 28. Wipneus!  |  April 1, 2009 om 4 : 11

    Klip ek kan nie solank volhou nie! whahahaha

  • 29. Zoekoe  |  April 1, 2009 om 4 : 11

    Ek gaan regmaak vir gym ! chat laatr mense

  • 30. Adrie  |  April 1, 2009 om 4 : 12

    Zoekoe

    Al jou braaitoerusting konfiskeer (die gaar vleis seker ook) en jou beboet.

  • 31. Klip  |  April 1, 2009 om 4 : 12

    Ek braai net as daar bier is , so as hulle wil he ek moet nie braai nie dan moet hulle bier van die mark verwyder

  • 32. Adrie  |  April 1, 2009 om 4 : 13

    Whaahahahahahahah

    SAB sal dit nooit toe laat nie.

  • 33. Zoekoe  |  April 1, 2009 om 4 : 14

    Ouma se neus gaan nie nou wip nie…. hy gaan groei soos ou pinocchio sn

  • 34. Adrie  |  April 1, 2009 om 4 : 14

    Ek dink regtig dat die braai storie net ‘n April Gek grap is.

  • 35. Klip  |  April 1, 2009 om 4 : 16

    Wip , ek sukkel ook gewoonlik om n “straight face” te hou as ek iemand n poets bak

  • 36. Klip  |  April 1, 2009 om 4 : 17

    Zoekoe , geniet daai work out

  • 37. Wipneus!  |  April 1, 2009 om 4 : 18

    Daar is nie genade vir ons nie Klip! 😆 Dit voel of my asem wegraak, en ek suurstof moet kry!!!

  • 38. Adrie  |  April 1, 2009 om 4 : 18

    Klip

    Jy kan dit nog op ‘n blog wegsteek, maar sekere mense se gewete skree te vinnig.

  • 39. Wipneus!  |  April 1, 2009 om 4 : 19

    Enjoy die gym Zoeksie

  • 40. Adrie  |  April 1, 2009 om 4 : 20

    As iemand net bietjie realistieser wou wees, het niemand iets geweet nie.

  • 41. Wipneus!  |  April 1, 2009 om 4 : 21

    ag Adrie!! dis nie my gewete nie!!

  • 42. Klip  |  April 1, 2009 om 4 : 23

    Wip sit terug en haal diep asem …………….in …………en weer uit😆

    A3 kyk daar is n paar geheimpies wat ek mee saamloop , my gewete het al afgeskakel wat dit aanbetref.

  • 43. Adrie  |  April 1, 2009 om 4 : 23

    O?

    Nou wat was dit dan?

  • 44. Klip  |  April 1, 2009 om 4 : 27

    A3, Wip het my gehad, hoek , lyn en sinker .

    At least weet ek nou hoe haar hande lyk .

    n Vrou met mooi hande is altyd iets besonders om na te kyk

  • 45. Klip  |  April 1, 2009 om 4 : 29

    Ek kan nie meer wag dat hierdie skof verby gaan nie , dis nou al my 7 de 12ure dagskof in n ry , en daar is nog 4 wat voorle

  • 46. Adrie  |  April 1, 2009 om 4 : 30

    Klip

    Behalwe dat dit nie haar hande is nie.

  • 47. Adrie  |  April 1, 2009 om 4 : 31

    Roofleser!!!!

  • 48. Klip  |  April 1, 2009 om 4 : 31

    A3 , ok dis ook net n grappie ?????

  • 49. Adrie  |  April 1, 2009 om 4 : 32

    Jip

    Haar naels is altyd rooi. En sy is mos regtig ‘n ouma

  • 50. Adrie  |  April 1, 2009 om 4 : 33

    Sy is my stiefboetie se ouma.

  • 51. Klip  |  April 1, 2009 om 4 : 33

    Nou raas my rockers met al hierdie inligting …………..

  • 52. Klip  |  April 1, 2009 om 4 : 35

    WIPNEUS !!……………… kom tog uit met die waarheid , of plaas n foto van jou hande op die blog

  • 53. Adrie  |  April 1, 2009 om 4 : 35

    Sy dink omdat sy die snotkop se ouma kan wees, moet sy myne ook wees, al is ek 25 jaar ouer as hy.

  • 54. Adrie  |  April 1, 2009 om 4 : 36

    Klip

    Se jy ek jok?

  • 55. Klip  |  April 1, 2009 om 4 : 36

    En my ouma het n hout *****

  • 56. Wipneus!  |  April 1, 2009 om 4 : 37

    Dis al hoe jy my uitgevang het Adrie!!! Met die naellak! Klein merrie!

    Sterkte met daai vreeslike skof ure Klip!! Ek weet self nie wat gaan deesdae in ons huis aan nie. Dis nou eers Maart en ons almal is al stokflou! Ons kort rus, en ek wil nie weggaan, ek wil net op my bed lê en slaap vir 7 dae en 7 nagte

  • 57. Klip  |  April 1, 2009 om 4 : 37

    A3 nee glad nie , rerig

  • 58. Wipneus!  |  April 1, 2009 om 4 : 38

    My hande???

  • 59. Klip  |  April 1, 2009 om 4 : 39

    Sjoe hier in die blog wereld kan n mense enige iets of iemand wees , die lyn tussn waarheid en fiksie is baie dun

  • 60. Adrie  |  April 1, 2009 om 4 : 39

    Nou eers April . . . .

  • 61. Adrie  |  April 1, 2009 om 4 : 41

    Okay, okay – ek het nie ‘n stiefboetie waarvan ek weet nie.

  • 63. Adrie  |  April 1, 2009 om 4 : 42

    Wip

    Jy kan nie so blatant lesers by my blog steel nie. En ek het jou lank voor die foto nie geglo nie. Nie eers vir ‘n sekond nie.

  • 64. Wipneus!  |  April 1, 2009 om 4 : 43

    die man wil my hande sien, wat moet ek nou doen, snotneus👿

  • 65. Klip  |  April 1, 2009 om 4 : 43

    Wipneus , ja jou hande , n foto van jou , net vir die grap😆

  • 66. Wipneus!  |  April 1, 2009 om 4 : 44

    nee regtig! ek belowe!!

  • 67. Adrie  |  April 1, 2009 om 4 : 45

    Klip

    Jy kan van haar vingers op die link sien wat sy gegee het.

  • 68. Klip  |  April 1, 2009 om 4 : 45

    Dankie Wipneus , ek het sommer geweet jy het ook mooi hande .

  • 69. Klip  |  April 1, 2009 om 4 : 47

    Ge-boekmerk

  • 70. Klip  |  April 1, 2009 om 4 : 49

    Ma nou is ek lus vir koek …..*&*^%$ daai prentjie het nou die wurms hier in my pens op hol gesit

  • 71. Adrie  |  April 1, 2009 om 4 : 50

    Klip

    As jy nie nou dadelik liries raak oor my hande nie, tik ek nie een woord verder nie.

  • 72. Wipneus!  |  April 1, 2009 om 4 : 55

    whahahaha jaloerse Adrie!! Wag laat ek Adrie se hande vir jou wys Kip

  • 73. Wipneus!  |  April 1, 2009 om 4 : 55

    Sy het net sulke mooi hande

  • 74. Adrie  |  April 1, 2009 om 4 : 56

    Wipneus

    Jy is goed oppad om regtig met ‘n gebreekte arm te sit.

    Besides, Klip het my al met die hand gegroet.

  • 75. Adrie  |  April 1, 2009 om 4 : 57

    Ek het baie mooier hande

  • 76. Wipneus!  |  April 1, 2009 om 4 : 57

    Oeps vergeet ek amper om te sê: Dankie Klip!! 😳

    Hier is vir jou ‘n stuk koek!!

  • 77. Klip  |  April 1, 2009 om 4 : 59

    A3 jy het net sulke mooi hande , dit rond jou perfektheid so mooi af , en dis nie n grap nie😆

    Ek kan darem se ek het jou al met die hand gegroet

  • 78. Klip  |  April 1, 2009 om 5 : 00

    Thanks Wip , ek is seker dat daar van daai lekker koek op n volgende blog jol gaan wees

  • 79. Adrie  |  April 1, 2009 om 5 : 01

    Klip

    Jy sal nooit vir Wip met die hand kan groet nie. Sy is hopeloos te snobistiese daarvoor. Sy dink mos my naam is nee.

  • 80. Klip  |  April 1, 2009 om 5 : 01

    En was ek nie bevoorreg om jou hand te kon skud nie A3

  • 81. Klip  |  April 1, 2009 om 5 : 03

    A3 dit moet n grappie wees , n ouma met sulke mooi hande en so n sagte hartjie ……
    Dis mos nog steeds die 1st of hoe?

  • 82. Adrie  |  April 1, 2009 om 5 : 05

    Klip

    Nope, blogjols is mos teen haar beginsels.

    Daar sal seker lekker koek wees by die volgende jol as Salome dit bak.

  • 83. Klip  |  April 1, 2009 om 5 : 12

    Die keer gaan ek ook n stukkie koek eet .

    En noudat die meeste mense by die huis kom en kosmaak , en TV kyk hardloop ek nou lekker rond hier

  • 84. Wipneus!  |  April 1, 2009 om 5 : 13

    Adrie omdt ek nie blogjols doen beteken dit nie ek is ‘n snob!! sies

  • 85. Klip  |  April 1, 2009 om 5 : 13

    A3 wat is jou planne t.ov blogjols die res van die jaar?

  • 86. Adrie  |  April 1, 2009 om 5 : 17

    Wat beteken dit dan, Ouma?

  • 87. Klip  |  April 1, 2009 om 5 : 18

    Noem dit dan iets anders

  • 88. Adrie  |  April 1, 2009 om 5 : 19

    Klip

    Ons het ‘n sosiale lid nodig om dit alles te reel. Ons sal seker weer Sisters doen, maar verder het ek nog nie iets beplan nie. Wanneer almal weer hard skree dat hulle wil jol, maak ons gewoonlik ‘n plan.

  • 89. Adrie  |  April 1, 2009 om 5 : 21

    Iets anders? Netnou huil sy

  • 90. Adrie  |  April 1, 2009 om 5 : 31

    BLIKEMMER

  • 91. Adrie  |  April 1, 2009 om 5 : 33

    Ons het dit
    Ons het dit
    Ons is gebore met dit.

  • 92. Adrie  |  April 1, 2009 om 5 : 34

    Ons het die 200 000 merk verby gesteek.

  • 93. Adrie  |  April 1, 2009 om 6 : 17

    TAta

  • 94. Sonkind  |  April 1, 2009 om 9 : 14

    Adrie – ek het klaar my grootste sonde op my blog bely – ek kyk die Idols. En o ja, ek lees die Huisgenoot ook. Ek dink dit is twee erg genoeg sondes daai!😈

  • 95. Adrie  |  April 1, 2009 om 9 : 25

    Son

    Vang ek jou kroek? Ek kyk Noot vir Noot en Zille skree vir die bulle, so what? Dit is n flaw, elke mens is geregtig op n paar. Dit is nie sonde nie.👿

    Se eerder jy is lui!!😆

  • 96. Pikkelik  |  April 2, 2009 om 10 : 24

    Huiswerk gedoen…. 👿

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: