Gevang met die oudste truuk in die boek

April 1, 2009 at 6 : 13 300 Kommentaar

Rapport het so 2 naweke gelede die bom laat val.  Theuns is die pa van ‘n KKNK baba.  Hy en die meisie het meer as net ‘n drankie saam gedrink by die KKNK verlede jaar.  Haar ou, wat kort daarna met haar uitgemaak, opgemaak en weer uitgemaak het, het eers gedink dit is sy kind.  Die vaderskaptoetse het dit weerspreek.  Dit is toe wat die 21 jarige met gr 8 agter haar naam van Theuns onthou.

Ek hou so te sê niks van Theuns Jordaan nie, maar ek moet hom krediet gee.  Sonder om tweekeer te dink het hy verantwoordelikheid vir die baba aanvaar.  Sonder om vir vaderskaptoetse te gaan.  Eers nadat nog name aan die meisie gekoppel is het hy vir vaderskaptoetse gegaan.  Dit was negatief en hy is van sy morele verpligting vrygestel.

Goed, ons weet Theuns kom van die plaas en dit is seker sy verskoning.  Hy is egter ook al amper 10 jaar in die bedryf en behoort darem van beter te weet.  Dit is algemene kennis dat sekere dames daar buite celebs in hulle beddens versamel soos ander mense seëls versamel.  As hy nie van selfbeheersing weet nie, weet hy seker van kondome?  Verder besef hy seker al lankal dat daar baie fortuinsoekers daar buite is en dat hy homself teen hulle moet beskerm.

Dit gaan nie regtig daaroor dat hy verantwoordelikheid aanvaar het voordat hy die vaderskaptoets gedoen het nie.  Dit was nogal ordentlik van hom al was dit naief.  Dit gaan eerder daaroor dat hy gevang is met die truuk. 

Ironies genoeg is daar vandag nog steeds meisies wat dink hulle kan ‘n man vang of behou met ‘n baba.  Daar is nog steeds mans wat glo dat ‘n meisie wat swanger raak self die verantwoordelikheid moet dra.  Dat ‘n vrou in geheel verantwoordelik vir voorbehoeding.  Daar is nog steeds mense wat glo dat ‘n man wat oor die lyn getrap het ‘n haan is en die meisie ‘n slet.  Sekere dinge gaan seker nooit verander nie.

Wat dink julle omtrent die saak?  Is one-nightstands vir bekendes ‘n moet?  Wie is skuldiger:  hy wat gryp wat voor sy voete gegooi word of sy wat daarop uitgaan om hom te vang?  Almal weet dat ‘n mens nie noodwendig op 16 volwasse is nie, al is jy nie meer staatskos nie.  Moet die veel ouer bekendes nie die meisie se ouderdom en volwassenheid in ag neem voordat hy op haar hitlys kom nie?

Blogvraag:  In watter land was die PIL vir die eerste keer in September 1999 goedgekeur?

Blogantwoord:  Maxie was eerste reg met 3.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Dralende uitstel Oor jou dooie liggaam

300 Kommentaar Add your own

  • 1. Nats  |  April 2, 2009 om 11 : 15

    Klip
    Bring en braai!!! Ja nee kyk dan gaan daar geskinder word!!
    😆

  • 2. Adrie  |  April 2, 2009 om 11 : 16

    He He He

    Dit is mos al wat belangrik is Klip

    Ek dink eloping is die enigste manier om te trou.

  • 3. Adrie  |  April 2, 2009 om 11 : 17

    Ek het ernstig al van bring en braai troues gehoor.

  • 4. Adrie  |  April 2, 2009 om 11 : 26

    Ek haat troues met ‘n passie. Die ding waarvoor ek baie maklik nee se.

  • 5. Nats  |  April 2, 2009 om 11 : 27

    Adrie
    Ten minste met ‘n bring en braai weet jy jy gaan kwalitiet vleis eet en hoe jy daarvan hou!! Het al lekker stories gehoor van kos wat of te min was, of te rou, of te dit en dat by trouens – en daarvoor betaal jy deesdae wat R150 – R300 per kop??

  • 6. Klip  |  April 2, 2009 om 11 : 30

    Die mense sing vir jou by die spur ook , en n mens kan n starlight aan die brand steek.

    Die gaste gee nie vir die bruidspaar geskenke nie , hulle moet net vir hulle self betaal by die restaurant. Dan kan hulle ook eet en drink wat hulle wil

  • 7. Adrie  |  April 2, 2009 om 11 : 31

    Nats

    En soos ek se, al wat jy daarvoor kry is dat jy beskinner word. Veral deur die familielede wat onder vriendelike verpligting genooi is.

  • 8. Adrie  |  April 2, 2009 om 11 : 32

    Hoekom moet daar enigsins gaste wees?

  • 9. Klip  |  April 2, 2009 om 11 : 32

    Ek is n cheap skyt , ek betaal nie so baie vir iemand om my dogter se troue by te woon nie ……. die sing a longs by spur begin al meer na n opsie klink

  • 10. Klip  |  April 2, 2009 om 11 : 33

    Vra ek ook A3

  • 11. Klip  |  April 2, 2009 om 11 : 34

    F** die familie

  • 12. Klip  |  April 2, 2009 om 11 : 35

    Dis die gevreetjie wat ek by my vorige comment wou gehad het

  • 13. Nats  |  April 2, 2009 om 11 : 36

    Adrie
    Dis wat ek sê – as dit van my af hang nooi ek net die mense wat gereeld met my in kontak is… seker familie sien en hoor ek nie van vir maande of self jare nie – so hoekom hulle nooi??

    Klip
    Jip! F*k hulle! Dink ek moet dit doen!

  • 14. *Mathilda*  |  April 2, 2009 om 11 : 36

    Klip

    Is ons ook genooi ? Ons sal ons eie kos en drank betaal daar by die Spur

  • 15. Nats  |  April 2, 2009 om 11 : 38

    Klip
    Hoe verander jy jou gevreetjie so vinnig? Myne wys nou nog nie!

  • 16. Adrie  |  April 2, 2009 om 11 : 40

    Nats

    So . . . . is daar al ‘n datum? Jy weet, ek het baie tyd nodig om ‘n date te soek.

  • 17. Klip  |  April 2, 2009 om 11 : 41

    Mathilda , natuurlik , as julle net gaan saam sing😆

  • 18. *Mathilda*  |  April 2, 2009 om 11 : 46

    Jy gee ons net die cue en ons sing dat dit klap

  • 19. Nats  |  April 2, 2009 om 11 : 47

    154. Adrie | April 2, 2009 at 11 : 26
    Ek haat troues met ‘n passie. Die ding waarvoor ek baie maklik nee se.

    So jy sal darem na my troue toe kom?? Ag thanx 2Ling!

    PS: Wie het gesê jy mag ‘n date bring? Ek moet eers kyk na die budget😉

  • 20. Adrie  |  April 2, 2009 om 11 : 51

    Tweeling

    Ek sal vir jou ‘n uitsondering maak, jy is darem my enigste tweeling. 😆

    Klip

    Ek beveel Spur by Emperor’s Palace aan. Hulle sing en dans, sonder drank.

  • 21. Adrie  |  April 2, 2009 om 11 : 52

    Tweeling

    Se groot ASSEBLIEF ek mag nie ‘n date bring nie.

    Vir wanneer moet ons die kombuistee reel? Verkies jy paaldans, bellydans, lapdans of ‘n stripper?

  • 22. Nats  |  April 2, 2009 om 12 : 01

    STIPPPPPPPPEEEERRRR!!! ASB!! 😆

    Klip
    Spur by Emperors Palace dans regtig baie nice sonder drank!! Hulle amper gejoin so lekker het dit gelyk!

  • 23. Adrie  |  April 2, 2009 om 12 : 08

    Arme Emperors sal nooooooooit weer dieselfde wees nie.

    Nats

    Jy kerm nie as daar regtig ‘n stripper opdaag nie.

    Wanneer is die datum?

  • 24. Zoekoe  |  April 2, 2009 om 12 : 16

    Eish nou praat julle klomp bog 🙄

  • 25. Zoekoe  |  April 2, 2009 om 12 : 16

    Ek hou net van troues as daar gratis drank is… 😈

  • 26. Zoekoe  |  April 2, 2009 om 12 : 25

    En lyk my almal is weg na die troue toe… en ek is nie genooi nie 😦

  • 27. Adrie  |  April 2, 2009 om 12 : 25

    Natuurlik – dit is al wanneer almal van troues hou.

    Hulle gaan gewoonlik omdat die kos verniet is.

  • 28. Adrie  |  April 2, 2009 om 12 : 26

    Jy moes in elk geval vir jou eie drank betaal het.

  • 29. Klip  |  April 2, 2009 om 12 : 31

    Huis wyn en tap bier , wat wil jy nou meer he

  • 30. Klip  |  April 2, 2009 om 12 : 32

    Zoekoe , ons val net uit by die troue , maak en lyk of jy familie is , en drink al hulle bier op .

  • 31. Adrie  |  April 2, 2009 om 12 : 32

    Skoon water asseblief?

  • 32. Klip  |  April 2, 2009 om 12 : 34

    Al die nefies het mos niggies , daai niggies wat die nefies van die bytjies en blommetjies geleer het daar op die plaas agter die kraal muur.

    Nou wil niemand meer troues bywoon nie , want wat se jy vir daai spesiale niggie van jou as jy haar weer na jare op n troue sien?

  • 33. Adrie  |  April 2, 2009 om 12 : 37

    Klip

    Ek worry oor jou familie.

  • 34. Olga  |  April 2, 2009 om 12 : 38

    Geld waarvoor nats? die ring? die wit rok waaroor jy met klip saamstem? die blomme op die altaar? dit isdetails. ek dink as jy klaar met n man of vrou saamwoon, is die hele ou groot diamant, witrok r250 per kop onthaal troue n klug. waarvoor n spierwit troue met min intieme vriende en familie of self baie familie en vriende en hulle vriende? en die baas se klein niggietjie se swaer se bywyf wat jy nie ken nie? my vriendim was goed moerig vir my. sy het my na haar dogter wie al met die man saamgewoon het skool vakansies sederd sy gr10 was, n kind van hom op 17 se troue genooi. toe vertel ek haar ek gaan nie sirkus toe nie dankie.

  • 35. Adrie  |  April 2, 2009 om 12 : 40

    Olga

    Hier is ‘n bietjie useless info vir jou.

    Billy Forrest is al 69 jaar oud.

    Robert Engelsman is 72 jaar oud. Hulle was vanoggend op jac.

  • 36. Klip  |  April 2, 2009 om 12 : 41

    Olga nou verstaan ons mekaar

    A3 , ek het arm groot geword , ek het nie niggies gehad nie

  • 37. Adrie  |  April 2, 2009 om 12 : 41

    Engelse troues is om een of ander rede meer “heilig” as Afrikaanse troues. Dalk is volwasse ‘n beter word. Dit bly stigtelik sonder dat hulle die arme bruid en bruidegom soos kleuterskool kinders terg.

  • 38. Klip  |  April 2, 2009 om 12 : 42

    A3 is jy op n detox, as jy nou net skoon water drink???

    Ek is amper 48 en was NIE op jac nie

  • 39. Olga  |  April 2, 2009 om 12 : 42

    my sus het swanger geword. hulle troue was toe al gereel. my pa het vir alles betaal. absoluut vir alles. op die dag het hy egter gaan visvang. want hy het gese die TRIMMINGS van die groot trou wat eintlik net n maagd toekom, is n bespotting van alles wat reim moes wees.

  • 40. Adrie  |  April 2, 2009 om 12 : 42

    Klip

    Wat het niggies met ryk of arm te maak?

  • 41. Klip  |  April 2, 2009 om 12 : 43

    Ja die engelse , sit en verwonder hulle die hele f**** tyd wat gaan op die honeymoon gebeur

  • 42. Klip  |  April 2, 2009 om 12 : 44

    Ek is ARM aan ondervinding

  • 43. Klip  |  April 2, 2009 om 12 : 45

    Olga , dis presies hoe ek voel , al verskil is ek betaal fo****l

  • 44. Adrie  |  April 2, 2009 om 12 : 45

    Klip

    Die lewe is hopeloos te kort vir bier of slegte wyn.

  • 45. Olga  |  April 2, 2009 om 12 : 45

    askies, nats, ek het nou nie van jou persoonlik gepraat nhe. dis alweer ek en die paragraaf ding. nou sien ek dit lyk of ek met jou persoonlik skoor.

  • 46. Klip  |  April 2, 2009 om 12 : 46

    A3 of drink jy skelm ?

  • 47. Klip  |  April 2, 2009 om 12 : 47

    Dis hoekom hulle party drank bottels so plat maak, om net mooi in jou suit se sak te pas

  • 48. Adrie  |  April 2, 2009 om 12 : 48

    Ek drink al vir baie jare openlik as ek drink.

  • 49. Nats  |  April 2, 2009 om 12 : 48

    Olga
    Ek stem saam Klip oor die hele storie van wie jy almal nooi. Ek wil nie my hele familie nooi nie – want hoekom moet ek? Ek hou in elk geval nie van hulle nie, en visa versa.

    Die hele trou in ‘n wit rok sal ek doen, al bly ek al amper 4 jaar saam my ou.

  • 50. Adrie  |  April 2, 2009 om 12 : 52

    Ek is glad nie so seker dat ek die hele wit trourok ding gaan doen nie. Jy kan amper ‘n huis koop, sensitiewe onderwerp, met die prys daarvan.

  • 51. Olga  |  April 2, 2009 om 12 : 52

    Klip ek het jou niks aangedoen nie. die goed wat ek se is regtig in die algemeen. so as jy iets persoonlik opgeneem het uit wat ek gese het, is dit absoluut jou saak. ek was nie swanger nie, het nie n kind gehad nie, het nie saamgewoon of dan getestdrive nie. ek is egter in die kerk getroud. in n appelkooskleurige pak. met n paar blomme op die altaar en in my hand. en met net 10 mense teenwoordig. want sien, ek het toe al met afrikaanse troues kennig gemaak en het al as 14 jarige besluit, ek woon eerder met n man saam as om dari hele sirkus wat mens dan n troue noem deur te gaan. dit is my punu. dan stem ek met nats saam. die sirkus tipe troues is vastly overrated. nou verstaan ons mekaar hoop ek.

  • 52. Adrie  |  April 2, 2009 om 12 : 55

    Toegegee, ek sal seker in wit trou in elk geval, maar dit sal nie noodwendig ‘n wit rok wees nie.

  • 53. Nats  |  April 2, 2009 om 12 : 57

    My niggie het al wat ‘n familie lid was genooi na haar troue toe. Selfs my oupa se broers en susters – ek weet nie eens wat hulle name is nie!! Maar hulle was genooi! Meeste van hulle het te veel geld en gee altyd ‘n lekker cheque as geskenk, so ek dink dit was al rede hoekom hulle da was!

    Twee jaar down the line toe skei hulle.

  • 54. Olga  |  April 2, 2009 om 12 : 57

    Punu is natuurlik punt. askies. juf annie, die witrok huwelik simboliseer n rein samekoms. hoeveel mense wat dit doen is rein? baie glo dit gaan hulle huwelik laat hou. boy, oh boy have i got news for them. ek is n baie onromantiese siel. ek dink dit is geld wegsmyt. hulle kom eet jou kos, drink jou drank en geskinder jou in elk geval.

  • 55. Nats  |  April 2, 2009 om 1 : 02

    Olga
    Goeie punt, wonder hoekom die man dan swart pak mag dra??😆

  • 56. *Mathilda*  |  April 2, 2009 om 1 : 02

    Nats !

  • 57. *Mathilda*  |  April 2, 2009 om 1 : 03

    Nats

    Ja, snaaks genoeg word daar niks aan die mans voorgeskryf van watter kleur hulle mag en nie mag dra nie

  • 58. Nats  |  April 2, 2009 om 1 : 07

    *M*
    Ek wonder hoeveel troues daar is vandag waar die man en vrou albei nog rein is?? Laat jou wonder!

    Ek lewe in sonde (gesien deur my ouma en oupa se oë) Was nie baie beindruk toe hulle hoor ek en manlief bly saam nie.

  • 59. Nats  |  April 2, 2009 om 1 : 08

    Sien julle bietjie later – ek moet ry!

    Sal sommer luch koop oppad terug!!

  • 60. *Mathilda*  |  April 2, 2009 om 1 : 12

    Nats

    Tye het verander, mens sien al hoe meer huwelike van mense wat nie voor die tyd saamgebly het nie verbrokkel juis oor die rede dat hulle nie mekaar se grille en giere ken nie – waar die wat saambly mekaar se nukke so met die tyd uitsorteer word die ander met alles op een slag gekonfronteer en dit raak te veel en hulle kan dit nie hanteer nie en dit word ‘n onoorkombare brug. Ek het nie ‘n probleem met mense wat verantwoordelik saambly nie – dis die wat so rondval wat my probleem is.

  • 61. Zoekoe  |  April 2, 2009 om 1 : 14

    goeie genade !!! gaan julle nog steeds aan oor troues….. 🙄

  • 62. Blom  |  April 2, 2009 om 1 : 19

    More maatjies

    Trou is ‘n pot bollie, ek het rerig nie ‘n begeerte om dit weer te doen nie.
    Sal ook maar by pay as you go hou…voor die poef die fan strike beweeg jy aan ek moet se ek is nou al 6 jaar alleen en dit is maar hoe dit sal bly…die groot probleem van trou is, is die kinders hulle vat dit nie baie goed nie veral as die pa onderhoud ontduik….ek het al gedink ek moet Mike Bolhuis kry om ‘n paar skote in sy knieë te skiet

  • 63. Olga  |  April 2, 2009 om 1 : 28

    Tilla ek weet van menige paar wie heel gelukkig vir jare en jare saam gewoon het. dan op n dag gaan trou hulle. sodra die novelty afgewerk het, loop elkeen in elk geval sy eie pad. soms skei hulle darem.

  • 64. Adrie  |  April 2, 2009 om 1 : 28

    Tilla

    Ironies genoeg wys die stats dat meer mense wat vooraf saamgebly het skei, as diegene wat nie vooraf saamgebly het nie.

  • 65. Olga  |  April 2, 2009 om 1 : 30

    blom, jy het mike bolhuis nie nodig vir n stuk slang kak wat nie onderhoud wil betaal nie. die hof sal sy gal werk. gratis en mahala.

  • 66. Adrie  |  April 2, 2009 om 1 : 31

    Tilla

    Dalk moet jy vir ons ‘n blog skryf oor onderhoud. Ek weet niks daarvan af nie en daar is ‘n aanvraag

  • 67. Olga  |  April 2, 2009 om 1 : 34

    en jy het nie n egskeidingsbevel vir so n fokop nodig nie blom. jy kan maar skel oom jack, as ek so n stuk etter moet teekom . . . dan se ek, ek het vir my. and im not afraid to use it.

  • 68. Adrie  |  April 2, 2009 om 1 : 37

    So iemand is ‘n suurstof dief, dit is nie altemit nie.

  • 69. Adrie  |  April 2, 2009 om 1 : 42

    Waar is Verons deesdae?

  • 70. Adrie  |  April 2, 2009 om 1 : 46

    man
    1. ————
    board

    Ans. = man overboard

    Okay, let’s see if you’ve got the hang of it.

    stand
    2. ————
    i

    ;

    Ans. = I understand

    OK .

    Got the drift ?

    Let’s try a few now and see
    how you fare ?

    3. /r/e/a/d/i/n/g/

    Ans. = reading between the lines

    4.
    r
    road
    a
    d

    Ans. = cross road

    Not having a good day now, are you ?

    Redeem yourself.

    5.. cycle
    cycle
    cycle

    Ans. = tricycle

    Not easy to figure out ha!

    0
    6. ————
    Bsc
    Msc.
    Ph.D.

    Ans. = three degrees below zero

    C’mon give it a little thought ! !

    7. knee

    ————————
    light

    Ans. = neon light

    ( knee – on – light )

    U can prove u r smart by getting this one.

    ground
    8. —————
    feet feet feet feet feet feet

    Ans. = six feet underground

    Oh no, not again ! !

    9. he’s | himself

    Ans. = he’s beside himself

    Now yr messing up big time.

    10. ecnalg

    Ans. = backward glance

    Not even close ! !

    11. death ….. life

    Ans. = life after death

    Okay last chance ……………..

    12. THINK

    Ans. = think big ! !

    And the last one is real fundoo – – –

    13. ababaaabbbbaaaabbbbababaabbaaabbbb…

    Ans. = long time no ‘C’

  • 71. Adrie  |  April 2, 2009 om 1 : 49

    (Oor die onderwerp . . . )

    Love Story

    I will seek and find you .. .
    I shall take you to bed and have my way with you

    I will make you ache, shake & sweat until you moan & groan.

    I will make you beg for mercy, beg for me to stop.

    I will exhaust you to the point that you will be relieved when I’m finished with you.

    And, when I am finished, you will be weak for days.

    All my love,

    The Flu

  • 72. Blom  |  April 2, 2009 om 2 : 06

    Olga jy sal my nie glo nie hy se dood eenvoudig hy is werkloos en bly by sy ma maar dis ‘n klomp bollie ek weet hy werk want die vrou wat saam hom bly werk nie en hy moet haar tog versorg….ek het nie genoeg bewyse dat hy wel werk nie hulle betaal sy geld dood eenvoudig in haar rekening…

  • 73. Adrie  |  April 2, 2009 om 2 : 09

    Een groot voordeel van single, sonder kinders wees. Daar is nie crap soos onderhoud nie.

  • 74. Olga  |  April 2, 2009 om 2 : 40

    Blom, die hof kan die bank laat verklaar wie betaal die gf se geld in. gee die werklose 30 dae om ‘n job te kry of . . . is jy banger vir jou man of jammerder vir die kids?

  • 75. Nats  |  April 2, 2009 om 2 : 47

    GROSS!!!

    Iemand gee asb gou iets om die kos mee af te sluk!!! Ek het sopas die aakligste slaai by woolies gekoop!!!!

    Avocado caprese salad – moet dit nie koop nie!! Baie sleg!!!

  • 76. Adrie  |  April 2, 2009 om 2 : 49

    Sal tequila werk, Tweeling?

  • 77. pop  |  April 2, 2009 om 2 : 50

    begraafplaas!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 78. Nats  |  April 2, 2009 om 2 : 50

    Blom
    Dit maak nie sin nie – met vandag se fika van die banke en SARS wat oral is kan ek nie sien hoe jou ex met dit weg kom nie.

    Gaan hof toe en maak hom onderhoud betaal. Die hof kan wondelike dinge doen soos bank state trek jy moet hulle dit net maak doen.

    Klink meer of jou man iemand anders probeer flous as vir jou… iemand soos SARS miskien! En glo my jy sukkel nie met hulle nie.

  • 79. pop  |  April 2, 2009 om 2 : 51

    jip tequila sal lewe skenk

  • 80. Nats  |  April 2, 2009 om 2 : 51

    Enige iets!!!!!

    Gee sommer twee! Sonder die sout en suurlemoen!

  • 81. Adrie  |  April 2, 2009 om 2 : 53

    Pop

    Ek moet jou tog ‘n verwysing tot ‘n begrafplaas gee.

    Tweeling

    2 glase of 2 bottels?

  • 82. Nats  |  April 2, 2009 om 2 : 54

    Pop
    Vir iemand wat vandag eers die tyd haar veskyning maak en kla oor dit stil is het meer aandeel aan die stil wees as ons! Kyk bietjie ons het al ‘n hond uit ‘n bos gepraat, gestry en alles!

    Ons is al deurgepraat… tot na almal natuurlik terug kom van hul middag slapie!

  • 83. Adrie  |  April 2, 2009 om 2 : 55

    En amper al die comments gaan oor die onderwerp. Ek is amper impress

  • 84. pop  |  April 2, 2009 om 2 : 57

    ek blog nie vir n lewe nie….

  • 85. Nats  |  April 2, 2009 om 2 : 57

    Adrie
    Net 2x tots vir nou… ek moet nog huis toe ry!

  • 86. pop  |  April 2, 2009 om 2 : 58

    so terloops, hoe het die projek afgeloop?

  • 87. Nats  |  April 2, 2009 om 2 : 59

    Pop
    Kla jy vir ‘n lewe?

    Adrie
    Cool! Dalk moet ons die tequila bêre en die bubbly kry??

  • 88. Adrie  |  April 2, 2009 om 3 : 00

    Pop

    Ons sal jou maandag al die gory details oor die projek gee, belowe

    Tweeling,

    Jy raak gesuip op 2 tots water. Laat jou sleepsel jou na werk kom haal.

  • 89. pop  |  April 2, 2009 om 3 : 01

    @ nats

    ja ek doen….altyd.

  • 90. Adrie  |  April 2, 2009 om 3 : 01

    En dan?

    Strip jy weer en soen almal wat voorkom? Onthou, ons is ‘n ordentlike blog.

  • 91. Nats  |  April 2, 2009 om 3 : 03

    Adrie😯

  • 92. Adrie  |  April 2, 2009 om 3 : 05

    Om nie te praat van hoe bubbly jou geheue aantas nie.

  • 93. Nats  |  April 2, 2009 om 3 : 10

    Tweeling
    Ons albei weet daai bottel wat ek gedrink het was af… of expire of iets!😳

  • 94. Adrie  |  April 2, 2009 om 3 : 12

    Dan is elke bottel wat jy drink af of expire of iets. 😆

    Jy en bubly meng net nie.

  • 95. Nats  |  April 2, 2009 om 3 : 12

    Adrie
    Kom ons los eerder die stories… voor ek vir almal vertel toe ons Nataniël gaan kyk het hoe jy na een verskoning vir ‘n cocktail wat so groot soos my duim is sommer op die bar begin dans het!!!

    Oops het ek dit hardop gesê!?😈

  • 96. *Mathilda*  |  April 2, 2009 om 3 : 13

    Ha ha Nats – ek sou betaal het om dit te sien !

  • 97. Adrie  |  April 2, 2009 om 3 : 15

    Dit was ‘n spontane aksie in die spur of the moment.

    Ek sal eerder stil bly oor die Nataniel aand as ek jy is. Ek was immers instaat om my eie huis te kry.

  • 98. Zoekoe  |  April 2, 2009 om 3 : 17

    vertel dames, vertel, vandag kan nog goed interesant word :mrgreen:

  • 99. Zoekoe  |  April 2, 2009 om 3 : 18

    Ek is die ene (((( ORE )))) 😆

  • 100. Adrie  |  April 2, 2009 om 3 : 18

    Zoekoe

    Nerens het daar klere gewaai nie

  • 101. Zoekoe  |  April 2, 2009 om 3 : 19

    Dis hoekom drank deur MANS uitgevind is…. solat vroumense minder “hoofpyn” kan hê 😈

  • 102. Adrie  |  April 2, 2009 om 3 : 20

    Zoekoe

    Drank het ook ‘n groot invloed op iets anders wat niks met hoofpyn te make het nie.

  • 103. Zoekoe  |  April 2, 2009 om 3 : 22

    Soos wat ? ❓

  • 104. Adrie  |  April 2, 2009 om 3 : 23

    Zoekoe

    Moenie vra nie, want jy gaan bloos.

  • 105. Zoekoe  |  April 2, 2009 om 3 : 25

    Multi het my goed geleer om nie meer te bloos nie….

  • 106. Nats  |  April 2, 2009 om 3 : 28

    ADRIANA!!!

    Wat by Emperors gebeur bly by Emperors!

  • 107. Nats  |  April 2, 2009 om 3 : 32

    Wha ha ha!

    Lekker lag ek nou vir daai twee of was dit drie gay ouens wat so vreeslik op en af gehop het soos balle voor ons… hulle noem dit dans, maar dit het meer gelyk soos oefeninge!!
    😆

  • 108. Adrie  |  April 2, 2009 om 3 : 34

    Zoekoe

    Seker goed aan ‘n man werk nie . . . . umh optimaal, as daar te veel etanol in die stelsel is nie.

  • 109. Adrie  |  April 2, 2009 om 3 : 35

    Nats

    JY IS DIE EEN WAT EERSTE OU KOEIE UIT DIE SLOOT UIT GAAN GRAWE HET BY EMPERORS.

  • 110. Adrie  |  April 2, 2009 om 3 : 36

    Is Tilla al huis toe?

  • 111. *Mathilda*  |  April 2, 2009 om 3 : 40

    Nee – hoekom – mis jy my ?

  • 112. Adrie  |  April 2, 2009 om 3 : 42

    Ja,

    Het iemand jou vingers gesteel?

  • 113. *Mathilda*  |  April 2, 2009 om 3 : 45

    Nope – ek het net eers gou gaan baklei

  • 114. Adrie  |  April 2, 2009 om 3 : 46

    Met watter Sipho nou weer?

  • 115. *Mathilda*  |  April 2, 2009 om 3 : 47

    Actually nie met ‘n Sipho die keer nie !

  • 116. Adrie  |  April 2, 2009 om 3 : 48

    Thembi?

  • 117. *Mathilda*  |  April 2, 2009 om 3 : 50

    Ook nie

  • 118. Adrie  |  April 2, 2009 om 3 : 54

    Kloon

    Ek het nie ‘n tang hier vandag nie. Moet ek nou een gaan soek om dit uit jou uit te trek?

  • 119. Nats  |  April 2, 2009 om 3 : 59

    Adrie
    Jy kan dit uit haar probeer skreeu!! My ore tyt / tuit nou nog van jou geskreeuery!

  • 120. Adrie  |  April 2, 2009 om 4 : 02

    Jy het dit verdien, sy nie.

  • 121. Adrie  |  April 2, 2009 om 4 : 07

    Sekere mens kom kerm net oor die begrafplaas en verdwyn dan.

  • 122. Nats  |  April 2, 2009 om 4 : 18

    Adrie
    ‘n Spook het haar seker uit die graf aan haar voet gegryp! Ons sal maar moet mooi loop! Darem loop ek nie oor grafte nie.

  • 123. Adrie  |  April 2, 2009 om 4 : 21

    Ja, nee. Ek krap ook nie waar dit nie jeuk nie.

  • 124. Adrie  |  April 2, 2009 om 4 : 22

    Ek hou niks van spoke nie.

  • 125. Nats  |  April 2, 2009 om 4 : 23

    Adrie
    Dit laat my dink… hoe lank laas was jy by ‘n begrafplaas?? Ek was seker as ek vinnig moet skat 10 jaar laas by een!

  • 126. Adrie  |  April 2, 2009 om 4 : 23

    Ek kan nie eers se: die enigste goeie spook is ‘n dooie spook nie, want die wetters is almal dood.

  • 127. Adrie  |  April 2, 2009 om 4 : 25

    Nats

    Ek kom baie in Pelgrims en daar is omtrent net ‘n begrafplaas. Gelukkig het die spoke almal al getrek.

  • 128. Nats  |  April 2, 2009 om 4 : 26

    Wag nou jok ek! Seker 4 jaar laas – ek het vergeet ek het een besoek so 11pm een aand saam die “ghost bus tour”

  • 129. Adrie  |  April 2, 2009 om 4 : 28

    Tweeling

    Hoe is die ghost bus? Dit lyk altyd verskriklik interessant.

  • 130. Nats  |  April 2, 2009 om 4 : 29

    Ek was lank laas by Pelgrims se begrafplaas – ons het so ewe fotos geneem om te kyk of daar nie iemand saam ons in die foto wil verskyn nie!!

  • 131. Adrie  |  April 2, 2009 om 4 : 32

    Nats

    Dit sal voorwaar die laaste foto wees wat ek neem as daar so iets met my gebeur.

  • 132. Nats  |  April 2, 2009 om 4 : 39

    Die ghost bus storie was ok. Stop nie by baie plekke nie, omdat dit te laat is of te gevaarlik… baie interessante stories ens maar ek het meer verwag.

    Nogal weird om so laat in JHB rond te ry – dit was scary!

  • 133. Adrie  |  April 2, 2009 om 4 : 39

    Nah, ek betaal nie vir ‘n afskeep toer nie.

  • 134. Nats  |  April 2, 2009 om 4 : 42

    Daar is ook stories wat jy op die bus moet luister, maar die bus raas te veel en die mense chat te hard.

  • 135. Nats  |  April 2, 2009 om 4 : 43

    Adrie
    Ek is mal oor ‘n goeie spook storie, maar die was so 4 uit 10.

  • 136. Adrie  |  April 2, 2009 om 4 : 44

    As ek nog boonop regtig ‘n spook sien, oorleef ek dit nie.

  • 137. Adrie  |  April 2, 2009 om 4 : 45

    Na my laaste spook storie wat ek op die blog geplaas het, doen ek dit nie sommer weer nie.

  • 138. Nats  |  April 2, 2009 om 4 : 50

    😆

    My Tweeling is bang vir spoke!!!! My Tweeling is bang vir spoke!!!! My Tweeling is bang vir spoke!!!! My Tweeling is bang vir spoke!!!!
    My Tweeling is bang vir spoke!!!! My Tweeling is bang vir spoke!!!! My Tweeling is bang vir spoke!!!! My Tweeling is bang vir spoke!!!!
    My Tweeling is bang vir spoke!!!! My Tweeling is bang vir spoke!!!! My Tweeling is bang vir spoke!!!! My Tweeling is bang vir spoke!!!! My Tweeling is bang vir spoke!!!! My Tweeling is bang vir spoke!!!! My Tweeling is bang vir spoke!!!! My Tweeling is bang vir spoke!!!!

  • 139. Nats  |  April 2, 2009 om 4 : 50

    En toe raak ek spam! Wam bam thank you spam!

  • 140. Nats  |  April 2, 2009 om 4 : 57

    Toedels!! Julle moet ‘n lekker aand hê!!!

  • 141. Adrie  |  April 2, 2009 om 4 : 59

    Ek sal gaan kyk

  • 142. Adrie  |  April 2, 2009 om 5 : 06

    Almal weet al baie lank dat ek bang vir spoke is.

  • 143. Adrie  |  April 2, 2009 om 5 : 08

    Elke mens moet darem vir iets bang wees.

  • 144. Adrie  |  April 2, 2009 om 5 : 09

    Anders is jy nie van vlees en bloed nie.

  • 145. Adrie  |  April 2, 2009 om 5 : 10

    Gelukkig is ek net bang vir spoke en hulle los my oor die algemeen uit.

  • 146. Adrie  |  April 2, 2009 om 5 : 10

    Dink net as ek vir my eie skaduwee bang was?

  • 147. Adrie  |  April 2, 2009 om 5 : 11

    Hel, die internet is regtig nie lekker vandag nie.

  • 148. Adrie  |  April 2, 2009 om 5 : 11

    Dit is nag op FACEBOOK

  • 149. Adrie  |  April 2, 2009 om 5 : 12

    Wel wag, laat ek vir Ouma Wip gaan trots maak.

  • 150. Adrie  |  April 2, 2009 om 5 : 13

    Tata

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: