Stem in die buiteland?

Maart 12, 2009 at 5 : 33 84 Kommentaar

Die afgelope paar weke was daar heelwat berig oor die die reg van Suid-Afrikaners om oorsee te stem.  Die grondwethof het vandag in Willem Richter se guns beslis.  Suid-Afrikaners mag in Suid-Afrikaanse settings in die buiteland stem, mits hulle geregistreer is.  Ek is nie heeltemaal seker wat ‘n setting beteken nie.  Verlede week was daar berig dat mense sal kan stem, maar dit vir party onmoontlik sal wees om hulle kruisies te gaan trek.  Die stemlokale is doodeenvoudig net te ver.

Hoekom was dit vir Willem Richter en die Vryheidsfront enigsins nodig gewees om hulle tot die hof te wend?  As ek aan die 1994 verkiesing terugdink, staan een beeld uit.  Nelson Mandela se dogter wat van oor tot oor glimlag nadat sy haar kruisie getrek het.  IN DIE BUITELAND!!!  Daar was destyds gespekuleer dat sy moontlik die heel eerste mens is wat gestem het.  Sonder om te registreer.

Vandat die ANC in bewind is, moet ‘n mens vir ‘n verkiesing registreer (dit is ‘n internasionale gebruik) en daar is (was) allerhande beperkings oor wie in die buiteland kan stem.  Goed wat nie daar was in die eerste demokratiese verkiesings nie.  Hoekom?

Die destydse apartheidsregering het hoeveel mense na die buiteland laat vlug vir ‘n beter lewe.  Mense wat alles sou gee om daardie regering uit die stoele te lig.  In 1994 het hulle hulle kans gekry.  Daar was toe ‘n nuwe Suid-Afrika en niks het hulle verhoed om terug te keer nie.  Daarna het daar weer ‘n anders stroom mense die land verlaat, omdat hulle nie vir hulleself ‘n toekoms met die ANC regering gesien het nie. 

Die nuwe geslag vlugtelinge het dalk minder rede gehad om te vlug, maar die beginsel is dieselfde.  Hulle kon nie met die regering saamleef nie en het die land verlaat.  Moet die land hulle nie ‘n regverdige kans gee om die regering van die dag te laat verander nie? 

Blykbaar het 5000 Suid-Afrikaners in die buiteland reeds aangedui dat hulle gaan stem.  Daar word nog 5000 verwag om voor 27 Maart aan te dui dat hulle gaan stem.  ‘n Druppel in die emmer, maar selfs die minderheid het regte.

Hoe voel julle oor stemreg vir diegene wat hulle in die buiteland bevind?  Wat van stemreg vir die mense in tronke?

Onthou:  22 April is stemdag.

Blogvraag:  Hoekom is 17 Maart 1992 ‘n belangrike dag in Suid-Afrikaanse geskiedenis?

Blogantwoord:  Olga was reg met Carlo Collodi.

Entry filed under: Uncategorized.

Pinocchio Gewapen vir die pad

84 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Maart 12, 2009 om 5 : 50

    eerste!

  • 2. Olga  |  Maart 12, 2009 om 5 : 51

    Toe mandela uit die tronk ontslaan is.

  • 3. *mathilda*  |  Maart 12, 2009 om 6 : 00

    Tweedeste

  • 4. *mathilda*  |  Maart 12, 2009 om 6 : 07

    Olga, jou netwerk darem weer aan

  • 5. Olga  |  Maart 12, 2009 om 6 : 08

    Mense in tronke het hulle burgerregte prys gegee toe hulle op misdaad besluit het. ek glo mense op parool mag ook nie stem nie. verhoorafwagtend? ja, laat hulle nog stem. in die buiteland? laat die blixems daar bly. met of sonder stemreg in hulle nuwe land. hulle het hulle reg om te stem verbeur toe hulle die gat gevat het agter n BETER LEWE aan. exiles? ja, hulle behoort stemreg te he. hulle het nie vanself geloop nie. hulle het geen ander keuse gehad nie.

  • 6. Olga  |  Maart 12, 2009 om 6 : 10

    Dit kom en gaan tilla. lyk my ons is besig om oor te gaan op die edge ding. dan wys die foontjie e dan wys dit weer g. ander kere is daar vol sein, maar limited service. blerrie vodacom.

  • 7. Olga  |  Maart 12, 2009 om 6 : 17

    Weet jy 17 maart 1992 was die laaste slegs blankes verkiesing gewees. die referendum ding.

  • 8. Adrie  |  Maart 12, 2009 om 6 : 20

    Olga

    Ek is bly jy het jou fout agtergekom. Mandiba is in November 1990 vrygelaat.

  • 9. Adrie  |  Maart 12, 2009 om 6 : 26

    Ek het nie regtig n saak met die mense in die tronke nie. Ek dink wel dat die oorsese Suid-Afrikaners moet kan stem. Dit lyk vir my regverdig.

  • 10. Olga  |  Maart 12, 2009 om 6 : 55

    As hulle die laaste 2 jaar of langer in die land gewoon het, ja, dan kwalifiseer hulle om te stem. indien nie, laat hulle gaan stem waar hulle gewoon het.

  • 11. Olga  |  Maart 12, 2009 om 6 : 56

    As hulle die laaste 2 jaar of langer in die land gewoon het, ja, dan kwalifiseer hulle om te stem. indien nie, laat hulle gaan stem waar hulle gewoon het.

  • 12. Olga  |  Maart 12, 2009 om 7 : 00

    Ag my f.k. gaan alle oumas so tekere as hulle kleinseuns n dop k6 drink. geeftag, ek hoop altus se pa skop sy gat vol ouskoene oor sy waansin agter krummelkoek aan.

  • 13. Adrie  |  Maart 12, 2009 om 7 : 25

    Ek sien dit is omtrent elke aand stem-vir-ons-nuus.

    Ek sal graag die DA wil vra of hulle dink ek blind is? Hoekom op aarde moet hulle 8, ja 8, plakaarte op een lamppaal sit? Almal dieselfde. Hoeveel bome het hulle vermoor om hulle plakkate te maak? Hulle het duidelik meer as genoeg, hulle mors skaamteloos.

  • 14. Jo-Ann  |  Maart 12, 2009 om 7 : 33

    Gee die ouens wat tydelik in die buiteland is die reg. Stop die tronkvoëls se regte. Hulle het hulle land versaak deur misdaad te pleeg…. nie hulle verantwoordelikheid as burgers van SA nagekom nie en heel waarskynlik teen die konstitusie opgetree, nl iemand sy eiendomsreg, sy reg op ‘n veilige omgewing, ens ontneem. Ek dink hulle moet met hulle reg tot ‘n sê in die verkiesing boet en kan daardie reg terugkry as hulle gerehabilieer is.

    Daar is sekerlik nie een party wat homself kan afhanklik ag van die stemme uit die tronke nie. Of dalk? ….. daar is sekerlik meer mense in tronke as in die buiteland….. en die meerderheidsregering is seker sterk verteenwoordig….

    Ek het nogal voor in die ry gestaan daai dag – was ‘n voorstander vir wat volgens my net reg was van lankal af… van die dag toe ek maats wou maak met die oulikste meisiekind wat ek nog ontmoet het en sy wou nie “want dit sou nie reg wees nie”….

  • 15. Adrie  |  Maart 12, 2009 om 8 : 16

    Hallo Jo-Ann

    Jy het nogal ‘n punt beet met wie stemme in die tronk gaan kry. Ek dink net die Boeremag lede is op die oomblik politieke gevangenes, en hel, onder hulle wil ek nie lewe nie.

  • 16. WILLE KJINDQ  |  Maart 12, 2009 om 9 : 01

    As ek net ‘n halwe kans kry om oorsee te gaan werk sal ek oppi eerste plane, skip of duikboot spring. Ek sal okki verwag om te kan stem nie. Ek het niks teeni mense wat inni buiteland is wat wil stem nie. Persoonlik dink ek net dat dit oneties(spelling) is om nie in ‘n land te bly ma tog wil voorsê wie die anne mense wat agter gebly het te regeer.

    Aani ander kant voel ek ook sterk oori tronkvoëls wat nie mag stem nie. Meeste van hulle voel ‘n veer vir jou ma hy/sy mag ‘n sê het oor wie vir jou gaan besluit

  • 17. WILLE KJINDQ  |  Maart 12, 2009 om 9 : 05

    Miskien moet ek in Holland loop bly. Da kan ek zolle rook soos ek wil

  • 18. Adrie  |  Maart 12, 2009 om 9 : 19

    Ek dink solank jy n SA ID en n SA paspoort het, is jy n Suid-Afrikaner. Veral as jy net tydelik daar woon en van plan is om terug te keer na SA.

  • 19. Sebastiaan  |  Maart 12, 2009 om 10 : 13

    As jy jou geld of heil in die buiteland gaan verdien, gaan stem in die buiteland vir die buiteland. Jy is dan nie meer deel van suid afrika nie. Tronk voels het hulle regte opgegee om aan te jaag. Om te stem is n voorreg. Nie vir tronk voels nie.

  • 20. Olga  |  Maart 12, 2009 om 11 : 21

    Praat jy wat lippe het basjan.
    Wk, ek is beindruk met jou siening. juf annie, ek het geweet my eerste antw was verkeerd soos ek dit getxt het, maar het mos my ore uitgeleen. tog geweet dis n lieg. Toe lieg ek maar saam.

  • 21. WILLE KJINDQ  |  Maart 13, 2009 om 5 : 20

    More more! Dis Vrydag mense. Kam jou hare anners om en slat jouself oppi gat. Eet ‘n tjoklit en wip inni wind. Vandag gat een moerse lekka dag wees :mrgreen:

  • 22. Olga  |  Maart 13, 2009 om 6 : 27

    More, more.

  • 23. Olga  |  Maart 13, 2009 om 6 : 29

    ek hoop so wk. ek gaan my noolste nolie sien vandag.

  • 24. Beeld  |  Maart 13, 2009 om 8 : 09

    Dries Liebenberg
    Durban. – Die opspraakwekkende saak waarin ’n broer en suster hier aangekla word van die moord op hul ouers, het gister ’n wending geneem toe dit geblyk het dat hulle gaan aanvoer dit was die gevolg van Satanisme.

    Sover bekend sal dit die eerste keer in Suid-Afrikaanse regsgeskiedenis wees dat beskuldigdes aanvoer hulle het weens Satanisme nie geweet wat hulle doen is verkeerd nie, word in hofstukke aangevoer wat gister by die Durbanse hooggeregshof ingedien is.

    Die aansoek is gister deur mnr. Danie Grundlingh ingedien namens mnr. Hardus Lotter (20) en sy suster, Nicolette (26), wat saam met mnr. Mathew Naidoo (21) tereg staan.

    Getuienis is vroeër tydens ’n borgtogaansoek aangehoor dat mev. Riekie Lotter (52), ’n geliefde onderwyseres, verskeie kere geskok en lugborrels in haar are ingespuit is voordat sy uiteindelik verskeie kere met ’n mes in die bors gesteek is.

    Haar man, Johnny (53), wat die bestuurder van ’n chemiese aanleg in die stad was, is in die slaapkamer aangerand en met ’n elektriese koord verwurg.

    In hofstukke sê Grundlingh die Lotter-kinders se verweer sal wees Naidoo het hulle gebreinspoel om Sataniste te word en dat dié moorde onder sy invloed gepleeg is.

    Grundlingh hoop om prof. Lourens Schlebusch, dr. P.R. Laban en mnr. Kobus Jonker, ’n kenner van die okkulte, as kundige getuies te roep.

    Hy vra dat die Regshulpraad vir sý dienste, asook dié van adv. Jan Venter en die kundiges betaal. Die Regshulpraad het onlangs dié versoek geweier.

    Grundlingh sê in die hofstukke hy werk al bykans agt maande aan die saak en me. Lotter het vir hom ’n verslag van 90 bladsye geskryf oor voorvalle wat ondersoek moet word. Daar is ook ’n lys van 50 getuies met wie gekonsulteer moet word. Hy het al so baie werk in die saak gedoen dat ’n advokaat sy hulp sál nodig hê, voer Grundlingh aan.

    Sake in Europa en die VSA moet ook nagevors word.

    Intussen word die Lotter-kinders deur familie en bykans alle ander mense verstoot, het hulle geen geld nie en word hulle in die tronk aangehou.

    Adv. Rea Mina, namens die staat, het tydens gister se hofverskyning aangedui die siviele aansoek sal hopelik teen 29 Mei afgehandel wees wanneer regter Chiman Patel na verwagting ’n verhoordatum sal bepaal.

    Intussen wil die staat op 27 Maart aansoek doen om te appelleer teen die toestaan van borgtog van R20 000 aan Naidoo.

  • 25. Beeld  |  Maart 13, 2009 om 8 : 11

    Dries Liebenberg
    Durban. – ’n Skool in Ladysmith is tot Maandag gesluit nadat 55 leerlinge gisteroggend skielik begin skreeu, flou geword en skynbaar stuipe gekry het.

    Leerlinge in verskillende klasse het dié simptome deur die loop van die oggend getoon van kort nadat die skool begin het, het kapt. Charmaine Struwig, polisiewoordvoerder, gesê.

    Die siek leerlinge van die Windsor Secondary School is na die dorp se hospitaal geneem waar hulle deur dokters, ’n psigiater en ’n sielkundige behandel is. Een kind, ’n diabeet, is vir waarneming in die hospitaal gehou.

    Volgens mnr. Leon Mbangwa, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse gesondheidsdepartement, het van die kinders van maagkrampe gekla, terwyl ander tekens van histerie en depressie getoon het.

    Van hulle is onder verdowing geplaas.

    Volgens die gesondheidsdepartement wil dit nie op die oomblik voorkom of omgewingsfaktore ’n rol in die voorval gespeel het nie.

    Amptenare van die departemente van gesondheid en onderwys werk egter nou saam en ’n vergadering is vandag met onder andere ouers belê om die situasie te bespreek.

    Die skool is ná die voorval gesluit en sal vandag ook gesluit wees.

  • 26. Beeld  |  Maart 13, 2009 om 8 : 17

    ’n 14-jarige meisie is Dinsdag vroeg in haar huis in Pretoria Tuine, in die weste van die stad, verkrag deur ’n man (gewapen met ’n mes) wat deur haar kamervenster geklim het.

    “Haar ouers het geslaap toe hy die huis ingekom het. Hy het die meisie gemaan om stil te bly,” het kapt. Bonginkosi Msimang, polisiewoordvoerder, gesê.

    “Hy het gedreig dat hy haar dadelik sal vermoor as sy nie doen wat hy sê nie.”

    Die man het die meisie verkrag en kort daarna gevlug. Sy het haar ouers wakker gemaak en vertel wat gebeur het. Die polisie is ontbied.

    Die ouers het later vier selfone vermis. Die verdagte is nog op vrye voete en die polisie volg alle leidrade op, het Msimang gesê. – Daniel Malukeke

  • 27. Beeld  |  Maart 13, 2009 om 8 : 18

    Erika Gibson
    ’n Militêre gesin se beproewing nadat hul buurkinders hul dogter in haar gr. 1-jaar verkrag het, het ná drie jaar nog nie ’n einde nie terwyl hulle ’n opdraande stryd teen die weermag voer.

    Hul huis se vensters is al in die middel van die nag uitgegooi en die voordeur afgeskop terwyl die ma en kinders alleen tuis was. Net vandeesweek is die waterornament in hul tuin in die nag stukkend geslaan.

    Die man, ’n senior onder-offisier in die leër, het destyds ná sy dogter se herhaalde verkragting om menslikheidsredes ’n oorplasing van Potchefstroom na Oudtshoorn gevra.

    Die leër het ingestem en hy sou tot bevordering kry. Dié inligting is per sein in die leër bekendgemaak en die gesin het in Februarie 2006 Oudtshoorn toe verhuis.

    Die oorplasing sou die meisie ook help om oor die verkragting te kom nadat die Potchefstroomse landdroshof bevind het die buurkinders was weens minderjarigheid nie toerekenbaar nie.

    Onenigheid met die bevelslui by die betrokke eenheid het die oorplasing egter van meet af aan in ’n nagmerrie laat verander.

    Die bevelvoerder, wie se identiteit verswyg word om die gesin s’n te beskerm, het die man van sy basis weggejaag én hom ingelig dat sy bevordering ondanks skriftelike bewys daarvan “ ’n fout” was.

    Die bevelvoerder het die man ingelig dat hy nie sy pligte uitvoer ingevolge die weermag se gedragskode nie. Hy het dit egter nie gemotiveer nie. Nadat die man ’n grief ingedien het, het die bevelvoerder hom laat aankla.

    Die hof het hom onskuldig bevind en van die grief, wat hoër gesag in Pretoria veronderstel was om te hanteer, het dadels gekom.

    Intussen word die gesin geïntimideer en hul eiendom beskadig. Enige pogings om die jongste voorvalle by die Militêre Polisie aan te meld is vrugteloos omdat die bevelvoerder glo sorg dat dit nie verder ondersoek word nie.

    “Dit voel vir my nou dat ek en my gesin maar eerder dood kan wees,” het die ma vandeesweek gesê. “My kinders is al aangerand en my dogter wat verkrag is, sukkel op skool. Ons probeer vir haar private mediese behandeling kry, maar omdat my man se bevordering nooit gerealiseer het nie, het ons nie die geld nie.

    Die ergste is dat die bevelvoerder weens dié situasie glo teruggeroep is Pretoria toe, maar na verneem word, verseg om te gaan. Alle versoeke tot hoër gesag val op dowe ore.

    Beeld het die leër weke gelede al om kommentaar genader, maar al wat die leër wou sê, is dat daar vir “sekere antwoorde uit Oudtshoorn gewag word”.

  • 28. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 8 : 33

    More Almal

  • 29. *Mathilda*  |  Maart 13, 2009 om 8 : 34

    More more

  • 30. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 8 : 36

    Bly jy kon dit maak, Tilla.

  • 31. *Mathilda*  |  Maart 13, 2009 om 8 : 56

    Jip – net eers meetings gehad

  • 32. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 9 : 18

    More julle!
    Ek sê ook dat die klomp in die tronk GEEN stemreg moet hê nie, maar daar is mense in die buiteland wat moet stem soos bv. die wat daar werk op ‘n kontrak, daar is honderde sulke mense wat se tuiste nog steeds in SA is maar lang tye elders werk hulle het net soveel sê as ek en jy!
    Dan die klomp wat hulle heil elders gaan soek het a.g.v omstandighede kan maar ook stem want as die omstandigdhede verbeter sal hulle beslis terug kom!

  • 33. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 9 : 37

    Met watter Adrie praat ek nou?

  • 34. Wille Kjind Q  |  Maart 13, 2009 om 9 : 45

    Biekie lank ma ek het dit vreeslik geniet!

    The Children’s Bible in a Nutshell

    In the beginning, which occurred near the start, there was nothing but God, darkness, and some gas. The Bible says, ‘The Lord thy God is one, but I think He must be a lot older than that.

    Anyway, God said, ‘Give me a light!’ and someone did.

    Then God made the world.

    He split the Adam and made Eve. Adam and Eve were naked, but they weren’t embarrassed because mirrors hadn’t been invented yet.

    Adam and Eve disobeyed God by eating one bad apple, so they were driven from the Garden of Eden…..Not sure what they were driven in though, because they didn’t have cars.

    Adam and Eve had a son, Cain, who hated his brother as long as he was Abel.

    Pretty soon all of the early people died off, except for Methuselah, who lived to be like a million or something.

    One of the next important people was Noah, who was a good guy, but one of his kids was kind of a Ham. Noah built a large boat and put his family and some animals on it. He asked some other people to join him, but they said they would have to take a rain check.

    After Noah came Abraham, Isaac, and Jacob. Jacob was more famous than his brother, Esau, because Esau sold Jacob his birthmark in exchange for some pot roast. Jacob had a son named Joseph who wore a really loud sports coat.

    Another important Bible guy is Moses, whose real name was Charlton Heston. Moses led the Israel Lights out of Egypt and away from the evil Pharaoh after God sent ten plagues on Pharaoh’s people. These plagues included frogs, mice, lice, bowels, and no cable.

    God fed the Israel Lights every day with manicotti. Then he gave them His Top Ten Commandments. These include: don’t lie, cheat, smoke, dance, or covet your neighbour’s stuff.

    Oh, yeah, I just thought of one more: Humour thy father and thy mother.

    One of Moses’ best helpers was Joshua who was the first Bible guy to use spies. Joshua fought the battle of Geritol and the fence fell over on the town.

    After Joshua came David. He got to be king by killing a giant with a slingshot. He had a son named Solomon who had about 300 wives and 500 porcupines. My teacher says he was wise, but that doesn’t sound very wise to me.

    After Solomon there were a bunch of major league prophets. One of these was Jonah, who was swallowed by a big whale and then barfed up on the shore.

    There were also some minor league prophets, but I guess we don’t have to worry about them.

    After the Old Testament came the New Testament. Jesus is the star of The New. He was born in Bethlehem in a barn. (I wish I had been born in a barn too, because my mom is always saying to me, ‘Close the door! Were you born in a barn?’ It would be nice to say, ‘As a matter of fact, I was.’)

    During His life, Jesus had many arguments with sinners like the Pharisees and the Democrats.

    Jesus also had twelve opossums. The worst one was Judas Asparagus. Judas was so evil that they named a terrible vegetable after him.

    Jesus was a great man. He healed many leopards and even preached to some Germans on the Mount.

    But the Democrats and all those guys put Jesus on trial before Pontius the Pilot. Pilot didn’t stick up for Jesus. He just washed his hands instead.

    Anyways, Jesus died for our sins, then came back to life again. He went up to Heaven but will be back at the end of the Aluminium. His return is foretold in the book of Revolution.

  • 35. Wille Kjind Q  |  Maart 13, 2009 om 9 : 47

    Klink soos Verons

  • 36. Wille Kjind Q  |  Maart 13, 2009 om 9 : 54

    Waas almal nou?

  • 37. Wille Kjind Q  |  Maart 13, 2009 om 9 : 55

    Moet ek wee sing?

  • 38. *Mathilda*  |  Maart 13, 2009 om 9 : 57

    Willes

    Dit lyk skoon vreemd om jou hier te sien

  • 39. Wille Kjind Q  |  Maart 13, 2009 om 9 : 57

    Wat van ABBA?

  • 40. Wille Kjind Q  |  Maart 13, 2009 om 9 : 57

    TILLA!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 41. Wille Kjind Q  |  Maart 13, 2009 om 9 : 59

    Eistch! Ek was hom biekie besig en undercover die laaste ruk. Groot kak wat ek nie rerig oppi blog wil discuss nie

  • 42. *Mathilda*  |  Maart 13, 2009 om 10 : 00

    Ek sien jou ook nie eers meer op mxit nie

  • 43. Wille Kjind Q  |  Maart 13, 2009 om 10 : 11

    @ Tilla

    My se nief foun willi die regte goeters tik op mxit nie. *fluister* ek wag eintlik vir my drieling om dit te fix 😉

  • 44. *Mathilda*  |  Maart 13, 2009 om 10 : 22

    Watse foun het jy toe gevat ?

  • 45. Zoekoe  |  Maart 13, 2009 om 11 : 07

    Hallo mense !! ek vat net plek plek grond hier by die werk vandag !!!

    Adrie, jy het ‘n posduifie !! 🙂

  • 46. *Mathilda*  |  Maart 13, 2009 om 11 : 22

    Sien later – meeting (met kos) wag

  • 47. Wille Kjind Q  |  Maart 13, 2009 om 11 : 29

    @ Tilla

    Daai chatterbox dink. Very nice

    @ Zoeks

    Lou da!

  • 48. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 12 : 59

    Iemand nog hier?

  • 49. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 1 : 04

    Nope

    Almal is elders besig.

  • 50. Zoekoe  |  Maart 13, 2009 om 1 : 05

    Ek is soms hier…. en soms nie…. baie besig vandag !

  • 51. Pikkelik  |  Maart 13, 2009 om 1 : 09

    Natuurlik moet hulle kan stem… Dit maak tog sin, maar dit steek my dwars innie krop dat mense in tronke mag stem. Hulle is misdadigers en dit sit swaar aan my dat hulle kan ‘besluit’ oor ons regering! Lekker naweek vir julle!!!!

  • 52. Verons  |  Maart 13, 2009 om 1 : 10

    Eish toe sien ek ek is sommer A3!
    Hallo Zoeks jou lanklaas gesien..

  • 53. Zoekoe  |  Maart 13, 2009 om 1 : 12

    Dis ‘n delemma – die mense wat in die buiteland werk, is in baie gevalle gewoonlik blankes, wat nie in hulle eie land werk kry nie – so ek kan hulle nie blameer as hulle daar ‘n lewe uitkrap nie – so ek dink hulle moet kan stem… maar die dom fokkers in die tronk !!! nee wat hulle het al hulle regte verbeur toe hulle die wet gebreek het !

  • 54. Zoekoe  |  Maart 13, 2009 om 1 : 13

    Hallo Verons 😀 😀

    Ek is moer besig die week by die werk –

  • 55. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 1 : 17

    Zoeks

    Ek het die duifie terug gestuur.

  • 56. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 1 : 18

    Verons

    Ek het nogal ‘n vermoede gehad dat dit jy was

  • 57. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 1 : 41

    1

    2

    3

    4

    5

    6

    7

    8

    9

    10

    Ready or not, here I come

  • 58. Zoekoe  |  Maart 13, 2009 om 1 : 47

    en dan wat ? 🙄

  • 59. Olga  |  Maart 13, 2009 om 1 : 48

    Mense wat in die buiteland werk, moet in die buiteland stem. vir die buitelandse regering. hulle kan nie daar gaan manna skep omdat dinge in s.a swaar is en dan wanneer dit verbeter dan kom hulle terug, in n cushy job en geniet voorregte wat hulle nie voorheen wou he nie. nee, as hulle verkiesingsdag in die buiteland is, taffies. het die tronkbewoners stemreg? of word daar nog net geskree vir stemreg vir hulle?

  • 60. Wille Kjind Q  |  Maart 13, 2009 om 1 : 48

    Tra la la la

  • 61. Olga  |  Maart 13, 2009 om 1 : 50

    Wat hulle seker gaan kry omdat die anc die verkiesiing hulle stemme nodig het.

  • 62. Olga  |  Maart 13, 2009 om 1 : 52

    en voorjulle lang klippe soek, ek huldig my mening met 1 broer en 5 suster buite s.a se grense.

  • 63. Wille Kjind Q  |  Maart 13, 2009 om 1 : 58

    @ Olga

    AMEN SUSTER! Eish! Ek weeti vanni tronk voëls nie 😯

  • 64. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 1 : 58

    Olga

    Is jou 1 broer en 5 susters SA burgers?

    Want dan mag hulle aansoek doen om te stem.

  • 65. Wille Kjind Q  |  Maart 13, 2009 om 1 : 59

    Wie gat jou met klippe gooi Olga? Dan moet hulle my my ook gooi

  • 66. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 2 : 00

    Ek dink steeds dat dit baie onregverdig was dat hulle kon stem dat die biesies bewe in 1994, maar nie daarna nie.

    O ja

    1 2 3 Blok julle almal.

  • 67. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 2 : 00

    Dink enige een van julle twee dat ek vir julle skrik?

  • 68. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 2 : 01

    Ek sal maar my Oscar Wilde aanhaling bere vir ‘n volgende keer.

  • 69. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 2 : 03

    Olga

    Ek dink ook baie beslis dat stemreg ‘n plig en nie ‘n voorreg is nie. Elke stemgeregtigde (dws die wat mag stem) moet gaan stem.

  • 70. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 2 : 04

    Hey

    Ek was nou net aan. Julle kan nie net sommer gaan wegkruip nie, iemand anders moet eers aan wees.

  • 71. Zoekoe  |  Maart 13, 2009 om 2 : 48

    aan wat ?

  • 72. Zoekoe  |  Maart 13, 2009 om 2 : 49

    Die plek gaan seker nie eers honderd haal vandag nie 🙄

  • 73. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 2 : 54

    Dit sal as jy begin saamspeel. GRRR

  • 74. Beeld  |  Maart 13, 2009 om 2 : 55

    Djakarta. – ’n Indonesiese man moes ’n operasie ondergaan nadat ’n perd een van sy testikels afgebyt het.

    Die 35-jarige man was Dinsdag by ’n bouperseel in die Gorontalo-provinsie besig om sand van ’n perdewa af te laai toe die perd hom aangeval het.

    ’n Omstander het ’n stuk van die man se testikel opgetel nadat die slagoffer hospitaal toe geneem is en het dit later aan die dokter gegee wat die operasie uitgevoer het.

    Ene Budie, die perd se eienaar, het gesê die perd raak gereeld wild as dit bedreig voel. – Sapa-dpa

  • 75. Zoekoe  |  Maart 13, 2009 om 2 : 57

    😯 E I N A ! ! 😯

  • 76. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 2 : 59

    Zoekoe

    Ek is bly jy kon die trauma van die berig oorleef

  • 77. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 3 : 00

    Ek wonder waarvoor het hy sy linker klinker opgeoffer. En was dit darem die moeite werd.

  • 78. Wille Kjind Q  |  Maart 13, 2009 om 3 : 01

    EIFOKKENNA!

  • 79. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 3 : 05

    Willes

    Sy linker klinker is seker sy saak.

  • 80. Zoekoe  |  Maart 13, 2009 om 3 : 10

    Ek sal daai donkieperd skiet en die vleis vir my honde voer !!!

  • 81. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 3 : 13

    Gaan dit jou terug gee wat hy afgebyt het?

  • 82. Wille Kjind Q  |  Maart 13, 2009 om 3 : 17

    @ A3

    Dit seke net lat Zoeks beter voel!

  • 83. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 3 : 18

    ‘n Klinker vir ‘n klinker

  • 84. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 4 : 00

    GRRRR

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za