Gewapen vir die pad

Maart 13, 2009 at 5 : 14 86 Kommentaar

Alles is nie so maklik soos val in die pad nie.  Veral nie val in die pad nie.  Maak nie saak hoeveel jy op chaos floreer nie, daar is beplanning nodig.  As jy nou nie iewers wil gaan staan sonder petrol of sonder jou handsak nie.  (Neem dit nou van iemand wat eenkeer gaan petrol ingooi het net om te besef sy het nie haar beursie by haar nie).

Dit is gewoonlik ook nie net jouself wat jy in die motor laai wanneer die langpad aan durf nie.  Jy het ‘n paar goedjies nodig om die pad so gerieflik as moontlik te maak.  Natuurlik wil jy darem ook nie onverhoeds betrap word nie.  Verder wil jy die pad met so min as moontlik onderbrekings aanpak. 

Ek sleep gewoontlik die volgende saam as ek iewers heen moet ry.  Eerstens maak ek seker dat ek my handsak, met my beursie, met my petrolkaart by my het.  Het ek al genoem dat ek eenkeer gaan petrol in gooi het sonder my beursie?  Ek maak ook seker dat ek my selfoon het en dat die selfoon volgelaai is.  My CD kassie met MP3’s bly gewoonlik in my maantuig, maar ek gaan nêrens daar sonder nie.

Veral as ek alleen ry, kort ek iets om te kou.  Vir daardie doel het ek gewoonlik kougom in Lucy.  Ek sal erken dat ek nie kan eet en bestuur nie.  Ek wil darem nie my hele kar bemors nie.  Tog tel goed soos lekkers en biltong nie as eet nie.  Eet is mos kos.  Ek sal soms, maar bitter selde, met water of koeldrank ry.  Seker die dat ek net elke 2 ure moet stil hou soos voorgeskryf.  Ek haat dit om elke 10 km te stop sodat iemand kan gaan peipie.

Laastens moet my kamera ‘n sitplek voor kry.  ‘n Goeie foto is ‘n goeie foto wat nie mag skade ly omdat jou kamera iewers in die kattebak is of omdat jy dit by die huis vergeet het nie.  Ek kan slange vang as gevolg van al die foto’s wat ek om daardie rede verloor het.  Soos die keer wat ek ‘n koedoe 5 m van my kar in die opkomende son gesien het.  Gelukkig was dit onlangs die geval met die meneer nie.

p1020296

Vir die meer verantwoordelikes onder ons, ek doen gewoonlik nie ‘n voorrit inspeksie nie.  Ek betaal iemand baie geld om te verseker dat my kar in ‘n goeie toestand bly.  Ek sal gewoonlik net voor die rit petrol in gooi en dan my olie, water en bande laat nagaan.

Wat sleep jy gewoonlik saam?  Doen jy ‘n voorrit inspeksie?  Enige interessant rituele?

Blogvraag:  Hoekom was mense in die 19de/20ste eeu dikwels bruinerige getinte lense voorgeskryf?

Blogantwoord:  Olga was reg, dit was die datum van die laaste blanke stemming; die Ja / Nee Referendum.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Stem in die buiteland? Laat ons vir ewig Jool

86 Kommentaar Add your own

  • 1. *mathilda*  |  Maart 13, 2009 om 5 : 53

    Eerste

  • 2. *mathilda*  |  Maart 13, 2009 om 6 : 03

    Willes – het nog nooit ni van daai foun gehoor ni – wat is dit as hy ni undercover is ni ?

  • 3. *mathilda*  |  Maart 13, 2009 om 6 : 04

    Dit hang af waarheen ek ry wat ek pak.

  • 4. *mathilda*  |  Maart 13, 2009 om 6 : 07

    Maar die gewone dinge wat deesdae saamgaan is tl se pram, n kombersie, wet wipes en dan die klere vir waarheen ons gaan en my medisyne tassie

  • 5. *mathilda*  |  Maart 13, 2009 om 6 : 09

    O ja en 2 vol bottels en 1 leë 1 vir koeldrank of water langs die pad

  • 6. *mathilda*  |  Maart 13, 2009 om 6 : 09

    En my donkerbrille

  • 7. *mathilda*  |  Maart 13, 2009 om 6 : 11

    Geselskap sal nogal nice wees

  • 8. *mathilda*  |  Maart 13, 2009 om 6 : 20

    Ek noem nie eers my selfoon nie want dis soos n panty of bra – deel van my outfit !

  • 9. *mathilda*  |  Maart 13, 2009 om 6 : 23

    Ag dan gaan ek maar eers weer

  • 10. *mathilda*  |  Maart 13, 2009 om 6 : 26

    Toodles

  • 11. *mathilda*  |  Maart 13, 2009 om 6 : 29

    Tatta

  • 12. *mathilda*  |  Maart 13, 2009 om 6 : 30

    Bye bye

  • 13. WILLE KJINDQ  |  Maart 13, 2009 om 9 : 08

    Tweeste

  • 14. WILLE KJINDQ  |  Maart 13, 2009 om 9 : 09

    Mense met syphilis het bruin getinte brille gedra

  • 15. WILLE KJINDQ  |  Maart 13, 2009 om 9 : 17

    Lang pad… Portable dvd player, kêmera, mp3 player, farlookers, anti… Bedoel sunblock, peaceful sleep, geld, bankkaarte, padkaarte, wild card,wet wipes, bêtterie charger, coke, wyn, sweets, chips, biltong, hoed, bandana, natuurlik sel, panado, water bla bla bla

  • 16. WILLE KJINDQ  |  Maart 13, 2009 om 9 : 19

    Eks ‘n spanner swaaier so dis tweede natuur om spot checks te doen

  • 17. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 9 : 20

    En nog ‘n paar bandanas.

  • 18. WILLE KJINDQ  |  Maart 13, 2009 om 9 : 20

    @ Tilla

    Dissi LG kS360

  • 19. WILLE KJINDQ  |  Maart 13, 2009 om 9 : 24

    :mrgreen:

  • 20. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 9 : 25

    En nog meer anti-goed.

  • 21. WILLE KJINDQ  |  Maart 13, 2009 om 9 : 27

    My knip mes!

  • 22. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 9 : 27

    En nog ‘n bietjie anti-goed.

    En ‘n 2 liter coke.

  • 23. WILLE KJINDQ  |  Maart 13, 2009 om 9 : 28

    BAJA anti goed

  • 24. WILLE KJINDQ  |  Maart 13, 2009 om 9 : 29

    Net 2L❓

  • 25. WILLE KJINDQ  |  Maart 13, 2009 om 9 : 31

    My passasiers sitplek is my entertain area/kombuis. Dis nou te sê as dit net die 3 van ons is

  • 26. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 9 : 32

    Hel

    Hoeveel bottels Coke kan jy op een slag drink? Jy het net een mond

  • 27. WILLE KJINDQ  |  Maart 13, 2009 om 9 : 33

    En ek stop elke 2 ure anners raak die kjinners Onrustig

  • 28. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 9 : 34

    Ek sit weer alles tussen die twee voorste sitplekke. Waar sit jy jou handsak?

  • 29. WILLE KJINDQ  |  Maart 13, 2009 om 9 : 35

    Die vraag is…… Hoe vinnig kan ‘n coke ‘gedown’ word😉

  • 30. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 9 : 36

    My handsak is gewoonlik in die kattebak of onder my bene. My kamera (as ek alleen ry) is agter die passasiers sitplek. Uit sig, maar binne bereik.

    Ek stop elke twee ure vir veiligheid.

  • 31. WILLE KJINDQ  |  Maart 13, 2009 om 9 : 37

    Handsak!? Wie vat ‘n handsak bos toe?

  • 32. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 9 : 37

    Hopenlik down jy nie ‘n 2 l Coke terwyl jy bestuur nie.

    Geen wonder jy kan nie slaap nie. Te veel kafeien in jou sisteem.

  • 33. WILLE KJINDQ  |  Maart 13, 2009 om 9 : 37

    Wa my comment

  • 34. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 9 : 38

    Wel, jy dra seker nie soveel goed soos ek saam nie. Ek gaan ook heelwat minder as jy bos toe.

  • 35. WILLE KJINDQ  |  Maart 13, 2009 om 9 : 39

    Natuurlik drink ek coke terwyl ek bestuur. Somme uit die borrel

  • 36. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 9 : 40

    Jou comment is seker saam met die Coke afgesluk.

  • 37. WILLE KJINDQ  |  Maart 13, 2009 om 9 : 40

    Stront!

  • 38. WILLE KJINDQ  |  Maart 13, 2009 om 9 : 41

    Een vanni dae gat ek 5 comments agter is

  • 39. WILLE KJINDQ  |  Maart 13, 2009 om 9 : 42

    Of dalk meer…..

  • 40. WILLE KJINDQ  |  Maart 13, 2009 om 9 : 43

    Testing

  • 41. WILLE KJINDQ  |  Maart 13, 2009 om 9 : 45

    GGGRRR!!!!!!

  • 42. WILLE KJINDQ  |  Maart 13, 2009 om 9 : 46

    Gat nou wee my gat af sukkel om te blog

  • 43. WILLE KJINDQ  |  Maart 13, 2009 om 9 : 47

    TSK!!!

  • 44. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 9 : 47

    Aande is rof. Die posts is seker deesdae te lank.

  • 45. WILLE KJINDQ  |  Maart 13, 2009 om 9 : 48

    Nee wat. Ek gat nou ga want eks moeg gesukkel. Nag

  • 46. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 9 : 53

    Hensopper!!!!!!

    Hopeloos te min Boere bloed in jou.

  • 47. WILLE KJINDQ  |  Maart 13, 2009 om 9 : 56

    GMPF!!!!!!

  • 48. Adrie  |  Maart 13, 2009 om 10 : 01

    Gaan kry ‘n 10 % boere meisie hemp. Jy verdien niks meer nie.

  • 49. Olga  |  Maart 13, 2009 om 11 : 14

    hey. ek is hier. het dit gemaak. mensekjenders- dit was n langpad. lank gemaak deur die padwerke. hoekom de blou, bles, blind vy maak hulle 5km pad toe en werk op sleg die laaste 10 m?

  • 50. Olga  |  Maart 13, 2009 om 11 : 18

    Wat vat ek saam, hmmm, my handsak, al gaan ek net petrol ingooi. of net vir iemand voor by die grootpad wag. van sonbril het vandag in my kar agtergebly. die kamera op die yskas. die eetgoed kan maar bly, maar sonder water gaan ek nerens nie. die sunscreen bly ook vergete op die badkamerkas. maar my handeroom en insekweerder gaan saam.

  • 51. WILLE KJINDQ  |  Maart 14, 2009 om 7 : 01

    GGGRRR!!!!!!

    @ ADRIANA MAGRIETA SWANEPOEL

    ONTHOU NET DAT ONS ‘N DRIELING IS. AS EK 10% BOER IS DAN IS JY 10% BOS

  • 52. Olga  |  Maart 14, 2009 om 9 : 07

    More, more.

  • 53. WILLE KJINDQ  |  Maart 14, 2009 om 10 : 19

    Maak gou Adriana. Ek wag

  • 54. WILLE KJINDQ  |  Maart 14, 2009 om 10 : 20

    More Olga

  • 55. Olga  |  Maart 14, 2009 om 11 : 13

    ek gaan maar weer slaap.

  • 56. Olga  |  Maart 14, 2009 om 4 : 40

    Die wie nie in die tronk is nie, se vingers is eina of se selfone is gesteel.

  • 57. WILLE KJINDQ  |  Maart 14, 2009 om 7 : 14

    Ek is nie inni tronk nie en my sel is noggi gesteeli😉

  • 58. WILLE KJINDQ  |  Maart 14, 2009 om 9 : 57

    Slaap almal?😯

  • 59. WILLE KJINDQ  |  Maart 14, 2009 om 11 : 04

    Yip! Almal het loop slaap

  • 60. Olga  |  Maart 14, 2009 om 11 : 43

    of nie.

  • 61. Olga  |  Maart 15, 2009 om 7 : 28

    More, more. kom, kom, kom. dis n leke koue nat dag.

  • 62. WILLE KJINDQ  |  Maart 15, 2009 om 8 : 07

    Ek willi opstaan nie! *brom* *brom* more

  • 63. WILLE KJINDQ  |  Maart 15, 2009 om 8 : 08

    ZZZZzzzzzzzzzz

  • 64. WILLE KJINDQ  |  Maart 15, 2009 om 8 : 09

    ‚GGGRRR!!!!!!

  • 65. WILLE KJINDQ  |  Maart 15, 2009 om 8 : 13

    Ek het griep. My keel is seer my kop is seer en my lyf voel of ek gegym het👿

  • 66. WILLE KJINDQ  |  Maart 15, 2009 om 8 : 21

    @My 3ling

    Pak gou jou kar en kom was my wasgud

  • 67. Adrie  |  Maart 15, 2009 om 9 : 52

    Duidelik is iemand gerook.

  • 68. Adrie  |  Maart 15, 2009 om 9 : 53

    More almal

  • 69. WILLE KJINDQ  |  Maart 15, 2009 om 10 : 24

    Gmpf! Ek sal jou wasgud was as jy nie lekka voel nie

  • 70. Adrie  |  Maart 15, 2009 om 10 : 47

    Dit is nie my skuld as jy n sucker vir punishment is nie. As jy dom is, moet jy sukkel.

  • 71. Rapport  |  Maart 15, 2009 om 11 : 18

    ’n Man wat geweier het om sy klere uit te trek by ’n rowwe partytjie in ’n Australiese nudiste-oord het ’n mini-opstootjie veroorsaak.

    Die polisie se hulp moes toe ingeroep word om die orde te herstel.

    Die man wat nie wou ontklee nie en sy vrou is gevra om die partytjie te verlaat.

    Die berugte partytjie is in die White Cockatoo-oord naby Port Douglas, Queensland, gehou waar ’n maand van genotsugtigheid aangemoedig is om dalende toeristegetalle ’n hupstoot te gee.

    Die tema was: Enigiets word toegelaat.

    Die eienaar van die oord, mnr. Tony Fox, sê vier vroulike gaste – almal sonder ’n draad klere aan – het beswaar gemaak omdat die man nie ook wou uittrek nie.

    “Hulle was ongemaklik omdat hy hulle op en af bekyk het. Toe hulle hom vra om respek te betoon en sy klere ook uit te trek, het hy geweier,” sê Fox.

    “Die man wou sommer handgemeen raak en ek het hom beveel om die perseel te verlaat,” sê Fox.

  • 72. Rapport  |  Maart 15, 2009 om 11 : 26

    Pretoria

    Hy skuld Absa R3 miljoen, maar omdat Absa hom volgens sy berekenings sowat R400 miljoen skuld, het mnr. Rico Bernert die afgelope week ’n lasbrief vir beslaglegging op Absa se debiteursboek gekry.

    Dié Johannesburgse sakeman is al jare lank in ’n regsgeding met Absa gewikkel ná die bank se rol in die mislukking van ’n saketransaksie ter waarde van miljoene rande wat hy met sjeik Fawaz bin Abdoellah al-Khalifa van Bahrein wou sluit.

    Bernert het Oktober verlede jaar ’n hofsaak in die Pretoriase hooggeregshof gewen waarin hy skadevergoeding van R187 miljoen plus rente vanaf 2003 van Absa eis. Absa het intussen verlof gekry om te appelleer, maar het aangedui dat hy nie sekuriteit gaan aanbied nie.

    Bernert sê in die huidige moeilike ekonomiese omstandighede maak dit hom bekommerd en daarom het hy die afgelope week die lasbrief by die registrateur van die Pretoriase hooggeregshof gekry.

    Absa het aan The Weekender gesê die bank het nie voorsiening gemaak vir enige aanspreeklikheid voortspruitend uit Bernert se aksie nie, omdat die bank se regsadvies ingewin het waarkragtens daar nie ’n waarskynlike of redelike moontlikheid is dat die eis tot ’n verlies vir Absa sal lei nie.

    Bernert sê die tweede rede waarom hy die lasbrief laat uitreik het, is om te keer dat Absa sy huis terugneem omdat hy nie die verbandpaaiemente betaal nie. Dit is een van twee huisverbande wat hy die laaste jaar of langer nie meer terugbetaal nie, omdat hy so seker was dat hy die hofsaak verlede jaar sou wen.

    Beslaglegging op Absa se debiteursboek sal volgens Bernert beteken dat die bank nie sonder sy toestemming regstappe kan doen teen enigiemand wat hom geld skuld nie.

  • 73. Olga  |  Maart 15, 2009 om 12 : 07

    Maar my goeie donner tog. dan het ek beslis n saak teen sanlam.

  • 74. Adrie  |  Maart 15, 2009 om 12 : 33

    Olga

    Wat het Sanlam met jou gedoen?

  • 75. WILLE KJINDQ  |  Maart 15, 2009 om 2 : 59

    @ Olga

    Lat sanlam al hul klere uit trek

  • 76. WILLE KJINDQ  |  Maart 15, 2009 om 3 : 02

    Adriana Magrieta Swanepoel

    Eks oppad da na jou toe om skoon klere te leen virrie week wat voorlê

  • 77. WILLE KJINDQ  |  Maart 15, 2009 om 3 : 03

    Wat het julle geëet vandag?

  • 78. Olga  |  Maart 15, 2009 om 3 : 08

    hoender, pampoen, groenbone, bruinrys, aartappels en slaai.

  • 79. Olga  |  Maart 15, 2009 om 3 : 11

    sanlam het so paar jaar gelede my gellekie swak bele en sowat 2 derdes verloor. moere.

  • 80. Adrie  |  Maart 15, 2009 om 3 : 40

    Willes

    Ek skrik nie. Eerstens gaan my klere jou nie pas nie en jou kinders nog minder. Tweedens is al my klere ook vuil. Derdens het jy geen idee waar ek bly nie.

    Dus: Kies ‘n vinger of grab a bunch.

  • 81. Olga  |  Maart 15, 2009 om 3 : 47

    eisj. dat susters so met mekaar praat. sies juf a6ie, hoe is jy groot gemaak? nee, wat, ouma wip moet maar weer vadoek en kragtige water kom inspan.

  • 82. Olga  |  Maart 15, 2009 om 3 : 52

    Die arme mens gaan weer n toeval kry en n hissie blaas as sy sien hoe julle te kere gaan wanneer haar rug gedraai is.

  • 83. Adrie  |  Maart 15, 2009 om 3 : 59

    Ouma Wip het die blog wereld bedank.

    Sy se sy sal dalk in die toekoms weer hier kom inloer. In die VERRE toekoms.

  • 84. WILLE KJINDQ  |  Maart 15, 2009 om 6 : 33

    Ouma Wip rooflees nog lekka.

    @ Adriana

    Natuurlik weet ek wa jy bly. Jy kan ontspan….. Ek het my pligte nagekom. Dankie tog ons het nie dieselle pa nie:mrgreen:

  • 85. Olga  |  Maart 15, 2009 om 8 : 29

    nou wat vir n 3ling is julle?

  • 86. WILLE KJINDQ  |  Maart 15, 2009 om 8 : 37

    Olga

    Ek het die sexy pa gekry

    Adriana

    Het ons al besluit wie ons 3ling se pa is?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: