Net ‘n klein bietjie moeite

Oktober 19, 2008 at 10 : 13 216 Kommentaar

Die langpad kan ekstra lank word, wanneer die geselskap opdroog en die uitbestemming met elke verbygaande uur nog ‘n entjie verder aanskuif.  Dan raak enige rede om nie in die kar te wees ‘n goeie rede.  Dit kan ook baie opvoedkundig wees en jou in plekkies laat snuffel waarvan jy nooit van te vore geweet het nie.

‘n Mens kry 3 tipes dorpies.  Die eerste word ten alle kostes vermy.  Die oomblik wanneer jy sien waar jy jou bevind, maar jy seker dat die deure gesluit is.  Jou kamera word diep weggedruk, jy is bang jou kamera breek as jy dalk net droom om iets af te neem.  Netnou dink iemand dat die kamera hom of haar toekom.  Jy ry eerder op geloof verder as om te waag om hier petrol in te gooi.  Die mense van die plek lyk ook glad nie aangenaam nie.  Ogies is so ‘n tipe dorp.

Die tweede tipe is die dorpie waar jy so vinnig as moontlik doen wat gedoen moet word.  Nie omdat jy jou lewe vrees nie, maar daar is niks wat jou opgewonde maak nie.  Niks in die dorpie is die moeite werd om die kamera op te tel nie.  Dit is die tipe dorp waarin jy nie dood wil agterbly nie.  Die mense hier leef omdat hulle nog nie dood is nie (geleen by Dalene Matthee).  5 km buite die dorpie het jy vergeet dat dit bestaan.   Hendrina is so ‘n plekkie.

Die laaste tipe dorpies is wat die Engelse quaint noem.  Daar gaan nie veel aan nie, maar dit nooi jou uit om te stop en te verken.  Dit is aantreklik en daar is heelwat werk vir jou kamera.  ‘n Koppie koffie kan gou in ‘n ete of selfs ‘n oorslaap oorslaan.  ‘n Aangename verrassing op ‘n baie vervelige pad.  Jy gaan almal van die plekkie vertel en moontlik beplan om volgende keer ‘n paar dae lank oor te bly.  ‘n Voorbeeld is Dullstroom.

Die enigste verskil tussen die dorpies is ‘n klein bietjie moeite.  As die dorp se voorkoms genadig op die oog is, sal die inwoners baie meer positief of selfs trots op die dorp word.  Meer reisigers sal stop, wat meer geld in dorpskaste sal beteken.  Mense sal hulle ook nie doodskrik as hulle daarheem moet verhuis nie.  Hoe moeilik kan dit wees om sigbare geboue op te knap, die paaie in ‘n goeie toestand te hoe en om meer verwelkomend te wees?  Vir die meerderheid klein dorpies, onmoontlik moeilik.

Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat vervelige, vaal, vuil, verwaarloosde dorpies die oorsaak van die hoë padongeluk syfers in SA.  As hulle meer verwelkomend was, het meer mense daar gaan rus.  Daardie bietjie moeite sou seker ook ‘n paar kwaaddoeners van die straat af gehou het.  Iets uniek om te doen of sien aan die dorp, sal ook nie skade doen nie.

Van watter dorpies weet julle, waar ‘n mens dood eenvoudig moet stop?  Watter moet jy soos die pes vermy?

Blogvraag:  Na wie se vrou is Carolina vernoem?

Blogantwoord:  Willes was reg met Astraphobia

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Donder en Bliksem Moeg vir die lewe

216 Kommentaar Add your own

  • 1. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 12 : 35

    Hoeveel helpers gaan saam see toe?

  • 2. *Mathilda*  |  Oktober 20, 2008 om 12 : 35

    Sy gaan nie daar wil uitkom nie – en dis juis waar die probleem inkom – ek gaan nie in daai water klim om dit daar te gaan doen nie – dis kouer as badwater ! Ek klim in niks kouer as badwater nie !

  • 3. *Mathilda*  |  Oktober 20, 2008 om 12 : 37

    Geen as jy kyk hulle is op hulle eie mission nie ! Om baba sussie op te pas gaan so laaste op hulle prioriteitslys wees !

    Jy nou ingelog ? Ek kan jou gevreetjie sien van die laaste comment af !

  • 4. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 12 : 38

    Ja

    Ek doen gou ietsie.

  • 5. *Mathilda*  |  Oktober 20, 2008 om 12 : 39

    Ag nee Nats – dis siek, wat het daai arme olifantjies gedoen om dit te verdien ? Ek hoop daai ou rot in hell !

  • 6. *Mathilda*  |  Oktober 20, 2008 om 12 : 44

    Jy doen ietsie en ek praat alweer met myself !

  • 7. WILLE KJIND Q  |  Oktober 20, 2008 om 12 : 45

    @ Nats

    Dis verskriklik!!!!!!!!!!!!!😯

  • 8. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 12 : 45

    Tweeling

    Ek het amper jou weergawe gemis. Ongelukkig het die olifante hom nie verpletter nie.

    Is jy nie dalk kwaai met die sanctuary nie? Gee hulle nie dalk die olifante ‘n veilige tuiste nie?

  • 9. *Mathilda*  |  Oktober 20, 2008 om 12 : 46

    Wa is Olga vandag ? Kom kom Olga – die laagwaterbrug het nog nie oorstroom nie !

  • 10. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 12 : 47

    Sy en Bessie is seker besig met kattekwaad.

  • 11. *Mathilda*  |  Oktober 20, 2008 om 12 : 49

    Adrie

    Ek het dit ook amper gemis – toevallig boontoe gaan loer en toe sien ek sy het ons bekruip met ‘n antwoord !

  • 12. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 12 : 51

    Jip

    ‘n Mens kan seker se sy het probeer om dit weg te steek.

  • 13. Nats  |  Oktober 20, 2008 om 12 : 52

    Tweeling
    Die ou wat die sanctuary besit was die ou wie die olifante so mishandel het se beste klient. (hy het drie sanctuaries oor die land)

    Dis nie bevestig nie maar al daai olifante wat die ou het by harties was moontlik so geleer… hy het bevestig hulle het van daai Tuli olifante maar nou weer sê hy hulle het nie… maar daar is twee van hulle daar. Hoekom nog daaroor lieg ook!

    Dis siek siek siek en ek gaan nie betaal om dit te beleef nie al wil ek hoe graag! Want ek is mal oor olifante!

  • 14. Olga  |  Oktober 20, 2008 om 12 : 53

    jy kry sulke siek moere, nats. dis hoekom ek tv met n passie haat. die man was nie alleen skuldig nie. die vreksels wat wildediere verkoop moet verplig word om na te gaan, persoonlik hoe die diere behandel word.

  • 15. *Mathilda*  |  Oktober 20, 2008 om 12 : 55

    Hey Olga – bekruip jy my nou !

  • 16. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 12 : 55

    Tweeling

    Ek sal hulle dan ook maar eerder vermy. Dit is ‘n skreiende skande, om die minste te se.

  • 17. Olga  |  Oktober 20, 2008 om 12 : 59

    tilla, my tumie was dol oor water en sand. tot sy by die see gekom het toe sy 1 jaar oud was. die sand het haar laat gril. en van die raserige water wat vanself beweeg wou sy sweet blue buggerall weet.

  • 18. Nats  |  Oktober 20, 2008 om 12 : 59

    Olga
    Die ergste van als is dis mos deesdae net wildsvleis soos Olifiant, Renoster en daai tipe vleis wat goed genoeg is vir seker mense.

    In sekere plekke kan jy $20 betaal vir ‘n olifant se tusk… dis niks nie want hulle soek deesdae die vleis!!!! Dis waar die geld nou is, en hulle maak soveel olifante dood vir hulle vleis.

    Een van die dae gaan ons kinders vir ons vra wat ‘n olifant is!

  • 19. Olga  |  Oktober 20, 2008 om 1 : 02

    jy wil mos so blatant op n operbare blog van my skinder, tilla. weer steek op. dalk oorspoel die bruggie tog vandag.

  • 20. Olga  |  Oktober 20, 2008 om 1 : 05

    die mens se hebsug ken geen perke nie, nats. solank hulle hulle sakke kan voer, is alles reg.

  • 21. Olga  |  Oktober 20, 2008 om 1 : 07

    die mens se hebsug ken geen perke nie, nats. solank hulle hulle sakke kan voer, is alles reg. maar weereens, die np het teen sulke skurke opgetree. daadwerklik. hulle was bang. vandag, ai, midas praat en almal word blind en doof.

  • 22. *mathilda*  |  Oktober 20, 2008 om 1 : 08

    Ek is baie lief vir opera met haar mini ! Al ons stelsels is alweer af maar ek is gelukkig nie afgesny van die samelewing nie !

  • 23. Olga  |  Oktober 20, 2008 om 1 : 09

    wordpress, of opera mini, jou kak!

  • 24. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 1 : 10

    Ek se mos. Opera mini is die beste uitvindsel nog.

  • 25. Nats  |  Oktober 20, 2008 om 1 : 11

    Brain
    What are we doing tonight?

  • 26. *mathilda*  |  Oktober 20, 2008 om 1 : 11

    Haai olga, ek hetti geskinner nie, ek was besorg oor jou en het jou geselskap gemis !

  • 27. *mathilda*  |  Oktober 20, 2008 om 1 : 12

    Weer steek net so woes op hier by ons

  • 28. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 1 : 13

    Pinky

    The same is every other night. Try to take over the world.

  • 29. *mathilda*  |  Oktober 20, 2008 om 1 : 13

    Same thing we do every night Pinky – try 2 take over the world !

  • 30. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 1 : 14

    Wie is die Brain hierond, Kloon?

    Nie die Olifant met lang ore of die lelike rot met groot ore.

  • 31. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 1 : 15

    Tweeling

    Ek dink ons gevreetjies is bevange.

  • 32. *mathilda*  |  Oktober 20, 2008 om 1 : 15

    Rock me Amadeus – jare laas hierdie song gehoor !

  • 33. *mathilda*  |  Oktober 20, 2008 om 1 : 18

    Pinky and the brain se song was op n stadium my tune op my piesie as ek mail gekry het !

  • 34. Nats  |  Oktober 20, 2008 om 1 : 21

    Tweeling
    Solank ons dit net die keer reg kry!!!!

  • 35. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 1 : 22

    Kloon

    Ek neem aan jy het nie my en my tweeling se nuwe gevreetjies gesien nie.

  • 36. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 1 : 23

    Nats

    Juis omdat ons elke dag wil beter doen, gee ons dit terug as ons klaar is.

  • 37. *mathilda*  |  Oktober 20, 2008 om 1 : 24

    Het gaan kyk maar kan nie mooi sien op die sel nie, dis te klein

  • 38. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 1 : 25

    He He He

    Ook nou weer waar.

  • 39. Nats  |  Oktober 20, 2008 om 1 : 29

    *M*
    My prentjie blur net so bietjie… so not to worry jy kort nie ‘n bril nie!🙂

  • 40. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 1 : 32

    Tweeling

    Jy moes eindlik op die kop gekonsentreer het.

  • 41. *Mathilda*  |  Oktober 20, 2008 om 1 : 44

    Ok – ek is terug op die lug op die piesie ! Ek kan net Adrie se pic sien (ook net met ‘n vergrootglas)

  • 42. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 1 : 47

    Ai tog.

    Daar is geen hoop nie.

  • 43. *Mathilda*  |  Oktober 20, 2008 om 1 : 51

    Ag issie – wat van die ashoop ?

  • 44. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 2 : 00

    Nie eers dit vir jou nie.

  • 45. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 2 : 01

    Almal is al weer weg. Of is dit nog steeds.

  • 46. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 2 : 03

    Seker na die naaste kleinste dorpie wat hulle ken.

  • 47. *Mathilda*  |  Oktober 20, 2008 om 2 : 06

    Ek het net gou gaan hoor of die Lappop haar hoop met my sal deel

  • 48. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 2 : 09

    Ek hoop sy het nee gese.

  • 49. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 2 : 10

    Iemand het ‘n lappop
    op die ashoop weggegooi

  • 50. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 2 : 11

    Eindlik ‘n blerrie sad lied.

  • 51. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 2 : 13

    Moet kindergoed nie vrolik wees nie.

  • 52. *Mathilda*  |  Oktober 20, 2008 om 2 : 13

    Sy is nie so lelik met my soos jy nie – natuurlik mag ek haar hoop deel !

  • 53. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 2 : 14

    Kloon

    Nat buskaartjie?

  • 54. *Mathilda*  |  Oktober 20, 2008 om 2 : 14

    Die ergste is dat sulke goed in die regte lewe gebeur !

  • 55. *Mathilda*  |  Oktober 20, 2008 om 2 : 15

    Nee – plastiek teelepel vandag asseblief !

  • 56. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 2 : 18

    Lappoppe op die ashoop?

    Dit is nogal sad.

  • 57. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 2 : 19

    Jy kan dalk jouself daarmee beseer.

  • 58. *Mathilda*  |  Oktober 20, 2008 om 2 : 22

    En lewendige poppe

  • 59. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 2 : 24

    Ons gaan nie vandag weer daarmee begin nie.

    Of dalk moet ons.

  • 60. *Mathilda*  |  Oktober 20, 2008 om 2 : 25

    Jy dink nie dalk dis die doel van die oefening nie ?

  • 61. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 2 : 28

    Ons almal weet hoe voel jy oor bloed.

  • 62. *mathilda*  |  Oktober 20, 2008 om 2 : 45

    Wie ek ? Ek niks bang vir bloed nie !

  • 63. *mathilda*  |  Oktober 20, 2008 om 2 : 47

    Ai tog – ek moes nou eers weer vir opera haar mini gaan aantrek het

  • 64. Adrie  |  Oktober 20, 2008 om 2 : 47

    Ok, opereer jouself dan. Dit gaan seer wees.

  • 65. *mathilda*  |  Oktober 20, 2008 om 3 : 18

    Wa almal

  • 66. *mathilda*  |  Oktober 20, 2008 om 3 : 29

    Ek gaan so natreën oppad kar toe netnou !

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: