Onnatuurlike karakters

Junie 10, 2008 at 2 : 20 29 Kommentaar

Glo jy aan spoke?  Dink jy dat dit moontlik is dat iemand kan sterf en kan begin ronddwaal?  Die meerderheid van spoke waarvan ek gehoor het, is skadeloos, dit beteken egter nie dat ek een met die hand wil groet nie.  Baie mense word gefassineer deur spoke, ek is nie een van hulle nie.  Soos die meerderheid mense laat ek ‘n moontlikheid toe dat hulle dalk bestaan, maar staan redelik skepties teen oor die idee.

Glo jy in Engele?  Ek doen, onbeskaamd en sonder bewyse.  Nee, ek het nog nie een gesien nie, maar glo wel dat ek ‘n spesiale engel het wat na my kyk.  As God in die Bybel se tyd engele kon stuur, hoekom nie vandag ook nie?

Glo jy aan feetjies?  Baie van ons is mal oor feetjies.  Oor kabouters en nimfe, maar aanvaar dat hulle net sprokie karakters is.  Dit keer ons egter nie om bos te gaan oor hulle en ons in hulle wêreld in te leef nie.  Oor die algemeen word kabouters en fees oral aanvaar.  Mits hulle nie spesiale magte het nie.

Daar is al iets wat my vir jare lank al pla.  Oor die algemeen word Lord of the Rings en Narnia as aanvaarbare stories vir Christenne beskou.  Mense sien dit vir wat dit is, fantasie, die penvrug van iemand se verbeelding.  Maar Harry Potter en superhelde is gewoonlik van die duiwel.  Kan iemand dit vir my verduidelik?  Gandalf toor net so lekker en weird goed gebeur deur die hele spektrum.

Hoekom word mense veroordeel as hulle spoke ondersoek, maar nie as hulle oor fees gagga raak nie? 

Indien iemand nog nie weet nie, die vorige blog inskrywing is uit my duim uitgesuig.  Ek kon nie gou genoeg ‘n goeie spookstrorie onthou nie en het toe my eie gemaak.  Die enigste feit daarin was dat ek vir Tinkerbell na die blogjol gaan aflaai het.

Ek is jammer dat ek sommige mense ontstel het en van hulle nagrus beroof het.  Dit was nie my bedoeling nie.  Ek het egter ‘n talent ontdek wat ek nie besef het ek kan doen nie.

Blogvraag:  Wat was Dawie Kabouter se Vos se naam?

Blogantwoord:  ‘n Vroulike spook wat kinders oppas en name roep.

Entry filed under: Uncategorized.

Die nag wat by my spook . . . Amazones

29 Kommentaar Add your own

  • 1. Nats  |  Junie 10, 2008 om 2 : 41

    EEEEEEEERRRRRRSTE!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 2. Adrie  |  Junie 10, 2008 om 2 : 45

    Uiteindelik is hier iemand.

  • 3. Nats  |  Junie 10, 2008 om 2 : 47

    Ek weet nie hoekom sekere prente / fiksie deur die groep mense aanvaar word en nie deur die volgende groep nie.

    Soms dink ek mense wil net kla omdat kla is!!

    Jy word weg gevat na ‘n ander wêreld, al is dit net vir uur en ‘n half. Jy vergeet van jou probleme. Ek is mal oor fee verhale ens. Laat mens lekker droom!!

    En natuurlik die scary fliek so nou en dan, maar dit kyk ek eerder op DVD sodat ek kan weg loop of hard skree!!

  • 4. Nats  |  Junie 10, 2008 om 2 : 49

    Adrie
    Nou wat was die antwoord… vir een of ander rede wil my rekenaar nie in gaan op jou link nie??

  • 5. Nats  |  Junie 10, 2008 om 2 : 54

    Toemaar dit oop gekry…

    Ek was al op daai Ghost tour bus. Nie te bad nie, maar dit was “scary” om in die stad te ry na sonondergang… was so 10uur ek dink!! Bang ons word aangeval… jikes!!!!

  • 6. Adrie  |  Junie 10, 2008 om 2 : 59

    Bang vir die lewendige spoke.

  • 7. riaanoosthuysen  |  Junie 10, 2008 om 3 : 16

    Spoke – Nog nie een ontmoet nie maar ek lees die bybel van geeste wat opgeroep is en daarom moet dit bestaan.

    Engele – Defnitief. Daar is ‘n hele lëer aan my toeken.

    Feetjies en Kabouters – Bestaan defnitief nie.

    Narnia en Lord of the Rings. As jy nie geestelik sterk is met ‘n goeie onderskeidingsvermoë nie, moet dit nie gaan kyk nie.

    Narnia mag jy dalk saam met jou ouer kinders gaan kyk as jy vir hulle presies verduidelik dat God nie wensens geskape het wat half mens half dier kan wees nie.

  • 8. Adrie  |  Junie 10, 2008 om 3 : 18

    Riaan

    As jy nie goeie oordeel het nie, moet jy eerder in ‘n grot gaan lewe waar daar niks is nie. Dit is iets wat jy vinnig moet kry, of die aarde gaan nie jou woning wees nie.

  • 9. Nats  |  Junie 10, 2008 om 3 : 20

    Adrie
    En is hulle nie scary nie!!! Die plek lyk regtig soos ‘n verlate dorpie met goed wat rond waai en hier en da staan iemand wat jou aan kyk of in groepies dan wonder jy net wat hulle van plan is om te doen!

    Jy kry my nie in die stad alleen daai tyd weer nie!! Selfs in die dag wil ek nie eens da ry nie!

  • 10. Nats  |  Junie 10, 2008 om 3 : 21

    Riaan
    Baie mooi gestel!!

  • 11. Pikkelik  |  Junie 10, 2008 om 3 : 38

    Adrie, ‘never ridicule what you don’t understand’!!! Miskien ‘n motto vir die lewe. Ek weet net, as daar nie ‘n hele bateljon engele om my was nie was ek nie meer nie. Dieselfde geld vir Ouboet. Ek kan nie eers begin om te vertel wat hy al aangevang het nie, en nog nooit eers ‘n arm gebreek nie!!!
    Wat feëtjies en kabouters aanbetref, wel soms wonder ek of kinders nie net ‘n oper gemoed en ‘n beter insig as grootmense het nie…..

  • 12. Adrie  |  Junie 10, 2008 om 3 : 41

    Pik

    Ek hou daarvan. Never ridicule what you don’t understand.

  • 13. Nats  |  Junie 10, 2008 om 3 : 58

    Ek het in feetjies geglo toe ek baie jonk was… ek mis daai dae!! 🙂

  • 14. Adrie  |  Junie 10, 2008 om 4 : 02

    Nats

    Wag tot ek vir jou die dag een vang.

  • 15. Nats  |  Junie 10, 2008 om 4 : 02

    Was Dawie se vos se naam Frits / Fritz?

  • 16. Verons  |  Junie 10, 2008 om 4 : 04

    A3 ek was op daai gesiggie link maar hy wil my nie weer vat nie! As ek van hier af op Wip se blog gaan wys my prentjie! Die probleem het ontstaan toe ek en nats se goete deurmekaar geraak het en dis net op jou blog wat dit nie wys nie………

  • 17. Nats  |  Junie 10, 2008 om 4 : 04

    Adrie
    As jy een vang wonder ek wie gaan eerste kop Dr. toe ek wat glo jy het een gevang of jy wat dink jy het een gevang!!

  • 18. Nats  |  Junie 10, 2008 om 4 : 05

    Verons
    Ai tog… snaaks want myne werk nog! Maar ek moet sê da was nie ‘n gesiggie toe ek “namens” jou gecomment het nie.

  • 19. Adrie  |  Junie 10, 2008 om 4 : 08

    Verons

    Op my rekenaar wys joune ook nie – op Wip se blog het jy ‘n default prentjie, nie bitch nie.

  • 20. Verons  |  Junie 10, 2008 om 4 : 21

    A3 Gaan kyk op Wip se blog dis my “bitch” prentjie.

    Nats my prentjie was nog daar en toe die deurmekaarspul kom en jy op my naam comment toe verdwyn hy even na ons, ons name reggemaak het……..

  • 21. Adrie  |  Junie 10, 2008 om 4 : 26

    Verons

    Op jou rekenaar is dit jou prentjie, op my rekenaar is dit nie. Ek het gaan kyk.

  • 22. AMH  |  Junie 10, 2008 om 4 : 37

    hallo mense waaroor baklei julle alweer?

  • 23. Adrie  |  Junie 10, 2008 om 4 : 40

    AMH

    Vandag het niemand nog baklei nie.

    Het jy Vrydag uitgechicken.

  • 24. Roer  |  Junie 10, 2008 om 8 : 50

    Hi Adriana, Bly om te sien jy het oorleef…

    Glo jy aan spoke? Ja, maar ek dink dis demone wat hulself manifesteer deur ‘n afgestorwene.
    Glo jy in Engele? Ja.
    Glo jy aan feetjies? Nee.

  • 25. Adrie  |  Junie 10, 2008 om 8 : 52

    Roer

    Wat kan ek se, onkruid vrek nie.

  • 26. Roer  |  Junie 10, 2008 om 9 : 08

    Ook weer waar. 😉

  • 27. Adrie  |  Junie 10, 2008 om 9 : 17

    GMF!!!!!!!!! 😆

  • 28. boendoe  |  Junie 10, 2008 om 9 : 19

    Okay, nou voel ek baie beter!

  • 29. Adrie  |  Junie 10, 2008 om 9 : 25

    Boendoe

    Moet my nie se jy het dit vir ‘n oomblik geglo nie.

    Ek sal more vir almal wie ek ontstel het ‘n bos blomme opsit.

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za