Lied as verteenwoordiging

Mei 5, 2008 at 7 : 02 128 Kommentaar

Deur die loop van die jare het Spirit of the Great Heart van Johnny Clegg die lied van Suid Afrika geword.  Ironies, as in ag geneem word dat in Engels, die taal van kolonialisme is, gesing word.  Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is mal oor die lied.  Dit is beslis waardig om Suid Afrika se verenigde lied te wees. 

Vandag gaan ek egter in Afrikaanse musiek krap.  Met die oplewing van Afrikaanse musiek, maar daar ‘n lied wees wat die volk kan saambind.  ‘n Lied wat almal ken en met trots kan sing.  ‘n Lied wat die hoendervleis op alle Suid Afrikaners laat uitslaan.

Almal wat geëmigreer het kry trane in hulle oë wanneer hulle enige Afrikaanse lied hoor.  Maar wat is die LIED van alle Afrikaanse liedjies?  Wat is die lied wat jou trots maak om ‘n Afrikaner te wees?

Hier is ‘n paar voorstelle om julle aan die dink te sit:

Kinders van die Wind – Laurika Rauch; immergroen treffer wat vir elke mens van toepassing is.

Hie kommie bokke – Leon Schuster; rugby wêreld beker.

De La Rey – Bok van Blerk; wat almal laat hoop en laat saamsing het, maar tog ook mense vervreemd het.

Sarie Marais – FAK

Suikerbossie – FAK

Wat dink julle?  Wat laat julle hart swel van trots, wat wil julle graag die ander kultuurgroepe leer?

Blogvraag:  Waaruit kom die volgende woorde:  “Daar is ‘n park in my tuisdorp, ver weg van die stad se lawaai. Waar die kinders na skool, in die middae kom speel en lawaai . . . ”

Blogantwoord:  Sam was reg met die jaar en Salome met die detail.  In 1904 het die Internasionale Sosialistiese Konferensie vergadering in Amsterdam besluit dat daar op 1 Mei gestaak moet word vir werkers regte.  Lees gerus http://en.wikipedia.org/wiki/International_Workers’_Day

Lekker sing.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Wie kan nog langnaweke bekostig? Noemwoorde

128 Kommentaar Add your own

  • 1. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 7 : 30

    eerste

  • 2. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 7 : 31

    Hello Adrie, lekker naweek gehou

  • 3. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 7 : 31

    EERSTE!

  • 4. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 7 : 32

    sproetjies

  • 5. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 7 : 33

    Sproetjies!

  • 6. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 7 : 33

    Hi Sam voel jy al beter? 😆

  • 7. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 7 : 34

    My rekenaar is vanoggend vinnig, ek streel hom saggies, oulike ding!

  • 8. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 7 : 35

    Fok vrou! Onthou net dat ek van my sel af blog! Ek sien jou eers NA die ding ge reload het. Tsk!

  • 9. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 7 : 35

    Sam😆

  • 10. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 7 : 37

    Nou sit die stoepid song in my kop!

  • 11. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 7 : 39

    A3tjie… Lekka lag hoor!

  • 12. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 7 : 44

    Ek is koud en baaaaaie seer. Ek sal later vandag moet gaan vir my blaas. Ek dink die ding het infeksie gekry.

  • 13. Adrie  |  Mei 5, 2008 om 7 : 46

    Hallo

    Gee my kans om wakker te word.

    Sam, ek giggel nou regtig lekker. Ek hoop jy voel gou beter. Ek hoop ook dat jy Sias se weergawe sing en nie Dana nie.

    Wip

    Lyk my jy is met ‘n kortkop eerste reg.

  • 14. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 7 : 47

    Ouma Wip… Jyt my diep seer gemaak vandag. Jys 1ste EN jyt 1ste geantwoord.😥

  • 15. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 7 : 50

    He he! Ek sing nou somme kliphard!

  • 16. Adrie  |  Mei 5, 2008 om 7 : 50

    Ouma

    Moet nie dat die Ousie jou intimideer nie.

  • 17. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 7 : 52

    A3, bly uit my fight!

  • 18. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 7 : 53

    Sproetjies!!

    Ek kry nog steeds hoendervleis al hoor ek net ‘n deel van Die Stem in ons nuwe volkslied. My Biologie onnie het eendag vir ons gesê “As jy hoendervleis kry wanneer die Stem gespeel word, is jou hart reg” Wel ek glo dit.

    More Wip

    Samantha
    Hot Choklate vir jou?

  • 19. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 7 : 54

    . . . en ek sê Sproetjies, lala lala laa la laa
    Jipeee! Adriana is oulik vanmore want ons kan alweer SING!!!

  • 20. Adrie  |  Mei 5, 2008 om 7 : 55

    Sam

    Ek cheer net aan. Terwyl ek popcorn vreet en hoop Salome bied my ook Hot Chocolade aan.

  • 21. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 7 : 55

    Adrie, gee maar die reg antwoord vir Sam, ek dring daarop aan, die vrou lê siek in die bed, en haar selfoon is stadig😆

  • 22. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 7 : 56

    Saloompie… Ek het nou hoendervleis gekry toe ek jou comment lees. Toe ko sta spoil jy dit met jou hot tjoklit praatjies… Eeeuuuwww!!

  • 23. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 7 : 57

    Adrie!!!
    Hot choklate vi jou. . . !!! en da is nog ‘n stuk Cremora tert ok oor as jy wil hê.

  • 24. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 7 : 58

    Nou maar hoe nou Sam. Kan ek dan liewer vir jou ‘n warm sak gee en die pienk bedsokkies wat Adrie so ewe van die hand gewys het?

    Ag shame maatjie. Jy moet maar diep onder die vere inkruip.

  • 25. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 7 : 58

    Hello Saloom daardie hot chocolate klink lekker.

    Lekker naweek gehad, behalwe die wrede moorde die naweek.
    Julle help my vanoggend, ek wil graag weet hoe kry iemand dit reg om ‘n lewe so gruwelik te neem. Ek wil nou nie die detail bespreek nie, julle het dit seker al gelees. Dit dwaal die hele naweek in my kop rond. Hoe?

  • 26. Adrie  |  Mei 5, 2008 om 7 : 59

    Sproetjies

    Daar’s n park in my tuisdorp ver weg van die
    stad se lawaai
    Waar die kinders na skool in die middae
    kom speel en baljaar
    En eandag sien ek n klein dogtertjie eenkant
    alleen
    Met traantjies wat rol oor haar
    sproetgesiggie heen

    Chorus:

    En ek s� : ‘sproetjies, liefling, daar ‘s n
    re�nboog in jou o�
    Wil jy graag ‘n groot geheim hoor?
    Almal wil graag soos jy waes
    Want jy’s pragtig, liefling’, en sy druk
    saggies my hand en s�
    ‘ek wens ek kon my deur jou o� sien’.

    Al die somers en winters is nou reeds so
    lankal verby
    En die glimlag van jonkwees verberg soms n
    ou hartseer pyn
    En eendag sien ek sproetjies weer, en my o�
    staar verdwaas
    Want die lelike eendjie verander in die
    mooiste swaan

    Chorus:

    En ek s�: ‘sproetjies, jy’s pragtig’ en sy druk
    saggies my hand
    En s�: ‘ek wens ek kon my deur jou o� sien’
    Ek gaan by die skouburg een aand na n
    opvoering kyk
    En daar dans n meisie wat net soos n
    ve�prinses lyk
    Met n glimlag so stralend begroet sy die
    hele gehoor
    Ek sien toe dis sproetjies wat harte so
    bekoor

    Chorus:

    En ek s�: ‘sproetjies, liefling, dear’s n
    re�nboog in jou o�
    Onthou jy nog die parkie en die trane in jou
    o�?
    Sproetjies, jy’s pragtig’, en ek hou haar teen
    my vas
    Sy s�: ‘ek wens ek kon my deur jou o� sien
    Ek wens ek kon my deur jou o� sien’

  • 27. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 8 : 00

    Ouma so na my hart. Jy kan jou titel hou as wenner virri dag…. AS jy die stem vir my sing.

  • 28. Adrie  |  Mei 5, 2008 om 8 : 00

    Wip

    Ek het nog nie by die koerant uitgekom nie. Watse moord?

    Saloom

    Dankie, veral vir die tert. Ek het gister 7 ure lank terug gery.

  • 29. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 8 : 01

    Wip
    Ek weet ok nie hoe iemand met homself kan saamleef as hy sulke gruwelike dinge doen nie. Hoe maak mens jou oë in die nag toe?

  • 30. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 8 : 05

    Hierdie liedjie is baie mooi. Dit was een van my ouma se gunstelinge! Trans Karoo was ook vir haar mooi.
    Moenie op my spring nie ek is ‘n Steve Hofmeyer fan 😆
    Julle moet weet ek kom al saam sy musiek toe hy ‘n takhaar was.

  • 31. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 8 : 05

    Saloom… Ek ga vandag vir so lank moontlik inni bed bly. Jy kan daai kouse ma gee jong. Op hierie oomblik sal ek tot Hilda se kouse aantrek!

  • 32. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 8 : 06

    Wip, kan ek maar intjip?
    Hiers hy Sam.

    Die Stem
    Words: C.J. Langenhoven, Melody: Rev. M.L. de Villiers

    Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see,
    Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee.
    Deur ons ver-verlate vlaktes met die kreun van ossewa –
    Ruis die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika.
    Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra:
    Ons sal lewe, ons sal sterwe – ons vir jou, Suid-Afrika

    In die merg van ons gebeente, in ons hart en siel en gees,
    In ons roem op ons verlede, in ons hoop of wat sal wees,
    In ons wil en werk en wandel, van ons wieg tot aan ons graf –
    Deel geen ander land ons liefde, trek geen ander trou ons af.
    Vaderland! ons sal die adel van jou naam met ere dra:
    Waar en trou as Afrikaners – kinders van Suid-Afrika.

    In die songloed van ons somer, in ons winternag se kou,
    In die lente van ons liefde, in die lanfer van ons rou,
    By die klink van huweliksklokkies, by die kluitklap op die kis –
    Streel jou stem ons nooit verniet nie, weet jy waar jou kinders is.
    Op jou roep sê ons nooit nee nie, sê ons altyd, altyd ja:
    Om te lewe, om te sterwe – ja, ons kom Suid-Afrika.

    Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
    Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou –
    Dat die erwe van ons vad’re vir ons kinders erwe bly:
    Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.
    Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer –
    Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.

  • 33. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 8 : 06

    Adrie gaan kyk by Mykopop! Die links is ook daar na die berigte

  • 34. Adrie  |  Mei 5, 2008 om 8 : 08

    Wip

    Steve Hofmeyr? Het jy op jou kop geval?

  • 35. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 8 : 08

    Adrie bly jou ma aan die einde van die Reënboog?

    Sam het jy al sitro soda gedrink vir jou blaas, jy moet baie jogurt eet dis die antibiotika wat jou blaas opfoeter

  • 36. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 8 : 09

    Ouma Wip❗ EEEUUUWWW❗ Steve Mofmeyer❓

  • 37. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 8 : 10

    Op ligter trand dink ek Leon Schucter se “Skielik is die liggies af” is deesdae die lied van verteenwoordiging.

  • 38. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 8 : 10

    Ek luister Steve Hofmeyr, sy Hermanus is divine, agter elke man, ens ens Dessertbound is ‘n fantastiese cd!

  • 39. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 8 : 11

    Los my uit! Sam ek luister Steve se musiek! Wag dat ek net my winamp inskop op Steve se nuutste musiek

  • 40. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 8 : 11

    Adrie
    Ek moet met Wip saamstem. {ek is glad nie ‘n Steve aanhanger nie} maar ek dink Pampoen is een van sy mooiste songs.

  • 41. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 8 : 13

    Nou luister ek Windgat de Klerk…..ag mooi!
    Hoor julle?

  • 42. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 8 : 13

    Ouma Wip. Jong… Ek wil eerder nie ‘n kans vat nie. Ek het nie ‘n doodgewone historektmie gehad nie. Onthou net dat die groeisel 9cm groot was en my sny is 2 keer so lank soos ‘n gewone een.

  • 43. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 8 : 14

    Wip
    Spesiaal vir jou!!

    Steve Hofmeyr – Pampoen

    Sing, sing jou woorde teen my vas
    Bring jou hele lewe in ’n tas
    Vat ’n trein na Bloemfontein
    En die 506 na Petrus Steyn
    En as jy wil, vat daar ’n bicycle

    Volg, volg die grondpad teen die bult
    Hol, oor die velde as jy wil
    Hier wag ek die jare om
    Vir ’n stofwolk op die horison
    Of iets soortgelyk,
    wat soos jy lyk

    Ek’t nog ’n vrot pampoen en ’n stukkende skoen
    En ’n trekker wat se tires lek
    Vir alles wat ek aan jou gedoen het
    Kom jy by my intrek
    Ek’t nog ’n vrot pampoen en ’n stukkende skoen
    En ’n plaas wat ek afbetaal
    Vir alles wat ek aan jou gedoen het
    Kom jy om my te haal

    Stuur, stuur my liefde vir jou ma
    Maar, as jy kom, los haar net daar
    My baby hier’s net plek vir die drie van ons
    Want dis ek en jy en ’n af-oorhond
    Sy naam is Roof, maar hy’s al jare doof

    Bring, bring daai goedjies wat jou pla
    En ek, maak ’n ring van ogiesdraad
    Ek spaar nog vir die diamant
    En ’n donkiekar vir die predikant
    Ek sal moet blomme leen,
    tot dit eendag reën

  • 44. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 8 : 14

    Dankie Saloom, jy is ‘n vriendin so na aan my hart, so lojaal😉

  • 45. Adrie  |  Mei 5, 2008 om 8 : 14

    Salome

    Ek het Pampoen oorweeg vir die lys, maar besluit dat julle ook ‘n bietjie moet dink. Liza se Klavier was ook oorweeg.

  • 46. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 8 : 15

    Sam gaan dokter toe! 👿 Geen wonder jy is in pyn…
    Maar nogsteeds moet jy baie jogurt eet, vra vir Adrie!

  • 47. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 8 : 16

    Lisa se klavier is baie mooi!

    Juanita se vlieg hoog is my nuwejaars voorneme vir 2008, ek vlieg oor alles en almal, hoog die lug in……

  • 48. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 8 : 17

    As julle van Steve Pompeier gaan praat, dan gaan ek my paai vat en waai! Gmpf!

  • 49. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 8 : 17

    In Kanada is die mense mal oor Pampoen hulle sê dis hulle volkslied, my vriendin hou my op datum!

  • 50. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 8 : 18

    Sam👿 dan sal ek maar moet loop, wipneus pak al haar Steve cd’s in my sakkie, en kyk hartseer oor my skouer vir Sam…..terwyl ek by die deur uitloop …..

  • 51. Adrie  |  Mei 5, 2008 om 8 : 23

    Wipneus = Jammergat.

    Sam kan net tot by ‘n 100 comments saamgesels.

  • 52. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 8 : 24

    Ouma Wip… Ek het ‘n plek wa jy jou cd’s kan bêre. In my asblik!:mrgreen:

  • 53. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 8 : 25

    Is dit Johannes KErkorrel wat “Ons vir jou Suid-Afrika sing? of is ek nou weer die pad byster? Ek is nie ‘n fan nie, maar dit gee ok nogal kalkoen-vel (soos my sus se dogtertjie sê)

  • 54. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 8 : 25

    Njaaarrrrr!! WordPress
    Ek is nou kamma kastig weer te haastig met die comments vanmore!!

  • 55. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 8 : 27

    Aaahhh! Johannes Kerkorrel…. Hillbrow, al lê die berge nog so blou, mal vir sy musiek!

  • 56. Adrie  |  Mei 5, 2008 om 8 : 27

    Saloom

    So vroeg gesuip? Kerkorrel was al as toe Ons vir jou gesing is.

    Ek dink Robbie Wessels en Bok van Blerk het dit gesing.

  • 57. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 8 : 27

    Bok van Blerk! En Poena!

  • 58. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 8 : 28

    Sammie
    Ons gaan jou geweldig mis . . .

    Wip
    Ag nee man. Ek dag ons ga sing vadag.

    Basta!! Ek sit die hele blerrie naweek sonner ‘n keyboard en nou gedra julle julle weer soos ‘n klomp stout dogtertjies.

  • 59. neykie  |  Mei 5, 2008 om 8 : 30

    Sproetjies!!!!

    haha

    ekke het verlang na jou my vriendin A3

  • 60. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 8 : 30

    Saloom! SJARRAP!

  • 61. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 8 : 30

    Ek hou van Beaufort Wes, Theuns en Jan Blohm se groentrui
    Ek is mal vir Anna Davel… Dra my saam

  • 62. Adrie  |  Mei 5, 2008 om 8 : 32

    Mense

    Sing tog vir Salome.

  • 63. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 8 : 32

    Sorry, ek was so biki van die pad af. Hierdie is die liedjie wat ek van praat:

    Halala Afrika, Johannes Kerkorrel (1961-2002).

    Toe die wêreld hier nog jong was en die horison wyd en oop
    Was dit groen hier in die halfrond, suid van die ewenaar
    En in die skemer as die son sak en die beeste huis toe loop
    Klink die roepstem van die vrouwe oor die heuvels van die land:
    Halala, ewig is ons Afrika.
    Tula tula mtanami, tula tula sanaboni, tula tula mtanami,
    Ubab uzobuya sihlale naye, ubab uzobuya sihlale sonke, Hmmm-Hmmm

    Toe kom die skepe uit die weste, wit seile oor die see
    Om te vra vir koos en water en te bly vir so veel meer.
    En die land wat een tyd oop was, die land het ons verruil
    Vir die ghetto’s van die stede is ons koperdraad gegee.
    Halala, ewig is ons Afrika
    Halala, sasiphila, kamnandi, halala, mayibuye Afrika
    Tula tula mtanami, tula tula sanaboni, tula tula mtanami,
    Ubab uzobuya sihlale naye, ubab uzobuya sihlale sonke, Hmmm-Hmmm

    Daar was rykdom in die maag van ons moeder Afrika
    Diamante en ook steenkool, goud, edel metaal
    En die mense word die slawe hier want die mense word betaal
    Om te tonnel in die aarde elke greintjie uit te haal
    En die groot en oop grasvlaktes span dit toe met doringdraad
    En van die olifant tot die gemsbok al die diere moes kom buig
    Voor die mag van die grootwildjagter voor die mag van sy groot geweer
    Totdat net die stilte oorbly, totdat net die stilte heers.

    Halala, ewig is ons Afrika.
    Halala, sasiphila, kamnandi, halala, mayibuye Afrika
    Sasidjapolutjoloythina
    Halala, sasiphila, kamnandi, halala, mayibuye Afrika

  • 64. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 8 : 33

    Hello Neykie, het jy lekker gespeel in die see.

    Ek haal my cd’s uit die asblik uit en kyk kwaai vir Sam! 👿

    ♪ Jy was Beautiful in Beaufort-Wes, en ek was so verskrik
    en verskriklik lief vir jou, en ek en jy het op grafte en op treine op
    Ford Fairlane se agterseats gevry.
    En nou is jy en jou man both computer analysts,
    laas winter, you tried to cut above your wrists en nou skryf jy vir my

    Koortjie:
    Jy kan nie meer slaap nie. Nie nie meer lag nie,
    nie meer iets vir jouself doen nie en nooit ooit weer vir my soen nie.

    Mooi, mooi, mooi was jou woorde ook terwyl jy Menthol sigarette rook,
    en al daai sweet, sweet dinge vir my s� terwyl jy sweet, sweet in my arms l�.
    En die presiese woorde �t ek presies vergeet, ek onthou net die rook en die sweet
    in Beaufort-Wes en jou kaal liggaam onder koel summer cotton dress

    Koortjie:
    Nie meer slaap nie. Nie nie meer lag nie,
    nie meer iets vir jou self doen nie en nooit ooit weer vir my soen nie

    En dis miskien soos �n storie uit die Huisgenoot,
    maar jy het een aand skielik vir my weggestoot
    en in die rearview mirror jou gesig gekyk en ges� miskien moet ek gelukkiger lyk
    en daardie aand kon ek nie aan die slaap raak nie
    Ek het gevoel hoe my hart los ruk uit my lyf en soos �n roeiboot al in die rivier af dryf

    Koortjie:
    Ek kon nie meer slaap nie. Nie nie meer lag nie
    nie meer iets vir myself doen nie, en nooit ooit weer vir jou soen nie

    Die laaste herrinering waaroor ek skryf is die nag ek en jy
    die melktrein aan en aan die nag in ry tot anderkant die ding-dong gong
    van die breakfast waiter in die gang verby
    Dit was my wake-up call my lief, jy het ges�: �Wees asseblief lief vir my�,
    maar ek�t gedroom ons het in Beaufort-Wes gaan woon

    Koortjie:
    Ek kon nie meer slaap nie. Nie nie meer lag nie,
    nie meer iets vir mekaar doen nie en nooit ooit weer vir jou soen nie.
    Ek kon nie meer slaap nie. Nie nie meer lag nie
    Nie meer iets vir myself dien nie en nooit ooit weer vir jou soen nie ♪

  • 65. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 8 : 34

    Daai Shaun Tait kan darem mooi sing! Ek gly somme van my bed af!

  • 66. Adrie  |  Mei 5, 2008 om 8 : 34

    N-E-Y-K-I-E!!!!!!!!!!!!!!!!!

    Sou jou gesoen het as ek ‘n soenerige mens was.

    Hoe was die see? Hoe lank het jy terug gery?

  • 67. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 8 : 35

    Adrie
    Toemaar wat!! Ek sal vir my blerrie self sing!

  • 68. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 8 : 35

    Nog een van my favourites

    HOE DURF JY
    Woorde en musiek: Karen Wessels

    Sê vir jou ma ek sal jou nooit weer pla nie,
    sê vir jou sussie ek is baie lief vir haar.
    sê vir jou broer ek hoop hy maak miljoene rande,
    sê vir jou pa ek dink daai Opel enjin is al lankal gaar.

    Wag ‘n bietjie, wat sê jy vir my,
    wag ‘n bietjie, herhaal daai woordjies vir my,
    hoe durf jy!

    Sê vir jou ouma sy kan nou maar rustig doodgaan,
    en sê vir jou oupa ons kinders sal sy naam nooit dra.
    sê vir jou gomtor oom hy kan sy oë nou van my afhaal
    want volgens jou was ons blykbaar al lankal klaar.

    Wag ‘n bietjie…

    Sê vir jou budgie ek gaan hom nooit weer voer nie
    en sê vir jou tannie pienk is nie die nuwe swart nie.
    sê vir jou niggie sy moet tog net nie bloedskande pleeg nie,
    en sê vir jou dokter daai pille wat hy jou gee maak jou net befokter.

    Wag ‘n bietjie

    Sê vir my hart jy het my siel mooi omgekrap,
    en sê vir my brein jy was tog altyd te verfynd.
    sê vir my lewe ek sal jou eendag vergewe
    vir al die seerhê en al die ongemaklike lepellê.

  • 69. Adrie  |  Mei 5, 2008 om 8 : 36

    Sam

    My bliksem. Dit is nog ‘n kind.

  • 70. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 8 : 36

    Wipneus tel vir Sam terug op die bed😆 so glyerige ding kan nie werk in haar toestand!!

  • 71. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 8 : 38

    Adrie, ons is oud maar nog glad nie koud….😆 So jong mannetjie kan mens mos jonk hou, hoe nou met jou?

  • 72. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 8 : 38

    Samantha
    Moet ek nog sjarrap?
    Ons het ok Shaun se CD maar is bietjie teleurgestel met Kobus Muller se CD. Behalwe vir “Jerusalem” en 1 of 2 ander, is dit nou nie rêrig so treffend soos sy optredes op Supersterre nie.

  • 73. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 8 : 38

    Julle gesingery ga veroorsaak dat ekki wee ka saam praati! Die sel kan nie te veel comments vat nie.

  • 74. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 8 : 40

    Ag ek hou tog so daarvan as Adriana vir ns singerige blogs opsit. Ek maak sommer spesiaal nog ‘n Cremora tert.

  • 75. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 8 : 41

    Wip
    Sam sê jy moet sjarrap tot sy gewaai het. {dis nog net 26 comments}

  • 76. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 8 : 42

    Toemaar Adrie moet dan maar hierdie inskrywing deel 1 en deel 2 maak…. ???

  • 77. Adrie  |  Mei 5, 2008 om 8 : 43

    Saloom

    Koerier daardie tert.

  • 78. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 8 : 44

    Adrie
    Jaaaa hoooor! so al asof ek die koerier na die regte plek toe sal kan stuur. En dis in elk geval nie vir jou nie, dis vir Adriana.

  • 79. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 8 : 45

    A3, oor 4 jaar is hy mondig. Uhm…. Dankie ouma Wip

  • 80. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 8 : 46

    Laat ek nou eers die klomp papier gaan tel en afteken . . . wag ek kom.

  • 81. Adrie  |  Mei 5, 2008 om 8 : 47

    Sam

    Is die kind nie al 16 of selfs 17 nie? Mens is op 18 al mondig en nie meer staatskos nie.

    Of wag, op 16 is ‘n mens nie meer staatskos nie.

    Anyway, ek verkies hulle ouer.

  • 82. Samantha q  |  Mei 5, 2008 om 8 : 48

    Saloompie! Wil jy ontslae raak vannie ousie!? Huh!?

  • 83. neykie  |  Mei 5, 2008 om 8 : 49

    Ons het so 7ure terug gery.

    Dis was verskrik en verskriklik lekker

  • 84. Adrie  |  Mei 5, 2008 om 8 : 49

    Neykie

    By watse see was jy?

  • 85. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 8 : 50

    Glad nie Sam. Jy’s dan my favourite 50% Boeremeisie. Ek dink maar net aan die foontjie se capability en probeer jou so laaaank as moontlik hier hou.

  • 86. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 8 : 52

    Ja ek gaan ook eers aan ‘n tak hang, gesels met ons 50% boeremeisie

  • 87. Adrie  |  Mei 5, 2008 om 8 : 52

    He He

    Julle kans om van die ousie te skinder. Sy kan nie meer saam praat nie.

  • 88. Zoekoe  |  Mei 5, 2008 om 8 : 56

    Goeie More mense !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 89. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 8 : 56

    Adrie ek dog dis 100 comments???

  • 90. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 8 : 57

    Zoekoe!!! was jy mars toe? Ons het gedink jy kom nooit weer terug. Het jy lekker vakansie gehou?

  • 91. Wipneus!  |  Mei 5, 2008 om 8 : 58

    Adrie
    Kan mens nie van die comments delete, dat sy kan saam speel, hi shame 😦

  • 92. Zoekoe  |  Mei 5, 2008 om 8 : 59

    Lo Wipneus, ja dankie, net jammer dit was so kort …. !

  • 93. Adrie  |  Mei 5, 2008 om 9 : 00

    Wip

    Dit gaan oor die hoeveelheid data op, nie die comments nie. Laat ek maar ‘n ander post gaan skryf. Die vol liedjies neem nogal baie plek op.

    Welkom terug Zoekoe.

  • 94. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 9 : 02

    Haaaaloooo Zoekoe!!

    Terug na die onderwerp;
    Ek is ok baie dol oor Soweto String Kwartet – dis hardroerend as hulle die boeremusiek so op die viole speel, en natuurlik ok Ladysmith Black Mambazo. Hulle is definitief verteenwoordigend vir ons land – hulle het al soveel oorsese lande betower.

  • 95. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 9 : 03

    Adrie {vinger in die mond, ogies gesak, toon boor in die grond}
    Mag ons nou nie meer sing nie?

  • 96. ADRIANA  |  Mei 5, 2008 om 9 : 05

    Salome

    Julle mag sing soveel as julle wil.

  • 97. Adrie  |  Mei 5, 2008 om 9 : 07

    Nuwe blog waarop julle kan stront praat.

  • 98. Zoekoe  |  Mei 5, 2008 om 9 : 08

    Hallo Salome !!

    Dankie Adrie

  • 99. Verons  |  Mei 5, 2008 om 9 : 10

    MORE!!!! MORE!!!!!!
    Ek sukkel alweer my gat af om hier in te kom!!!

    Sammy ek sien jy het vanoggend bietjie seer, vir blaasinfeksie drink Citro Soda werk beter as enige kak wat die dokter kan gee! En………………………….. dan moet jy sjarrap!! Los vir Wip en haar Streve cd’s uit ek luister lekker saam haar!!

    Vir my om trots te wees is beslis as ek Die Stem hoor veral soos Salome sê dit in die middel van die mambo jambo van ons volkslied uitkom!
    Robbie Wessels en Bok van Blerk se Ons vir jou Suid Afrika gee ook vir my hoendervleis, het julle geweet Jake het dit vir die Bokke gespeel in hulle bus oppad na die stadion toe in die wêreld beker eindstryd, hy sê die song het oor en oor gespeel al die pad stadion toe!!
    Julle sal my nie glo nie maar die song give me hope Johanna het ek net altyd gehoor en lekker op die beat gedans, nooit na die woorde geluister nie, en eendag sit ons in ‘n kroeg on Poland en daar speel hulle die song! Die hele kroeg was in rep en roer (dit was hulle gunsteling liedjie in daai kroeg) en toe luister ek vir die 1e keer regtig na die woorde, ek het skoon ‘n knop in my keel gekry! Toe hoor ek dit is ‘n SA groep wat dit sing en tot vandag toe het ek nie eers weer moeite gedoen om uit te vind wie sing dit nie! Gaan sommer NOU google!!

  • 100. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 9 : 10

    Zoekoe
    Jy moet eers sing voor jy gaan twak praat!
    *fluister* asseblief

  • 101. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 9 : 14

    Verons
    Adrie het gesê ek MAG maar sing, so hier;

    EDDY GRANT GIVE ME HOPE JOHANNA LYRICS
    Complimentary “give me hope johanna” Ringtone
    Well Jo’anna she runs a country
    She runs in Durban and the Transvaal
    She makes a few of her people happy, oh
    She don’t care about the rest at all
    She’s got a system they call apartheid
    It keeps a brother in a subjection
    But maybe pressure will make Jo’anna see
    How everybody could a live as one

    (Chorus:)
    Gimme hope, Jo’anna
    Hope, Jo’anna
    Gimme hope, Jo’anna
    ‘Fore the morning come
    Gimme hope, Jo’anna
    Hope, Jo’anna
    Hope before the morning come

    I hear she makes all the golden money
    To buy new weapons, any shape of guns
    While every mother in black Soweto fears
    The killing of another son
    Sneakin’ across all the neighbours’ borders
    Now and again having little fun
    She doesn’t care if the fun and games she play
    Is dang’rous to ev’ryone

    (Chorus:)
    Gimme hope, Jo’anna
    Gimme hope, Jo’anna
    Gimme hope, Jo’anna
    ‘Fore the morning come
    Gimme hope, Jo’anna
    Gimme hope, Jo’anna
    Hope before the morning come

    She got supporters in high up places
    Who turn their heads to the city sun
    Jo’anna give them the fancy money
    Oh to tempt anyone who’d come
    She even knows how to swing opinion
    In every magazine and the journals
    For every bad move that this Jo’anna makes
    They got a good explanation

    (Chorus:)
    Gimme hope, Jo’anna
    Gimme hope, Jo’anna
    Gimme hope, Jo’anna
    ‘Fore the morning come
    Gimme hope, Jo’anna
    Gimme hope, Jo’anna
    Hope before the morning come

    Even the preacher who works for Jesus
    The Archbishop who’s a peaceful man
    Together say that the freedom fighters
    Will overcome the very strong
    I wanna know if you’re blind Jo’anna
    If you wanna hear the sound of drum
    Can’t you see that the tide is turning
    Oh don’t make me wait till the morning come

    (Chorus:)
    Do give hope, Jo’anna
    Gimme hope, Jo’anna
    Gimme hope, Jo’anna
    ‘Fore the morning come
    Gimme hope, Jo’anna
    Gimme hope, Jo’anna
    Hope before the morning come

    Gimme hope, Jo’anna
    Gimme hope, Jo’anna
    Gimme hope, Jo’anna
    ‘Fore the morning come
    Gimme hope, Jo’anna
    Gimme hope, Jo’anna
    Hope before the morning come

  • 102. neykie  |  Mei 5, 2008 om 9 : 16

    Richardsbaai!!!!

  • 103. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 9 : 28

    Neykie
    Ag hoe verlang ek terug. Nuwejaar op die hawe is baie pret. Vuurwerke vir afrika.

    Ek gaan maar liewer koffie maak. Lyk my julle kry almal te koud om te praat. My naam is in elk geval vandag Willie – willie iets doen wat soos werk lyk nie.

  • 104. Bos  |  Mei 5, 2008 om 9 : 33

    More se!!

    Daar is wragtig so baie songs wat mens nostalgies maak. Ek dink ons afrikaanse musiek het n verpad gekom en Namibsroos, lisa se klavier, Blouberg se strand, soos bloed, Beaufortwes,Ha la la Africa, baie van die FAK se liedjies en vele meer maak my trots om afrikaans te wees!!

  • 105. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 9 : 44

    . . . soos bloed, so is jy vir my . . . laaaa la la

    Ons het so ruk terug iewers op een van Adrie se baie blogs gepraat oor Volkspele, en kyk, noem my maar outyds, maar as die neefs en niggies so rondswaai in hul kostuums, is dit ok soos ‘n roosknop wat oop gaan hier in my se ou hartjie.

  • 106. Bos  |  Mei 5, 2008 om 9 : 47

    Die lied wat vir my deesdae uitstaan, veral in die omstandighede wat S.A deesdae is, is Bok en poena se Ons vir jou Suid-Afrika.

  • 107. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 9 : 49

    Bos
    Net jammer ek hou NIKS van Poena nie. Hy slaan ons Afrikaners se naam met ‘n plank

  • 108. Bos  |  Mei 5, 2008 om 9 : 57

    Salome

    Nee wat, Ons afrikaners doen dit elke dag sommer so van self. Hy is net n funny ou wat dit uitbuit. Kasper doen die selfde en nog vele ander mense. Afrikaners is Poena se grootste aanhangers, so verstaan wat ek se??

  • 109. Adrie  |  Mei 5, 2008 om 10 : 03

    Ek hou nie van Poena of Robbie Wessels nie. Punt

  • 110. Bos  |  Mei 5, 2008 om 10 : 06

    Adrie
    🙄

  • 111. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 10 : 09

    Bos
    Gelukkig smaak verskil.
    Poena is stupid. Kasper is way-out ja, maar hy sê die spul goed – So sonder dat hulle weet. Ek is natuurlik gek oor Tannie Evita

  • 112. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 10 : 09

    Jislaaik Adrie, kan jy glo ons stem oor iets saam?

  • 113. Adrie  |  Mei 5, 2008 om 10 : 10

    Bos

    Ek het my standaarde. Die man is simpel, nie snaaks nie en ek kan beter sing as hy.

  • 114. Verons  |  Mei 5, 2008 om 10 : 10

    Saloom dankie vir Johanna! Ek sien Dr Victor en die Rasta Rebels het dit bekend gemaak (moes dit eintlik geweet het)

    Poena is net ‘n karakter wat Robbie Wessels speel dit het niks met sy sang of skryftalent uit te waai nie!
    Robbie erken dat hy nie die beste sanger is nie maar die publiek hou van sy “snaaksegeit” dis hoekom hy so gewild is, hy is beter met skryf as sing en as ek na Ons vir jou SA luister stem ek saam, daar is nog ‘n hele paar liedjies wat hy geskryf het wat ander sangers sing!

  • 115. Adrie  |  Mei 5, 2008 om 10 : 11

    Ek hou oor die algemeen nie van komediante nie.

  • 116. Bos  |  Mei 5, 2008 om 10 : 21

    Ma!!

    Dankie dat ma verstaan wat ek probeer se het!!

    Salome en Adrie

    Jip, smaak verskil en ek stem saam, Robbie kan nie sing nie!! Op my valste klink ek nog tien keer beter as hy, maar sy musiek verkoop!! So al wat ek se is dat daar nog miljoene ander ‘platvloerse’ afrikaners daar buite is! Ek hou nie van al sy goed nie, maar ander is weer o.k en ek is mal oor Kasper de Vries!! Sy taal gebruik is bietjie heavy, maar ek geniet sy sin van humor verskrikklik!! Ek geniet komedie, ek is n grapgat van nature en haat dit om met so dikbek rondteloop, so ek mind nie dat di eklomp so simpel is nie!!

  • 117. Adrie  |  Mei 5, 2008 om 10 : 23

    Verons

    Ek wonder altyd wat gewild is. Om goud te kry moet 25 000 mense jou CD in Suid Afrika koop. Kom ons se 10% van die bevolking is Afrikaans, dan is daar 4.4 miljoen mense in die mark. Selfs al het ‘n sanger dubbel platinum, het net 100 000 mense sy musiek gekoop. Steve is die enigste sanger wat al ‘n miljoen plate in SA gekoop het.

    Ek dink partykeer dat daar mense is wat na enige snert luister, veral as dit as Afrikaans gebrand is.

  • 118. Bos  |  Mei 5, 2008 om 10 : 29

    Adrie

    Jy het feite beet, maar as ek moet kies tussen Poena en se, Shane, die vark dan luister ek eerder na Poena!! Shane is nou regtig bar en vrek vieslik!! Maar feit bly staan, hul goed verkoop, hoe weet ek nie, maar dit doen, wys jou eintlik nou maar net hoe sies ons wereld elke dag raak ….

  • 119. Verons  |  Mei 5, 2008 om 12 : 26

    A3 die feit bly staan sy goed verkoop nou beter as bv Laurika, Anton Goosen (wie ek persoonlik dink is ‘n d**s), Coenie de Villiers (wat die living daylight uit my irriteer) en Nadine (wat dink as sy gaan sit gaan die son onder), Karin Zoid (wat volgens my net ‘n klomp kak gorrel), en nog vele ander!
    Of dit nou net 10% persent van die bevolking is of nie!!

  • 120. Salomè  |  Mei 5, 2008 om 2 : 02

    Verons
    Ek hou ok nie van Coenie nie. Het die naweek vir my ma ‘n CD van Randall Wicomb gekoop (moedersdag persent jy weet) en hy sing nogal oraait.

    ek MAG mos sing;
    Die wit broek sit nie mooooi nie, die wit broek sit te styf. Die witbroek sit ok baie sleg om die rondings van my lyf. tra lala la la.

    *fluister* Dit was dalk die verkeerde liedjie om aan te haal, maar dis ok een van die min waarvan ek al die woorde ken.

  • 121. Adrie  |  Mei 5, 2008 om 4 : 26

    Verons

    As dit verteenwoordigend is van die land se smaak, dan is die land se smaak uiters sleg.

    Suid Afrika het ‘n groter mark nodig, sodat elke drol wat dink hy kan sing nie platinum status bereik nie. En 100000 uit 4.4 miljoen is nie eers 3 % nie.

  • 122. Verons  |  Mei 6, 2008 om 9 : 13

    A3 jy kan mos nie sê ander mense het kak smaak net omdat dit nie met joune ooreenstem nie!!
    Hoekom bereik die sogenaamde mense wat “KAN” sing dan nie platinum status nie?? 10%, 3% of wat ookal hulle albums verkoop en die sogenaamde “regte” sangers kom nêrens nie!
    Laat mens nogals dink nê??

  • 123. Adrie  |  Mei 6, 2008 om 9 : 19

    Verons

    My smaak was nie eers hier genoem nie. Ek ondersteun glad nie Afrikaanse musiek nie, in die sin dat ek nie een Afrikaanse cd besit nie.

    Ek het ook nooit gese ek dink Coenie kan sing nie. Feit bly: Robbie Wessels kan nie sing nie, daar is dalk vir hom ‘n toekoms as skrywer, maar net omdat Willie Esterhuysen hom naam gegee het. Hy besef dit en gebruik dit tot sy voordeel. Hy is nie snaaks nie en hy is nie ‘n watwonderse akteur nie. Hy verdien nie die roem wat hy het nie.

  • 124. Wipneus!  |  Mei 6, 2008 om 9 : 35

    Adrie Robbie Wessels se Halley se komeet is baie mooi!
    Sies ek sien jy het weer baklei…. wag dat ek my pap lepel gaan haal. Ons is ouer as jy!
    Eers baklei jy met my oor ek van Steve hou, jy sê ek het op my kop geval aai, jaai, jaai, nou baklei jy met Veronsie….
    Ons luister nog na die Briels my kind, jy moet empatie hê vir die oues van dae….

  • 125. Adrie  |  Mei 6, 2008 om 9 : 47

    Briels se agterend.

    Ek luister na regtig goeie musiek.

  • 126. Nico  |  Mei 6, 2008 om 9 : 52

    Ek glo (en dit ontstel skoonma as ek dit kwytraak) dat Theuns Jordaan nie kan sing nie. Die lied wat my hoendervleis gee is “Die lied van jong Suid Afrika”.

  • 127. Wipneus!  |  Mei 6, 2008 om 10 : 04

    Nico Theuns sing party liedjies vir my baie mooi.

    Wat luister jy Adrie…..

  • 128. Adrie  |  Mei 6, 2008 om 11 : 04

    Nico

    Ek hou ook niks van Theuns of Dozi nie.

    Wip

    Dit is my geheim.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: