Kinderregte

Maart 24, 2008 at 8 : 35 62 Kommentaar

Ja, ek weet ek het nie kinders nie, daarom mag ek (volgens almal wat ouers is) nie ‘n mening oor kinders hê nie.  Van wanneer af steur ek my in elk geval aan mense se reëls?

Feit is dat kinders vandag meer regte as ooit van te vore het.  Met die regte het meer verantwoordelikheid gekom, wat kinders van die belangrikste reg van almal beroof het.  Die reg om kind te wees.

‘n Kind kan nie meer binne grense ‘n fout maak nie.  Juis omdat dissipline nie meer ‘n faktor is nie, moet hulle foute op ‘n grootmens manier hanteer.  Wat dan beteken hulle word vroeg oud.  Vandag se kinders is altyd verveeld, juis omdat hulle altyd gestimuleer word.  Hulle word nooit die kans gegun om hulleself te vermaak nie.  Kan ‘n kind vandag nog stout wees?  Ek praat van ondeundheid en kattekwaad, iets waarvoor daar gelag kan word.  Ek was op skool geterg en dit het my sterker gemaak.  As ek so die koerante bestudeer lyk dit asof elke kind wat geterg word, selfmoordneigings het.  Leer kinders vandag nog om hulle eie probleme op te los?  Of MOET mamma en pappa altyd regstaan. 

Ek moet seker toegee dat vandag se omstandighede daartoe bygedra het.  Kan kinders nog snags veilig uitslip of selfs bedags fiets ry?

Belangriker nog, gaan kinders eendag hulle reg tot kindwees terug kry?  Hulle reg om in ‘n veilige omgewing hulle lesse van die lewe te leer?

Blogvraag:  Wat was Fiela Komoetie se 5 kinders se name?

Gister se blogvraag:  Sam was eerste reg.  Dit was die hamer, aambeeld en stiebeul.

Entry filed under: Uncategorized.

Om te luister Maak jouself vandag minister

62 Kommentaar Add your own

  • 1. Jannas  |  Maart 24, 2008 om 11 : 52

    Adrie, jy verwys nou na die fuzzy nostalgie van kindwees. Waar hou ‘n kind se regte op?
    As ‘n 10-jarige ‘n 3-jarige verkrag?
    As ‘n skoolkind die onderwyser aanrand of met ‘n vuurwapen dreig?
    As ‘n 12-jarige openlik op skool met dwelms handel dryf?
    As drie 16-jariges ‘n hawelose doodskop en slaan?
    As onderwyser te bang is om skool toe te gaan?
    Ek kan nog baie aanhaal?
    Waar kom kinderregte in by sulke gevalle?

  • 2. Zoekoe  |  Maart 25, 2008 om 7 : 57

    Dis die feit dat mens nie meer kinders mag tug nie dat alles so vergaan. Liberalisme is ‘n siekte onder die mensdom, alles natuurlik ingevoer uit Amerika en Europa!!! En kyk hoe gaan dit daar? I rest my case.

  • 3. Zoekoe  |  Maart 25, 2008 om 7 : 58

    O JA Hallo Julle lekker laaaaaang naweek gehou?

  • 4. Pikkelik  |  Maart 25, 2008 om 8 : 36

    Adrie, nou hoop ek die blogpolisie lees nie hier nie… Ek is seker een van daai nie-verligte ma’s. Daar is niks wat my kinders so goed doen soos ‘n pakslae op sy tyd nie. Ek loop nie heeldag en tik-tik aan hulle nie, ek loop nie heeldag en skree en waarsku en dreig nie. Ek praat eenvoudig twee keer en dan is dit een.. twee.. en voor ek by drie kom vryf Ouboet al sy boude! Wreed, ek glo nie, hy is goed gebalanseerd, goed gemanierd en vriendelik. Hy weet is is geliefd en veilig. Hy weet wat die perke is en weet ook as hy uit die afgekampte kring van ons reëls beweeg gaan hy die gevolge dra. Ek sê nie ek is reg en die ander is verkeerd nie, maar ek as Ma het ‘n Godgegewe taak om my kinders volgens God se wil groot te maak. In Zoekoe se woorde: I rest my case.

  • 5. Salomè  |  Maart 25, 2008 om 9 : 22

    More Almal!!
    Ek hoop julle het almal uitgerus hierdie naweek. en dat julle sommer weer lus is vir die kort week.

    Oor die onderwerp;

    Pikkelik
    Ek en Liefie stem saam dat ‘n pak op sy tyd nie skade doen nie. Die bybel sê; “tugtig diegene wat jy lief het” anders sal ons almal soos Eli van ons stoele af val.

    Ons glo ook dat ouers meer tyd saam met hul kinders moet deur bring en hulle nie net sommer iewers “dump” nie. Kyk waarna hulle kyk op die TV. Daar is baie maniere om al die lelike en vulgere goed te blok op die skerms (TV, foon of rekenaar). My oudste dink ander kinders is “stupid” om na al die perverse goed te kyk. Maar dis omdat ons hulle liewer die mooi probeer wys. Kinders word vandag te veel self en alleen groot en ek dink dis waar al die euwel uitkruip. Niemand stel vir hulle perke nie.
    As julle oor die naweek die program oor die jong olifantjies gekyk het wat alles verwoes het tot daar 3 ouer olifante by hulle gesit is. Die wilde jongklomp het sommer dadelik bedaar en hul begin gedra. Ek dink dit werk net so met ons. Geen kind kan sonder ouer leiding groot word nie.

    Slotsom; vandag se ouers moet meer betrokke raak by hul kinders.

  • 6. Samantha Q  |  Maart 25, 2008 om 9 : 27

    Mirrag!!!

    Oorie Blog vraag – Daar was Benjamin, Nina, Elias, Barta (Bartha of so iets)en die fok weet wat die ander kjind se naam is. Eish!

    Oorie topic – Almal weet teen die tyd hoe ek voel. A3 dink ek bliksem my kjinders in ‘n koma en ek sê buig die boompie terwyl hy nog jonk is BINNE PERKE NATUURLIK!

  • 7. bruinogies  |  Maart 25, 2008 om 9 : 27

    more almal

    hoop julle het ‘n lekke naweek gehad!
    ek is baie siek vandag!!!

    te veel kinders is vandag te groot vir hul skoene!!
    meeste ouers los hul kinders dat hul maak wat hul wil en dan gebeur da lelike goed!

  • 8. bruinogies  |  Maart 25, 2008 om 9 : 32

    blogvraag

    nina, elias, banjamin jnr, benjamin snr en bartha

  • 9. Salomè  |  Maart 25, 2008 om 9 : 34

    bruinogies
    Ek hoop dis net “werksiek” want dan sal dit darem net vir 4 dae hou. Vasbyt! Die week is kort.

  • 10. Samantha Q  |  Maart 25, 2008 om 9 : 39

    @ BO

    Bly om te sien jy kan google! Benjamin was EEN mens parra! JNR toe hy seuntjie was en SNR toe hy as skipper vir ou skeeloog gewerk het! TSK!

  • 11. Salomè  |  Maart 25, 2008 om 9 : 45

    Samantha
    Ho nou! Onthou die bloeddruk.
    Ek moet erken, ek ken die Fiela se kind storie ok net so bolangs. Van name moet julle my niks vra nie. Dis tog net vir my so vreeslik dat daar sulke versukkelde mense kon wees. Hulle maak my sommer kwaad.

  • 12. bruinogies  |  Maart 25, 2008 om 9 : 46

    sam q
    heheehe ek lekke deurikak sê mos ek is siek vandag! nat gras en kaal boudtjies werki vi my nie!

  • 13. Samantha Q  |  Maart 25, 2008 om 9 : 56

    @ Saloom

    Djong! Moetie met my sukkel vandagi! Eks juisi lus vir werki!

    @ BO

    He he! Ek het self gaan google toe ek nie mee so lekka kon onthou nie. As daar nou een mens is wat weet (onder normale omstandighede) dan is dit EK! Maar ai ai ai, die ouderdom is ‘n blêrrie lelike ding jong!

  • 14. Salomè  |  Maart 25, 2008 om 10 : 03

    Samantha
    Ag ek neem jou nie kwalik nie. Dit was dan so lekker naweek, nou wil hulle hê mens moet werk.
    Ek is darem vandag by die huis. Werk eers weer more. My sus-hulle van Estcourt kuier hier. Haar man is vandag in Jhb vir ‘n TATA kursus.

  • 15. Samantha Q  |  Maart 25, 2008 om 10 : 12

    @ Saloom

    MOES jy nou nou brêg oor jou tuisblyery? Sies! Jy maaki mooi met die ousie nie. Ek tjank somme 😥

  • 16. *lilly*  |  Maart 25, 2008 om 10 : 17

    Baba sterf ná gewag vir arts
    Mar 24 2008 08:11:21:660PM – (SA)
    Arisja Jacobs
    Evander. – ’n Baba is gisteroggend in die Evander-hospitaal dood nadat ure lank vergeefs op ’n dokter gewag is.
    Mpumalanga se departement van gesondheid stel ondersoek in nadat Zinhle Mtsweni (15 maande) van die nabygeleë woonbuurt eMbalenhle gisteroggend omstreeks 02:20 dood is.
    “Dié dokter sal moet verduidelik,” het mnr. Mpho Gabashane, woordvoerder van die departement, gister gesê.
    Volgens ’n paramedikus wat anoniem wil bly, was die baba erg ontwater en het sy baie swaar asem gehaal.
    Hy het vir Zinhle omstreeks 22:00 gesien toe hy ’n ander pasiënt, mev. Fransie Viviers, by die hospitaal besorg het.
    “Die kind was baie siek en die twee susters aan diens in die ongevalle-afdeling het hande in die hare vir my gevra om te help omdat daar geen dokter is nie.
    “Ek het alles in my vermoë gedoen om die baba te help voordat ek weer ’n ander pasiënt moes vervoer.
    “Ons het haar suurstof gegee, binne-aarse kortisoonbehandeling toegedien en haar lugweg probeer oopmaak.
    “Ek het gesê die kind moet dringend na ’n neo-natale waakeenheid, soos die een in Witbank, oorgeplaas word, want sy kan doodgaan.
    “Met die nodige voedingsbuis in die keel en ’n ventilator sou die baba moontlik kon oorleef het,” meen die paramedikus.
    Volgens Viviers se man, mnr. Riaan Viviers, het sy vrou van hartpyne gekla.
    “Die verpleegsters aan diens het verduidelik daar is geen dokter nie en het slegs vir Fransie ’n Disprin gegee.”
    Volgens mnr. Viviers het hy ’n baba wat “baie siek gelyk het”, gesien.
    “Die kind het in ’n stadium erg gehuil.”
    Die Viviers-egpaar het laatnag die hospitaal verlaat toe die dokter steeds nie opgedaag het nie.
    Volgens een van die verpleegpersoneel wat gevra het om anoniem te bly omdat sy nie met die media mag praat nie, het die dokter eers gisteroggend laat by die hospitaal opgedaag en die kind dood verklaar.
    Die dokter, dr. N.J. Ndamse, het gister telefonies gesê sy was nie op roep by die hospitaal nie, maar op bystand.
    Volgens haar beteken “op roep” dat sy die heeltyd by die hospitaal moes wees.
    Toe sy gevra is of die hospitaal haar dan nie deur die nag uitgeroep het om die kind te gaan help nie, het sy gesê: “Ek bespreek dit nie in die media nie” en die telefoon doodgedruk.
    Verskeie pogings gister om die waarnemende hoofbeampte van die hospitaal, mev. Pam Naidoo, op te spoor, het misluk.
    Gabashane sê die probleem dat daar geen dokters by provinsiale hospitale in Mpumalanga beskikbaar was nie, is iets van die verlede en volgens sy departement behoort elke hospitaal altyd toegang tot ’n dokter te hê.
    “Ons gaan dié saak by Evander-hospitaal dadelik ondersoek.
    “Die dokter sal moet verduidelik. Ek wil ook weet of die verpleegpersoneel aan diens die matrone en die hoofbeampte in die hande probeer kry het, want buiten die dokter kan h?lle ook toestem om ’n pasiënt oor te plaas.”
    Mnr. Chris Mahlangu, voorsitter van die Evander-hospitaalraad, het Zinhle se dood betreur.
    “Dis ’n feit dat ons te min dokters het en dat dié wat hier is, oorwerk is. Die raad probeer die probleme aanpak en werk nou saam met die gesondheidsdepartement om oplossings te soek.”

  • 17. Samantha Q  |  Maart 25, 2008 om 10 : 36

    @ Lily

    Weet jy…… Dit is sulke dinge wat my sommer skuins befok maak!!!!! Ek is self ‘n ma en ek sal in die eerste plek nie gewag het TOT die donnerse kjind so erg agteruit gaan nie. Ek het ‘n paar weke terug my sussie se kjind self gevat en dokter toe gejaag. Die kjind was toe verwys na Mamelodi Hospitaal. Ek het so tekere gegaan dat sy eventually in PTA Akademies opgeëindig het. Dit is ‘n net soveel die ma se skuld as wat dit die dokter sn is! Mense gaan my seker nou stenig maar ek voel baie sterk daaroor aangesien ek al eerstehands gesien het watse kakslegte mammas daar buite is.

  • 18. Salomè  |  Maart 25, 2008 om 10 : 44

    Samantha
    Sorry oor die huisblyery – salli wee ni!! Sal vi jou koek bak?

    Maar ek stem ten volle met Sam saam. ‘n Ordentlike ma laat nie haar kind so erg agteruit gaan nie. Jy sit ok nie en wag vir genade nie. Jy MAAK dit gebeur.

  • 19. Samantha Q  |  Maart 25, 2008 om 11 : 07

    @ Saloom

    Jys vigewe! Hoe klink ‘n tjoklit koek? Yummie, water my se mondjie nou!!!

  • 20. Zoekoe  |  Maart 25, 2008 om 11 : 15

    Hallo Sam Q, 😀 Hallo Salomè ! ! 😀 Ek banja besig byrrie werk vandag ek loer net so biekie in !

  • 21. Samantha Q  |  Maart 25, 2008 om 11 : 20

    ZOEKELS!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH! MWAH!

  • 22. Salomè  |  Maart 25, 2008 om 11 : 24

    Sam
    Is reg. Dis amper naweek en ek is nie so vêr nie.

  • 23. Zoekoe  |  Maart 25, 2008 om 11 : 32

    Sam Q *vee spoeg af* dankie !! ek bly om jou ook te sien(of isit lees?) ! ! 😛

  • 24. Samantha Q  |  Maart 25, 2008 om 11 : 33

    @ Saloom

    Jy salit ‘n ander weekend moet maak jong. Die naweek gaan ons Krugerwildtuin toe. *fluister* Ons gaan kyk of die plek nog staan NADAT A3 gister daar was. he he!

  • 25. Samantha Q  |  Maart 25, 2008 om 11 : 38

    @ Zoekels

    Nou van wanne af vee jy my se soene af? TSK!! Jyt dit nog altyd gelaaik as die ousie jou so vol oppi bek soen! 😉

  • 26. Salomè  |  Maart 25, 2008 om 11 : 45

    Sam
    As Adrie daar was sal julle definitief moet gaan opcheck. Die plek sal nooooit weer dieselfde wees nie. Maar dan gaan die naweek mos werk. Sal die koek vir jou hier by die afrit los . . . Jy kan dit oplaai so met die verby ry.

    Ons gaan Donderdag Pta toe. Wie gaan my stick vir koffie?

  • 27. *lilly*  |  Maart 25, 2008 om 11 : 45

    Dag almal

    Ja man ekskuus ek loer net hier en daar in. Dis blou maandag vandag ek se jul.

    Tot later

  • 28. Zoekoe  |  Maart 25, 2008 om 11 : 52

    Sam Q, nee ek laaikit, 😳 maar vandag is jy ekstra spoegerig !!! 😀

  • 29. Mary-Nash  |  Maart 25, 2008 om 12 : 14

    middag almal

  • 30. *lilly*  |  Maart 25, 2008 om 12 : 16

    Sam

    Dankie vir die opmerking en ek stem een honderd persent saam met jou. Die slegste ding van als is dat mense nie verantwoordelikheid vir hul dade kan vat nie. Blameer dit liewers op iemand anders. Maar die vraag is as die ma vroegtydig plan gemaak het sou die dokter dan daar gewees het?

  • 31. Salomè  |  Maart 25, 2008 om 12 : 18

    Middag Mary-Nash
    Het jy nog nie voorheen hier gewaar nie, maar ek was self lanklaas hier.

  • 32. Samantha Q  |  Maart 25, 2008 om 12 : 22

    @ Saloom

    Ek gaan by ouboet (LT) omry. Ek sukkel om hom in die hande te kry om te hoor of hy daa ga wees die naweek. Ek beplan om 3 uur die oggend te ry, by ouboet te stop vir ‘n ou boere trosie, dan by Punda Maria se hek in te ry. Ek sal ook nie lank by ouboet kan stop nie omdat dit ‘n ent se ry is tot by Letaba waar ons gaan oorslaap. In die wildtuin kan jy mos net 50km/h ry, TSK!!

    “n beterder plan is…… jy pos die koek vir ouboet dan kan ons mos ‘n lekker stukkie saam met die boeretroos geniet 😉

  • 33. Rooi Koos  |  Maart 25, 2008 om 12 : 26

    Oor die regte van kinders.
    Kyk mense kan maar van die Bybel se wat hulle wil maar daar is baie voorspellings wat die een na die ander waar word. Kyk maar na die een Dit is presies wat besig is om te gebeur op die oomblik in die wereld.

    1
    Dít moet jy weet: in die laaste dae sal daar swaar tye kom.

    2
    Die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig en verwaand, beledigend teenoor hulle medemense en ONGEHOORSAAM AAN HULLE OUERS, ondankbaar en ongodsdienstig;

    3
    hulle sal liefdeloos en onversoenlik wees, kwaadpraters, bandeloos en wreed, sonder liefde vir die goeie;

    4
    hulle sal verraaiers wees, roekeloos en hooghartig. Hulle sal eerder liefde vir genot hê as liefde vir God.

  • 34. Samantha Q  |  Maart 25, 2008 om 12 : 30

    @ Lily

    Jong……. Kjinders het ‘n baie spesiale plekkie in my se hartjie. Ek wens ek kan party grootmense wakker klap as dit kom by die opvoeding van kjinders. My koring is nog groen (kjinders klein) en ek sidder om te dink dat my kjinders ook sulke ouers kon gehad het.

  • 35. Salomè  |  Maart 25, 2008 om 12 : 47

    Rooi Koos
    Alles goed en wel vir die voorspellings, maar hulle moes die moets en moenies in die Bybel eerste gelees het, dan sal al die goete ok nie waar geword het nie.

  • 36. Bos  |  Maart 25, 2008 om 2 : 11

    Adri

    Jy het my met die blog vraag!! Hoe wens ek nie ek het nou die boek by my gehad nie!! Ek weet die een kind se naam was David en dis ook al.

    Vir al julle ander:

    Nina was sy witkind sussie, die een op wie hy verlief geraak het. Elias was die f-up pa wat net heeldag met sy vuilgat rondgesit het. Bertha was sy vuil vrou en benjamin is die outjie oor wie die hele boek draai.

  • 37. Samantha Q  |  Maart 25, 2008 om 2 : 21

    @ Bos

    Hoe KON ek van David vigeet het!!!!! 😳

  • 38. Bos  |  Maart 25, 2008 om 3 : 01

    Sam

    Alhoewel ek die naweek trek en die huis tien teen een vrek deurmekaar gaan wees. moet jy my bel
    voor jy uit Nst uit ry, of wag, ek sal jou sondag oggend elf uur bel en hoor wa jy is!! Die keer gaan ek jou nie mis nie!!! Jy moet sommer kom kyk na nuwe nessie!! (WIL BRAG, WANT IS BAIE BETER AS OU PLEK!!)

  • 39. Bos  |  Maart 25, 2008 om 3 : 03

    Adri

    Wa was jy? Ek wag nou nog met daai boks goete in my garage … Aangesien Sam nou die kant toe kom wil jy he sy moet dit kom haal? As sy sal …

    Gooi my met n posduif en laat my weet asseblief!!

  • 40. Samantha Q  |  Maart 25, 2008 om 3 : 14

    @ Bos

    Maar my jitte!!! Ek dog jy ga my nooooooooooit vra om te KOM nie!! WHUHAHAHAHAHA!!!!

  • 41. *lilly*  |  Maart 25, 2008 om 3 : 29

    die pa was solomon komotie

    dan kan ek onthou van david komotie en benjamin komotie

  • 42. Mary-Nash  |  Maart 25, 2008 om 3 : 32

    salomè

    dag ja ek loer net so af en toe in en se dan net dag

  • 43. Bos  |  Maart 25, 2008 om 3 : 56

    Sam

    Jy moet vir jou stuitig hou …o, ja, daai klomp agter my het getrek ….. jy moes die toestand van daai huis gesien het! Dit het die eienaars amper dertig duisend gekos om als weer regtemaak wat hulle opgedons het!

    As ek nie moes uitpak sondag nie, dan sou ek jou kom join het in die wille kruger tuin, ma nou ja, jy word dan nou maar amptelik genooi vir skaapboud en bak aartappels, boointjies, soetpampoen en rys met leka dik bruin sous…. laat weet ma ….

  • 44. Bos  |  Maart 25, 2008 om 3 : 58

    o, gits wa my maniere!!

    Lo Lilly
    Lo Mary-Nash

    Hoe gaan dit?!

    Ek onthou die een boetie is sallie of sielie of iets, hy het n liefde vir die bottel ontwikkel, ma die ander is n misterie …

  • 45. Samantha Q  |  Maart 25, 2008 om 4 : 08

    @ Bos

    WHHOOO HHOOOOO!!!!!!!!!!! Eks da!!!

  • 46. Bos  |  Maart 25, 2008 om 4 : 27

    Adrie

    O.k

    Is nie seker of dit reg is nie, maar na n harde stryd met google is dit wat ek kon uitkrap:

    Tollie
    Dawid
    Kittie
    Emma
    Benjamin
    Pollie

  • 47. Bos  |  Maart 25, 2008 om 4 : 28

    Sam

    Mooi!! Ons kyk uit vi jou!!

  • 48. Nico  |  Maart 25, 2008 om 4 : 42

    Kinderregte… eish.

    Kinders het nog altyd regte gehad, maar dit is net nooit wet gewees nie. Die boggerop met Apartheid was dat daar altyd rassesegregasie was (en altyd sal wees), maar Apartheid het dit wet gemaak en gevolglik ‘n groot balls-up.

    Een van die mees basiese reflekse van meeste dierlike spesies is om hulle kleintjies te beskerm. So ook is die mens in meeste gevalle (Ek sien in vanoggend se koerant dat die vermeende moordenaar van Sheldean Human se saak vandag begin.)

    Kinderregte is goed.

    Maar die prys van ‘n reg is ‘n verantwoordelikheid. Wat ons konstitusie vir mense, nie net kinders nie, wil gee is regte, sonder verantwoordelikhede; of regte ten koste van ‘n ander se regte.

    Ek dink eintlik jy stel die saak baie goed, want met al die regte wat ‘n kind leer hy het, wat as’t ware op hom geforseer word, ONTDEK hy nooit homself binne die morele grense van die gemeenskap waarin hy leef nie. Of soos jy sê, hy is nooit ‘n kind nie…

    Nice onderwerp. Ek hou dop vir nog sulkes 😀

  • 49. Bos  |  Maart 26, 2008 om 7 : 20

    More almal!!!!

    Lekker aand gehad?

  • 50. Zoekoe  |  Maart 26, 2008 om 7 : 51

    Goeie môre mense ! ! Hi Bos 😀

  • 51. bruinogies  |  Maart 26, 2008 om 7 : 59

    more almal

    verkoop iemand dalk energie???

  • 52. Zoekoe  |  Maart 26, 2008 om 8 : 04

    Hi bruinogies, nee ek werk vir eskom… het nie krag om te spaar nie 😆

  • 53. bruinogies  |  Maart 26, 2008 om 8 : 17

    @zoekoe

    lol, dankie vi daai 1 oor hoor!
    ek voeli lekke nie!

  • 54. Adrie  |  Maart 26, 2008 om 8 : 18

    Hallo Almal

    Wat ek eindlik met die blog wou se is:

    Al het kinders vandag meer regte as ooit van te vore, is hulle ook ongelukkiger as van te vore. Ek sien ‘n verband. Dalk as geskrewe regte verminder word, commonsense weer die norm raak, sal kinders weer kinders kan wees.

    Bos,

    Pollie was ‘n volstruiswyfie wat vir skopper aangeskaf was.

    Pikkie

    Daardie wet wat jy vrees is nog nie amptelik

  • 55. Zoekoe  |  Maart 26, 2008 om 8 : 19

    Nou wats fout B O? is jy siek? is jy babelaas?

  • 56. bruinogies  |  Maart 26, 2008 om 8 : 20

    @zoekoe

    siek en babelaas!!!

  • 57. Zoekoe  |  Maart 26, 2008 om 8 : 21

    Hi Adrie !!!!! 😀 welkom terug by jou eie plek !

  • 58. Adrie  |  Maart 26, 2008 om 8 : 24

    Hey Zoeks en BO

    Bly ek was darem gemis. Daar is ‘n nuwe blog hoor.

  • 59. Zoekoe  |  Maart 26, 2008 om 8 : 24

    Eish ! ! ! Shame girl, hiers vir jou so lekke groot engelse brêkfis, met bacon en eiers en varkworsies…. dit werk baie goed vir babelaas, en dan die bruistablet vir energie ! 😀

  • 60. bruinogies  |  Maart 26, 2008 om 8 : 25

    @zoekels

    sal net die bruistablet vat dankie!

  • 61. Adrie  |  Maart 26, 2008 om 8 : 32

    Dankie Zoekoe

    Ek is juis so honger soos ‘n bul

  • 62. Morne Nel  |  April 26, 2013 om 9 : 17

    Ek is n geskeide man van 37.Het 2 seuns,10 en ander word Okt 2013 5 jaar.My probleem is dat my eks weier dat die kleintjie saam op vakansie mag gaan.Die grote mag saam op vakansie gaan,maar omdat die kleintjie nog minderjarig is,mag hy glad nie saam,of oorslaap by my huis.As iemand my net kan help met dit saam met nodige feite om dit te staaf,sal ek dit baie waardeer.

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za