Om te luister

Maart 23, 2008 at 6 : 20 11 Kommentaar

‘n Mens het 2 ore en een mond, daarom moet jy twee keer soveel luister as wat jy praat.  Hoeveel mense luister regtig?

In die opsig is ek regtig skynheilig, ek raak die vieste in as iemand nie luister as ek met hulle praat nie.  Dieselfde vrae word herhaaldelik gevra wat ‘n mens al 10 000 keer geantwoord het.  Of dinge wat jy al baie genoem het, moet jy keer op keer herhaal.  Duidelik is daar ‘n rede hoekom ek nie ‘n onderwyser is nie.

Self skakel my ore ook vinnig af.  Dit gebeur veral as my aandag elders gevestig is.  Ek gesels saam, maar neem nie een word in wat gepraat word nie. 

Wat frusteer jou van ander mense?  Het ‘n mens 10 vingers en net twee oë om 5 keer meer te blog as om te lees?

Blogvraag:   Wat word die 3 gehoorbeentjies in die oor genoem?

Blogantwoord van laas:  Hulle neuse word teen mekaar gevryf.  Omtrent almal was reg.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Kulture Kinderregte

11 Kommentaar Add your own

  • 1. Carolina  |  Maart 23, 2008 om 7 : 03

    Adrie,
    Jy skryf op Dellie se blok: “Baie geluk. Jy is seker al reeds ouma, al is die asempie nog nie buite die mamma nie.”

    Dankie. Ek luister graag na jou!! Jy het my dag gemaak! Ek is nie meer ‘n amper-ouma maar ‘n regte-ouma!!!!
    Geniet die res van die paas naweek!!

  • 2. Jannas  |  Maart 23, 2008 om 8 : 46

    Ek luister graag na ander op voorwaarde dat wat hulle sê my interesseer, as nie, luister ek sleg. Ek sukkel ook om te hoor waar daar agtergrond geraas is of waar ander buite die gesprek naby my gesels. Ek verloor ook belangstelling as mense se oë nie saam met hulle monde gesels nie – glo so ‘n persoon is nie te vertrou met wat hy/sy kwytraak nie.

    In ligter luim oor die onderwerp. Vroue, voor hulle getroud is soek altyd na ‘n man wat ‘n goeie luisteraar is, maar as hulle eers getroud is en hy luister net is hy skielik bot. ☺☺☺♥♥♥☻☻☻

  • 3. Zee  |  Maart 23, 2008 om 9 : 27

    Adrie, ek dink nogal dis regtig een van my sterkpunte…. om na ander te kan luister al kan ek nie altyd die regte antwoord gee nie.

    Daardie beentjies word genoem…. geen clue nie😆

  • 4. Adrie  |  Maart 23, 2008 om 10 : 25

    HALLLLOOOOOO

    @ Jan

    Welkom, bly om te sien jy rooflees gereeld.

    @ Carolina

    Een van my vriende se ma het my eendag vertel dat sy net soveel kleinkinders in die hemel as op aarde het. Sy het verwys na al die miskrame van die familie. Dit het my nuwe perspektief gegee.

    @ Zee

    Ek kan goed luister wanneer ek die dag wil. My probleem is as mense nie my volle aandag het nie.

  • 5. Samantha q  |  Maart 24, 2008 om 12 : 24

    Ek kan goed luister. Selfs as die oumense dieselfde ding oor en oor herhaal. Ek moet ook byvoeg dat ek ook instaat is om myself heeltemaal af te sny van die wereld. Die antwoord is (ken dit net in rooi taal) hammer, anvil & stirrup. En die vorige antwoord het EK natuurlik 1ste reggekry:mrgreen:

  • 6. Jannas  |  Maart 24, 2008 om 9 : 00

    Hi Adrie

    Dankie. Ek gesels mos sommer net as ek iets kan bydra. Kry die laaste tyd nie baie geleentheid vir gesels nie en rooflees net soms (vroegoggend en laataand)

  • 7. Samantha q  |  Maart 24, 2008 om 9 : 32

    More almal. Ek gaan vandag harties toe ry om te kyk hoe vol die dam is. Chat later

  • 8. Pikkelik  |  Maart 24, 2008 om 10 : 00

    Ek is nie regtig ‘n goeie luisteraar nie, ek is te haastig van geaardheid. Ek wil alewig ander se sinne vir hulle klaarmaak. ‘n Baie swak karaktertrek. O Ja, die beentjies, ek dink dit is ‘n stiebeuel, aambeeld en hamer…

  • 9. Multi  |  Maart 24, 2008 om 3 : 07

    Hallo hallo,
    Ek is al vertel dat ek ‘n baie goeie luisteraar is. Ek verkies dat die persoon waarmee ek praat my in die oe kyk – so weet ek hy/sy luiter vir my.

    Ek is geneig om my ore af te sit die oomblik wanneer ‘n gesprek rigting inslaan wat my nie intereseer nie. En as ek nie vir jou kyk terwyl jy praat nie – moet jy weet ek luister nie vir jou nie….

  • 10. Samantha q  |  Maart 24, 2008 om 5 : 57

    Howdey. Ons is trug vanni dam af en die dam lê mooi vol. Dit stink nogsteeds en die sluise is noggi oopi. Ek hou nogsteeds van daai dam en gaan 1 keer ‘n maand soontoe. Ek ga soos ‘n klip slaap vannaand en more is dit trug sirkus toe. Ek sal later wee ‘n draai maak.

  • 11. Adrie  |  Maart 24, 2008 om 8 : 08

    Hallo

    Ek het tog renosters gesien. En my regterarm verbrand.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: