Maak jouself vandag minister

Maart 26, 2008 at 8 : 13 343 Kommentaar

Dit het weer tyd geword dat ons ‘n bietjie speel. 

Ons almal weet dat ons kabinet niks werd is nie en almal kan ‘n beter job doen.  Die probleem is net om ‘n portefuelje te kies.  Vertel ons vandag van wat jy graag minister sal wil word.

Ek is ‘n bietjie verskeurd vandag.  Ek wil graag President, Minister van Opvoedkunde, Kinderwelsyn en Blog word.  Nou moet ek seker net een kies.  Niemand sal verbaas wees dat ek Minister van Kindersake wil word nie (bewaar die president as hy / sy nie saam met my stem nie, ek sal hom/haar moet onttroon). 

As Minister van Kindersake, sal ek opvoedkunde ook oorneem en dit weer waardevol maak.  Kinders sal die elementere dinge kan doen, soos lees, skryf, spel en tafels.  Hulle sal skoolpligtend wees tot in matriek en sal op meriete moet slaag.  Ek sal nie lyfstraf na skole terug bring nie, maar ek sal keuring vir onderwysers verpligtend maak.  Ek sal verskeie boys and girlstowns oprig waarheen onbeheerbare kinders gestuur sal word.  Ek sal onderwys gratis maak en onderwysers se salarisse verhoog.  (Daar is duidelik ‘n rede hoekom ek nie Minister van Finansies wil wees nie).

Volgende op my lys, al is dit selfs belangriker, is kinderbeskerming.  Ek sal K@K en kerm tot daar weer ‘n kinderbeskermings eenheid by elke tak van die polisie is.  Ek sal na ‘n manier soek (en kry) waarop kinders die trauma van getuienis gespaar kan word, maar nie dat ‘n onskuldige mens daaronder moet ly nie.  So ver moontlik sal ek die probleemouers in pleegsorg (lees tronk) laat plaas, nie die onskuldige kind nie.  Mense wat kinders te na kom, se gesig sal op elke koerant van die land geplaas word.

Hier is die verrassing vir die dag.  Ek sal die wet tov van lyfstraf verander – nie omdat ek daarin glo nie, maar omdat min ouers hulle kinders daarsonder kan opvoed.  Daar sal wel MOEILIKHEID wees as ‘n kind aangerand word.  Wat dalk van verpligte ouerskap klasse vir mense wat verwag?

Julle beurt!  Voel welkom om kritiek te lewer op my planne.

Blogvraag van die dag:  Wie was die laaste Eerste Minister van Suid-Afrika? 

Gister se vraag:  Fiela se kinders was Kittie, Dawid, Tollie, Emma en Benjamin.  Bos was op die ou einde reg.

PS:  Wie is in vir ‘n blogjol op 5 April?

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Kinderregte Christen wanbegrip

343 Kommentaar Add your own

  • 1. Zoekoe  |  Maart 26, 2008 om 3 : 21

    Hiershy Lilly nog ‘n tripplr Cappies & sprite ZERO…

    Adrie, ek sal weet !

  • 2. Bos  |  Maart 26, 2008 om 3 : 22

    Adrie

    Nee, ek sal die keer nie weer n poliesman moon nie, ek belowe!!

    BO

    Ag oraait, ma as ons uit daai huis uit is waai die klere, ek wil nie gesien word as een van daai can can girls by die loslyf take away huis nie, ek het styl ……

  • 3. Bos  |  Maart 26, 2008 om 3 : 23

    BO

    Wanneer het ek gese jy mag nie kry nie? Jy weet jy mag net ciders drink!! Die savannha light en geite is vir jou, ek en Adrie en Zoeks sal die swaar drank hanteer!!

  • 4. bruinogies  |  Maart 26, 2008 om 3 : 23

    bos

    nou hoe wil j lyk???? kort mimi en boob tubes en leather bootse??

  • 5. bruinogies  |  Maart 26, 2008 om 3 : 24

    bos

    adrie is dan jonger as ek!!!!! jyt kla te veel gehad, dink j moet ma bly!

  • 6. Adrie  |  Maart 26, 2008 om 3 : 25

    Zoekoe

    SJARRAP EN GOOI DIE TEQUILA!!!!1

  • 7. Bos  |  Maart 26, 2008 om 3 : 25

    BO

    Presies en ons ry met n mustang. so leka wille sexy kar!! Of ons kan almal ons dugeree mini’s aantrek met ons cowboy hoedjies en bootse, sjoe, ons sal ongelukke veroorsaak …….. regte show stoppers!!

  • 8. *lilly*  |  Maart 26, 2008 om 3 : 26

    dankie zoekoe

    en moet ashb nie dat ek weer op jou wag nie

  • 9. Adrie  |  Maart 26, 2008 om 3 : 26

    BO

    Maar onthou, Bos het my so te se groot gemaak. OBS was my moedersmelk.

  • 10. Bos  |  Maart 26, 2008 om 3 : 27

    BO

    Ek se weer, my geld koop die drank en betaal vir die outing en ma het erger gelieg op jou sertifikaat as op adrie sin, sy is eintlik ouer as jy …

  • 11. bruinogies  |  Maart 26, 2008 om 3 : 28

    bos
    gaan zoeks saam ons???

  • 12. *lilly*  |  Maart 26, 2008 om 3 : 28

    Zoekoe

    wil jy nou vir my op ‘n mooi manier se ek moet gewig verloor

  • 13. Bos  |  Maart 26, 2008 om 3 : 29

    Sja rap nou eerder, ek soek my drank en waar is my vurk, ek moet die hare van my leka tease vanaand!!

    Julle moet sommer gou vir my kywie hou, ek het gesien waar ma haar gwys wegsteek en ek wil sommer gou haar blou eyeshadow ook gebruik!!

  • 14. Zoekoe  |  Maart 26, 2008 om 3 : 30

    Aag OK maar julle jonges het dit nie by my gekry nie capish ? hiers julle tequilas !!! enjoy !

  • 15. Bos  |  Maart 26, 2008 om 3 : 31

    Adrie

    Yip, en da is absoluut niks met jou verkeerd nie!!

    BO

    Hy sal moet, hy moet bestuur!! Ons gaan te dronk wees om te ry!!

  • 16. bruinogies  |  Maart 26, 2008 om 3 : 32

    bos

    hoop j kan mooi make up as j sê j wil blou eyeshawdow gbruik!! dit is nogal ‘n trick omit aan te sit!! sit erder ‘n pers aan! dit het ek geleer in my model klasse! ek belowe

  • 17. Adrie  |  Maart 26, 2008 om 3 : 32

    Zoekoe

    Vat ook maar jou tyd. En jy weet die bottel is te min. Ons kort ‘n kas. Elk.

  • 18. bruinogies  |  Maart 26, 2008 om 3 : 33

    zoeks

    gaan j ons kan handle in ons mini rokkies en cowboy hoedtjies en bootse?

  • 19. Adrie  |  Maart 26, 2008 om 3 : 34

    Ons sal vir Zoeks moet oogklappe op sit, netnou verongeluk hy ons.

  • 20. bruinogies  |  Maart 26, 2008 om 3 : 35

    adrie

    dan is die risiko eers hoër as hy oogklappe dra!

  • 21. Bos  |  Maart 26, 2008 om 3 : 36

    BO

    Nou vir wat sit jy daar? Kom sit op die goed!! Ek het ook vir ons van daai vyfrand eyelashes gekry by sallys beauty parlour. Sal jy my help om dit op te sit? Asseblief?

  • 22. bruinogies  |  Maart 26, 2008 om 3 : 37

    bos

    ek kom lat ek net gou my dop kla maak!!!

  • 23. bruinogies  |  Maart 26, 2008 om 3 : 42

    kan ons vanaand verby 54 5de staat ry asb???

  • 24. *lilly*  |  Maart 26, 2008 om 3 : 44

    ok oukies

    ek gaan nou tata se

    jul moet jul aandjie geniet en lekker dronk word

    moet asb tog net nie julself verongeluk nie

  • 25. bruinogies  |  Maart 26, 2008 om 3 : 45

    tata lilly

  • 26. Adrie  |  Maart 26, 2008 om 3 : 48

    BO

    Ons is nie baie lief vir Eden nie.

  • 27. bruinogies  |  Maart 26, 2008 om 3 : 52

    boe hoe adrie!

    check julle late!
    tata

  • 28. Bos  |  Maart 26, 2008 om 3 : 57

    Adrie

    Sies, ons kon seker maar so teen 160 daar verby gery het …
    Arme kind!!

  • 29. Adrie  |  Maart 26, 2008 om 4 : 30

    Bos

    Netnou het Eden ons gesien.

  • 30. Zoekoe  |  Maart 26, 2008 om 4 : 34

    Esih !! nous ek klaar gewerk, lekke by die huis met a dop innie hand (‘n regte een)

  • 31. Bos  |  Maart 26, 2008 om 4 : 34

    Wa almal???

    Julle nou huis toe sonder my?? Gee thanks, is nes laas keer, los my wragtig om die dertig kilometer terug plot toe te slinger!!!

  • 32. Bos  |  Maart 26, 2008 om 4 : 35

    Zoekoe

    Sjarrap!! Jy wil nie weet hoe lus is ek vir daai southern comfort nie!!

  • 33. Adrie  |  Maart 26, 2008 om 4 : 36

    Bos

    Ek is altyd nog hier. Daar is nuwe blogs op.

  • 34. Salomè  |  Maart 26, 2008 om 4 : 42

    O ja, kan ek asseblief minister van verversings/versnapperinge wees?

    Bos
    Ek het net die goed wat die leeus drink in my lyf. Kan ek jou maar huis toe vergesel?

  • 35. Zoekoe  |  Maart 26, 2008 om 4 : 42

    Aag OK Bos, hiers vir jou ‘n double S C & namnade ! met eish !

  • 36. Zoekoe  |  Maart 26, 2008 om 4 : 43

    Adrie, ons chat dan so lekke hier…. !

  • 37. Adrie  |  Maart 26, 2008 om 4 : 43

    Salome

    Jy mag Minister wees van net wat jy wil. Onthou asb dat die Minister van Kindersake BAIE cremora tert nodig het.

  • 38. Adrie  |  Maart 26, 2008 om 4 : 44

    Zoekoe

    Die saak is reg.

  • 39. Samantha Q  |  Maart 26, 2008 om 5 : 19

    Testing 1 2 3

  • 40. Adrie  |  Maart 26, 2008 om 5 : 23

    Dit werk.

  • 41. Pikkelik  |  Maart 26, 2008 om 6 : 28

    Hehehehehehe! My ‘My comments’ sê 308 skipped en whala daar is Adrie weer…..

  • 42. Nico  |  Maart 26, 2008 om 9 : 00

    Minister van Wet & Orde, dankie.

  • 43. Adrie  |  Maart 27, 2008 om 1 : 31

    Nico

    Sekerlik

    Ons kort nog ‘n minister van Gesondheid. Any takers?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: