Veiligheid op note

September 6, 2009 at 5 : 04 24 Kommentaar

Ek is onlangs Supaquick toe om my motor se bande te laat roteer.  Daar gekom wys die mannetjie my op elke voorband taamlik aan aan die binnekant van die voorbande is daar bles kolle.  Wha ha ha ha lag ek.  Hoe kan dit wees?  My Fordjie het 23 000 km op die klok.  Baie maklik, Mevrou, sê hy.  Dit gebeur.  Goed sê Homer, vervang met dieselfde as wat op is. 

‘Een probleem, Meneer, die patroon op die loopvlak verskil van wat jy op het. ’  Wat se verskil maak dit wonder ek maar voordat ek kan vra; sê hy dat dit nie juis skade aan die ratkas sal doen nie.  Volgens hom kan ‘n verskillende maak bande groot skade aan die kar verrig.  So gesê, so gedaan.  Op is die bande, dis glo ook op spesiale aanbod die week alleen.  Swiep – swaaip gaan die kaart deur die masjien en twiet twiet skree Homer se foon.  Gapsa het sy geldjies vir Supaquick gegee.  Op die masjien en ingestel is die ‘alignment’ en weg is ons. 

Tien dae later kon ons laat middag terug van Nelspruit van toe raas die kar lelik.  Homer trek van die pad af kyk, die linker voorband is net die randstrole op die rim oor.  Die middelgedeelte van die band haal  ons op die stadium in.  Die band was heeltemal gesnipper.  ‘n sny in die loopvlak elke 2 cm. 

SDC11318

Homer het teruggegaan Supaquick toe, maar helaas, die bande het nie ‘n waarborg op nie.  Die mannetjie het sowaar die vermetelheid om te sê die wiel was pap gery.  Hoe dink hy, as dit pap was, was dit omdat hulle dit nie styf genoeg gepomp het nie.  Of was dit dalk ‘n minderwaardige band dat dit op spesiale aanbod was?  Durf ‘n handelsmerk soos Continental hulle naam op ‘n minderwaardige produk sit?  Ons kon verongeluk het.  Is die minderwaardige bande dalk die rede vir dit hoë ongeluksyfer?

Blogvraag:  Wie het uitgevind dat rubber bande verweer en slytasie beter kan weerstaan terwyl dit beter elastiesiteit bied?

Olga

Blogantwoord:  Wild boys – Duran Duran (Olga),  Highway to hell – AC/DC (Olga), Devil in Disguise – Elvis (Olga)

Bonuspunte:  Olga:  Anytime – Janet Jackson;  Max:  Rebels – Tom Petty; Exotic – Ray J.  Willes:  The fact is – Jill Scot; No explination – Peter Cetera; Secret – Maroon 5; Want – Disturbed; Pig – Dave Matthews / Seether;  Ties that bind – alter bridge;  Shock – fear factory; Wild streak – Hank Williams; Relaxed – 4felix; Tame – Pixies; Wolf in sheep’s clothing – Johnny Winter

Foto:  Willes:  The Cave Priciple – Gamma Ray; Cave in – Owl City; On fire – Switchfoot; Fire – 50 cent; In the fire – Roadrunner United; Who by fire – Leonard Cohen; Sex on fire – Kings of Leon; Feel that fire – Dierks Bently; Inside the fire – Disturbed; Heat – 50 cent; The heat is on – Glenn Frey; Heat – Mariah Carey; The heat – Toni Braxton; Canned heat – Jamiroquai; Disco heat – Calvin Harris; Unusual heat heat – Foreigner; Tiger heat – Ultra Violet Sound; That heat – Sergio Mendes  Olga:  Fire – Jimi Hendrix / Bruce Springsteen; Burn – Usher; Burning up – Jonas Brothers; We will be burning – Sean Paul; Burning bright – Shinedown

Weens tyd beperkings kon die antwoorde en punte nie betyds vir plasing toegeken word nie.  Dit sal binne die volgende 24 uur geplaas word.  Die bestuur vra om verskoning vir die ongerief. – AMS.

Entry filed under: Griewe, Olga. Tags: .

Wilde Hawer Aanneem kinders

24 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  September 6, 2009 om 6 : 04

    Eerste!

  • 2. Wille Kjind Q  |  September 6, 2009 om 6 : 05

    Stephen Perry Bobstein

  • 3. Wille Kjind Q  |  September 6, 2009 om 6 : 07

    Whuhahahahaha!!!!!! Jy gat laaaaaank google aan al daai tjol wat ek mee vorendag gekom het:mrgreen:

    Ek hoor al hoe vloek jy my……….

  • 4. Wheelbarrow Jack  |  September 6, 2009 om 6 : 22

    Mess. Dunlop.

  • 5. Wheelbarrow Jack  |  September 6, 2009 om 6 : 26

    John boyd dunlop om presies te wees.

  • 6. Adrie  |  September 6, 2009 om 8 : 59

    Hallo

  • 7. Adrie  |  September 6, 2009 om 9 : 07

    Olga

    Dit is blerrie scary! Ek sou n kleintjie gekry het – net daar. Ek het altyd gedink Supaquick is die tweede skelmste (na Tiger Wheel and tyre) plek vir bande. Alles is ook altyd vir hulle te veel moeite.

  • 8. Adrie  |  September 6, 2009 om 9 : 25

    Ek eet tog lekker piesangbrood.

  • 9. Wille Kjind Q  |  September 7, 2009 om 5 : 30

    More *hoes* *proes*

  • 10. Wille Kjind Q  |  September 7, 2009 om 5 : 32

    *snuif*

  • 11. Adrie  |  September 7, 2009 om 7 : 26

    More

  • 12. *Mathilda*  |  September 7, 2009 om 8 : 00

    more

  • 13. Beeld  |  September 7, 2009 om 8 : 23

    Philip de Bruin

    Die model en aktrise Christina Storm as ’n lebiese prostituut en die veteraanaktrise Shaleen Surtie-Richards as ’n deurwinterde speurder wat reeksmoorde ondersoek.

    Dít is op die spyskaart van die rolprent- en TV-vervaardiger Franz Marx vir ’n nuwe TV-reeks met die werktitel Flesh.

    Die projek is in sy babaskoene en Marx se vervaardigingsafdeling, Franz Marx Films, trek nog ’n sluier daaroor.

    Maar uit die binnekringe word verneem dat die gidsepisode van Flesh pas klaar verfilm is en dat TV-kanale nou daarmee genader sal word. Sodra die groen lig verkry word, sal met verfilming begin word.

    Die “sielkundige riller” speel in Kaapstad af en skop af met die naakte lyk van ’n jong man wat laatnag uit ’n motor gegooi word en aan die voete van die standbeeld van Jan van Riebeeck beland.

    Nog lyke van jong mans word gekry en die speurder Penelope de Vos (Surtie-Richards) weet dat sy met ’n reeksmoordenaar te doen het wat hom op gay mans toespits.

    Ander bekendes wat in die gidsepisode rolle vertolk, is David Rees (Niek Naudé van Egoli), wat as skatryk wynboer een van die verdagtes is, en sy vrou, Tiffany Kelly (Sonet in Egoli), Ashley Dowds en Jill Middelkop (die seksbehepte Jansie Jansen van Egoli).

    * pdebruir@beeld.com

    – Beeld

  • 14. Beeld  |  September 7, 2009 om 8 : 25

    Susan Cilliers

    As jy jou spens wil volpak en die koskaste van hoek tot kant wil toestapel, is dit nóú die tyd: Beeld se trollie was Vrydag tot 12% goedkoper as in Mei.

    Ons trollie met 17 produkte waarvan ons die inhoud bekend maak, kos die koper nou tussen 2% en 12% minder as vier maande gelede. Dié trollie kos nou ook tussen sowat 2% en 10% minder as in Augustus by die supermarkte waar ons ons opname doen.

    Beeld se trollie met tien produkte waarvan ons nié die inhoud bekend maak nie, ry egter meer wipplank.

    By Checkers sal dié trollie jou nou 14,3% minder uit die sak jaag as in Mei en by Pick n Pay kos dit 8,5% minder, maar by Spar is dit 4,2% duurder.

    By twee van die winkels waar ons ons opname doen, is die somtotaal van die onbekende produkte laer as verlede maand, terwyl dit by die derde hoër is.

    Dis normaal dat ’n produk se prys van winkel tot winkel in dieselfde groep kan verskil, maar die rakprys en prys wat by die betaalpunt registreer, behoort nié te verskil nie.

    Mnr. Shawn Delport van Drie Riviere, Vereeniging, vertel hy het onlangs sowat R3 000 se kruideniersware by ’n plaaslike Pick n Pay gekoop.

    “Van die produkte se pryse het hoër by die kasregister geregistreer as wat dit op die rak aangedui is. Die bestuurder het vir my gesê dis omdat hulle ’n nuwe elektroniese stelsel gekry het, en bygevoeg ek moet maar self elke produk se rak- en kasregisterprys vergelyk.

    “Dit was onmoontlik, daar was te veel items om een-een te kontroleer. Ek weet van ander klante wat ’n soortgelyke probleem as ek by dié winkel gehad het,” het Delport gesê.

    Volgens me. Tamra Veley, Pick n Pay se woordvoerder, word pryse daagliks behoorlik in winkels gekontroleer. “Ons werk egter met geweldige hoeveelhede voorraad, en rakpryse kan binne ’n kwessie van ’n dag wissel. As ’n klant meer gevra word by die betaalpunt as wat die rakprys aandui, sal die eerste produk waarvan die prys verskil gratis aan die klant gegee word. As twee of meer produkte se prys verskil, sal die klant die goedkoper prys betaal.”

    Veley het verskoning gevra vir ongerief wat Delport aangedoen is deurdat aan hom gesê is hy moet self die pryse kontroleer. “Ons sal die saak met die betrokke supermark opneem.”

    )?Spesiale aanbiedinge word in die tabelle hierby met ’n S aangedui. Die prysstygings en dalings in die tabelle is sedert Augustus.

    – Beeld

  • 15. Beeld  |  September 7, 2009 om 8 : 33

    Marietie Louw-Carstens

    Polokwane (Pietersburg). – ’n Grootskaalse vermorsing van geld, onregmatige uitgawes en swak interne beheermaatreëls is slegs die begin van etlike probleme in die departement van gesondheid en maatskaplike ontwikkeling in Limpopo.

    So het me. Miriam Segabutla, LUR, verlede week tydens ’n vergadering in die stad gesê.

    Sy het ’n oorsig oor haar eerste 100?dae in die amp gegee.

    Sy het gesê pasiënte wag te lank by hospitale, die verskaffing van medisyne is nie voldoende nie en sommige gesondeidswerkers – onder wie dokters, aptekers, tandartse en verpleegsters – is nie voldoende opgelei nie.

    ’n Gebrek aan voldoende en waardevolle leierskap en bestuur op alle vlakke in die departement is nog van die hoofbrekens.

    Segabutla het onlangs onder skoot gekom omdat sy ’n tweede amps-motor gekoop het.

    Haar twee ampsmotors kos saam R1,3 miljoen. Dit is R400?000 meer as wat sy vir ’n motor mag gebruik het.

    Segabutla het ’n Audi Q7 4.2 TDI Tiptronic ter waarde van R762 900. Sy het ook ’n Mercedes Benz E350 Auto Elegance ter waarde van R588 021 gekoop.

    City Press het berig die Mercedes-Benz is bestel slegs drie dae nadat Segabutla in die provinsiale wetgewer in Lebowakgomo gesê het die departement se geldsake is beroerd.

    Sy het toe onder meer gesê minder sentrums wat antiretrovirale medisyne (ARV’s) verskaf, sal in die provinsie geopen word weens ’n geldtekort.

    Op verlede week se vergadering het Segabutla gesê sy het verskeie gesondheidsinstellings in die provinsie besoek waar sy met pasiënte sowel as gesondheidswerkers gepraat het om die vlak van dienslewering vas te stel.

    Segabutla het op verlede week se vergadering gesê daar is ou, onvoldoende en ongebruikte geriewe by baie hospitale.

    Die instandhouding van die ge-riewe en infrastruktuur is ook swak.

    Sy het gesê ’n vaardigheidsoudit moet op alle vlakke in die gesondheidsdepartement gedoen word om vas te stel of die “regte personeel op die regte plekke gebruik word om dienslewering te verbeter”.

    Segabutla wil ook oudits laat doen oor stelselprosesse, prosedures wat gevolg moet word en bestaande strukture.

    Dit is nie bekend wanneer met die oudits begin sal word nie.

    Daar is tans geen duidelikheid oor of Segabutla haar twee ampsmotors gaan hou of nie.

    – Beeld

  • 16. Beeld  |  September 7, 2009 om 8 : 34

    Korrospondent

    Londen. – Dokters wat tot die slotsom gekom het die Lockerbie-bomaanvaller het net drie maande om te leef, is deur Libië betaal, het ’n Britse koerant gister berig.

    Abdelbaset Ali al-Megrahi is verlede maand deur die Skotse regering vrygelaat op grond van mediese getuienis dat hy net sowat drie maande het om te leef nadat prostaatkanker by hom ge­diagnoseer is.

    Die Sunday Telegraph het onthul dat drie dokters wie se getuienis gehelp het om Al-Megrahi te bevry deur die Libiese regering betaal is.

    ’n Britse onkoloog, prof. Karol Sikora, was een van dié wat Al-Megrahi ondersoek het. Hy het aan die koerant gesê: “Die syfer van drie maande is (deur Libiese amptenare) voorgestel as nuttig. Ek het aanvanklik gesê dis onmoontlik om dit te doen, maar toe ek daarna kyk, het dit gelyk of dit gedoen kan word.”

    Volgens Sikora het hy en ’n Libiese dokter daarna Al-Megrahi se lewensverwagting regmatig as “sowat drie maande” geraam, terwyl ’n tweede Britse dokter slegs voorspel het dat die bomaanvaller ’n baie kort tyd het om te leef.

    Dit was egter in teenstelling met bevindinge vroeër deur dokters wat Al-Megrahi in Junie en Julie ondersoek het en geraam het hy kan nog tot tien maande leef.

    Mnr. David Miliband, Britse minister van buitelandse sake, het verlede week erken die regering wou nie hê Al-Megrahi moet in die tronk sterf nie, maar mnr. Gordon Brown, premier, hou vol daar was geen sameswering tussen Libië, Skotland en Brittanje om hom vry te laat nie.

    Al-Megrahi is in 2001 tot ’n minimum van 27 jaar tronkstraf gevonnis weens die bomaanval op ’n Pam Am vlug in 1988 waarin 270 mense gesterf het.

    In nog ’n verwikkeling het aan die lig gekom dat Brittanje sy bande met Libië so hoog geag het dat Brown geweier het om druk op kol. Moeammar Ghaddafi, die Libiese leier, te plaas om vergoeding te betaal aan bomslagoffers van die Ierse Republikeinse Leer (IRA).

    Die Ghaddafi-regime het die plofstof voorsien wat deur die Republikeinse bomaanvallers gebruik is en ’n veldtog word gevoer deur sowat 2?500 naasbestaandes van die slagoffers om vergoeding van die Libiese regering.

    Brown het verlede jaar aan mnr. John McCue, een van die groep se prokureurs, geskryf hy dink nie dis “gepas” om dit met Libië te bespreek nie. Hy het aangevoer handelsbande is nie die “kernrede” vir sy weiering om op te tree nie, maar ’n faktor.

    – Beeld

  • 17. Beeld  |  September 7, 2009 om 8 : 40

    Alet Rademeyer

    ‘My pa was nie ’n held nie. Hy was dié held. Hy was nie net nog ’n polisieman nie. Hy was dié polisieman.”

    Met dié woorde het Nikita Nell (15) van die Wes-Kaap gister hulde aan wyle insp. Lukas Nell (35), haar pa, gebring.

    ’n Gedenkdiens is by die Uniegebou in Pretoria vir Nell en tientalle kollegas gehou wat tussen 1 April verlede jaar en 31 Maart vanjaar aan diens omgekom het.

    Ouers, eggenote en kinders het by tye hartverskeurend gehuil waar hulle blomme en kranse ter nagedagtenis aan hul geliefdes neergelê het.

    Komm. Bheki Cele, nasionale polisiekommissaris, mnre. Nathi Mthethwa, minister van polisie, en Fikile Mbalula, sy adjunk, het ook hul eer betoon.

    Mthethwa het gesê wanneer ’n polisielid in die uitvoering van sy pligte sterf, is dit ’n tragedie wat almal raak. Hy het gesê mense wat die hersiening van sekere polisiewette teenstaan, “moes vandag (gister) hier gewees het”.

    Mev. Karen Nell, Nell se weduwee, het droewig gehuil en gesê sy het nie woorde om haar gevoelens te beskryf nie. “Ek dink ’n mens kom om respek, eerbied en liefde te betoon en die ongelooflike gemis maar net weer te ervaar.”

    Mev. Hester Nell, sy ma, het gesê: “Dis vir my ’n baie hartseer dag. Dis die een plek waar jy nie jou kind se naam wil sien nie. My hele huis hang vol foto’s van hom.

    “Ek het nog ’n seun in die polisie. Ek vrees elke dag?.?.?.”

    Nell is in Junie verlede jaar in die bors en regterbeen geskiet en later in die hospitaal dood. Hy het ’n verdagte tydens ’n patrollie agternagesit. Hy laat nog twee kinders, Marnus (6) en Marnu (5), agter.

    Me. Sunett van Tonder, eggenote van wyle insp. Ryno van Tonder (37), is deur familie en vriende ondersteun waar sy die diens met hul drieling, Henrico, Reghardt en Mijanca (2) en hul sussie, Thenika (4), bygewoon het.

    Van Tonder het gesê die dag is vir haar bitter sleg. Sy voer sedert haar man se dood ’n vergeefse stryd om die polisie sover te kry om aan haar die sterfte-uitbetaling van R200?000 toe te staan.

    Van Tonder en ’n kollega, kapt. Hendrik Cronjé, is in Junie verlede jaar in ’n motorongeluk sowat 10?km buite Kroonstad op die N1-hoofweg dood. Hulle was vir ondersoekwerk van Pretoria na Bloemfontein op pad toe die ongeluk gebeur het.

    Die polisie het aangevoer daar is ’n verskil tussen ’n polisieman wat aan diens sterf en een wat besig is met sy werk.

    Van Tonder het gesê die gedenkdiens is wat haar betref maar “net nog ’n onthaal vir die polisie”.

    “Dit beteken vir hulle niks. Ek is vandag hier om te onthou waarvoor my man sy lewe gegee het – die polisie.”

    )?Luidens ’n polisieverklaring is 105 polisielede in die 2008-’09-boekjaar landwyd vermoor, van wie 41 aan en 64 van diens was.

    – Beeld

  • 18. Girl van die Suburbs  |  September 7, 2009 om 9 : 20

    Ek sien hier kom alweer ‘n gefire!!!!! 👿

  • 19. Girl van die Suburbs  |  September 7, 2009 om 9 : 22

    Twee woordjies …. HELLO PETER!!!!!

  • 20. Olga  |  September 7, 2009 om 9 : 40

    jy moenie praat van scary nie. ek dink goedkoop bande moet n waarskuwing dra dat dit scrap is en dus lewensgevaarlik kan wees. hoe de hel kan ford dit in hulle fabrieke op hulle nuwe voertuie sit?

  • 21. Freek  |  September 7, 2009 om 9 : 51

    Dis ni net ford wat die goedkoop continental stont op hulle nuwe modelle sit nie. Meer en meer nuwe modelle spog met die goed. Maar is jy seker hulle het gese verskillende bande kan jou kar se ratkas beskadig? beteken dit jou kar moet net continental gemors opkry? die goedkoop bande is nie goedkoop in geldwaarde nie. In teendeel. Ek sal dink jy moes wat, r600 per band betaal het?

  • 22. *Mathilda*  |  September 7, 2009 om 10 : 42

    Dis deesdae amper makliker om ‘n ander kar te koop as om te laat bande opsit !

    Ek persoonlik hou nie van ‘n Dunlop band nie en was altyd ‘n Continental fan, maar ook hulle is nie meer wat hulle was nie – so nou doen ek maar Firestone met die all road hazard guarantee – dis nou wel biki duurder – maar die pad wat ek elke dag werk toe en terug moet ry maak dit die moeite werd !

    Hi Nell – hoe gaan dit ?

  • 23. *Mathilda*  |  September 7, 2009 om 10 : 44

    Olga

    Is die foto van julle kar se band ?

  • 24. freek  |  September 7, 2009 om 5 : 03

    Firestone se all road hazard guarentee teen 40% duurder as wat dit moet wees, maak dit ni die geld werd nie. maar, as jy dit nie het nie, sal alle onheile jou motorbande tref. soos op die foto gesien.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: