Sterf fliek uit?

September 17, 2008 at 5 : 31 206 Kommentaar

‘n Mens hoor gereeld gerugte dat flieks ongewild raak.  Dit is deesdae net die groot blockbusters wat winste toon.  Plaaslike teaters trek ook swaar.  Meer en meer mense verkies om eerder DVD’s te kyk as om te gaan fliek. 

Ek dink regtig om mee te begin dat die fliekkaartjies te duur is.  ‘n Mens kan tot R45 vir ‘n fliekkaartjie opdok.  Dus sal die pa van ‘n gesin van 4 R180 moet betaal.  Jy word net toegelaat om verversings by die teater te koop.  Hulle konfiskeer enige pakkies wat jy by jou het wat na eetgoed lyk.  Moenie gou iets gaan koop vir later voordat jy gaan fliek nie.  ‘n Bak springmielies, ‘n koeldrank en ‘n smarties kos so te se R50.  R200 vir ‘n gesin van 4.  Parkering is ten minste R5 en ek gaan die petrolkoste buite rekening hou.  R385 vir een fliek.

‘n Nuwe DVD kos R150, as jy bereid is om ‘n paar maande te wag kos dit so min as R80.  Jy spaar alreeds op die fliekkaartjies.  Met die verskil kan jy amper ‘n volle ete en verversings koop.  Genade, hoekom gaan fliek ek nog enigsins.  Ek dink flieks sal daarby kan baat om hulle kostes te verlaag.  Maak die kaartjies R15 per persoon of minder.  Meer mense sal dan gaan fliek en die volume sal die kostes delg.  Verversings kan teen ‘n redelike prys verkoop word.  Waar in jou lewe het jy al gesien dat ‘n bak popcorn R30 kan kos?  ‘n Asblik vol kos nie eers R10 nie.

Kostes is dalk een rede hoekom al minder mense gaan fliek.  Dit kan dalk wees dat mense vandag eerder ander tipe vermaak verkies.  Ek persoonlik hou van fliek.  ‘n Groot skerm is net soveel beter as ‘n televisie.  Ander mense verkies dalk om hulle Saterdagmiddag met sport kyk te verwyl en nie met fliek nie.  Daar is amper elke dag iewers georganiseerde sport iewers wat dalk meer vermaaklik is.  Dit is ook goedkoper om te kyk en die keuse van verversing soveel beter.

In die vroeë 1900’s was opera die vermaak van keuse gewees.  Dit was gewild onder die gepeupel, middelklas en koninglikes.  Vandag is net ‘n uitgelese groep mense nog opera liefhebbers.  Is dieselfde dalk besig om met flieks te gebeur? 

Hou julle van fliek?  Hoe gereeld gaan fliek julle?  Wat is jou gunsteling fliek van alle tye?

Blogvraag:  Waar het die eerste eksklusiewe fliek teater in 1905 geopen?  Ek soek die stad se naam.

Blogantwoord:  Women’s Medical College of Pennsylvania was Dr Mike se Alma Mater.

Hoe kon ons vergeet het!!!

Skroplap was reg!!! Ons vra onverskoning dat ons jou vergeet het!

 

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Onse dokter wat op die aarde woon Georganiseerde chaos

206 Kommentaar Add your own

  • 1. WILLE KJIND Q  |  September 18, 2008 om 2 : 34

    Ek draai my rug en da rol klippe rond oppi blog!

  • 2. Rolling Stone  |  September 18, 2008 om 2 : 35

    Hallo almal.

    Olga jou neus is definitief super ingestel. So pas n lekker bak olierige chips met baie asyn geeet

  • 3. Rolling Stone  |  September 18, 2008 om 2 : 35

    Hi daar wille kjind.

  • 4. Rolling Stone  |  September 18, 2008 om 2 : 37

    Flok , ek kan ook nie iemand impersonate nie

    Het ook al getraai wanneer ek gesuip is maar my vrou sien dwars deur my 😆

  • 5. olga  |  September 18, 2008 om 2 : 37

    hello klip. ha ha ha ha. hoe gaan dit? wat smous jy nog vandag?

  • 6. *Mathilda*  |  September 18, 2008 om 2 : 38

    klippie !!!!!!

  • 7. Rolling Stone  |  September 18, 2008 om 2 : 39

    Die specials het gevlieg , veral toe die polisie hier uitslaan

  • 8. Nats  |  September 18, 2008 om 2 : 39

    Hello Klippie!!!

  • 9. *Mathilda*  |  September 18, 2008 om 2 : 40

    Klippie

    He he ….

  • 10. Rolling Stone  |  September 18, 2008 om 2 : 40

    *Mathilda* 😯 hoe gaan dit nog met jou ?

  • 11. Rolling Stone  |  September 18, 2008 om 2 : 41

    Hell daar Nats .

  • 12. *Mathilda*  |  September 18, 2008 om 2 : 41

    Goed dankie en jy klippie

  • 13. Rolling Stone  |  September 18, 2008 om 2 : 42

    Julle girls hier op die blog is nou eenmaal maar net te skerp!!

  • 14. Rolling Stone  |  September 18, 2008 om 2 : 44

    Nee wat hier is nie plek vir nog ekstra klagtes nie

    Ek hou nie van flieks nie , veral nie die drive in nie , want as gevolg van n boring tweede show moes ek trou , nou is ek bang vir die donker by enige fliek

  • 15. olga  |  September 18, 2008 om 2 : 45

    Tilla

    Dis vreeslike ding om met mens te gebeur. Maar met ma of pa? Ai, hoe vergewe jy jou man of vrou as hy of sy jou kind dood gemaak het? mag die goeie Vader hulle almal genadig wees.

  • 16. olga  |  September 18, 2008 om 2 : 47

    Joh klip ek wou nog kom shop het. met my tjekboek. het net pen gesoek. nou is alles klaar verkoop. sal dan maar wag vir volgende sale.

  • 17. *Mathilda*  |  September 18, 2008 om 2 : 47

    Klippie

    Wat gee jou die idee ons is een keer te veel vir ‘n sucker gevang ? Nou is ons ekstra versigtig !

  • 18. Rolling Stone  |  September 18, 2008 om 2 : 49

    Olga hier by ons dorp is enige iets moointlik , bring net jou tjekboek

    *Mathilda*, ek kan nie glo jy was al gevang nie😉

  • 19. olga  |  September 18, 2008 om 2 : 49

    leke kry vir jou klip. wat het jy in agter seat loop soek? net sonde. en jy het dit gekry ook.

  • 20. olga  |  September 18, 2008 om 2 : 52

    yeeeaaahhh, klip gaan my tjek vat. wela ka pela wela ka pela. ha pa pa la pa. wk, klip gaan tog my tjek vat.

  • 21. Rolling Stone  |  September 18, 2008 om 2 : 53

    Olga , maar ons praat nie uit nie , sal vir niemand se die tjek is van rubber gemaak nie

  • 22. WILLE KJIND Q  |  September 18, 2008 om 2 : 55

    @ Klip

    Ek soek assamblief 5 van daai kameras wat jy op special het:mrgreen:

  • 23. olga  |  September 18, 2008 om 2 : 56

    Damn. dankie klip. rubber, eisj. dag dis van pampier.

  • 24. *Mathilda*  |  September 18, 2008 om 2 : 56

    Klip

    Dis toe ons nog new ones was op die blog – glo my ons almal vat nou alles met ‘n knippie sout !

  • 25. *Mathilda*  |  September 18, 2008 om 2 : 57

    Waar kruip Adrie vandag weg ?

  • 26. olga  |  September 18, 2008 om 2 : 58

    ek kan 5 ook om en dom poep.

  • 27. WILLE KJIND Q  |  September 18, 2008 om 2 : 59

    @ *M*

    Wonder ek mos nou ook!

  • 28. Rolling Stone  |  September 18, 2008 om 3 : 00

    *Mathilda* nee ek kan sien julle was al daar en dra die T-shirt😆

    Wille kjind , ek het jou gese toe die polsie hier aan kom toe :vlieg ” die specials.

    Olga hier in ons town “teken” ons tjeks met n handruk.

  • 29. WILLE KJIND Q  |  September 18, 2008 om 3 : 04

    @ Klip

    Dis mos nou tipies hoe die polieste operate!

  • 30. Rolling Stone  |  September 18, 2008 om 3 : 06

    Die flokkers maak die meeste geld

  • 31. Rolling Stone  |  September 18, 2008 om 3 : 08

    Hier is darem eerlike ouens ook , as jy hulle bribe vir R150 en jy het net n R200 noot gee hulle darem vir jou kleingeld

  • 32. Nats  |  September 18, 2008 om 3 : 11

    Klip😆 !!!!!!!!

    R50 kleingeld!!! Wha ha ha ha!!!!

  • 33. *Mathilda*  |  September 18, 2008 om 3 : 14

    Hierdie dag het amper sy gat gesien sonder ‘n spieël !

  • 34. *Mathilda*  |  September 18, 2008 om 3 : 17

    Ag nee, almal los my alleen – ek gaan sommer dadelik huistoe

  • 35. Rolling Stone  |  September 18, 2008 om 3 : 18

    *Mathilda*
    Jy is bevoorreg om te kan huistoe gaan as dit nog lig is

  • 36. Rolling Stone  |  September 18, 2008 om 3 : 20

    Gits as jy nou loop is ek alleen.

  • 37. Rolling Stone  |  September 18, 2008 om 3 : 21

    Die internet is lyk my ook maar nes ek , n bietjie stadig vandag

  • 38. *Mathilda*  |  September 18, 2008 om 3 : 45

    Ja nee kyk – 12 uur skofte (vir daai matter enige skofte) doen dit nie vir my nie !

  • 39. *Mathilda*  |  September 18, 2008 om 3 : 53

    Toodles maaikies – sien more

  • 40. Verons  |  September 18, 2008 om 4 : 05

    Eks terug, wat ‘n sad storie.
    Olga nr 1 die kind was mal oor sy oupa en oupa vat hom oral saam as hy ‘n kansie saam met hom het, die ma en pa was nooit getroud nie en die kind het elke 2e naweek by sy pa kom kuier, pa het die kind dieretuin toe gevat en natuurlik daar gesuip en what ever en oppad na huis toe het die ongeluk gebeur!!
    Heel toevallig ken ek die ma, eintlik haar ma sy het jare terug saam met my gewerk en sy het 2 dogters die oudste een was saam met my dogter in die klas en die jongste een (die een wie se kind vandag begrawe is) is so 3 jaar jonger, ek het ‘n foto van hulle toe die oudste in gr 1 was, die oudste een was na my dogter se verjaarsdag partytjie toe genooi en die ma het destyds radeloos gebel en gevra of die jongste een kan saamkom want sy is omtrent moeilik omdat sussie kan partyjie en nie sy ook nie!
    Ek het die mooiste fototjie van die tweetjies en die ma was destyds omtrent so oud soos wat haar seuntjie nou was………

  • 41. olga  |  September 18, 2008 om 4 : 09

    in ons wereld wil hulle handskud nie klip. daarom gaan maak ek maar my tjek by gapsa klein.

  • 42. olga  |  September 18, 2008 om 4 : 13

    Ai my foon se out of memory. maar ek dink die ding lieg vr my.

  • 43. Verons  |  September 18, 2008 om 4 : 16

    Die ma is stukkend die pa lyk of hy enige oomblik homself iewers wil gaan ophang…….
    Altwee die ouma’s en oupa’s is platgeslaan die klein mannetjie was hulle alfa en omega gewees hulle het omtrent net vir hom geleef, ek het hom al saam sy oupa hier gesien en hy was regtig ‘n klein karnallie gewees en glad met die bekkie…… hy was 3jaar 5maande…
    Ek het rillings gekry die 2 oupas het by die graf binne in die graf geklim en die ma en pa het die kissie vir hulle aangegee, hulle het die kissie toe mooi netjies staan gemaak en toe uitgeklim! Dit was vir my erg gewees………

  • 44. aventer  |  September 18, 2008 om 4 : 30

    Ello mensies…dis biologie more…jippy:mrgreen:

    Ek’s spoedig besig om vrede te maak met my lot sussa🙂

    Cheers vir eers julle *mwahz*

  • 45. olga  |  September 18, 2008 om 4 : 46

    Dis altyd vreeslik hartseer as n kind se lewe kortgeknip word. maak nie saak wat die omstandighede was of hoe oud die kind was nie. as mens kind in n kar vervoer, maak asb die veiligheids gordel vas. laat die kind agter sit. kinder lewens is kosbaar.

  • 46. olga  |  September 18, 2008 om 4 : 47

    sterkte vir more anemerrie.

  • 47. olga  |  September 18, 2008 om 4 : 48

    en nog geen teken van ons klein merrie nie. het sy n man op sleeptou?

  • 48. olga  |  September 18, 2008 om 5 : 06

    nog niks?

  • 49. olga  |  September 18, 2008 om 5 : 07

    en 199

  • 50. olga  |  September 18, 2008 om 5 : 08

    …..maak dit?

  • 51. olga  |  September 18, 2008 om 5 : 08

    yeah, di was 200.

  • 52. WILLE KJIND Q  |  September 18, 2008 om 5 : 41

    2000!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • 53. aventer  |  September 18, 2008 om 6 : 37

    Dankie olga…ek is nie so lekker vanaand nie, baie huilerig..wel eintlik is ek al heel week so. Wens net dit stop vinnig, sien nie kans om nog ‘n aand aan die slaap te huil nie…

    Dink biologie

    Hermafrodiet, oksitosien, LH en FSH, Graaffollikel, pituitere klier, epididdimis, skrotum, serviks, seminale vesikael, stamper, meeldrade, helmknop, helmdraad, styl, stigma, vrugbeginsel, diploied, haploied, differensiasie, alleel, heterosigoties, homosigoties, DNA, DNA-replisering, DNA-transkripsie, proteiensintese, mRNA, tRNA, ribosome, geboorte, voorbehoeding, IPMAT(interfase, profase, metafase, anafase, telofase), meiose, mitose, hibried, dihibried, monohibried…

    OK, nou’s ek weer reg, tata julle

  • 54. olga  |  September 18, 2008 om 7 : 12

    Wat pla dat jy so emosioneel is avente? as dit eksamen druk is, poog jy te hard. jy weet waartoe jy in staat is. om te stres oor dit wat jy weet jy nie kan vermag nie, is suiwer stront. jy kan net jou bes doen. dit is al wat jou ouers, onderwysers en vriende van jou verwag. as enige van hulle meer as dit wat in jou vermoe is verwag, kan hulle in die eksamen lokaal gaan sit en beter doen. doen wat jy kan. sonder om te stres. ek het nooit die beste van my kinders verwag nie. bloot wat hulle mee gemaklik was.

  • 55. aventer  |  September 18, 2008 om 8 : 06

    Biologie is te lekker om oor te stress, ek geniet dit om biologie te leer…weird ek weet maar dis baie kalmerend.

    Dit hou my brein besig

  • 56. Zee  |  September 18, 2008 om 9 : 48

    Naandsê, nee kyk, ek bly liewers by die huis en kry n DVD om te kyk, ek kan pause wanneer ek wil, gaan pp wanneer ek wil en niks mis nie….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: