My karakterfout

Mei 27, 2008 at 5 : 24 41 Kommentaar

Roer het ‘n blog geplaas of die huwelik ‘n natuurlike instelling is.  Ek het onlangs ‘n berig gelees waar ‘n land wetgewing oorweeg het om ‘n huwelik na 7 jaar te ontbind.  Daar is meer tweede huwelike wat geslaagd is as eerste huwelike.

Ek het ‘n karaktereienskap wat ek altyd gedink het in my guns tel.  Dit is lojalitiet.  Deesdae is dit iets wat met minagting bejeën word.  As jy dit durf waag om langer as 5 jaar vir een maatskappy werk, is jy iemand wat nie van verandering hou nie.  Moenie dit waag om jou brood te koop by die winkel wat altyd vir jou goeie diens gegee het nie, dan lewe jy in ‘n kokon.  Dit is stiksienig om in dieselfde kerk te bly as waarin jou ouers jou gedoop het.  Trou jy met die verwagting om nooit te skei nie, is jy naief.  Getrouheid is iets wat in ‘n vorige eeu moes agterbly.

Dit is nou al algemene kennis dat Adriana Magrieta Swanepoel bang is vir verhoudings.  Nog elke keer as ‘n man dinge wou verder voer, het ek my los gewikkel uit wat mag wees.  Vandag sal ek julle vertel hoekom.  Julle mag maar lag en sê dat ek in ‘n droomwêreld lewe.

Ek dink dit is oneerlik om in ‘n verhouding betrokke raak, as jy nie bereid is om die verhouding voluit (dws tot ‘n huwelik) te voer nie.  ‘n Verhouding is wel ‘n kans om te sien of ‘n huwelik gaan werk en jy kan eerbaar onttrek as dit nie werk nie.  Hoekom tyd in ‘n verhouding mors as jy vooraf weet dit gaan nie tot ‘n huwelik vorder nie?  Die dag as ek voor God trou sweer, gaan ek my beste probeer om aan my woord gestand te doen.  Daarom moet ek vooraf seker maak dat ek vir die man vir die volgende 50 of 80 jaar kans sien. 

As ek ooit eenkeer trou, gaan dit net eenkeer wees.  Ek weet ek sal net trou aan een man kan sweer.  Indien my wil nie geskiet nie, sal ek myself nooit weer in ‘n huwelik begeef nie.  Julle glimlag seker nou meerwaardig, maar dit is regtig die tipe mens wat ek is.  Ek vat lank om vriendskappe te vorm, maar wanneer dit daar is, is dit daar tot die graf.  My oumagrootjie wat vir amper 40 jaar ‘n weduwee voor sy dood is.  My ouma was vir 28 jaar ‘n weduwee met haar dood.  Net die bewys dat ek amper 30 was en nog nooit in ‘n verhouding nie, wys dat ek nie die saak ligtelik benader nie.

Ek gaan hier afsluit.  Die troeteldierwinkels is oop en ek moet ‘n swart kat en kanarie gaan koop.

Blogvraag:  Wat is die simboliek agter “something old”?

Blogantwoord:  Sam was reg, die geloof is dat jou daar ‘n aar (vena amoris) is wat jou linkerringvinger tot jou hart loop.  Ek weet nie of die waar is nie.

Entry filed under: Uncategorized.

Hande Baba Adrie

41 Kommentaar Add your own

  • 1. Katvis  |  Mei 27, 2008 om 5 : 27

    Gevang

  • 2. Samantha q  |  Mei 27, 2008 om 5 : 32

    Eerste!

  • 3. Samantha q  |  Mei 27, 2008 om 5 : 33

    Jy moet skree EERSTE…. Drol

  • 4. Samantha q  |  Mei 27, 2008 om 5 : 39

    Ek dink dit simboliseer die ‘link’ tussen die bruid se ma en selfs ouma

  • 5. Samantha q  |  Mei 27, 2008 om 5 : 42

    Ek dink dit is ook om die band tussen die bruid en haar familie te simboliseer. Of so iets. Eks lui om te dink

  • 6. Samantha q  |  Mei 27, 2008 om 5 : 44

    Adriana… Rooflees jy alweer terwyl jy bestuur?

  • 7. Katvis  |  Mei 27, 2008 om 5 : 47

    n Huwelik is n verbond dit is die hoogste trou wat jy kan sweer. Dit is iets wat jy nie kan breek nie. Net die dood kan dit breek. So al skei jy is jy nog steeds aan daardie persoon verbind of jy daar van hou of nie die verbintenis is nie nootwendig nou lekker nie maar ontslae gaan jy nie van daar die persoon raak nie tensy hy of sy sterf. As jy kyk hoe daar in die oudae n verbond gesny was sal jy sien hoekom sekere goed in die huwelik gedoen is.

    Mense sou n verbond so gemaak het ken nie presies die volgorde nie. Mense sou polse sny en dan groet hulle mekaar sodat die bloed meng dan sou hulle wapens uitruil gee my mes vir jou swaard. Dan sou hulle name uitruil ook want as jy jou self aan iemand bekend stel sou daar die persoon uit die naam aflei dat jy n verbond met iemand het wat sterk is. Daar sou n glas wyn saam gedrink word met n ete . Die sny sou met as gevryf word wat n merk maak. Dan sou daar diere geslag word en op die grond uit gepak word waar die partye in die vorm van n ag deur dit sou loop en hulle sou se dat as iemand die verbond breek hy soos die diere geslag sou word. Met anderwoorde net die dood kan die verbond nou breek persente sou ook ver mekaar gegee word. Dan sou hulle n gedenk oprig vir almal om te sien n stapel klippe of soe iets permanent.

    Ja ons trou nie meer so nie maar daar is baie ooreenkomste nog steeds in die troue.

  • 8. Zoekoe  |  Mei 27, 2008 om 5 : 47

    Eish !!!! ek kan nie veel comment nie . ..

  • 9. Samantha q  |  Mei 27, 2008 om 5 : 51

    Naand Zoekoe. Ons kan darem die wyn opsuip by troues!

  • 10. Samantha q  |  Mei 27, 2008 om 7 : 11

    Die koue raak nou te erg! Ek gaan nou ‘n liter obs drink, my warmwater bottel vol maak en inni kooi klim met my boek!

  • 11. Adrie  |  Mei 27, 2008 om 7 : 19

    My voete vries af. Ek trou sommer more as dit my voete in die winter warm gaan hou.

  • 12. Wipneus!  |  Mei 27, 2008 om 8 : 04

    Ek het lekker gelees aan jou inskrywing Adriana. Los maar die kat en kanarie, die liefde sal nog kom. Hy vra nie hoekom en wanneer nie hy tref jou net met ‘n “Bang” Jou kop word deurmekaar, en jy raak blind….dis hoekom hulle sê die liefde is blind. Die liefde is lekker maar ‘n snaakse ding.

    Ek kry koud en gaan nou soos Sam in my warm bedjie klim, met teddie wat my warm hou 😉 Uhm Adrie jy kan maar môre trou, die manlike geslag hou jou lekker warm in die koue weer 😆

    Lekker aand

  • 13. sonkind  |  Mei 27, 2008 om 8 : 14

    Ek dink definitief nie dis ‘n karakterfout nie. Ek dink ook elke persoon wat trou, glo dit gaan vir ewig hou. En ek dink ook mense trou te jonk of soms vir die verkeerde redes. Jou kop is reg aangeskroef. Soos Wip sê, jou liefde sal nog kom.

    Ongelukkig het ek dit ook eers met die tweede probeerslag reggekry.

  • 14. Jo-Ann Schou  |  Mei 27, 2008 om 8 : 23

    Met die blogpost gaan jy generasies red van finansiële teëspoed… ek het nie die hele rympie geken nie… en het nie van die silwer sikspens in die skoen geweet nie en kyk nou! Dames, waarsku julle dogters…

  • 15. Roer  |  Mei 27, 2008 om 9 : 02

    So wie is hier wat nie kan slaap nie? Sam? Jy hier? Adriana, voeltjie gekry?

  • 16. ADRIANA  |  Mei 27, 2008 om 9 : 06

    Handop!!!

    Praat jy van die duifie?

  • 17. Roer  |  Mei 27, 2008 om 9 : 12

    Eintlik van die kanarie, maar ja, die duif ook. Gannit?

  • 18. ADRIANA  |  Mei 27, 2008 om 9 : 15

    Ek probeer vir Sonkind en die kindergees wegkruip.

    Ek het besluit dit is te koud om te gaan shop. Kanaries stink.

  • 19. Roer  |  Mei 27, 2008 om 9 : 19

    Ek het nie ‘n idee wat jy van praat nie, maar dit kan dalk wees oor ek nie vandag veel blogs gelees het nie. Nou terug…

  • 20. Adrie  |  Mei 27, 2008 om 9 : 21

    Roer

    Toemaar, jy is ook betrek.

  • 21. Roer  |  Mei 27, 2008 om 9 : 24

    Eish!!!!! Nou sien ek. Het gaan lees daar by Sonkind.

  • 22. Adrie  |  Mei 27, 2008 om 9 : 26

    Wip

    Weet jy, ek het saterdag die mooitste grys katjie gesien. Ek wou haar net daar koop, maar toe kerm Mej Beursie mos. Van jy het nie plek vir die kat nie tot wat doen jy met die kat as jy moet vlieg. Arme kat moet maar ‘n ander huis kry.

    Son

    Liefde moet net nie te gou kom nie, ek is nog hopeloos te jonk.

    Jo-Ann

    😆

  • 23. Adrie  |  Mei 27, 2008 om 9 : 27

    Roertjie

    Jou huiswerk is ook al uitgedeel.

  • 24. Roer  |  Mei 27, 2008 om 9 : 33

    Ag nee hel. Call me a spoil sports. Hierdie een sit ek uit.

  • 25. Adrie  |  Mei 27, 2008 om 9 : 34

    Roer

    Ek sal jou nooit ‘n spoil sport noem nie.

  • 26. Adrie  |  Mei 27, 2008 om 9 : 35

    Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!! Roer is ‘n pissie!!!

  • 27. Roer  |  Mei 27, 2008 om 9 : 35

    Cool. 😉

  • 28. Roer  |  Mei 27, 2008 om 9 : 37

    Ek kan daarmee lewe. Ek dink… Miskien knak ek onder die druk.

  • 29. Adrie  |  Mei 27, 2008 om 9 : 38

    Banggat!!! Sissie!!!!

  • 30. Wipneus!  |  Mei 27, 2008 om 9 : 39

    Hello Roer 😆

    Nou moet ek weer alles deurmekaar gaan krap….ek het nou net al die kaste klaar reg gepluk…. 😦 Hierdie is diep grou, dis jaaaare terug!

    Ek wonder nou of ek ooit foto’s het, miskien is dit al weg.

  • 31. Adrie  |  Mei 27, 2008 om 9 : 40

    Roer

    Ek gesels nou baie lekker met jou, sal jou graag die hele nag wou pissie, maar my *&***I*( battery het gegroet. En die kabel is nie hier nie. So tensy jy mxit het (as jy nie te oud is nie), beter ek haas groet.

  • 32. Adrie  |  Mei 27, 2008 om 9 : 42

    Hallo Wip

    Jou vandag orals gemis.

  • 33. Wipneus!  |  Mei 27, 2008 om 9 : 43

    Hi Adrie, het julle ook gemis, amper klaar die kant, my rekenaars is ook amper gefix….

    Dis koud en jou battery is alweer pap, jy moet lekker slaap 😉

  • 34. Adrie  |  Mei 27, 2008 om 9 : 44

    Ek het nou ‘n goeie verskoning om nie vanaand te werk nie. 😆

  • 35. Wipneus!  |  Mei 27, 2008 om 9 : 47

    Verseker…mens moet soms bietjie rus ook… kyk bietjie tv
    cheerio sweet dreams

  • 36. Adrie  |  Mei 27, 2008 om 9 : 50

    Nag almal.

    Sien julle miskien more.

  • 37. Samantha q  |  Mei 28, 2008 om 12 : 45

    En hier sit ek alweer vinger al1 sonder ‘n ou warm kombersie. Ek sip sip maar aan die obs vir ‘n bietjie ‘hitte’. Hier in my se kaya is dit blêrrie koud. Ek is al moeg van inni bed bly! Ek dink ek moet vir ‘n paar dae wildtuin toe gaan. Dalk lê daai Kruger miljoene da en wag vi my. Dink net hoeveel oumensies ek dan sal laat smile :mrgreen:

  • 38. Samantha q  |  Mei 28, 2008 om 12 : 49

    Ai tog. Ek moet seke ma met Jan tuisbly se karretjie ry. Skoon vigeet dat my dogtertjie nou op skool is en ek kan nie die kjind uit die skool uit hou nie. 😦

  • 39. Samantha q  |  Mei 28, 2008 om 12 : 51

    Ek tjank somme! 😥

  • 40. demoerin  |  Mei 28, 2008 om 9 : 12

    Heel gewigtig, ek moet ook seker aan my commitment issues werk! Stem egter volkome, hoekom jou tyd met iets mors wat nêrens heen gaan gaan nie?

  • 41. Salomè  |  Mei 28, 2008 om 11 : 49

    Hoor, hoor Adrie. Daai man sal nog kom en jou bo van jou katpaal en kanariehok af sweep.
    Ek stem. Trou is ‘n eenkeer ding. Ek sal nie sommer ‘n anner man se geite gewoond kan raak nie.

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za