Wat sou jy gedoen het?

September 22, 2009 at 5 : 54 91 Kommentaar

Vanmiddag is ek een van ‘n swetterjoel karre in ‘n een rigting straat.  Almal het dit ten doel om die stad se stof so gou as moontlik afteskud.  Ek is in die derde baan van links, dus die tweede baan van regs.  In die middel van die pad sodat mense wat dubbelparkeer my nie in die voet skiet nie.  Ek kan dus ry, maar kan dit nie waag om te stop of om skielik stil te hou of parkeer nie.

Die kruising is geseën met ‘n verkeerslig wat saamwerk.  Teen die tyd wat ek by dit kom, is dit groen en kan ek net aanry.  Dit is waar ek haar opmerk.  Aan die oorkant van die kruising aan die linkerkant, besig om te ryloop. 

Goed, dit is nie die eerste keer dat ek iemand sien ryloop nie.  Laat ek haar probeer beskryf en dan sal julle dalk verstaan.  In die eerste plek is dit ‘n kind.  As ek aan haar skraal lyf en plat bolyf moet oordeel skat ek haar niks ouer as 14 nie.   Aan haar kleredrag kan ‘n mens sien dat sy ongekunsteld is, sorgeloos wel.  Die manier waarop sy geryloop het was opvallend.  Haar ongeduld het boekdele gespreek elke keer wat iemand verby gery het en die duim geignoreer het.  Ek het die gevoel gekry dat sy haastig oppad was iewers en dat as daar nie gou iemand stop nie, is sy in die moeilikheid.  (In die paar sekondes wat ek haar gesien het.)

Ek het verby gery.  Die verskoning is dat ek reeds baie laat was en dat omdraai geen maklike oefening sou gewees het nie.  Dit sou my ‘n goeie 10 minute of langer geneem het om weer daar uit te kom en dan kon sy al lankal geholpe gewees het.

Ek weet wel wat ek graag sou wou doen.  Ek sal juffroutjie met graagte opgetel het en op haar ma se skoot gaan aflaai het.  Die kruising waar sy was is uiters gevaarlik.  Die meerderheid voertuie was trokke en afleweringsvoertuie.  Dus bestuurders wat gewoond is om meisie op te laai – teen ‘n prys.  Ek is nie so seker dat sy bewus is van die prys of bereid is om dit te betaal nie. 

Dit was ‘n uiters onverantwoordelike ding gewees om te doen.  Ek het nogal ‘n gevoel dat sy glad nie veronderstel was om daar te wees nie.  Anders sou haar ouers haar mos kom haal het of gereel het vir vervoer.  Hopenlik kom sy ongeskonde daaruit.  Dinge kan wel baie lelik raak en dit is iets dat sy en haar ouers behoort te besef.

Wat sou julle gedoen het in my skoene?

Blogvraag:  Wie was die skepper van ‘n Hitchhiker’s Guide to the Galaxy?

Blogantwoord:  Olga was reg met Maurice Wilks.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Parkeer jou SUV waar die son nie skyn nie Sokkie Tan

91 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  September 22, 2009 om 6 : 24

    Eerste!

  • 2. Wille Kjind Q  |  September 22, 2009 om 6 : 29

    Douglas Adams

  • 3. Wille Kjind Q  |  September 22, 2009 om 6 : 30

    Wat ‘n gesukkel om deesdae te comment. Ek dink ek het my internet gebreek

  • 4. Wille Kjind Q  |  September 22, 2009 om 6 : 32

    Daai juffie kan ma net bly wys ek hetti verby ha gery nie. Oor die skoot trek sou ma net die begin gewees het👿

  • 5. Wille Kjind Q  |  September 22, 2009 om 7 : 05

    Drie rooflesers……….

  • 6. Sonkind  |  September 22, 2009 om 7 : 50

    Ek sou omgedraai het en haar opgelaai het. Regtig. Ek het dit eendag op die N1 gedoen met drie meisies wat sonder petrol gaan staan het. Hulle was jonk en onverantwoordelik, het nie eers behoorlik R20 gehad vir petrol nie, maar ek het gedink aan my eie meisiekind by die huis en in hierdie geval gehoop ek werp my brood op die water.

  • 7. Adrie  |  September 22, 2009 om 9 : 11

    UITEINDELIK

  • 8. Sonkind  |  September 22, 2009 om 9 : 12

    UITEINDELIK wat?

  • 9. Adrie  |  September 22, 2009 om 9 : 18

    Son!

    Dit he my langer as 2 ure gevat om in te kom! Grrr!!

    Ek dink dit maak seker n groot verskil as n mens self kinders het.😉 Ek het glad nie n gedagte gehad dat dit my kind kon wees nie. Ek hoop die girl het dit darem veilig tuis gemaak.

  • 10. Wille Kjind Q  |  September 22, 2009 om 9 : 29

    ‘n Moerse pakslae………. Dis wat sy norig het

  • 11. Adrie  |  September 22, 2009 om 9 : 34

    Ek wonder hoe het sy daar gekom?

    Anyhow, ek moes my vergadering gekanselleer het. Spyt kom altyd te laat.

  • 12. maxie  |  September 22, 2009 om 9 : 38

    Miaau

  • 13. maxie  |  September 22, 2009 om 9 : 50

    Stert gewip… nou loop ek maar..

  • 14. Adrie  |  September 22, 2009 om 10 : 14

    Sorry Max

    Ek, my foon en die verdompde blog misverstaan mekaar geheel en al verkeerd vanaand.

    Willes

    Hoeveel vreemde rylopers het jy al opgetel?

  • 15. maxie  |  September 22, 2009 om 10 : 19

    Adrie

    Geen probleem, weet mos, net gegrap.
    Ek sukkel net so met my selfoonontvangs vanaand.

  • 16. Olga  |  September 22, 2009 om 10 : 23

    ek sou die klein merrie se ma gaan opsoek het. n mens kan wragtig nie n beroep en kinders he nie.

  • 17. Adrie  |  September 22, 2009 om 10 : 23

    Ek wil my selfoon stukkend trap vanaand. Of teen n muur stukkend gooi! Grrr!

    So, wat so jy gedoen het, Max?

  • 18. Olga  |  September 22, 2009 om 10 : 24

    almal sukkel dan met selfone vanaand.

  • 19. Adrie  |  September 22, 2009 om 10 : 28

    Myne is nou beter. Ons het nou net n storm gehad.

  • 20. Olga  |  September 22, 2009 om 10 : 29

    caster semenya se ma braak gal in die week se huisgenoot.

  • 21. Olga  |  September 22, 2009 om 10 : 31

    dit kiza net baie effens by ons. storm sal ikabod op die stof sit. maar dit wat ons nou kry, pla net.

  • 22. maxie  |  September 22, 2009 om 10 : 34

    My eerste reaksie sou wees om terug te draai, soos Sonkind gese het.
    As ons nog in die Oos Kaap gebly het, sou ek dit sonder huiwering gedoen het.
    Maar om eerlik te wees: hier in Jhb vertrou ek niemand wat langs die pad staan nie, hoe onskuldig hulle ook mag lyk.
    Dalk, as ekself haar en haar liggaamstaal gesien het, sou ek tog anders besluit het, wie weet…
    Ek hoop werklik dat sy veilig is.

    Don’t beat yourself up.

  • 23. Adrie  |  September 22, 2009 om 10 : 34

    Olga

    Het jy 3rd degree gekyk? Hulle het bewyse gehad dat Chuene deur sy tande lieg!

  • 24. Olga  |  September 22, 2009 om 10 : 39

    ek het 3rd degree gemis. waaroor het hy gelieg?

  • 25. Adrie  |  September 22, 2009 om 10 : 39

    Wat kots haar ma?

    Blykbaar het n anonieme blog die kat uit die mou gelaat?

    Max

    Ek wonder nogal of sy nie uit iemand se kar gesmyt is nie, figuurlik bedoel ek. Ek kan glad nie dink wat sy daar gemaak het nie. Daar is niks om oor huis toe te skryf nie.

  • 26. Adrie  |  September 22, 2009 om 10 : 43

    Vraag is eerder waaroor hy nie gelieg het nie. Hy het geweet sy is n hermadrofiet voor die byeenkoms begin het. Hy sou haar eers onttrek, maar het op politieke advies nie. Sy was duidelik as n pion gebruik.

  • 27. maxie  |  September 22, 2009 om 10 : 43

    Olga

    Wat is kiza?

  • 28. Olga  |  September 22, 2009 om 10 : 45

    ek het nie die artikel gelees nie. huisgenoot se goedkoop sensasie pis my deesdae bigtime af. maar, as sy nie vroue spares het nie, het sekere maandelikse gebeurtenis nie gebeur nie. ek laat my nie vertel hulle het dit normaal gevind nie. maak nie saak hoe AGTERGEBLEWE hulle in limpopo is nie.

  • 29. Olga  |  September 22, 2009 om 10 : 46

    elo maxie. hoe gaan dit? kiza is mot of misreen.

  • 30. Adrie  |  September 22, 2009 om 10 : 49

    Ek het nou die dag gewonder oor daardie tools. Laat puberiteit en strawwe oefening kon wel n invloed gehad het.

  • 31. Olga  |  September 22, 2009 om 10 : 50

    alles word deesdae gebruik vir politieke hoereerdery. dit is blerrie banaal tog absoluut belaglik.

  • 32. Adrie  |  September 22, 2009 om 10 : 51

    Ek dog almal praat van kiza.😉 maar dan, dit is n zulu woord.

  • 33. maxie  |  September 22, 2009 om 10 : 52

    Olga
    Altyd goed dankie, hoop dieselfde daar.
    Dankie vir die verduideliking.
    Lekker slaap, julle.

  • 34. Olga  |  September 22, 2009 om 10 : 52

    kyk, as ek my kennis oor die kultuur ivb met daardie afwesigheid moet deel, sal julle net dink ek propageer sensasie. nes hg. daarom sal ek maar my bek hou.

  • 35. Olga  |  September 22, 2009 om 10 : 53

    nag max. slp rustig. goedgaan.

  • 36. Adrie  |  September 22, 2009 om 10 : 54

    Wel – as n mens daaroor dink. Die SA toetse was gedoen sonder haar toestemming en valse voorwendsels. Ek wonder of haar prokureurs daaraan gedink het dat dit op verkragting neerkom? Sy was blykbaar ook vasgebind gewees.

  • 37. Olga  |  September 22, 2009 om 10 : 57

    hoekom was sy vasgebind?

  • 38. Adrie  |  September 22, 2009 om 10 : 57

    Lekker slaap, Max

  • 39. Adrie  |  September 22, 2009 om 10 : 59

    Haar voete was glo in stiebeuels vas gemaak. Sy het glo die heeltyd per sms galgebraak daaroor.

  • 40. Olga  |  September 22, 2009 om 11 : 02

    as ginekoloog jou ondersoek, word jou voete in stiebeuels vasgemaak.

  • 41. Olga  |  September 22, 2009 om 11 : 03

    nie vas gemaak nie, mind you. maar ginekoloog druk jou voete bokant sy kop in stiebeuls.

  • 42. Adrie  |  September 22, 2009 om 11 : 08

    Wel, die woord wat gebruik is, is restrain. Dit verander nog niks daaraan dat sy mislei was en nie toestemming gegee het nie

  • 43. Olga  |  September 22, 2009 om 11 : 11

    dan staan dit haar vry om daarmee te ploeg. nag. slp soos jy wil.

  • 44. Adrie  |  September 22, 2009 om 11 : 13

    Van ginekoloe gepraat. Ek sien vandag n advertensie teen n robot – 100% safe and painfree abortions – guaranteed. Lw, die agterstraat kwakke kan iets waarborg wat n goed opgeleide dokter nie kan doen nie. Geen mediese prosedure is ooit 100 % veilig nie.

  • 45. Adrie  |  September 22, 2009 om 11 : 13

    Nag

  • 46. Olga  |  September 22, 2009 om 11 : 15

    anything to make a buck. alles en almal welkom. nag.

  • 47. *Mathilda*  |  September 23, 2009 om 7 : 29

    More

  • 48. *Mathilda*  |  September 23, 2009 om 7 : 34

    Ek sou haar NIE opgelaai het nie !!! Ek is dalk net te paranoies oor ons land, maar my eerste gedagte is dat sy dalk daar is met ‘n duistere rede ! Eerder bang Jan as dooie Jan !

    Ek is ‘n werkende ma met kinders maar ek maak ‘n veilige plan, soos vandag wat die skool sluit 10 uur en ek nie die kinders kan gaan haal nie, terror gaan saam ‘n maaikie wat ek persoonlik self met die mamma gereël het en weet my kind is veilig en plig wag tot ek haar by die koshuis kom haal en tot dan is daar toesig !

  • 49. *Mathilda*  |  September 23, 2009 om 7 : 40

    My broer se dogter maak vandat sy by haar ma bly nes sy wil, 14 jaar oud, en nou die dag het ‘n swarte haar aangeval toe sy na ‘n maaikie se huis toe geloop het, haar aangerand en haar selfoon gesteel ! Nou kyk, my kinders kan maar sê ek is te streng maar dit word glad nie in my huishouding toegelaat nie, al wanneer hulle iewers heen loop is as die nefies saamloop, maar alleen – aikona !

  • 50. Adrie  |  September 23, 2009 om 8 : 00

    More

  • 51. Salome  |  September 23, 2009 om 8 : 13

    More almal
    Vandag moet ons beslis pannekoek kry. Dis nare weer buite

  • 52. Salome  |  September 23, 2009 om 8 : 13

    Ek sou definitef die meisiekind gespeech het van daar tot by haar huis. Sy sal dit nooooit weer doen nie.

  • 53. Adrie  |  September 23, 2009 om 8 : 16

    Ek moet se, ‘n moontlike hi-jacking was die laaste ding waaraan ek gedink het.

    Haar houding was net te duidelik dat sy alleen daar is.

  • 54. *Mathilda*  |  September 23, 2009 om 8 : 17

    Saloom

    Daai pannekoek klink vir my na ‘n great idee

  • 55. Beeld  |  September 23, 2009 om 8 : 27

    Andre Damons

    Standerton. – Die hoofmeisie van die Laerskool Standerton is Sondagaand dood op die stortvloer van haar ouerhuis aangetref.

    Mev. Lindi Greyling het haar jongste dogter, Anita (9), omstreeks 18:00 gestuur om te gaan kyk hoekom haar sussie, Linda (13), so lank stort.

    Anita het haar ouers geroep toe sy haar sussie in die stort sien lê.

    Hul pa, Pierre, het mond-tot-mond-asemhaling toegepas en met Linda na ’n kliniek gejaag, waar sy by haar aankoms dood verklaar is.

    Volgens mnr. Bok Martins, skoolhoof, het ’n staatsdokter gister tydens ’n nadoodse ondersoek bevind Linda, ’n asmalyer, is dood weens vog op die longe.

    Linda het nog Saterdag vir haar skool se eerste hokkiespan gespeel. Volgens Martins is die Standerton-gemeenskap erg geskok. “Dit is ’n ongelooflike slag vir die gemeenskap en vir ons skool.”

    Hy het gesê Linda, wat ook vir haar skool se eerste netbalspan gespeel het, het akademies en op die sportveld uitgeblink en uitstekende leierseienskappe gehad.

    ’n Dominee het Maandag Laerskool Standerton se saalopening behartig. Twee dominees en vyf beraders het die kinders deur die dag bygestaan en beraders was gister ook nog by die skool.

    Martins het gesê Linda se ouers is nog nie reg om oor die voorval te praat nie.

    ’n Roudiens word vandag om 11:00 vanuit die NG kerk-Wes in Standerton gehou.

    Linda laat haar ook ’n jonger boetie, Abraham (7), agter.

    – Beeld

  • 56. Beeld  |  September 23, 2009 om 8 : 34

    Corne van Zyl

    Al hou Zanelia Barnard (8) van Montanapark in Pretoria steeds baie van popspeel, het sy reeds twee skoonheidstitels ingepalm.

    Zanelia het vroeër vanjaar die Mini Miss Nation 2009-titel in Suid-Afrika gewen. Deel van haar prys was dat al haar koste gedek word om die laaste sowat ’n week in Brasilië te gaan deelneem. Sy het Suid-Afrika hiér verteenwoordig en dié internasionale kompetisie gewen. Meisies van oor die wêreld het aan dié kompetisie deelgeneem.

    Terwyl Zanelia en haar ma, Zelda in Brasilië was, het Zanelia ook sommer aan die Little Miss Princess-kompetisie, ’n ander skoonheidswedstryd, deelgeneem. Hier is sy as eerste prinses aangewys.

    “Ek het lekker met die ander meisies gepraat; hulle was baie vriendelik en het my tot geleer om in Portugees tot tien te tel,” het Zanelia gister vol selfvertroue gesê.

    Volgens haar ma beïnvloed dié soort kompetisies nie Zanelia se skoolwerk nie.

    “Ons het Zanelia aanvanklik ingeskryf sodat sy meer selfvertroue kan kry. Sy het voor dié kompetisies met redenaars gesukkel. Dit het haar gepla om voor ’n gehoor te praat. Nou doen sy dit met gemak,” het haar ma gesê.

    “Zanelia het in die ouderdomsgroep 5-7 jaar deelgeneem omdat sy aan die begin van die jaar nog 7 jaar oud was,” het sy verduidelik.

    Volgens mev. Barnard is dié kompetisie uitgestel vanweë die wêreldwye uitbreking van varkgriep.

    “Zanelia was nog altyd baie gemaklik voor die kamera en sy is my hart se punt,” het ’n trotse pa, Stephan, gister gesê.

    Volgens hom help Zanelia hom vinnig reg waneer hy te streng is.

    “Pappa moet onthou dat ek nog net ’n kind is.”

    – Beeld

  • 57. Beeld  |  September 23, 2009 om 8 : 38

    Londen. – Omgewingskenners moet groot pandabere laat uitsterf, reken die BBC-aanbieder en natuurkundige Chris Packham.

    “Hier is ’n spesie wat, op sy eie, in ’n evolusionêre doodloopstraat is,” het Packham aan die tydskrif Radio Times gesê.

    Packham glo geld wat aan die bewaring van die pandabeer bestee word, moet eerder aan ander diere bestee word omdat pandas nie sterk genoeg is om op hul eie te oorleef nie.

    “Dit is nie ’n sterk spesie nie. Ongelukkig is dit die oulike simbool van die Wêreldnatuurfonds (WWF) en ons stort miljoen ponde in die bewaring van die pandabeer. Laat hulle met waardigheid gaan,” het hy gesê.

    Groot pandabere is beperk tot bosagtige gebiede hoog op in die berge in die suidweste van China en moet groot hoeveelhede bamboes eet om te oorleef.

    Volgens die WWF is daar slegs sowat 1?600 pandabere oor en bedreig landbou, ontbossing en China se groeiende menslike bevolking hulle.

    Packham se mening kry nie veel aftrek nie. “Dit is ’n dom en onverantwoordelike ding om te sê,” het dr. Mark Wright, ’n bewaringsadviseur van die WWF, gesê.

    “Dit is soos om te sê die blouwalvis is in ’n evolusionêre doodloopstraat omdat dit in die oseaan leef,” het Wright bygevoeg.

    Packham is die president van die Britse vlermuisbewaringstrust en visepresident van die Wildlewetrusts.

    – Beeld

  • 58. Adrie  |  September 23, 2009 om 8 : 40

    Of daar is nie veel nuus nie of ek is nie lus om koerant te lees nie.

  • 59. Olga  |  September 23, 2009 om 8 : 55

    as beeld so lang drip storie aan n kleuter se popspeel afstaan het daar darem nie veel in die land gebeur nie. behalwe die hooligans sonder sokkerballe in sabie. ek weet nie hkm word die goed nie met sambokke n waardevolle les geleer nie. dit is nie kosher om mense dood te maak en karre en ander mense se eiendom aan die brand te steek oor swak dienslewering nie. die mens wat doodgemaak en sy bakkie gebrand gekry het, het niks met thaba chweu uit te waaie gehad nie. en bettie het kom inkopies doen.

  • 60. Adrie  |  September 23, 2009 om 9 : 01

    O ja

    Julius is blykbaar wel vir aanranding aangekla.

    Sy pad na die presidensie is oop.

  • 61. Nats  |  September 23, 2009 om 9 : 43

    Goeie more julle!!

    Wil net inni bed bly met die weer! Darem kan ek more dit doen!🙂

    Ek is in twee oor die storie… wil haar optel en kyk of mens kan help want daar is so baie meisies daar buite wat gebruik word… maar in die ander kant is ek ook bang om haar op te tel… wat as sy vol dwelms is en jou probeer beroof? Dis moontlik, veral as mens probeer bestuur is dit moeilik om heeltyd te sit en kyk wat sy doen.

    In die uit einde sou ek haar tien teen een nie opgetel het nie.

  • 62. Adrie  |  September 23, 2009 om 9 : 46

    More Tweeling

    Dit is sleg dat ‘n mens eers aan moontlike nagevolge moet dink voordat jy kan help.

  • 63. sebastiaan  |  September 23, 2009 om 9 : 57

    Dit is voken bad dat n mens te bang is om te stop om jou mede mens te hel. elke aksie in die lewe het nagevolge. slegte nagevolge. wat gemaak as jou kind se maat wat jy self uitgekies het en met wie se ouers jy self gereel het se pa dan ook persoonlik self jou kind molesteer? dit gebeur. o, ja, dit voken gebeur.

  • 64. Adrie  |  September 23, 2009 om 9 : 59

    😯

    Sad, but true

    Dit het met meisies saam met ons op skool gebeur.

  • 65. Nats  |  September 23, 2009 om 10 : 02

    Adrie
    Dis hartseer om so daaraan te dink – maar dis feite. Kyk net hoe steek kinders mekaar deesdae, skiet en wie weet wat nog! Mens kan nie eens kinders probeer help nie – wat nog van iemand ouer en groter ens.

    Sebastiaan
    Ek stem… dit gebeur! Daar is siek mense daar buite. Deesdae kan mens niemand vertrou nie. Veral nie as mens in die moeilik is nie – soms hoe meer vulnerable mens is hoe meer van ‘n sagte tarker is mens.

  • 66. Nats  |  September 23, 2009 om 10 : 06

    😳
    Target

  • 67. Adrie  |  September 23, 2009 om 10 : 17

    Wie werk Vrydag?

  • 68. Adrie  |  September 23, 2009 om 10 : 18

    Ek wonder hoeveel onskuldige mense suffer oor die aantal misdaad in die land.

  • 69. SeeKat  |  September 23, 2009 om 11 : 31

    Ek wonder hoeveel onskuldige mense is ook deel van die misdaat wat nog nie uitgevang of weet van waarme hulle onderduims besig is mee.

  • 70. *Mathilda*  |  September 23, 2009 om 11 : 32

    Ek werk Vrydag

  • 71. Nats  |  September 23, 2009 om 11 : 55

    Ek werk ook Vrydag!
    En ek gaan nog boonop die mense sien vir my UK visa – Hou asb duim vas!!!!

  • 72. *Mathilda*  |  September 23, 2009 om 11 : 56

    Ek het al my mense afgegee – so ek sit soos ‘n weeskind hier – darem al die ander Supervisors ook !

  • 73. *Mathilda*  |  September 23, 2009 om 12 : 00

    Werk jy Vrydag kloon

  • 74. Adrie  |  September 23, 2009 om 12 : 21

    Dit is nou as hulle ook nie gedreig word nie;

    Net iemand wat nie weet hoe werk ‘n verlofvorm nie, werk vrydag

  • 75. Adrie  |  September 23, 2009 om 12 : 26

    Ek weet net halfpad hoe ‘n verlof vorm werk. As ek heeltemaal geweet het, het ek die hele week af gevat

    Seekat

    Wat sou jy in my skoene gedoen het?

  • 76. *Mathilda*  |  September 23, 2009 om 12 : 48

    Ek weet net hoe werk my verlofvorm vir my jaarverlof

  • 77. Wheelbarrow Jack  |  September 23, 2009 om 1 : 00

    Dagse. Ek sou gestopg get. Maar dan, ons stad is soveel meer beskaaf as julle sn.

  • 78. Adrie  |  September 23, 2009 om 1 : 01

    Ek neem ‘n paar keer ‘n jaar verlof

    Wil myself nie uitput nie

  • 79. Adrie  |  September 23, 2009 om 1 : 04

    Domkrag

    Ek sal julle beslis nie beskaaf genoem het nie

  • 80. SeeKat  |  September 23, 2009 om 1 : 41

    Adrie

    Ek weet nie ek was nie daar nie. Kom ek vertel jou wat het met my gebeur al. Ek staan by die verkeerslig in Schoemanstraat kruis Beatrix naby sterland. Die volgende oomblik maak n joung meisie die kar se deur oop en klim in en se vir my dat sy saam wil ry. Ek was so verbaas gewees dat sy dit so doen want gewoonlik sal jy darem eer vrae nee nie sy nie sy klim net in. Ek skat haar so tussen sestien en miskien negentien. Sy vrae waar gaan ek heen ek was toe oppad Loftus toe. Wel om n lang storie kort te maak ek ry toe met haar tot by haar huis want dit was toe nie ver van loftus af nie. By haar huis nooi sy my tou uit vir koffie. Maar ek se toe vir haar maar dat ek rerig eerder wil gaan rugby kyk. My punt sy was baie jonk moontlik n hoer weet nie. Nou ry ek met my deure gesluit. So miskien antwoord dit jou vraag wat jy ook moet doen. Ouderdom tel nie meer op die hoek van die straat nie en ek het hulle al in die middag sien huistoe ryloop. Jy moet rerig versigtig wees want ek was nie die enigste ou wat dit al mee gebeur het nie.

  • 81. jaco  |  September 23, 2009 om 2 : 19

    Hi daar

  • 82. Olga  |  September 23, 2009 om 2 : 23

    Skool vakaosie en kyk wie daag op? matriekseuns se hande gaan weer eelte kry.

  • 83. Adrie  |  September 23, 2009 om 2 : 47

    Seekat
    😯

    Nie enige man wat rugby bo ‘n begeerlike girl sal kies nie.

  • 84. Nats  |  September 23, 2009 om 3 : 12

    GGGRRRRRRR!!!!!!!!!!👿

  • 85. Adrie  |  September 23, 2009 om 3 : 17

    En nou, Tweeling?

    Werk jy jou op oor die onderhoud?

  • 86. Nats  |  September 23, 2009 om 3 : 29

    Die blog gooi my heeltyd terug na die SUV blog toe!!!!

    Is dit ‘n teken dat ek ‘n SUV gaan kry??:mrgreen:

  • 87. Adrie  |  September 23, 2009 om 3 : 35

    Waarvoor wil jy kompenseer, Tweeling?

  • 88. *Mathilda*  |  September 23, 2009 om 3 : 47

    Nats – hoe gaan dit ?

    Gaan jy ons vir ‘n spin vat in daai SUV ?

  • 89. Nats  |  September 23, 2009 om 3 : 53

    Tweeling
    Ek wil nou ‘n 50/50 kans staan teen daai ouens wat my altyd van die pad wil staan en af ry!!!

    *M*
    Natuurlik!! Net nie vir Wille Kjind nie – sy gaan haarself verbeel “I’m driving miss Daisy” en dan gaan sy wil oorvat en ons almal bang ry!!!😯 Anders moet my Tweeling die stuur vat…😉

  • 90. *Mathilda*  |  September 23, 2009 om 3 : 56

    He he – driving miss Daisy !

  • 91. *Mathilda*  |  September 23, 2009 om 3 : 57

    Sien weer later – ek gaan nou eers biki huistoe

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: