Parkeer jou SUV waar die son nie skyn nie

September 21, 2009 at 5 : 41 42 Kommentaar

As ‘n mens die kwaliteit van paaie meet aan die aantal viertrekvoertuie per vierkante meter, watter deel in Suid-Afrika het die swakste paaie?  Sandton, Gauteng natuurlik.  ‘n 4×4 is ‘n nuwe statussimbool.  Dalk nie om mense te verdeel ten opsigte van ryk, middelklas en arm nie.  Die sleutels van jou 4×4 is eerder ‘n teken van ek is waar ek moet wees.  Ek is gevestig. 

Deesdae wanneer die eersteling oppad is, word daar vinnig gedraf na die naaste motorhawe.  Die huidige luukse motor is te ongemaklik om ‘n karstoeltjie agter in te druk.  Wel miskien één stoeltjie, maar dit is ‘n saak van onmoontlikheid om twee stoeltjies in te kry.  Is die agterste sitplek regtig soveel groter?  En maak die feit dat dit hoër is werklik ‘n wesenlike verskil?

Die ander ekskusie is die toestand van die land se paaie.  Dit is blykbaar onmoontlik om met ‘n standaard motor van punt A tot B te kom.  ‘n Mens se kanse op oorlewing is blykbaar beter in ‘n 4×4 omrede ‘n mens hoër sit.  Jy kan ook makliker bo-oor ‘n sypadjie klim as dit nodig is om ‘n kaper te ontduik.  Jy kan ook ‘n kaper doodry en verder jaag as dit nodig is.  Almal is ook skielik off-road entoesiaste.  Hulle gaan in die toekoms elke moontlike en onmoontlike terrein met hulle nuwe wiele verken.

Goed en wel.  Dit is seker jou saak as jy graag jou geld wil mors.  Ek het wel nie ‘n probleem met die tipe voertuie nie, maar ek het wel ‘n probleem met die sertifikaart wat hulle saam met die voertuie kry.  Die sertifikaart wat hulle alleenreg op die pad gee.  Ek het VERAL ‘n probleem met die feit dat SUV’s nie deurskynend is nie.

Eerstens vergeet die bestuurders dat hulle ‘n bakkie het wat daadwerklik groter as ander karre is.  Dit kan nie orals ingedruk word nie.  Jy blok die verkeer as jy met jou logge vaartuig wag om regs te draai.  Ons gewone siele kan nie deur julle kyk om te sien of daar aankomende verkeer is nie.  Volgafstand is wetlik voorgeskryf.  Net omdat jy almal uit die pad uit kan stamp, beteken dit nie dat jy soos ‘n Charlize Theron in ‘n Mini deur almal kan vleg nie.  Wag jou beurt af.  Net omdat jy ‘n 4×4 ry, beteken dit nie dat jy op die stuk veld kan ry om voor almal te gaan indruk nie. 

Ek wil eintlik ‘n voorstel maak.  Kan iemand viertrekspesifieke parkering skep?  Eerstens gebruik hulle aansienlik meer ruimte as ‘n kar.  Tweedens kan geen normale mens verby hulle sien as jy die parkering moet verlaat nie.  Jy moet maar op geloof uit.  Derdens parkeer hulle so, dat ‘n mens nie in of uit jou eie kar kan kom nie.  Sien, hulle het ‘n aansienlike deel van jou parkering ook nodig.  En glo my, hulle sal sonder die nodige versigtigheid met gemak in hulle bakkie kom.

Hoekom?  Dit is eenvoudig.  Hulle kar is duurder as joune, dus hoef hulle nie jou kar te respekteer nie.

Blogvraag:  Wie was verantwoordelik vir die ontwikkeling van die Landrover?

Blogantwoord:  Olga was reg met kwashiorkor.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Die verkeerdste ding Wat sou jy gedoen het?

42 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  September 21, 2009 om 6 : 40

    maurice wilks

  • 2. Beenkop  |  September 21, 2009 om 6 : 43

    ‘n goeie inskrywing… Die SUVs is ‘n groot hindernis in hierdie land, hulle dink omdat hulle kar groter as joune is,hulle is beter as jy. maar laat ek jou vertel: hulle ry groot karre om te over-compensate vir iets anders wat te klein is.

  • 3. Wille Kjind Q  |  September 21, 2009 om 7 : 12

    Niks met die inskrywing uit te waai nie ma ek moet dit sêg!!

    M is toe aanvaar by Sonitus!!! Kan jy nou meer!!!!

    *fluister* ek sal later kom lees en comment. Ma is nou te bly om nog te dink:mrgreen:

  • 4. Freek  |  September 21, 2009 om 7 : 12

    Wat van die vrouegeslag ma dai ma se moerse groot goed agresiewer as enige man ry. Sny draaie, poer poer teen elle opdraand, want jy kani sien om hulle verby te steek nie.

  • 5. Wille Kjind Q  |  September 21, 2009 om 7 : 13

    O ja………

    Naand almal

  • 6. Adrie  |  September 21, 2009 om 7 : 28

    Hallo

  • 7. Beenkop  |  September 21, 2009 om 7 : 30

    naandsê adrie

  • 8. Adrie  |  September 21, 2009 om 7 : 30

    Willes

    Hoe het jy dit reggekry?

    Freek en BK

    Ek wou nou net vra waarvoor kompenseer n vrou met n SUV?

  • 9. Wille Kjind Q  |  September 22, 2009 om 5 : 03

    More more!

    Adriana

    Eks ‘n scorpio. Of het jy vigeet😯

  • 10. Salome  |  September 22, 2009 om 6 : 59

    More Almal!!
    Ek los net koffie, da wassie tyd om te bak nie. Sal maar van Woensdag af weer reg staan.

    Freek – ek as vrou moet ongelukkig saam stem. Die “dames” in die 4×4’s, met al die ringe aan die vingers en daai neus in die lug houding, is beslis van die ongeskikste bestuurders nog.

    Willes!! Yipeee. Jy sien, M moes jou maar vir ‘n ma gekry het . . .

    Lekker werk julle! – het self vandag ‘n besige dag!

  • 11. Adrie  |  September 22, 2009 om 7 : 46

    More Almal

  • 12. Beeld  |  September 22, 2009 om 7 : 47

    Kalifornië – ‘n 90-jarige man is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal nadat hy sy 88-jarige vrou doodgeskiet en die vuurwapen op homself gerig het.

    James Fish het Maandat sy bedlêende vrou, Phyllis Fish, by die Leisure World-aftree-oord in Laguna Woods geskiet om ‘n einde aan haar lyding te sit.

    Jim Amormino, ‘n polisiewoordvoerder, het gesê die man het homself in die kop geskiet.

    “Hy is wakker, en kan praat. Hy sal in hegtenis geneem word as hy oorleef.”

    Volgens Amormino het mev. Fish iemand gehad wat voltyds vir haar sorg en dié vrou het die polisie gebel na die skietery.

    ‘n Vuurwapen is ook by die aftree-oord gevind.

    – Sapa-AP

  • 13. Beeld  |  September 22, 2009 om 7 : 49

    Durban – ‘n Skoolmeisie van Welkom se skooltoer het byna in ‘n nagmerrie ontaard toe sy nouliks haar dood in die see ontkom het.

    Die sestienjarige meisie het amper verdrink toe haar kano by Port-Edward strand omgeslaan het.

    Die meisie is op ‘n skooltoer in dié Natalse dorp.

    Hulle was besig om in die branders te speel toe haar kano omgedop en sy in die water beland het.

    Volgens Netcare 911 het sy dit uit die water gemaak, maar sy het op die sand inmekaar gesak.

    Toe die nooddienste daar aankom, was die Nasioanle Seereddingsinstituut (NSRI) en Ubuntu lewensredders reeds besig om haar te help.

    Die noodwerkers het haar gestabiliseer en na die Margate-hospitaal geneem, waar sy tans aansterk.

    Noodwerkers het ‘n beroep op die publiek gedoen om versigtig te wees en om slegs te swem waar daar lewensredders aan diens is.

    – Netcare 911

  • 14. Beeld  |  September 22, 2009 om 7 : 51

    Hilda Fourie

    ‘n Maand nadat hy as hoofseun aangewys is – en ’n dag voor sy ma se verjaardag – het Emile Page (17), ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Die Wilgers in Pretoria, homself doodgeskiet.

    Sy ma, mev. Heleen Page, het Saterdagaand in sy kamer in hul huis in die Silver Lakes-landgoed in die ooste van Pretoria op sy lyk afgekom nadat hy hom met sy pa se rewolwer geskiet het.

    Emile, wat ’n depressielyer was, het in ’n selfmoordnota, wat hy aan “Liewe mamma en pappa” gerig het, gesê hy is “net te moeg en kan dit nie meer hanteer nie”.

    “Ja, ek is dood maar ek is nou op ’n plek waar ek veraltyd (sic) gelukkig kan bly,” lui die brief.

    “Ek weet dis moeilik maar gaan asb. aan met julle lewens.

    “Dit is nie julle of enige iemand se skuld nie. Ek is baie lief vir julle en julle het alles moontlik vir my gedoen.

    “Ek is jamr (sic) maar dink so daaraan of ek bly ongelukkig hier of ek is gelukkig daar bo.”

    Mnr. Pieter Page het gesê dié brief het aan hom en sy vrou berusting gegee oor hoekom sy seun selfmoord gepleeg het.

    Volgens mnr. Page het Emile al van kleintyd af ’n depressieprobleem gehad en het hy ’n lang tyd medikasie vir depressie gebruik. Hy het ook al berading ontvang.

    Volgens mnr. Page het dit veral beter met Emile gegaan nadat hy sowat ’n maand gelede as sy skool se hoofseun vir volgende jaar aangewys is.

    Emile het nog Saterdagoggend saam met ander leerlingraadslede volgende jaar se groentjiekonsert beplan.

    Dié middag het hy aan sy pa gesê hy is te moeg om die aand na ’n musiekkonsert te gaan.

    Emile het die aand by die huis gebly terwyl sy ouers gaan uiteet het om sy ma se verjaardag die volgende dag te vier.

    Toe mev. Page omstreeks 19:30 vir Emile kos na sy kamer vat, het geestelike musiek hard gespeel en het hy dood op die vloer gelê.

    Die rewolwer wat hy gebruik het, het hy uit sy pa se kluis gehaal.

    “Die depressie wat hy op sy vlak gehad het, was ’n siekte,” het mnr. Page gesê.

    “Ons het hom baie liefde en aandag gegee en moeite gedoen om hom te help.

    “Afgesien van sy depressie het hy steeds gelewe en die beste van die saak gemaak.

    “Dalk het die dip waarin hy was hom net erger as gewoonlik gevang. Daar was nie enige tekens nie en ons het glad nie so iets verwag nie. Dít is wat dit so moeilik maak.”

    Emile laat ook ’n ouer broer, Hendré (21), wat in 2005 hoofseun van dieselfde skool was, agter.

    ’n Gedenkdiens vir leerlinge van die Hoërskool Die Wilgers sal môreoggend omstreeks 09:00 by die NG gemeente Lynnwoodrif gehou word. Emile se roudiens sal Vrydagoggend omstreeks 11:00 vanuit die NG gemeente Moreletapark in Rubensteinweg plaasvind.

  • 15. Beeld  |  September 22, 2009 om 7 : 54

    Politieke Redaksie

    Onverantwoordelike onderwysvakbonde hou swart kinders in die apartheidstyd gevange.

    Pres. Jacob Zuma het gister tydens die eerste dag van die vakverbond Cosatu se tiende nasionale kongres hard en reguit gepraat oor gebreke in die onderwys en vakbonde se aandeel daarin. Hy het die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) by name genoem en gesê swart kinders bring te min tyd in die klaskamer deur.

    Meer as 2?600 afgevaardigdes van 21 vakbonde het in die Gallagher Estate-konferensiesentrum in Midrand geluister terwyl sprekers, onder wie Zuma, mnr. S’dumo Dlamini (Cosatu-president), dr. Blade Nzimande (SAKP-leier) en mnr. Zwelinzima Vavi (Cosatu-hoofsekretaris), die regerende alliansie se lof besing het.

    Onderwys was hoog op die sakelys en elke spreker het in sy spreekbeurt daarna verwys.

    Die ANC-leier, wat ’n luide ontvangs gekry het, het verwys na ’n verslag wat toon voormalige wit skole se onderwysers bestee ses en ’n half uur per dag in die klaskamer, terwyl hul swart ampsgenote slegs drie en ’n half uur klasgee. “Dit is ’n ernstige kwessie. Ons mag, sonder dat ons dit besef, dít wat apartheid ingestel het, handhaaf. Só skep ons ’n situasie waar arm skole en arm leerlinge agtergeblewe bly.”

    Zuma het Sadou – as die grootste vakbond in die onderwys – gemaan om ’n leerkultuur te vestig om te verseker dat skole sentrums van uitnemendheid word.

    Nzimande het ook gewaarsku: “Ons sit op ’n tydbom.”

    Hy het syfers aangehaal om sy punt te staaf en verduidelik 2,8?miljoen jongmense tussen 18 en 24 jaar “sit by die huis en niksdoen”.

    Nzimande het ’n skreiende aanval op oudregter Johann Kriegler gedoen en hom “arrogant en alwetend” genoem. “Sommige maak asof hulle die enigste bewakers van die Grondwet is en dat hulle die Grondwet die beste verstaan.

    “Terwyl ons besig was om dood te gaan (in die struggle) het sommige van hulle knus op die regbank gesit en apartheidswette afgedwing.”

    Die grootste twispunt tussen die ANC en sy vennote is die kwessie rondom vakbonde in die weermag. Dlamini het driftig gesê dat nie eens die Mbeki-regering dit gewaag het om vakbonde in die weermag te verbied nie en dat Cosatu dié planne sal beveg.

    Zuma het egter minute later met ’n breë glimlag gesê vakbonde in die weermag is op pad uit en dat die nuwe militêre dienskommissie vakbonde gaan vervang. “Ons is daarvan oortuig dis ’n kwessie van nasionale veiligheid.”

    Hy het skerp woorde gehad vir diegene wat hulself met ’n “onvanpaste en voortydige opvolgdebat besig hou” en gesê niks mag die aandag van dienslewering aflei nie. Die ANC is besig om ’n gedragskode op te stel waarvolgens die opvolgdebat hanteer gaan word: “Om nou daaroor te praat is niks anders as kwaadwillige afleiding nie. Ons mag gedwing word om diegene wat daarmee volhou in die openbaar in die bek te ruk.”

    – Beeld

  • 16. Beeld  |  September 22, 2009 om 7 : 55

    Buks Viljoen

    ’n Skofbevelvoerder van ’n veiligheidsmaatskappy is gisteroggend buite Sabie deur betogers teen swak dienslewering met klippe doodgegooi nadat hy vergeefs van hulle probeer vlug het.

    Oproerige inwoners van die Simile-woonbuurt het die pad na Sabie versper en mnr. Frank Manoge, ’n skofbevelvoerder van J&M Sekuriteit in die dorp, en ’n kollega in hul bakkie voorgekeer.

    Manoge het pas wagte in Simile afgelaai en was op pad terug Sabie toe, het mnr. Werner Terblanche, senior bestuurder van dié onderneming, gesê.

    Die oproeriges het die bakkie glo heen en weer geskud om dit te probeer omrol. Manoge het uit die bakkie gespring en vergeefs voor die oproeriges uitgevlug. Hulle het hom ingehaal en gestenig.

    Sy kollega wat saam met hom in die voertuig was, en wie se naam om veiligheidsredes nie bekend gemaak is nie, het ongedeerd weggekom. Hy het twee uur later by die polisiekantoor in die dorp aangekom.

    Die maatskappy se bakkie is aan die brand gesteek en heeltemal verwoes.

    Volgens Terblanche het een van J&M se personeellede in Sabie Manoge gisteroggend omstreeks 05:00 gebel om hom te waarsku om nie Simile toe te gaan nie, juis weens die opstande daar.

    “Hy was egter reeds in die woonbuurt. Toe hy met die enigste pad tussen Simile en Sabie uit die woonbuurt probeer kom, is hy aangeval.”

    Sabie en Simile val albei onder die beheer van die Thaba Chweu-munisipaliteit.

    Die ANC-beheerde stadsraad is die afgelope jaar in soveel chaos dat die ANC twee weke gelede tien raadslede, asook die burgemeester, in die pad gesteek het.

    Altesame 14?dae ná die afdankings is die raad steeds leier- en raadslidloos.

    Mnr. Lucky Ndinisa, die ANC se provinsiale sekretaris-generaal in Mpumalanga, het ten tyde van die afdankings gesê hulle doen dié drastiese stap in ’n poging om die onluste oor dienslewering te ontlont.

    Hy het ook belowe die party sou binne sewe dae ’n nuwe burgemeester aanstel.

    Ndinisa het gister aan Beeld gesê hulle sal die nuwe leierskorps nou eers aanstel nadat die party se provinsiale werkkomitee die komende naweek vergader het.

    – Beeld

  • 17. Beeld  |  September 22, 2009 om 7 : 58

    Charles Smith

    ’n Hollywood-ateljee wil dalk ’n fliek maak van ’n Vrystaatse meisie en haar blinde perd se onwrikbare vertroue in mekaar.

    Die rolprentreus Warner Bros. en sy plaaslike agent, Film Africa, onderhandel vir die regte om die verhaal van Chelsey Cooper (14) en haar perd, Lady Domain, te verfilm.

    Chelsey, ’n leerling aan die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein, het drie Suid-Afrikaanse saalperdkampioenskap­titels met Lady Domain ingepalm nadat dié blind geword het.

    Die blonde meisie het geweier dat haar perd ná ’n ongeluk van kant gemaak word. Hulle het voorheen saam die nasionale driegangtitels in die o.12- en o.18-klasse én vir perde van 15,1 hand hoog ingepalm.

    Met ysere wilskrag het sy die merrie geleer om 100% op haar te vertrou en só haar oë geword. Chelsey het Lady die selfvertroue gegee om steeds ’n kampioen te wees, al is die wêreld donker. “Ons het hulle toe oë geklop, Lady!” het Chelsey aan haar perd gesê nadat hulle die Suid-Afrikaanse driegangkampioenskap vir haar ouderdom in 2008 ingepalm het.

    Net ’n handjievol mense het geweet Lady is heeltemal blind. Die beoordelaars het dit nie geweet nie. ’n Perd wat blind is mag nie deelneem nie. Veeartse wat gedink het sy het effens sig in haar linkeroog was die skuiwergat om haar in te skryf.

    Lady Domain is volgens Chelsey se ma, mev. Anneli Cooper, die enigste gestremde perd in die wêreld teen normale perde ’n nasionale titel kon wen.

    Lady Domain (wat pas 10 geword het) mag nie meer aan kampioenskappe deelneem nie, maar sy en Chelsey tree op om mense te inspireer.

    Lady sal haarself in die rolprent speel. Die werktitel is Through my eyes , hoewel Blind faith en Never say never ook oorweeg word.

    – Beeld

  • 18. Beeld  |  September 22, 2009 om 8 : 01

    Susan Cilliers
    ’n Sakeman wat juis sy oorlede vrou se droom wou vervul om ’n hawe vir mishandelde kinders te begin is gister op borgtog van R40?000 vrygelaat in ’n saak waarin hy van misdrywe teen dié kinders aangekla word.

    Die 31-jarige kinderhuis-eienaar van Krugersdorp en sy twee medebeskuldigdes se aansoeke om borgtog is gister in die plaaslike landdroshof aangehoor.

    Die twee medebeskuldigdes is op borgtog van R5?000 elk vrygelaat.

    Al drie beskuldigdes is op 11 September ten aanskoue van ontstelde kinders by die tehuis in hegtenis geneem. Hul name mag regtens eers bekend gemaak word wanneer hulle gepleit het.

    Die eienaar van die tehuis het verlede jaar toe Beeld oor die tehuis berig het, vertel sy vrou en hul ongebore kind is sowat vyf jaar gelede in ’n motorongeluk dood. “Dit was haar droom om ’n tehuis vir kinders tot stand te bring,” het hy toe gesê.

    ’n Woordvoerder van die tehuis het destyds gesê hulle “probeer nie net in die kinders se fisieke nie, maar ook hul emosionele en intellektuele behoeftes voorsien”.

    Die hof het gister gehoor die eienaar is ’n vermoënde sakeman wat sowat R85 000 per maand verdien en eiendom ter waarde van R30 miljoen besit. Hy het twee aangenome en twee pleegkinders in sy sorg, en ly glo aan depressie.

    Daar was gister ’n geskarrel in die hof om sy paspoort by ’n reisagent te gaan haal sodat dit by die hof ingedien kon word voordat hy vrygelaat is. Hy sou na onder meer Singapoer reis, maar dié reis is nou van die baan.

    Die staat was bekommerd dat die man landuit kon probeer vlug omdat hy geld het en tronkstraf hom dalk in die gesig staar.

    Sy persoonlike assistent wat ook aangekla word, is ’n ongetroude vrou (30) met ’n vierjarige seuntjie, het die hof gehoor.

    Sy 41-jarige motorbestuurder, ’n getroude man met vier kinders, word daarvan verdink dat hy ’n 16-jarige meisie verkrag het.

    Sowel die persoonlike assistent as die eienaar van die tehuis word aangekla van medepligtigheid tot verkragting, asook van die misbruik en verwaarlosing van kinders onder hul sorg. Klagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer word ook ondersoek.

    Die klagstaat is nog nie gefinaliseer nie, maar verskeie seksuele misdrywe teen kinders is na bewering oor ’n tydperk van 18 maande gepleeg. Die saak is tot 20 November uitgestel.

  • 19. Beeld  |  September 22, 2009 om 8 : 02

    Sonja van Buul
    Vanderbijlpark. – “Hallo, my boertjie.” “Hallo, my k*****tjie.”

    Dié “gemoedelike” groetery Vrydag tussen twee seuns wat mekaar al van gr.?1 af ken, het gister vermoedelik gelei tot ’n mesaanval waarin ’n 16-jarige skoolseun se hart rakelings gemis is.

    Jeandré Kruger, ’n gr.?10-leerling aan HTS Carel de Wet in Vanderbijlpark, is een keer in die bors en twee keer in die rug gesteek tydens die aanval net nadat die skool gister uitgekom het.

    ’n Derde skoolseun (15) het Vrydag aanstoot geneem toe hy hoor hoe die twee seuns mekaar groet en hy het Jeandré daaroor gekonfronteer. “Die twee seuns groet mekaar al lank (só) en dink dis grappig,” het mnr. Johan Kruger, Jeandré se pa, gister gesê.

    “Die seun (wat aanstoot geneem het), ’n gr. 9-leerling, het my aan my skoolhemp rondgeruk en toe slaan ek hom met my kop teen sy kop,” het Jeandré gesê.

    Volgens Jeandré het hy gister ná skool na sy ouers se motor ge­stap toe die seun wat hom Vrydag gekonfronteer het, hom oorkant die skool (buite die skoolhekke) eenkant toe geroep het.

    “Hy was alleen, maar het ’n mes uitgehaal en my daarmee gesteek,” het Jeandré gesê.

    “Die volgende oomblik voel ek hoe iemand anders my twee keer met ’n mes in my rug steek.”

    Jeandré het op sy knieë neergesak en gesien hoe sy aanvallers, vier leerlinge aan sy skool, weghardloop.

    Hy het opgestaan en na sy
    ouers gehardloop wat in hul motor gewag het. Hulle het die skoolhoof ingelig voordat hulle hul seun na ’n plaaslike hospitaal geneem het waar sy wonde met steke geheg is.

    “Die dokter het gesê Jeandré is gelukkig dat sy hart en longe nie geraak is nie,” het mnr. Kruger gesê.

    “My seun kon dood gewees het as hulle hom ’n paar sentimeter laer in sy bors gesteek het,” het mev. Yolanda Kruger gesê.

    Volgens mnr. Kruger het hy “geen probleme met ras of velkleur nie”, maar wel met misdadigers se optrede.

    Die ouers sal mnr. Gawie Richter, skoolhoof, vandag gaan sien en die voorval verder met hom bespreek.

    “Ek hoop net die skuldiges kry hul straf,” het ’n bleek Jeandré gesê.

    Volgens insp. Kinnie Steyn word die aanval deur die Vanderbijlpark-polisie ondersoek.

  • 20. Olga  |  September 22, 2009 om 8 : 32

    ek kan nie glo jacaranda speel stumbling in deur dozi en nianell nhe. dan weer, ek kan nie glo iemand het dit op n cd verewig nie. kon hulle kopiereg daarop bekostig? ek wonder of suzi quatro weet hulle het ha liedjie opgeneem?

  • 21. Adrie  |  September 22, 2009 om 8 : 49

    Dankie tog dit was my gespaar

  • 22. Olga  |  September 22, 2009 om 8 : 52

    ek verpes dit absoluut om langs n double cab bakkie te parkeer. hulle pluk hulke deure oop teen jou kar vas en gee nie n hel om vir die krap of selfs duikie wat hulle met hul deur aanrig nie!

  • 23. Olga  |  September 22, 2009 om 8 : 59

    #19 wys net weer apartheid kom van binne. dit is nie n baadjie wat aan en uit getrek kan word nie.

    #15 daar vergeet hulle weer omder die vorige bedeling het swart kinders ook n volle 6 uur op hulle gatte in n klaskamer met n doserende onderwyser deurgebring. toe was die klagte weer dat die skooldag te lank was. maar die onnies wat net 3 uur per dag skool gee is verseker 96% swart. hoe de 4k kan dit apartheid se skuld wees?

  • 24. Olga  |  September 22, 2009 om 9 : 00

    ontset my 5c. ek het nie n verbode woord gebruik nie.

  • 25. Adrie  |  September 22, 2009 om 9 : 36

    Olga

    Hulle kan mos onmoontlik verwag word om jou klein karretjie raak te sien.

  • 26. *Mathilda*  |  September 22, 2009 om 10 : 00

    More

  • 27. SeeKat  |  September 22, 2009 om 10 : 17

    Die meeste 4×4 was nog nooit van die teerpad af nie. Maar as jy nou rerig vlak in die kop wil sien is dit die ou wat mags op sy 4×4 sit met lowprofile bande. Wat dink die ou hoe gaan hu in die veld daarme ry en as hy nie in die veld wil ry nie wat koop hy dan nie n sports kar wat onwerp is vir spoed met lowprofiles op nie. Ek moet se as jy nou in die wildtuin gaan rond ry is die ekstra hoogte n voordeel om beter tekan sien. Daar is defnitief plek vir n 4×4 as jy in die veld in afrika rond wil toer maar dit moed n redilke een voudige tiepe een wees want spaarparte is beskikbaar maar defnitief nie vir jou BMW X5 nie. Dit staan ook bekend as n corrupt government official kar.

  • 28. Adrie  |  September 22, 2009 om 10 : 24

    Seekat

    Jy het n punt, dit help mens om beter in die wildtuin te sien. Bere die ding vir die wildtuin. Ek let nie eers die wiele op nie.

    Lo, Tilla

  • 29. *Mathilda*  |  September 22, 2009 om 10 : 37

    Willes

    Baie geluk ! Ek is bly dinge met M en die skool is ou uitgesort, nou kan jy relax en weet jou kind sal happy wees

    Adrie

    Ganit ?

  • 30. Nats  |  September 22, 2009 om 11 : 04

    Hello hello!!!

    Ek haat dit net so om langs ‘n SUV of enige ander groot voertuig te stop! Kan nooit sien of daar ‘n kar kom of nie! En tipies daai tye is daar nooit ‘n “parking assistant” nie!!😆

  • 31. SeeKat  |  September 22, 2009 om 11 : 14

    Die meeste ouens wat SUV ry , ry dit nie vir die wild tuin nie maar vir die vrouens se bene en om te sien hoe sit hulle in hulle eie karre en of dalk trek haar minie op. Rerige Klein mannetjie sindroom!!!

  • 32. Adrie  |  September 22, 2009 om 11 : 22

    Tweeling

    Die karnar is natuurlik doodgery met die einste suv.

    Seekat

    Duidelik is ek nie n man nie. Ek sou nooit daaraan gedink het nie.

  • 33. SeeKat  |  September 22, 2009 om 12 : 05

    Adrie

    Nou weet jy as jy langs n ou stop met sy 4X4 en hy hang by die venster uit wat hy besig is om te doen hy check jou uit.

  • 34. Adrie  |  September 22, 2009 om 12 : 13

    Seekat

    Sy good luck. Ek dra gewoonlik ten minste ‘n broek wat tot my kniee kom.

  • 35. SeeKat  |  September 22, 2009 om 12 : 17

    Adrie

    Ag dit is nou so jammer vir die ouens. Maar nou ja daar is n paar ander girls wat die show goed doen en seker met opset ook. Maar hoe sal ek nou weet my SUV staan nog in die fabriek en die bank het nie meer geld nie.

  • 36. Nats  |  September 22, 2009 om 1 : 09

    Ek sien nou weer gewoontlik net vrouens in die SUV’s… gehoor die manne koop dit en raak gou gatvol vir die SUV en gee dit dan vir vroulief en hy ry dan ‘n sports kar.

  • 37. Nats  |  September 22, 2009 om 1 : 10

    Tweeling
    Het ‘n SUV jou foto getref?? Wat die duiwel is dit???

  • 38. Adrie  |  September 22, 2009 om 3 : 40

    Seekat

    Jy sal maar een moet gaan kaap.

    Nats

    Wag en sien.

  • 39. Nats  |  September 22, 2009 om 4 : 39

    O I C!!!😆

    Ha ha ha!!!😈

  • 40. Olga  |  September 22, 2009 om 5 : 18

    sulke mooi foto’s van patrick swayze in hg. jammer net heeltemal te min. hulle het weke lank bladsye foto’s van mj gewys. net 2 ble van hom.

  • 41. Nelba  |  September 25, 2009 om 5 : 47

    Ek stem saam met die SUV storie. Hulle is nie noodwendig veiliger nie, hulle suip brandstof en hulle maak dinge vir ander bestuurders gevaarliker. Verder het min mense hulle regtigwaar nodig vir hulle werk.

  • 42. Adrie  |  September 25, 2009 om 5 : 55

    Ek het skoon van die brandstof misbruik vergeet.😯

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: