Die verkeerdste ding

September 20, 2009 at 2 : 58 59 Kommentaar

Daar is dae waar ‘n mens se oë baie groter as jou maag is.  Waar jy meer kos voorberei / opskep as wat jy moontlik kan eet.  Goeie mens wat jy is, bêre jy dit maar in die yskas.  Saam met al die vrugte en groente wat jy gekoop het.  Om van die suiwel en eiers nie te vergeet nie. 

Soos dit maar gaan, eet jy partykeer onbeplan elders.  Met die gevolg dat jou yskas nie die aandag kry wat dit verdien nie.  Die kos in jou yskas word slymerig, frummelrig of bloot net oud.  Sodat jy dit nie meer kan eet nie.  Jy is dan in die posisie waarin jy oorspronklik was.  Jy weet dat jy dit nie gaan eet nie, maar voel te sleg om dit weg te gooi.  Die kos weggooi word nie beter net omdat dit bederf is nie.

Elke keer wat ek kos moet weggooi, sien ek ‘n pens met stokkie bene en arms wat ‘n jong kind is.  Een wat nie die luukse het om neus te kan optrek nie.  Wat moet eet wat hulle kry, want dit is moontlik al wat hulle van ‘n gewisse hongerdood red.  Die koppie melk wat suur geword het, is vir my ‘n frustrasie.  Vir hulle is dit ‘n koppie melk wat ‘n ongekende luukse is.  Die rys wat ek nie meer wil eet nie, kan een van hulle se somtotaal van kos wees. 

Aan die ander kant, daar is net soveel wat een mens kan eet.  Om kleiner porsies te koop is nie altyd moontlik nie.  Kaas word in blokke verkoop.  As jy ‘n gereg wil maak wat kaas bevat, gaan daar noodwendig ‘n stuk oorbly.  Jy gaan dit nie dadelik weer gebruik nie, met die gevolg dat dit gaan bederf.  Vars produkte word in familie grotes verkoop, glad nie vriendelik vir enkellopendes nie.

Ja, vries is ook ‘n opsie.  Kanse is goed dat jy daarvan in jou vrieskas gaan vergeet.  Of dat die hoeveelheid te min gewees om ontvriesing te regverdig.  Die gevolg is dat jy dit wel op die einde gaan weggooi.

Daar is ook blatante kos mors.  Die vrou wat haar vererg omdat haar man laat is en sy kos in die asblik gooi.  Erger nog, kos wat vir speletjies aangewend word.  Dink byvoorbeeld aan eierresies, eiergooi of ‘n kosgeveg.

In my oë is dit baie verkeerd.  Onregverdigbaar verkeerd.  Hoe voel julle daaroor?

Blogvraag:  Die groot magies, met maer armpies en beentjies, is ‘n kenmerkende simtoom van ‘n proteien te kort.  Wat word die siekte genoem?

Blogantwoord:  Midnight Special – CCR (Middernag afslag);  Simply Irresisitible – Robert Palmer (net onweerstaanbaar); Paint it Black – Rolling Stones (Max)

Bonuspunte:  Max:  irresisitible – the corrs; midnight – pitbull; six weeks – enertia; suddenly – ashley tisdale; mr sandman – chordettes; nothing’s gonna stop me now – samantha fox; shold – slayer; proud – heather small; the future – leonard cohen; evil – interpol; white elephant – bride; feed – sevendust.  Willes:  late night – mario;  waste of time – fm static;  credit card – silage; 6 weeks – jamendo;  realise – colbie gaillat;  owner – soulja boy tell em;  shopping – pet shop boys;  understand – christina aguilera;  time – pink floyd;  whoomp there it is – tag team;  unstoppable – kat deluna.

Foto:  Max:  eye of the tiger – survivor; tigger – peter sommer;  wonderful tigger – disney tigger movie sountrack;  how to be a tigger – tigger movie soundtrack;  the rum tum tigger – andrew lloyd webber; tigger and the gizzle – ginuwine; big tigger live on the radio – lil’ wayne; the wonderful thing about tiggers – tigger movie soundtrack; Willes:  Tiger – ABBA; Neon tiger – killers; night tiger – picture; Taming the tiger – joni mitchell; Tiger teeth – paper route; animal – rem; incredible animal – the prostitutes; Bad animals – heart;  pill poppin animal – lil wayne;  treat me like an animal – parr john;  manor animal – audioslave; the cat’s pajamas – iwrestledabearonce; the beast – tech n9ne; beast – wolfgang;  i’m a beast – r. Kelly;  your adorable beast – bare jr.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Kopers spyt Parkeer jou SUV waar die son nie skyn nie

59 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  September 20, 2009 om 3 : 15

    Eerste

  • 2. Wille Kjind Q  |  September 20, 2009 om 3 : 23

    Aggenee! Ek salli nou al daai groot woorde ka leesi

  • 3. Adrie  |  September 20, 2009 om 4 : 05

    Hi Willes

  • 4. Salome  |  September 20, 2009 om 5 : 21

    Middag julle.

    Eish, daai groot pensies met stokkies arms en bene is ‘n hartseer prentjie, maar die ma’s kan nie vooraf dink wat hulle an hulle nasate doen deur net aan te hou teel nie . . .

  • 5. Olga  |  September 20, 2009 om 7 : 11

    kreatien?

  • 6. Adrie  |  September 20, 2009 om 7 : 16

    Hallo

    Olga, ek bedoel eintllik wat word die toestand genoen. Kreatien is mos n proteien, as ek dit nie mis het nie?

  • 7. Olga  |  September 20, 2009 om 7 : 19

    Albumin

  • 8. Adrie  |  September 20, 2009 om 7 : 21

    Salome

    Ons moet regverdig wees. Daardie mense het min of geen opvoeding. Min of geen blootstelling aan die media. Min of geen toegang tot gesondheidsdienste. Hulle weet nie dat hulle n keuse het nie.

  • 9. Olga  |  September 20, 2009 om 7 : 22

    oedema. skuus. ek kyk teen my wynglas vas.

  • 10. Olga  |  September 20, 2009 om 7 : 26

    of kwasiorkor

  • 11. Adrie  |  September 20, 2009 om 7 : 26

    Wyn op n sondagaand? Alleen? Of het Bessie ook in haar bak.

  • 12. Baby Jane  |  September 20, 2009 om 7 : 26

    Dommies. . .die antwoord is Kwasijorkor! DWE

  • 13. Baby Jane  |  September 20, 2009 om 7 : 27

    😥

  • 14. Baby Jane  |  September 20, 2009 om 7 : 29

    Ek wou eerste antwoord. Die wereld is teen m. . .:-(

  • 15. Adrie  |  September 20, 2009 om 7 : 30

    Hi Baba Jana. Ek hoop jy eet al jou boontjies en drink al jou melkies dat jy rooi wangetjies kan kry.

  • 16. Olga  |  September 20, 2009 om 9 : 13

    arme janey. dis awful as die lewe jou so ini tanne skop skattebol. bessie het haar wyn met my gedeel.

  • 17. Wheelbarrow Jack  |  September 20, 2009 om 9 : 15

    Is daar n mondvol wyn vir my ook?

  • 18. Olga  |  September 20, 2009 om 9 : 16

    ek en bessie deel nie ons wyn nie.

  • 19. Wheelbarrow Jack  |  September 20, 2009 om 9 : 17

    Dis nastie van julle!

  • 20. Olga  |  September 20, 2009 om 9 : 19

    issie waar nie.

  • 21. Wheelbarrow Jack  |  September 20, 2009 om 9 : 20

    Is. Ek soek ook wyn.

  • 22. Olga  |  September 20, 2009 om 9 : 22

    gaan kry vir jou obs in die vaatjie in die blog kombuis. dis nou as wk ni alles opgesuip het nie. sy is mos so dors.

  • 23. Wheelbarrow Jack  |  September 20, 2009 om 9 : 24

    Gaan jy joune deel as wk alles opgesuip het?

  • 24. Olga  |  September 20, 2009 om 9 : 26

    ek kan nie. bessie het die laaste bietjie opgdrink. kra maar net in die kas. as jy n omo box kry, help jouself. ouma wip kuier op ander blogs rond. sy het ha kleimkinders weggegooi. nag oom jack. gaan jou goed.

  • 25. Wheelbarrow Jack  |  September 20, 2009 om 9 : 28

    Ag, ek sal dan maar troos soek in die omobox. Nag olga. Lekker slaap.

  • 26. Wille Kjind Q  |  September 21, 2009 om 5 : 44

    More

  • 27. Salome  |  September 21, 2009 om 6 : 09

    Goeie more!!

    Ek los vars skons saam die koffie. Julle moet ‘n WONDERLIKE dag hê!

  • 28. Olga  |  September 21, 2009 om 7 : 04

    more, more. wat my versand te bowe gaan, is hoe n ma wat lief is vir haar kinders, hulle kan toelaat om nie groente te eet nie. ari almal weet tog jy het die vitamine en minerale nadig wat slegs die kosse jou kan bied. dan kry jy die “my kind eet nie…” mammas. ry verkeer dan boonop onder die indruk dat sy haar kind n mase guns doen. mev, word wakker. kyk om jou rond na die sieklike, kromgetrekte oumense. dan vra jy jouself af hoe kan 1 mens 104 wees op 65 terwyl die volgende op 85 jare jonger is? hou dit dalk verband met die nutriénte wat kleintyd al verwerp is omdat mamma gese het, “dis goed my kind, jy hoef nie pampoen en beet te eet nie.” ek dink so.

  • 29. Olga  |  September 21, 2009 om 7 : 07

    dankie, salome. mag jy ook n fantastiese dag he.

  • 30. Salome  |  September 21, 2009 om 7 : 16

    Ek stem 100% saam. Kinders het net fiemies omdat die ma’s hulle so leer.
    Ons seuns eet alles en nie omdat ek hulle gedwing het nie, maar omdat mens hul blootstel aan al die kossoorte en toelaat dat hul dit self ontdek. Toegegee, 1 hou van soet groente meer as die ander en so aan, maar dis waar persoonlike smaak in kom.

  • 31. Adrie  |  September 21, 2009 om 7 : 52

    Ek weet van grootmense wat nie groente of vrugte eet nie.

    More almal

  • 32. Beeld  |  September 21, 2009 om 7 : 53

    Virginia Keppler

    Bryan Habana en me. Janine Viljoen het gister te midde van buitengewone veiligheidsmaatreëls, waaronder ’n selfoonverbod, op ’n landgoed in Centurion ewige trou aan mekaar beloof.

    Viljoen het soos ’n prinses op ’n perdekar getrek deur spierwit perde na ’n landgoed se kapel gery waar haar prins en die res van die talle genooide gaste op haar gewag het.

    Amptenare van ’n veiligheidsmaatskappy het dele van die openbare straat met geel kegels en voertuie versper om ongenooide gaste van die hek weg te hou.

    Die naelloopblits Oscar Pistorius, die Springbok-helde Victor Matfield en Percy Montgomery en die Bok-afrigter Peter de Villiers was onder verskeie sportsterre en ander bekendes wat die troue bygewoon het.

    Gaste het hul motors etlike meters van die landgoed se hek op die sypaadjie parkeer omdat niemand toegelaat is om by die hek in te ry nie.

    By die hek het veiligheidspersoneel eers gaste se name op hul gastelys afgemerk en daarna is die gaste ingelig dat hulle nie met selfone en kameras mag ingaan nie.

    Dit het verskeie gaste ontstel en van hulle het selfs onderlangs gefluister dat hulle “sommer lus het en gaan huis toe”.

    Een paartjie het geweier om hul selfone agter te laat omdat hul seuntjie glo tuis siek was en hulle nie buite bereik wou wees nie.

    Hulle is ná dié verduideliking met hul selfoon toegelaat.

    Gaste is daarna in spogmotors en ’n minibus by die landgoed ingekarwei.

    Selfs die spyseniers moes van die eetgoed en vrugtesap by die hek indra omdat hulle ook nie toegelaat is om met hul voertuie in te ry nie.

    Daar was ’n gemoedelike atmosfeer buite die hek waar ou vriende mekaar gegroet en omhels het terwyl hulle gewag het vir hul beurt om by die landgoed in te gaan.

    Veiligheidswagte het Beeld se verslagspan, wat by die hek gestaan het terwyl die gaste opgedaag het, kort-kort gevra om die omgewing te verlaat.

    In ’n stadium wou een van die wagte die fotograaf se kamera afneem, maar nadat hy ingelig is dat hy nie die reg het om dit te doen nie, het hy dit daar gelaat. Hy en nog wagte het hard probeer keer dat die fotograaf die perdekar afneem wat by die hek ingery het.

    * Habana gaan Saterdag nog op sy twee week lange wittebrood wees en dus nie vir die Blou Bulle teen die Cheetahs uitdraf nie.

    – Beeld

  • 33. Beeld  |  September 21, 2009 om 7 : 55

    Philip de Bruin

    ’n “Geliefde en gerespekteerde” leraar van die NG Moedergemeente in Coligny in Noordwes is in ’n gayseks-drama vasgevang.

    Die moontlikheid word ondersoek dat ds. Danie van Niekerk in ’n lokval gelei is toe eksplisiete seksfoto’s van hom en ’n jong man geneem is.

    “Niemand kan met sekerheid sê wie vir wie geld aangebied het nie,” het ’n inwoner wat verkies om anoniem te bly, gister gesê nadat dit bekend geword het Van Niekerk, wat al langer as 20 jaar in die dorp bedien, die middelpunt van die drama is.

    “Al wat ek kan sê, is dat die hele dorp en omgewing oor niks anders praat nie.”

    Insp. Sam Tselanyane, provinsiale polisiewoordvoerder, wou gister net bevestig dat Van Niekerk nog geen klag by die polisie ingedien het nie, maar hy het ’n volledige verklaring afgelê. “Ons gaan nie nou al bekend maak wat in die verklaring staan nie.”

    Die beweerde seksdade met die jong man het op ’n plaas buite Coligny plaasgevind.

    Na bewering het Van Niekerk en die jong man op die gay-webwerf meetmarket kontak gemaak.

    Dit het blykbaar tot hul beweerde ontmoeting op die plaas gelei waar die jong man glo die gay vriend van die boer is.

    Volgens Sondag en Rapport het Van Niekerk orale seks met die jong man gehad en hulle het gemasturbeer. Die boer het hulle glo ongesiens genader en die foto’s geneem.

    “Daar is nou enersyds bewerings dat ds. Van Niekerk hulle met geld wou omkoop om dit te verswyg, terwyl uit ander oorde beweer word dat die boer en die jong man ds. Van Niekerk wou omkoop om vir die foto’s en negatiewe te betaal,” het die inwoner vertel.

    Van Niekerk was gister nie vir kommentaar bereikbaar nie. By die kerkkantoor het niemand die telefoon geantwoord nie. Sy vrou, Magdaleen, het nie op ’n selfoonversoek om kommentaar gereageer nie.

    – Beeld

  • 34. Beeld  |  September 21, 2009 om 7 : 56

    Carla van Niekerk

    Twee Sasol-werkers is eergister dood toe een van hulle probeer het om ’n kollega uit ’n tenk te red nadat dié man deur gas oorval is.

    Mnr. Deon Olivier, een van die vakbond Solidariteit se verteenwoordigers by die Sasol Synfuels-aanleg in Secunda, wou glo mnr. Johnny Fourie gaan help. Fourie is deur gas oorval en daarna Olivier ook. Albei is dood.

    Die twee het omstreeks 07:45 ’n tenk by die gasproduksie-aanleg van Sasol Synfuels skoongemaak toe die gas hulle skynbaar oorval het. Me. Nothemba Noruwana, woordvoerder van Sasol, het gesê die mans was lid van ’n span wat “take uitgevoer” het voordat die aanleg weer operasioneel sou wees ná roetine-instandhouding.

    Mnr. Jaco Kleynhans, Solidariteit se woordvoerder, het bevestig Olivier was een van hul verteenwoordigers.

    Kleynhans het gesê Fourie het na bewering eerste by die tenk ingegaan en die gas het hom oorval. “Ons verteenwoordiger wou hom help en is toe ook oorval.

    “Hulle het van die veronderstelling uitgegaan dat daar nie gas in die tenk i snie. Dit is nog nie bevestig watter gas dit was nie.”

    Noruwana het gesê die familie van albei mans is in kennis gestel “en van berading voorsien”.

    Mnr. Flip de Wet, besturende direkteur van Sasol Synfuels, het gesê die Sasol-span is “verslae” .

    “Ons betreur die verlies van ons kollegas saam met hul vriende en familie.”

    Volgens De Wet is daar reeds met ’n ondersoek begin.

    Twee werknemers van ’n Sasol-aanleg in Secunda is eergister dood nadat gasdampe die een oorval en die ander hom probeer help het.

    Mnre. Deon Olivier en Johnny Fourie het omstreeks 07:45 ’n tenk by die gasproduksie-aanleg van Sasol Synfuels skoongemaak toe die gas hulle oorval het.

    Me. Nothemba Noruwana, woordvoerder van Sasol, het gesê die twee mans was deel van ’n span wat “take uitgevoer” het voor die aanleg weer operasioneel sou wees ná roetine-instandhouding.

    Olivier was volgens mnr. Jaco Kleynhans, Solidariteit se woordvoerder, een van die vakbond se verteenwoordigers by die aanleg.

    Kleynhans het gesê Fourie het na bewering eerste by die tenk ingegaan en die gas het hom oorval.

    “Ons verteenwoordiger wou hom help en is toe ook oorval. Hulle het van die veronderstelling uitgegaan dat daar nie gas in die tenk was nie. Dit is nog nie bevestig watter gas dit was nie.”

    Noruwana het in ’n verklaring gesê albei mans is na die Sasol Emergency-hospitaal by die Secunda-aanleg geneem waar hulle oorlede is.

    “Die familie van albei mans is in kennis gestel en van berading voorsien om hulle deur die moeilike tyd te help.”

    Mnr. Flip de Wet, besturende direkteur van Sasol Synfuels, het ook bygevoeg die Sasol-span is “verslae” oor die voorval.

    “Ons betreur die verlies van ons kollegas saam met hul vriende en familie.”

    Volgens De Wet is ’n ondersoek reeds begin om vas te stel wat die voorval veroorsaak het.

    Twee werknemers van ’n Sasol-aanleg in Secunda is eergister dood nadat gasdampe die een oorval en die ander hom probeer help het.

    Mnre. Deon Olivier en Johnny Fourie het omstreeks 07:45 ’n tenk by die gasproduksie-aanleg van Sasol Synfuels skoongemaak toe die gas hulle oorval het.

    Me. Nothemba Noruwana, woordvoerder van Sasol, het gesê die twee mans was deel van ’n span wat “take uitgevoer” het voor die aanleg weer operasioneel sou wees ná roetine-instandhouding.

    Olivier was volgens mnr. Jaco Kleynhans, Solidariteit se woordvoerder, een van die vakbond se verteenwoordigers by die aanleg.

    Kleynhans het gesê Fourie het na bewering eerste by die tenk ingegaan en die gas het hom oorval.

    “Ons verteenwoordiger wou hom help en is toe ook oorval. Hulle het van die veronderstelling uitgegaan dat daar nie gas in die tenk was nie. Dit is nog nie bevestig watter gas dit was nie.”

    Noruwana het in ’n verklaring gesê albei mans is na die Sasol Emergency-hospitaal by die Secunda-aanleg geneem waar hulle oorlede is.

    “Die familie van albei mans is in kennis gestel en van berading voorsien om hulle deur die moeilike tyd te help.”

    Mnr. Flip de Wet, besturende direkteur van Sasol Synfuels, het ook bygevoeg die Sasol-span is “verslae” oor die voorval.

    “Ons betreur die verlies van ons kollegas saam met hul vriende en familie.”

    Volgens De Wet is ’n ondersoek reeds begin om vas te stel wat die voorval veroorsaak het.

    – Beeld

  • 35. Beeld  |  September 21, 2009 om 7 : 58

    Sylvia van Zyl

    Die DA sal môre ’n aantal voorstelle indien by die portefeuljekomitee wat kyk na voorgestelde wetswysigings om te verseker dat die onafhanklike klagtedirektoraat (OKD) meer mag het om teen korrupte polisielede op te tree.

    Volgens me. Diane Kohler Barnard, ’n DA-LP, is die OKD tans “tandeloos” en val hul aanbevelings op dowe ore.

    “Die jongste inligting tot ons beskikking toon die polisie voer vier uit elke tien van die OKD se aanbevelings nie deur nie. Dit is skrikwekkend, aangesien die OKD geneig is om net op ernstige klagtes van wanbestuur en misbruik te konsentreer.”

    Volgens Kohler Barnard sal dié voorstelle ’n stel maatreëls bevat wat die polisie sal verplig om die OKD se aanbevelings uit te voer.

    “As die polisie voel dat die aanbevelings onrealisties is, moet hulle op skrif verduidelik hoekom hulle nie teen die betrokke lid opgetree het nie.”

    Dié maatreëls vereis ook dat die polisie se verduidelikings openbaar gemaak word.

    “Só wil ons verseker dat die polisie verantwoordelik gehou word vir enige toekomstige nalatigheid om teen korrupte polisielede op te tree,” het sy gesê.

    – Beeld

  • 36. Beeld  |  September 21, 2009 om 7 : 59

    Daniella du Toit

    Mnr. Willie Madisha, voormalige Cosatu-president, het gister in Johannesburg die eerste stappe gedoen om ’n nuwe, onafhanklike vakverbond te stig.

    Dié nuwe vakverbond sal hom onder meer daartoe verbind om lede nie hul burgerlike vryhede te ontneem “soos Cosatu doen” nie.

    Madisha was gister voorsitter van ’n konsultasie-vergadering in Coca-Cola-park in Johannesburg waar tientalle verteenwoordigers van nywerheidsektore landwyd samesprekings oor die stand van sake in die werkersbeweging gevoer het. “Ons gaan in Desember ’n nasionale kongres hou waar onder meer ’n naam en wapen bekend gestel sal word en ons ’n grondwet sal aanvaar,” het Madisha in ’n verklaring gesê.

    Volgens hom word die nuwe vakverbond gestig in reaksie op die regering en Cosatu se onvermoë om werkers se lewenstandaard te verbeter.

    “In ’n poging om kiesers te werf, het die drieparty-alliansie aan werkers ’n belofte gemaak om onder meer armoede uit te roei en voor die einde van 2009 ’n halfmiljoen nuwe werkgeleenthede te skep.

    “Die regering kom weg met voor-verkiesingsbeloftes wat hy nie eens probeer gestand doen het nie. Dit is tekenend van ’n gebrek aan werklike kommer oor die armes.”

    Madisha het gesê ’n onafhanklike vakverbond sal die vermoë hê om dié soort teenstrydighede bloot te lê en die regering aan te vat wanneer hy mense aan die vooraand van ’n verkiesing wil mislei.

    “Die rol van Cosatu om ’n kampvegter vir die belange van werkers te wees, moet bevraagteken word. Hy behoort die regering te kritiseer en aan te vat, maar die twee groepe se leiers is in wese bedmaats.

    “Werkers sien diegene wat glo hul belange op die hart dra, rol nou in die geld en bestuur motors wat miljoene kos te midde van die resessie. En dít terwyl die meerderheid van ons werkers minder as R2?000 per maand verdien om vir hul gesin te sorg!”

    Madisha is bekommerd oor Cosatu se “obsessie” met die regerende party se opvolgstryd en sê hy nie die kwessies wat werkers werklik raak nie.

    “Of Trevor Manuel nou sy gewig in kabinetsvergaderings rondgooi of nie bevoordeel nie die werkers in die winkel nie en skep nie beter werkomstandighede vir hulle nie.”

    Volgens hom is Cosatu niks meer nie as ’n “groep rusbank-revolusionêres wat slegs agter werkers in die groot sektore aan is om sy eie beursie vol te maak”.

    – Beeld

  • 37. Beeld  |  September 21, 2009 om 8 : 01

    Mnr. Thami Mseleku, direkteur-generaal van gesondheid, het gister ontken dat hy uit sy pos bedank het, drie maande voordat sy kontrak sou verstryk.

    “Ek het nie bedank nie. Dit is onwaar en dis nuus vir my,” het Mseleku gister by navraag aan Beeld gesê.

    “My kontrak kom einde Desember tot ’n einde en ek sal tot dan in my pos as direkteur-generaal werksaam wees.”

    Hy was uit die veld geslaan en het verbaas geklink toe Beeld hom gevra het of dit waar is dat hy bedank het en net tot 30 September in sy pos bly.

    Intussen het mnr. Mark Heywood, hoof van die Aids Law Project, gister gesê Mseleku se bedanking is lank reeds verwag en dit is ’n teken dat dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, ernstig daaroor is om sy departement te verbeter.

    Heywood het gesê Mseleku se bedanking kom ook as geen verrassing “omdat dit van die begin af duidelik was dat die minister hom nie daar wou hê nie”.

    “Die gesondheidsdepartement benodig ’n nuwe direkteur generaal. Iemand wat nie metdr. Manto Tshabalala-Msimang (die voormalige minister van gesondheid), geassosieer word nie,” het Heywood gesê.

    “Ons kort iemand met vaardighede wat die departement weer aanmekaar kan sit nadat dit deur die vorige minister uitmekaar geskeur is.”

    Heywood het gesê dit wil voorkom of Motsoaledi baie ernstig en vasberade is om dinge in die departement uit te sorteer.

    “Hy besef egter hy sal dit nie kan doen sonder baie doeltreffende en vaardige personeel nie.” Mseleku is oor die jare gekritiseer vir sy swak administrasie en omdat hy provinsiale gesondheidsbeamptes wou verhinder om oor MIV/vigs-kwessie te praat. Mnr. Fidel Radebe, departementele woordvoerder, het nie op Beeld se SMS’e en oproepe gereageer nie.

    – Beeld

  • 38. Beeld  |  September 21, 2009 om 8 : 03

    Wilna De Klerk
    Cradock – Die jong Amerikaanse vrou wat sedert Vrydagaand vermis is nadat sy op pad van die O.R. Tambo-lughawe buite Johannesburg na die Oos-Kaap verdwyn het, kan dalk iewers in die Wes- of Oos-Kaap wees.

    Die polisie in die Karoo het gisteraand steeds onverpoos na haar gesoek nadat sy verdwaal het op pad na haar jagtersvriend se plaas in die Cradock-distrik. Volgens insp. Elmarie van Eck, ’n polisiewoordvoerder, het die 24-jarige Nikole Renaye Harris Dinsdag omstreeks 20:40 by die lughawe geland, tussen 22:00 en 24:00 ’n motor gehuur en dadelik in die pad geval.

    Die 24-jarige Tex Wormald – die beroepsjagter na wie sy op pad was – sê hy het nie van die besoek en dat sy hom dalk Woensdag op sy verjaarsdag wou verras, geweet nie.

    Die eerste kontak wat sy met hom gemaak het, was Woensdagoggend. Sy het toe ’n padwyser met die naam “Polokwane” gesien en besef sy het verdwaal. Ek het verduidelik sy moet omdraai en gesê ons moet later die dag in Bloemfontein ontmoet,” het ’n bekommerde Wormald van die gesin se jagplaas, Chikwero Safari’s, gesê.

    Harris het toe haar selfoon afgeskakel om die battery te spaar.

    “Die volgende kontak wat ons gehad het, was toe sy my vertel sy is reeds verby Bloemfontein en amper by Drie Susters. Sy het vermoedelik toe weer omgedraai. Sy het my Donderdagoggend gesê sy is besig om op ’n grondpad tussen Richmond en Hanover te ry.

    “Ek was teen dié tyd baie bekommerd want sy het ook gesê haar bloedsuiker is baie laag en sy voel glad nie lekker nie.”

    Harris het hom tussen Vrydagaand en Saterdagoggend geskakel en vlugtig – voor die selfoon doodgegaan het – vertel sy lê op ’n bed. Sy het hom blykbaar gevra om haar te kom haal en om haar klere te kom soek.

    Van Eck het gesê Harris ry in ’n silwer Volkswagen Polo met ’n luikrug. Sy is ongeveer 1,6 m lank, weeg 50 kg en het blou oë en blonde hare. Enigiemand met inligting word gevra om kapt. Jan Greyling by 082 442 2948 te bel.

    – Die Burger

  • 39. Beeld  |  September 21, 2009 om 8 : 05

    Kaapstad – Terwyl die minister van finansies sloer met die bekendmaking van besparingsmaatreëls vir regeringsdepartemente, volhard staatsinstellings daarmee om buitensporige verhogings aan top-amptenare toe te staan.

    Rapport het gister berig dat mnr. Sipho Thomo, uitvoerende hoof van Krygkor, 89% meer geld as verlede jaar huis toe neem. Dit volg kort op die onthulling dat Eskom ’n 26,7%-salarisverhoging aan sy uitvoerende hoof, mnr. Jacob Maroga, toegestaan het.

    Die regering het ’n maand gelede op ’n kabinetsvergadering besluit dat ’n ministeriële taakspan binnekort aanbevelings sou doen oor hoe regeringsdepartemente te midde van die ekonomiese resessie uitgawes moet besnoei.

    Die besparingsmaatreëls sal waarskynlik eers op 27 Oktober, wanneer die regering sy mediumtermyn-begrotingsraamwerk (MTEF) onthul, bekend gemaak word, het die DA se woordvoerder oor finansies, dr. Dion George, gister gesê.

    “ ’n Mens kan maar net hoop dat die besparingsmaatreëls deel sal vorm van mnr. Pravin Gordhan (minister van finansies) se voorlegging oor uitgawes in die begrotingsraamwerk.”

    Mnr. Themba Maseko, hoof-regeringswoordvoerder, kon by navraag nie lig werp op wanneer dié dokument ter tafel gelê sal word nie. “Daar is aanduidings dat dit gou sal wees, maar ek kan nie ’n presiese datum gee nie.”

    Intussen het die regering se kommunikasiediens ’n omsendbrief aan staatsdepartemente gestuur waarin uitgestip word watter antwoorde verskaf moet word indien hulle oor kostebesnoeiings gevra word.

    Dit sluit in dat daar ’n beperking op internasionale reise geplaas moet word, dat deeglik besin moet word oor die gebruik van konsultante en dat deeglike kontrole oor die prys wat die regering vir goedere en dienste betaal, uitgeoefen moet word.

    Gordhan het juis verlede week in die nasionale raad van provinsies (NRP) gevalle uitgewys waar die staat met sy aankope deur die private sektor uitgebuit word, tydens ’n bespreking van die tesourie se oorsigverslag oor provinsies se besteding.

  • 40. Freek  |  September 21, 2009 om 9 : 23

    Habana dink wragtig baie van homself. Of van die wit vrou met wie hy getrou het.

  • 41. Freek  |  September 21, 2009 om 9 : 26

    Re nr 31. Die grootmense was van kindsbeen af toegelaat om voor te skryf wat hulle kan, wou en sou eet. Hulle sit vandag met talle kamma allergiee en ander skete en kwale.

  • 42. *Mathilda*  |  September 21, 2009 om 9 : 52

    More maaikies

  • 43. Olga  |  September 21, 2009 om 9 : 53

    so waar freek. maar hoekom kamma allergiee? ek eet nie skorsie nie. ek kruip nie agter allergies weg nie. ek se eenvoudig ek eet nie skorsie nie. enige ander van die pampoen fam is eetbaar.

  • 44. *Mathilda*  |  September 21, 2009 om 10 : 02

    Ek is nie mal oor groente nie (veral die souteriges) maar ek eet dit, ek sit net my voet neer waar dit kool, blomkool en hulle families aanbetref, hulle reuk sit my af. Ek gee vir my kinders ook wat ookal ons eet maar ek dwing hulle nie om te eet waarvan hulle nie hou nie, ek moedig hulle wel aan om ten minste net te proe.

  • 45. Adrie  |  September 21, 2009 om 12 : 52

    Daar hak die ding vas.

  • 46. sebastiaan  |  September 21, 2009 om 12 : 55

    Pampoen familie is goeie brone van ekstrogeen. Kook familie insulien. Belangrik as daar diabetis in die familie is. Hoe sieklik is kinders wat nie gedwing word om groete en aangemoedig word om vrugte te eet tog nie. Die tieners kan aan hulle aknee velle uitgeken word. Weet julle hoe naar mense word om al die sakies ryp geel eter in die tieners se gesigte te sien?

  • 47. SeeKat  |  September 21, 2009 om 12 : 58

    Adrie

    Nou toe haak hom los of is dit haar? As ek groeinte wil eet dan sal ek hoender of vark eet Dit is die naaste wat ek aan groente sal kom.

  • 48. Adrie  |  September 21, 2009 om 1 : 00

    Ek eet geredelik groente.

    Ek kan nie help om te lag vir die mense wat mal is oor blomkool nie. Eintlik hou hulle van witsous, baie witsous.

  • 49. SeeKat  |  September 21, 2009 om 1 : 02

    Dit was net die Engelse wat groente op gekook het in water en dan almal probeer vorseer om die smaaklose goed te eet.

  • 50. Adrie  |  September 21, 2009 om 1 : 03

    Basjan

    Gross!!!!!

    Seekat

    Dit is ‘n ding. Neem jy darem jou groentes in ‘n pil in?

  • 51. Adrie  |  September 21, 2009 om 1 : 05

    Ek het al lankal gese wat ek van boerekos dink. Dit tel vir goed wat in water opgekook is. Ook maar mors van kos.

  • 52. SeeKat  |  September 21, 2009 om 1 : 07

    Nee wat ek hou van vrugte en eet elke dag meer as een soort vrug. Die enigste groeinte wat ek sal eet is rou groente soos n slaai. Of as jy dit in n bredie gaar maak maar daai smaaklose watirige opgekookte groente gee dit maar vir iemand wat dink dit is lekker.

  • 53. *Mathilda*  |  September 21, 2009 om 1 : 40

    Ek het al baie tieners gesien met vreeslike aknee velle en hulle eet elke dag al die soorte groentes waaraan jy kan dink en vrugte ook en dan het ek al gesien wat glad nie groente en vrugte eet nie maar die mooiste velle het, dis dalk deel van die probleem maar nie die hele een nie.

    Ek verkies weer marog bo spinasie, ek is mal oor pampoen, enige pampoen solank iemand nie kaneel daarby gaan ingooi nie en soetwortels wat so tamaletjie gebraai is, njammie !

  • 54. *Mathilda*  |  September 21, 2009 om 1 : 45

    Terror het nooit vis geeet nie (want haar pa eet dit nie), toe het ek terwyl sy nog klein was vir haar vertel dis hoender (die nuggets of smackeroos) en sy het te smaaklik daaraan geeet – nou eet sy dit en sy weet dit is vis – maar soos ek sê ek sal hulle nooit dwing om iets te eet waarvan hulle nie hou nie en ek skep eerder dit wat ek weet hulle eet as wat dit net mors in elk geval

  • 55. *Mathilda*  |  September 21, 2009 om 3 : 50

    Kloon

    Het jy Mamma Mia gekyk gisteraand ?

  • 56. Nats  |  September 21, 2009 om 3 : 58

    Hello hello!!

    My oë is meeste van die keer groter as my maag!! En dan voel ek sleg dat ek so baie gaan mors, dan eindig ek op om alles te eet!!! En dan is ek te vol, en dan voel ek eers sleg dat ek myslef soos ‘n vark vol stop!!😆

    En ja, daar is baie mense daar buite wat honger gaan slaap – en dan gooi ons so kos weg! Maar dis moeilik om vars vrugte en groente te koop vir twee mense sonder om te mors!

  • 57. Adrie  |  September 21, 2009 om 4 : 36

    Wat ‘n dag

  • 58. Adrie  |  September 21, 2009 om 4 : 37

    Nee, ek het nie Mnet nie. Ek kan natuurlik enige aand wat ek wil Mamma Mia kyk.

  • 59. Adrie  |  September 21, 2009 om 4 : 37

    Tweeling, hang jy nog hierrond?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: