Have your cake . . .

September 17, 2009 at 5 : 31 28 Kommentaar

Vir die doel van vandag se skrywe, is ‘n koek sommer ook ‘n tert.  En ek praat van regte koeke.  Soos in eiers, suiker, meel en melk.  ‘n Soete verleiding wat ‘n mens moeilik kan bedank, maar wat pylreguit om die heupe gaan sit. 

Vra enige lukrate persoon wat sy / haar gunsteling koek is, is die kanse goed dat dit sjokolade koek gaan wees.  As die persoon wel nie van koek hou nie, gaan hy/sy wel hulle voortande opoffer vir ‘n stuk melktert.  Daar is bittermin mense wat ‘n stukkie gebak nie gaan waardeer nie.  Dit hang natuurlik ook af van wie die bakker is.  ‘n Mens bak goed of sleg.  Daar is niks tussenbeide nie. 

Tog is daar soveel meer as net sjokolade koeke.  Buitendien kom ‘n sjokolade koek in soveel verskillende vorms, dat dit nie so eenvoudig is nie.  Toegegee, die basis bly ‘n sjokolade sponskoek, maar die versiering maak al die verskil in die wêreld.  Ek meen, ‘n Kalua Cappuchino Koek is nie ‘n sjokolade koek nie.  As jy so dink, het jy dit nog nie geproe nie.  Dan praat ek nie eers van Death by Chocolate, Chocolate Mouse of Caramel Chocolate nie.

Juis omdat mens sjokoladekoek onder elke bossie kan uitskop, verkies baie mense vanilla koeke.  Dit is ook moontlik om die beste van twee wêrelde te geniet, dus ‘n koek wat deels sjokolade en deels vanilla is.  Die naam het my nou ontgaan.  Wanneer mens besef dat die kleur van die koek afhanklik is van die geur middels, is die moontlikhede legio.  Koffiekoeke, pienk, blou, geel of groenkoeke is alles moontlik.

Swartwoud koeke is ook ‘n baie gewilde keuse.  Om wortelkoeke – my persoonlike gunsteling – nie te vergeet nie.  Mense sal ook hulle siele verkoop vir ‘n Pepperment Crisp, appel, pekaneut of Suurlemoenskuimtert.  Wag, laat ek eerder nie op terte begin nie, julle hoor dalk nooit die einde nie. 

Die interessantste koek wat ek al geëet het was ‘n papawersaad koek.  Soos van die naam afgelei kan word, bevat die koek papawer saad.  Dit is dus ‘n wit koek vol blou spikkels en ja, dit was ‘n baie lekker koek.

Soveel plesier as wat ‘n koek kan verskaf, is daar niks ergers as om ‘n slegte koek af te wurg nie.  Die gasvrou roem op haar meesterkoeke waaroor almal glo vuisslaan.  Jy kan dit goed glo, hulle baklei sodat daar nie ‘n krummel oorbly wat geëet moet word nie. 

Wat is jou gunsteling koek?  Kan jy self bak en wat is jou spesialiteit?  Wat was die slegste koek wat jy al moes afwurg?

Blogvraag:  Watter alkoholiese drank word tradisioneel by ‘n Swartwoudkoek gevoeg?  (Ek soek die naam, nie die tipe alkohol nie.)

Blogantwoord:  Maxie was reg met Cosatu.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Resessie ‘n verskoning vir Slawerny Nuwe loopbaan

28 Kommentaar Add your own

  • 1. kaneelsuiker  |  September 17, 2009 om 5 : 47

    Swartwoudkoed is ‘n Duitse Torte, bekend daar as Schwarzwälder kirschtorte, en daar word Kirschwasser bygegooi. Kirschwasser is ‘n brandewyn wat van kersies gemaak is.

  • 2. Olga  |  September 17, 2009 om 6 : 32

    ek is ni seker van die spelling ni kircherwasser?

  • 3. Salome  |  September 17, 2009 om 7 : 27

    ‘n Marmerkoek Adriana – dis koek wat wit en bruin tegelyk is

  • 4. Salome  |  September 17, 2009 om 7 : 31

    Op die oomblik is Wortelkoek ons gunsteling – ek is sooooo bly, want ek voel al soos ‘n tjoklitkoek.
    Hier in ons huis het elkeen sy eie smaak. Oudste sal vir jou vertel dat die Lemoenkoek wat ek bak die lekkerste is, Liefie hou van gewone wit koek en A is mal oor die tjoklit koek. En dan het ek natuurlik ‘n maatjie of twee wat blykbaar mal is oor die Cremora Tert wat ek maak.

  • 5. Salome  |  September 17, 2009 om 7 : 34

    Hier by ons gunsteling koffie kroeg maak hulle ‘n Praline koek. Dis op dieselfde manier as ‘n Jode tert, maar in plaas van die vla vulsel is daar hierdie lieflike Praline vulsel tussenin. Dis nie soet nie, net lig en baaaaaie verleidelik op die tong.

  • 6. Adrie  |  September 17, 2009 om 7 : 37

    Hallo Hallo!

  • 7. Salome  |  September 17, 2009 om 7 : 48

    Ek dog net julle ignoreer my alweer. Ek voel alreeds soos ‘n melaatse

  • 8. Adrie  |  September 17, 2009 om 7 : 51

    Nou Eers? Die blog is n spookdorp!

    Hoe lyk dit met n paar goeie koek resepte.

  • 9. Salome  |  September 17, 2009 om 7 : 56

    Eish, moet ek rêrig . . .
    Is vanaand bietjie op. Kry julle klomp daar in die stad baie jammer. Die paaie is chaos. Van Villieria na Centurion, van daar na Pta Wes en toe Silverton toe. Sjoe, dit was nag . . .

  • 10. Salome  |  September 17, 2009 om 7 : 57

    Maar jy moet nie sleg voel oor die spook dorp nie, dis alles Facebook se skuld dink ek. Daar is hopeloos te veel versoekings daar.

  • 11. Salome  |  September 17, 2009 om 7 : 59

    5 MINUTE CHOCOLATE MUG CAKE

    4 tablespoons flour

    4 tablespoons sugar

    2 tablespoons cocoa

    1 egg

    3 tablespoons milk

    3 tablespoons oil

    3 tablespoons chocolate chips (optional)

    a small splash of vanilla extract

    1 large coffee mug

    Add dry ingredients to mug, and mix well. Add the egg and mix thoroughly. Pour in the milk and oil and mix well. Add the chocolate chips (if using) and vanilla extract, and mix again.

    Put your mug in the microwave and cook for 3 minutes at 1000 watts (high). The cake will rise over the top of the mug, but don’t be alarmed! Allow to cool a little, and tip out onto a plate if desired.

    EAT! (this can serve 2 if you want to feel slightly more virtuous). And why is this most dangerous cake recipe in the world? Because now we are all only 5 minutes away from chocolate cake at any time of the day or night!

    You are going to print this out straight away, aren’t you?

  • 12. Adrie  |  September 17, 2009 om 7 : 59

    Ons weet hoe om slim te ry. Ry in Johannesburg en dat het jy rede om te kla.

  • 13. Salome  |  September 17, 2009 om 8 : 02

    Bietjie iets anders as die gewone. Hierdie is ‘n tradisoneel bybelse resep en ons het dit gemaak vir ons Bybelse Ete. Dis nogal lekker

    HEUNINGKOEK

    150 ml gesmelte botter
    300 ml heuning
    3 eiers
    3 x 300ml volkoringmeel
    5 ml kaneel
    1 ml sout
    150 ml melk

    Metode:
    Verroom botter en heuning in groot bak.
    Voeg eiers by.
    Sif droe bestanddele saam en voeg om die beurt met melk by verroomde mengsel.
    Giet beslag in panne en bak vir 35 minute by 180oC.
    Skep roomkaas / Jogurtkaas of heuningsous bo-op.

    Heuningsous
    450 ml heuning
    Knypie sout
    1 eierwit

    Verhit heuning en sout tot 118oC of totdat dit die draadstadium bereik en ‘n harde bal vorm wanneer dit in koue water laat val word. Klits eierwit. Giet stroop in ‘n dun straaltjie bo-oor geklitste eierwit. Hou aan klits totdat sous punte vorm.

  • 14. Salome  |  September 17, 2009 om 8 : 03

    Liefie ken ok darem al die “shortcuts”, maar dubbel eish. Dan moet dit nog so warm ok wees. nog ‘n eish.
    Nee wat , ek bly maar op hiri vieslike ou dorpie van ons

  • 15. Adrie  |  September 17, 2009 om 8 : 04

    Net jammer dat n resep nooit die ware jakob kan vervang nie!

  • 16. Salome  |  September 17, 2009 om 8 : 04

    Die koek in die beker en mikrogolf is spisinjaal vir jou. Net genoeg vir jou en jou skelmpie, en boonop dan nog vinnig ok.

  • 17. Salome  |  September 17, 2009 om 8 : 06

    Wag nou net bietjie, Liefie moet nou eers my Chat op FB reg maak, want ek kan niemand tune as ek hulle daar raak loop nie.

  • 18. girlvandiesuburbs  |  September 17, 2009 om 9 : 04

    A3

    Please report to gmail.

  • 19. *Mathilda*  |  September 18, 2009 om 8 : 28

    More

  • 20. *Mathilda*  |  September 18, 2009 om 9 : 50

    Mark Shuttleworth verjaar vandag

  • 21. Gerrie  |  September 18, 2009 om 10 : 04

    Waar sien mens die uitslag vir die ‘vote’ dingetjie daar bo ?

  • 22. *Mathilda*  |  September 18, 2009 om 10 : 29

    Waar is die Beeld vanoggend ?

  • 23. Janet  |  September 18, 2009 om 11 : 29

    Halle-fokken-luia! Daar is n Baas bo! Is dit net aandag soek of gaan Adri regtig haar goed vat en fokof. Dit moes al lankal gebeur het.

    Janet, jy is geregtig op jou mening. Daar is min reels op die blog, maar godslastering is disgusting. A3.

  • 24. carina  |  September 18, 2009 om 1 : 13

    Ek kan baie goed bak veral koffie koek.
    My gunsteling? Wortelkoek met tonne neute in.

  • 25. Freek  |  September 18, 2009 om 3 : 19

    Hi janet as di blog of die blogbaas jou so afpis begin jou eie blog. Jy het nie ni pajero of hummer nodig daarvoor nie.

  • 26. Freek  |  September 18, 2009 om 3 : 24

    Iemand so lasterlik kan gewis nie n christen wees nie. Jy kan dalk wenke dra op jou blog oor hoe om nie kroes hare te laat mince nie. En hoe om kroes hare n lasting stryk te gee. watter bandanas druk die kroese plat. Streighteners en skin lighteners.

  • 27. kaneelsuiker  |  September 18, 2009 om 4 : 35

    Halleluja word uit Hebreus vertaal as “Prys die Here”. So verbeel nou hoe jy ‘fokken’ daar gaan inwerk. Miskien is dit nie aspris so bedoel nie.

  • 28. Adrie  |  September 18, 2009 om 6 : 22

    Carina

    Moet ons jou woord vat op die lekker bak? 😆 Jy sal moet stuur dat ons kan proe!

    Dankie Freek en Kaneels.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: