Resessie ‘n verskoning vir Slawerny

September 16, 2009 at 4 : 52 64 Kommentaar

Deesdae moet ‘n mens dankbaar wees as jy ‘n werk het.  Deesdae moet jy dankbaar wees dat jy juis op ‘n Vrydag of ‘n Maandag moet werk.  Die versugting is lekker, behalwe as jy daaraan dink dat dit met ‘n 20 % salaris verlaging gepaard gaan.  Jy moet ook jou werk ten alle koste behou.  Werk was nog altyd so skaars soos hoendertande en nou is dit nog skaarser.  Dit raak moeiliker om jou verpligting na te kom, maar dit is eers moeilik as jy geen inkomste het nie.

Ons besef dit almal en bedank God elke aand daarvoor.  Tog is daar ‘n spul gewetenlose werkgewers wat dit ook besef en uitbuit.  As jy nie ‘n sent op jou naam het nie, raak jy desperaat.  Jy sal bykans enige iets doen om te verseker dat jou kinders met vol magies bed toe gaan.  Al moet jy jou eie veiligheid daarvoor inboet of teen ‘n slaweloon werk.  ‘n Halwe eier is nog steeds beter as ‘n halwe dop.

Dit is skrikwekkend as ‘n mens besef dat firmas dikwels geld besnoei op veiligheid.  As iemand seerkry, moet Mannekrag help.  As hulle nie kan / wil nie, dan is dit daarnatoe.  As ‘n werker sy ledemaat of selfs sy lewe verloor, is daar nog steeds geen rede vir kommer nie.  Daar is nog vele waar daardie een vandaan gekom het. 

Wins is ‘n baie eenvoudige vergelyking.  Wins = Inkomste – Uitgawes.  Die resessie het niemand gedwing om hulle pryse vir dienste of produkte te verlaag nie.  Dikwels styg dit juis as gevolg van skommelinge in die geldmarke of stygings in vervoer.  Ja, die uitgawes kan seker meer woord.  Tog word die inkomste ook dienooreenkomstig meer.  Een van die grootste uitgawes is dikwels salarisse.

Pakkette is niks vreemd in moeilike tye nie.  Dit is een manier om die salarisse te sny.  Tog word mense ook dikwels teen ‘n aansienlike laer salaris aangestel.  Met die verskoning van die resessie.  Ek het nog nooit gehoor dat iemand se salaris spring wanneer die moeilike tye verby is nie.  Hoe minder die uitgawes, hoe meer is die wins.  En winste gaan gewoonlik in bestuurders se sakke. 

Hoekom iemand betaal wat hy / sy werd is, as jy hom /haar net ‘n gedeelte daarvan kan gee.  As hy nie gelukkig is met wat hy kry nie, kan hy sy goed vat en loop.  Daar is nog baie ander waar hy vandaan kom.  Boonop moet hy die werk van verskeie mense doen, sonder die vergoeding.  Juis omdat dit die maatskappy behaag.  Dit vat meer tyd, energie en breinkrag.

Vat dit of los dit het nog altyd op slawerny neergekom.  Die werk neem mense lewe oor en gee hulle net genoeg om te kan oorleef.  Minder indien moontlik.

Is die resessie ‘n aanvaarbare verskoning vir uitbuiting?  Is dit in moeilike tye aanvaarbaar om met mense se lewens te speel?

Blogvraag:  Watter organisasie se eerste voorsitter (1985 – 1991) was Elijah Barayi?

Blogantwoord:  Olga was reg met die lagmasjien oftewel die laff box wat die lag opnames bevat wat in Sitcoms gebruik word.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Vereniging deur die eenoogmonster Have your cake . . .

64 Kommentaar Add your own

  • 1. pop  |  September 16, 2009 om 5 : 13

    wow!

    #1!

  • 2. Adrie  |  September 16, 2009 om 5 : 24

    Pop

    Jou verjaarsdag wense is op die vorige blog.

  • 3. maxie  |  September 16, 2009 om 8 : 59

    Baie geluk, Pop.
    Hoop jy’t ‘n heerlike dag gehad.

  • 4. maxie  |  September 16, 2009 om 9 : 17

    Cosatu

  • 5. Adrie  |  September 16, 2009 om 9 : 22

    Hi Max

  • 6. maxie  |  September 16, 2009 om 9 : 26

    Miaau
    Gaan dit goed?

  • 7. Adrie  |  September 16, 2009 om 9 : 30

    piep piep

    Ek het vandag amper met n byl in my kop opgeeindig. Dit gaan dus goed. Met jou?

  • 8. maxie  |  September 16, 2009 om 9 : 31

    Altyd goed, dankie..
    Wou nou juis vra wat’s nuus.
    Byl? Vertel?

  • 9. maxie  |  September 16, 2009 om 9 : 31

    piep piep😆 Sjym,,,

  • 10. Adrie  |  September 16, 2009 om 9 : 34

    Daar is geen nuus nie. Ek is net in n miskruierbui. Gelukkig is dat darem nie n stroopbui nie. 😀 daar is altyd n positiewe sy.

  • 11. maxie  |  September 16, 2009 om 9 : 38

    Miskruierbui😆
    Jy’s darem (gelukkig) nooit in ‘n stroopbui nie.

  • 12. Adrie  |  September 16, 2009 om 9 : 43

    Water is skaars! Mens mag dit nie mors op n onnodige baddery nie.😈

  • 13. maxie  |  September 16, 2009 om 9 : 45

    Daai Lab van ons wat mos so alles opvreet, het al vir 2 dae nie ‘n eetlus nie.
    Eers dog ek hy hou dalk net nie van sy nuwe hondekos nie.
    Kry ek nou ‘n half opgevrete bottel pille in sy kamer, hy moes dit gegaps het eergisteraand slaaptyd op pad na sy kamer toe.
    Ek het net 2 daarvan gedrink, hy’t ongeveer 15 opgeeet.

  • 14. Adrie  |  September 16, 2009 om 9 : 47

    Watse pille was dit?

    Word honde se mae ook uitgepomp?

  • 15. maxie  |  September 16, 2009 om 9 : 54

    Sinuphend.
    100% natuurlik, se dit op die bottel.
    (Natuurlik nie so veilig vir honde nie).
    As ek die pille vroeer gesien het, sou ons hom natuurlik dadelik veearts toe gevat het.
    Hy lyk heeltemal fine – spelerig soos altyd, dis net sy eetlus wat verdwyn het.
    Sal hom fyn dophou.

  • 16. maxie  |  September 16, 2009 om 9 : 56

    Sal sy kamer elke dag moet gaan fynkam vir dwelms👿

  • 17. Adrie  |  September 16, 2009 om 9 : 59

    Natuurlik beteken nie veilig of gesond nie. Giftige sampioene is ook natuurlik.😆

    Maar Max, weet jy dan nie van bere jou medisyne veilig nie? Die hond kan mos nie lees nie.

  • 18. Adrie  |  September 16, 2009 om 10 : 01

    Jong, hy rook seker al lankal! En onthaal meisies in sy kamer. As dit maar al is . . . Die hond is seker n pimp en hy steek sy stash onder jou bed weg!

  • 19. maxie  |  September 16, 2009 om 10 : 05

    Dis soos om weer ‘n baba in die huis te he….
    Jip, ek besef dit..
    Gmf… hy was by puppy en teenager skool. Sertifikate en rosette en elke ding gekry…. passed with flying colours!
    Natuurlik kan hy lees!!!:mrgreen:
    Nie my skuld hy’s ‘n kleptomaniak nie…

  • 20. Adrie  |  September 16, 2009 om 10 : 10

    Vat die brak na n sielkundige toe! Duidelik traumatiseer jy hom. Hy het dringend berading nodig. Laat die dominee kom bid.

  • 21. Adrie  |  September 16, 2009 om 10 : 12

    Slim vang sy baas. Een van die dae sit die hond in die tronk! of frame sy nooi om namens hom in die tronk te gaan sit!

  • 22. maxie  |  September 16, 2009 om 10 : 15

    😆😆

    Ek soek juis vir hom foto’s van poedeltjies en chihuahua’s in bikini toppies vir sy kamermure, siende dat hy nou ‘n tiener is…

  • 23. Adrie  |  September 16, 2009 om 10 : 19

    Jy mag nie so diskrimineer nie. Met sy attitude vermoed ek sterk dat hy gay is!

  • 24. maxie  |  September 16, 2009 om 10 : 22

    Gay?
    Net omdat hy my PRETTY BOY is?
    Wat jy waar kry?

  • 25. Adrie  |  September 16, 2009 om 10 : 27

    Sy liefde vir grimering. Sy selfmoordneigings. Letwel, dit was pille – nie n tou nie. En hy draf nie agter die tewe aan nie

  • 26. Adrie  |  September 16, 2009 om 10 : 31

    Maggies Max! jou brak het my room kom steel. Watter tienerseun worry oor plooie? HUH?

  • 27. maxie  |  September 16, 2009 om 10 : 32

    😆
    Genoeg strooi gepraat.
    Ek sal hom mooi dophou en veearts toe vat as hy teen moreoggend nog nie eet nie.
    Lekker slaap, lekker dag more.

  • 28. Adrie  |  September 16, 2009 om 10 : 34

    Soete drome

  • 29. carina  |  September 16, 2009 om 11 : 13

    Ek weet nie. Maar ek is half gatvol vir die “dreigende” salaris verlaging want dit gaan glo so sleg. Ek vermoed heelwat spring weer op die bandwagon…

  • 30. Adrie  |  September 17, 2009 om 7 : 29

    More Almal

  • 31. Beeld  |  September 17, 2009 om 8 : 27

    Corne van Zyl

    Victor Matfield, kaptein van die Blou Bulle, het vir eers sy blou trui verruil…vir ’n oranje een.

    Blou Bul-ondersteuners kan egter ontspan. Dis nie die trui van ’n ander rugbyspan nie. Dis net in die kleur van die hulporganisasie Solidariteit Helpende Hand.

    Dié trui is vol oranje kinderhandjies.

    “My bloed is steeds blou,” het ’n laggende Matfield gister by Loftus Versfeld die versekering gegee.

    Matfield is aangewys as dié fonds se Held van Hoop.

    “Dit is vir my ’n voorreg om in ’n posisie te wees waar ek kinders kan help. Ons is so geseënd en bevoorreg. Dit is die minste wat ek kan doen om iets terug te gee. Ek het baie goeie dinge van dié fonds gehoor en hopelik kan ek help om meer geld in te bring,” het hy gesê.

    Volgens me. Mariana Kriel, projekbestuurder van die fonds, kyk hulle gewoonlik eers die kat goed uit die boom voordat hulle so ’n held aanwys.

    “Ons het Victor gekies omdat hy self ’n familieman en goeie rolmodel vir ons kinders is.

    “Ons kyk eers na die persoon se geskiedenis en besluit dan of dié persoon ’n goeie invloed op die kinders gaan hê,” het Kriel gister gesê.

    Die Helpende Hand Fonds is Solidariteit se maatskaplike hulpaksie.

    Die fonds reik uit na mense in nood “om hulle op te help”.

    – Beeld

  • 32. Beeld  |  September 17, 2009 om 8 : 33

    Wolfram Zweckler

    Die hoof van die Volkskool Heidelberg aan die Oos-Rand is gister skuldig bevind aan die verkragting van ’n matriekmeisie 24 jaar gelede.

    Landdros Ian Cox het Theuns Botha gister in die landdroshof in Benoni ook skuldig bevind aan ses aanklagte van onsedelike aanranding.

    Die verkragtingsaak dateer van September 1985 toe Botha ’n matriekmeisie aan die Hoërskool Vanderbijlpark in sy slaapkamer verkrag het.

    Sy het ook gekla dat hy haar voor dié voorval vier keer onsedelik aangerand het.

    Botha het in sy getuienis die meisie “as deel van die gesin” bestempel. Hy was toe ’n departementshoof by die meisie se skool.

    Die ander twee aanklagte van onsedelike aanranding dateer van September 1991 by die Potchefstroomse Volkskool toe hy ’n matriekmeisie onder meer teen hom vasgedruk en bo haar bors­te gesoen het. Hy was toe adjunkhoof van die skool.

    Die twee klaagsters het klagte ingedien nadat Rapport in 1998 oor Botha in ’n ander strafregtelike saak geskryf het en die polisie die publiek om inligting gevra het.

    Botha het op 25 April 2003 skuld op al die aanklagte ontken.

    Die saak is daarna telkens uitgestel, onder meer omdat Botha vier keer sy regspan verander het en omdat onder meer ’n aansoek om die ontslag van die voorsittende landdros tot in die appèlhof gedraai het.

    Cox het gister in sy uitspraak gesê dat die getuienis van die twee klaagsters in wese aanvaarbaar en korrek sou wees, terwyl daar wesenlike foute en teenstrydighede in Botha se getuienis was. Oor waarom sy die klagte teen Botha so laat ingedien het, het een van die klaagsters getuig dat sy bang was dat niemand haar sou glo nie.

    “Wie sou my geglo het, dis die woord van ’n kind teen dié van die onderwyser. Jy kan dit aan niemand vertel nie.”

    Haar huwelik het ná ’n jaar en vyf maande, volgens haar weens die verkragting, op die rotse geloop, maar sy was bereid om deur die trauma van ’n hofsaak te gaan “om kinders te help wat nie kan praat nie”.

    Botha het getuig die rede vir die klagte was dat een van die klaagsters “?’n gemors van haar lewe gemaak het” en die ander een hom “wou terugkry oor destydse gerugte dat die klaagster en ’n ander onderwyser ’n verhouding gehad het en hy dit wou stop”. Dié getuienis is verwerp.

    Geen van die klaagsters was gister in die hof nie.

    Botha is op borgtog vrygelaat en gaan op 29 Oktober gevonnis word.

    – Beeld

  • 33. Beeld  |  September 17, 2009 om 8 : 34

    Buks Viljoen en Magdel Fourie

    ’n Tweedejaarstudent aan die Universiteit van Johannesburg het haar gisteraand in die badkamer van die Skoonveld-dameskoshuis op die Kingsway-kampus opgehang.

    Me. Inge Pienaar, ’n ander tweedejaarstudent en dogter van me. Bessie Pienaar, skakelbeampte van die Mbombela-munisipaliteit op Nelspruit, het hier op die meisie se lyk afgekom.

    Die meisie, wie se identiteit nie teen druktyd bevestig kon word nie, was ’n inwoner van dié koshuis.

    By Beeld se besoek aan die koshuis laat gisteraand het groepies duidelik getraumatiseerde studente mekaar buite die gebou gesit en troos.

    Niemand wou egter met die media praat nie.

    Beeld het verneem beraders het ná afloop van die voorval die studente toegespreek.

  • 34. Beeld  |  September 17, 2009 om 8 : 35

    Linda de Beer
    Die DA wil ’n klag van haat-spraak teen die waarnemende munisipale bestuurder van Ventersdorp, Noordwes, by die Menseregtekommissie (MRK) indien.

    Dít nadat mnr. Kenny Leluma glo gesê het hy “begin wit mense haat” en “begin saamstem met dié wat voel wit mense moet Suid-Afrika verlaat en na Europa of selfs Australië gaan”.

    Leluma het dié opmerkings glo teenoor ’n joernalis van The
    Herald in Plettenbergbaai gemaak toe hy om kommentaar genader is oor sy omstrede ontplooiing van dié dorp se Bitou-munisipaliteit na Ventersdorp.

    Die DA meen die rasse-opmerkings verwys na dié party se raadslede, terwyl dit ’n swart
    Cope-lid is wat Leluma se ontplooiing, op die Bitou-munisipaliteit se koste, aan die groot klok gehang het.

    Bitou betaal steeds Leluma se salaris en het tot onlangs ook sy reis- en verblyfkoste betaal. Hy is in April na Ventersdorp gestuur op versoek van mnr. Sicelo Shiceka, minister van koöperatiewe regering en tradisionele sake, as deel van die regering se ingryping in wanfunksionele munisipaliteite.

    Die Ventersdorpse raad het destyds Leluma se aanstelling vir drie maande aanvaar op voorwaarde dat Shiceka sy reis- en verblyfkoste betaal. Die Bitou-munisipaliteit het egter dié koste bly dra sonder raadslede se medewete, het mnr. Johann Brummer, DA-raadslid op Plettenbergbaai, gesê.

    Me. Celia Phoyane, burgemeester van Ventersdorp, het in Julie opdrag gekry om ’n raadsvergadering te hou waar die verlenging van Leluma se kontrak vir ’n verdere ses maande goedgekeur moes word. Dié instruksie van Shiceka is per brief deur mnr. George Seitisho, provinsiale koördineerder van die ministerie, aan Phoyane oorgedra.

    Ventersdorp het vasgeskop, maar is in nóg ’n brief van Seitisho daarvan beskuldig dat hulle nie in die gees van die Grondwet en koöperatiewe regering optree nie. Dit het gelei tot ’n besluit om Leluma se kontrak tot einde Februarie volgende jaar te verleng én om sy reis- en verblyfkoste te betaal.

    Die verbintenis tussen Seiti-sho en Leluma is deur Brummer bevraagteken. Seitisho was voorheen munisipale bestuurder van Bitou, maar staan tans tereg op aanklagte van bedrog en korrupsie wat met sy tydperk daar verband hou. Leluma was vroeër in die nuus oor ’n siviele eis deur ’n voormalige amptenaar teen hom en die Bitou-munisipaliteit weens beweerde seksuele teistering. Hy is ook onder ’n wolk as munisipale bestuurder van die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit in Harrismith in die Vrystaat weg.

    Mnr. Chris Hattingh, DA-leier in Noordwes, het gesê Leluma se beweerde rassistiese opmerkings wys hy is nie bestuursmateriaal nie. Sy salaris van R40?000 per maand is volgens Hattingh ’n “belediging” vir belastingbetalers.

    Leluma het sy selfoon geantwoord, maar gesê hy is “siek by die huis”. Hy het navrae oor Bitou na dié munisipaliteit verwys en gesê hy gaan nie op “leuens” (met verwysing na die beweerde rasse-opmerkings) kommentaar lewer nie.

  • 35. Beeld  |  September 17, 2009 om 8 : 36

    Susan Cilliers
    ’n Bedryfsbestuurder by Investec in Sandown, Johannesburg, het homself eergistermiddag in dié maatskappy se parkeerterrein met ’n rewolwer in die kop geskiet.

    Mnr. Mike van den Heever (42) is na ’n nabygeleë hospitaal gehaas, maar is eergisteraand dood.

    Hy het homself omstreeks 15:40 geskiet en dis onseker of iemand dit sien gebeur het, het sr.supt. Noxolo Kweza, polisiewoordvoerder, gister gesê.

    Die polisie het beslag gelê op die rewolwer en weet nog nie of dit Van den Heever of iemand anders se wapen is nie. Dit lyk volgens Kweza nie of Van den Heever ’n selfmoordnota gelos het nie.

    Hy was getroud en het twee kinders, wie se ouderdomme nie bekend is nie.

    Me. Tracey Rowe van Investec het gister gesê die maatskappy ondersteun Van den Heever se familie en kollegas.

  • 36. Beeld  |  September 17, 2009 om 8 : 37

    Fanie van Rooyen
    Solidariteit Radio wil vandag die aandag op plaasmoorde vestig deur die name van sowat 1 650 slagoffers van plaasaanvalle oor hul internet-radiodiens uit te lees.

    Verskeie Suid-Afrikaanse bekendes sal met die program help en daar word verwag dit sal sowat agt uur neem om al die name uit te lees.

    Kort beskrywings van hoe die aanvalle en moorde plaasgevind het, sal ook voorgelees word.

    Mnr. Dirk Hermann, adjunk-uitvoerende hoof van die vakbond Solidariteit, het gister gesê naasbestaandes van slagoffers wat in plaasaanvalle vermoor is, sal ook help om name uit te lees.

    Van die bekendes wat sal help om name uit te lees is onder meer Marius Weyers, Bok van Blerk, Brümilda van Rensburg, Shaleen Surtie-Richards, Sean Else, Lianie May, MD Greyling, Gerrie Pretorius, Ghapi, Mel Botes, Elizma Theron, dr. Allan Boesak en dr. Pieter Mulder.

    “Solidariteit het ’n naamlys van sowat 1 650 name, wat deur TLU-SA saamgestel is, maar die werklike getal moorde is waarskynlik tussen 2 000 en 3 000,” het Hermann gesê.

    Die presiese getal plaasaanvalle en -moorde is volgens hom weens swak misdaadstatistieke onbekend.

    “Wat ontstellend is, is die wrede manier waarop die moorde plaasgevind het.

    “Dit wissel van mense wat met strykysters gebrand is, ’n vrou wat aan ’n boom opgehang en doodgeslaan is, tot kookwater wat in mense se ore gegooi is.

    “Om na die gebeure te luister is emosioneel uitputtend en nie vir sensitiewe persone bedoel nie.”

    Hy het gesê die doel van dié spesiale program sal wees om weer die aandag op hierdie wrede vorm van misdaad te plaas.

    “Ons vertrou dat die regering met ’n aggressiewe beskermingsplan vorendag sal kom.

    “Daar is byna net soveel boere in Suid-Afrika vermoor as die aantal boere in Zimbabwe wat hul plase verloor het.

    “Die wêreld is eenvoudig te stil oor dié wrede misdade.”

    Daar is volgens Hermann in die tien jaar tot 2006 altesame 2?017 mense op plase vermoor.

    Sowat 35% van slagoffers is volgens hom plaaswerkers en hul gesinne terwyl 70% van die slagoffers plaaseienaars is.

    ?Dié uitsending kan vanaf 08:30 tot sowat 16:30 vandag op http://www.solidariteitradio.co.za gevolg word.

  • 37. Nats  |  September 17, 2009 om 2 : 58

    Ek gaan myself nou maar in slawerny moet gooi!!

    Of te wel dis hoe dit gaan voel – sopas my hele budget geblaas om ‘n hen partytjie se goed!!!!!

    Ai tog…

  • 38. Freek  |  September 17, 2009 om 3 : 13

    Daar is 2017 moorde gepleeg maar net 1650 name gaan gelees word? dalk beter daar gelaat?

    a3 does it again. N wegkruipertji blog soos min. Dan bespreek julle maar die hond. Ek voel regtig n firma moet dan eerder gedwing word om hul deure te sluit eer hulle toegelaat word om werknemers se salarise te verminder. Mar dit is net my mening. Die konstruksie0maatskappye veral maak griewelike vergrype in die naam van ressesie. Hulle bied gekwaliefieeerde ambags manne met jare se ondervinding tussen r30 en r50 per uur aan. In die naam van ressesie. Hulle kry na my wete tussen r150 tot r180 pu per ambags man. Julle sal agteroor val om die name van die hoogs gerespekteurde firmas te hoor. Dit help nie om ccma toe te gaan nie. Hulle se dit is jou eie skuld as jy daarvoor gaan werk. Daarom sal die uitbyting aangaan.

  • 39. Freek  |  September 17, 2009 om 3 : 26

    In die goeie ou dae kon n werkgewer jou salaris verminder het in swaar tye. Vir n beperkte tydsduur. Mraar ek gaan my nie bind aan n tyd nie. Dan moes die salaris weer reggestel word en die geld wat verminder was, moes in n spesefieke tyd uit betaal word.

  • 40. Tyrone  |  September 17, 2009 om 5 : 06

    die act of employment sê:

    9.1 (1) subject to this chapter, an employer may not require or permit an employee to work more than—
    (a) 45 hours in any week: and
    (b) nine hours in any day if the employee works for five days or fewer n a week
    or
    (c) eight hours in any day if the employee works on more than five days in a week.

    so wat ek wil weet is mag ‘n company vir jou sê jy moet 12 ure n dag werk vir 6 dae en daarmee wegkom?

  • 41. Olga  |  September 17, 2009 om 5 : 32

    tyrone dit is goeie vrae. hulle kan jou vra om oortyd te werk. teen die nodige vergoeding. ek is nie seker wanneer dit tyd en n derde, tyd en n half of dubbeltyd word nie.

    dit is n volstruis post ne. amper get ek dit gemis.

  • 42. Olga  |  September 17, 2009 om 5 : 44

    ai daar send ek van opgewondenheid. ek dink ek stem saam. n werkgewer behoort deur ccma te gaan alvorens n werker se salaris verminder mag word. ek voel dit moet wetgewing word as dit nie is nie. ek stem amper saam, maak eerder toe as om te mense se salarisse te sny. koop n goedkoper kar. moenie n nuwe suv koop nie. moenie n nuwe 4 x 4 koop nie. jou kind hoef nie n aprilla, augusta of n buel te ry nie. moenie mosambiek toe gaan nie. maar moenie jou werkers se salarisse verminder om jou eie sak te voer nie. my badboy se salaris was eers verminder. ek het op die blog gevra of dit wettig is. wk het gese ongelukkig is dit. toe word hy afbetaal. die eienaar se ekskuus was hy het te min werk wat inkom en te veel mense. maand tevore het hy n vriend ingeneem en 40% hoer salaris betaal as die ander ambagsmanne. die vriend war n unierep. het intussen gehoor hy het swart ambagsman in bb se plek aangestel en mimdeq betaal. hy het die kontrak waaraan my bb gewerk het verloor. sy unherep en swarte het aangejaag. goedso!

  • 43. Olga  |  September 17, 2009 om 5 : 52

    my bb werk egter nou noodgedwonge vir n firma van naam by n myn. hulle ambagsmanne verdien n skamele r50 per uur. hulle is 1 en almal so depressief my bb wou al oppak en huis toe kom. nou gaan ek ook vreeslik geyk wees.

    liewe werknemer, wat jy saai gaan jy maai. jy maak dronklappe van die mense wie se desperaatheid jy so uitbuit. pasop! besin asb.

  • 44. Salome  |  September 17, 2009 om 5 : 55

    Knock, knock . . .
    Ek was so lanklaas hier dat ek amper nie meer tuis voel nie.
    Mag ek maar koffie kry?

  • 45. Salome  |  September 17, 2009 om 5 : 57

    Hallo al die “vreemdelinge”
    Ag ek weet ek het julle vreeslik af geskeep, maar op die ou einde was dit alles vir ‘n goeie doel . . .

  • 46. Salome  |  September 17, 2009 om 5 : 58

    Ek besef nou net dat ek ‘n e-pos gekry het oor Die Ark hier bo aan die blad (het gewonder hoekom die naam so bekend klink)
    Wag ek gaan gou die duif opsaal dat julle kan sien . . .

  • 47. Salome  |  September 17, 2009 om 6 : 12

    Julle duifie is oppad – dis nogal jammer.
    Nou ja, ek sien ek kry alweer die koue skouer.

  • 48. Olga  |  September 17, 2009 om 6 : 12

    en daar kry percival matje net 12 jaar gevangenis straf teenoor die swaard seun se 20 jaar. die 1 n seun wat sonder voorbedagte rade gemoor het. hy het die eerste die beste mens gemoor. die ander n man wat willens en wetens gemoor het. hy het die dogter gejaag om haar te vermoor. justice? ag asseblief. velkleur.

  • 49. Olga  |  September 17, 2009 om 6 : 13

    hoe gaan dit salome?

  • 50. Olga  |  September 17, 2009 om 6 : 16

    8 rooflesers en niemand weet hoe om te comment nie. tjk tjk.

  • 51. Beenkop  |  September 18, 2009 om 5 : 50

    die “minder indien moontlik” was prob die beste en most well said ding wat ek sovêr hierdie jaar gehoor het. been on my mind all day

  • 52. Adrie  |  September 18, 2009 om 6 : 20

    Dankie Beenkop. 😉

  • 53. Beenkop  |  September 18, 2009 om 6 : 44

    janee en die laaste paar dae kon dit nie meer valid wees vir my situation ek was vir ‘n interview en net die volgende dag het ek sommer n blog daaroor gekry…ekt gedink om my eie blog oop te maak om mense van daai “insult” te vertel,of iemand te kry om daaroor te skryf, maar hier is die feite sommer nou… daai was nie ‘n interview se hol nie man, hulle het hulle kanse met die resessie overestimate, ek was so kwaad ne: wil sommer alles gebreek het soos een heavy bebliksemde boer!!

    dankie vir die inskrywing.. btw jy is wyse tannie😉 hoop dis reg gespel my afrikaans is nie so goed

  • 54. Beeld  |  September 18, 2009 om 6 : 47

    Tannie????

    Jy sal jou agterend sien?

  • 55. Beenkop  |  September 18, 2009 om 6 : 47

    o ja en sal die donners my nog die volgende dag bel en vir my vra of ek aanvaar het…dis sommer ‘n lol daai

  • 56. Adrie  |  September 18, 2009 om 6 : 48

    GRRRR

    Daar kry ek my eie naam verkeerd

  • 57. Beenkop  |  September 18, 2009 om 6 : 49

    ja dit was in die beeld🙂

  • 58. Adrie  |  September 18, 2009 om 6 : 53

    He He He

    Waarvoor was die onderhoud?

  • 59. Beenkop  |  September 18, 2009 om 6 : 54

    jy sal my eers moet vang ek is vinniger as jy want jy ek het powerrade en energade saam met disprin gemix ek hardloop n k*k hou

  • 60. Adrie  |  September 18, 2009 om 6 : 57

    Jy sal nog dink jy hardloop, dan sak jy inmekaar met ‘n hartaanvaal.

    Pot, stel, wedstryd

  • 61. Beenkop  |  September 18, 2009 om 6 : 57

    ek is langer as jyyyy😉

  • 62. Adrie  |  September 18, 2009 om 7 : 02

    Hoe seker is jy daarvan?

    Jy sal verbaas word hoe kort word ‘n man nadat hy op die skeen geskop is.

  • 63. Beenkop  |  September 18, 2009 om 7 : 06

    nah jy sal nie ‘n mooi ou soos ek skop nie, jy sal smelt soos ‘n stuk barone wat op die gaslamp gelos is. hehehe

  • 64. Adrie  |  September 18, 2009 om 7 : 12

    Jy onderskat duidelik my sadistiese kant.

    Ego maak mooiheid dood.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: