Vereniging deur die eenoogmonster

September 15, 2009 at 5 : 49 23 Kommentaar

Daar kan boekdele geskryf word oor die nadele van televisie.  Meer nog kan gesê word van die irritasie wat dit soms is en die snert wat uitgesaai word.   Tog kan niemand betwis dat televisie ook voordele het.  Die grootste voordeel van televisie is dat dit ons dikwels toeskouers van geskiedenis maak.

Daar is seker nie ‘n beter voorbeeld as 11 September 2001.  Ek was vroeg van my prakties af en wou eintlik net sien wat is op TV.  Op die presiese oomblik wat die tweede vliegtuig in die Twin Towers vasgevlieg het.  Natuurlik het daar toe dadels van my middagslapie gekom.  Ek het my vriendin uit haar kamer (en middagslapie) gaan pluk en ons het TV gekyk asof ons lewe daarvan afhang.  Ons was nie alleen nie.   Daardie aand het almal net gaan kos haal, almal bang dat hulle moontlik iets gaan mis.

Werklikheids televisie sonder enige draaiboek of konsep.  Mense wat uit geboue uitspring om nie dood gebrand te word nie.  En dit is nie ‘n akteur wat miljoene betaal word nie, dit is nie eers ‘n waaghals nie en daar is niks om sy val te breek nie.  Dit is ‘n gewone mens wat ‘n keuse tussen twee maniere om te sterf gemaak het.

Ek dink byvoorbeeld ook aan 11 Februarie 1990 waar mense vasgenael gesit het om te sien hoe lyk Nelson Mandela nou eintlik.  Die eerste stap na ‘n nuwe Suid-Afrika.  Daar was in miljoene gerou by die begrafnis van Diana, Moeder Theresa en Pous Johannes Paulus II.  Bietjie voor my tyd, maar deur die kassie was miljoene mense ook gaste aan Diana en Charles se troue gewees.   Hoeveel mense was in die jurie van OJ Simpson gewees danksy Televisie? 

Radio kan die gehoor selfs nog meer maak, maar dit bly anders om iets te sien as om dit te hoor.  Hoorsê sal nooit met my eie oë sien wat gebeur vervang nie.  Televisie kan gemanipuleer word, ja, maar nie in lewendige uitsendings nie.

Televisie bring die uithoek van die aarde huis toe.  Televisie is dalk die instrument wat dit wel sal regkry om die wêreld te verenig.  Dat daar vir ‘n paar minute / ure iets gaan wees wat alle skeidings gaan verwyder.  Mens kan maar hoop dat dit nie met ‘n tragedie gaan wees nie. 

Watter televisie “as-it-happened” uitsending val jou by?  Het jy die groot gebeure op tv gekyk?

Blogvraag:  Wat het CBS klank ingineur, Charley Douglass, ontwikkel?

Blogantwoord: Die VN het 193 lidlande.

BAIE geluk aan Poplap wat vandag, 16 September, verjaar.  Ons hoop dat ‘n baie mooi jaar vir haar wag.

Entry filed under: Bogpraatjies. Tags: .

Patrick Swayze Resessie ‘n verskoning vir Slawerny

23 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  September 15, 2009 om 11 : 29

    lagmasjien

  • 2. Olga  |  September 15, 2009 om 11 : 31

    happy bifday poplap. many happy returns.

  • 3. Olga  |  September 15, 2009 om 11 : 45

    ek kyk ni veel tv nie. het egter charles en di, andrew en fergie se troues gesien. die lansering van meer as 1 ruimteskip. ook die een wat binne sekondes ontplof het gekyk. ook die begrafnisse van di en moeder theresa. 11/9, en die ene of ander vliegtuig wat op die dallas wentworth lughawe ook binne sekondes na opstyging ontplof het.
    voorts is ek besig om te luister hoe jacaranda in radio DARREN verander. hells bells, asof die plein boring van darren scot nie infuriating enough is nie, speel hulle heeldag uitreksels van die gemors. en o, wee, dan heel dag kurt darren musiek. op sondae in sy program word daar ook meer as 1 liedjie van hom gespeel. al, tog. asof hy n vervelig genoeg omroeper is nie. ek het vanaand en gsteraand amper gehuil van blydskap om maurice se stem te hoor. john vismis is afstootlik. en barney simon VERVEEEELIG. as maurice groet, speel ek maar cds. ja, ek weet dit is ni die jacaranda blog nie. maar jy het gevra en ek het gese.

  • 4. Wille Kjind Q  |  September 16, 2009 om 5 : 19

    Testing

  • 5. Wille Kjind Q  |  September 16, 2009 om 5 : 20

    Ai tog! More more

  • 6. Adrie  |  September 16, 2009 om 7 : 24

    More almal

  • 7. Adrie  |  September 16, 2009 om 7 : 28

    Olga

    Oi! Die ruinteskip ontplof? dit moes gross gewees het. Kan jy onthou watter een dit was?

    Jakaranda gee my deesdae n kramp. Alles is die heeldag net die oggendshow.

  • 8. Beeld  |  September 16, 2009 om 8 : 19

    Wilhelm de Swardt

    Caster Semenya was “bitter ontsteld” toe daar tydens die toetse wat in Suid-Afrika op haar gedoen is foto’s van haar geslagsdele geneem is.

    Semenya was so ontsteld dat sy haar vriende vanuit die hospitaal ge-SMS en gebel het om hulle te vertel wat met haar gebeur het, het mnr. Wilfred Daniels, wat onlangs weens die Semenya-skandaal uit Atletiek Suid-Afrika (ASA) as spanbestuurder bedank het, gisteraand in ’n radiodebat gesê.

    “Die toetse het amper twee uur geduur en Semenya het erg gefrustreerd en selfs kwaad geraak oor die vernederende aard daarvan. Haar voete was in stiebeuels toe die foto’s geneem is.

    “Miskien het die tyd aangebreek dat Semenya (Suid-Afrika se vroue-wêreldkampioen in die 800 m) self vertel watter toetse op 7 Augustus in die Medforum-hospitaal in Pretoria op haar gedoen is.

    “Dit is die enigste manier waarop die volle waarheid sal uitkom,” het Daniels in die debat met mnr. Leonard Chuene, voorsitter van ASA, op Radio Metro gesê.

    Volgens Beeld se bronne was daar net drie mense dié dag in die hospitaal teenwoordig toe die toetse gedoen is: Semenya, haar afrigter, Michael Semé, en dr. Harold Adams, wat steeds spoorloos is. Die opdrag aan haar was dat sy na die hospitaal moes gaan sodat sy vir dwelmmisbruik getoets kon word.

    Tot dusver het niemand nog kans gehad om Semenya te vra wat in die hospitaal gebeur het nie omdat sy van die media weggehou word.

    Beeld het gister betroubaar bevestiging ontvang dat Adams die afgelope naweek met die Internasionale Vereniging van Atletiek- federasies (IAAF) kontak gemaak het en “wou praat”.

    Wat hy aan die IAAF gesê het, is nie bekend nie. Daar is aan Beeld gesê Adams het “erg bang” geklink.

    Chuene hou steeds vol hy weet niks van die toetse nie. Hy het ’n beroep op Daniels gedoen om op te hou om net allerlei beweringe te maak en om alles wat hy oor die toetse weet bekend te maak.

    Hy het gesê ASA kon nie geslagstoetse op Semenya doen nie omdat sy grondwet nie daarvoor voorsiening maak nie. ASA sou ook nie vir sulke toetse betaal het nie.

    Daniels het hierop gesê dat die antwoorde van Semenya self verkry moet word. “Dink net wat moet in Caster se kop aangaan. Haar geslag word sedert verlede week wêreldwyd bespreek.

    “Ek dink nie dit gaan meer saak maak wat die IAAF op 20 November bekend maak nie. Ek dink haar loopbaan is verby.

    “Dink jy enigiemand kan herstel van die emosionele seerkry en vernedering wat sy deurgaan? Wat dink jy sal deur haar kop gaan as sy weer in ’n sweetpak op ’n atletiekbaan uitstap ná al die intieme besonderhede wat die wêreld ingestuur is? Hoe kan sy op atletiek fokus?”

    Toe Daniels gevra is wie Semenya vir die toetse gestuur het, het hy gesê dit moet iemand wees wat sy só vertrou het dat sy so ’n opdrag sal uitvoer.

    – Beeld

  • 9. Beeld  |  September 16, 2009 om 8 : 22

    Virginia Keppler

    ’n 14-jarige meisie van Modimolle (Nylstroom) is in die waakeenheid van ’n hospitaal nadat sy en ’n 13-jarige vriendin beseer is toe hulle van ’n kwadfiets geslinger is nadat dit ’n klip getref het.

    Nie een van die twee het valhelms of enige ander beskermende drag aangehad nie.

    Melissa Beytel, ’n gr. 8-leerling aan die Hoërskool Nylstroom, word in die Akasia-hospitaal, noord van Pretoria, behandel weens onder meer bloeding op die brein.

    Sy het ook haar sleutelbeen, skedel en neus gebreek, het ’n lang, diep sny aan haar linkersy en haar linkeroog is erg geswel en blou. Verder het sy verskeie skrape oor haar lyf opgedoen.

    Mnr. André Beytel (46), haar pa, het gesê die meisies het Sondagmiddag op Melissa se Raptor 350 cc-kwadfiets gery. “Ek het vir haar die fiets gekoop nadat sy die derde plek behaal het tydens ’n karatekampioenskap in Los Angeles in 2005.”

    Melissa het op die familieplaas van haar vriendin Chereese de Villiers in Vaalwater gekuier. Volgens Beytel het die meisies redelik vinnig op ’n grondpad op die plaas gery toe een van die kwadfiets se voorwiele ’n klip getref het.

    “Met die impak is die meisies van die fiets af die lug in geslinger. ’n Egpaar, albei dokters, het net ná die ongeluk op hulle afgekom en hulle behandel totdat ’n ambulans opgedaag het,” het Beytel gesê.

    Mev. Bonita de Villiers, Chereese se ma, het gesê haar dogter sterk sedert gister tuis aan. Sy het ’n gewrig gebreek en verskeie skrape opgedoen.

    Beytel het gesê Melissa is onder verdowing en besef nie heeltemal wat om haar aangaan nie.

    – Beeld

  • 10. Beeld  |  September 16, 2009 om 8 : 25

    Daniella du Plooy

    ‘n Oos-Randse matriekseun word oorval met aanbiedinge van meisies wat hom na sy matriekafskeid wil vergesel nadat sy suster ’n Facebook-groep begin het om vir hom ’n metgesel te vind.

    Christo Oosthuizen (19), ’n leerling aan die Hoërskool Dinamika in Alberton, se matriekafskeid is volgende Woensdag.

    Toe hy sowat twee weke gelede sy ousus, Chanti (28), ’n fotograaf van Johannesburg, gebel het om te sê hy sit weens “meisiepolitiek” sonder ’n metgesel, het sy besluit om in te gryp.

    Sy het die groep “The FAMOUS date! Matric dance 23rd Sept” op Facebook gestig waar meisies kan “aansoek” doen om Christo se metgesel te wees.

    “Hy kan dan deur al hul boodskappe en foto’s kyk en besluit saam met wie hy wil gaan,” het Oosthuizen gister aan Beeld gesê.

    “Die reaksie was oorweldigend!”

    Teen gistermiddag het die groep reeds meer as 850 lede gehad en tientalle meisies het hul foto’s opgelaai.

    Ene “Nicky” skryf op die muur van die groep: “Christo, ek is seker meisies val oor hul voete vir jou…”

    Shannon van der Byl skryf sy is nie seker hoe ’n “aantreklike ou soos Christo” homself in dié posisie bevind nie. “Maar as jy ’n damzel in distress nodig het, bel my! Jy kan ook na my foto’s kyk as jy tyd het – ek weet jy is ’n besige ou.”

    Volgens Christo is al die aandag wat hy van meisies in die groep kry “baie lekker”.

    Volgens hom sal hy vandag ’n kortlys van kandidate opstel en dan besluit wie die meisie is wat hom na die afskeid gaan vergesel.

    Volgens hom is die ideale meisie een wat hy by die matriekafskeid kan “afshow” en wat “saam met my sal pret hê”.

    – Beeld

  • 11. Beeld  |  September 16, 2009 om 8 : 34

    Amanda Botha
    Alexander Podlashuc is onlangs in Kaapstad oorlede. Amanda Botha bring hulde aan dié veelsydige kunstenaar.

    Met die dood van Alexander Pod­­la­shuc verloor die Suid-Afrikaanse kunswêreld ’n kleurryke en invloedryke figuur. Sy invloed het oor landsgrense gestrek en verskillende kunsgenres betrek. Hy het ook ’n beduidende invloed op die joernalistiek en die Afrikaanse letterkunde gehad.

    Pod, soos hy by sy familie, vriende en studente bekend was, was ’n voortreflike skilder, grafiese en spotprentkunstenaar, ’n invloedryke kunsdosent, ’n skrywer in eie reg en ’n raconteur en kok van formaat.

    Hy en sy vrou, Marianne, wat in 2004 oorlede is, was ’n bekende kunstenaarsduo en leidende figure in die Suid-Afrikaanse portretkuns. Benewens ’n groot aantal portrette van vriende en familie het hulle ook belangrike openbare Suid-Afrikaanse persoonlikhede van historiese en kulturele belang uitgebeeld. Saam was hulle stigterslede van die bekende Bloemfontein-groep wat in 1958 tot stand gekom het. Ander lede van die groep was Frans Claerhout, Renée le Roux en Eben van der Merwe.

    Podlashuc, gebore in Pretoria in 1930, het as ’n jongeling in die kringe van Frans Oerder en Alexis Preller beweeg en kunsonderrig van Walter Battiss gekry. Sy formele kunsopleiding begin as 16-jarige by die Michaelis-kunsskool aan die Universiteit van Kaapstad waar hy vroeg as ’n rebel gebrandmerk en uitgeboender is vanweë sy belangstelling in die moderne kuns en sy kritiese botsings met sy konserwatiewe mentors, Melvin Simmers en Edward Roworth.

    Hy is toe na Londen waar hy aan die Central School of Art onder die bekendste Britse kunstenaars van die tyd studeer het. Onder hulle tel Mervyn Peake, die skrywer van die Gormenghast-trilogie, die grafiese ekspert Gertude Hermes, Victor Pasmore, Keith Vaughan en Wil­liam Roberts. Onder Roberts se invloed het hy die stilistiese aspekte van die Britse vortisisme geabsorbeer wat later ’n kenmerk van sy Suid-Afrikaanse werk geword het.

    Ná die oorlog het Podlashuc as grafiese en spotprentkunstenaar vir die tydskrif Punch gewerk. Hier het hy bevriend geraak met vooraanstaande kulturele en politieke figure soos Peter Ustinov, die militêre taktikus Basil Liddell-Hart en die skrywer Arthur Koestler.

    ’n Trek van die karikaturis het altyd deel van sy beste skilderye en grafiese werk gebly. Kort daarna gaan studeer en werk hy in Amsterdam waar hy sy vrou, Ma­rianne, ontmoet.

    In 1954 keer hy na Pretoria terug en werk as joernalis en kunstenaar by die Pretoria News. Hy gee klas aan die Tegniese Kollege en maak in die persgalery tekeninge van verskeie opspraakwekkende hofsake in die Pretoriase hooggeregshof.

    Die egpaar vestig hulle in Bloemfontein waar hy as grafiese en spotprentkunstenaar vir die tydskrifte Outspan en Personality en die dagblad The Friend werk. As deel van die Bloemfontein-groep het hy en sy vrou saam begin uitstal en landwyd aandag op hul werk gevestig.

    Podlashuc het kort ná sy aankoms in Bloemfontein bevriend geraak met die Afrikaanse skrywer Etienne Leroux. Hy het Leroux die idee gegee van ’n roman teen die agtergrond van ’n hoogs geïndustrialiseerde Bolandse wynplaas. Die inligting het betrekking gehad op Podlashuc se neef, Bernard, die eienaar van die Bellingham-landgoed naby Franschhoek, wat die agterdoek geword het van Leroux se bekroonde Sewe dae by die Silbersteins. Leroux het die roman aan die Podlashuc-egpaar opgedra.

    In 1964 is Podlashuc aangestel as hoof van die Port Elizabeth Technikon se skool van kuns en ontwerp. Hy het ook as kunskritikus vir Die Oosterlig opgetree. Hy was aktief betrokke in die kulturele lewe van die Oos-Kaap.

    Van hierdie periode dateer sy belangrike grafiese portfolio, Die passie van Judas Iskariot (1978 – 1981). In hierdie werk verken hy die historiese en religieuse rol van Judas. Die beelde daarin het te doen met die temas geloof, verraad, skuld en gesag.

    In dieselfde tyd het hy ook na die eiland Patmos in Griekeland gereis om die literêre ooreenkomste tussen die profeet Esegiël in die Ou Testament en Johannes die Doper te verken. Dit was kort ná die bloedige revolusie van die kolonels in Griekeland wat hy in teks en linosnee-beelde omskep in ’n belangrike werk, Betragtings van verraad en geloof. Hierdie werk bevestig opnuut sy humanisme en diepgaande meelewing met alle vorms van onreg.

    In 1990 het die Podlashucs hulle in Kaapstad gevestig. Saam het hulle ’n aantal uitstallings aangebied en albei was ook met skryfwerk besig. Ná Marianne se dood het hy twee romans geskryf.

    In 2006 ontvang hy die erepenning vir visuele kunste van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns waardeur sy invloedryke bydrae as kunstenaar erken is.

    Podlashuc se werk is op die oog af realisties. Hy maak egter gebruik van stilering en distorsie sowel as buitengewone perspektiewe wat ’n onderliggende ongemak en dubbelsinnigheid aan sy werk verleen. Sy werk – grafies, stillewes of landskappe – lewer in wese kommentaar op die menslike situasie.

    Podlashuc het sy lewe gewy aan kuns, kunsonderrig, letterkunde en joernalistiek. As buitengewone humanis en raconteur van formaat het gesellige byeenkomste in sy stylvolle huis in Tamboerskloof ’n tradisie geword. Sy nalatenskap is uitgebreid, afgedruk ook op die gees van diegene wat hom geken het.

    ’n Klein huldetentoonstelling vir Alexander Podlashuc word van 14 tot 30 September in die Sasol- kunsmuseum in Ryneveldstraat, Stellenbosch. aangebied.

  • 12. *Mathilda*  |  September 16, 2009 om 8 : 52

    More

  • 13. *Mathilda*  |  September 16, 2009 om 10 : 04

    Veels geluk liewe poplap
    omdat jy vervel
    mag jy nog baie kom kuier
    en sweeties saambring !

  • 14. SeeKat  |  September 16, 2009 om 11 : 46

    Die grootste gebeurtenis vir my ooit was die maanlanding en die eerste ou op die maan. Ongelukkig was ons in Suid Afrika dit nie beskore om dit lewindig op TV te sien nie ons het net na die radio gesit en luister terwyl dit gebeur het. Ek was toe maar baie klein gewees maar oud genoeg om dit te onthou. Ons het uitgegaan en na die maan gekyk met die wete dat daar nou iemand daar is. Die herdenking van die hele gebeurtinis was vir my baie goed om weer die hele belewenis te herleef met TV beeld. Diana se troue was ook nog al groot. Die Lewendige uitsendings van wimbelton die eerste keer staan ook ver bo ander uit. Toe ek in st 4,5&6 was het daar mense n toets gedoen oor wat die efek van TV op die mens het. Hulle het ons IK en aanleg toetse laat af le jaarliks en toe weer nadat TV uit gekom het en weer toe ek in die weermag was dit het hulle met baie kinders in die land gedoen want ons was die enigste land in die wereld wat nie TV gehaad het nie so daar was net die kaans ooit gewees om die efek van TV op n mens te bestudeer.

    Die uitslae plae my nie want ek dink TV het die lewe defnitief verbetre. As ek na my kinders kyk teen oor my self dan is hulle baie meer ingelig as wat ek was.

  • 15. Adrie  |  September 16, 2009 om 3 : 52

    Seekat

    So jy is een van die min mense wat glo dat daar iets goed in vandag se jeug steek?

  • 16. Adrie  |  September 16, 2009 om 3 : 53

    Iemand moet vir my nog kom bewys dat vandag se jeug wragtig swakker is as die verlede se jeug.

  • 17. Nats  |  September 16, 2009 om 4 : 15

    Allo allo!!!!

    Ek onthou toe hulle die UK gebomb het… daai treine en bus! Dit was erg, net soos die 911 wat ek ook op tv gesien het. Ek was nog op skool😯😆

    Ek onthou
    Diana se dood
    911
    UK bomme
    Barak Obama President word
    Sal nog moet dink…

  • 18. Adrie  |  September 16, 2009 om 4 : 19

    Hi Tweeling

    How goes?

    Ek het amper van die bomme vergeet. Maar ek het dit nie op die TV gesien nie.

  • 19. Nats  |  September 16, 2009 om 4 : 25

    Help nie om te kla nie – self?

    Ek is net nou moeg, wil huis toe gaan!!

  • 20. Adrie  |  September 16, 2009 om 4 : 27

    Ek ook

    Ook goed jy is nie lus om te kla nie. My ore is lam

  • 21. Nats  |  September 16, 2009 om 4 : 31

    Nie dat jy luister nie… jy lees!😆

  • 22. Adrie  |  September 16, 2009 om 4 : 43

    My ogge is ook nie lus nie. Hulle is nog meer op as my ore. Sien? Hulle is baie kleiner as my ore.

  • 23. Freek  |  September 17, 2009 om 2 : 25

    Hello. Weet jy niemand kan verby comment # 32 op jou blog van vandag kom nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: