Berg van ‘n molshoop

September 14, 2009 at 5 : 39 22 Kommentaar

Ek wil nou nie lelik wees nie, maar hierdie Caster Semenya storie raak nou net een te veel.  Regtig, ek voel baie jammer vir haar.  Dit kan nie maklik wees as jou drome en ideale dreig om voor jou voete verpletter te word nie.  18 jaar is eintlik nog bitter jonk.  ‘n Wrede ontnugtering, maar eintlik ook ‘n genade.  Dit is nie te laat om ‘n skuif te maak nie, sy kon in elk geval nie vir die res van haar lewe atletiek gedoen het nie. 

Tog met die nuwe ontwikkeling wil ek vir ‘n paar mense vra om by te pik.  Dit sou die beste gewees het as die hele aangeleentheid in vertroulikheid afgehandel kon word, dus as dit nooit aan die media gelek was nie.  Dit is egter diegene wat haar moes beskerm wat die hele storie in ‘n sirkus laar ontaard het.  Semenya is nie die eerste of laaste vrou wat aan geslagstoetse geonderwerp is nie.  Daar was verlede jaar 8 vroue getoets, waarvan 4 se sportloopbane tot ‘n einde gekom het.  Niemand het dit ‘n Ripley’s storie gemaak nie.

As ek ou koeie uit die sloot uit kan gaan grawe.  Malema se sogenaamde beskerming is ‘n klap in haar gesig.  “Daar is baie wit vroue wat lelik is, hoekom doen niemand geslagstoetse op hulle nie?”  Dit impliseer dat Semenya lelik is.  Wat het wit en swart in elk geval met die saak te doen?  Dit gaan oor die hoeveelheid testosteroon wat sy het, wat net mooi niks met kleur te doen het nie.  Winnie Mandela se “Our little girl . . .” is verkleinerend.  In Semenya se skoene sou ek net daar ‘n baba gekry het – en sommer terselfde tyd die IAAF ‘n ding gewys het.

Dit blyk alhoemeer dat Leonard Chuene vir Semenya vir die aasvoëls gewerp.  Hy het vermoedelik geweet wat op haar wag.  In plaas om haar die vernedering te spaar of om vroegtydig op te tree het hy sy kop in ‘n gat gedruk.  Boonop word hy op die skouer geklop oor sy hantering oor die saak?  Hy het niks hanteer nie!  Hy het nie rassisme gegil.

Ek verstaan Semenya self kry op die oomblik berading oor die artikels in Australië.  Terloops, wat het geword van gaan haal die storie uit die perd se mond uit?  Deesdae berig koerante en radio’s net oor wat hulle in ander koerante gelees het.  Praat van ploeg met ‘n ander se kallers.  Terug na Semenya, ek verstaan sy swot sportwetenskap.  Nie die maklikste kursus nie, ek dink amper biologie en / of natuurwetenskap is ‘n vereiste.  Iewers moes sy al gehoor het van vroulike en manlike geslagsdele.  Iewers moes sy al gehoor het dat meisies menustrueer en hoekom hulle menustrueer?  Het niemand dit vreemd gevind omdat sy nog nie gemenustrueer nie? Of verskil dit met die agtergeblewendes?

Die een wat nou heeltemaak die dam onder die eend uitruk, is Makhenkesi Stofile.  Die man dreig sommer die met die Derde Wêreld oorlog as Semenya gediskwalifiseer word.  Na dese is ek nie eers heeltemaal seker dat hy dit figuurlik bedoel nie.  Intussen is daar al ook by die VN se afdeling van vrouebemagtiging gestuur.  Ek meen, goeie ouers.  Die VN het seker beter dinge om te doen.

Die politici in die land het Semenya van haar menswaardigheid beroof om van haar ‘n speelbal te maak.

Hoe voel julle?

Blogvraag:  Hoeveel lande is lede van die Verenigde Nasies?

Blogantwoord:  Maxie was amper reg met Musiri, Tamil Nadu, Indië.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Straatpissers Patrick Swayze

22 Kommentaar Add your own

  • 1. Girl van die Suburbs  |  September 14, 2009 om 6 : 59

    whahahah… EERSTE!!!!!

  • 2. Girl van die Suburbs  |  September 14, 2009 om 7 : 01

    49!

  • 3. Adrie  |  September 14, 2009 om 7 : 33

    Hey hey

  • 4. Nelba  |  September 14, 2009 om 8 : 22

    Testosteroon wen nie wedlope nie (anders sou alle mans goeie atlete gewees het. ) Deursettingsvermoë en harde werk wel. Dis jammer dat haar prestasie verkleineer word op grond van die teenwoordigheid van ‘n blote hormoon.

    Die saak kry veels te veel publisiteit en dit oor iets wat regtig eintlik privaat is, ek stem saam.

    Ek ken iemand wat gesukkel het met laat puberteit. Sy’t op 17 eers mediese hulp ingewin. En dit is moontlik vir iemand wat hard oefen om in elk geval nie te menstrueer nie. Ook, mense is soms bang om uit te vind as hulle dink iets is nie reg nie. So, dalk is dit nie so ongewoon dat die ware toedrag van sake nie vermoed is nie.

  • 5. Adrie  |  September 14, 2009 om 8 : 39

    Nelba

    Jy het n punt met puberiteit. Tog, in ag genome haar voorkoms, gesigshare en stem, sal enige iemand lankal fout met hormone gesoek het.

    Ek wonder of dit dalk nie n geval is van ignorance is nie. Haar ma (of gesagsfigure) het dalk nie geweet dat dit n probleem is nie. Daar is mense wat nie vrylik toegang het tot dokters nie.

  • 6. Girl van die Suburbs  |  September 14, 2009 om 9 : 35

    Ekke nou weer te laat…. pfffffff

  • 7. Adrie  |  September 14, 2009 om 9 : 46

    Te laat vir wat?

  • 8. Girl van die Suburbs  |  September 14, 2009 om 10 : 13

    Ek mis alewig die mense!

  • 9. Wille Kjind Q  |  September 15, 2009 om 5 : 16

    More GGGRRR!!!!!! More

  • 10. Adrie  |  September 15, 2009 om 7 : 18

    En daar dooi Patrick Swayze.

  • 11. Adrie  |  September 15, 2009 om 7 : 19

    More almal

  • 12. *Mathilda*  |  September 15, 2009 om 7 : 22

    more

  • 13. Beeld  |  September 15, 2009 om 8 : 12

    Fanie van Rooyen
    Johannesburg – Die departement van gesondheid het gesondheidswerkers landwyd gevra om “uiters waaksaam” te wees nadat dit aan die lig gekom het tuberkulose-pasiënte verkoop hul speeksel aan gesonde mense om vir ’n ongeskiktheidstoelae te kwalifiseer.

    Fidel Hadebe, nasionale woordvoerder van dié departement, het gister gesê sulke gedrag “kan nie toegelaat word nie”.

    “Dit is oneerlik en onaanvaarbaar. As dit nie stopgesit word nie, kan dit die land se TB-statistieke heeltemal ongedaan maak,” het Hadebe gesê.

    Die Daily Sun het gister berig TB-pasiënte in Khayelitsha in Kaapstad verkoop hul speeksel teen sowat R100 per botteltjie.

    Gesonde kopers gebruik die speeksel om ’n tydelike ongeskiktheidstoelae van R1 010 van die staat te bekom.

    Die TB-pasiënt by wie verslaggewers van die Daily Sun spoegmonsters gekoop het, het gesê hy maak omtrent R500 per maand deur sy speeksel te verkoop.

    Jack Bloom, DA-woordvoerder vir gesondheid in Gauteng, het gesê hy weet van TB-pasiënte wat ophou om hul medikasie te neem sodat hulle vir die staatstoelae in aanmerking kan bly of kan aanhou om speeksel te verkoop.

    – Die Burger

  • 14. Beeld  |  September 15, 2009 om 8 : 14

    Hilda Fourie

    ’nTweejarige meisie wat Donderdag in Durban ontvoer is, is gister in Pretoria by ’n haar­salon afgelaai.

    Al wat lede van die Wonderboompoort-polisiekantoor uit haar kon kry, is dat haar naam Kedina is. Aan sommige polisielede het sy gesê sy is twee jaar oud en aan ander dat sy drie jaar oud is.

    Sy het nie geweet wat haar van is, waar sy bly of wie haar ouers is nie.

    Op ’n vraag waar haar ma en pa is, het sy in Engels gesê: “I don’t know.”

    Dit het later geblyk haar naam is Kedina Naicker.

    Insp. Wanda Olivier, polisiewoordvoerder, het gesê die klein krulkoppie is Donderdag by Southbeach deur ’n man met blonde hare, vermoedelik ’n prostituut, ontvoer.

    Die omstandighede rakende die ontvoering is nie duidelik nie. Dis vermoedelik dieselfde man wat haar gisteroggend by ’n haarsalon in Les Marais, Pretoria, afgelaai en gesê het dat hy haar verlate op ’n trein in Johannesburg gekry het.

    “Mommy is gone. Daddy is gone,” het Kedina oor haar ouers aan polisielede gesê.

    Olivier is gistermiddag oorval met oproepe van talle ouers wat gevra het of Kedina dalk hul vermiste dogtertjie is.

    Volgens Olivier het twee Durbanse polisiebeamptes oor die radio van Kedina gehoor en haar ma, me. Patricia Naicker, opgespoor.

    Naicker het presies aan Olivier haar dogter se pienk Crocs-skoene met skoenlappers en hartjies op beskryf.

    “Sy was histeries toe sy hoor ons het haar dogtertjie,” het Olivier gesê.

    Me. Michelle Bala, eienaar van die Wyse Uiltjie Akademie in Mayville, het Kedina tydelik onder haar vlerk geneem totdat sy met haar ma herenig sal word. Volgens Bala was Kedina skoon en haar naels netjies geknip toe sy by haar aankom, maar “tot die dood toe honger”.

    Nadat Kedina gebad en gevoed is, het sy gespeel, rondgehardloop, gesels en nou en dan lekker gelag. Volgens Bala lyk sy gelukkig.

    – Beeld

  • 15. Beeld  |  September 15, 2009 om 8 : 15

    Sonja van Buul
    Vanderbijlpark. – “Die stelsel het baba Johan* in die steek gelaat.”

    So sê mnr. Steven en mev. Anéle Nell (albei 37), die veiligheidsouers van ’n babaseuntjie, Johan (11 weke en ’n dag oud), wat by sy ouerhuis in Vanderbijlpark dood is ’n week nadat die kommissaris van die kinderhof in Vanderbijlpark op ­
    24 Augustus beveel het hy moet aan sy biologiese ouers terugbesorg word.

    Hy was tien dae oud toe hy in die Nells se veiligheidsorg geplaas is en was ’n bie­tjie meer as twee maande by hulle.

    Johan is op 2 September dood.

    Die polisie het ’n geregtelike ondersoek na sy dood gelas.

    “Hy is die biologiese ouers se derde baba wat dood is en dit het agterdog gewek,” het insp. Kinnie Steyn, polisiewoordvoerder, gesê.

    Die egpaar het ook drie dogters, waarvan een in die sorg van haar ouma en die ander twee by hul ouers is.

    “Die nadoodse ondersoek het aan die lig gebring hy het aan ’n hartdefek gely en is vermoedelik as gevolg hiervan dood aan versmoring.

    “Ons wil graag glo hy kon vandag nog geleef het as hy nie uit ons sorg verwyder is nie, al besef ons hy kon hier ook gesterf het,” het ’n hartseer mnr. Nell aan Beeld gesê.

    Die Nells het Johan na ’n pediater geneem juis weens sy boetie en sussie se mediese geskiedenis.

    “Johan sou die dag nadat hy uit ons sorg verwyder is, weer vir ’n opvolgbesoek by die pediater gaan en ’n besoek aan ’n hartspesialis kort daarna,” het mev. Nell gesê.

    “Die welsynwerker het ons verskeie kere verseker ons sal Johan kan aanneem toe sy ons gevra het of ons hom ’n veilige heenkome wil bied.”

    ’n Ander meisie wat drie jaar in hul pleegsorg was, is twee jaar gelede ook summier aan haar biologiese ma terugbesorg.

    Volgens mev. Anette Degenaar, woordvoerder van NG Welsyn, is die Nell-egpaar in die besluit oor die meisie geken.

    “Die maatskaplike werker van hierdie kantoor het te kenne gegee dat sy die aanbeveling nie heelhartig ondersteun het nie, soos ook in die geval met Johan,” het sy gesê.

    Volgens mnr. Nell verstaan hulle kinders in veiligheids- en of pleegsorg kan teruggestuur word na die biologiese ouers, maar is die beloftes van aanneming die probleem.

    “Die welsynwerker het geweet ons is gewillig om ouers te wees en ons sal nie nee sê nie.”

    Mev. Nell is nou swanger met hul eerste baba.

    Volgens Degenaar het hulle al die wetlike prosedures gevolg en alles binne hul vermoë gedoen om Johan te beveilig.

    “Ons het op 25 Augustus weer ’n aansoek om noodbeveiliging by die hof ingedien, maar die kommissaris wou dit nie bekragtig nie en ons moes hom terugbesorg,” het sy gesê.

    “Ons betreur die uiters tragiese dood.”

    *?Nie sy regte naam nie. Skuilnaam om regsredes gebruik.

  • 16. Beeld  |  September 15, 2009 om 8 : 18

    Herman Scholtz

    Die bende wat vroue van Centurion beroof, in hul eie motors ontvoer en toe verkrag het, praat bog.

    Streeklanddros Solomon Mkhabela het gister die getuienis van James Slinger (18), David Edward Sekole (21) en Luvuyo Ntsaba (20) verwerp.

    Hy het Sekole uitgetrap omdat hy tydens die uitspraak bly sit het. Sekole het kort voor dit opgefrommelde papiere na die ondersoekspan gegooi en sy middelvinger vir hulle gewys.

    Die bende het drie vroue in Mei en Junie 2007 ontvoer.

    Hulle het gedreig om ’n stok in een van die vroue se geslagsdele te druk en kookwater oor ’n ander vrou te gooi.

    Voorts het een van hulle eers sy slagoffer se oorbelle ingesit en haar naels bewonder voordat hy haar verkrag het.

    Die hof het gehoor een van die klaagsters het aanhoudend, maar vergeefs gebid dat sy nie verkrag moet word nie. Ná haar verkragting het sy gevra hulle moet haar doodmaak. Hulle het gelag en sy het maar weer in haar motor se kattebak geklim.

    Mkhabela het gesê al drie die klaagsters se getuienis was eerlik, geloofwaardig en opreg.

    “Hulle het almal gesmeek: ‘Vat alles en los ons uit.’?”

    Al drie vroue het gesê Sekole, wat hul voertuie bestuur het, is ’n besonder slegte bestuurder. Hy kon nie die ratte vind of behoorlik wegtrek nie.

    Mkhabela het bevind Slinger en Ntsaba se weergawes dat hulle by hul huise was, is nie waar nie.

    Hoewel hulle beweer het dat alibi’s hul weergawes kan staaf, het die verdediging geen getuies geroep nie.

    Mkhabela het ook korte mette gemaak van Sekole se weergawe dat hy ’n romantiese verhouding met die een klaagster, wat hy as “Annemarie” ken, gehad het.

    Sekole het beweer hy en die klaagster het kort voor sy arrestasie “amper die hele dag lank seks gehad” nadat sy aan hom sekere “geel pilletjies” gegee het.

    Dís hoekom sy DNS op haar gevind is, het hy aangevoer.

    Mkhabela het gesê al drie vroue kon van die beskuldigdes as die skurke identifiseer.

    Slinger is skuldig bevind op twee aanklagte van diefstal en een van verkragting, menseroof en roof met verswarende omstandighede.

    Ntsaba is skuldig bevind aan verkragting en twee aanklagte van diefstal.

    Sekole is skuldig bevind aan twee aanklagte van verkragting, vier aanklagte van menseroof en drie aanklagte van roof met verswarende omstandighede.

    Vonnisverrigtinge begin vandag.

    – Beeld

  • 17. News 24  |  September 15, 2009 om 8 : 20

    Los Angeles – Patrick Swayze, the hunky actor who danced his way into moviegoers’ hearts with Dirty Dancing and then broke them with Ghost, died on Monday after a battle with pancreatic cancer. He was 57.

    “Patrick Swayze passed away peacefully today with family at his side after facing the challenges of his illness for the last 20 months,” his publicist, Annett Wolf, said in a statement on Monday evening. Swayze died in Los Angeles, Wolf said, but she declined to give further details.

    Fans of the actor were saddened to learn in March 2008 that Swayze was suffering from a particularly deadly form of cancer. He kept working despite the diagnosis, putting together a memoir with his wife and shooting The Beast, a drama series on the A&E cable television station for which he had already made the pilot.

    Swayze said he opted not to use painkilling drugs while making The Beast because they would have taken the edge off his performance. The show drew a respectable 1.3 million viewers when the 13 episodes ran in 2009, but A&E said it had reluctantly decided not to renew it for a second season.

    When he first went public with the illness, some reports gave him only weeks to live, but his doctor said his situation was “considerably more optimistic” than that. Swayze acknowledged that time might be running out given the grim nature of the disease.

    “I’d say five years is pretty wishful thinking,” Swayze told ABC television’s Barbara Walters in early 2009. “Two years seems likely if you’re going to believe statistics. I want to last until they find a cure, which means I’d better get a fire under it.”

    A wonderful actor

    C Thomas Howell, who costarred with Swayze in The Outsiders, Grandview USA and Red Dawn, said: “I have always had a special place in my heart for Patrick. While I was fortunate enough to work with him in three films, it was our passion for horses that forged a friendship between us that I treasure to this day. Not only did we lose a fine actor today, I lost my older Outsiders’ brother.”

    Other celebrities used Twitter to express condolences, and Dirty Dancing was the top trending topic for a while on Monday night, trailed by several other Swayze films.

    Ashton Kutcher – whose wife, Demi Moore, costarred with Swayze in Ghost – wrote: “RIP P Swayze.” Kutcher also linked to a YouTube clip of the actor poking fun at himself in a classic Saturday Night Live TV comedy sketch, in which he played a would-be Chippendales exotic dancer alongside the corpulent – and frighteningly shirtless – Chris Farley.

    Larry King wrote: “Patrick Swayze was a wonderful actor & a terrific guy. He put his heart in everything. He was an extraordinary fighter in his battle w Cancer.” King added that he’d do a tribute to Swayze on his CNN programme on Tuesday night.

    A three-time Golden Globe nominee, Swayze became a star with his performance as the misunderstood bad boy Johnny Castle in Dirty Dancing. As the son of a choreographer who began his career in musical theater, he seemed a natural to play the role.

    A coming-of-age romance starring Jennifer Grey as an idealistic young woman on holiday with her family and Swayze as the Catskills resort’s sexy (and much older) dance instructor, the film made great use of both his grace on his feet and his muscular physique.

    It became an international phenomenon in the summer of 1987, spawning albums, an Oscar-winning hit song in (I’ve Had) the Time of My Life, stage productions and a sequel, 2004’s Dirty Dancing: Havana Nights, in which he made a cameo.

    Swayze performed and co-wrote a song on the soundtrack, the ballad She’s Like the Wind, inspired by his wife, Lisa Niemi. The film also gave him the chance to utter the now-classic line, “Nobody puts Baby in a corner.”

    Three Golden Globe nominations

    Swayze followed that up with the 1989 action film Road House, in which he played a bouncer at a rowdy bar. But it was his performance in 1990’s Ghost that showed his vulnerable, sensitive side. He starred as a murdered man trying to communicate with his fiancee (Moore) – with great frustration and longing – through a psychic played by Whoopi Goldberg.

    Swayze said at the time that he fought for the role of Sam Wheat (director Jerry Zucker wanted Kevin Kline) but once he went in for an audition and read six scenes, he got it.

    Why did he want the part so badly? “It made me cry four or five times,” he said of Bruce Joel Rubin’s Oscar-winning script in an AP interview.

    Ghost provided yet another indelible musical moment: Swayze and Moore sensually molding pottery together to the strains of the Righteous Brothers’ Unchained Melody. It also earned a best-picture nomination and a supporting-actress Oscar for Goldberg, who said she wouldn’t have won if it weren’t for Swayze.

    “When I won my Academy Award, the only person I really thanked was Patrick,” Goldberg said in March 2008 on the ABC daytime TV talk show The View.

    Swayze himself earned three Golden Globe nominations, for Dirty Dancing, Ghost and 1995’s To Wong Foo, Thanks for Everything! Julie Newmar, which further allowed him to toy with his masculine image. The role called for him to play a drag queen on a cross-country road trip alongside Wesley Snipes and John Leguizamo.

    His heartthrob status almost kept him from being considered for the role of Vida Boheme.

    “I couldn’t get seen on it because everyone viewed me as terminally heterosexually masculine-macho,” he told The Associated Press then. But he transformed himself so completely that when his screen test was sent to Steven Spielberg, whose Amblin pictures produced To Wong Foo, Spielberg didn’t recognise him.

    Among his earlier films, Swayze was part of the star-studded lineup of up-and-comers in Francis Ford Coppola’s 1983 adaptation of SE Hinton’s novel The Outsiders, alongside Rob Lowe, Tom Cruise, Matt Dillon, Ralph Macchio, Emilio Estevez and Diane Lane.

    Other ’80s films included Red Dawn, Grandview USA (for which he also provided choreography) and Youngblood, once more with Lowe, as Canadian hockey teammates.

    In the ’90s, he made such eclectic films as Point Break (1991), in which he played the leader of a band of bank-robbing surfers, and the family Western Tall Tale (1995), in which he starred as Pecos Bill.

    Drawn to dance

    He appeared on the cover of People magazine as its “Sexiest Man Alive” in 1991, but his career tapered off toward the end of the 1990s, when he also had a stay in rehab for alcohol abuse. In 2001, he appeared in the cult favourite Donnie Darko, and in 2003 he returned to the New York stage with Chicago; 2006 found him in the musical Guys and Dolls in London.

    Swayze was born in 1952 in Houston, the son of Jesse Swayze and choreographer Patsy Swayze, whose films include Urban Cowboy.

    He played football but also was drawn to dance and theatre, performing with the Feld, Joffrey and Harkness Ballets and appearing on Broadway as Danny Zuko in Grease. But he turned to acting in 1978 after a series of injuries.

    Within a couple years of moving to Los Angeles, he made his debut in the roller-disco movie Skatetown, USA. The eclectic cast included Scott Baio, Flip Wilson, Maureen McCormack and Billy Barty.

    Off-screen, he was an avid conservationist who was moved by his time in Africa to shine a light on “man’s greed and absolute unwillingness to operate according to Mother Nature’s laws,” he told the AP in 2004.

    Swayze was married since 1975 to Niemi, a fellow dancer who took lessons with his mother; they met when he was 19 and she was 15. A licensed pilot, Niemi would fly her husband from Los Angeles to Northern California for treatment at Stanford University Medical Center.

    In February, Swayze wrote an opinion piece in the Washington Post titled, “I’m Battling Cancer. How About Some Help, Congress?” in which he urged senators and representatives to vote for the maximum funding for the National Institutes of Health to fight cancer as part of the economic stimulus package.

    He also appeared in the September 2008 live television event “Stand Up to Cancer,” where he made this moving plea: “I keep dreaming of a future, a future with a long and healthy life, a life not lived in the shadow of cancer, but in the light. … I dream that the word ‘cure’ will no longer be followed by the words ‘is impossible.”‘

    – AP

  • 18. Olga  |  September 15, 2009 om 8 : 38

    rus in vrede patrick swayze.

  • 19. Nats  |  September 15, 2009 om 9 : 16

    Goeie more julle!!!

    Ja nee ek stem – die hele storie ruk hand uit! En mense moet besef daar is ‘n jong vrou wat die middelpunt is, en sy is nie ‘n gevoellose mens nie!
    Maar dis mos maklik om die rasisme kaart te speel!
    As ek dit nie mis het nie wil hulle toetse doen om seker te maak sy is nie ‘n man nie – nie toetse om uit te vind of sy wit / pers of groen is nie!!!

    Sy gaan ‘n knou weg hê – en ek hoop maar net sy sal deur dit kan kom.

    RIP Patrick Swayze – Jy bly een van my gunstelinge!!! Was ook mal verlief op jou… hoop jy kry rus vir jou siel.

  • 20. *Mathilda*  |  September 15, 2009 om 10 : 57

    Ek was mal oor Dirty Dancing EN Patrick Swayze, ek het seker al maklik 30 keer die fliek gesien en sal hom maklik nog 30 keer kyk ! Wat my altyd opval van daardie fliek is die les dat mens nie ‘n boek by it’s cover judge nie !
    Ghost was ook nice maar te hartseer na my sin !

  • 21. SeeKat  |  September 15, 2009 om 1 : 58

    Testosteroon gee n vroue atleet n voordeel bo die ander andrs sou dit nie op die verbode lys ge wees het nie. Hoekom is ale mans nie top atlete nie want hulle kompeteer 99% net teen mekaar en nie teen vroue nie. Die gemidelde mans atleet sal stof in enige vrou se oe skop dit is hoekom hulle nie kan toelaat dat mense wat moontlik n man kon gewees het teen vroue deel neem nie. Dit is onregverdig teen oor die vroue wat teen so n persoon moet deel neem. Dit gaan nie oor die induwedie nie maar oor regverdige kompitiesie.

  • 22. Adrie  |  September 15, 2009 om 2 : 16

    Seekat

    Miskien moet jy vir Leonard Chuene gaan prentjies teken

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: