Antwoorde – Deel 1

September 12, 2009 at 6 : 18 11 Kommentaar

Sonkind:

1. Wat se kar ry jy?  Almal weet ek ry vir Lucy.  O, jy wil weet wat se tipe kar ry ek?  ‘n Bloue.  :lol:  (Chev Aveo LT Sedan)

2. Waar sou jy wou bly as jy enige plek in die wêreld kon kies en hoekom? In ‘n boomhuis in die hartjie van die Amazone.  Ek wag net tot hulle internet toegang kry.  Rede:  Om die oeraap in my te bevredig.  Tot dan is ek dood gelukkig in Pretoria. 

3. Het jy enige rooi onderklere?  Nee, maar ek het in beginsel niks teen Satan’s panties nie. 😉

4. Hoeveel kêrels het jy al gehad?  Sjoe, dit is nogal ‘n formule.  ‘n Hele 20 x 40/0.025×0. 

5. Met wat se gemiddelde simbool het jy matriek geslaag?  A vir appel. 

Vlam:

1. Hoekom kan jy nie soms net met die flow gaan nie? Net so 1 % van die tyd? My grootste vrees is om soos die res te wees.  Dit is vervelig en ek hou nie van vervelig nie.  Ek hou van revolusies en dit kry ‘n mens nie saam met die flow nie.

2. Hoekom het jy ‘n voorliefde vir vieslike wit rotgevrete?  Dit pas by my persoonlikheid. 

3. Wanneer laas het jy jou hart behoorlik uitgesnik?  In die onwaarskynlike geval wat ek wel aan die tjank gaan, probeer ek so gou as moontlik ophou.  Om die vraag te beantwoord, seker so 3 jaar terug.  Toe ek my hond moes laat uitsit het.

4. Huil jy as jy ‘n hartseer fliek kyk?  Nee, glad nie. 

5. Blaas jy jou neus of gebruik jy reverse gear?  Blaas dit.  :mrgreen: 

6. Is jy op die oomblik verlief?  Nee

7. Jou gunsteling mince reseppie, asb  Ag nee, Vlam.  Dink jy dat ek kan kos maak?  Kry vir jou bacon cut-offs en verbeel jou dit is mince.  Braai dit saam met uie tot gaar.  Gooi ‘n pak bevore groente in.  Maak ‘n wit sous, maar wees kreatief daarmee.  Gooi alles wat jy in die hande kry in wanneer die groente amper sag is. Gooi ‘n paar pakke 2 minute noodles in en wag tot sag.  Meng die witsous deur.  Bedien.  Dit is so lekker as wat jy kreatief is.

8. Het jy al jou droombevalling uitgewerk?  Ja, neem ‘n kind van Oos Europa af aan.  As baba, dat hy of sy van die begin af Afrikaans en Engels kan leer.

9. Wat gaan jou seuntjie se naam wees?  Arthur

10. Wat gaan jou dogtertjie se naam wees?  Jessamie

11. Skoengrootte?  7/8

12. Rokgrootte?  Ek dra nie rokke nie. 

13. Bra size?  36 D

14. Jou grootste achievement?  Ek het, sonder om arrogant te wees, nogal baie.  Dit is moeilik om een uit te sonder.  Na een van my joolprojekte het ‘n groep kinders mishandeling in die gestremdeskool uitgelig wat na ‘n ondersoek gelei het. 

15. Die laagste oomblik in jou lewe?  Weereens, niks wat die moeite werd is om te noem nie.  Ek was wel al afgedank oor my persoonlikheid.  Die CCMA het ook nie gedink dit is snaaks nie.

Wipneus:

Wie is jou grootste vyand?  Ek myself

Het jy al iemand aangeval?  Fisies, nee. 

Gunsteling dis?  Moeilik om iets uit te sonder, ek is mal oor eet.  ;)  My ma se kos. 

Jou gunsteling movie is Mamma Mia, hoekom?  My gunsteling groep is ABBA.  Ek wil my doodlag vir die fliek.  Ek hou oor die algemeen van musicals. 

Op watter dag van die week is jy gebore?  Ek was baie klein gewees, maar ek dink dit was ‘n Vrydag.

Kry jy nagmerries en waaroor  Nie juis nie.

Is daar iets in jouself wat jou irriteer?  Ja, baie

Wat is die kwaliteite waaraan jou beste vriende moet voldoen?  Hulle moet betroubaar wees. 

Wat is die kwaliteite waaraan jou toekomstige eggenote moet voldoen? MAW wat soek jy in ‘n man?  Integriteit bo alles.  Persoonlikheid is baie belangrik. 

Wat in die lewe krap jou die meeste om?  Kindermishandeling.

Hoeveel aandag gee jy aan jou toekoms planne?  Verbasend baie.

Jou grootste droom?  Om iets van uniek te doen / ontwikkel wat vir miljoene tot voordeel sal strek.

Vir wat in die lewe is jy die dankbaarste?  Dat ek my nie juis aan ander mense se menings steur nie.  Om Oscar Wilde aan te haal.  “I hate it when people agree with me, that usually means that I am wrong.”

Dellie:

Poep jy hard wanneer jy alleen is?  Natuurlik, ek het mos ‘n hol 😉

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Uiters gewilde onmoontlike onderhoude Antwoorde – Deel 2

11 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  September 12, 2009 om 6 : 32

    He! He! Het jou seke heelnag gevat om die antwoorde te gee.

    Nell

    Ek hoop jyt têkkies wat baja vinnig kon hardloop:mrgreen:

  • 2. Wille Kjind Q  |  September 12, 2009 om 6 : 34

    Eish! My se maniere😯

    MORE MORE!!!!!

  • 3. Adrie  |  September 12, 2009 om 7 : 23

    More

    Ek dink Nell het ge-emigreer. Ek sou in haar skoene.😆

  • 4. Adrie  |  September 12, 2009 om 7 : 27

    Kan iemand vir my 15 snaakse stories gee? As ek al Nell se vrae eerlik moet antwoord, moet ek ander heenkome gaan soek.

  • 5. Wille Kjind Q  |  September 12, 2009 om 7 : 53

    Joh! Sterkte

  • 6. Adrie  |  September 12, 2009 om 8 : 01

    Vir wie sterkte jy?

  • 7. Wille Kjind Q  |  September 12, 2009 om 9 : 02

    Vi jou natuurlik! Sterkte met kak stories uitdink vi Nell se vrae

  • 8. Adrie  |  September 12, 2009 om 9 : 22

    😉 ek beplan wraak! Die ongeluk is dat haar vrae wraak is.

  • 9. Wipneus!  |  September 12, 2009 om 6 : 57

    Adriana ek hou baie van jou antwoorde op my vrae!! Ek sê mos nog altyd – onder daardie geitjie is ‘n baie lojale en dierbare dogtertjie😉 :mrgreen:

  • 10. Girl van die Suburbs  |  September 12, 2009 om 8 : 56

    nottafok is dit wraak vrae nie… Ek wou daai weet!🙄

    Verklaar asseblief net die volgende!!

    1. WDH is Satan panties?

    2. WAT❓ Jy wil nie soos ek en Vlam wees nie?

    3.Witrotte?

    4.CCMA storie…For real?

    5. Ek is so bly ek het nie Wip se vrae gekry nie…Ek werk nie aan my toekoms nie…Ek hou nie van waar sien jy jouself oor 5 jaar vrae nie…

  • 11. Adrie  |  September 12, 2009 om 9 : 03

    1. Ken jy nie Miss Congeniality uit jou kop nie? Skokkend. Satans Panties is rooi onderklere.

    2. Veral nie.:mrgreen:

    3. Vlam kla omdat my avatar Brain is.

    4. Jip.

    5. Ek sal sorg dat ek Wip se vrae volgende keer aan jou stel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: