Moet ek nou beindruk wees?

September 4, 2009 at 5 : 29 17 Kommentaar

Almal behoort die liedjie van Shania Twain te ken.  That don’t impress me much.  Dit gaan basies oor die goed waaroor mans gaande is, maar wat nie juis iets vir haar doen nie.  Of soos Sonkind dikwels sê:  Geld slaap maar koud. 

Mense hou daarvan om ander te beindruk.  Al moet die waarheid verdraai word of sommer heeltemaal verkrag word.  As hulle dink hulle aansien gaan met 1 mm styg, dan sal hulle dit probeer doen.  Dalk is dit omdat mense dikwels minderwaardig voel en hulle self anders wil oortuig. 

Daar is ‘n paar beindruk truuks wat my glad nie beindruk nie.  Dit pis my sommer net af.  Kan ek dalk met die liefdevolle mense begin?  Of eerder die wat voorgee om liefdevol te wees.  Die verskil is in die stroop.  Wanneer jy moet gaan bad nadat jy met ‘n liefdevolle mens gepraat het, moet jy weet dit is nie opreg nie.  Hulle soek iets of hulle wil hê jy moet iets vir hulle doen.

Die sogenaamde ryk mense is volgende op my lys.  Die wat geld rondstrooi asof die goeie feëtjie vir hulle geld gewaarborg het vir die res van hulle lewens.    Dan het hulle soveel duisend vir liefdadigheid gegee en dan het hulle soveel spandeer op ‘n nuwe speelding.   Hulle is ook gewoonlik baie meerwaardig teenoor die wat hulle dink minder het. 

Volgende is die mense wat hulle vuil humeur adverteer asof dit iets is om op trots te wees.  Hulle verloor klaarblyklik nooit ‘n argument nie.  Almal bibber en beef wanneer hulle in die omtrek is.  Hulle kan doen wat hulle wil, want niemand het die moed om hulle vas te vat.  Dit bly verbasend hoe vinnig hulle stert tussen die bene kan verdwyn.

Daar is nog soveel gevalle, maar ek gaan volstaan by diegene wat dink hulle is belangrik omdat hulle vriende beroemd is.  Hulle het niks op hulle eie bereik nie en moet op iemand anders se rug ry om iets te kan wys.

Watter tipe mense beindruk jou nie?

Blogvraag:  Wie is die huidige monarg van Kanada?

Blogantwoord:  Maxie is reg met Zorro wat Vos beteken.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

UNG-U-A-R-D!!!! Wilde Hawer

17 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  September 4, 2009 om 6 : 23

    EEEERRSTE!!!!!

  • 2. Wille Kjind Q  |  September 4, 2009 om 6 : 24

    As ekkiti mis hetti issit Elizabeth II. Sal moet ga google

  • 3. Wille Kjind Q  |  September 4, 2009 om 6 : 27

    Dit ga seke nie help as ek nou sêg ek het adelikke blou bloed nie:mrgreen:

  • 4. Wille Kjind Q  |  September 4, 2009 om 6 : 28

    He! He! Kanni wag om Oom Se Baas Jan se skerp tong te hoori

  • 5. Wille Kjind Q  |  September 4, 2009 om 6 : 29

    Of Oom Wit Baas Jack for that matter………

  • 6. Adrie  |  September 4, 2009 om 6 : 52

    Greetings!

  • 7. Wille Kjind Q  |  September 4, 2009 om 7 : 14

    Kfc en rooiwyn iemand?

  • 8. Wille Kjind Q  |  September 4, 2009 om 7 : 14

    O ja……… Naand

  • 9. Adrie  |  September 4, 2009 om 7 : 21

    Ek is lus vir pizza

  • 10. Wille Kjind Q  |  September 4, 2009 om 7 : 25

    Bel Mr Delivery

  • 11. Wille Kjind Q  |  September 4, 2009 om 7 : 26

    Piets ha somme byri huis

    WHUHAHAHAHAHAHA!!!!!

  • 12. Adrie  |  September 4, 2009 om 7 : 31

    Jy maak seker n grap.

  • 13. Adrie  |  September 4, 2009 om 7 : 31

    Dit is vis en tjips vanaand.

  • 14. Wille Kjind Q  |  September 4, 2009 om 8 : 18

    Kan jy nou meer!!!! Hie praat my ma en my tannie van hul voorvaders en ek het wragtag blou bloed aan daai kant vanni familie ôk! Nous ek ‘n volledige blou blou bloed 50% boeremeisie!

  • 15. Wille Kjind Q  |  September 5, 2009 om 8 : 30

    More! More!

  • 16. Adrie  |  September 5, 2009 om 8 : 47

    Dag

  • 17. Wille Kjind Q  |  September 5, 2009 om 11 : 36

    Gaaaaaaaaaaaaap

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: