UNG-U-A-R-D!!!!

September 3, 2009 at 5 : 44 15 Kommentaar

Jack Sparrow.  Zorro en sy onvergeetlike kenteken sonder om ‘n druppel bloed te trek.  Brakkenjan en die musketiers.  Duncan MacLeod, Methos en Amanda.  Arthur en Valiant.  Ridders, soldate en seerowers.  Dames wat nie snert van kabouters vat nie.  Almal het ‘n held met ‘n swaard.  Om een of ander rede bly ‘n swaard geveg romanties en aristrokaties.  Hoe min dink ons net nie aan die realiteit daarvan nie.  Na ‘n wilde geveg moes daar ‘n dam bloed en verskeie liggaamsdele agter gebly het.  Niks romanties daaraan nie.

Daar is egter geen rede om ‘n mooi droom met feite te bederf nie.  As die klank van metaal op metaal jou bloed laat bruis en jy graag ‘n ding of twee met ‘n swaard wil leer, is realiteit amper beter as ‘n droom.  Skerm is ‘n olimpiese sport en dit is nie so onbereikbaar as wat ‘n mens vrees nie.  Drie wapens kan vir skerm gebruik word.  Die reëls van die sport word basies rondom die wapen aangepas.

180px-Foil-2004-A

Eerstens is daar die Foil, ‘n liggewig swaard wat ontwerp is as ‘n steek wapen.  Dit is ongeveer 89 cm lank en met ‘n vierkantige lem was dunner word hoe verder dit van die lem is.  Die lem is ontwerp sodat as dit breek ‘n stomp punt gevorm sal word wat minder gevaarlik is.  Die teiken area van die opponent is die torso en jy moet iemand met ‘n krag van 4.9 Newtons vir ten minste 15 milimeters.  Ja, hulle kan dit meet.  Vir kompetisies word elektriese swaarde gebruik en die vegters leibare baadjies om te onderskei tussen ‘n direkte en ‘n indirekte (vloer ens) tref te onderskei.

500px-%C3%89p%C3%A9e_complete

Épée is die volgende tipe swaard.  Dit is ongeveer 90 cm lank en weeg  300 – 450 g.  Dit het ‘n driehoekige lem.  Die épée se teiken is die hele lyf van die opponent, dus van kop tot tone.  Vir ‘n trefslap om te tel moet dit geen 7.35 Newtons vir 1 milisekonde registreer.

520px-Fencingsabre

Die Sabre verskil van die ander swaarde dat jy daarmee kan kap ook.  Jy kan dus met ‘n tref aan die kant van die lem punte verdien.  Die sabre is ongeveer 88 cm lank.  Jou teiken is van die heup op, behalwe die hande.  

Natuurlik is daar beskermende klere wat gedra moet word.  Dit lyk nie baie gemaklik nie, maar dit is baie beter as om sonder ‘n oog deur die lewe te gaan.  Die klere sluit ‘n masker, een handskoen, uitrusting en borsbeskerming vir vroue in.

Wat my regtig opgewonde maak is dat skerm nie net ‘n fantasie hoef te wees nie.  Dit is veel meer bekostigbaar as wat ek ooit gedroom het.  Daar is ‘n klub wat ‘n beginnerskursus vir R600 aanbied.  Dit is 8 individuele lesse en 8 groeplesse oor 2 maande en lidmaatskapfooie in.  Jy kan soveel oefen as wat jy wil in daardie tyd.  Daarna behoort jy al reeds aan kompetisies te kan deelneem.  Jy kan die toerusting by hulle leen in daardie tyd.  Individuele lesse daarna kos ongeveer R350 / maand vir een keer ‘n week.  Goedkoper as gim. 

Die beginnerstel (na die eerste 8 weke) kos net-net meer as R2000.  Dit sluit die beskermende drag en ‘n épée in.  Ander swaarde kos R500 – R1200.  Hoe ernstiger jy wil deel neem,hoe meer swaarde sal jy moet koop, maar alles met tyd saam.  Almal kan deelneem, al is jy ook 80 jaar oud.

Op my to-do-lysie.  Een of ander tyd in die toekoms.

Wie is jou swaardheld?  Hou jy van swaarde?

Blogvraag:  As wie Don Diego de la Vega beter bekend en wat beteken sy alias?

Blogantwoord:  Nell was reg:  Vrou verkoop was ‘n ou gebruik in Engeland om ‘n onbevredigende huwelik te beëindig.  Die vrou was met ‘n halsband om haar nek aan die hoogste bieër verkoop.

Entry filed under: Waardelose Inligting. Tags: .

Huishoudelike Begroting Moet ek nou beindruk wees?

15 Kommentaar Add your own

  • 1. maxie  |  September 3, 2009 om 7 : 50

    Zorro.
    Fox (jakkals of vos).

  • 2. Nelba  |  September 3, 2009 om 7 : 54

    Ek wou nog altyd leer skerm het.

  • 3. Adrie  |  September 3, 2009 om 8 : 05

    Nelba

    Trek Gauteng toe. Dit lyk na vet pret, maar ek dink n mens moet baie rats wees. En soepel. Ek dink ek moet noual begin strek om oor n dekade reg te wees.

  • 4. Wille Kjind Q  |  September 4, 2009 om 5 : 03

    Eerste!!!!!!!!!!

    More more! Dis Vrydag:mrgreen:

  • 5. Nats  |  September 4, 2009 om 8 : 48

    Goeie more!!

    Duncan MacLeod… Oooooooo!!! Kry sommer hoendervleis! En as daai liedtjie eers begin speel het!

    Ek hou van bakleirey waar daar revolvers / gewere betrokke is – hou glad nie van ‘n mes geveg nie, of waar hulle boks ens nie. Om deur ‘n bullet getref te word is vir my baie meer “skoon”. En die ou gaan dood en dis dit.

    Tog het ek van Highlander gehou… wat weird is, want kopppe het altyd gewaai!😆

  • 6. Adrie  |  September 4, 2009 om 9 : 10

    Hi Tweeling

    Ek dink die verskil is dat n mens nooit al die gory detail sien in n swaardgeveg. Dit lyk skoon.

  • 7. *Mathilda*  |  September 4, 2009 om 9 : 28

    Howdy

  • 8. Adrie  |  September 4, 2009 om 9 : 30

    Vuis geveg pla my nie juis nie.

  • 9. Adrie  |  September 4, 2009 om 9 : 32

    Lyk my daar gaan vandag n klein bietjie lewe wees

  • 10. *Mathilda*  |  September 4, 2009 om 9 : 56

    Kloon !!!

  • 11. *Mathilda*  |  September 4, 2009 om 10 : 16

    Hoekom gaan daar lewe wees vandag ?

  • 12. Nats  |  September 4, 2009 om 10 : 26

    Adrie
    Dis ‘m clean cut!😆

    In Pulp Fiction – daai skoot wat “beongeluk” in die kar afgegaan het en die ou se brein uit geskiet het – dit was gory!!

    Hello *M*!!!!!

  • 13. *Mathilda*  |  September 4, 2009 om 10 : 33

    Nats !

    Hoe gaan dit ?

  • 14. *Mathilda*  |  September 4, 2009 om 10 : 41

    Wat is in die nuus vandag ?

  • 15. Nats  |  September 4, 2009 om 10 : 44

    Paulo van Eden is op Jac!!! LOL

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: