Huishoudelike Begroting

September 2, 2009 at 10 : 13 29 Kommentaar

En gee ons vandag ons daaglikse geldjie.

Geld het deesdae ‘n vloekwoord geword.  Baie verskonings kan aangevoer word, maar die eintlike rede is omdat mense meer spandeer as wat hulle inbring.  Baie eenvoudig.  Veral in teorie, maar min mense kry dit in praktyk reg.  Kyk hoe baie mense verkondig graag dat daar nog baie maand aan die einde van die geld oor is.  Baie spitsvondig, maar eintlik baie hartseer.  Dit is veronderstel om nog baie geld aan die einde van die maand oor te wees.

Geld het al baie pare aan die hand na die egskeidingshof gelei.  Juis omdat mense se prioriteite rondom geld verskil.  Vir sommige is dit die alfa en omega.  Vir ander is dit iets wat brand en so gou as moontlik ontslae geraak moet word.  Die suinige vrekke sal enige iets doen om ‘n ekstra 10 sent te spaar.  Die gemaksugtiges sal eerder dood as om een van hulle geriewe op te geen.  Dit is dus glad nie verbasend dat so baie konflik rondom juis geld ontstaan nie.

Ek dink sake is baie eenvoudiger wanneer jy jou eie geld bestuur.  Jy pluk dan die vrugte van jou eie besluite en kan niemand anders as jouself blameer as dinge nie uitwerk nie.  Dit is dan ook een van die goed wat vir my uitstaan van ‘n huwelik.  Ek kan net my kopskud oor hoe my vriendinne hulle mans moet smeek vir geld of moet jok oor waarop hulle geld spandeer het.

Geld is iets wat baie goed bestuur moet word.  Almal het nie daardie vermoë nie.  Dit bring my tot begroting.  Ironies genoeg floreer ek op chaos, maar ek stel elke maand vir my ‘n begroting op.  In my geval lyk dit nogal soos ‘n grootboek inskrywing.  Die geld in, links en die geld uit regs.  Wat op die einde oorbly is dit wat ek mag spandeer.

Klink pragtig, as ‘n mens daarby hou.  Waarmee ek nie altyd so goed mee is nie.  Tog help dit my om perspektief te kry en help met beplanning voordat ek ‘n ekstra uitgawe aangaan.  Ek kry dit self reg om te spaar, mits ek aan die begin van die maand die spaargeld laat verdwyn.

Die storie werk veral omdat ek net myself in ag hoef te neem en net aan myself hoef te antwoord.  Hoe werk dit egter in huishoudings?  As ek net dink aan die lewensomstandighede van mense, dink ek dat dit nogal kopkrap kan kos.  Veral as meer as een gesin in die begroting gewerk word.  Ek hou nogal van die siening van my geld is myne en sy geld is ook myne, maar dit is net ek. 😉

Hoe bestuur julle geldsake?  Wie neem die verantwoordelikheid daarvoor?  Veroorsaak dit baie konflik?

Blogvraag:  Hoe was vrou-verkoop (wife selling) in Engeland gedoen?

Blogantwoord:  Willes was reg met ‘n Afghaanse Hond.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Opreg of basters? UNG-U-A-R-D!!!!

29 Kommentaar Add your own

  • 1. Girl van die Suburbs  |  September 2, 2009 om 10 : 31

    Hmmm Ek is eerste!!!!!!

    Want ek het ‘n appeltjie te skil!!!!!!!!!!!!!!!!🙄

  • 2. Girl van die Suburbs  |  September 2, 2009 om 10 : 32

    The old custom of wife-selling in provincial England provided a way of ending an unsatisfactory marriage by mutual agreement. By registering as a marketplace seller and parading his wife with a halter about her neck, a husband could auction her to the highest bidder.

  • 3. Adrie  |  September 2, 2009 om 10 : 35

    Hallo Nell.😆

    Goed en jy?

  • 4. Girl van die Suburbs  |  September 2, 2009 om 10 : 37

    My ogies traan…weet nie of dit van die lag of huil is nie!

  • 5. Adrie  |  September 2, 2009 om 10 : 41

    Of verliefdheid?

    Ek hoor dit doen maar snaakse goed aan n mens.

  • 6. Girl van die Suburbs  |  September 2, 2009 om 10 : 42

    Net twee mense het geweet……..GRRRRRRRRRRRRRR👿

  • 7. Adrie  |  September 2, 2009 om 10 : 44

    Aikona!!

    Jy blaf teen die verkeerde boom.

  • 8. Girl van die Suburbs  |  September 2, 2009 om 10 : 49

    Hy en die een wat hy vertel het….. 😕

  • 9. maxie  |  September 2, 2009 om 11 : 05

    Wat help ‘n begroting as jy skielik ‘n elektrisiteitsrekening kry van R5 900? Ware verhaal, gister met my gebeur.
    Saam met rates and taxes: R6 400.
    (verskoon my asb terwyl ek my polse loop afkou).

    Ek hanteer maar eerder die geldsake want stuur die Engelsman vir melk, brood en katkos en hy kom terug met NOG ‘n nuwe kamera (wat ook le en vergaan) of nuwe gholfstokke…
    Maar nee, ons baklei nooit daaroor nie, die lewe is te kort.
    Hy hanteer wel ons finansiele portefeuljes.

  • 10. Girl van die Suburbs  |  September 2, 2009 om 11 : 18

    Hallo Max!!!!!!

  • 11. Adrie  |  September 2, 2009 om 11 : 40

    😯

    Max, ek is nou nog blyer dat ek n arm suid-afrikaner is. As dit nou ek was, het ek die rekening in die munisipale bestuurder se gat gaan druk en dan in die tronk gaan sit.

  • 12. Wille Kjind Q  |  September 3, 2009 om 5 : 30

    More more!!!!!

  • 13. Wille Kjind Q  |  September 3, 2009 om 5 : 38

    4kkit Max! Vi wiet jy afgepis😕 Nevermind inni bestuurder se gat opdruk. Dis natuurlik jou naaste township se skuld dat jy so baja betaal. Vat daai geld en koop ‘n nuke. Huur ‘n vliegtuig en gat drop dit oppi naaste township……… Die Ingelsman moet netti vigeet om die klein Heroshima incident met sy nuwe kêmera af te neem nie:mrgreen:

  • 14. Carina  |  September 3, 2009 om 8 : 15

    Ek stem met Maxie saam – ironies ook ‘n engelsman🙂
    Ek hanteer my eie geld. Hy hanteer sy eie geld MAAR ons dra persentasie gewys by tot die huishouding. M.a.w Ek betaal mediesefonds, skoolfonds, kinders se klere – hy koop kos, betaal huur en betaal water en ligte. Hy verdien meer as ek so sy persentasie in geld is meer as myne.
    Soooo. Hy mag kla as ons nie die ligte afsit nie en ek mag kla as hy vir panado eis van die mediesefonds🙂

    Dit werk goed so. Wanneer hy dan iets vir homself wil koop, moet hy eers sorg dat sy huishouding goed betaal is en vice versa.
    Werk goed vir ons – ek weier om vir geld te vra.
    Maxie…ek kom iets oor as ons so ‘n rekening in die pos kry…shame.

  • 15. Adrie  |  September 3, 2009 om 8 : 38

    More Almal

    Carina

    Julle stelsel lyk vir my na ‘n goeie stelsel.

  • 16. Beeld  |  September 3, 2009 om 8 : 39

    Verslagspan

    Misdadigers is nie rassisties nie. Hulle teiken mense oor wat hulle het en nie oor hul velkleur nie.

    So het komm. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, gister gesê in reaksie op die vlugtelingstatus wat Kanada aan mnr. Brandon Huntley (31), ’n wit Suid-Afrikaner, gegee het.

    “Daar is verlede jaar by my huis ingebreek. Dit was oral in die koerante dat by die huis van die LUR belas met veiligheid ingebreek is. Ek is swart en is steeds swart. Hulle kyk nie na swart of wit nie. Dit gaan oor wat jy het en wat hulle kan kry,” het Cele gesê.

    Hy het op die 14de jaarvergadering van die organisasie vir samewerking tussen polisiehoofde in die Suider-Afrikaanse streek (Sarpcco) in Kempton Park gepraat.

    Huntley het in sy aansoek beweer hy sal “verdruk” word weens sy velkleur as hy hierheen terugkeer. Volgens hom is hy al sewe keer aangeval en ’n “boer” en “wit hond” genoem.

    Beeld het betroubaar verneem Huntley het nooit ’n klag oor enige van die voorvalle by die polisie ingedien nie.

    Me. Sue van der Merwe, adjunkminister van internasionale samewerking en ontwikkeling, het gister haar departement se misnoeë met die saak te kenne gegee.

    Sy het in die parlement gesê ’n “kwasi-regeringsraad” van Kanada het besluit oor die toestaan van vlugtelingstatus en dat sy die betrokke Kanadese minister sal versoek om die saak te hersien. “Ons wil weet waarom die Suid-Afrikaanse hoëkommissaris nie in die saak geken is nie.”

    Volgens mnr. Russell Kaplan, Huntley se regsverteenwoordiger, is dit onwaarskynlik dat die beslissing hersien sal word.

    “In my ervaring die afgelope tien jaar het dit nog nooit gebeur nie,” het hy eergisteraand gesê. “Die Suid-Afrikaanse regering kan nie appelleer teen die beslissing nie, want hulle was nie ’n party nie. Die Kanadese regering is die enigste ander party en kan appelleer.”

    Hy het gesê Huntley wil nie met die Suid-Afrikaanse media praat nie omdat hy vrees vir sy familie se veiligheid.

    Mnr. Pieter Groenewald van die VF+ het gister in die parlement gesê die ANC vereenvoudig die saak deur dit as rassisties te brandmerk. “Ek weet van wit mense wat as ‘wit honde’ deur die polisie uitgekryt is.” Hy sê die ANC het ’n verantwoordelikheid om negatiewe persepsies te verander.

    Groenewald is later hewig gekritiseer deur mnr. Malusi Gigaba, die adjunkminister van binnelandse sake. “Die feit is, hierdie heer (Huntley) het misleidend en uittartend opgetree. Die blote feit dat hy geld gehad het om in Kanada uit te kom, is ’n bewys van hoe bevoorreg hy eintlik is,” het Gigaba gesê.

    Huntley het gister op die sosiale netwerk Facebook gevra joernaliste moet sy vriende uitlos. “Hulle het niks daarmee te doen nie, dankie,” het hy geskryf. Verskeie Facebook-groepe?–?vir én teen Huntley?–?is intussen gestig.

    *? Verslagspan: Retha Grobbelaar, Wolfram Zwecker, André Damons, Julian Rademeyer en Liesl Peyper.

  • 17. Beeld  |  September 3, 2009 om 8 : 40

    Pleit vir jou lewe en sê hulle moet alles vat, dan sal hulle dalk jou lewe spaar.

    Sorg ook dat jy ’n noodknoppie in die badkamer het omdat die meeste mans in badkamers aangehou word terwyl die ander rowers die huis deurgaan.

    So het dr. Rudolph Zinn van Unisa se departement kriminele en forensiese ondersoeke gister tydens ’n openbare lesing aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) gesê.

    Dié voorstelle wat Zinn aangehaal het, kom uit onderhoude met 30 veroordeelde huisrowers in Gautengse tronke. Hulle sê as slagoffers pleit en saamwerk, is dit ’n goeie teken vir hulle.

    Volgens die misdadigers wat aan die studie deelgeneem het, sal slagoffers se lewe gespaar bly wanneer hulle kalm bly, hulle nie teësit nie, hul hande binne sig hou, hul oorspronklike posisie behou en net praat wanneer hulle ’n vraag gevra word.

    “As die slagoffer egter nie saamwerk nie, laat hy dit lyk of hy baie geld in die huis wegsteek, en hoe langer die rowers in die huis bly, hoe groter is die kans om verkrag te word.

    “Gee hulle wat hulle wil hê sodat hulle gou kan verdwyn,” het Zinn gesê.

    Dié misdadigers meen ook as hulle meer geweld gebruik, kry hulle meer buit uit hul slagoffers.

    Zinn het gesê die jongste motorkaper met wie hy gepraat het, is nege jaar oud en die jongste motorkaper wat sy slagoffer doodgeskiet het, 13. “Hy het gesê sy slagoffer het hom nie as ’n man gerespekteer nie.”

    Altesame 32% wil ook geen oogkontak met slagoffers hê nie en verwag van slagoffers om na opdragte te luister.

    Die studie wys verder dat tussen 53% en 79% van huisrooftogte plaasvind deur binne-inligting wat bekom is (van byvoorbeeld ’n huiswerker) en dat 17% van veiligheidswagte en 17% polisielede by huisrooftogte betrokke is.

    Verder het dit aan die lig gekom dat rowers snags en bedags deur woonbuurte rondry en kyk na die veiligheidsmaatreëls en of dit maklik of moeilik gaan wees om vinnig in en uit te kom by ’n moontlike teiken.

    Zinn het gesê die misdadiger het gesê plaasaanvalle is vir hulle net nog huisrooftogte. “Die polisie neem gewoonlik langer om daar uit te kom en dit is maklike teikens.

    “Hulle teiken ook (mense van) enige ras en studies het getoon dat voormalige swart woonbuurte die ergste onder misdaad deurloop.

    “Daar is gewoonlik vier misdadigers per huisrooftog en agt per plaasaanval.”

    ’n Totaal van 83% huisrooftogte gaan oor geld en juwele en die rowers bestee hul buit aan luukshede soos duur klere en spogmotors.

    Volgens dié misdadigers maak dit nie saak hoe jy jou gesin en huis beveilig nie – as hulle wíl inkom, sál hulle.

    – Beeld

  • 18. Beeld  |  September 3, 2009 om 8 : 41

    ’n “Afrikaanssprekende” man in ’n duur voertuig wat glo op die Sandton-Hartbeespoortdam-pad deur ’n sekswerker in ’n rooflokval gelei is, het dié sekswerker afgelaai nadat sy in ’n skietgeveg tussen hom en die rowers gewond is. Sy is kort daarna dood.

    Die polisie soek nou dié motoris wie se silwergrys Jeep Grand Cherokee nou vermoedelik “vol gate geskiet is”.

    Volgens insp. Daniel Mavimbela, polisiewoordvoerder, vermoed die polisie die man het met sy lewe daarvan afgekom deur sy pad deur die rowers oop te skiet nadat hy ’n week gelede op die R511-pad in die lokval gelei is.

    “Die sekswerker, wat tydens die skietgeveg in die man se motor was, is raak geskiet. Sy is kort nadat hy haar langs die pad afgelaai het, dood.”

    Mavimbela het gesê die polisie het intussen vyf vermeende sekswerkers gearresteer wat hulle vermoed deel is van die groep vroue wat motoriste uitlok net om dan beroof te word. Die vroue is tussen 20 en 31 jaar oud.

    “Die vroue lei die manne?.?.?.? (hier) in die bosse waar hulle dan deur die rowers so te sê met hul broeke op hul knieë gevang word. Die mans word dan van hul selfone, geld, skootrekenaars en ander waardevolle items beroof.”

    Mavimbela het ’n beroep op motoriste gedoen om nie sekswerkers op die R511 op te laai nie, want “hulle kan hul lewe verloor vir ’n oomblik se plesier”.
    – Mense met inligting oor die skietvoorval kan supt. Freddie Mogatsi by 0?012?373?2419 of by 0?082?850?7988 kontak.

  • 19. Beeld  |  September 3, 2009 om 8 : 50

    Dominic Chimhavi

    Hy het gewaag om die Mugabe-regering voor ’n internasionale hof te daag en te wen. Gister het hy weer daarvoor geboet.

    Mnr. Mike Campbell (76) se huis van meer as 50 jaar op die spogplaas Mount Carmel, wes van Harare, is gister deur plaasbesetters afgebrand. Dit kom nadat sy skoonseun, mnr. Ben Freeth, se huis Saterdag op dieselfde plaas aan die brand gesteek en verwoes is.

    Campbell en Freeth het verlede jaar namens 77 wit boere wie se plase in Zimbabwe beset is, ’n saak by die tribunaal van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) in Windhoek aanhangig gemaak.

    Hulle het dié saak gewen en die Zimbabwiese regering is onder meer opdrag gegee om die boere vir hul plase te vergoed en het beslis dat boere – soos Freeth en Campbell – wat nog nie hul plase verlaat het nie, ongesteurd toegelaat moet word om te boer.

    Sedert die SAOG-tribunaal se eerste uitspraak in Windhoek het die hof sy beslissing vroeër vanjaar herbevestig. Dié uitspraak is deur die nuwe regering verontagsaam.

    “Ek weet nie wat om nou te doen nie; hulle brand my skoon- ouers se huis af op die dag dat die SAOG-ministersberaad in Kinshasa begin.

    “Die waarheid is dat hierdie eenheidsregering geheel en al misluk het en dat Zanu-PF steeds die gesag van die SAOG-tribunaal minag,” het ’n bewoë Freeth gister gesê.

    Mnr. Nelson Chamisa, die Zimbabwiese minister van inligting en ’n lid van premier Morgan Tsvangirai se MDC, het gister gesê die voortgesette geweld teen wit boere moet gestaak word.

    Hy het ’n beroep op die SAOG-leiers in Kinshasa gedoen om die Windhoek-tribunaal se beslissing af te dwing.

    )? Sien ook Waldimar Pelser se artikel oor die SAOG se uitdagings op bl. 19.

  • 20. Beeld  |  September 3, 2009 om 8 : 51

    Leipold Scholtz

    Brussel. – ’n Beleefde woordestryd het gister by die herdenking van die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog buite Gdansk in Pole geheers tussen premier Wladimir Poetin van Rusland en pres. Lech Kaczynski van Pole.

    Die leiers van meer as 20 Europese state was op ’n somber plegtigheid by die Westerplatte, ’n Poolse fort waar die Duitse slagskip Schleswig-Holstein om 04:45 op van 1 September 1939, presies 70 jaar gelede, op die verdedigers losgebrand het.

    Reeds voor die herdenking was dit duidelik dat veral die Russe en die Pole anders kyk na wie die skuld vir die oorlog dra.

    Van Poolse kant is herhaaldelik daarop gewys dat Nazi-Duitsland Pole weliswaar eerste binnegeval het, maar dat die Sowjetunie dit kragtens sy nie-aanvalsverdrag met Adolf Hitler ook enkele dae later, op 17 September, gedoen het.

    Die Russe beklemtoon die feit dat hulle verskriklik gebloei het om Pole van die Nazi-oorheersing te bevry.

    In sy eerste toespraak gisteroggend vroeg voor dagbreek, op dieselfde tydstip as waarop die eerste skote destyds geskiet is, het Kaczynski gesê die Russe het Pole in 1939 in die rug gesteek. In ’n ope brief in die ­Warschause koerant Gazeta Wyborgcza het Poetin die pakt tussen Josef Stalin en Hitler “immoreel” genoem, maar ook gesê Stalin had geen keuse nie.

    In sy toespraak gistermiddag het Poetin die pakt ’n fout genoem.

    Hy het egter met waarskynlike verwysing na die Poolse nie-aanvalsverdrag van 1934 en die Münchense Ooreenkoms van 1938 bygevoeg dat verskeie ander lande in die 1930’s verdrae met Nazi-Duitsland gesluit het en dat dié lande ook hul fout moet erken.

    Kaczynski en sy premier, mnr. Donald Tusk, het herhaaldelik bedekte klappe na die Russe uitgedeel, maar beleefd gebly.

    Dr. Angela Merkel, Duitse bondskanselier, het diep in die stof gebuig oor die misdade wat haar land in Pole begaan het.

    Altesame 5,5 miljoen Pole het in 1939-’45 gesterf, onder wie drie miljoen Jode.

    “Ek maak ’n knieval voor die slagoffers,” het Merkel gesê.

    Sy het wel erken dat Duitsers wat ná 1945 uit die ooste van die destydse Duitsland – tans Pole en Tsjeggië – verdryf is, ook gely het, maar bygevoeg die Duitsers erken dit met die besef van wie vir die oorlog verantwoordelik was.

    – Beeld

  • 21. boervrou  |  September 3, 2009 om 9 : 16

    HI all
    My geld is myne en sy geld is ook myne!

  • 22. boervrou  |  September 3, 2009 om 9 : 23

    Ok nee joke net, ek het net baasvanieplaas se geld, hy sorge vir my

  • 23. Nats  |  September 3, 2009 om 12 : 57

    Hello julle!!

    Maxie
    Probeer ‘n R25 000.00 rekening!!! Jy skrik jouself in ‘n ander bloedgroep in!

    Ek kan nie met geld werk nie – dis asof die geld warm is… sodra dit my hande raak is dit weg!
    En ja daar is BAIE konflik oor my geldsake! Alhoewel dit my geldsake is!👿

  • 24. Adrie  |  September 3, 2009 om 2 : 52

    Boervrou

    Ek se mos, die beste is as sy geld jou geld is en jou geld, jou geld is.

  • 25. Adrie  |  September 3, 2009 om 2 : 53

    Tweeling😯

    R25 000?

    My swak hart.

  • 26. Nats  |  September 3, 2009 om 3 : 26

    Tweeling
    Jip… hulle het die huis op gesit as vacant en geback date vir 1x jaar. Toe bel ek die plek… vra die ou my so ewe is daar ‘n huis – Mmm ja ons bly al 4x jaar da! Wil hy kom kyk!!!

    Glo het een idiot wat nie haar werk kan doen nie die HELE area opgesit as vacant land!

  • 27. Adrie  |  September 3, 2009 om 5 : 12

    ESKOM moes eerder die naam EVKOM behou het.

  • 28. maxie  |  September 3, 2009 om 7 : 44

    NATS
    Ek sou ‘n aar bars as dit R25k was😯

    ADRIE en WILLES😆😆

  • 29. Nelba  |  September 3, 2009 om 7 : 45

    Toe ek gewerk het is ons inkomstes in aparte rekeninge inbetaal. Dirk het al die lopende onkostes gedra, ek het my eie polisse en medies betaal en kos gekoop. Ons het steeds aparte rekeninge, maar ek het nie nou meer’in inkomste nie. Dirk spot dat ons al die jare my kredietkaart misbruik het en nou is dit seker sy beurt. Ons is albei redelik verantwoordelik met geld en ons het nog altyd baie reggekry met dit wat ons verdien.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: