Opreg of basters?

September 1, 2009 at 6 : 03 39 Kommentaar

Deesdae is dit ‘n groter sonde om ‘n hond by ‘n teler te koop as om moord te pleeg.  Jy mag nie eers na ‘n hond by ‘n troeteldierwinkel kyk nie, wat nog te sê van een koop.  Jy word vriendelik verplig om ‘n brak by die DBV te gaan uitsoek.  Almal is natuurlik opregte honde, daar bestaan geen twyfel daar aan dat hulle ma en pa honde was nie.  Wel, dit kos seker ‘n bietjie oë toeknyp om dit regtig te glo. 

Punt is dat dit op die oomblik net gewetenlose, wrede mense wat honde wil teel.  Oprah en haar dissipels het gesorg dat die dam heeltemaal onder die eend uitgeruk word.  Almal vergeet gerieflik dat mishandelde en verwaarloosde honde gedragsprobleme kan hê.  Baster honde is ook nie juis baie voorspelbaar nie.

Eerstens, dikwels is ‘n opreg geteelde hond ‘n plesier vir die oog.  Rasse word al vir jare bestudeer en baie goed aangeteken.  Jy weet dus presies wat om te verwag van die soort hond wat jy koop.  Jy weet wat die ras se sterk punte en swak punte is.  Jy kan dus ‘n ingeligde besluit maak of jy kans sien om daarmee saam te lewe.

Goed en wel.  ‘n Baster hond is nie noodwendig ‘n slegte hond nie.  Basters is dikwels meer gehard as opregte honde, maar kan net so maklik al die ongewensde eienskappe geërf het.  Basters is dikwels ook goeie metgeselle en uitstekende lojale waghonde.  Hulle kan selfs pragtig ook wees.  Netso lees opregte honde nie die beskrywings van hoe hulle veronderstel is om op te tree nie. 

Daar is mense wat hondliefhebbers is, enige iets wat blaf is goed genoeg.  Daar is mense wat baie puntenerig is oor die honde wat hulle aanskaf.  ‘n Hond is nie ‘n hond tensy dit ‘n Alsation is nie.  So is daar natuurlik ook mense wat om een of ander rede nie van sekere spesies hou nie. 

Ek is nie die grootste hondeliefhebber nie.  Ek is beslis ook geen kenner nie.   Ek het wel my defnitiewe voor- en afkeure.  Met ‘n tikkie snobisme, wat sal maak dat ek my hand baie diep in my sak sal steek vir die hond wat ek wil hê.  Ek gaan beslis nie gedwee soos ‘n misdadiger behandel word omdat ek ‘n brak ‘n tuiste wil gee nie.  

 Ek is bereid om enige hond ‘n regverdige kans te gee.  Met die uitsondering van Rotte (ook bekend is Miniatuur Dobermanns of bokkiehonde).  Die eienaars is gewoonlik net so erg soos die hond.  Ek is bang vir Dobermanns en sal nooit self een aanskaf nie.  Ek is ook nie gek oor Jack Russells of   Worshonde nie.  Niks teen die honde nie, elke tweede mens is mal oor hulle en ek is nie elke tweede mens nie.  Terriërs blaf hopeloos te veel.

Ek hou van maltese poedels.  Rol gerus julle oë, maar ‘n mens haat net ‘n maltees tot jy self een gehad het.  Ek hoe oor die algemeen van halwe honde, mits hulle hare lank is.  Hulle persoonlikhede maak op vir wat hulle lywe te kort skiet.  My volgende hond sal beslis ‘n mopshondjie wees. 

Van watter rasse hou jy en watter rasse kan jy nie uitstaan nie? 

Blogvraag:  Watter tipe hond was Bollie-Blaps?

Blogantwoord:  Willes was reg met Merry Men.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Suid-Afrika, die land van Robin Hood Huishoudelike Begroting

39 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  September 1, 2009 om 6 : 29

    Eerste!!!!!

  • 2. Wille Kjind Q  |  September 1, 2009 om 6 : 29

    Afghan hound

  • 3. Wille Kjind Q  |  September 1, 2009 om 6 : 34

    ‘n Baster hond is nie so pieperig soos ‘n opregte hond nie

  • 4. Adrie  |  September 1, 2009 om 6 : 45

    Ek moes eintlik gevra het wat was Bollie-Blaps se regte naam!😈

  • 5. Wille Kjind Q  |  September 1, 2009 om 8 : 03

    Ha! Prince Amir of Kinjan:mrgreen:

  • 6. Adrie  |  September 1, 2009 om 8 : 10

    Grrr! Ek maak die vrae hopeloos te maklik deesdae.

  • 7. Wille Kjind Q  |  September 1, 2009 om 9 : 01

    Whuhahahahaha!!!!! Sallit help as ek sê T lees sy boeke?

  • 8. Sonkind  |  September 1, 2009 om 9 : 08

    Ek hou net van wolfhonde, labradors en spaniels. Maltesers is migraines in ‘n mandjie😆

    Toemaar, ek hou ook nie van Jack Russels, Worse of bokkie hondjies nie. My skoonma het ‘n bokkie hondjie wat so vet is, sy lyk soos ‘n bosluis👿

  • 9. Adrie  |  September 1, 2009 om 10 : 25

    Son

    Duidelik het jy nog nooit ‘n maltees gehad nie.

    Ek moet erken, ek hou nogal van Chows en Dalmations ook. Die miniatuur brakke is heel wat minder moeilik.

    Ek dink as Rotte ander eienaars gehad het, het ek dalk van hulle gehou. Dit is nou suurstofdiewe soos min.

  • 10. maxie  |  September 1, 2009 om 10 : 31

    Hou van St Bernards, Labradors en Siberian huskies.
    Bullterriers, Dobermanns en Alsations maak my bang, baie…

    Kleiner honderasse is vir mense wat EINTLIK katte verkies, maar nie die verwerping sal kan hanteer nie. *KOES*.

  • 11. Adrie  |  September 1, 2009 om 10 : 41

    Max, like jy AVBOB?

    Ek dog jou geheue is goed. Ek beplan om eers die persiese kat te kry en dan die hond. Wel, eventually die hond. Honde vereis toewyding wat ek vir lank nie sal kan gee nie.

  • 12. Adrie  |  September 1, 2009 om 10 : 42

    Ek is mal oor rottweilers, maar hulle en kinders gaan nie saam nie.

  • 13. maxie  |  September 1, 2009 om 10 : 49

    Ja wat, ek ken Avbob se stoepe baie goed, dankie😉
    Daar’s my nagmerrie vir vanaand, Rottweilers… dankie…
    Ligloop maar vir ‘n Persiese kat, hulle is wel mooi maar het nie juis persoonlikheid nie.
    (Dis nou my baie, baie jare as katliefhebber wat praat).

  • 14. Adrie  |  September 1, 2009 om 10 : 55

    Is dit piepie op Adrie se battery dag vandag.

    Not to worry, enige kat sal persoonlikheid he nadat hulle n week lank saam met my gebly het.

  • 15. maxie  |  September 1, 2009 om 11 : 01

    Jip, is seker hulle sal👿

    Lekker slaap

  • 16. Olga  |  September 1, 2009 om 11 : 09

    ek hou van bessie.

  • 17. Adrie  |  September 1, 2009 om 11 : 12

    Olga hou van waghonde – die wat die heeldag vir kos wag.

  • 18. Olga  |  September 1, 2009 om 11 : 15

    daar is geen beter spoorsnyer as n maltees nie. sommer so spontaan. sonder dat hulle geleer was.

  • 19. Olga  |  September 1, 2009 om 11 : 16

    darem wag hulle vir iets ne. haal nie net asem en vreet gif nie.

  • 20. Olga  |  September 1, 2009 om 11 : 18

    hulle doen iets meen ek. al is dit wag.

  • 21. Wille Kjind Q  |  September 2, 2009 om 6 : 44

    GGGRRR!!!!!!!!!!

  • 22. fokker  |  September 2, 2009 om 6 : 54

    ek hou glad ni van worsies maltese of boki honde ni ek mal oor mastifs ma hule vreet te veel so ek sal ma setel vir boxers

  • 23. Adrie  |  September 2, 2009 om 8 : 11

    Hi Flipper

    Het jy geweet dat mastifs (dink Engelse Mastiff) was op ‘n stadium uitgesterf en moes weer geteel word uit ‘n aantal honde?

  • 24. Beeld  |  September 2, 2009 om 8 : 16

    Magdel Fourie

    Johannesburg – ’n Man van Gauteng het vyf maande lank onbewustelik met ’n wen-lottokaartjie ter waarde van R20 miljoen in sy motor rondgery.

    Die man van iets in die vyftig het sedert die lotto-trekking op 28 Maart met dié wenkaartjie in die sypaneel in sy motordeur gery, het Thembi Tulwana, Gidani-woordvoerder, gesê.

    Dit het hom egter ontgaan tot hy vandeesweek op die kaartjie met die ses korrekte nommers daarop afgekom het.

    “Ek het my kinders die dag by die skool gaan haal en was toevallig vroeg. Ek besluit toe om al my kaartjies in die deur se paneel na te gaan,” het hy gesê.

    ’n Handelaar het sy meer as 50 kaartjies nagegaan en hy het telkens tussen R30 en R100 in klein kontantpryse losgeslaan.

    Die lottomasjien het egter aangedui die laaste kaartjie is “nie gemagtig om uit te betaal nie”.

    “Ek het toe besluit om dié kaartjie na Gidani se kantore in Midrand te neem. Toe ek daar kom het hulle vir my gesê ek is R20 miljoen ryker,” het die man, wat ’n tegnikus is, vertel.

    Tot dusver het hy nog geen feesvieringe beplan nie.

    “Die eerste ding wat ek gaan doen is om al my skuld af te betaal, waarna ek ons huis gaan opknap en in my kinders se toekoms sal belê.”

    – Die Burger

  • 25. Beeld  |  September 2, 2009 om 8 : 24

    Antoinette Pienaar

    ’n Uitbreking van masels in Gauteng het gelei tot die uitreik van ’n waarskuwing deur die departement van gesondheid dat mense seker moet maak hul kinders is behoorlik ingeënt.

    Die departement het gister gevra ouers en gesondheidswerkers moet op die uitkyk vir maselsimptome wees.

    Altesame 109 van die 130 maselsgevalle wat tot Sondag deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) bevestig is, was in Gauteng.

    Daarvan was 97 in Pretoria.

    Selfs kinders wie se kliniekkaart op datum is, kan dalk baat vind by ’n ekstra inenting, het ’n kenner gesê.

    Die departement het ook gewaarsku dat die uitbreking besig is om na ander provinsies te versprei. Die siekes is tussen vier maande en 38 jaar oud en baie was skoolkinders (’n mediaan-ouderdom van 13).

    Elke kind moet minstens twee keer ingeënt word, gewoonlik op nege en 18 maande.

    Die eerste inenting beskerm kinders net sowat 85%.

    Ná die tweede inenting is daar egter steeds 1% van kinders wat nie voldoende beskerm is nie.

    Die feit dat daar nou 13-jariges masels kry, kan beteken dat talle kinders nie behoorlik ingeënt is in die laat-1990’s nie.

    Masels kan maklik aangesteek word deur gesondheidswerkers en pasiënte, veral in hospitale se wagkamers.

    Hoë koors, ’n loopneus en tranende oë vir twee tot drie dae en dan ’n uitslag, is van die masel-simptome.

    uitbreking van masels in Gauteng het gelei tot die uitreik van ’n waarskuwing deur die departement van gesondheid dat mense seker moet maak hul kinders is behoorlik ingeent.

    Die departement het gister gevra ouers en gesondheidswerkers moet op die uitkyk vir maselsimptome wees.

    Altesame 109 van die 130 maselsgevalle wat tot Sondag deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) bevestig is, was in Gauteng. Daarvan was 97 in Pretoria.

    Selfs kinders wie se kliniekkaart op datum is, kan dalk baat vind by ’n ekstra inenting, het ’n kenner gesê. Die departement het ook gewaarsku dat die uitbreking besig is om na ander provinsies te versprei.

    Die siekes is tussen vier maande en 38 jaar oud en baie was skoolkinders (’n mediaan-ouderdom van 13).

    Ouers moet seker maak hul kinders se inentings is op datum. Elke kind moet minstens twee keer ingeënt word, gewoonlik op nege en 18 maande.

    Die eerste inenting beskerm kinders net sowat 85%.

    Ná die tweede inenting is daar egter steeds 1% van kinders wat nie voldoende beskerm is nie.

    Daar is slegs kudde-immuniteit teen masels indien meer as 90% van kinders ten volle ingeënt is.

    Die feit dat daar nou 13-jariges masels kry, kan beteken dat talle kinders nie behoorlik ingeënt is in die laat 1990’s nie.

    Indien daar jaar na jaar onvoldoende inenting gebeur, verloor die gemeenskap toenemend sy kudde-immuniteit soos die aantal onbeskermdes toeneem.

    Alle vermoedelike maselsgevalle moet urien- en bloedtoetse ondergaan en die departement het gevra dat dokters alle toetsmonsters na die Nios stuur.

    Dié toetse is gratis.

    Almal wat positief toets, moet twee dosisse vitamien?A kry met ’n derde dosis na twee weke vir diegene met sigkomplikasies.

    Verpleegsters is gevra om op die uitkyk te wees vir maselsgevalle. Dit kan maklik aangesteek word deur gesondheidswerkers en pasiënte, veral in hospitale se wagkamers.

    Simptome

    * Hoë koors, voel sleg, loopneus, oë traan vir twee tot drie dae en daarna ’n uitslag.

    * Kliere kan swel by jonger kinders en ouer kinders kan lig-sensitief raak en seer gewrigte kry.

    * In 80% van gevalle is daar kenmerkende Koplik se kolle (wit of blouerig in die middel) in die mond.

    * Die maselsuitslag begin agter die ore en gesig, versprei na die bolyf en duur vir sowat drie tot sewe dae.

    Komplikasies

    * Middeloorontsteking, blindheid, diarree, dehidrasie, longontsteking, neurologiese komplikasies (stuipe) en selfs dood.

    *Die meeste sterftes is babas van ses tot 11 maande, maar in hoërisiko-gemeenskappe is dit 20-30% van kinders jonger as een.

    – Beeld

  • 26. Beeld  |  September 2, 2009 om 8 : 26

    Retha Grobbelaar

    Die beslissing om aan ’n wit Suid-Afrikaner vlugtelingstatus in Kanada te gee omdat hy meen hy gaan verdruk word as hy hierheen terugkeer, “grens aan rassisme”.

    So het adv. Jacob van Garderen, direkteur van Regslui vir Menseregte (LHR), gister gesê in reaksie op die beslissing om aan mnr. Brandon Huntley (31) vlugtelingstatus toe te ken.

    Volgens Van Garderen strook die beslissing nie met internasionale vlugtelingereg nie.

    “Dis ’n skokkende uitspraak gegrond op onwaarhede en ernstige wanopvattings dat slegs wit mense deur misdaad geraak word en dat die regering niks doen nie en dit stilswyend goedkeur. Dit is onsin.

    “Om in die Kanadese reg (aan vereistes vir vlugtelingstatus) te voldoen moet jy bewys jy word polities vervolg, jou lewe is in die gedrang vanweë jou politieke oortuiging of ras en dat die regering niks kan of wil doen nie. Dis nie die geval nie,” het hy gesê.

    Huntley (31) het beweer hy is al sewe keer aangeval en swart aanvallers het hom “wit hond”, “setlaar” en “boer” genoem.

    Mnr. William Davis, voorsitter van die tribunaal, het bevind Huntley se vrees vir verdrukking deur swart Suid-Afrikaners is geregverdig. Hy het onder meer in sy beslissing na regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging verwys.

    Die beslissing kan egter hersien word.

    Hoewel die Kanadese immigrasie-en-vlugtelingeraad nie spesifiek wou kommentaar lewer oor die saak nie omdat dit volgens wetgewing vertroulik is, het hulle gesê die beslissings kan hersien word.

    As die Kanadese regering of iemand wat by die saak betrokke is, wil hê die saak moet regterlik hersien word, moet hulle eers magtiging by die land se federale hof kry. Indien hulle magtiging kry, sal die hof oordeel of die saak binne die wet gehanteer is, het mnr. Stéphane Malépart, woordvoerder van die raad, gistermiddag aan Beeld gesê.

    Indien die hof bevind die saak is nie binne die wet gehanteer nie, sal dit na die vlugtelingebeskerming-afdeling van die raad terugverwys word.

    ’n Nuwe raadslid moet dan die saak hersien, het hy gesê.

    Huntley het nie gister op e-pos en Facebook-navrae gereageer nie. Mnr. Russell Kaplan, sy regsverteenwoordiger, kon ook nie bereik word nie.

    Huntley het wel vroeër op Facebook gesê mense moet die berig oor sy vlugtelingstatus in die Ottawa Sun lees.

    “Kyk uit ek’s nou ’n bekende. LOL.” (Dit beteken “lag hard”).

    Ene Belinda Burger Morris het op Huntley se Facebook-muur geskryf: “Baie trots op jou om die ander kant van die storie te vertel. Hopelik maak dit mense se oë oop.”

    Huntley is deel van Facebook-groepe soos ­“Player 23’s behind our Boks”, “South African braai network” en ­“Canadian South Africans”.

    – Beeld

  • 27. Beeld  |  September 2, 2009 om 8 : 29

    Waldimar Pelser

    Suid-Afrika het die regering van Zimbabwe gister vir die eerste keer openlik gekap dat hy ’n hofbevel minag wat bepaal het 79 wit boere moet toegelaat word om in vrede te boer.

    Dr. Ayanda Ntsaluba, direkteur-generaal van internasionale betrekkinge en samewerking, het gesê Zimbabwe “het nie ten volle voldoen” aan ’n beslissing van ’n tribunaal van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) oor die reg van wit boere tot hul grond nie.

    Suid-Afrika, asook die Zimbabwiese regering, praat selde openlik oor grondhervorming.

    Die SAOG-tribunaal in Windhoek, Suider-Afrika se hoogste hof, het op 28 November verlede jaar beslis Zimbabwe se regering moet “alle nodige stappe doen” om die eienaarskap van die 79 boere te beskerm en te keer dat enig­iemand die boere afsit of hul boerdery belemmer.

    Talle Suid-Afrikaanse boere tel onder die 79.

    Sedertdien is talle van dié boere gewelddadig van hul plase gedwing en Saterdag is mnr. Ben Freeth, wie se plaas Mount Carmel op die SAOG-lys verskyn, se huis tot op die grond afgebrand.

    Die boere wil hulle nou tot die staatshoofdeberaad van die SAOG wend wat Maandag in Kinshasa in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) begin om pres. Robert Mugabe te dwing om die tribunaaluitspraak te respekteer.

    By ’n voorligtingsessie oor die beraad het Ntsaluba gesê plaasinvalle tel onder die “emosionele kwessies” in Zimbabwe se magsdeelooreenkoms wat “opgelos moet word”.

    “Daar was nie volle voldoening” aan die SAOG-uitspraak nie, het Ntsaluba gesê. Volgens hom het Zimbabwe regstegniese vrae oor die beslissing geopper, wat Mugabe volhou nie bindend is nie.

    “As dit (die geskil) dui op gebreke in ons (die SAOG se) regsraamwerk, sal ons daarna moet kyk en hoe om dit afdwingbaar te maak,” het Ntsaluba gesê.

    Hoewel Suid-Afrika glo grondhervorming is nodig, het die land “voorbehoude” oor hoe dit in Zimbabwe gedoen is. Ntsaluba het ook gesê die gesloer met die inhuldiging van mnr. Roy Bennett as Zimbabwe se adjunkminister van landbou, asook die geskil om die poste van prokureur-generaal, goewerneur van die reserwebank en staatsgoewerneurs moet dringend aandag kry.

    Bennett, tesourier van die MDC, wag al sewe maande om in sy amp ingehuldig te word.

    ’n Verslag oor die situasie in Zimbabwe, en spesifiek oor die lot van die SAOG-boere, sal ook na verwagting volgende week in die DRK bespreek word.

    Ntsaluba was gister versigtig om te optimisties te wees.

    “Ons is bemoedig deur tekens van die een of ander herstel en deur die feit dat die eenheidsregering nog hou,” het Ntsaluba gesê.

    “Maar ons glo nie Zimbabwe is al by ’n punt van onomkeerbaarheid nie.”

    – Beeld

  • 28. Beeld  |  September 2, 2009 om 8 : 34

    Karen Ebersohn

    Bloemfontein. – ’n Handjievol brandmaer beeste, skape en varke is al wat oor is van die voormalige spogplaas Vergesocht buite Bloemfontein.

    Die regering het die plaas aan ’n vroueboer verhuur.

    Me. Kero (Karoline) Kgobe (46), wat deur die Vrystaatse landboudepartement as Vroueboer van 2008 aangewys is, is deur die departement van landelike ontwikkeling en grondsake van Vergesocht afgesit.

    Eergister is Kgobe se luukse leerbanke, ’n groot plasma­skerm-TV, ontwerpersklere, rekenaars en stoele deur die Bloemfonteinse balju uit die eens luukse plaashuis verwyder.

    Haar afsetting kom ná ’n bevel van die hooggeregshof in Bloemfontein. Kgobe moes reeds teen 25 Julie van die plaas gewees het, maar het nie verhuis nie.

    Tussen Kgobe se huisinhoud het ses uitgeteerde honde rondgesnuffel. Toe die kombuis-inhoud deur die balju uitgedra is, het die honde ’n brood met plastieksak en al gegryp en verorber.

    “Ek het nie vir die plaas gevra nie. Waarom het hulle dit vir my gegee en neem hulle dit weer weg? Dit is ’n goeie voorbeeld van hoe die regering besig is om sy mense in die steek te laat,” het ’n ontstoke Kgobe gesê.

    Sy het gesê die departement van grondsake het haar nie eens alternatiewe verblyf aangebied nie.

    “Wat is ek nou veronderstel om te doen? Ek het nêrens heen om te gaan nie.”

    Mnr. Gani Ramagaga, uitvoerende hoof van Vrystaatse landelike ontwikkeling en grondsake, het gesê daar was baie geldige redes waarom Kgobe gevra is om die plaas te verlaat. Sy het ’n kroeg op die plaas begin en drank verkoop. Dit het onder meer gelei tot die moord op ’n vrou deur ’n plaaswerker.

    Sy het ook gedurig met haar bure baklei, haar plaaswerkers verhinder om hul werk te doen en het ook geëis ’n deel van die plaas moet op haar naam gesit word.

    Ramagaga het gesê die departement se ooreenkoms met haar was dat sy ses maande lank op die plaas kon boer.

    Haar kontrak is weens die misstappe nie hernu nie. Kgobe het geweier om die plaas te verlaat en die saak is na die hooggeregshof verwys, wat beslis het sy moet van die plaas af.

    Ramagaga het gesê alternatiewe verblyf is aan haar gegee. Dit is ’n plaas, Portion 11, Westminster, Tweespruit. Sy is ook R30 000 gegee om daar te boer.

    – Beeld

  • 29. Adrie  |  September 2, 2009 om 8 : 37

    En dit is die nuus

  • 30. Elphoria  |  September 2, 2009 om 8 : 48

    Yorkies!!😀

  • 31. Adrie  |  September 2, 2009 om 8 : 57

    Yorkies is cute. En baie werk!

  • 32. Wheelbarrow Jack  |  September 2, 2009 om 10 : 03

    Ag toe nou regter van garderen, jy weet net so goed soos ek, huntley of die anc dat regstellende aksie en broad based black economic empowerment rassisties en politier gemotiveerd is. Go kanada. Ek se onomwonde die plaasaanvalle wat teen wit boere en misdaad waar wit mense geteiken word is terrorisme. Ek hoop jurie els doen ook om assiel aansoek. Die besluit om hom te vervolg is suiwer op rassisme gebaseer.

  • 33. Wheelbarrow Jack  |  September 2, 2009 om 10 : 08

    As moegapie en njoma voormallige president van namibia moet saam kom, oh what a party that would be. Die een so seniel soos die ander. Maar absoluut gevaarlik. Nee, wat, gee my eerder bullterriers. Hulle het verstand en kan opgelei word.

  • 34. Nats  |  September 2, 2009 om 12 : 08

    Hello julle!!

    Aaaaaa…. honde!!! Ek hou van honde, is glad nie ‘n kat mens nie. Soek baie graag ‘n Great Dane en sal die GD by ‘n teler koop, of aanneem – het amper maar mens kon nie die 2x GD van mekaar skei nie…😦

    Ons het ‘n Jack Russell… JOH! Nooit weer nie! Ek het net nie genoeg energie vir daai mannetjie nie! As ons kinders gehad het om hom en hulself natuurlik moeg te speel was dit ‘n ander storie!

    Het ‘n worsie gehad, maar sy het van dag een af probleme gehad… en so toe belowe ek nooit ooit koop ek weer ‘n hond by ‘n pet shop nie.

  • 35. Nats  |  September 2, 2009 om 12 : 14

    O ja, ek is nie ‘n groot Chow, bokkie hond, klein tinkerbel (Paris se hond), picanese (spelling) daai lassie honde… en Bull Dog fan nie.

    By toeval ‘n Bull Dog, en ek is baie lief vir haar… maar dis ‘n straf om haar te sien suffer. Sy snork altyd, sukkel om te eet met daai plat bekkie, drool oral en sukkel om asem te haal as mens haar vat vir stappies.
    Dis nie lekker nie.

    Manlief soek ‘n Pit Bull, ek skop teen dit… maar ek het met Staffies groot geword en hulle was die liefdevolste honde nog! So hoe know – dalk draai hy my arm.

  • 36. Seekat  |  September 2, 2009 om 2 : 52

    My champion hond is n Bouvier. n Baie groot (so groot soos n rottie) maltees wat pikswart is as jy nie weet hoe hy lyk nie.

  • 37. Adrie  |  September 2, 2009 om 3 : 49

    Nats

    Ek het geweet jy gaan die post like.

    Seekat

    Jong, as honde onder water kon lewe, ne? ‘n Bouvier is ‘n stunning hond.

  • 38. Nats  |  September 2, 2009 om 4 : 37

    Thx Tweeling! Net jammer ek was so besig vandag!

    Seekat
    Nou net gaan google… nie clue gehad van watter hond jy praat nie. Lyk soos een groot poodle!😉

    Ons staffie het met ‘n teler se bitch gaan teel… toe gaan al die puppies dood want hulle het terug geslaan na bull dog (of so iets)toe, en hulle koppies was te groot om deur te kom. Shame.

  • 39. Nats  |  September 2, 2009 om 4 : 40

    Ag cute!!! Nou net gesien ‘n mens kry Miniature Bull Terriers!! Dis te cute!!!!

    Ek ken mense wat 5x bull terriers het! Dit het baie guts gevat om by hul tuin in te stap met al 5 wat vir jou kyk!😯 Maar daarna was hulle fine.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: