Suid-Afrika, die land van Robin Hood

Augustus 31, 2009 at 6 : 43 76 Kommentaar

Ek het nog altyd gedink Sherwood Forest is in Engeland.  Erger, ek het nog altyd gedink Robin Hood – as hy ooit bestaan het – het eeue terug geleef.  Duidelik het ek ‘n fout gemaak.  Robin Hood is in Suid-Afrika.  Dit is hier vat van die rykes en gee aan die armes.  In die jaar 2009.

Eskom maak alweer reg om bakhand te gaan staan vir ‘n verhoging.  Die verhoging gaan ‘n stewige een wees, dit is glad nie aan salarisse gekoppel nie.  Daar word vroegtydig gepaai dat dit nie die armes gaan raak nie.  Die armes kry darem 100 eenhede gratis krag.  Ek betaal nie elektrisiteit nie, dus kan ek dalk verkeerd wees, maar die sogenaamde rykes betaal van die heel eerste watt deur hulle ore.  Eskom gee beslis nie vir die armes uit die goedheid van hulle hart die elektrisiteit nie.  Iemand moet dit borg en ons weet almal wie betaal elke maand hulle (en ander se?) krag.  Terloops, hoekom is vooraf betaalde krag soveel goedkoper as die rekening aan die einde van die maand?

Eiendombelasting word ook bepaal volgens die waarde van die eiendom.  Die persoon wat in Waterkloof bly, betaal dus heelwat meer vir sy lappie grond as die mens in Danville.  Alles goed en wel, maar kry hy regtig meer vir sy geld?  Inkomste belasting word ook volgens jou inkomste bereken.  Hoe hoër is die persentasie wat SARS vat.  Daarmee bedoel ek dat belasting arguments onthalwe 5% is by iemand wat R5000 ‘n maand kry en 45 % is by iemand wat R50 000 ‘n maand kry.  Die ironie is, dit is die lae inkomste wat van die staatsinstellings afhanklik is.  Die hoë inkomste kan vir privaat skole, hospitale en beskerm betaal.  Tog word sy belasting gebruik om die res van die bevolking te help dra.  Wat kry die hoë inkomste vir hulle geld?

Daar word al ‘n geruime tyd bespiegel oor die Nasionale Gesondheids Versekering.  In ‘n land met ‘n bevolking van 48 miljoen mense, betaal net 4 miljoen belasting.  Minder as 1 miljoen mense (moet nou nie my getalle as alfa en omega vat nie) het toegang tot privaat gesondheidsdienste.  Hou in gedagte dat nie almal wat private sorg geniet ‘n mediese fonds het nie.  Die 4 miljoen belasting betalers befonds reeds die staatsgesondheid.  Nou gaan hulle nog verder belas word om meer mense toegang te gee tot private sorg.  Diegene wat ‘n medies het, gaan waarskynlik daarvoor belas word.

Goed, ek hoor iemand kla oor die nalatenskap van Apartheid.  Ek hoor dat dit jou plig is om die minderbevoorregtes te help.  Ek hoor dat ek selfsugtig is.  Wat my egter pla, is wie as ryk mense gesien word.  Mense wat ons as middelklas sien, word deur die regering as ryk gesien.  Die van ons wat eiendom besit, is ryk.  Die van ons wat ‘n mediese fonds het, wat ‘n motor het, wat belasting betaal – is ryk. 

Daar word so maklik vergeet dat dit wat ons het nie in ons skote geval het nie.  Ons het daarvoor gewerk, ons het dit van niemand gesteel nie.  Boonop betaal ons deur ons ore daarvoor.  Nou word daar gevat en vir die armes gegee. 

Ek verkondig graag dat ek vir ‘n beter Suid-Afrika vir almal staan.  Ek sal graag wil sien dat die armes opgehef word.  Eerlik, op hierdie oomblik kan ek nie ‘n alternatief voorstel nie.  Tog is dit nie regverdig dat die belasting betalers moet krepeer om ander te befonds nie.  Dit is ongelukkig wat gebeur onder die laer inkomste groepe.

Word die staat se inkomste (dus ons belasting) reg aangewend?  Is dit regverdig om die mense wat reeds belasting betaal verder te belas?  Kla ek met die witbrood onder die arm?  Hoekom lyk dit vir my na ‘n plan van melk die meer bevoorregtes tot hulle ook almal krepeer?

Blogvraag:  Wat was Robin Hood se bende genoem?

Blogantwoord:  Olga was reg met 7 jaar.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Sien en hoor geen kwaad. Opreg of basters?

76 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  Augustus 31, 2009 om 6 : 59

    My goeie fok! Ek vigeet om airtime te koop dan gat da 4kol aani

  • 2. Wille Kjind Q  |  Augustus 31, 2009 om 7 : 02

    Oom Wit Baas Jackass

    Nee wat………. Jy gat try ma jy gat ditti regkry om my weg te ja nie. Ek sal volgende keer my top up rekening mooi dop hou en airtime kry VOOR dit kla raak

  • 3. Wille Kjind Q  |  Augustus 31, 2009 om 7 : 03

    O ja….. Eerste

  • 4. Wille Kjind Q  |  Augustus 31, 2009 om 7 : 07

    Merry men

  • 5. Adrie  |  Augustus 31, 2009 om 7 : 17

    Onthou asb die volgende in verwysing met die post. R8000 n maand is stinkryk vir iemand wat net R1200 n maand inkomste het. R8000 n maand is genoeg om jou eie medies te betaal. R8000 n maand kwalifiseer vir geen kortings nie. Hoe ver strek R8000 vir n gesin van 4, wat huur moet betaal, medies, kos, skoolgeld, vervoer ens? Hulle word ook as ryk beskou deur die regering. Hulle word ook geonderwerp aan rykmansbelasting. Tog, is hulle in praktyk ryk?

  • 6. Salome  |  Augustus 31, 2009 om 7 : 35

    Ek dink ok die hele sisteem is absurd. Die minderbevoorregtes/ agtergeblewenes, what ever jy hulle wil noem, bly in huise vir amper verniet. Party betaal een maal per jaar iets soos R28.00 vir sy lappie grond. Ek sal ok stink ryk kan wees as ek so kan leef, maar ons moet ten duurste betaal vir ons blyplek – daar is net nie genade nie en jy gaan ok nie sommer toegelaat word om in hierdie “inner sanctum” van goedkoop verblyf vir jou ok nes te skrop nie.
    Die gratis medies is ok net vir die uitverkose paar. Moenie dink dis so maklik vir Jan Rap en sy maat om by enige plek vir kinders “gratis” medies te kry nie.
    En as Eskom hulle beplanning reg gedoen het en die top bestuur nie so vol gestop het nie, sou hulle vandag die nodige rande in die bank gehad het om meer kragstasies te bou en verbeterings aan te bring.

  • 7. Salome  |  Augustus 31, 2009 om 7 : 36

    Eish en daar vergeet ek wraggies alweer my manier . . .

    Naand al die Rose en die paar Dorings wat soms hier rond hang.

  • 8. Adrie  |  Augustus 31, 2009 om 7 : 40

    Hallo hallo

  • 9. Wille Kjind Q  |  Augustus 31, 2009 om 8 : 12

    Joh!!! Eks ryk!!! En alli tyd dog ek eks arm😯

  • 10. Adrie  |  Augustus 31, 2009 om 8 : 15

    Jy is stinkryk

  • 11. Adrie  |  Augustus 31, 2009 om 8 : 19

    Ek dink wat eintlik sad is, is die hoeveelheid mense wat krepeer arm is. Ek weet dit is meer as die helfte van die wereld se bevolking

  • 12. Wille Kjind Q  |  Augustus 31, 2009 om 8 : 22

    Ek het nog altyd gewonner wat ‘ryk’ so…..

  • 13. Wille Kjind Q  |  Augustus 31, 2009 om 8 : 24

    Jokes aside……

    Ek wens dit was 10 trug. TOE het ek nog geld soos bossies gehad

  • 14. Adrie  |  Augustus 31, 2009 om 8 : 27

    En 10 jaar terug toe het jy gedink jy is middelklas.

  • 15. Wille Kjind Q  |  Augustus 31, 2009 om 8 : 41

    He! He! Toe kos ek TWEE keer ‘n maand willetuin toe gat as ek wou😉

  • 16. Adrie  |  Augustus 31, 2009 om 8 : 44

    En hier dog ek jy is elke naweek is die wildtuin.

  • 17. Wille Kjind Q  |  Augustus 31, 2009 om 8 : 53

    I bloody well wish:mrgreen:

  • 18. Adrie  |  Augustus 31, 2009 om 8 : 56

    Ek dog dan jy date n druglord!

  • 19. Wille Kjind Q  |  Augustus 31, 2009 om 9 : 08

    Ja right!

  • 20. Adrie  |  Augustus 31, 2009 om 9 : 11

    Is jy n druglord?😯 Of eerder was?😆

  • 21. Wille Kjind Q  |  Augustus 31, 2009 om 9 : 19

    Eks nader aan mev dominee as mev druglord

  • 22. Adrie  |  Augustus 31, 2009 om 9 : 23

    😯

    Toor hulle in jou kerk?

  • 23. Girl van die Suburbs  |  Augustus 31, 2009 om 9 : 58

    Allo?!

  • 24. Olga  |  Augustus 31, 2009 om 9 : 59

    my se gaan ek se. wie nie daarvan hou nie, weet wat om daarmee te maak.

    die agtergeblewenes, betaal min of geen belasting. min of geen pensioen. niks medies nie. kan net soweel niks skoolfonds betaal want wat is r50 tot r150 pa per gesin vergelege met wat die res betaal. hulle kry hulle hop huisies vir so min as r28, lock, stock and barrel. jy wat arm, luisgat arm wit suid afrikaner is, staan eie n kans vir n rdp of hop (wat die verskil mag wees) huisie nie. jy is te wit. so as eskom wil 100 eenhede krag weggee, moet hulle bereid wees om die knock te vat. as die anc aandring op die 100 eenhede krag, kan hulle dit befonds. ek se soos marie antoinette, as hulle nie krag kan bekostig nie, kan hulle kerse brand. hoekom moet ons betaal, betaal, betaal en weereens betaal. ek weet van talle mense wie met r5 se krag heel maand deur gaan want deur r5 se krag te koop het hulle 100 eenhede gratis gekry. dis geniune verregaande. ons bloei en nieand gee n duit om nie want ons is nie swart nie.

  • 25. Adrie  |  Augustus 31, 2009 om 10 : 10

    Hey Nell

    Olga, dit is sulke goed wat my 5 keer laat dink om my kaia op te offer en elders te bly. Hulle pas ook fooie aan soos hulle lekker kry.

  • 26. Adrie  |  Augustus 31, 2009 om 10 : 11

    Nell,
    😉 Hoe was jou dokters afspraak?

  • 27. Girl van die Suburbs  |  Augustus 31, 2009 om 10 : 19

    Uhhmmmm…. Oooooo…. dis more oggend 9 uur!

    so op my senuwees ek wil vrek!😕

  • 28. Adrie  |  Augustus 31, 2009 om 10 : 25

    Gaan jy daardie verskoning gebruik?

  • 29. Girl van die Suburbs  |  Augustus 31, 2009 om 10 : 27

    Jip ek het,…. en een …. twee… drie…. net ‘n kyk en geen verdere vrae nie! whahahahaha😀

  • 30. Adrie  |  Augustus 31, 2009 om 10 : 31

    Mans moenie base wees nie. Hulle is so maklik.😆

  • 31. Girl van die Suburbs  |  Augustus 31, 2009 om 10 : 35

    maklik en stupid ja… en vol draadwerk!

    Jy al ‘n voeltjie hoor fluit? Myne het van die tak afgeblixem en nou hoor ek niks nie.

  • 32. freek  |  Augustus 31, 2009 om 10 : 35

    as jy in ag neem dat n 100 eenhede krag om en by r100 kos en daar dalk 1.9 miljoen prepaid gebruikers is, dan maak dit suid afrika die land van melk en heuning vir prepaid gebruikers. maar di gee dan r1 900 000 000 waarvoor moet kompenseer. of raas my kop nou? nee, bog. gee hulle kerse.

  • 33. Girl van die Suburbs  |  Augustus 31, 2009 om 10 : 42

    R50 =102 eenhede krag…

  • 34. Adrie  |  Augustus 31, 2009 om 10 : 46

    Daardie voeltjie het van planeet verander.

    Selfs teen R50 sal dit nog steeds R950 mil wees. Hoe ver bring R50 se krag mens?

  • 35. Girl van die Suburbs  |  Augustus 31, 2009 om 10 : 46

    Okay…. Nag peeps… Ek het ‘n vroee afspraak in Hillbrow more oggend….

    Lekker doeks!

  • 36. Girl van die Suburbs  |  Augustus 31, 2009 om 10 : 49

    Ooooo…. Wel… Ek kan R300 se krag in twee maande gebruik met my tuimel droeer… Die grootste sondebok vir die opvreet van krag eenhede is wanneer jy ‘n selfoon charger in die muur los. Ons hele estate het prepaid… Dis lekker…koop sommer online

  • 37. Adrie  |  Augustus 31, 2009 om 10 : 54

    Ek, as een van die arm Suid Afrikaners, bedank hiermee met waardering die ryk Suid-Afrikaners vir my elektrisiteit. Kerse stink.

  • 38. Adrie  |  Augustus 31, 2009 om 10 : 59

    Op n ernstige noot – n mens gun die minderbevoorregtes ook n lewe. Al die ekstras wat n mens betaal raak n aansienlike bedrag. Ek het al dikwels gevra, wat kry ons vir ons belasting? Sweet blue boggerol.

  • 39. Wille Kjind Q  |  September 1, 2009 om 5 : 24

    More more alli ryk mense!!!!!

  • 40. Wille Kjind Q  |  September 1, 2009 om 5 : 26

    Ek gat somme VANDAG nog aansoek loop doen vi ‘n pre paid kragboks.:mrgreen:

  • 41. Wille Kjind Q  |  September 1, 2009 om 5 : 29

    Adriana

    RE #22. Hoet jy geraai!? Ek is die main heks watti oppi bek geval issi

  • 42. Wille Kjind Q  |  September 1, 2009 om 5 : 31

    Oom Wit Baas Jackass

    Dis vandag 1 Sept en behalwe dat dit lente is, het my foun nou gerecharge. So eks wee op my se pos wa ek hoort……….. Saam my mede rykmense

  • 43. Wille Kjind Q  |  September 1, 2009 om 6 : 38

    *GAAP*

  • 44. Cradle catcher  |  September 1, 2009 om 7 : 40

    R50 kry dalk n 102 eenhede prepaid krag, maar op jou staat van die munisipaliteit af kos dit 96.3c per eenheid. Wat ook n lot stront is. As almal voor die voet dieselfde prys per eenheid krag betaal behoort dit vir eskom moontlik te wees om weer die prys te kan verlaag. Maar dit sal beteken swart mense kan nie bevoordeel word ten koste van meerderheid wit mense nie.

  • 45. Beeld  |  September 1, 2009 om 7 : 59

    Herman Scholtz

    Die uitsluitlik wit staatsgetuies teen mnr. Percyval Matji, die taxibestuurder wat na bewering die 16-jarige Bernadine Kruger se dood veroorsaak het, wil hom “sonder ooglopende rede” gestraf sien.

    So het adv. Rendani Mufumadi, namens Matji, gister in die Pretoriase streekhof betoog.

    Volgens hom het dié staatsgetuies “verskuilde motiewe” gehad om teen sy kliënt te getuig.

    Matji (31) staan tereg op aanklag van moord nadat die taxi wat hy bestuur het bo-oor Bernadine gery het.

    Sy is aan kopbeserings dood.

    Drie motoriste wat die ongeluk op 23 Februarie in Atterburyweg, Pretoria, aanskou het, asook ’n passasier van die taxi en ’n deskundige getuie, is almal wit.

    “Dat net wit mense kom getuig het, is ’n aanduiding dat daar ’n rasse-kwessie ter sprake is,” het Mufumadi aangevoer.

    Hy het gesê die getuies het “oordryf” om “die hof te laat glo (Matji) het die bedoeling gehad om (Bernadine) dood te maak”.

    “Dis ’n duidelike aanduiding dat hulle die beskuldigde sonder ooglopende redes wil straf.”

    Een getuie het byvoorbeeld getuig hoe Bernadine “in die lug op gevlieg” het.

    Mnr. Sameul Martins, die taxipassasier wat getuig het hoe Matji teen sowat 100?km/h gery het, sou heel waarskynlik nie die spoedmeter kon sien nie, het Mufumadi gesê. Voorts het Bernadine ’n noodsituasie veroorsaak en Matji kon nie die ongeluk verhinder het nie.

    Sy weergawe is dat hy die een oomblik nog in sy tru-spieëltjie gekyk het en die 125?cc-bromponie die volgende oomblik reg voor hom was.

    Volgens Mufumadi het Bernadine nie ’n rybewys gehad nie en moet die hof daarvan aflei dat sy “nog nie die nodige opleiding gehad het” om behoorlik te bestuur nie.

    Die staat het Mufumadi se aantygings van ’n “wit hinderlaag” sterk ontken.

    Adv. Sanet van Rensburg het gesê die staat se getuies is diegene wat vorendag gekom het ná die ongeluk. “Een werkgewer het my ook gekontak om te sê haar swart werker was ’n passasier in die taxi, maar is te bang om te getuig.”

    Van Rensburg het gesê daar is geen bewyse dat Bernadine nalatig of onveilig bestuur het nie.

    Sy het gesê Matji vra die hof om sy weergawe as billik moontlik waar te aanvaar, maar dat dié weergawe heeltyd verander.

    Volgens Van Rensburg is dit veelseggend dat Matji nie een van die 14 passasiers van die taxi geroep het om vir hom te getuig en sy weergawe te staaf nie.

    Dít nadat hy erken het dat hy van hulle intussen weer gesien het. “Die beskuldigde het basies die oorledene gejaag.”

    Hy het haar “geterroriseer” met sy getoeter totdat sy na die regterbaan oorgegaan het en toe wéér sy “boelie-tegnieke” gebruik om haar te verjaag.

    “Hy wou teen haar bots. Hy het nie eens probeer om uit te swaai ná die ongeluk nie, maar het reguit oor haar gery waar sy ’n paar meter weg gelê het.

    “Daar kan geen ander afleiding wees as dat die beskuldigde direkte opset gehad het om die oorledene dood te maak nie.”

    Streeklanddros Edmund Patterson sal na verwagting Vrydag uitspraak lewer.

  • 46. Beeld  |  September 1, 2009 om 8 : 00

    Herman Scholtz

    ’nVoormalige lugvaart-hoë hét ’n kollega by Loftus Versfeld verkrag.

    Koos Venter (58) is gister in die Pretoriase streekhof skuldig bevind op vier aanklagte van verkragting en sewe van onsedelike aanranding.

    Die voormalige hoofbedryfs­beampte van Aero Manpower Group (AMG), ’n afdeling van Denel-lugvaart, is vrygespreek op ’n vyfde aanklag van verkragting.

    Die klaagster het ná die uitspraak in trane uitgebars en aan ’n verslaggewer vasgehou. “Ek het dit gedoen. Ek het gefight tot die einde,” het sy huilend gesê.

    Die verkragtings en onsedelike aanrandings was tussen Augustus 1998 en Januarie 2002.

    Die hof het vroeër gehoor van ’n voorval by Loftus Versfeld waar Venter haar op ’n houtbankie in een van die losies vasgedruk, haar romp opgetrek en haar verkrag het.

    Voorts het Venter haar in AMG se kantore verkrag, by geleentheid haar broek losgemaak en ook haar private dele betas, het sy getuig.

    Streeklanddros Leavit Mkansi het bevind die klaagster se getuie­nis was geloofwaardig.

    Hy het die verdediging se argument dat die klaagster ’n paar jaar gewag het voordat sy die bewerings gemaak het, verwerp.

    Mkansi het gesê daar was buitengewone omstandighede daarvoor: Sy was bang vir Venter omdat hy baie mag gehad het; Venter het gedreig om haar met ’n jaggeweer dood te maak as sy ooit oor die voorvalle sou praat; en sy was bang om haar werk te verloor.

    Sy was ook vasgevang in ’n “kulturele strik”, het Mkansi gesê.

    Ingevolge die Hindoe-kultuur sou sy deur die gemeenskap verwerp word en kon selfs haar kinders verloor het as hulle moes uitvind van die seksuele misbruik, het die hof gehoor.

    Adv. Kobus Strydom, namens Venter, het vroeër verskeie motiewe genoem wat moontlik tot die klaagster se “versinsels” kon lei.

    Die klaagster het glo al met ’n siviele geding teen haar voormalige werkgewer begin; Venter het haar by verskeie geleenthede gemaan om minder op die foon te klets; en hy het ’n leningsaansoek van haar afgekeur.

    Mkansi het gesê dít is nie genoeg rede vir die klaagster om 12 klagte “te versin” nie.

    Die saak is uitgestel om voorvonnisverslae saam te stel.

    – Beeld

  • 47. Beeld  |  September 1, 2009 om 8 : 04

    Fanie van Rooyen

    Dis heerlike lente… behalwe in die Wes-Kaap.

    Die meeste van die land kan volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) verwag om ’n heerlike warm, sonnige lentedag te geniet.

    Die maksimum temperature vir Pretoria en Johannesburg vir vandag is onderskeidelik 30ºC en 28ºC.

    Mnr. Jan Vermeulen, senior weervoorspeller van die SAWD, het gister gesê soortgelyke matige tot warm temperature word vandag oor Gauteng, die Vrystaat, Limpopo, Mpuma-langa, Noordwes, die Oos-Kaap, die Noord-Kaap en KwaZulu-Natal verwag.

    Geen reën word volgens hom oor dié provinsies verwag nie.

    “Dit is net die Wes-Kaap wat ’n koue, reënerige en onplesierige lentedag gaan hê,” het Vermeulen gesê.

    “In die res van die land gaan die weer baie lekker wees.”

    ’n Kouefront wat tans oor Wes-Kaapland beweeg, sal volgens hom koue temperature en teen vanmiddag enkele buie en reën aan die Suid- en Wes-Kaap- se kus en die aangrensende binneland veroorsaak.

    In Kaapstad sal die kwik vandag nie hoër as 16?°C styg nie.

    Dié kouefront is gelukkig nie sterk genoeg om temperature verder die binneland in te beïnvloed nie.

    “In die res van die land sal dit oor die volgende week of wat meestal warm en sonnig bly. Dit wil voorkom of die lente inderdaad aangebreek het.”

    Die eerste lentereën, wat in Gauteng tradisioneel dikwels rondom 1 September val, sal volgens hom egter nog so twee weke wegbly. Dieselfde geld die noordelike provinsies soos Mpumalanga, Limpopo en Noordwes. “Ná vandag se reën in die Wes-Kaap verwag ons dit sal eers rondom 9 September aan die ooskus in KwaZulu-Natal en oos van die platorand weer reën,” het hy gesê.

    “Ons verwag eers daarna reën in die binneland, Gauteng en die noordelike provinsies.”

    In Bloemfontein, Port Elizabeth, Durban en Polokwane sal dit vandag onderskeidelik 27?°C, 25?°C, 27?°C en 31?°C wees.

    * Vir nog minimum en maksimum temperature vir die volgende week besoek http://www.weathersa.co.za.

    – Beeld

  • 48. Beeld  |  September 1, 2009 om 8 : 06

    Rozanne Els

    Kaapstad. – Mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie, het drie maande om vorendag te kom met riglyne oor die uitbetaling van vergoeding aan mense wat hul vuurwapens vrywillig inhandig.

    Dié beslissing van regter ­Jeanette Traverso gister in die Wes-Kaapse hooggeregshof kan uiteindelik lei tot die uitbetaling van miljoene rande.

    Ingevolge die nuwe Wet op die Beheer van Vuurwapens kan vuurwapeneienaars om vergoeding aansoek doen indien hulle nie om herlisensiëring aansoek gedoen het nie, of ’n lisensie geweier is vir vuurwapens in hul besit.

    Traverso se beslissing volg op ’n aansoek deur die Geregtigheidsalliansie van Suid-Afrika (Jasa) en die Valsbaai-skietklub teen die minister van polisie, die nasionale kommissaris van polisie en die appèlraad van vuurwapens.

    Hiervolgens het die applikante gevra dat die minister sy verpligting nakom en riglyne saamstel vir die vergoeding van vuurwapeneienaars, soos deur die wetgewing vereis word.

    Hulle voer aan dat die weiering en versuim van die respondente om hul wetlike verpligtinge ingevolge die Vuurwapenbeheerwet na te kom ’n oortreding van die Grondwet is.

    Luidens hofstukke is die relevante bepalings van die Wet op die Beheer van Vuurwapens sedert 1 Julie 2004 van krag.

    Pogings deur Mthethwa se regsverteenwoordiger, adv. ­Kosie Olivier, om Mthethwa van die situasie te distansieer omdat hy nie destyds die posisie van minister beklee het nie, is deur Traverso veroordeel.

    Sy het Olivier se versoek verwerp waarin uitstel van die aansoek gevra is sodat verklarings ter verduideliking van Mthe-thwa se betrokkenheid (al dan nie) ingedien kan word.

    “Maar hoekom?” het sy gevra. Mthethwa se verweer dat hy eers ná April in die posisie aangestel is en dus geen kennis van die riglyne dra nie, het geen indruk op haar gemaak nie.

    “So, én?” was haar antwoord hierop. Sy het gesê dat die staat reeds erken het hy het nie ’n verweer nie en die aansoek met regskoste toegestaan.

    Traverso se beslissing het wye kommentaar ontlok.

    Ná die hofverrigtinge het adv. John Smyth QC van Jasa gesê dié beslissing kan lei tot die uitbetaling van miljoene rande.

    “Die bevel sê wat die afgelope vyf jaar gebeur het, is onwettig en ongrondwetlik,” het Smyth gesê.

    Mnr. Martin Hood, regsadviseur van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Wapeneienaars (SAGA), het by navraag gesê die beslissing moes lankal gebeur het.

    Volgens Hood het Traverso se beslissing ’n proses aan die gang gesit en wys dit op die tekorte van die wetgewing.

    “Die wetgewing is onregverdig en die polisie kan nié die taak vermag wat hulle opgelê is nie. Dit is net die begin van baie hofsake wat gaan poog om dié wetgewing tersyde te stel,” het Hood gesê.

    – Beeld

  • 49. Beeld  |  September 1, 2009 om 8 : 07

    Tom de Wet
    Welkom. – ’n Liefdesdriehoek het vermoedelik gisteroggend tot die treurspel gelei waarin die adjunkhoof van ’n plaaslike
    hoërskool in sy kantoor doodgeskiet is voordat sy moordenaar – een van die skool se departementshoofde – selfmoord gepleeg het.

    Die lyk van mnr. Lieb Liebenberg (53), adjunkhoof van die Hoërskool Welkom-Gimnasium, is op sy maag agter sy lessenaar gekry. Hy het moontlik meer as een skietwond gehad.

    Die lyk van mnr. Jaco Stiglingh (51), wat ook ’n koshuis-vader by die skool was, is met die vuurwapen langs hom op die grond tussen die stoele voor Liebenberg se lessenaar gekry. Hy het ’n skietwond in sy mond gehad.

    Die skietery het moontlik omstreeks 06:40 gebeur toe die twee mans in Liebenberg se kantoor agter ’n geslote deur was. Toe die twee onderwysers nie by die saalopening opgedaag het nie, was dit nie vreemd nie omdat hulle volgens mnr. Rudolph Cloete, skoolhoof, as se-nior personeellede uiteenlopende pligte gehad het.

    ’n Onderwyser wat ’n brief in Liebenberg se kantoor moes kry, het ná die saalopening gevra dat die kantoor oopgesluit word. Die sleutel kon nie in die sleutelgat in nie omdat iets van binne daarin gedruk was.

    Cloete is omstreeks 07:25 na die venster, waardeur hulle die twee lyke gesien het. Die polisie en ambulans is ontbied, waarna die kantoordeur omstreeks 07:40 met ’n koevoet oopgebreek is.

    Liebenberg is enkele maande gelede van sy vrou, Edith, geskei, na bewering weens ’n verhouding met ’n getroude vrou.

    Stiglingh se vrou, Ita, vorige terreinbestuurder by Welkom-Gimnasium, het die egpaar se huis glo Sondag weens huweliksprobleme verlaat.

    Mev. Liebenberg is gister kort nadat sy van haar gewese man se dood ingelig is, vir skok- behandeling in die hospitaal opgeneem.

    Familielede van die twee onderwysers was kort ná die skietery by die skool en ’n hartseer oomblik het hom afgespeel toe twee seuns van die twee oorledenes mekaar omhels het, waarna hulle ook deur talle onderwyseresse vertroos is.

    Sommige ouers van leerlinge was binne minute by die skool en het huilende kinders huis toe gevat.

    Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het gesê Liebenberg en Stiglingh het, vermoedelik voordat die skool begin het, ’n vergadering in Liebenberg se kantoor gehad.

    ’n Woordewisseling het glo ontstaan en verskeie skote is afgevuur. Albei mans is op die toneel dood.

    Mnr. Sello Leepo, hoof-onderwysspesialis van die Lejweleputswa-onderwyskantoor, het gesê berading sal vir leerlinge en onderwysers gereël word.

    Benewens die polisie-ondersoek sal ’n interne ondersoek ook gedoen word.

    Cloete het gesê die twee mans het goed as kollegas saamgewerk en daar was nooit tekens van spanning tussen hulle nie.

    “Dit is ’n tragedie en ons het simpatie met albei onderwysers se families en almal betrokke.”

    Liebenberg word benewens sy gewese vrou oorleef deur twee seuns, Frikkie en Johan, en Stiglingh deur sy vrou en twee seuns, Terry en Meyer.

  • 50. Beeld  |  September 1, 2009 om 8 : 21

    Retha Grobelaar

    Die bewerings van ’n wit Suid-Afrikaner wat vlugtelingstatus in Kanada gekry het oor hy verdrukking hier vrees, is “belaglik”.

    Dit was gisteraand mnr. Ronnie Mamoepa, woordvoerder van die minister van binnelandse sake, se reaksie oor die Suid-Afrikaner mnr. Brandon Huntley (31), wat vlugtelingstatus in Kanada gekry het.

    Huntley het beweer hy sal in sy tuisland verdruk word oor sy velkleur.

    “Sy bewerings sou lagwekkend en verregaande gewees het as dit nie so ernstig was nie. Ons moet hierdie bewerings verwerp,” het Mamoepa gesê.

    Volgens hom moes die Kanadese beamptes vir insette van die Suid-Afrikaanse regering gevra het.

    Mnr. William Davis, tribunaal-paneelvoorsitter, het in sy beslissing gesê Huntley was ’n slagoffer van misdaad weens sy ras en nie bloot weens misdadigheid nie.

    “Hy sal uitstaan soos ’n seer duim. Ek bevind sy vrees weens verdrukking deur Afrikane (swart mense) is geregverdig as na die objektiewe bewyse gekyk word,” het Davis gesê.

    “Elke saak soos hierdie moet beoordeel word volgens sy feite en omstandighede. Nadat al die bewyse oorweeg is, bepaal ek hy het aan die las voldoen om die ernstige moontlikheid van verdrukking op die gronde van die (Geneefse) konvensie vas te stel.”

    Mnr. Russell Kaplan, Huntley se regsverteenwoordiger, het gisteraand aan Beeld gesê berigte uit Suid-Afrikaanse koerante oor die misdaadprobleem is onder meer as bewyse gebruik.

    “Hy (Huntley) het tydens sy getuienis drie of vier keer verwys na die idee ‘payback from wayback’. Dis basies die idee dat dit nou hul (swart mense se) beurt is. Voorheen was dit die wit mense se beurt,” het Kaplan gisteraand gesê.

    Volgens Kaplan is Huntley baie gelukkig met die beslissing. “Hy voel wonderlik. Hy was regtig bang om na Suid-Afrika terug te keer.”

    – Beeld

  • 51. Adrie  |  September 1, 2009 om 8 : 30

    En dit is die nuus.

    More almal

  • 52. Olga  |  September 1, 2009 om 10 : 32

    elektrieseteit per eenheid op my staat beloop r0, 862 plus btw wat dit op r0,98.268 per eenheid bring.

  • 53. 619  |  September 1, 2009 om 2 : 02

    You cannot legislate the poor into prosperity by legislating the wealthy out of prosperity. What one person receives without working for, another person must work for without receiving. The government cannot give to anybody anything that the government does not first take from somebody else. When half of the people get the idea that they do not have to work because the other half is going to take care of them, and when the other half gets the idea that it does no good to work because somebody else is going to get what they work for, that my dear friend, is the beginning of the end of any nation. You cannot multiply wealth by dividing it.”

  • 54. Nats  |  September 1, 2009 om 3 : 29

    Hello hello!!!

  • 55. Adrie  |  September 1, 2009 om 3 : 41

    Hallo Hallo Hallo

    Whahahahahahhaahahaaa

  • 56. Adrie  |  September 1, 2009 om 3 : 47

    619 – hoekom dink ek jy hou baie van bier?

    Jy het wel ‘n punt beet.

    Dit is belaglik, Olga

    Gewoonlik betaal ‘n mens meer vir prepaid as ‘n kontrak. GRRRR

  • 57. Nats  |  September 1, 2009 om 4 : 02

    ME TWIN!!!!!

  • 58. Adrie  |  September 1, 2009 om 4 : 06

    TWEEELING!!!!!!

  • 59. Adrie  |  September 1, 2009 om 4 : 08

    Hoe gaan dit?

    Ek dog jy is al landuit

  • 60. Seekat  |  September 1, 2009 om 4 : 13

    Die probleem is dat ʼn Kapitalistiese stelsel werk op die prinsiep van belasting. Dit is die enigste manier hoe die Regering inkomste uit die land kan kry.
    As die rykes nie meer wil belasting betaal nie dan sal die land geen ander keuse hê as om na ʼn Kommunistiese of Sosialistiese stelsel te beweeg. Waar alles aan die staat behoort en die winste na die staat gaan waar hulle die nodige vondse kry om te doen net wat hulle wil. In die tweede plek betaal die maatskapeie die meeste belasting en nie die private individu nie. Die meeste plekke waar die Kapitalistiese
    die beste werk betaal die staat baie mense om nie te werk nie want dit hou hulle gelukkig en dan kan die mense wat wil werk baie geld maak sonder vrese dat daai ou more die Kommunis in bring of so iets dergelik. Dit staan enige iemand vry om na n pay as you go elektriese stelsel te gaan dit is vir enige een.

  • 61. Nats  |  September 1, 2009 om 4 : 16

    How goes it!?

    Ek sukkel my as af met FB!! Probeer fotos op sit… ai!!

  • 62. Adrie  |  September 1, 2009 om 4 : 18

    Seekat

    Goed en wel, die maatskappye betaal die meeste belasting, as hulle dit sou waag om ‘n wins te toon.

    Tog, hoeveel persentasie van jou inkomste gaan na die staat? Onthou BTW, heffings ens. Tel dit by wat jy reeds aan inkomste belasting spandeer. Dit raak baie.

  • 63. Adrie  |  September 1, 2009 om 4 : 19

    Facebook moet deesdae sukkelboek raak.

  • 64. Nats  |  September 1, 2009 om 4 : 24

    Toe ons blinders in gesit het, het die ou vir ons gesê as ons kontant betaal sal hy vir ons die VAT aftrek (afslag vir kontant)
    Ek sê toe nee, dis bedrog want hy gaan daai geld in sy sak steek! Maar tog kan sekere mense dit mos nie sien nie – en toe maar kontant betaal… dood seker hy het nie daai betaling aan SARS verkondig nie.

    O wel, ons het darem minder betaal – dis hy wat met boetes gaan sit as hulle hom vang!

  • 65. Adrie  |  September 1, 2009 om 4 : 28

    Jip

    Die voordeel van kontant in die sak. Niemand vra geld nie.

  • 66. Seekat  |  September 1, 2009 om 4 : 35

    Genoteerde maatskapeie moet wins toon anders val hulle aandele tot niks en speel hulle bankrot. Dit is die BK maatskappytjies wat meestal nie wins maak nie. BTW betaal almal of jy nou arm of ryk is. Kyk ek hou nie van belasting nie maar as ons dit nie betaal nie dan sal daar niks in die land gewees het wat my enigsins hier sou gehou het nie. Wat my die bliksem in maak is as iemand die belasting steel. Jy weet as iemand een boord kos per dag kan bekostig is hy op die oomblik baie gelukkig in die land. Glo my daar is mense wat dit miskien een keer per week kan doen. Gaan na die winkel en hou die arms dop en kyk hoe koop hulle kos dan praat ons weer. As jy moet kies tussen bene en bene by die slaghuis dan wonder jy of jy die seep of pap moet koop die land is op ʼn tyd bom wat gaan bars as daai mense gaan kraak. Dit is nie hulle skuld nie dit is die bou bedryf wat gevou het hulle is meestal bouers en teëlaars of so iets. Nee wat ons doen te min om daai ouens te help.

  • 67. Nats  |  September 1, 2009 om 4 : 42

    Ek is maar bang vir die tax man!!

    Seekat
    Dis hartseer, maar waar. My ma het eendag ‘n skaapboud of iets gekoop toe vertel die teller vir my ma hulle eet baie selde vleis, en sy kan nie onthou wanneer laas sy ‘n roast geeet het nie.
    Maak mens hartseer, ons eet amper nooit iets sonder vleis nie! Behalwe soms pasta of so.

  • 68. Adrie  |  September 1, 2009 om 4 : 44

    Seekat

    Jy het ‘n punt en ek hoor wat jy se. Wat my regtig pla is dat jy belasting betaal, word jy gesien as ryk. Wat beteken jy kry geen kortings nie en jy betaal deur jou ore vir alles. Sien my comment by # 5.

    Die hele attitude van take from the rich to give to the poor, kom ook neer op steel. Daar is bv sprake van dat jy in die toekoms belas gaan word op jou bydrae tot jou medies. Die geld waarvan jy reeds ‘n deel aan Jan Taks afgestaan het, gaan verder belas word. Die medies is iets waarvoor jy reeds deur jou ore betaal. Jy kry dit nie verniet nie.

    Dit gaan nie so seer oor die belasting wat jy betaal nie. Dit gaan meer oor al die ekstras wat ‘n mens moet betaal om ander te befonds.

  • 69. Adrie  |  September 1, 2009 om 4 : 46

    Heilig is die een wat homself te kort doen om ‘n ander te help. Daar is bittermin sulke mense.

  • 70. Seekat  |  September 1, 2009 om 4 : 50

    Nats

    As ek en my vrou inkopies gaan dien dan koop ek gewoonlik vir iemand in die winkel iets. Dit breek my hart om te sien hoe iemand voor n rak staan met hantie vol silwer en sy keuse is sop poeer of pap miskien dalk bene dan weet ek hy gaan dit nog deel met sy familie en dan moet hy nog besluit of hy gaan loop of taxi ry met wat in sy hand is. Naby my omgewing is daar n onwetige plakers kamp daai mense kry baie swaar veral die vroue en kinders. Ons help al vir 10 jaar daar by n kleuterskool en die mense wat niks het.

  • 71. Adrie  |  September 1, 2009 om 4 : 53

    Om iemand uit te help, vrywillig is prysenswaardig.

    Om eerlik te wees (ek is mos een van die arm Suid-Afrikaners), ek hol gewoonlik by die winkel in en uit. Ek onthou wel van my kassier dae hoe die mense met hulle sente kom kos koop het.

  • 72. Nats  |  September 1, 2009 om 4 : 53

    Adrie
    My ma is een van daai mense… sal self eerder swaar kry voor sy familie sien suffer! Net jammer hulle sal nie dieselfde vir haar doen nie!! Maak my mal kwaad.

  • 73. Nats  |  September 1, 2009 om 4 : 54

    Sorry julle ek moet gaan!

    Sien weer more!!

  • 74. Adrie  |  September 1, 2009 om 4 : 55

    Nats

    Dit is familie.

    Ek praat van iemand wat hulle week se kruideniersware, wat hulle met hulle laaste geld gekoop het, sal afstaan vir iemand wat dit dalk nodiger het as hulle.

    Ek is beslis nie heilig nie. Ek kyk eers fyn na my begroting voordat ek iemand help.

  • 75. Adrie  |  September 1, 2009 om 4 : 55

    Cheers

  • 76. Adrie  |  September 1, 2009 om 4 : 59

    Ek wonder of iemand vir ons syfers het oor hoeveel mense regtig elektrisiteit het.

    Soos is daar Elektrisiteit in die plakkerskampe?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: