Sien en hoor geen kwaad.

Augustus 30, 2009 at 4 : 24 20 Kommentaar

Die wêreld gons oor ‘n meisie wat as 11 jarige ontvoer is en na 18 jaar uiteindelik gevind is.  Phillip Garrido het haar Jaycee Dugard in 1991 doodeenvoudig by ‘n bustop gegryp, in ‘n motor gedruk en weggejaag.  Sy het in ‘n tent tussen bome in sy agtertuin gebly.  Hy het 2 kinders by haar verwek, die eerste een toe Dugard net 15 was.  Dugard is vandag 29 en haar dogters van Garrido is onderskeidelik 15 en 11 jaar oud.

Dugard mos met ‘n tuisgemaakte stort en toilet met net 1 kragpunt die twee kinders in die “kampterrein” groot maak.  Die kinders het nog nooit ‘n skool, ‘n dokter of iets anders as die tuin gesien nie.  Garrido was al voorheen ‘n vonnis opgelê vir ‘n seksuele misdryf en was op lewenslange parool.  Nog die parool offissier, nog die bure het niks vermoed nie.  Dugard het blykbaar deur die jare so afgesonder geraak, dat sy vir Garrido as haar man gesien het. 

Garrido en sy vrou het in die hof verskyn op onder meer ‘n aanklag van ontvoering en kinderverkragting.  Garrido voer aan dat hy ‘n ander mens is vandat hy pa geword het van Dugard se eerste kind.  Hy het selfs onlangs aansoek gedoen om sy eie sekte te begin.

Is dit regtig moontlik dat ‘n mens iemand kan wegsteek vir die buitewêreld sonder dat iemand ooit dit bevraagteken?  Ja, dit is seker moontlik.  Franz Fritzl het dit gedoen, Garrido het en daar was die man wat in Suid-Afrika dood is sonder om ‘n woord oor sy kind by die huis te rep.  Hoe doen hulle dit? 

Is die samelewing al so op die reg van privaatheid ingestel, dat ‘n tent wat jare lank opgeslaan is nie wenkbroue laat lig nie.  Het die kinders nooit gepiep nie? 

Ek het nog altyd gesê ‘n goeie skoot nuuskierigheid het niemand al ooit skade gedoen nie.  Duidelik het mense dit verloor.  Dalk gee die TV te veel afleiding.  Of mense het stokonnossel geword.

Dit laat my wonder, word die Vermiste Meisies iewers by iemand se huis in Suid-Afrika aangehou?  Dalk ondergronds of miskien kamp hulle ook al 20 jaar.  Almal neem aan dat hulle dood nie, maar kan ‘n mens ooit daardie afleiding maak sonder lyke?

Blogvraag:  Na hoeveel jaar kan ‘n vermiste persoon dood verklaar word?

Blogantwoord:  Wild Thing – The Troggs (Willes), Grease Lighting – John Travola (Olga), I don’t know much – Aaron Neville & Linda Ronstad (Ek weet nie veel)

Bonuspunte:  Willes:  Jealous – Ne-yo; The road – Jackson Browne; Compensate – Space like Alice.  Max:  Clear – Miley Cirus; Drive – The Cars; Today – Jefferson Airplane; One – U2; Fly – Hilary Duff; Highway – Christina Milian; Us – Regina Spektor.  Olga:  Beautiful – James Blunt; Jealousy – Paris Hilton. 

Foto:  Willes:  Coffin Car – Yoko Ono; Drive my Car – Beatles; What Car – Cliff Richard; Fast Car – Tracy Chapman; In the car – Barenaked ladies; Car – Built to spil; In my car – Pack; Faster Car – Keith Urban; Silas the magic car – Mew; Stupid Car – Radiohead.  Max:  Dream Machine – Mark Farina.  Olga:  Big Yellow Taxi – Counting Crows; My old yellow car – Dan Seals.

Entry filed under: Uncategorized. Tags: .

Die ding omtrent karre Suid-Afrika, die land van Robin Hood

20 Kommentaar Add your own

  • 1. Olga  |  Augustus 30, 2009 om 5 : 10

    eerste

  • 2. Olga  |  Augustus 30, 2009 om 5 : 11

    7 jaar.

  • 3. Adrie  |  Augustus 30, 2009 om 7 : 37

    Hi Olga

  • 4. Wheelbarrow Jack  |  Augustus 31, 2009 om 8 : 46

    Waar is die koerant vanmore juffertjie? Dagse, dagse. Hoe gaan dit nog?

  • 5. Beeld  |  Augustus 31, 2009 om 8 : 50

    Tisha Steyn

    George. – ’n Ouerpaar van Mosselbaai het die naweek weens ’n noodlottige haai-aanval ’n tweede seun aan die see afgestaan.

    Mnr. Gerhard van Zyl (25) was die eerste haaislagoffer in 20 jaar in die Suid-Kaap.

    Van Zyl het Saterdagmiddag weens skok en bloedverlies gesterf nadat ’n haai sy regterbeen bokant die knie afgebyt het.

    Sy jongste broer, Christo (17), is drie jaar gelede dood nadat hy op die St. Blaize-staproete buite Mosselbaai van ’n krans in die see geval het. Christo se vriendin, Riana Müller (16), het ’n jaar ná sy dood aan ’n oordosis pynpille gesterf.

    “Gerhard en ’n vriend het kort ná 15:00 by Outeniqua-strand naby Glentana-strand branderplank gery toe die haai toegeslaan het,” het mnr. Dawie Zwiegelaar, hoof van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se kantoor op Mosselbaai, gesê.

    Volgens Zwiegelaar het die vriend Van Zyl na die strand gehelp, waar ’n paramedikus van Netcare 911 geprobeer het om sy lewe te red.

    “Die duikpak is om die wond gevou en met ’n stuk tou vasgebind om die bloeding te probeer keer. Daarna het die paramedikus hartmassering toegepas.”

    Van Zyl is met die Rooi Kruis se AMS-helikopter na ’n hospitaal in George geneem, waar hy later dood is.

    Volgens mnr. Craig Lambinon van die NSRI was Van Zyl se ouers, mnr. Chris en mev. Anna-Marie van Zyl van Bayview, Mosselbaai, in Kaapstad toe die haai-aanval plaasgevind het. Hulle het dadelik na Mosselbaai teruggekeer, maar hul seun was reeds dood voor hul aankoms by die hospitaal.

    Die egpaar het nog ’n seun, Johan (23).

  • 6. Wheelbarrow Jack  |  Augustus 31, 2009 om 8 : 51

    Ek kry die boodskap. Verkeerde persoon het eerste geskree en geantwoord. Nou gaan die p.c’s, fone en sommer alles gebogger wees ne.

  • 7. Beeld  |  Augustus 31, 2009 om 8 : 52

    Reuters
    New York.–Kinders gebruik die internet om na video’s op YouTube te kyk, met vriende op sosiale netwerke te gesels en om “seks” en “pornografie” op te soek.

    Dit is die bevinding van Symantec Corp., ’n rekenaarveiligheids­fima wat 3,5 miljoen internetsoektogte gemonitor het wat kinders en tieners tussen Februarie en Julie deur sy gesinsveilige diens, OnlineFamily.Norton, gedoen het.

    Luidens die navorsing is die gewildste soekterm YouTube, die videowerbwerf wat Google besit.

    Fred Figglehorn, ’n fiktiewe karakter wie se YouTube-video’s gewild is onder kinders, was negende op die toptien-lys van soekterme. Die soekenjin Google was die tweede gewildste soekterm en Yahoo sewende, terwyl die sosiale netwerkwebwerf Facebook derde was, met MySpace vyfde.

    Maar die woorde “seks” en “pornografie” het ook onder die toptien ingesluip, die vierde en sesde plek­ke onderskeidelik.

    Ander gewilde soekterme sluit in Michael Jackson, eBay, Wikipedia, Miley Cyrus (Hannah Montana in gelyknamige TV-reeks), Taylor Swift, Webkinz, Club Penguin en the Black Eyed Peas se liedjie “Boom Boom Pow”.

    Symantec sê die lys wys ouers moet meer bewus wees van wat hul kinders aanlyn doen.?–?R euters

  • 8. Beeld  |  Augustus 31, 2009 om 8 : 53

    Neels Jackson
    ‘Moenie die pad aanstap met bitterheid nie. Dit word nie beter nie, dit word net slegter.”

    Dit was eergisteroggend die pleidooi van mnr. Adriaan Vlok, minister van polisie in die ou bedeling, tydens Operasie Boetman, ’n geleentheid vir mense wat sukkel om die verlede te verwerk.

    Vlok het gesê almal is nie tevrede met die vrede wat ná 1994 gekom het nie omdat alles nie goed gaan in die nuwe bedeling nie. ’n Mens moet egter dink oor hoe ’n oorlog sou wees.

    “Hoe kan 10% van die mense – wat boonop nog onder mekaar verdeeld is – oor 90% regeer? Dis ’n situasie wat sou ontplof,” het hy gesê.

    Oor apartheid het hy gesê daar het goeie dinge onder apartheid gebeur, maar dié beleid het ’n “wortelsonde” gehad. Dit was liefdeloosheid.

    Vlok het vertel dat hy self verraai gevoel het toe beloftes oor algemene amnestie en ooreenkomste waarvolgens hy en baie ander vrywaring van vervolging sou kry, op niks uitgeloop het nie.

    Dit het hom in ’n situasie geplaas waar hy moes besluit of hy om amnestie moes aansoek doen.

    Mense het hom afgeraai.

    Hy het egter in die Bybel gelees dat as jy jou offer tempel toe bring en dit val jou by dat jou broer iets teen jou het, dan moet jy jou offer los en eers met jou broer gaan regmaak.

    Dis toe dat hy besef het hy moes gaan amnestie vra.

    Hy het ook in die Bybel na antwoorde gaan soek op die vraag of hy diegene moes vergewe wat hom en andere in die steek gelaat het.

    “As jy in die wêreld na antwoorde gaan soek,” het Vlok gesê, “gaan jy nie vergewe nie. Die wêreld is ’n onvergewensgesinde plek.”

    Hy het egter in die Onse Vader gelees dat ’n mens moet bid dat jy jou sondes vergewe moet word soos jy ander mense vergewe. Hy het besef as hy nie vergewe nie, kan hy nie langer die Onse Vader bid nie, “want dan bid ek net moeilikheid oor myself”.

    Oor sy voetewassery het Vlok gesê ’n mens doen nie sulke goed as die Here nie ingegryp het in jou lewe nie.

    Hy het die oomblik in eerw. Frank Chikane se kantoor toe hy gehoorsaam was aan die Here se roepstem om wel Chikane se voete te was, bestempel as die oomblik dat sy lewe verander het.

    Brig.genl. Marius Cornelissen, kapelaan-generaal van die weermag, het gesê die weermag verleen steeds hulp aan mense wat aan post-traumatiese stres ly weens hul betrokkenheid in die weermag.

    So iemand moet by die geneeskundige dienste se direktoraat sielkunde aanklop. Die persoon sal geëvalueer word en as dit bevestig word dat die post-traumatiese stres voortspruit uit betrokkenheid by die weermag, word so iemand gratis gehelp.

  • 9. Beeld  |  Augustus 31, 2009 om 8 : 54

    Hilda Fourie
    ’n Moordsaak word ondersoek teen twee broers nadat hulle ’n dag voor hul pa se begrafnis ’n vermeende inbreker aangetref het in dieselfde huis waar hul pa enkele dae vantevore vermoor is.

    Mnre. Piet en Neels Lotterie het Vrydagaand omstreeks 20:00 gaan ondersoek instel by die huis in Doornfontein waar hul pa verlede Maandagaand vermoor is.

    Die voordeur was oop en die ligte aan.

    In ’n struweling met die Lotterie-broers is die man erg beseer. Die broers het die man, wat met ’n mes gewapen was, hospitaal toe geneem. Hy het later beswyk.

    Die voorval het op dieselfde kleinhoewe plaasgevind waar mnr. Wilhelm Lotterie (65) Maandagaand vermoor is. Vyf rowers het hom op die stoep van die huis noord van Pretoria oorval.

    Die Lotterie-broers het op dié dag ’n veldbrand geblus wat vermoedelik deur die rowers gestig is om inwoners uit hul huise te lok. Mev. Jessica Lotterie (23) moes met haar babaseun, Danté, (toe vier dae oud) in haar arms staan en kyk hoe die rowers haar skoonpa doodskop en -slaan.

    Die Lotteries het sedert die voorval by familie tuisgegaan en daagliks by die kleinhoewe gaan inloer. Kapt. Jan Sepato, polisiewoordvoerder, sê die broers het die vermeende inbreker Vrydag omstreeks 20:00 binne die huis gekry. Sepato sê die oorledene se identiteit is onbekend.

    Die polisie-ondersoek sal bepaal of hy een van Lotterie sr. se moordenaars was.

    ’n Moordsaak word ná die man se dood ondersoek.

  • 10. Beeld  |  Augustus 31, 2009 om 8 : 56

    Philip de Bruin
    Die regspan van die sanger Robbie Klay vergader vanmiddag in Pretoria met die oog daarop om ’n siviele eis teen die sanger Jurie Els te finaliseer.

    Dit kom nadat die nasionale vervolgingsgesag Vrydag bekend gemaak het dat Els vervolg gaan word op aanklagte dat hy Klay as seun van jonger as 16 seksueel aangerand het.

    Mnr. Koos van Rensburg, Klay se regsadviseur, het gister bevestig die volle regspan sal vandag byeenkom.

    Hy kon nog nie sê watter bedrag Klay gaan eis nie, “maar ons praat hier nie van honderdduisende rande nie, eerder van miljoene”.

    “Die feit dat die besluit nou geneem is om mnr. Els te vervolg, beteken dat ons die siviele eis kan begin finaliseer.

    “Die rede hoekom ons nog geen bedrag kan aankondig nie, is dat Robbie se sielkundige behandeling nog aan die gang is. Baie sal afhang van wat die sielkundiges bevind oor hoe lank die behandeling nog sal duur en hul bevinding oor die omvang van die skade wat Robbie sielkundig aangedoen is.”

    Van Rensburg het gesê die plan is nie om die eis nou al formeel in te dien nie, maar om eerder te wag totdat die strafregtelike vervolging afgehandel is.

    “Dit beteken egter nie dat die uitspraak in die strafverhoor die siviele eis sal beïnvloed nie. In ’n strafverhoor moet die staat skuld bo redelike twyfel bewys.

    “In ’n siviele geding is die bewyslas op die eiser – in hierdie geval Robbie – baie ligter, naamlik op ’n oorwig van waarskynlikhede.”

    Beeld het gister van vriende van Els verneem hy was in ieder geval lankal van plan om later vanjaar na Suid-Afrika te kom, onder meer om Kersfees by sy familie in Vrede deur te bring.

    Geen verhoordatum is nog bepaal nie, maar die moontlikheid is genoem dat die verhoor in dié omstandighede gereël sal word om met sy besoek saam te val.

  • 11. Beeld  |  Augustus 31, 2009 om 8 : 57

    Johannesburg – Minstens 128 padoortreders is die afgelope naweek tydens operasie Operation Moretlwa-Die Poppe Sal Dans, in die Noordwes in hegtenis geneem.

    Dié operasie het Vrydag begin en sal nog vir die volgende maand voortduur.

    Verkeersowerhede het hulle dié keer op die R503 Mafikeng-Lichtenburg-pad ingestel.

    Lesiba Kgwele, woordvoerder van die verkeersdepartement, het gesê 57 verkeersboetes is uitgereik aan bestuurders wat die spoedgrens oorskry het, 15 vir gladde bande en nege taxi’s het boetes gekry vir onwettige sitplekke wat ingerig is.

    Nog vier taxibestuurders het boetes gekry omdat hulle op die verkeerde roete ry.

    Daar is ook beslag gelê op twee regeringsvoertuie wat glo misbruik is.

    “Mense wat die spoedgrens oorskry, die aantal bestuurders wat sonder lisensies op openbare paaie ry en die oortreding van verkeerswette is ’n groot bekommernis vir ons,” het Howard Yawa, provinsiale minister vir openbare veiligheid, gesê.

    Kgwele het gesê skulderkenningsboetes sal nie uitgereik word aan roekelose en onbedagsame motoriste nie.

    “Die saak sal by die polisie aanhangig gemaak word, oortreders sal aangekla word en in die hof verskyn.”

    – Sapa

  • 12. Beeld  |  Augustus 31, 2009 om 9 : 00

    Erna van Wyk

    Johannesburg – Die beweerde seks-misdadiger Dirk Prinsloo dreig sy “vyande” in Suid-Afrika vanuit sy tronksel in Belo-Rusland.

    “Daar wag nog baie verrassings vir my vyande in Suid-Afrika . . . hulle gaan my gouer sien as wat hulle dink,” skryf Prinsloo in briewe aan Tatiana, die Belo-Russiese ma van Ksenia, die eenjarige dogtertjie wat hy verwek het nadat hy uit Suid-Afrika gevlug het terwyl hy op borgtog vry was.

    Tatiana, wat nie haar van genoem wil hê nie, het die inhoud van Dirk se briewe aan haar aan Rapport onthul.

    Prinsloo vertel dat hy hard oefen in sy sel in Baranowitsji om fiks en sterk te bly.

    Hy “sien uit” na sy vervolging in Suid-Afrika en dat hy gou onskuldig bevind sal word op die seksklagte teen hom.

    Prinsloo is in Junie vanjaar deur die Belo-Russiese polisie opgesluit ná ’n komiese poging om ’n bank met ’n speelgoedpistool te beroof. As hy skuldig bevind word, sal hy eers sy tronkstraf in Belo-Rusland moet uitdien voordat hy in Suid-Afrika verhoor kan word.

    Hy word in Suid-Afrika beskuldig van onder meer verkragting, kindermolestering en die vervaardiging van kinderpornografie.

    Cézanne Visser, sy voormalige vriendin, staan tans op dié aanklagte tereg in die hooggeregshof in Pretoria.

    Prinsloo skryf voorts aan Tatiana: “Ek is na ’n beter tronk geskuif. Hulle behandel my nie sleg nie. Ek dink hulle is versigtig vir my omdat ek ’n buitelander is.

    “Ons is vier in ’n sel. Die eerste dag het ek ingeloop en nog voordat hul kon ‘hallo’ sê, het ek gedreig daar sal groot probleme wees as hulle aan my raak. Nou is hulle vriendelik met my.”

    Tatiana het Prinsloo in 2007 in Minsk, hoofstad van Belo-Rusland, ontmoet. Hy het hom aan haar voorgestel as Michael Grant van Australië.

    Tatiana sê sy het tydens haar verhouding met Prinsloo gou besef daar is ook ander vroue in sy lewe – onder andere ene Svetlana, die ma van Prinsloo se tweejarige seun, Matveij.

    “Hy was oortuig daarvan dat hy baie mag het oor vroue. Hy’t aan my gesê dis in die man se aard om ’n jagter te wees en soveel vroue moontlik vas te trek.”

    Tatiana sê sy en Prinsloo het ’n normale seksuele verhouding gehad.

    Hy het haar nooit rede gegee om te vermoed hy koester seksuele drange jeens kinders nie.

    “Hy is vleiend en interessant en fassineer mense.

    “Hy het hier selfs polisiemanne as vriende gehad.”

    Prinsloo skryf dat sy honde beter kos gekry het as wat hy in die tronk eet.

    En al die lawaai in die tronk maak hom mal.

    “Ek slaap net vier uur per nag. Ek word gedurig wakker gemaak deur ’n simfonie van snorke of deur die treine wat verby ons gebou loop.

    “Daar is een ou wat ek regtig nie kan hanteer nie. Hy rook elke tien minute en is nou al 17 jaar agter tralies en hy praat so hard, my ore pyn.

    “As ons uit die selle gelaat word om buite te stap, speel hulle die radio oorverdowend hard sodat ons nie met mekaar kan praat nie,” skryf Prinsloo.

    Finale vertoë is Vrydag in Visser se verhoor aangehoor. Adv. Andries Fourie, vir die staat, het gesê Visser het keuses uitgeoefen en gekies om Prinsloo se seksuele aptyt te bevredig.

    Adv. Johann Engelbrecht, SC, vir Visser, het egter gesê sy het onder dwang opgetree. Hy het Prinsloo “ ’n vark en ’n seksuele sadis” genoem.

    Die hof lewer op 6 Oktober uitspraak in Visser se saak.

    – Rapport

  • 13. Adrie  |  Augustus 31, 2009 om 9 : 02

    Daarsy

    Ek is op my besem en weg. Sodom wag.

  • 14. Rika  |  Augustus 31, 2009 om 9 : 16

    Windlawaai.

  • 15. Rika  |  Augustus 31, 2009 om 9 : 17

    Wie? Ek? Nog so nooit nie.

  • 16. Rika  |  Augustus 31, 2009 om 9 : 18

    Waar is die koerant vanmore juffertjie? Dagse, dagse. Hoe gaan dit nog?

  • 17. Cradle catcher  |  Augustus 31, 2009 om 9 : 58

    Waar is die koerant vanmore juffertjie? dagse, dagse. Hoe gaan dit nog?

  • 18. *Mathilda*  |  Augustus 31, 2009 om 10 : 42

    Hallo maters

  • 19. boervrou  |  September 1, 2009 om 3 : 25

    HI A3
    Het die storie nou slaafs gevolg nes dai Josef ou wat sy dogter gevangene gehou het. Dis so vreeslik, vreeslik erg. Met ons vreeslike maklike wetgewing kan enige iemand ‘n geboorte sertifikaat kry. Toe my een dogtertjie omtrent 3 was wou ek aansoek doen vir haar paspoort, en ontdek toe sys nooit geregistreer nie! Al wat ek moes doen was om te sê sy is my kind in ‘n verklaring en siedaar syt ‘ n geboorte sertifikaat. So enige iemand kan ‘n kind ‘steel’ en as sy eie grootmaak en skool toe stuur, die works.

  • 20. Adrie  |  September 1, 2009 om 3 : 43

    BV

    As hulle die kind steel en nog mooi groot maak, kan ‘n mens dit vergewe. ‘n Kind vir ‘n seksslaaf is ‘n groot no no

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: