Oefen vir die Goeie Fee

Augustus 28, 2009 at 5 : 56 28 Kommentaar

Gary Player het gesê:  The more I practice, the luckier I get.

 Ek weet nie van julle nie, maar ek het baie lanklaas ‘n goeie fee raak geloop.  Ek dink die rede is voor die handliggend.  Ek het nie my wense geoefen nie.  As ek dit meer geoefen het, het die juffroutjie ‘n rede gehad om by my te kom kuier.  Ek is net nie gelukkig genoeg nie.

Dit is dalk ‘n teorie, maar ‘n mens kan NIKS daarmee verloor nie.  ‘n Mens moet jou wense oefen, sodat jy presies weet wat jy wil hê die dag wat sy jou onverhoeds betrap.  Jy gaan jouself waarskynlik eers in ‘n ander bloedgroep in skrik en seker die simpelste goed nog wens.  As dit ingeoefen is, gaan jy dit soos jou tafels kan opsê wanneer jou verstand staak.

Tensy ek die kat aan die stert beet het, gee Goeie Fee’s altyd drie wense.  Wat sal jou drie wense wees?  Moet haar ook nie verveel om dieselfde goed te wens as al die ander nie.  Netnou raak sy aan die slaap voordat sy kon sê:  “Jou wens is my bevel.”  Moet dus nie wens vir ‘n onuitputbare bron van geld, goeie gesondheid of ewige geluk nie.  Wens vir iets meer oorspronklik. 

  1. My sleurwerkies moet altyd gedoen wees – dus alles wat ek nie self wil doen nie, moet net gedoen wees.
  2. Wat ek soek, moet altyd by die eerste plek wees waar ek soek. 
  3. Ek wil die geheim van die vermisde meisies oplos.

Ek behou myself die reg voor om die wense te verander.  Wat is jou wense?

Blogvraag: Wie het haar stem verleen aan die Fairy Godmother in Shrek II?

Blogantwoord:  Willes was reg.  Dit is om die dag te herdenk waarop die Bring Them Home verslag vrygestel is en om te erken dat die Europeers die Aboriginal mense verontreg het.

Entry filed under: Bogpraatjies. Tags: .

Kry my net tog jammer! Die ding omtrent karre

28 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  Augustus 28, 2009 om 6 : 14

    Heel eerste!!!!!

  • 2. Wille Kjind Q  |  Augustus 28, 2009 om 6 : 15

    Jennifer iemand

  • 3. Wille Kjind Q  |  Augustus 28, 2009 om 6 : 15

    Saunders!!!!!

  • 4. Wille Kjind Q  |  Augustus 28, 2009 om 6 : 16

    Jennifer Saunders

  • 5. Adrie  |  Augustus 28, 2009 om 6 : 21

    Hallo

  • 6. Wille Kjind Q  |  Augustus 28, 2009 om 6 : 24

    1. Ek wens ek kan ‘n skool kry wat my kan help met M
    2. Ek wens ek kan ALTYD die enigste kar inni ‘vinnige’ baan wees. Oral behalwe die willetuin natuurlik
    3. Uhm…….. Hierie 1 is cencored

  • 7. Wille Kjind Q  |  Augustus 28, 2009 om 6 : 25

    Hallo weereens

  • 8. Adrie  |  Augustus 28, 2009 om 6 : 27

    Niks op die blog is gesensor nie.

  • 9. Wille Kjind Q  |  Augustus 28, 2009 om 6 : 28

    You wanna bet!!??

  • 10. Adrie  |  Augustus 28, 2009 om 6 : 34

    He he – hoekom dink ek dat dit iets te doen het met n 5 jaar viering?

  • 11. Wille Kjind Q  |  Augustus 28, 2009 om 6 : 39

    Whuhahahahahahaha!!!!!!!!!!!! *wink* *wink*

  • 12. Adrie  |  Augustus 28, 2009 om 6 : 41

    Nar

    Ek het nogal gewonder of jy nie gaan wens dat jou eks voor jou aangesig moet verskyn nie.

  • 13. Wille Kjind Q  |  Augustus 28, 2009 om 7 : 48

    Kan ek 1 vanni previousely en currently disadvantages wense incash?:mrgreen:

  • 14. Adrie  |  Augustus 28, 2009 om 7 : 59

    Vraag is watter een?

  • 15. Adrie  |  Augustus 28, 2009 om 8 : 09

    Tillie-Lief se uitslae is toe negatief. Tilla se dit is baie lekker om weer by die huis te wees.

  • 16. maxie  |  Augustus 28, 2009 om 9 : 02

    TL se uitslae is wonderlike nuus!!!!

  • 17. Adrie  |  Augustus 28, 2009 om 9 : 17

    Sies tog! Hoe hulle bloed, verskeie kere, uit daardie tenger lyfie kan trek gaan my verstand te bowe.

  • 18. maxie  |  Augustus 28, 2009 om 9 : 17

    1. Met etenstye moet kos voor die huismense verskyn.
    2. Die Engelse kind se jarelange migraines moet POEF! verdwyn. Asseblief tog.
    3. ‘n Tydmasjien.

  • 19. maxie  |  Augustus 28, 2009 om 9 : 21

    Die arme dingetjie.
    Ergste is dat sy nie weet wat aangaan nie.

  • 20. Adrie  |  Augustus 28, 2009 om 9 : 28

    n Tydmasjien? Wil jy die geskiedenis gaan nagaan of wil jy die toekoms gaan verken?

  • 21. maxie  |  Augustus 28, 2009 om 9 : 45

    Nee wat, die geskiedenis is verby en die toekoms is nie vir ons om te weet nie.
    Ek weet nie werklik of TYDMASJIEN die regte benaming is nie.
    Vir my is dit heel eenvoudiger:
    Ek wil die kind by skool gaan haal. Poef, ek is daar.
    Volgende oomblik is ons terug by die huis.
    Geen verkeer!
    Bliss.😆

  • 22. Adrie  |  Augustus 28, 2009 om 9 : 51

    Plaas se jy net jy soek die dom heks se besem.🙄 Moet dit asb net nie steel nie. Sy sal my mal maak.

  • 23. Wille Kjind Q  |  Augustus 29, 2009 om 6 : 53

    *GAAP* More more

    Ek ga lekka zoo toe! Ek ga lekka zoo toe! Ek ga lekka zoo toe! Wê la ke pê la!!!!!

  • 24. Wille Kjind Q  |  Augustus 29, 2009 om 7 : 57

    Waas daai feetjie met my 2de wens……..

  • 25. Adrie  |  Augustus 29, 2009 om 8 : 39

    Ek is nou grasgroen van jaloesie. Laat weet my of die seal island al oop is.

  • 26. Wipneus!  |  Augustus 29, 2009 om 9 : 27

    Ek wil ‘n austronaut wees om tussen die maan en sterre te gaan speel:mrgreen:
    Wêreld hongersnood moet poef! verdwyn.
    Dat elke mens se gesig ‘n glimlag moet hê, dit lyk mooier op die oog:mrgreen: whahahahaha
    Good mental health whahaha
    Geduld
    Energie 😆

    Oeps sorry fairy Godmother dis al meer as 3 wense 😯

  • 27. Adrie  |  Augustus 29, 2009 om 9 : 40

    Party mense is mos alweer vraatsig.

  • 28. Wille Kjind Q  |  Augustus 29, 2009 om 5 : 07

    Moeg! Poegaai! Dood moeg!

    Adriana

    Die seal island sal seke eers hopenlik Desember oopmaak

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: