Kry my net tog jammer!

Augustus 27, 2009 at 6 : 27 24 Kommentaar

Daar is ‘n paar mense wat ek nie kan uitstaan nie.  Een van die groot groepe hiervan is die wat altyd na simpatie aas.  Goed, ek weet.  Almal van ons vis soms vir ‘n bietjie simpatie.  Ek praat van diegene wat alles sal doen om simpatie te kry.  Wat dit geniet om bejammer te word.  Die wat alewig met ‘n dikbek-langgesig rondloop.

Daar was ‘n meisie saam met my in die koshuis gewees wat altyd op die ashoop was.  Geen mens kon dit ooit waag om te vra hoe gaan dit nie.  Dit is beleef om iemand te vra hoe gaan dit.  Die beleefde antwoord is goed dankie.  Veral as dit nie ‘n vertroueling is nie.  Nie met haar nie.  As jy dit gevra het, het sy haar hele betreurenswaardige dag aan jou ontbloot.  Jy kon getrippel het van ongeduld, maar sy het jou nie gelos voordat die laaste besonderheid gehoor het en genoegsame simpatie betoon het nie.

Dit is net daar waar ek geleer het om nie te vra hoe dit gaan nie, tensy ek regtig wil hoor.  Ek maak al reeds genoeg kere asof ek luister, ek hoef nie nog ‘n paar geleenthede te soek om te luister nie.

Ek is nog gelukkig in die opsig dat ek nie ‘n empatiese (of selfs simpatieke) sel het nie.  Die mense wat drukkies en trooswoordjies soek gaan dit net nie kry by my nie.  Dit stel hulle diep teleur, met nog meer goed waarmee hulle by ‘n ander slagoffer kan gaan afpak.  Ek begaan gewoonlik die grootste sonde in hulle oë.  Ek gee praktiese raad, natuurlik ongevraag.  Hulle durf dit nie volg nie, netnou is hulle nie meer die slagoffer van hulle omstandighede nie. 

Ek het al dikwels gehoor dat gestremdes dit haat om bejammer te word.   Mense in haglike omstandighede kan ook dikwels ‘n glimlag op plak en jou verseker dat dit goed gaan.  Sulke mense is ‘n plesier om mee om te gaan.  Dit is ook pure plesier om hulle te help, al moet jy dikwels mooi trap om hulle nie aanstoot te gee nie.

Die Sarie Verkoues en Jannie Jammergatte – as ek wil eerlik wees –  soek nie regtig hulp nie.  Hulle soek net ‘n geduldige oor.  Iemand wat hulle klaagliedere kan help vervolmaak.  Hopenlik sal van die luisteraars hulle koor sal vergroot en dat alles nog meer ellendig sal klink.  Dikwels staan hulle egter met kaviaar en sjampanjee onder die arm.  Niks om oor jammer gekry te word nie.

Is jy ‘n goeie luisteraar?  Het jy die geduld vir sulke mense?  Is daar goeie maniere om dit te ontsnap?  Deel asseblief met ons.

Blogvraag:  Waarom word die Nasionale Jammerdag jaarliks sedert 1998 in Australië gevier?

Blogantwoord:  Chuck en sy suster Lucy het altyd oor die klavier baklei.  Hy wou daarop rock en sy wou klassieke musiek speel.  Willes was dus reg.

Entry filed under: Griewe. Tags: .

Deaf awareness week (31 Aug – 5 Sept) Oefen vir die Goeie Fee

24 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  Augustus 27, 2009 om 6 : 52

    EERSTE!!!!!

  • 2. Wille Kjind Q  |  Augustus 27, 2009 om 6 : 54

    In commemoration of the Bring Them Home report being handed to the federal government on 26 May 1997

  • 3. Wille Kjind Q  |  Augustus 27, 2009 om 6 : 55

    Vandag is ek te lui om te vertaal

  • 4. Adrie  |  Augustus 27, 2009 om 6 : 55

    Hallo Hallo!

  • 5. Wille Kjind Q  |  Augustus 27, 2009 om 7 : 04

    Naand 3ling

  • 6. Wille Kjind Q  |  Augustus 27, 2009 om 7 : 06

    Huganit:mrgreen:

  • 7. Adrie  |  Augustus 27, 2009 om 7 : 27

    Baie goed, dankie. PUNT

  • 8. Nelba  |  Augustus 27, 2009 om 8 : 08

    Ek is redelik simpatiek behalwe met ipekonders en verskriklike negatiewe mense.

    Dit is dikwels so dat mense met wie dit regtig sleg gaan, meer positief is as ouens wat hulle bloot deur klein jakkalsies laat onderkry.

  • 9. Nobody  |  Augustus 27, 2009 om 10 : 02

    Dis nou die jannie en sannie jammergat mense die

  • 10. maxie  |  Augustus 27, 2009 om 10 : 11

    Naandse

    Ek het baie empatie.
    Behalwe met mense soos ‘n sekere sakekennis van lank terug wat elke keer as jy durf vra hoe gaan dit, wegtrek met al haar mediese probleme, tot in die fynste, mees grusame detail.
    (Pure ipekonders).
    Gaap.

    En ‘n ander kennis wat alewig kla en kerm oor haar gewig elke dieet in die boek met jou bespreek – sy is al 15 jaar lank op dieet (haar BMI is ongeveer 23 – SJYM).

  • 11. coyote  |  Augustus 28, 2009 om 4 : 21

    Wat ok erg is, is daai wat elke liewe dag vir jou se hulle voel nie lekker nie maar wyer om ñ dr. te gat sien ek het die kuns aan geleer om ñ dowe oor vir hulle te gooi

  • 12. Freek  |  Augustus 28, 2009 om 7 : 27

    Dankie vir die bitches skrywe. Ek kon lees wat aangaan maar nie kommentaar lewer nie. My foon is nou reg.

    Re vandag se skrywe

    jy kry dan nog die soort mens. Niks wat hulle doen of se is verkeerd nie. Se iemand sus, dan interf.k hulle met so. Gee raad aan iemand wat JOU gevra het, dan gee hulle BETER raan want MY PA MAAK SO EN HY IS NOOIT VERKEERD NIE. (ekskuus mens, wat het dan met jou verkeerd geggaan?) en MY MA KOOK SO en haar kos is die beste. Ja, raait. Verskil van hulle en dadelik irriteer jy die k.k uit hulle. Ek soek raad met hulle. Behandel jy die half opgevoede skepsel in soort? gee jy hulle mev schoeman se boek oor etiket? ek maak n punt daarvan om hulle verder te irriteer. Ek smaak dit as die goed soos kalkoene opblaas en net so rooi word.

  • 13. coyote  |  Augustus 28, 2009 om 7 : 38

    Waas almal vanoggend Willes het jy verslaap of is almal op verlof

  • 14. Adrie  |  Augustus 28, 2009 om 8 : 53

    More almal

  • 15. Beeld  |  Augustus 28, 2009 om 8 : 56

    Amanda Roestoff

    ’n Vrou het glo in Randfontein aan die Wes-Rand haar gewese 49-jarige eksman se bloedjong meisie se motor uit “jaloesie en woede” verrinneweer nadat sy op die paartjie afgekom het.

    Die 44-jarige vrou van Roodepoort het glo meer as R80 000 se skade aan Lindie Bezuidenhout (17) se VW Polo aangerig.

    Lindie se pa, mnr. Gerhardt Bezuidenhout, het gesê hy het geweet sy dogter het sedert Mei ’n verhouding met sy vriend, al keur hy dit nie goed nie.

    Sy word binnekort 18.

    “Wat kan ek as ’n pa doen?

    “As ek ’n stokkie hiervoor steek, dan gaan sy hom in elk geval skelm agter my rug ontmoet.”

    Die man en sy vrou is volgens hom twee jaar gelede geskei.

    Die drama het Dinsdag ’n hoogtepunt bereik toe die man Lindie gebel en gevra het om hom by ’n stadion in Randfontein te ontmoet. Hulle het in sy bakkie gesit en gesels.

    Die man se eksvrou het glo ook in haar goudkleurige Mercedes-Benz daar opgedaag en glo met wat later geblyk het ’n gas-windbuks te wees in haar hand, langs hulle verskyn.

    Die histeriese Lindie het haar pa gebel wat toe saam met sy vrou, Louise, na die stadion gejaag het.

    Ondertussen het die man en Lindie met die bakkie begin wegjaag.

    Die man se eksvrou het glo met die vuurwapen ’n duik in die Polo, wat naby die bakkie gestaan het, se dak geslaan. Die voorruit, agterruit, syspieël en vensterruit aan die bestuurderskant het ook deurgeloop.

    ’n Sakkie met CD’s en die meisie se beursie is later glo by die eksvrou gekry. ’n Gehuurde DVD is ook glo middeldeur gebuig.

    Die Bezuidenhout-egpaar het die vrou agternagesit en haar by ’n vulstasie in haar motor vasgekeer. Hier het “harde woorde” volgens mnr. Bezuidenhout geval en het die vrou glo vingertekens vir die ouers gewys, voordat sy agteruit gery en weer wild met haar Mercedes-Benz weggejaag het.

    Die man en Lindie het toe na die stadion teruggery waar haar motor tussen die bome geparkeer was. Dis toe dat hulle die skade ontdek het. Die vrou het toe glo weer in Homesteadlaan op die Polo afgejaag, het mnr. Bezuidenhout, wat in dieselfde straat was, gesê.

    “Toe sy sien ek blokkeer haar in die straat af en my dogter is nie in die motor nie, toe ry sy reguit op die motor (Polo) af en tref dit op die agterkant.”

    Die een wiel is heeltemal uitgery.

    Die vrou het daarna glo beheer oor haar Mercedes-Benz verloor, uitgeswaai en ’n boom langs die pad getref.

    Sy is met gesigbeserings na ’n hospitaal geneem en is gister ontslaan, het Bezuidenhout gesê.

    Lindie het gesê sy is “baie lief vir hom en wil hê die vrou moet ons nou uitlos”.

    – Beeld

  • 16. Beeld  |  Augustus 28, 2009 om 8 : 59

    Fanie van Rooyen

    Die landspoedrekord vir stoomaangedrewe motors is vandeesweek eindelik, ná meer as ’n eeu, deur ’n Britse stoommotor laat spat.

    Mnr. Charles Burnett III, bestuurder van die Britse Stoommotor-uitdagingspan, het eergister in die blou stoommotor genaamd Inspiration, oftewel “die vinnigste ketel ter wêreld”, ’n spoed van 243?km/h op ’n droë meerbedding by die Edwards-lugmagbasis in die Mojave-woestyn in Kalifornië bereik.

    “Die motor het pragtig geloop,” het Burnett gesê.

    New Scientist het gister op sy webwerf (www.newscientist.
    com) berig die vorige amptelike rekord – 204?km/h – is in 1906 deur ene Fred Marriot van die VSA in ’n aangepaste weergawe van die sogenaamde Stanley Steamer opgestel.

    Dié rekord het dus sowat 103?jaar lank gestaan.

    Die 7,7?m lange Inspiration, wat sowat 3?t weeg, het volgens New Scientist voortgevloei uit ’n studenteprojek wat in 1997 by die Universiteit van Southampton van stapel gestuur is.

    Die Inspiration se enjin verbrand vloeibare petroleumgas om die water in 12 koffergrootte stoomketels te verhit om superverhitte stoom, met ’n temperatuur van sowat 400?°C, te maak.

    Die stoom word gebruik om ’n tweeslag-turbine, wat teen 13?000 revolusies per minuut kan draai om die wiele aan te dryf, van energie te voorsien.

    Regulasies van motorsport se internasionale beheerliggaam (FIA) vereis twee 1,6?km lange rekordlopies wat binne ’n uur in teenoorgestelde rigtings voltooi word om die invloed van wind uit te skakel.

    Die Inspiration het sy eerste lopie voltooi, omgedraai en die tweede lopie voltooi met slegs 8?min. van die amptelike 60?min. oor.

    Voor en ná elke tydaangetekende lopie het die Inspiration onderskeidelik 4?km nodig gehad om te versnel en om ná die amptelike lopie tot stilstand te kom. Die uiteindelike rekord kom ondanks verskeie elektriese foute, klepprobleme en ’n pap wiel wat vorige pogings verlede week laat misluk het.

    BBC News het op sy webwerf (news.bbc.co.uk) berig Burnett het gesê dit was ’n voorreg om met so ’n talentvolle span ingenieurs te werk.

    “Wat ons bereik het, is ’n pluimpie vir Britse ingenieurswese, goeie spanwerk en deursettingsvermoë,” het Burnett gesê.

    – Beeld

  • 17. Beeld  |  Augustus 28, 2009 om 9 : 00

    Dries Liebenberg

    Durban. – ’n Durbaniet is in hegtenis geneem nadat hy glo tienermeisies op MXit gewerf het om hom teen betaling soos ’n baba te behandel en sy vuil doeke te ruil.

    Ná sy arrestasie in die gesogte Durbanse woonbuurt Morning­side net meer as twee weke gelede het die 23-jarige man glo vertel hy beoefen dié fetisj al van 12-jarige ouderdom, het mnr. Brian Jones, besturende direkteur van SA Community Action Network (SA Can), gesê.

    Nadat ’n lokval vir die man gestel is, het die polisie op ’n plastieksak met ’n stuk of 40 vuil doeke in sy kamer afgekom, asook bababottels en fopspene wat die meisies na bewering moes gebruik om hom soos ’n baba te behandel.

    Hy het na bewering meisies tussen die ouderdom van 13 en 17 jaar hiervoor gewerf en hulle tussen R100 en R500 betaal.

    Hoewel die man tans op aanklagte van crimen injuria en die oortreding van die Wet op Elektroniese Kommunikasie tereg- staan, het die polisie glo ook foto’s op sy selfoon gekry van jong meisies wat masturbeer.

    “Dit wek die vermoede dat hy die jong meisies betaal het om seksdade te pleeg sodat hy dit met sy selfoon kon verfilm,” het Jones gesê.

    Volgens Jones het die man na bewering die gewoonte om met minderjarige meisies uit te gaan.

    “Hy het sy fetisj met sy vriendekring bespreek, maar niemand het hom ernstig opgeneem nie.”

    Dit was uiteindelik ’n 31-jarige ma van drie wat die man aan die pen laat ry het.

    Volgens Jones het sy organisasie, wat in samewerking met die polisie strategieë teen misdaad help uitwerk, sowat twee maande gelede ’n vlaag van klagtes begin ontvang van mense wat sê hulle word in selfoonoproepe en per SMS verpes.

    Intussen het me. Bianca Hornsby (31) einde Julie ’n vreemde SMS van iemand gekry wat wou hê dat sy hom as ’n vriend op MXit lys en ’n ontmoeting wou reël.

    “Ek het agtergekom die man sien my vir ’n laerskoolkind aan en wou uitvind wat hy in die mou voer,” het Hornsby gesê.

    Sy het SA Can toe gekontak en ’n lokval is net meer as ’n week later met die hulp van ’n private speurder en die polisie gereël.

  • 18. Beeld  |  Augustus 28, 2009 om 9 : 02

    Philip de Bruin

    ’n Baie streng wet wat korte mette maak met enige instelling wat mense se persoonlike inligting sonder goeie rede openbaar maak, het die groen lig van die kabinet gekry.

    Kragtens dié wet mag geen instelling meer lyste met mense se persoonlike inligting aan veral telefoonbemarkers verkoop nie.

    Die wetgewing vereis dat elke mens op so ’n lys gekontak word en sy toestemming moet gee dat sy inligting verkoop word.

    Voorts mag telefoonbemarkers ’n lid van die publiek net een keer bel.

    As dié mens tydens die oproep aan die bemarker te kenne gee hy mag nooit weer gebel word nie, mag die bemarker hom nooit weer bel nie.

    Die kabinet het reeds toestemming gegee dat die wetgewing parlement toe kan gaan.

    Die regering wil die wetgewing op die wetboek hê voordat honderdduisende oorsese mense aanstaande jaar die Wêreldbeker-sokkertoernooi hier kom bywoon.

    Die Regterlike Dienskommissie (RDK), wat die wetgewing opgestel het, het gister die eerste keer besonderhede daaroor bekend gemaak. Ingevolge daarvan word die net van beskerming van inligting baie wyd uitgegooi en sal “van kerke tot banke, skole en die videowinkel waar jy sake doen” hulle aan strafregtelike vervolging blootstel as hulle nie maat-reëls het om mense se persoonlike inligting te beskerm nie.

    Me. Ananda Louw het die kommissie se ondersoek, wat al in 2003 begin het, gehanteer. Sy het gister gesê dié wetgewing sal Suid-Afrika in pas bring met sowat 50 lande wat reeds sulke streng wette het.

    “In die wetgewing het ons dit hopelik reggekry om ’n fyn balans te handhaaf tussen die wettige vrye vloei van inligting enersyds en die beskerming van mense se persoonlike inligting andersyds. Ons was ook sterk daarop ingestel om die sogenaamde elektroniese gemorspos of spam aan bande te lê.”

    Ná die kommissie se deurtastende ondersoek waarin baie wyd gekonsulteer is, ook met die Vereniging van Direkte Bemarkers, het mnr. Jeff Radebe, minister van justisie en konstitusionele ontwikkeling, die voorgestelde wetgewing baie vinniger gehanteer as wat gewoonlik met wetgewing van die kommissie gebeur, het Louw gesê.

    “Die kabinet het reeds die groen lig vir die wetgewing gegee. Natuurlik speel 2010 se sokker ’n groot rol omdat die regering graag wil sien dat al die besoekers in Suid-Afrika kan kuier met die wete dat hul persoonlike inligting veilig is.”

    Die wetgewing maak volgens Louw voorsiening vir ’n inligtingsreguleerder wat oorhoofs toesig sal hou oor instellings wat inligting hou.

    As sulke instellings gewaarsku word om stelsels te kry om die inligting te beskerm en die waarskuwing ignoreer, kan strafregtelike stappe met swaar vonnisse die gevolg wees.

    Internasionale eise oor die beskerming van inligting, die hoë voorkoms van identeitsdiefstal en “die magtige rekenaarstelsels van ons tyd” het die wetgewing noodsaaklik gemaak.

    – Beeld

  • 19. Beeld  |  Augustus 28, 2009 om 9 : 03

    Raja Azzakari

    Kaapstad. – Al hoe meer mediese fondse in die land raak bankrot.

    “Ons sien al hoe meer dat mediese fondse probleme ondervind,” het mnr. Khathut­shelo Matshidze, uitvoerende hoof van die Raad op Mediese Skemas, vandeesweek gesê.

    Hy het ’n voorlegging aan die portefeuljekomitee oor gesondheid gedoen ná berigte oor lede wat kla dat hul voordele baie vroeg in die jaar uitgeput raak.

    Die raad is die beheerliggaam vir mediese fondse. Sy hooftaak is om die belange van begunstigdes te beskerm.

    Matshidze het gesê die gemiddelde solvensievlak van mediese fondse het van 2005 tot verlede jaar van 39,1% tot 36,6% gedaal. Terwyl die vlak steeds baie hoër is as die voorgeskrewe vlak van 25%, het ’n totaal van 18 mediese fondse onder dié vlak geval.

    “Ons het 18 ope mediese fondse wat nie voldoen aan die voorgeskrewe vlakke van solvensie nie. Sommige van die 18 is reeds op hul sterfbed. Die beste wat ons kan doen, is om hulle aan te moedig om saam te smelt of op die ergste, om te likwideer.”

    Solvensievlakke word gemeet aan die totaal kontant wat ’n mediese fonds benodig om in reserwe te hou. Daar was ’n toenemende aantal samesmeltings en likwidasies in die bedryf.

    Hy het gesê meer as 37,2% van die 1?166 klagtes wat die raad in die 2008-’09-boekjaar ontvang het, was oor onbetaalde rekeninge.

    Die vorige jaar was dit 36,9%. “Dit bly ’n ernstige bekommernis.”

    Matshidze het gesê daar is twee soorte voordele: Voorgeskrewe mediese voordele wat volgens wet nooit uitgeput moet raak nie en verhoogde voordele wat uit spaargeld betaal word.

    Mediese fondse het teen die einde van verlede jaar R74 miljard in bydrae geïn en R64,7 miljard aan eise uitbetaal. Die grootste uitbetalings is aan private hospitale (R23 miljard) gedoen, gevolg deur R14?miljard aan spesialiste en R11 miljard aan medisyne.

    Dr. Bevan Goqwana, voorsitter van die komitee, het na afloop van die vergadering gesê mediese fondse sal in ’n latere stadium geroep word om hul saak te stel.

    – Beeld

  • 20. Beeld  |  Augustus 28, 2009 om 9 : 07

    Anesca Smith

    Londen. – Misdadigers in Brittanje het ’n nuwe slenter bedink om die lang arm van die gereg te ontduik – deur hulle as Moslemvroue in boerkas te vermom wanneer hulle rooftogte uitvoer.

    Die polisie het vandeesweek in ’n ongewone stap kringtelevisie-opnames van twee rooftogte – in Luton en Dunstable, noord van Londen – uitgereik in die hoop dat die publiek kan help om dié booswigte vas te trek.

    In ’n derde voorval, Maandag in Oxford, het rowers dieselfde tegniek gebruik om hul identiteit te verbloem.

    Die eerste rooftog was op 7 Julie by ’n reisagentskap in die dorp, Dunstable. ’n Man, geklee in ’n boerka, het omstreeks 10:15 by die agentskap ingestap en die twee vroulike kantoorwerkers met ’n mes gedreig voordat hy met ’n onbekende bedrag by ’n agterdeur uitgevlug het.

    Die tweede voorval was sowat ’n maand later in dieselfde omgewing.

    Wéér ’n man, vermoedelik nie dieselfde verdagte nie, ook geklee in ’n boerka, het by ’n reisagentskap in Luton ingestap, personeel met ’n mes gedreig en by die voordeur uitgehardloop nadat hy hulle gedwing het om geld aan hom te gee.

    – Beeld

  • 21. Adrie  |  Augustus 28, 2009 om 9 : 09

    En dit was die nuus

  • 22. Girl van die Suburbs  |  Augustus 28, 2009 om 9 : 46

    Allo? Allo? Allo?

  • 23. Adrie  |  Augustus 28, 2009 om 10 : 20

    Hallo

  • 24. Wipneus!  |  Augustus 28, 2009 om 4 : 51

    Hello jip ek kon ook sulke smartvrate. Dit irriteer die wilde waks uit my uit.

    Ek het baie simpatie en empatie met ander mense, maar ek tel baie vinnig op as iemand altyd klagtes en treur liedere sing vir aandag. Ek ignoreer dit en hoor net die positiewe goed en probeer die gesprek so in ‘n ander rigting swaai.

    Seker maar deel van die lewe, jy gaan die kry wat altyd en ewig lag en gelukkig is (dis ‘n wilsbesluit) maar dan kry jy die wat die koning/in van die ashoop wil wees. Wat altyd besig is om hulle klere te skeur en hulself met as te gooi.

    Spaar my, my lewe is te kort vir die soort “bagasie” Maar weereens as jy simpatie en empatie verdien, gaan ek eerste in die ry staan om dit aan te bied. 😉

    Lekker naweek almal!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: