Deaf awareness week (31 Aug – 5 Sept)

Augustus 26, 2009 at 6 : 47 100 Kommentaar

Daar is bewusmakingsweke wat geen mens moontlik kan vergeet nie.  Dikwels is daar ‘n kans vir winkels om ‘n paar sent te maak.  Beter nog:  ‘n paar organisasies kan in een week hopenlik genoeg geld insamel om die volgende 51 weke te befonds.  Dit kan dalk ‘n kwessie wees wat nie genoeg onder ‘n mens se aandag gebring kan word nie.  Tog is daar ook bewusmakingsweke wat onder die radar vlieg.  Soos doofheidsbewustheid.  As Elf my nie kom herinner het nie, het dit my waarskynlik heeltemaal ontgaan. 

Om doof te wees is seker nie die einde van die wêreld nie.  Soos I. King Jordan gesê het:  “Deaf people can do anything a hearing person can, except hear.”  Helen Keller was weer van mening:  “Blindness cuts you off from things; deafness cuts you off from people”.  Altwee het ‘n punt beet.  ‘n Dowe mens kan basies alles doen wat ‘n normale mens kan.  Kommunikasie skiet hulle dikwels in die voet.  Mense is dus geneig om nie vir hulle ‘n kans te gee nie.  Juis weens die vrees dat hulle moeilik met horendes sal kan saam werk.  Julle weet self hoe baie mens in vergaderings is, op die telefoon moet praat of net basiese goed mondelings moet oordra. 

Daar word sommer net aanvaar dat die wat nie kan hoor nie, nie die inligting sal kan inneem nie.  Ons vergeet gerieflikheidshalwe dat ons wat kan hoor ook maar selde luister.  Al sit jy pen regop in daardie vergadering, vlieg die woorde dikwels by die een oor in en die ander oor uit.  Sonder dat iets iewers in jou geheue vashak.  Vergaderings, of mondelingse kommunikasie is selde die beste vorm van kommunikasie.

Dit is wel so dat daar in sommige gevalle behandeling vir doofheid is.  Mense wat erg hardhorend is, kan met ‘n gehoorapparaatjie in ‘n heel ander wêreld leef.  Jong, dowe kinders kan met die hulp van kogleêre inplantings op dieselfde vlak as hulle horende maatjies wees.  Die inplantings grens soms aan ‘n wonderwerk en kos omtrent ook soveel as ‘n wonderwerk.  Die apparaat alleen kos omtrent R150 000. 

Een van die groot voordele in as ‘n horende mens is om toegang tot musiek te geniet.  Dit is soms lekker om horende doof te wees as iemand se geselsies jou nie aanstaan nie, maar wie wil nou sonder musiek wees?  Beslis nie ek nie!  Daar is ‘n advertensie wat vra:  As jy vir jou kind net een boek kan gee om te lees, wat sal jy kies?  Vandag gaan ek daarmee rondspeel.  As jy van al jou CD’s, behalwe een moet ontslae raak, watter een sal jy hou?  As jy toegang het tot net een lied vir die res van jou lewe, wat sou jy kies?

Musiek is eintlik soveel meer as net klanke.  Sterk lirieke kan soos die Engelse sê poetry in motion.  Daar is liedjies wat ons aantrek oor die passie in die woorde.  Daar is selfs kunstenaars wat ‘n lewe maak met wat hulle sing en nie hoe hulle sing nie.  Die wysie (musiek) gedeelte is dikwels dit wat ‘n liedjie in ons hart kom tuis maak.  Die toorkrag van ‘n liedjie.  Musiek mag ‘n internasionale taal wees, maar die lirieke in ‘n vreemde taal se betekenis gaan verlore.  Die emosie en die krag kan wel nog steeds oorgedra word.  Daar is ook die liedjies met gatskop woorde en musiek wat nuwe standaarde stel.

Dit maak dit so moeilik om te kies.  Musica  se vraag is dalk meer regverdig.  Wat is die eerste lied wat dowe kinders moet hoor wanneer hulle nuwe apparate aangeskakel word?  En jy kan meer as een lied van hulle lys af kies.  Dit is ook Opera Mini vriendelik.  Ek het al twee keer gaan stem.  Gaan help asseblief kies.  Imagine is tans eerste met Bohemian Rhapsody tweede.  Dancing Queen moet nog op die lys kom.  Brown Eyed Girl ook.  Julle kan gaan help dat die kinders iets hoor wat deur en deur gehoor moet word.

Moenie vergeet om ons jou idee van die beste liedjies ooit te gee nie.  Ek het ‘n elle lange lys wat ek julle nou sal spaar.

Blogvraag:  Hoekom het Chuck Berry Rolling over Beethoven geskryf?

Blogantwoord:  Max was reg met Persuation.

Baie geluk aan Fokker wat more (27 Augustus) verjaar.  Ons hoop dat jy op die vooraand van groot dinge staan en dat die toekoms sommer baie blink sal wees.

Entry filed under: Hoe kan ons help?. Tags: .

Lieflike weer vandag, nie waar nie? Kry my net tog jammer!

100 Kommentaar Add your own

  • 1. Wille Kjind Q  |  Augustus 26, 2009 om 6 : 59

    Eerste!!!!!

  • 2. Wille Kjind Q  |  Augustus 26, 2009 om 7 : 00

    Iets van hy het vi Beethoven dood gemaak. Met ‘n rolstoel inni rivier gestoot of so iets😕

  • 3. Wille Kjind Q  |  Augustus 26, 2009 om 7 : 02

    En nou gat ekki post lees. Almal wat my ken weet dat dit ‘n onnerwerp is wat ek woord vi woord sal lees. NWT

  • 4. Wille Kjind Q  |  Augustus 26, 2009 om 7 : 08

    Sjoe! Toe ek jou vraag lees oori liekie het Imagine dadelik opgekom! Dis vi my een vanni mooiste liekies nog

  • 5. Wille Kjind Q  |  Augustus 26, 2009 om 7 : 32

    He! He! 5 rooflesers en niemand sê ek praat kakki

  • 6. Wille Kjind Q  |  Augustus 26, 2009 om 7 : 34

    Dis oorlat sy sussie, Lucy, altyd classical op hul piano gespeel het en hy wou contemporary (spl?) speel. Dit is natuurlik oorlat Beethoven classical musiek gemaak het

  • 7. Wille Kjind Q  |  Augustus 26, 2009 om 7 : 37

    Dat waai ek ma aangesien die 4 nie wil praati

  • 8. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 7 : 38

    Ek wil iets se, ek gaan dit se en julle gaan niks daarvan hou nie.

  • 9. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 7 : 39

    En behalwe vir dit, Imagine is vir my n nice song. Nie great nie.

  • 10. ELF  |  Augustus 26, 2009 om 7 : 47

    Ek sou se Cradle of Filth se Nymphetamine, but that’s just me.😉

  • 11. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 7 : 58

    Die greatest song projek is n baie oulike inisiatief, maar dit is nie goed deurdenk nie. Of die bemarker het nog net kinders op n foto gesien.

    Ek het nog nooit gesien dat n kind Imagine, Bohemian Rhapsody of so iets spontaan sing nie. Hulle sing goed soos Loslappie, Bloubul, Jy soen my nie meer nie ens.

    Veral die liedjies in die top 10 is grootmens liedjies. Nie baie kindervriendelik nie. Toegegee, die oomblik gaan seker te groot wees om te luister. Tog dink ek dit moet iets wees wat hulle aandag gaan trek. Nie iets wat die emosies vir volwassenes gaan definieer nie.

  • 12. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 00

    Ek kan nie net een lied kies nie. Ek sal ook wragtig nooit van al my cds kan afstand doen nie.

  • 13. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 09

    Ek weet nie waar om te begin nie.

    Enige iets van Abba.

    Bohemian Rhapsody, Friends will be Friends, Dont stop me now, No one but you, ens – Queen

    I love rock and roll – Joan Jett

    Joy to the world- groep het my ontgaan

    Phantom of the opera

    Karma Chameleon – Boy George

    I will survive – Gloria Gaynor

    Annies song – John Denver

    Girls just wanna have fun – Cyndi Lauper

    Let it be – John Lennon

    Love today – Mika

  • 14. maxie  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 14

    Naandse!

    Brown eyed girl, nou praat jy!! Een van my alltime gunstelinge.

    #11 – Jy’t ‘n punt beet…

  • 15. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 15

    Nikita – Elton John

    Voshaarnooi – louis van Rensburg

    Lady Marmelade

    My way – Frank Sinatra

    My life – Billy Joel

    Summer of 69 – Bryan Adams

  • 16. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 17

    Het jy bruin oe, Max? Ek is ook mal daaroor!

  • 17. maxie  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 19

    Nee, blou…

  • 18. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 24

    The look – Roxette

    Poison – Alice Cooper

    Candy man – Christina

    Kokomo – Beach boys

    Cococobana – Barry Mannilow

    Paint it black – The Stones

    My perocative – Britney

    Set me free – Jacques Terreblanche

    Pokerface – Lady Gaga

    Teddy bear – Elvis

  • 19. maxie  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 24

    Enigiets v Eagles

    Enigiets v R E M

    Come away with me – norah jones

    Baker street – gerry rafferty

    Romeo and juliet – dire straits

    Dignity en chocolate girl – deacon blue

    Hold the line en africa – toto

    Groen trui – jan blohm

    Enigiets van Randy Crawford

    Sweet candyman – christina aguilera

  • 20. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 26

    Dit is die bruinoog girls se temalied daardie. Waar is jou lys, Max. Voordat ek n 1000 liedjies self lys

  • 21. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 29

    Daar is dit.

    My suster sing deesdae die heeltyd Funky Town.

  • 22. maxie  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 31

    Mercy – duffy

    I am I said – neil diamond

    Arthur’s theme – kan nie onthou – christopher cross??

    Moonlighting en orchard road – leo sayer

    Stacey’s mom – ??

    Enigiets van E.L.O.

    Kan so aangaan tot more.

  • 23. maxie  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 33

    Funky Town, die oorspronklike.

  • 24. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 35

    Ek se mos! Hoe kan n mens net een lied kies? Bizarre idee

  • 25. maxie  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 36

    Dan’s daar nog Bruce Springsteen en Michelle Shocked en nee heng…

  • 26. ELF  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 41

    Hmm lead me not into temptation .. I know my way. Ek reken natuurlik die opstel van so n lys deur my is my maatskaplike verpligting teenoor hierdie kinders .. for purely educational reasons ofcourse *grins* .. maar die ouers gaan nie almal settle vir metal lullabies nie.

  • 27. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 42

    Ek moet I need a hero van Gaynor Hopkins noem. En Queen of Hearts – sommer van Juice Newton en BBB. Wat nog van Tina, Cher en Belinda Carlise?

  • 28. ELF  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 43

    Kyk ek Bles en Jurie Els se name mis of ..

    Skuus lol .. ek kon dit nie weerstaan nie.

  • 29. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 44

    😉 Elf, ek dink die ouers gaan nie metal ken nie. Dit is mos n goeie tyd om te kyk of die nuwe ore gaan hou.😆

  • 30. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 45

    Re 28 KOTS!!!👿

  • 31. maxie  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 45

    En Sting en JJ Cale…
    Baie dink gekos maar my gunsteling gunsteling is seker California Dreamin’.

  • 32. maxie  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 47

    Elf

    #28 – Pyn my maag nou…

  • 33. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 47

    Fiela – hou vir Elf mooi dop. Byt as jy moet! (Fiela is een van die blog se denkbeeldige honde)

  • 34. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 50

    🙄 California Dreaming in sonnige SA?

    Ek sal moeilik kan kies, regtig – maar ja, Friends will be Friends

  • 35. Wille Kjind Q  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 51

    Naand inni aand! Jis ma dit lyk omtrent soos ‘n Sat aand se spot die liekie blog

  • 36. maxie  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 51

    Elf
    Jy moet versigtig trap. Hulle wou my gisteraand verskeur😯

  • 37. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 54

    Kom ek skinder . . . Olga is mal oor Bohemian Rhapsody, In the summer time – Mungo Jerry en Mighty Quinn – Manfred Mann.

  • 38. Wille Kjind Q  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 56

    Klip was reg!

  • 39. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 57

    Ek moet nog Mambo 5 – Lou Bega en If you wanna be happy – Dr Victor en All summer long – Kid Rock

  • 40. Wille Kjind Q  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 58

    Hyt mos gesêg ek moeti teveel gewig verloori. Kyk hoe word ek gone gecheck

  • 41. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 59

    Willes

    Waaroor?

    Willes is mal oor It is raining men – Weather Girls, Ons vir jou Suid-Afrika – Bok van Blerk en Die Stem.

  • 42. maxie  |  Augustus 26, 2009 om 8 : 59

    Hi Willes!!

  • 43. ELF  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 01

    Ek kyk die besigheid so Maxie. Die wat ek maar rustig kruisbeen vanuit die boomtakke in stilte observeer.

    Hmm .. to each his own, maar ek het (destyds) op universiteit uit my koshuiskamer getrek want my kamermaat het Bles geluister en elke oggend haar cd-player gestel om ons met Ruiter van die Windjie uit die slaap te wek. Is seker dis waar ek slaap-immuniteit aka Insomnia ontwikkel het!

    Wat Jurie betref .. as jy dink die musiek is kot$wekkend .. try bietjie saam met hom verjaar. Dis die een ding wat nie met n undo function kom nie. 😦

  • 44. maxie  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 02

    All summer long is net so goed. En It’s raining men…

  • 45. Girl van die Suburbs  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 02

    AAAAAAAAAALLLLLLLLLOOOOOOOOOOOOOOO

  • 46. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 04

    Ek het nounet gewonder of Fiela vir Elf geeet het. Dankie tog, uiteindelik het die blog n boom gekry!😆

  • 47. Wille Kjind Q  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 05

    Nell!!!!!!!!!!

  • 48. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 05

    Nell!

    As ek n stert gehad het . . .

  • 49. maxie  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 06

    Elf
    Jy’t al my simpatie, regtig.
    Ruiter van die windjie, OUCH. Maar soos jy se, to each his own.

  • 50. Wille Kjind Q  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 07

    En dis hoe jy iemand groet wat jy lanklaas gesien het.

    Adriana

    Die boom staan al ‘n paar maande daar

  • 51. maxie  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 07

    Hi Nell
    Ek HET ‘n stert, en swaai hom nou…

  • 52. Girl van die Suburbs  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 07

    waarvan praat ons?

    Ek is bly ek het uit eindelik hier aangekom😉

  • 53. Girl van die Suburbs  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 08

    Hey MAXI!!!!!!!!!!!!!

  • 54. Wille Kjind Q  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 09

    Nell

    Dis spot die liekie inni post dag

  • 55. maxie  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 09

    Boom? Waar?

  • 56. Girl van die Suburbs  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 10

    Vandag?????? O?

  • 57. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 10

    My kamermaat het vir weke lank (dalk maande) Thank you for loving me op repeat geluister. Ure – ek bedoel URE – lank. Vandag nog kan ek fisies siek word as ek dit hoor.

  • 58. Wille Kjind Q  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 11

    Max

    Die boom kom saam van mnr Botha se dae

  • 59. Girl van die Suburbs  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 12

    LOL ek het ook nou ‘n song op repeat! gelukkig het ek oorfone

  • 60. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 13

    Nell, die ousie lieg! Dit is lees-die-post en dan weet jy wat aangaan dag. Verkorte weergawe – gaan stem vir die greatest hit en vertel ons wat die beste liedjies ooit was.

  • 61. maxie  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 14

    Nell
    Wat is jou song op repeat?

  • 62. ELF  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 15

    Nee jy verstaan nie Maxie ..

    So word ons tydens oriëntering een oggend dou voor dag almal (nog in ons slaapklere) uitgeroep om in gelid op die koshuis se grasperk te vergader. Jy vrees reeds vir jou flippen lewe soos dit is met hierdie vreesaanjaende seniors wat jou death warrant soos n oosterse papier fan voor jou gesig rondswaai .. daar heers doodse stilte soos al wat eerstejaar is asem ophou vir whatever ons nou in die eerste plek hier laat beland het.

    En daar, vanuit die middelkamer op verdieping nommer twee se oop vensters serenade ou Bles vir ons en ek reken n oop graf op daardie gegewe oomblik is dalk nie so n sleg idee nie .. of verdamping .. die groen lig van n UFO wat my vinnig kom op-pik .. ai.

    Adrie .. woooot yup waar daar n Elf is .. is daar altyd n boom! Ek het n goeie view van bo af .. so al die girls beter sorg dat hulle haarwortels behoorlik gedye is.😀

  • 63. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 15

    En lieg, lieg sy behoorlik. Elf het die boom vanaand hier aangesleep.:mrgreen:

  • 64. Girl van die Suburbs  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 18

    Op die stadium is I believe in you deur Celine Dion en Il Divo.

  • 65. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 19

    Waar het jy geswot Elf?

    Ek soek ook n boom. Wat beteken ons kort nog ten minste 2 bome, want Nats soek ook een. Ons deel nie te goed nie.

  • 66. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 23

    Ek het eerlik nog nooit op repeat vasgehak nie. My hand het al wel n keer of wat gegly om n liedjie weer te speel.

  • 67. Wille Kjind Q  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 24

    My kleinsus se 2ling se breinselle roes. Smaak my syt vigeet vanni boom wat langs die skuur se muur groei. Ai tog!

  • 68. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 27

    Van wanneer af is daar n skuur?😯 Het iemand die dak toe gebou?

  • 69. Wille Kjind Q  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 29

    Die skuur langs die druglord se kaya

  • 70. maxie  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 29

    Elf😆

  • 71. ELF  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 29

    Maties .. jy kan die Elf uit die Bos haal .. maar jy nooit die Bos uit die Elf haal nie.😛

  • 72. Wille Kjind Q  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 31

    Tsk! Die ouderdom is ‘n lelike ding. Hoe kan jy vanni skuur vigeet. Onthou jy dam mnr Botha😕

  • 73. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 32

    Die volgende vraag is natuurlik in watter koshuis was jy?

  • 74. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 36

    Natuurlik onthou ek! ek sal deur die drol moet detensie sit tot ek n 100 is! Daar is niks fout met my geheue nie, maar duidelik halusineer jy!

  • 75. ELF  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 37

    Huis Neethling.

  • 76. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 40

    Ek weet eintlik net van bekfluitjie (helshoogte?), maar dit mag jy nooit hardop se nie.

  • 77. ELF  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 44

    Hush now .. jy speel op Avbob se stoep.😉

    Maar hier en nou .. is ek net Elf .. in my boom .. met my ore aan. Punt lyn.

    En plant nog bome hierso .. die boom wat jy vandag plant is die skadu waarin iemand anders oor n paar jaar gaan sit. (Bietjie filosofiese ammunisie lol)

  • 78. maxie  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 45

    Adrie

    As jy ooit weer die bloghonde op my sit soos gisteraand, moet jy mooi onthou ek sit op die muur en hou jou FYN dop – lankal lus vir ‘n muis of wat.😉

    Lekker slaap, julle.

    En baie geluk aan F wat more verjaar.

  • 79. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 52

    Max

    Ek het so gehoop jy sien nie die obvious nie. Maar onthou, ek is nie enige rot nie. Ek is Brain. And I do tonigth what I do every other night. Try to take over the world.

  • 80. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 56

    Moet natuurlik tonight wees.

    Elf, jy en jou boom is baie welkom. Vul asb as jy n kansie kry die bly te kenne bladsy in. Dit help ons net om mense beter te leer ken.

  • 81. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 9 : 58

    MAX!!!

    Jy is al n eredoring en jy is nog nie op die bly te kenne bladsy nie! Grrr! Skaam jou!

  • 82. maxie  |  Augustus 26, 2009 om 10 : 10

    Adrie

    Ek sien wel alles, maar besluit waarop ek gaan reageer👿
    Pinky and the brain – one is a genius, the other’s insane….
    Gotta love it!

    Gmf. Ook maar lank gevat om uit te vind ek’t nie die vorm ingevul nie, te lui gewees…

    Eredoring? Ek? Regtig? Is daar ‘n gesiggie vir “proud”?

  • 83. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 10 : 19

    Daar is n gesiggie vir luiheid. n Swart kat op n pers agtergrond! Wag, wag . . . Dalk moet ek nice probeer wees.

    Max, sal jy groot asb die aansoekvorm invul? Ek weet dat jy brand om dit te doen! pretty please?

  • 84. maxie  |  Augustus 26, 2009 om 10 : 29

    😆 oor gesiggie vir luiheid.

    Nee ek brand nie om dit te doen nie, glo my…
    Hmmm… more.
    Nee wag, volgende Maandag.
    Nee wag… Dinsdag is lentedag, ‘n nuwe begin.
    O griet. Besig. I have to go see a man about a horse😉
    Ja ek sal. Binnekort😆

  • 85. Adrie  |  Augustus 26, 2009 om 10 : 37

    Max

    Jy beter dit doen voordat ek dit vir jou doen.👿

  • 86. *Mathilda*  |  Augustus 26, 2009 om 11 : 40

    Hello peoples of the palace ! Tl is steeds in hospitaal maar dit gaan elke dag beter – baie dankie vir julle ondersteuning

  • 87. Wille Kjind Q  |  Augustus 27, 2009 om 6 : 39

    More more

  • 88. Adrie  |  Augustus 27, 2009 om 8 : 14

    More

  • 89. Beeld  |  Augustus 27, 2009 om 8 : 15

    Wilhelm de Swardt

    Johannesburg – Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) sal nie toelaat dat sy geslagsondersoek na Caster Semenya, die 800 m-wêreldkampioen, ’n politieke speel­bal word nie.

    “Ons beskou die ondersoek suiwer as ’n sportaangeleentheid wat onder die vaandel van die IAAF en volgens sy reëls gedoen moet word,” het Nick Davies, ’n woordvoerder, in ’n e-pos geskryf.

    Volgens hom sal dit jammer wees as sekere politici die ondersoek vir politieke gewin wil misbruik.

    Davies het gesê hy is glad nie bewus van Leonard Chuene, voorsitter van Atletiek Suid-Afrika (ASA), se bewering dat die IAAF deur ’n Suid-Afrikaanse mediagroep gevra is om ondersoek na Semenya se vroulikheid in te stel nie. Die IAAF het van haar bewus geraak ná ongelooflike verbeterings in haar wedlooptye.

    “Volgens die reëls van die IAAF het ons die reg en ’n verpligting om ondersoek in te stel as ons vermoed ’n atleet is nie volkome vroulik nie. Dit is ’n erkende feit dat sekere fisieke eienskappe, soos verhoogde testosteroonvlakke, ’n atleet sal bevoordeel in vrouewedlope.

    “ ’n Gemiddelde mansklubatleet is daartoe in staat om vrouewêreldrekords te verbeter. Daarom rus daar ’n verpligting op ons om seker te maak die speelveld is gelyk.”

    Davies het gesê dit is vir hom vreemd dat ASA volhou hy is onbewus van die Semenya-ondersoek. “Die IAAF is in direkte kontak met die Suid-Afrikaanse spandokter, Harold Adams, wat ook lid is van die IAAF se mediese paneel. Dit is vir my vreemd as Chuene nou skielik beweer Adams is nie deel van ASA nie.”

    Volgens Davies is daar reeds vroeg vandeesmaand begin om Semenya te toets.

    Sy is reeds onderwerp aan ’n reeks ingewikkelde toetse in spesialishospitale in Suid-Afrika en Duitsland.

    Hy het gesê hy is nie seker wanneer die finale uitslae bekend sal wees nie. Dit kan nog ’n paar weke duur, maar dit kan ook gouer wees.)

    – Die Burger

  • 90. Beeld  |  Augustus 27, 2009 om 8 : 17

    Virginia Keppler
    Pretoria – ’n Onderwyser van ’n laerskool in Eersterust, Pretoria, het glo ’n gr. 7-leerling se linkeroor geskeur omdat dié seun glo nie R30 vir ’n kaartjie vir ’n vleisbraai by dié skool betaal het nie.

    Die 13-jarige Chadwin Augustine van die Nantes Primêre Skool moes drie steke agter sy oor kry.

    “Die klas het vir my gelag toe die onderwyser my aan die oor gegryp het. Hy het gesê hy gaan van my ’n voorbeeld maak omdat ek nog nie my geld betaal het nie,” het die seun gesê.

    Hy het daarna toilet toe gehardloop om die bloed van sy oor en nek af te was.

    Crystal Augustine, Chadwin se ma, het gesê dit het verlede Donderdag gebeur toe Chadwin se klasonderwyser hom met ’n boodskap na die betrokke onderwyser gestuur het.

    “Die onderwyser het hom aan die oor gegryp nog voordat hy die boodskap kon oordra en aan die klas gesê: ‘Hier is ’n baie goeie voorbeeld wat ek wil maak, want hy het nog nie sy kaartjie betaal nie.’

    “Toe trek hy amper my kind se oor af. Ek is baie verbitterd hieroor, want my kind is baie nederig en baie stil,” het Augustine gesê.

    Chadwin se klasonderwyser het hom dokter toe geneem.

    Die onderwyser wat hom seergemaak het, het hulle vergesel.

    Augustine het gesê sy het eers van die voorval gehoor toe sy die aand van die werk af kom.

    “Ek het my kind gevra of die onderwyser hom om verskoning gevra het. Hy het gesê nee. Dis nie regverdig nie,” het sy in trane gesê.

    Die volgende oggend het sy ’n klag van aanranding by die Eersterust-polisie aanhangig gemaak.

    Volgens Augustine het die onderwyser haar kind tot vandag toe nie om verskoning gevra nie.

    “Hy weier eenvoudig, asof ons nie mense is nie.”

    Sy het gesê sy en haar man, Jackie Jafta, was van plan om die geld vir al drie hul kinders in daardie skool te betaal, maar het dit nie in daardie stadium gehad nie.

    Kapt. Jan Sepato, polisiewoordvoerder, het bevestig die polisie ondersoek ’n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

    Die Gautengse onderwysdepartement het teen druktyd nog nie op Beeld se navraag oor die voorval gereageer nie.

  • 91. Beeld  |  Augustus 27, 2009 om 8 : 18

    Amanzimtoti- ‘n Sesjarige meisie is ernstig beseer nadat ‘n lamppaal op haar geval het terwyl sy in die tuin gespeel het.

    Volgens nooddienswerkers het die voorval Sondag in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal plaasgevind. Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, berig dat die meisie tussen ‘n groep kinders in die tuin gespeel het naby Strandstraat, toe die voorval plaasgevind het.

    “‘n Sement lamppaal het omgeval en die meisie se kop getref. Sy is op hierdie stadium in ‘n kritieke toestand,” het Botha gesê.

    Die kind is op die toneel gestabiliseer voor sy na die hospitaal geneem is.

    –Sapa

  • 92. Beeld  |  Augustus 27, 2009 om 8 : 20

    Virginia Keppler

    ‘Dad, daar is swartes met guns in ons huis.”

    Dié SMS van ’n kalm 16-jarige meisie van Montana in die noorde van Pretoria aan haar pa in die kerk het waarskynlik die lewe van haar broer en ma, ’n superintendent in die polisie, gered.

    Lunique Lottering het eergister omstreeks 19:45 in haar slaapkamer se badkamer weggekruip terwyl drie gewapende rowers haar ma, supt. Cathy Lottering (41), en broer, Tyran (11), aangehou, vasgebind en beroof het.

    Een rower het Tyran voor die televisie oorval en ’n ander sy ma in haar slaapkamer op die boonste verdieping.

    “Hulle het ons hande met plastiekkabels agter ons rûe vasgebind. Tyran het aanhoudend aan hulle gesê: ‘Moet my nie seermaak nie, ek sal julle wys waar die kluis se sleutels is’,” het supt. Lottering gesê.

    Die rowers het hulle na die hoofslaapkamer se inloopkas geneem waar supt. Lottering vir hulle ’n kluis oopgemaak het.

    Hulle het haar dienspistool, haar man se pistool en juwele gesteel. Lunique, wat in dié stadium in haar kamer was, het die gewoel gehoor en gaan kyk wat aangaan.

    Toe sy by haar ma se kamerdeur kom het haar ma haar eerste gewaar en met die oë en kop beduie om nie in te kom nie.

    Sy is dadelik terug na haar kamer waar sy eers haar selfoon se klank afgesit het en ’n SMS aan haar pa, Riaan (42), gestuur het. Hy was by ’n koor-oefening by die Ou Apostoliese Kerk in Montana.

    “Omdat my pa nooit SMS’e lees as hy by die kerk is nie het ek ook al my please call me’s gestuur,” het Lunique gister langs haar pa se bed by die Montana-hospitaal gesê.

    Mnr. Lottering het gesien sy telefoon, wat op ’n kas in die kerk gelê het, vibreer aanhoudend en het besluit om die boodskappe te lees. Hy het die polisie en ADT-veiligheidsmaatskappy gebel en met ’n gemeentelid huis toe gejaag. Nog gemeentelede het in ’n ander voertuig agternagekom.

    Langs die pad het hy ’n polisievoertuig voorgekeer en hulp gevra. By sy huis het mnr. Lottering ’n voertuig in sy oprit sien staan. Toe hy by die hek kom, het ’n man met ’n 9?mm-pistool uit die voertuig geklim en hom deur sy bakkie se deur in die regterbeen net bokant die knie geskiet.

    Kapt. Jan Sepato, polisiewoordvoerder, het gesê ’n wilde jaagtog en skietgeveg tussen die polisie en die rowers het kort daarna uitgebreek. “Meer as 100 skote is oor en weer afgevuur. Die rowers se Audi se agterruit is stukkend geskiet en die polisievoertuig is ook talle kere met 9?mm-pistole en R5-aanvalsgewere raak geskiet.”

    Die rowers het met drie selfone, twee pistole, ’n skootrekenaar en ’n televisiestel weggekom.

    – Beeld

  • 93. Beeld  |  Augustus 27, 2009 om 8 : 21

    ‘n Voetganger (20) in Durban is Donderdagmiddag beseer toe ‘n boom op hom geval het.

    Na bewering het ‘n vragmotor in Curriestraat afgery en ‘n stuk van ‘n boom losgeruk. Die boom het toe op ‘n voetganger geval.

    Nooddienspersoneel het die man op die toneel behandel en na die hospitaal geneem. Hy het verskeie hoofbeserings opgedoen.

    –Netcare911

  • 94. Beeld  |  Augustus 27, 2009 om 8 : 21

    Mexikostad – Kaapstad is die vyfde dodelikste stad ter wêreld, met 62 moorde wat per 100 000 inwoners gepleeg word.

    Dié bevinding is Woensdag deur die Citizen’s Council for Public Security (CCSP),’n Mexikaanse nie-regeringsorganisasie (NRO), bekend gemaak.

    Die NRO het hul bevindinge op mediaberigte gebaseer.

    Die grensdorp Ciudad Juarez in Mexiko is eerste op dié lys met 130 moorde per 100 000 inwoners, gevolg deur Caracas, Venezuela met 96 moorde per 100 000 inwoners.

    Nóg ’n Mexikaanse grensdorp, Tijuana, is in die vierde plek met 73 moorde. Die Amerikaanse stad Baltimore is agste op die lys met 45 moorde.

    Die Irakse hoofstad, Bagdad, is in die tiende plek met 40 moorde per 100 000 inwoners .

    Die bevindinge vir die VSA is ook op FBI-verslae gebaseer.

    – Sapa-AFP

  • 95. Wille Kjind Q  |  Augustus 27, 2009 om 9 : 22

    Ek HAAT dit as iemand ‘n afspraak maak vir bv 08h30 dan sit ek nog soos ‘n kiepie en wag 09h20😡

  • 96. coyote  |  Augustus 27, 2009 om 3 : 06

    En wat gaan hier aan dat niks gebeur nie🙂

  • 97. Wille Kjind Q  |  Augustus 27, 2009 om 5 : 04

    Ai tog! Die topic pas nou net mooit met wat ek vandag (weer) gat doen het. Ek het vir ‘n onderhoud gegaan by ‘n skool vi M. Na alli toetse en whatnots alles tune die vrou my wragtag dat Sonitus die beste skool sal wees vi hom. Nou vi dies wat die storie nie ken nie…………. SONITUS is die skool wa ek EERSTE was en hulle wou my nie help nie!

    Nou vra ek julle met trane in my se navy blue eyes……….WAT NOU😕 Hoe help ek my kjind as da niemand wat hom wil help nie!? Ek is op moedsverlore vlaktes!!!!!

  • 98. coyote  |  Augustus 27, 2009 om 5 : 45

    Willes my simpatie is met jou hoekom wou hulle nie he M moet soentoe gat nie

  • 99. Cradle catcher  |  Augustus 28, 2009 om 8 : 21

    Mens moet onthou jy kry 2 soort dowe kinders: die wat nie kan hoor nie en die wat nie wil hoor nie. Want niemand praat ooit met haar nie. Almal praat altyd met pappa, met boetie, met ouma of tant kotie. Sonitus sal niemand met egte gehoor probleem wegwys nie. Neem jou kind gerus na jou local skool op die hoek. Sonder om sy doofheid aan die groot klok te hang. As daar n probleem is, is die mense opgelei om dit binne dae op te tel. Dan sal sonitus daarmee werk.

  • 100. Cradle catcher  |  Augustus 28, 2009 om 8 : 30

    Sonitus mag egter nie n kind inneem wat nie n gehoor probleem het nie. As n kind se ‘doofheid’ van so n aard is dat sy of hy met breestroom opvoeding kan klaarkom, moet hulle die kind weier en plek hou vir n kind met n egte probleem. Hulle leerplan is 100% skooledepartement soos enige anderskool sin. Net hulle onderrig metodes verskil. Mense neem dikwels leergeremde kinders na skole soos sonitus en verwag dat dit nie opgetel sal word nie. As n kind in n gewone skool nie gaan cope nie, gaan sy ook nie in sonitus cope nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Rosies vir Little Angels

Photobucket
The ARK; Standard bank; Hermanus ReK no: 085133698; Takkode: 050312

Rooflesers

website counter

Liedjie Doring Augustus – Max

Liedjiedorings September

Willes: 100

Olga: 13

Max: 37.5

Wip: 8

Kaneels: 2

Spesies

Potpourri

Posduifhok

amaal3@gmail.com

Gevreetjie Fabriek

http://en.gravatar.com/

Facebook

Dorings en Soms Rose het 'n groep op Facebook gestig. Soek ons gerus op.

Hoe vaar ons?

ZA TOP Sites
saTopBlogs.co.za

%d bloggers like this: